NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2019
AFRIKAANS HUISTAAL V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 70
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2019 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2019, 9 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 456.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2019
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)30 marks
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
AFDELING A: LEESBEGRIP
Nasien van die leesbegrip:
Die fokus is op die begrip van die leesstuk. Spel en taalfoute word nie nagesien
nie, tensy dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute
moet wel aangetoon word.)
Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE of EK STEM SAAM/EK
STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
aanhalingstekens ontbreek nie.
Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ʼn volsin gee, is dit
korrek mits die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig
word.
Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee ʼn hele
reeks, word slegs die twee of drie feite/punte nagesien.
Indien die kandidaat woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin die
vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord
sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
Die nasien van ʼn aanhaling vereis dat die aanhaling 100% korrek aangehaal
moet word.
Aanvaar dialektiese variasies.
VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik
nie.)
Vraag Antwoord Punt
1.1 “uitgeleef in strokiesprente” √ 1
1.2 Spotprente, strokiesprente ontstaan deur ʼn gedagte en word deur ʼn
potlood geskep. √
(Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan.) 1
1.3 Spotprente spreek ons sosiale gewete aan deurdat ons lag vir mense se
foute, √ terwyl strokiesprente ons fantasieë en drome blootlê. √ 2
1.4 Hy het as kind sonder televisie grootgeword. √ 1
1.5 Die Adoonse se kaskenades was 24 jaar lank in die Huisgenoot. √
Die Adoonse het in boekvorm verskyn. √
Dit is vir radio en televisie verwerk. √ 3
1.6 Beide het bekendheid as spotprentkunstenaars verwerf. √
Ek sou Honiball kies omdat ek van bobbejane/die natuur hou./
Ek sou Mouton kies omdat ek van onvoorspelbaarheid hou/hy bekendes in
sy spotprente gebruik.
(Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir die TWEE punte aan.) 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3
1.7 Jeffreys sê dat Mouton se werk nie voorspelbaar/of vervelig is nie. √ 1
Ja.
Dit kan as geloofwaardig beskou word aangesien hy reeds met verskeie
groot toekennings bekroon is./
OF
Ja.
Jeffreys is ʼn voormalige redakteur van Die Burger, het nou saamgewerk
met Mouton, en weet dus waarvan hy praat. √ 1
1.8 Mouton gebruik graag spraakborrels met die woorde in hoofletters. √
Hy is ʼn ervare kenner wat snaaksighede/wyshede gebruik, √
om sy karakters in hul eiesoortige streekstaal te laat praat. √ 3
1.9 Nee.
Hy doen uitdagende werk, veral wat die politici woedend maak, en word nie
daardeur van stryk gebring nie. √
Zapiro se toekenning is vir Dapperheid in Redaksionele Spotprentwerk,
terwyl Mouton die Spotprentkunstenaar van die Jaar asook ʼn medalje vir
Kreatiwiteit in Joernalistiek verwerf het.
(Kandidaat moet beide die verskille in toekennings aandui vir EEN punt.
Die kandidaat bied soortgelyke antwoorde aan vir EEN punt elk.) 2
1.10 Sy glo ook dat dit kommentaar lewer op dwaashede en morele foute van
openbare gesagsfigure, skandale en belangrike gebeure op plaaslike en
internasionale gebied. √
Ek verkies spotprente aangesien dit my met een oogopslag die boodskap
gee. √/
OF
Ek verkies strokiesprente aangesien ek hou van droom en fantaseer en
meer hou van ʼn langer ‘storie’. √
(Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan wat sy motivering
verduidelik.) 2
1.11 Eenvoud en ekonomie wat betref die styl en woorde √/
idiome √/
simboliek √/
volksgrappe √/
woordspel √/
stereotipes √
(Enige VIER van bogenoemde.) 4
1.12 Amerikaanse karakters (Dagwood, Garfield, Charlie Brown) het in verskeie
ander plaaslike koerante verskyn en het so wêreldbekendheid verwerf. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
1.13 Ja. √
Dit verbreek die stilte oor taboe onderwerpe en laat mense anders na
dinge kyk.
OF
Nee. √
Dit kan lei tot ʼn vervlakking van morele waardes en norme. 1
1.14 Hy lyk bekaf omdat sy kop en ore hang, sy oë is ook wyd oopgesper asof
hy dit nie kan glo nie. 1
1.15 Sy bedoel dat hulle met die noodsaaklikste moet oorleef omdat hul
betaaldag/wanneer hulle weer hul salaris kry, nog ver is./
Hulle braai nie vleis nie, nie omdat bek-en-klouseer uitgebreek het nie,
maar omdat hulle nie geld het vir vleis nie. 1
(Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan vir EEN punt.)
1.16 Die woorde is vetgedruk. √
Die woorde word herhaal. √
Deur woordspeling. √
(Enige EEN van bogenoemde.) 1
1.17 Die spotprent wys hoe lief sommige Suid-Afrikaners is vir braai en tot
watter uiterste hul sal gaan/dui op giere. √
Die spotprentkunstenaar het gebruik gemaak van stereotipering/idiome/
oordrywing/woordspel/volksgrappe/belangrike gebeure plaaslik en
internasionaal. √ 2
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Nasien van die opsomming:
Tydens die nasien van die opsomming is die insluiting van geldige feite en die
uitsluiting van irrelevante feite belangrik.
Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ʼn
opskrif/titel te voorsien nie.
Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie,
word die eerste opsomming nagesien.
Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
Indien ʼn kandidaat meer as een paragraaf skryf, sien slegs die eerste paragraaf
na.
Punte word soos volg toegeken:
o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
o 3 punte vir taal
o Puntetotaal: 10
Verspreiding van taalpunte wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal
het nie:
o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe
Verspreiding van taalpunte wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het:
o 6–7 direkte aanhalings: ken geen taalpunte toe nie
o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe
LET WEL:
Tel van woorde:
o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui
het nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
o As die vereiste getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die
getal woorde oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
o Korter opsommings wat die vereiste wenke bevat, mag nie gepenaliseer
word nie.
LET WEL: Kandidate mag nie afkortings gebruik in hul opsommings nie, maar
indien dit in die opsomming voorkom, word elke afkorting getel
volgens die getal woorde wat dit voorstel.
Antwoord: Die volgende feite MOET in PARAGRAAFVORM aangebied word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
Aanhalings uit die teks: Eie woorde:
1 Raak sosiaal ... deur A Raak sosiaal deur vaslêgroepe te
vaslêgroepe ... stig.
2 Dis baie belangrik om te oefen B Wees aktief saam met vriende wat
tydens die eksamen ... wees saam met jou studeer.
aktief ...
3 ... skryf ʼn “oefen-eksamen’... C Skryf “oefen-eksamens” en werk
deur ou vraestelle deur te so deur ou vraestelle waarna julle
werk en mekaar s’n te merk ... mekaar se vraestelle merk.
4 Gebruik visuele voorstellings D Deur jou werk visueel uit te beeld,
om jou werk meer toeganklik kan dit meer toeganklik gemaak
te maak. word.
5 Spanning en angs kan jou E Beveg spanning en angs deur op
kelder, ... fokus dus op jou jou asemhaling te fokus en dit reg
asemhaling deur dit te oefen. te beoefen.
6 Sien dinge in perspektief. F Sien dinge in perspektief deur te
fokus op die vraestelle wat nog
voorlê.
7 Jy moet beheer neem van jou G Besluit dat jy wel in beheer is van
studietyd ... hou by jou jou studietyd.
skedule ...
(75 woorde)
MOONTLIKE PARAGRAAF
Raak sosiaal met vaslêgroepe. Wees aktief saam met vriende wat saam met jou
studeer. Skryf oefen-eksamens en merk mekaar se antwoorde. Deur jou werk
visueel uit te beeld, kan dit meer toeganklik gemaak word. Beveg spanning en
angs deur op jou asemhaling te fokus en dit reg te beoefen. Sien dinge in
perspektief en fokus op die vraestelle wat nog voorlê. Besluit dat jy in beheer is
van jou studietyd en hou by jou skedule.
Getal woorde: 75
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3
Nasien van hierdie afdeling:
Spelling:
o Eenwoord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout
in die taalstruktuur getoets word.
o Waar ʼn afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word
soos in die instruksie aangedui.
Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
aanhalingstekens ontbreek nie.
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Vraag Antwoord Punt
3.1 Taal vorm verhoudings tussen mense ongeag hul kultuurverskille en skep
so ʼn band. √ 1
3.2 Verhoudinkies √ 1
3.3 Baie √ 1
3.4 Samestellende afleiding √
Gevolg/resultaat √ 2
3.5 Dit skep aandag op die belangrike deel/verklaring wat volg. √ 1
3.6 op pad √ 1
3.7 Daarom √ 1
3.8 Taal is onlosmaaklik verbind aan ʼn mens se verlede sowel as jou
toekoms. √ 1
3.9 Aarts dui op opperste / eerste √ 1
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Vraag Antwoord Punt
4.1 Hulpwerkwoord van tyd √ 1
4.2 Hierdie onderbroke gesprek irriteer my vreeslik./
Hierdie onderbroke les maak dat ek niks verstaan nie. √ 1
4.3 Jý √ 1
4.4 Wag, gou, Mavis./
Wag net ʼn oomblik, Mavis./
Net ʼn oomblik, Mavis./
Verskoon my, Mavis. 1
4.5 Verstekeling √ 1
4.6 Ja, die persoon lyk baie tevrede/ingenome met haarself/asof sy seker is
van haar saak. √ 1
4.7 Waar sal nou deur hulle weggekruip word? √ 1
4.8 Ek is steeds nie seker oor ʼn vrouebestuurder wat kougom kou nie./wat
blonde hare het nie. √
Die kandidaat bied ʼn eie gepaste byvoeglike bysin vir EEN punt aan. 1
4.9 Twyfel/onsekerheid/bevooroordeeld √
Seksisme √ 2
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9
VRAAG 5
Vraag Antwoord Punt
5.1 ei skoonheid √ 1
5.2 litteken √ 1
5.3 Pleonasme/woordoortolligheid (stukkende gebrokenheid) √ 1
5.4 Japannese/Japanners √ 1
5.5 Ek moet my klere laat verstel na die vakansie, want ek het soveel gewig
opgetel! √ 1
5.6 poeier √
babapoeier/lyfpoeier/voetpoeier √ 2
5.7 Maar √ 1
5.8 ander √ 1
5.9 konnotatief √ 1
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2014 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2013 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2012 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper