Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2019
AFRIKAANS HUISTAAL V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 80
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 30 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2019 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2019, 30 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019. Memorandum, 30 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 30
- File size
- 632.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 30
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2019
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL (EC/SEPTEMBER 2019)
NASIENRIGLYNE
1. As ʼn kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en
die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2. As ʼn kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord
het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3. As ʼn kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en
C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.
4. As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer.
5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
nasienriglyne nagesien.
6. Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As ʼn spelfout die
betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die
spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek
beskou.
7. Opstelvrae:
As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre
opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior
nasiener/vakhoof. Die nasienriglyne is slegs ʼn riglyn, daarom moet ander
relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om
die opstelvrae na te sien.
8. Kontekstuele vrae:
As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag dit vereis nie, word
die kandidaat nie gepenaliseer nie.
9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK
STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
rede/motivering/bewys verdien die punt.
11. Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL
“Nog in my laaste woorde” – N.P. van Wyk Louw
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Die woorde nog in staan baie prominent in hierdie gedig en beklemtoon dat die
spreker tot die einde sy geliefde sal onthou./Bv. versreël 1: Nog in my laaste woorde sal
jy wees ...
Die spreker maak dit duidelik dat die aangesprokene in sy laaste woorde, sy laaste
gedagtes en sy laaste weet (bewussyn) sal wees, want sy is die belangrikste persoon
in sy lewe./Bv. versreëls 1–3: Nog in my laaste woorde sal jy wees, nog in die laaste
skeemring van my dink en weet ...
Al die woorde in die gedig word aan ʼn spesiale geliefde gerig en raak simbolies van
die skoonheid van hierdie mens./Bv. versreël 1: sal jy wees ...
Die spreker verwys na sy geliefde as ʼn vlam wat die liefdesvlam aan die brand gehou
het. Haar liefde het iets positiefs by hom aangesteek./Bv. versreël 9: jy wat vlam was ...
Die spreker beklemtoon die geliefde se mooi eienskappe deur te verklaar dat sy vir
hom beeldskoon en sterk was. Sy het haar ook nie deur smart laat verblind nie./Bv.
versreëls 9–10: skoon en sterk en blind vir smart ...
Die spreker maak van polisindeton gebruik om elke deug van die geliefde te
beklemtoon sodat elke woord afsonderlik uitgehef word./Bv. versreëls 9–10: skoon en
sterk en blind vir smart...
Dit is duidelik dat die spreker se geliefde vir hom die lewenskring voltooi het, want
sy het hom volkome gemaak./Bv. versreëls 12–13: Dan weet ek het jou hand my jeug se
oopgelate kring voltooi ...
Die spreker verseker sy geliefde dat hy tot aan die einde van sy lewe haar sal
bemin, want sy sal altyd in sy woorde en sy gedagtes wees en daar sal die dood net so
mooi soos die lewe wees./Bv. versreël 14: mooi is die lewe en die dood is mooi.
Die spreker kom tot die insig dat elke mens die dood vrees omdat jy dit alleen
moet aanpak. Omdat jy alleen van aangesig tot aangesig die dood tegemoet gaan,
vrees die mens dit./Bv. versreël 3–4: as ek alleen in die bitter vrees van sterwe lê...
Die spreker kom tot insig dat die minder belangrike dinge in die lewe op die
sterfbed maklik vergeet word en dat jy net onthou wat werklik saakmaak. Bv. versreëls
4–5: en al die mindre sink in my deur vaal vergetelheid ...
Die spreker besef dat die mens nooit volkome versadig is nie, want daar is altyd ʼn
behoefte wat vervul moet word en daar is altyd iets waarna gestreef word./Bv. versreëls
11–12: en nooit volkome vind versadiging
Die spreker kom tot insig dat die mens bly soek na die sin in die lewe en ons is
onversadig en op soek na liefde en vervulling./Bv. versreëls 11-12: wat áls kon eis en
nooit volkome vind versadiging.
Die finale insig van die spreker is dat die dood onvermydelik deel van die lewe is
en die kringloop van die lewe afsluit./Bv. versreël 14: mooi is die lewe en die dood is
mooi.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
“ ʼn vigslyer sterf” – Vincent Oliphant
Vraag Antwoord Punt
2.1 Alliterasie √ 1
Die s-alliterasie beklemtoon die langsame/harsteer/stille agteruitgang van die
vigslyer. √ 1
2.2 Die woord beklemtoon die inwendige aftakelingsproses wat by die vigslyer
aanwesig is – hul raak maer./hul organe gee in./die stadige
aftakelingsproses./suggereer die totale ineenstorting – fisies en psigies. √ 1
2.3 Gebroke rym √ 1
Die gebroke rym ondersteun die gebrokenheid van die vigslyer/die hartseer
situasie wat gebrokenheid vir die vigslyer/geliefdes bring. √ 1
“afgetakel” √ 1
2.4 Die vigslyer sou moontlik vir sy geliefdes wou laat verstaan hoekom hy in
hierdie situasie is./wou dalk jammer sê vir die hartseer wat hy deur hierdie
situasie veroorsaak./wou moonltik simpatie vir sy situasie hê./wou sy
geliefdes se verstaan vir sy situasie hê./Hy wou weet waarom hy so ʼn dood
moes sterf./Hy sou begrip van sy mense wou hê vir die feit dat hy verlang om
te sterf. √ 1
2.5 Die vigslyer raak so swak dat hy sy krag verloor om selfs sy hande op te lig. √ 1
Die vigslyer het die basiese menslike funksies verloor./kan nie meer normaal
optree/reageer nie./het vergeet hoe om die basiese dinge te doen./Hy kan
niks meer vir homself doen nie. √ 1
2.6 Die spreker wil graag die hartseer situasie/harde werklikheid van hierdie
siekte versag/die erge pyn waarmee vigslyers eindelik sterf, beter laat
klink./Die spreker wil die situasie met deernis uitbeeld. √ 1
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
“Versagtende omstandighede” – Peter Snyders
Vraag Antwoord Punt
3.1 Satire √ 1
3.2 Die gebruik van assimilasie is kenmerkend in Kaaps/Kaapse Afrikaans wat die
dialek van die spreker in hierdie gedig is. √ 1
Die gedig het geen vaste rymskema nie./
Die gedig het geen vaste strofebou nie./
Die gedig het wisselende strofelengtes. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir TWEE punte aan.
3.3 ʼn Mens kan jou dit nie voorstel dat iemand nie hemel toe wil gaan nie, maar
die spreker meen dit sal sleg (hel) wees om hemel toe te moet gaan. √ 1
Wanneer die leser die titel lees, dink ons iemand het ʼn misdaad gepleeg en
vra vir ʼn ligter straf/genade, maar hier is die ligter straf waarvoor die spreker
vra om nié hemel toe hoef te gaan nie./voer hy aan waarom hy nie gestraf
moet word met die hemel nie. √ 1
Die kandidaat moet albei kante van die ironie vir EEN punt elk wys.
3.4 Die aandagstreep beklemtoon hoe ongelooflik/erg dit is dat ‘seks yt is’./
beklemtoon die wending/oplossing vir die ‘probleem’ wat in die volgende reël
volg. √ 1
3.5 “die hiemel issie my soort liewe”
“ek hou van sing en harpmusiek maa ek sal lugsiek kry as ek moet vlieg”
“En Here, dit sal hel vi my wies om met niks-doen myself elke dag te vervies”
“so stuur my aire hel toe of waar ek my talent kan gebryk.”
“En as ek te goed is om gebraai te word laat my lieweste terug kom, Lord”
“(hou my aanie underdog se kant)”
“sorg dat ek by Florrie (vroeër mevrou Soetwater) voorit te laat is, beland”
“Laat my dan liewer hier oppie aarde ly as om vir iewag in u grafstienhiemel te
2
bly” √√
Die kandidaat kan die versreëls aanhaal of in hul eie woorde omskryf.
3.6 Grafstienhiemel verander moontlik die speelse/humoristiese stemming na ʼn
somber/ernstige/negatiewe gevoel. √ 1
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 4: KONTESKTUELE VRAAG
“ʼn brief van hulle vakansie” – Breyten Breytenbach
Vraag Antwoord Punt
4.1 “brief” /“hulle” √ 1
4.2 Dit dui aan dat die gedig aan iemand spesifiek (sy pa) gerig is. √ 1
Speelsheid/Toegeneentheid/Liefde/Respek √ 1
4.3 “treur” √ 1
4.4 Lugoë verwys na die spreker se ma se blou oë. √ 1
Lugoë verwys ook na die ouderdom wat die oë toenemend met leegheid
vul. √ 1
4.5 Sinekdogee √ 1
4.6 Die spreker eindig die gedig met die gedagte waaroor hy steeds hartseer is:
die liefde vir sy ma en sy pa se uithouvermoë/innerlike krag. √ 1
Tema: Die dood staan in diens van die lewe – deur die dooie te begrawe, kan
die siklus van die lewe begin./Die gedig is ʼn treurlied oor alles in die lewe wat
uitgelewer is aan sterwe. √ 1
Boodskap: Die kandidaat formuleer ʼn eie boodskap binne die tema en
konteks van die gedig, bv. Waardeer jou ouers terwyl hul nog lewe./Aanvaar
dat die (naderende) dood van geliefdes deel van die lewe is./Hoewel die
(naderende) dood van geliefdes weemoed bring, dra herinnering ons deur
die verlangtye. √ 1
[10]
EN
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
“Totsiens” – Ronel Scheffer
Vraag Antwoord Punt
5.1 Ongemaklikheid/Somberheid/Treurigheid/Droewigheid √ 1
5.2 Alliterasie √ 1
Die stilte/Ongemaklikheid word deur die s-alliterasie beklemtoon. √ 1
5.3 Die geliefde se liefdevolle/vertroostende hande./Die hande waarmee die
geliefde hom/haarstyl vashou/toevou/beskerm. √ 1
“Dromende” verwys na die positiewe/romantiese/lieftalligheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7
5.4 Stukkend raak/klontjies vorm √ 1
Die maan is op dieperliggende vlak ʼn simbool van die romantiek/verlange/
hartseer/wrange emosies van die mens – daarom is dit moontlik dat die spre-
ker bitter herinneringe ervaar wanneer sy na die maan kyk./Kundiges meen
die maan het ʼn geweldige impak op die emosionele welstand van die mens en
daarom is dit moontlik dat sy bitter herinneringe ervaar as sy na die maan
kyk. √ 1
5.5 Koeplet √ 1
Vergelyking √ 1
Die spreker ervaar die middag ʼn vreemde gevoel van emosionele pyn (en
daarom meen sy die middag is vreemd). √ 1
5.6 Die punt beklemtoon die einde van die verhouding./die groet/totsiens
sê/afskeid van die geliefdes. √ 1
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL (EC/SEPTEMBER 2019)
AFDELING B: ROMAN
VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DIE DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dit is ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Elsa is aanvanklik baie ernstig oor die lewe en het min begrip vir haar suster se
verbeeldingsvlugte en fantasiepraatjies.
Elsa is onromanties, want sy dra vervelige katoenonderklere op haar eerste
huweliksnag.
Sy is uiters krities en uitgesproke oor haar familie se doen en late en is baie
meer gefokus op wat hul doen en hul besluite as op hul welwese.
Elsa is hiperprakties en onemosioneel betrokke by die alledaagse en haar
uiterste perfeksionisme maak haar ongewild by byvoorbeeld Johanna.
Hoewel sy ʼn groot feminis is, ontwikkel sy tog in ʼn raakvatter ma wanneer
die drieling gebore word.
Elsa word ʼn goeie eggenoot wat ontsteld is oor haar man se ontrouheidneigings
en vergewe hom.
Sy word gekarakteriseer as ʼn sterk, onafhanklike vrou wat haar man staan,
maar later sien ons dat sy eerder haar man aanmoedig om ʼn vasektomie te
ondergaan – eerder as sy self.
Hoewel Elsa aanvanklik gesê het dat Iris van haar romantiese drogbeelde
moet ontslae raak, ontwikkel sy meer begrip vir haar suster se doen en late.
Wanneer haar drieling gebore word, taan haar hiperpraktiese en
georganiseerde lewe en ons lees dat haar huis ook deurmekaar is – soos dit die
geval is met ʼn besige gesin.
Hoewel sy onemosioneel voorgekom het, sien ons dat sy ʼn baie goeie ma vir
haar kinders is.
Elsa sien ook af van die dramatiese aankondigings en manier van doen en
raak nugter in haar siening omtrent familie en alledaagse gebeure.
Kara gaan deur ʼn nonstadium waar sy op soek is na die ware-sy. Tog vind sy
haar vryheid in haar identiteit en leef haar liefde vir die Middeleeuse kuns uit.
Kara sien af van haar nonstadium wanneer sy later saam met Claude bly en
buite die eg ʼn kind kry.
Kara weier om te trou en kinders te hê, want sy meen haar lyf is nie ʼn
broeikas nie. Sy verklaar dat sy nie “sal trou en aanteel nie” en dat haar lyf aan
haar behoort.
Ons sien egter ʼn ommekeer in Kara se lewe wanneer sy toevallig vir Claude
ontmoet, verlief raak en met hom trou.
Kara erken dat sy ʼn begeerte het om ʼn aartsmoeder te wees; ʼn gedagte ver
verwyderd van die uitgesproke jong mensie wat kinderloos deur die lewe wou
gaan.
Kara kry ook tog ʼn kind, Michel, vir wie sy baie lief is en omgee.
Kara is ook baie uitgesproke oor familiesake en is onafhanklik in haar denke
en besluite. Later ontwikkel sy meer begrip vir Elsa en Iris as individue.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9
Ma Els is verstrooid en leef deur die loop van die roman in haar eie wêreld.
Dit blyk tog later dat sy ʼn beter houvas op die lewe en sy dinge kry.
Els ignoreer dinge wat nie vir haar sin maak nie en laat praktiese dinge in die
hande van haar dogters en Johanna oor.
Hoewel Els afgetrokke en afwesig voorkom, bly sy deurentyd baie betrokke
by haar dogters en aanvaar haar skoonseuns onvoorwaardelik.
Els se menswees mag blyk of sy onemosioneel is, maar sy is byvoorbeeld glad
nie rassisties teenoor Claude nie en wys dat sy alle mense en rasse aanvaar.
Hoewel Els nie goed is met haar hande nie, ontwikkel sy later ʼn liefde vir
tuinmaak op die plaas.
Els en haar man se huwelik is aanvanklik beskryf as ʼn ‘vreedsame verbyleef
bymekaar’ en sy laat haar man toe om alleen op die plaas te gaan woon. Sy
besluit egter later om by hom aan te sluit.
Els kom soms afwesig voor, maar later blyk dit duidelik dat sy heldersiende is op
onverwagte tye.
Els mag aanvanklik lyk of sy nie veel aandag aan Iris gee nie, maar sy is in
voeling met Iris se gevoelslewe op onverwagte tye, soos toe Iris in Vermont in die
hospitaal opgeneem is.
Els beweeg inderdaad fladderend deur die lewe en behou van die begin tot die
einde haar vreemdheid – wanneer sy by Die Spieël aansluit, word haar andersheid
beklemtoon.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
7.1 Eduard besoek Greta in haar woonstel om haar van sy broer, Peter, se
boedelplanne in te lig./Iris is besig met een van haar verbeeldingsvlugte oor
Greta en Eduard. √ 1
7.2 Eduard √ 1
Greta √ 1
Greta is Iris se alterego. √ 1
7.3 Sy is onafhanklik/geëmansipeerd. √ 1
Iris sê vir Elsa dat sy nie moet bekommer dat sy alleen Amerika toe vlieg om by
ʼn man te gaan kuier nie./Iris laat haar pa (ouers) verstaan dat sy weet wat sy
doen wanneer sy haar loopbaankeuse bekend maak./Iris verseker vir Peter dat
Joe/die foto’s wat Joe geneem het nie gevaar inhou nie./Iris verseker vir Peter
dat sy veilig in Amerika is. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke voorbeelde uit die roman vir EEN
punt elk aan.
7.4 Paul het vir Eduard gesê/‘gewaarsku’ dat Greta lekker koffie maak wat dan tot
ʼn lekker/lang geselssessie lei./Eduard besef die koffiedrinkery mag tot iets
meer lei. √ 1
7.5 Derdepersoonsverteller √ 1
Die verteller laat die leser besef dat Eduard bewus raak van Greta se mooi
fisiese voorkoms. √ 1
Die voordeel is dat die leser weet wat in Eduard se kop aangaan. √ 1
Die nadeel is dat Greta nie weet hoe Eduard voel nie, maar slegs die leser
weet dit. √ 1
7.6 Realiteit/Werklikheid √ 1
7.7 Iris as deel van die oog
Iris op die Franse vlag
Iris is die Griekse mitologiese godin in diens van hoër gode.
Iris is die godin van die reënboog √√√ 3
7.8 Die romantitel impliseer dat Iris nog nie geblom het nie, maar in die proses is
om te blom. √ 1
7.9 Die Engel is ʼn raadgewer. √ 1
Die Engel is Iris se beskermengel./
Die Engel is Iris se geselsgenoot./
Die Engel verskaf humor. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11
7.10 Billy sê vir Iris dat haar naam bloot toevallig gekies is en dat sy dus nie haar
hele lewe daarvolgens moet rig/leef nie. √ 1
Billy is die eerste werklike persoon in Iris se lewe wat regtig na haar luister en
met haar gesels. √ 1
7.11 Iris is verbeeldingryk/droom baie. √ 1
Die fantasiekarakters bied aan Iris geselskap wanneer niemand in haar gesin
aan haar aandag gee nie. √ 1
7.12 Die opwinding van die hier-en-die-nou gaan dikwels by Iris verby omdat sy altyd
op soek is na daardie een groot blomoomblik in haar lewe – sy mis dus uit op
baie potensiële vreugdes in die alledaagse. √ 1
Die boodskap van die roman is dat die realiteit van die geroetineerde
voorsteldelike bestaan, net so magies soos die beste fantasie kan wees en Iris
het so in haar fantasiewêreld geleef dat sy die magiese van die alledaagse
gemis het. √ 1
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL (EC/SEPTEMBER 2019)
MANAKA PLEK VAN HORINGS – PIETER PIETERSE
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN HORINGS – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dit is ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Ouma Essie is van die begin tot die einde die goedheid self, want sy word beskou
as die matriarg onder die Mulambwa-familie wat haar ʼn leierfiguur maak.
Ouma Essie is ʼn geestelike leier en word die Profeet van die Bybel genoem.
Ouma Essie bied ondersteuning aan mense wat sukkel, soos toe sy Sitali groot-
maak omdat haar dogter nie kon nie.
Ouma Essie help haar man om die godsdiens in die gemeenskap te versprei en
help bou aan die kerk op Manaka.
Ouma Essie is onafhanklik in haar uitsprake en gee nie om om die verkeerde aan te
spreek nie. Sy glo te alle tye in regverdigheid.
Wanneer sy besef dat die geestelike reëls en beginsels taan, gaan spreek sy die
khuta daaroor omdat sy ʼn herder vir die mense op Manaka wil wees.
Ouma Essie kon as ontwikkelde, ronde karakter Baas lei tot die aanvaarding van
sy geloof, want sy is die een wat hom ten opsigte van sy godsdiens met kwelvrae
uitdaag.
Ouma Essie is ook die vredebewaarder wat vrede tussen Baas en die sendelinge op
Manaka probeer bewerkstellig.
Ons kan dus aanvoer dat ouma Essie nie totale karakterontwikkel ondergaan het
nie, omdat sy deurentyd goed was. Gedeeltelike ontwikleling na aanleiding van haar
interaskie met mense, word bespeur.
Grace ondergaan ook slegs gedeeltelike ontwikkeling wanneer sy en Baas
interaksie het, maar haar karakter is ook deurentyd goed.
Grace gee om vir haar medemens/vreemdelinge en versorg Baas wanneer hy
Malaria opdoen.
Grace sien haar as leermeester wat vir die sendelinge en Baas van die gewoontes
van die Lozi’s/Barotseland leer, want sy glo hul moet die Manaka-naam gestand doen.
Grace is ʼn sterk vrou wat konflik tussen Baas en die sendelinge probeer oplos,
want sy glo nie daarin om oor onreg stil te bly nie.
Grace het empatie met haar medemens en doen meer as wat verwag word. Sy gaan
saam met Baas hospitaal toe wanneer hy malaria opdoen.
Grace se sterk selfversekerdheid het ʼn groot impak op Baas se lewe, want dit is
by Grace wat Baas ook antwoorde op sy vrae oor godsdiens kry.
Grace se omgeehart bied ook aan Baas ondersteuning en hulp in sy alledaagse
bedrywighede, soos om hom te help wanneer hy die bankies herstel of na sy boot gaan
soek.
Griesel toon ook min ontwikkeling en bly deur die verloop van die verhaal ʼn voorbeeld
van die negatiewe
Griesel is hoogmoedig en nie opreg in sy optrede nie en Baas ervaar by hom ʼn
negatiewe kant van Christenskap.
Griesel pas nie in op Manaka nie, want sy optrede getuig glad nie van Christenskap
nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13
Griesel is ʼn tipiese voorbeeld van hoe ʼn Christen nie behoort op te tree nie
en dit is hoekom sy optrede vir Baas en die ander sendelinge so omkrap.
Griesel erken later dat hy ʼn misplaaste droom gehad het, wat ʼn teken van
gedeeltelike karakterontwikkeling is. Hy besef dus dat ʼn mens se planne en God
se planne nie noodwendig dieselfde is nie.
Griesel het deurentyd ʼn negatiewe reaksie op die Lozi-kultuur en wend nie
pogings aan om in te koop op die etiketgebruike nie.
Griesel bly net ingestel op die uiterlike beeld/korrekte optrede en kan nie
besef dat die innerlike bepaal wie en wat jy is nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
9.1 Hierdie uittreksel is deel van die Vooraf-gedeelte in die roman wat belangrike
agtergrond omtrent Baas gee./belangrike agtergrond aan die leser bied voordat
Baas op Manaka aangeland het. √ 1
9.2 Hy het ʼn pos as toergids aanvaar. √ 1
Die pos bring Baas in aanraking met Barotseland/die Zambezirivier en help hom
om op Manaka gevestig te kom waar hy eindelik sy rol as geestelike leier
aanvaar. √ 1
Baas kom eindelik tot die insig dat hy iewers behoort/sendelingskoene het om
vol te staan./
Baas kom tot die insig dat hy sy rol as geestelike leier nie langer kan ignoreer
nie./Baas besef dat ʼn mens se innerlike bepaal wie en wat jy is. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE insigte waartoe Baas aan die einde van die
roman kom vir EEN punt elk aan.
9.3 Aan Baas se oupagrootjie √ 1
Baas se neef gee vir hom sy eerste hond./Baas se neef gee vir hom die boek
oor die Zambezi. √ 1
9.4 Baas is nog soekend/hartseer/verlangend. √ 1
9.5 Die droom van die kettinkie met ʼn kruis word die sentrale tema, naamlik
Christenskap, in die roman. √ 1
Die kruis wat Baas se ma gedra het, beïnvloed sy lewe, want Baas se
stryd/innerlike konflik met Christenskap/sy aanvaarding van Christenskap lei
daartoe dat hy ʼn geestelike leier op Manaka word. √ 1
9.6 Baas het sy onafhanklikheid daar geleer.
Baas het daar geleer om hard te werk.
Dit is waar sy drome gestalte gekry het.
3
Die plek het hom vaster aan sy oupagrootjie gebind. √√√
[Die kandidaat bied enige DRIE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL (EC/SEPTEMBER 2019)
9.7 Dit dui aan dat hulle respek vir mekaar het. √ 1
Dit dui aan dat hulle saamstem. √ 1
9.8 Baas wil nie ʼn geestelike leier op Manaka wees nie, maar hy voel dit word van
hom verwag omdat hy sendelingskoene het wat hy moet vol staan. √ 1
Die kandidaat moet albei kante van die konflik wys.
Ja.
Ouma Essie lei Baas tot die aanvaarding van sy geloof, want hy vra aan haar
wat van jou ʼn Christen maak. √ 1
Uiteindelik aanvaar Baas sy rol as geestelike leier op Manaka/volg hy in sy
oupagrootjie se voetspore. So kom hy op Manaka tot rus/beëindig sy
swerfskap. √ 1
9.9 Derdepersoonsverteller √ 1
Die verteller laat die leser besef dat Baas eindelik grond in Manaka bekom. √ 1
ʼn Eerstepersoonsverteller sou moontlik die karakter se eie
emosie/blydskap/tevredenheid rondom die verkryging van grond aan die leser
kon oordra. √ 1
9.10 Vergunning deur ʼn owerheid om prospekteerwerk in ʼn gebied te doen./ʼn gebied
te mag ontgin. √ 1
9.11 Hy verlaat indoena Daaimon se gehuggie handeklappend. √ 1
9.12 Hulle verhuur die grond aan sendelinge ook./Hulle hou nie by hulle ooreenkoms
met Baas nie. √ 1
Meneer Kebbey is betrokke by diamantsmokkelary./betaal nie vir vleis
nie./probeer Baas ompraat om met hom ʼn vennootskap in sy pontbesigheid te
sluit. √ 1
Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15
VATMAAR – AHM Scholtz
VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Tant Wonnie ondergaan nie algehele karakterontwikkeling nie, want sy is van
die begin tot die einde die goedheid self.
Tant Wonnie is ʼn vrou van edele karakter, want sy bly te alle tye beginselvas in
haar optrede.
Hoewel sy die laagste posisie as wasvrou in die samelewing beklee, het sy haar
trots behou.
Tant Wonnie het haar afhanklikheid van God besef en het uitgehonger vir Sy
leiding in haar lewe geleef.
Hoewel Tant Wonnie baie swaarkry in haar lewe ervaar het, het sy nooit ʼn wrok
in haar binneste rondgedra nie – ʼn teken van gedeeltelike karakterontwikkeling.
Tant Wonnie was altyd bereid om te help waar sy kom, al moes sy die
wraaksugtigheid van mede-inwoners verduur.
Tant Wonnie was ʼn dapper vrou wat maar net die beste van die slegste
omstandighede gemaak het.
Ondanks die feit dat sy dikwels die slagoffer was, het sy nooit haar onwrikbare
geloof en trots verloor nie.
Tant Wonnie was die moeder van Vatmaar en hoewel sy venyn en vernedering
ervaar het, het haar stille sterk karakter en menswees altyd geseëvier.
Sy het ʼn skoon en mooi lewe gelei en deur die loop van die verhaal onwrikbaar by
haar beginsels gestaan.
Boitjie Afrika het totale karakterontwikkeling ondergaan en ʼn positiewe rol in die
gemeenskap gespeel.
Boitjie het aanvanklik ʼn slegte lewe gelei en het dagga gerook en verdriet vir sy
familie veroorsaak.
Met Bettie se koms na Vatmaar het Boitjie se lewe heeltemal verander, want hy
het iemand ontmoet vir wie hy lief was.
Veral na oom Chai se dood het Bettie baie geheg geraak aan Boitjie en nadat sy
swanger word, het hul permanent saamgewoon – ʼn positiewe nadraai vir hom.
Boitjie raak later ook as afrigter by sokker betrokke en as bestuurder van die
sokkerklub op Vatmaar lewer hy ʼn betekenisvolle bydrae in die lewens van ander
mense.
Boitjie het dus totale karakterontwikkeling ondergaan omdat hy werklik ʼn verskil
in die Vatmaar-gemeenskap begin maak het.
Tommy ondergaan nie totale karakterontwikkeling nie, want hy bly deurentyd die
negatiewe karakter wat die leser leerken het.
Tommy tree nie baie eties op nie, want reg en verkeerd bestaan nie in sy
leefwêreld nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS HUISTAAL (EC/SEPTEMBER 2019)
Tommy se verhouding met Nellie is negatief, want hy het haar nie meer as ʼn
onskuldige meisie gesien nie en sy het swanger geraak.
Tommy het Nellie en haar pa se verhouding laat verswak, want hy manipuleer
haar om in sy liefde en sy sorg vir haar te bly glo.
Tommy jok vir Nellie oor sy liefde vir haar, want hy wil haar net vir sy plesier
gebruik.
Tommy manipuleer Nellie om sy sin te kry, want as sy hom toelaat om haar te
gebruik, beloof hy ʼn verhoging vir haar pa.
Tommy is agterbaks, want hy bedink die plan om Nellie met haar neef te laat trou
en toe sy dit doen, jaag hy haar soos ʼn sleg hond weg.
Tommy kom nie tot beter insigte nie en deur sy manipulasie rig hy baie skade in
ander se lewens aan.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
11.1 Tant Wonnie is by die aanklagkantoor in die tronksel nadat sy op aanklag van
diefstal gearresteer is. √ 1
11.2 Hy het met die langste ompad na die aanklagkantoor toe gery sodat soveel
mense moontlik Tant Wonnie se vernedering kon aanskou. √ 1
11.3 Derdepersoonsverteller √ 1
Die verteller wys vir die leser dat Tant Wonnie baie gelowig is. √ 1
Die leser sien ʼn eerlike/opregte/geloofwaardige tant Wonnie wat met die Here
praat om haar dankbaarheid te wys. √ 1
11.4 Tant Wonnie en haar dogters het drie maal per dag gebid./
Sy dra nie ʼn wrok in haar teen Settie September nie en betaal selfs dat sy saam
op die kapkar kan ry./
“Om ʼn skoon lewe te leef, was vir haar die vernaamste ding”/
“Sy was vreesloos in haar naasteliefde” √√√√ 4
Die kandidaat bied enige DRIE voorbeelde uit die roman vir EEN punt elk aan.
11.5 Retoriese vraag √ 1
Ja.
Tant Wonnie is bekommerd oor Suzan, want sy weet nie waar sy is nie/weet nie
of sy kos het om te eet nie, maar sy kan niks daaraan doen nie, want sy is in
die tronk. √ 1
Die kandidaat moet albei kante van die innerlike konflik wys.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17
11.6 Sy het ses kinders aan die dood (in die Groot Griep) afgestaan./
Sy het haar man, Heinrich, aan die dood afgestaan./
Sy het al haar besittings verloor toe haar huis afgebrand het./
Sy moes die vernedering deurstaan toe Settie September haar van diefstal
beskuldig./Sy moes Piet de Bruin se seksuele teistering verduur. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke voorbeelde uit die roman vir EEN
punt elk aan.
11.7 Hy was ʼn goeie vriend van Heinrich. √ 1
Norman is wees tydens die Anglo-Boereoorlog gelaat. √ 1
Ma Khumalo √ 1
11.8 Sy is ʼn ywerige storieverteller. √ 1
Sy is trots./hardwerkend./diensbaar./dapper. √√ 2
11.9 Die Engelse word as wreed/onmenslik uitgebeeld. √ 1
Nee.
Dit is nie regverdig dat die idee geskep word dat alle Engelse mense so
onmenslik is soos sommige destyds in die konsentrasiekampe opgetree het
nie. √ 1
11.10 In Teks E heers ʼn gevoel van angstigheid/spanning, terwyl TEKS F
gemoedelik/ʼn ligte verteltrant het. √ 1
11.11 Die koeël het iets gevang (bv. ʼn klip) en teruggespring na waar dit vandaan
gekom het. √ 1
11.12 Tema: Liefde ken nie grense nie./Die onskuldige ly dikwels./Gemeenskaplike
herkoms √√ 2
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS HUISTAAL (EC/SEPTEMBER 2019)
ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen
VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Daar vind algehele karakterontwikkeling by Greg plaas omdat hy tot nuwe insigte
omtrent homself, Eckardt, sy familie en die lewe kom.
Greg het baie laagtepunte in sy lewe beleef voordat hy eindelik sterker aan die
anderkant uitgekom het, want hy het verliese soos die dood van sy broer ervaar
wat hom ʼn sterker mens gemaak het.
Greg word al hoe dieper in die onderwêreld van kuberkrakery ingesleep, maar
eindelik gebruik hy die negatiewe om die waarheid te ontdek: hy weet nou wie sy pa
werklik is.
Greg het as leier nie sy verpligtinge nagekom nie en konflik het tussen hom
en Kwanele ontstaan; hy besef egter later die waarheid omtrent sy
leierskaptekortkominge.
Greg raak al hoe meer bewus van sy tekortkominge en swakhede en erken dat
hy nie meer so “bullet-proof” is soos hy aanvanklik gedink het hy is nie.
Greg besef hy is weerloos, want hy kan hom nie verskans teen die pyn van sy broer
se dood, sy verlies aan ʼn goeie vriend en sy pa se hoë verwagtinge nie.
Greg ontdek in sy weerloosheid en sy swakheid sy innerlike krag en staan sy
man teen sy pa.
Greg ontwikkel in ʼn onafhanklike jongman met sy eie stem wat die skoolhoof
oor onregverdighede en onbillike optrede aanvat en uitdaag.
Greg bevraagteken gesag en sy pa se verwagtinge wanneer hy later besef dat hy
nooit sy pa ten volle sal tevrede stel nie.
Greg het aanvanklik gedink dat hierdie skool vir die supperrykes iets
wonderliks is, maar besef later dat hul almal net clones van hul pa’s is en pionne in
ʼn groter skaakspel.
Greg sien deur sy skoolhoof se skynheilige optrede en is oorgehaal om hom aan
die kaak te stel.
Hy daag sy pa se woorde dat hy nie ʼn ruggraat het nie, uit, deur hom aan die
pen te laat ry vir sy misdade.
Greg ontwikkel simpatie vir Eckardt se omstandighede en besef waarom hy die
slagoffer van die sosiale manipulasie was.
Greg het verkeerd opgetree deur by die misdrywe van kuberkrakery betrokke
te raak, maar hy het nooit ʼn black hat geword wat ongerymdhede gepleeg het nie.
Greg het in so ʼn mate ontwikkel dat hy alles wat verkeerd is by die skool en by
sy pa en Dok Pienaar bekend te maak – en hul te laat boet vir hul sondes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19
Eckardt toon geen karakterontwikkeling nie, want hy blyk eindelik ʼn
aartsmanipuleerder en skurk te wees.
Eckardt het in Greg ʼn kwansuise vriend gevind, maar hy het hom sosiaal
gemanipuleer om wraak op sy pa en Dok Pienaar te neem.
Eckardt het nie deur die loop van die verhaal berou begin toon vir sy slinkse
plan nie en einduit volgehou om Greg om die bos te lei.
Wanneer Eckardt die waarheid aan Greg ontbloot, is dit duidelik dat die wraak
en haat so diep gewortel is dat sy selfversekerdheid en sarkasme diep deur Greg
moet sny.
Eckardt was gemeen om van Greg ʼn vriend en vertroueling te maak en het hom
gebruik om inligting in te win en die Owen-familie te laat boet.
Eckardt se hele lewe is deur wraak gedryf en hy was bereid om ʼn onskuldige
slagoffer te gebruik om sy pyn te probeer vergeet.
Eckardt het meer as een geleentheid gehad om met Greg oor die waarheid te
praat en sy haat in medemenslikheid om te keer, maar hy verkies dit om ʼn sosiale
maniulasie-projek deur te voer wat katastrofiese gevolge vir sy vriend inhou.
Mnr. Owen ondergaan nie karakterontwikkeling nie, want vanaf die begin tot die
einde van die roman is hy die rigiede, geharde man wat baie van sy seun verwag.
ʼn Mens sou verwag dat die selfdood van sy seun, John, hom moontlik kon
verander om ʼn omgee-gesingheid te ontwikkel, maar dis asof hy nog strenger
raak en nog meer van Greg verwag.
Hy is jare gelede vir bedrog aangekla, maar dit keer hom nie om nou weer by
Dok Pienaar se onwettige en onmenslike planne betrokke te raak nie.
Geld en mag het mnr. Owen se lewe beheer en hoewel hy al duur lesse ten opsigte
hiervan in die lewe geleer het, het dit hom nie weerhou om dit te bly najaag nie.
Meneer Owen se halfhartige poging met die onblotingstoneel in Clarens is nie
genoeg om te reken dat daar gedeeltelike karakterontwikkeling plaasgevind het
nie, want hy kon in hierdie krisismoment sy seun styf vasgedruk het en om genade
gesmeek het – hy doen dit egter nie.
Meneer Owen het die geleentheid gehad om uit sy foute te leer en hy het ʼn
ondersteunende vrou gehad wat, ten spyte van sy giere en streng persoonlikheid,
by hom bly staan het. Tog kies hy om die verkeerde te doen.
Meneer Owen se geldgierigheid en ongenaakbaarheid het geen einde geken
nie en hy was bereid dat menselewens en sy familie in die proses vernietig word.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 AFRIKAANS HUISTAAL (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
13.1 Eckardt is saam met Greg vir die April-skoolvakansie na sy huis in
Johannesburg/Sandhurst toe. √ 1
13.2 Greg √ 1
Die verteller bied aan die leser ʼn eerlike/opregte/geloofwaardige vertelling 1
van sy denke oor die kamerindeling./Hy gee vir ons sy reaksie wanneer hy
agterkom watter kamer hy vir Eckardt gegee het. √
Eckardt weet nie dat Greg oor die kamerindeling/betekenis van John se
kamer dink nie, want Greg sê dit nie vir hom nie. √/ Die leser weet hoe Greg 1
oor John se kamer dink, maar ons weet nie of Eckardt dit as ʼn ‘oorwinning’
beskou nie. √ 1
13.3 Die aand van die Trapper-ritueel het Greg iets van John in Eckardt se oë
gesien./Die manier waarop Eckardt na hom kyk. √ 1
Greg beleef by Eckardt dieselfde voorliefde vir die ektreme/die
uiterstes/adrenalienaktiwiteite soos hy dit by John ervaar het. √ 1
13.4 Greg weet nie Eckardt is besig met ʼn social engineering attack op hom nie.
Eckardt vertel nie vir Greg dat hy weet van sy pa en Dok Pienaar se
agterbakse planne nie./
Eckardt vertel nie vir Greg dat sy pa en Dok Pienaar iets met sy eie pa se
verdwying te make het nie./
Eckardt vertel nie vir Greg wie hy werklik is nie. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke voorbeelde uit die roman vir
EEN punt elk aan.
Eckardt jok vir Greg oor sy gesinslewe – dat hy ʼn pa, ma en broer en suster
het./oor sy ouers se beroepe./
Eckardt jok vir Greg oor wat sy gesin die April-skoolvakansie gaan doen. √ 1
Die kandidaat bied enige EEN soortgelyke voorbeeld uit die roman aan.
13.5 Greg is skynheilig/vals/onverantwoordelik.(want die leser besef hy het – ten
spyte van sy hoofseun-sportsterprofiel – al genoeg dwelms gebruik om te
weet hoe dit hom laat voel.)/
Greg het selfbeheersing.(hy wil nie weer so voel nie en kan nee sê) √ 1
13.6 Greg en Eckardt is in ʼn donker/benoude klubruimte./
Greg en Eckardt is in ʼn ruimte waar jongmense met verkeerde dinge (soos
dwelms) besig is. √ 1
Die onderwêreld waarin misdadigers beweeg./
Kuberkrakery as die onderwêreld van rekenaargebruikers./
Onderwêreld van gesagsuitdaging./
Die onderwêreld van geld, mag en misdaad. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21
13.7 Die < >-hakies pas by/is tipies van die rekenaartema wat in onderwêreld
gebruik word. √ 1
13.8 Die “ping”-gedeelte (hoofstuk 1–25) verwys na die rekenaaropdrag waartydens
ʼn pakkie inligting van een rekenaar na ʼn ander gestuur word en die
teikenrekenaar moet die inligting eggo om te bevestig dat dit bereikbaar en
aktief is./Die Zoeloe-naam vir die Drakensberge/Die trappers se stemme in die
Tonnel./uKhahlambe verwys na die donderende geluid van die Zoeloe-krygers
se spiese as hulle dit teen die skilde slaan en die eggo’s van die berghange
terugkeer./Eckardt se pa se selfmoordpoging eggo deur sy lewe./Die kom in
Eckardt se kuberkrakernaam na vore. √√ 2
13.9 Hierdie woorde kom ook in die proloog voor wanneer Eckardt op sy pa se
selfmoordpoging afkom. √ 1
Ja.
Die woorde impliseer totale angs en verwardheid en is gepas omdat Eckardt
net hierna sy sosiale manipulasie-plan aan Greg ontbloot. √ 1
13.10 Retoriese vraag √ 1
Ja.
Greg het nie die vaagste benul hoekom Eckardt nou so gemeen/wraaksugtig
voorkom nie, want hy dink hulle is vriende. √ 1
Albei kante van die innerlike konflik moet gewys word.
Greg ervaar innerlike konflik oor die druk wat sy pa op hom uitoefen, want sy
pa verwag baie van hom, maar hy wil nie sy pa tevrede stel nie./Greg is
hartseer oor sy broer se selfdood, maar hy mag dit nie met sy pa deel nie. √ 1
Die kandidaat bied enige EEN voorbeeld van innerlike konflik. Albei kante van
die konflik moet gewys word.
13.11 Social engineering is die manier waarop jy mense oorreed om hul eie of
ander mense se persoonlike inligting vir jou te gee. √ 1
Eckardt het Greg mislei deur van hom ʼn vriend te maak om eintlik net finale
wraak op sy pa en Dok Pienaar te neem vir dit wat hul aan sy regte pa
gedoen het – hy lei Greg om sy eie pa as skurk te ontmasker. √ 1
Nee.
Eckardt wou Greg se pa terugkry en daarom is dit nie billik om Greg so te
mislei nie.
OF
Ja.
Eckardt se wraak is teen Greg se pa gemik, maar hy weet wraak sal seerder
wees as hy deur sy eie kind ontmasker word. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 AFRIKAANS HUISTAAL (EC/SEPTEMBER 2019)
13.12 Nee.
Eckardt se hele lewe is deur wraak gedryf en hy was bereid om ʼn onskuldige
slagoffer te gebruik om sy pyn te probeer vergeet./
Eckardt het meer as een geleentheid gehad om met Greg oor die waarheid te
praat en sy haat in medemenslikheid om te keer, maar hy verkies dit om ʼn
sosiale maniulasie-projek deur te voer wat katastrofiese gevolge vir sy vriend
inhou.
OF
Ja.
Aanvanklik is Eckardt gemoedelik, maar aan die einde is hy selfversekerd en
sarkasties.√ 1
[25]
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Blanchie ondergaan beslis totale karakterontwikkeling, want sy kom tot inkeer en
kry skaam vir haar onbehoorlike optrede.
Blanchie raak, onder druk van haar pa, betrokke in die modelwêreld, maar
wanneer haar kanse op roem in Parys deur die mat val, bereik sy ook breekpunt en
verkwalik haar pa vir haar optrede.
Blanchie het ‘vuil’ gevoel en was skaam vir haar optrede, maar wanneer sy en
Map hul sondes aan mekaar bely, kry sy die kans om nuut te begin en besef die leser
dat sy tot nuwe insigte kom.
Daar is spanning tussen Blanchie en Maud, maar die konflik word op die spits
gedryf wanneer hul handgemeen raak en daarna kon hul in vrede mekaar verdra.
Blanchie besef aan die einde van die drama dat haar pa verkeerd opgetree het,
maar glo nie dat hy ʼn slegte mens is nie. Sy het genoeg insig om te besef dat die
omstandighede van die dag hom so laat optree het.
Wanneer Cavernelis selfdood pleeg, is Blanchie ook verward en hartseer, want
sy is jammer vir haar pa wat vasgevang is in omstandighede waaruit hy nooit sal kan
ontsnap nie.
Wanneer Blanchie haar aan Map se greep oorgee en hom toelaat dat hy haar
kan vashou, erken sy weer sy liefde en invloed in haar lewe, maar hul is nou
volwassenes wat al die lelike kant van die lewe gesien het – en hul kan nou begin om
ʼn nuwe lewe saam te bou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23
Map hou vir Blanchie vas wanneer hy in die slottoneel voor Antie Grootmeisie
in boetedoening kniel en hul verklaar hierdeur dat hul skuldig en laag voel,
maar dat hul gegroei het en bereid is om oor te begin met hoop op ʼn beter
toekoms.
Maud beleef gedeeltelike karakterontwikkeling, want dis nie ʼn totale ommeswaai
en tot insigkering wat die leser bespeur nie.
Maud is in die begin van die drama kortaf, soms moeilik en sarkasties teenoor
Cavernelis en neem hom kwalik vir sy afwesigheid en optrede.
Maud kom tog tot insig dat Cavernelis ʼn “good man” is wat eintlik net die beste
vir sy gesin wil hê.
Maud en Blanchie se verhouding is nie heeltemal gesond nie en hul raak
handgemeen, maar daarna hou hul mekaar vas en voel jammer vir hul optrede.
Maud is gefrustreerd en bitsig teenoor die lede van die gemeenskap en sluit
haar af deur heeldag in die woonstel te bly. Wanneer Cavernelis sterf, loop sy
egter die eerste keer op die platform uit – moontlik ʼn aanduiding dat sy ook nou na
al die jare vryheid gaan ervaar.
Maud besef aan die einde van die roman, wanneer sy Cavernelis se klere deur
haar vingers laat gly, dat hy ʼn goeie man was en dat sy hom nie moet verkwalik
vir sy verkeerde dade nie – so verkry sy insig in haar eie situasie.
Cavernelis ondergaan nie karakaterontwikkeling nie, want hy sterf as ʼn bitter en
hartseer man wat nie homself die kans op geluk en vryheid gegun het nie in sy
pogings om ʼn beter lewe vir hom en sy gesin te verseker.
Cavernelis is van die begin af ʼn buitestander wat nie met die res van die
gemeenskap wil meng nie en hom nie steur aan ander mense nie. Hy doen sy eie
ding en verkies sy eie geselskap.
Cavernelis verkry nie persoonlike of sosiale ontwikkeling in die gemeenskap
nie, want hy word bespotlik gehou en hy is nie bereid om sy doen en late te
verander op meer aanvaarbaar te raak nie.
Cavernelis is bereid om sy eie dogter se lyf te verkoop in ʼn poging om sy
gesin uit die township te kry en dis nie deur eie insigte dat hy daarmee stop nie,
maar eerder eers toe Blanchie se modelkontrak deur die mat val.
Cavernelis besef nie watter emosionele skade hy aan sy familie aanrig nie en
gaan bloot met sy selfsugtige optrede en dagtake voort tot die dag dat hy selfdood
pleeg.
Cavernelis het negatief gebly omtrent sy situasie en sy pogings om ʼn beter
lewe vir hom en sy gesin te bewerkstellig is nie deur karakterontwikkeling ontlok
nie, maar eerder deur sy eie begeertes.
Caverenlis kon as mens nooit vryheid smaak nie, want hy het selfdood gepleeg
en sy kans op uitkoms vernietig.
Cavernelis het na Maud en Blanchie se bakleiery nie die moed gehad om
jammer te sê nie – en hy kies eerder die pad van dood as uitkoms.
Cavernelis sterf as tragiese figuur wat altyd vasgevang sal wees in die Kaapse
vlakte en onregverdigheid.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 AFRIKAANS HUISTAAL (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
15.1 Blanchie verkoop, onder die vaandel van modelwerk, haar lyf aan wit mans by
die Lonely Hearts. √ 1
15.2 Hy is ʼn buitestander./Hy is hoogmoedig. √ 1
15.3 Cyril wil Cavernelis uitlok/tart om reaksie uit hom te kry. √ 1
Nee.
Niemand verdien om deur ander mense getart/uitgelok te word nie./Cavernelis
doen niks om die ander inwonders uit te lok nie.
OF
Ja.
Cavernelis tree nie reg op deur Blanchie toe te laat om by die Lonely Hearts te
werk nie, en die kritiek/reaksie van die man op die straat, is te verwagte/nodig
om hom tot sy sinne te dwing. √ 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
15.4 Maud skree op Cyril en Richie wanneer hulle die Sondagstilte versteur./Maud
sê vir hulle dat hulle nie respek vir die Sondag het nie./Cyril sê vir Maud
Blanchie het nie respek vir die Sondag nie, want sy gaan Lonely Hearts toe op
ʼn Sondag./Die leeglêers daag Maud uit oor verwysings uit die Bybel./Maud sê
vir hulle dat hulle nie working class is nie, want hulle lê rond en
niksdoen./Maud sê hulle is robbiese. √√ 2
15.5 Kaapse Vlakte √ 1
Apartheid √ 1
15.6 Die beletselteken verhoog die spanning. √ 1
15.7 Engels word gebruik asof dit ʼn Afrikaans woord is (suit-casie). √ 1
Assimilasie kom voor. √ 1
Dit is geslaagd, omdat dit eie is aan die Kaapse Vlakte./dit die karakters
geloofwaardig maak want die mense op die Kaapse Vlakte praat Kaaps. √ 1
15.8 Die stemming verander deurdat die speelse trant van die gesprek tussen Cyril,
Richie en Tommy nou skielik onderbreek word met ʼn atmosfeer gevul met
spanning/angs/vrees. √ 1
15.9 Blanchie is ontoereikbaar./nog te seer om liefde te aanvaar./verward./kwaad √ 1
Ja.
Blanchie het in Map se arms verslap om haar aan Map se liefde oor te gee. √ 1
Blanchie staan by Map/Map hou Blanchie vas wanneer hy voor Antie
Grootmeisie kniel, wat dui op hul begeerte om van hier af die versoening te
kry en die pad vorentoe saam te loop. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 25
15.10 “Alles ... en niks ...” √ 1
Alles – die politieke omstandighede van die dag het hul in slegte mense
verander: Map as misdadiger en Blanchie as prostituut. √ 1
Niks – Hulle is eintlik in hul harte nog dieselfde onskuldige verliefdes soos hul
was toe hul op skool was. √ 1
Ja.
Cavernelis se dood maak dit vir Blanchie en Map moontlik om ʼn
verhouding/toekoms te probeer bou sonder die druk van ʼn ontevrede pa./Map
en Blanchie verkry Antie Grootmeisie se vergifnis en kan hul nuwe lewe saam
begin.
OF
Nee.
Map en Blanchie is steeds uitgelewer aan die Apartheidregering en politieke
omstandighede van die dag waaruit hul nie kan ontsnap nie. √ 1
Die kandidaat bied enige soorte gelyke antwoord vir EEN punt aan.
15.11 Blanchie het altyd net die goeie/mooi in Map/Johnnie gesien./Blanchie is lief
vir Johnnie./Blanchie besef Map is Map omdat politieke omstandighede
Johnnie in ʼn Map verander het, maar sy weet hy is eintlik net die goeie
Johnnie. √ 1
Ja.
Sy het haar prostitusie-aktiwiteite beëindig en weer ʼn skoon/rein lewe
nagejaag./Sy het by Map vergifnis gesmeek vir haar prostitusie-aktiwiteite
sodat sy ʼn skoon/rein lewe kan najaag. √ 1
15.12 Caverneis pleeg net hierna selfmoord. √ 1
Blanchie se modelkontrak in Parys was Cavernelis se laaste hoop om sy
gesin uit die township te kry, en toe sy die nuus kry dat die modelkontrak deur
die mat geval het, was Cavernelis verpletter. √ 1
Toe Blanchie en Maud handgemeen raak, het Blanchie uit moedeloosheid
geuiter dat (dit) alles Cavernelis se skuld is. Die woorde het hom moontlik
finaal geknak. √ 1
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
26 AFRIKAANS HUISTAAL (EC/SEPTEMBER 2019)
MIS – Reza de Wet
VRAAG 16: MIS – Reza de Wet – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Miem ondergaan nie karakterontwikkeling nie, want haar bestaan word
gekenmerk deur haar kortsigtigheid – wat tot haar eie verdriet aanleiding gee.
Miem bied geen vryheid aan Meisie nie en deur die loop van die drama is dit
duidelik dat sy nie bereid is om toegewings ten opsigte van Meisie se vryheid
(sirkus, ens.) te maak nie.
As bewaker van Meisie se sedes, het sy ʼn negatiewe uitwerking op haar dogter
se ontwikkeling.
Miem is selfsugtig in haar optrede om haar man uit die solder te lok en wil
haar dogter as troefkaart gebruik deur ʼn verhouding te forseer – wat haar dan duur
te staan kom.
Miem het die geleentheid om sekere insigte te toon om haar dogter in ʼn mate
tegemoet te kom, maar sy weier en lei so haar dogter in die Konstabel se arms in.
Miem het geen begrip vir menslike verskille nie en ervaar die mense van die
sirkus as “rondlopers” en “kwaaddoeners”.
Miem kies om die vrees in haar huis lewend te hou, want sy wil Meisie inperk en
naby aan haar hou eerder as om bevry van vrees en angs te lewe.
Meisie ondergaan totale karakterontwikkeling, want sy breek los uit haar
benouende omstandighede.
Meisie is aanvanklik die onderdanige dogter wat haar ma help om missakke te
stop en gehoor te gee aan al haar ma se opdragte.
Meisie smag na vryheid en vind die sirkuswêreld opwindend, maar wanneer
haar ma die sirkus as negatief afmaak, prikkel dit haar nuuskierigheid terwyl dit
haar ook bang maak – want sy is geleer ‘om te dink is om te doen’.
Vreemde mense, vreemde en nuwe dinge en ervarings lok Meisie deurgaans
en sy smag na die vryheid wat dit kan bring as sy saans agter slot en grendel sit en
werk uit vrees vir die skelms wat, volgens haar ma, buite rondloop.
Meisie besef eindelik dat vryheid sterker is as vrees wanneer Konstabel in die
gedaante van ʼn sirkusnar die venster oopmaak sodat sy die musiek kan hoor.
Meisie se wilskrag is eindelik ondergeskik aan haar strewe na vryheid en
opwinding en sy besef sy wil losbreek uit hierdie benouende omstandighede wat
haar ma geskep het.
Meisie word ʼn gewillige marionet wat dan soos ʼn gelukkige vlinder by die
deur uitdans – ʼn teken dat sy haar vryheid opeis en nie verder onder haar ma se
invloed gaan lewe nie.
Meisie het opgestaan teen haar ma en tot insig gekom dat haar vryheid aan
haar behoort – en sy kon haar hart volg om dit te gaan soek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 27
Konstabel ondergaan nie karakterontwikkeling nie, want hy is van begin tot
einde slu en berekend in sy optrede om Meisie te manipuleer.
Konstabel doen hom voor as ʼn man van die gereg wat die vrouens teen
onheil kan beskerm, maar hy weet hoe om hul te manipuleer.
Konstabel gaan takties te werk om Meisie na sy pype te laat dans, want hy
weet waaroor om met haar te gesels om haar subtiel vir sy slinkse plan oor te
wen.
Konstabel is sjarmant en weet hoe om Miem en Gertie te beïndruk om
eindelik sy plan te laat slaag.
Konstabel kom nie tot insig dat dit wat hy besig is om te doen, nie reg is
nie. Hy voer sy slinkse plan deur en lei Meisie die huis uit waar hy haar moontlik
ook soos sy vorige slagoffers sal afmaai.
Konstabel is agterbaks en toon geen berou vir sy dade nie – wanneer Meisie
by die deur uitdans, kyk hy vinnig terug na die gaasdeur, en verdwyn dan die
donker in.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
OF
VRAAG 17: MIS – Reza de Wet – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
17.1 31 Augustus 1936 √ 1
Meisie vertel vir Konstabel van die aand wat sy (deur die venster geklim het
en) die sirkus besoek het. √ 1
17.2 Meisie is onderdanig./gehoorsaam √ 1
Hulle vul goiingsakke met mis wat hul (as enigeste inkomste) verkoop. √ 1
17.3 Die wind skep spanning/dra tot ʼn onheilspellendheid by./beklemtoon die
mistroostige omstandighede. √ 1
17.4 Elke jaar op 31 Augustus verdwyn daar meisies in die dorp op ʼn 1
onheilspellende wyse. √
Rienie / Sannie √ 1
17.5 Die konstabel kom in hierdie gedeelte by Miem-hulle se huis aan. √ 1
17.6 Miem laat ʼn vreemde man in haar huis in.
Dit lei tot haar smart as Meisie die volgende slagoffer/verdwene word.
Miem laat haar man gelate wegkom deur sy dakvlugtery goed te praat.
Sy maak daarom ʼn groter slaaf van Meisie wat haar drang om te ontvlug,
groter maak.
Miem besing Meisie se lof by Konstabel.
Sy verkoop haar dogter indirek uit wat tot Meisie se wegraping lei. √√√√ 4
Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke voorbeelde en TWEE bewyse
dat dit haar duur te staan kom vir EEN punt elk aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
28 AFRIKAANS HUISTAAL (EC/SEPTEMBER 2019)
17.7 Ja.
Die leser het nie verwag dat die blinde Konstabel eintlik kan sien nie en die
vrouens om die bos gelei het nie. √ 1
17.8 Meisie beleef konflik omdat sy nie na die sirkusmusiek mag luister nie, maar
sy vind dit aanloklik. √ 1
Meisie beleef innerlike konflik omdat sy weet dat sy nou teen haar ma se
wense/reëls optree, maar sy kan die moontlikheid van vryheid nie
weerstaan nie. √ 1
Nee, die konflik is nie opgelos nie, want dit dryf haar om te ontvlug. √ 1
Die kandidaat moet albei kante van die konflik vir EEN punt wys.
17.9 Meisie besef eindelik dat vryheid sterker is as vrees wanneer Konstabel in
die gedaante van ʼn sirkusnar die venster oopmaak sodat sy die musiek kan
hoor. √ 1
Meisie se wilskrag is eindelik ondergeskik aan haar strewe na vryheid en
opwinding en sy besef sy wil losbreek uit hierdie benouende omstandighede
wat haar ma geskep het. √
Ja, dit is geregverdig, want sy was vasgevang. 1
OF
Nee, dit is nie geregverdig nie, want sy kan op ander maniere haar vryheid
bekom. √ 1
Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk
aan.
17.10 Ja.
Konstabel se optrede wys dat bevrydeing uit benouende omstandighede
beslis moontlik is. √ 1
Konstabel se optrede bied aan Meisie die geleentheid tot
transformasie/tydelike ontsnapping wat by die groter tema van ontvlugting
aansluit. √ 1
17.11 Ja.
Sy het ontsnap van haar ma se houvas.
OF
Nee.
Sy is Konstabel se volgende slagoffer en gaan moontlik binnekort sterf. √ 1
17.12 Mis verwys na die mis waarmee die goiingsakke gevul word. √ 1
Miem/Die vrouens kyk die gevaar wat Konstabel inhou mis. √ 1
Miem mis haar man wat in die solder bly. √ 1
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019)
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V2 29
AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 5–6 4 3 2 0–1
Interpretasie van ˗ Diepgaande ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die
onderwerp interpretasie van onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie.
Diepte van argument, onderwerp. onderwerp goed onderwerp. die onderwerp. ˗ Geen verwysing na die
verantwoordbaarheid en ˗ Reeks treffende geïnterpreteer. ˗ Enkele goeie punte ˗ Byna geen punte gedig nie.
insig in teks argumente wat ˗ Respons redelik ter ondersteuning wat die onderwerp ˗ Leerder het nie die
behoorlik uit die gedig gedetailleerd. van die onderwerp. ondersteun nie. genre en gedig onder
6 PUNTE gerugsteun is. ˗ Enkele deeglike ˗ Enkele argument ˗ Onvoldoende die knie nie.
˗ Uitstekende begrip argumente gegee, word ondersteun, begrip van genre
van die genre en maar nie almal ewe maar bewyse nie en gedig.
gedig. goed gemotiveer nie. altyd oortuigend nie.
˗ Begrip van genre en ˗ Basiese begrip van
gedig duidelik. genre en gedig.
4 3 2 1 0–1
STRUKTUUR EN TAAL
Struktuur, logiese vloei ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur en ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Struktuur swak.
en aanbieding struktuur. logiese vloei van struktuur. tekens van swak ˗ Ernstige taalfoute.
Taalgebruik, toon en styl ˗ Argumente goed argument. ˗ ʼn Goed beplanning. ˗ Foutiewe styl.
gebruik in opstel gestruktureer en daar ˗ Vloei van argument gestruktureerde ˗ Argumente nie
is duidelike kan gevolg word. logiese vloei en logies gerangskik
4 PUNTE ontwikkeling. ˗ Taalgebruik, toon en samehang ontbreek nie.
˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek. in die opstel. ˗ Taalfoute
styl is volwasse, dit ˗ Geringe taalfoute; beduidend.
beïndruk en is korrek. toon en styl meestal ˗ Toon en styl nie
˗ Grammatika, spelling gepas. geskik nie.
en punktuasie feitlik
foutvry.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
30
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL (EC/SEPTEMBER 2019)
AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3
˗ Uitsonderlike respons: ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die
Interpretasie van 14–15 onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie.
onderwerp ˗ Uitstekende respons: onderwerp goed onderwerp; nie alle die onderwerp: ˗ Swak poging om die
Diepte van argument, 12–13 geïnterpreteer. aspekte in detail byna geen aspekte vraag te beantwoord.
verantwoordbaarheid en ˗ Diepgaande ˗ Respons redelik ondersoek nie. in detail ondersoek ˗ Argumente oortuig nie.
insig in teks interpretasie van gedetailleerd. ˗ Enkele goeie punte nie. ˗ Leerder het nie die
onderwerp. ˗ Enkele deeglike ter ondersteuning ˗ Min punte wat die genre en teks onder
15 PUNTE ˗ Reeks treffende argumente gegee, van die onderwerp. onderwerp die knie nie.
argumente wat maar nie almal ewe ˗ Enkele argumente ondersteun.
behoorlik uit die goed gemotiveer nie. word ondersteun, ˗ Baie min relevante
roman/drama ˗ Begrip van genre en maar bewyse nie argumente.
gerugsteun is. teks duidelik. altyd oortuigend nie. ˗ Weinig begrip van
˗ Uitstekende begrip ˗ Basiese begrip van genre en teks.
van die genre en teks. genre en teks.
STRUKTUUR EN TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur. ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Gebrek aan beplande
Struktuur, logiese vloei struktuur. ˗ Logiese vloei van struktuur. tekens van swak struktuur belemmer
en aanbieding ˗ Uitstekende inleiding argument. ˗ Logika en samehang beplanning. vloei van argumente.
Taalgebruik, toon en styl en slot. ˗ Inleiding, slot en ander is duidelik, maar met ˗ Argumente nie ˗ Taalfoute en foutiewe
gebruik in opstel ˗ Argumente goed paragrawe foute. logies gerangskik styl laat hierdie
gestruktureer en daar samehangend ˗ Enkele taalfoute; nie. skryfstuk misluk.
10 PUNTE is duidelike georganiseer. toon en styl meestal ˗ Taalfoute ˗ Styl en toon nie geskik
ontwikkeling. ˗ Taalgebruik, toon en gepas. beduidend. nie.
˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek. ˗ Paragrafering ˗ Toon en styl nie ˗ Paragrafering foutief.
styl is volwasse, dit meestal korrek. geskik nie.
beïndruk en is korrek. ˗ Paragrafering
foutief.
VERSPREIDING VAN 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2016 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2014 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper