Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 12201932 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019, 32 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2019

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2019 AFRIKAANS HUISTAAL V2 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur *AFRHL2* Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye.
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds- opgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil doen. Neem die voorskrifte by elke vraag in ag. 3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Roman (25) AFDELING C: Drama (25) 4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B en EEN uit AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA) Beantwoord SLEGS die vrae van die roman en drama wat jy bestudeer het. Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. Indien jy die opstelvraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. Indien jy egter die kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou met jou keuses te help. 6. LENGTE VAN ANTWOORDE Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300 woorde. Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk. Die lengte van die kontekstuele antwoorde word deur die puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord die vrae bondig en relevant. 7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3 9. Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 10. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2019) INHOUDSOPGAWE Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele vraestel deur te lees. AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. “Nog in my laaste woorde” Opstelvraag 10 6 2. “ʼn vigslyer sterf” Kontekstuele vraag 10 7 3. “Versagtende omstandighede” Kontekstuele vraag 10 8 4. “ʼn brief van hulle vakansie” Kontekstuele vraag 10 9 EN Ongesiene gedig: Verpligtend 5. “Totsiens” Kontekstuele vraag 10 11 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.* 6. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 12 7. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 12 8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 14 9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 14 10. Vatmaar Opstelvraag 25 16 11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 16 12. Onderwêreld Opstelvraag 25 18 13. Onderwêreld Kontekstuele vraag 25 19 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.* 14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 22 15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 22 16. Mis Opstelvraag 25 24 17. Mis Kontekstuele vraag 25 25 Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. *LET WEL: Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae beantwoord NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5 KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord het. AFDELING VRAAG- GETAL VRAE MERK( ) NOMMER BEANTWOORD A: Gedigte (Voorgeskrewe gedigte) 1–4 2 A: Gedigte 5 1 (Ongesiene gedig) B: Roman 6–13 1 (Opstel of kontekstuele vraag) C: Drama 14–17 1 (Opstel of kontekstuele vraag) LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2019) AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: OPSTELVRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg. Nog in my laaste woorde – N.P. van Wyk Louw 1 Nog in my laaste woorde sal jy wees, 2 nog in die laaste skeemring van my dink 3 en weet, as ek alleen in die bitter vrees 4 van sterwe lê, en al die mindre sink 5 in my deur vaal vergetelheid: veel haat, 6 veel liefde wat kon waag om min te vra, 7 ure wat rus geken’t, of blote daad, 8 en nie die teken van jou onrus dra, 9 o jy wat vlam was: skoon en sterk en blind 10 vir smart; wat alles tot jou beeltnis brand; 11 wat áls kon eis en nooit volkome vind 12 versadiging! Dán weet ek het jou hand 13 my jeug se oopgelate kring voltooi: 14 mooi is die lewe en die dood is mooi. [Bron: Die halwe kring, 1937] Hierdie gedig is ʼn liefdesverklaring waarin die spreker ook tot bepaalde insigte omtrent die lewe en die dood kom. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 250–300 woorde. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. ’n vigslyer sterf – Vincent Oliphant 1 die takelwerk word afgetakel 2 stadig sien sy geliefdes hom inplof 3 die bekende vlees na binne stort 4 hulle sien hom steeds stof word 5 iets wil huil oor die bros vel 6 wat soos dun seil oor brose stokke lê 7 oor die mond wat iets wil sê 8 die gewig van lug 9 is vir die hand te swaar 10 die lyf 11 nou klein en seer 12 het byna alles reeds verleer 13 net die oë bly groter staar 14 soek na raad teen al die skade 15 na die genade van sag gaan 16 na verstaan [Bron: Poësiepalet] 2.1 Benoem die halfrym in versreël 2 en motiveer hoekom dit funksioneel is. (2) 2.2 Motiveer hoekom inplof in versreël 2 ʼn funksionele woord is om die agteruitgang van die vigslyer te beskryf. (1) 2.3 Benoem die soort rym in strofe 1 en sê hoe die rym tot die ernstige stemming in die gedig bydra. Haal ook ’n woord uit strofe 1 aan wat dié stemming in die gedig ondersteun. (3) 2.4 Wat, dink jy, sou die vigslyer moontlik in versreël 7 sê as jy die slotstrofe in gedagte hou? (1) 2.5 Watter kenmerk van die vigslyer kom in versreël 9 na vore en wat impliseer versreël 12 omtrent die vigslyer? (2) 2.6 Waarom gebruik die spreker ʼn eufemisme in versreël 15? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2019) VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Versagtende omstandighede – Peter Snyders 1 Oe Here, ek hoor dis so wonnerlik 2 innie hiemel, 3 maa Here, vergiewe, 4 die hiemel issie my soort liewe, 5 ek hou van sing en harpmusiek 6 maa ek sal lugsiek kry as ek moet vlieg. 7 En Here, dit sal hel vi my wies 8 om met niks-doen myself elke dag te vervies; 9 en sover dit die goudstrate 10 en pearly-gates betref, 11 wat baat dit? 12 Klip en teer is veels meer werd. 13 Maa Here, hou my baas asseblief tog daa 14 want waa hy nie kan exploit nie 15 is hy tog te naar; 16 en hou hom dop want sonner om te aarsel 17 sal hy stilletjies, agteraf, die engeltjies martel. 18 Ja, Here, ekket my foutjies oek 19 en waar amil perfek is 20 sal ek heeldag vloek, 21 want volle perfection en contentment 22 sal my torture tot binne-in my fonnement. 23 En dan boenop hoor ek 24 seks is yt – 25 soe stuur my aire hel toe 26 of waar ek my talent kan gebryk. 27 En as ek te goed is 28 om gebraai te word 29 laat my lieweste trug kom, Lord 30 as kunstenaar na ʼn land 31 in ʼn historiese tyd – 32 soos Suid-Afrika, 33 waar ek kan teer 34 op ʼn tesamebeleid. 35 En tussen die revolutions 36 (hou my aanie underdog se kant) 37 sorg dat ek by Florrie 38 (vroeër mevrou Soetwater) 39 voorit te laat is, beland. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9 40 Laat my dan liewer hier 41 oppie aarde ly 42 as om vir iewag in u 43 grafstienhiemel te bly. [Bron: ’n Waarskynlike mens, 1992] 3.1 Benoem dié soort spotdig. (1) 3.2 Die gebruik van assimilasie in die gedig is baie funksioneel. Motiveer hierdie stelling. Gee ook enige TWEE redes waarom hierdie gedig ʼn vrye vers is. (3) 3.3 Verduidelik die ironie van die paradoks in strofe 2 asook in die titel van die gedig. (2) 3.4 Verklaar die funksie van die aandagstreep in versreël 24. (1) 3.5 Haal TWEE bewyse uit die gedig aan wat die spreker se selfsug en eiegeregtigheid beklemtoon. (2) 3.6 Hoe dra die slotreël tot ʼn moontlike veranderde stemming in die gedig by? (1) [10] VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. ʼn brief van hulle vakansie – Breyten Breytenbach vir oubaas: 1 Noudat ek uitgeswel van lyf is kan ek treur 2 oor die eelte van my vader, die lugoë van my ma, 3 die skamel offerandes van hulle gebede as hulle my 4 op die knieë van hul Gij Here God lê; 5 1. noudat ek agter ʼn baard kou kan ek huil 6 2. as hulle snags my naam fluister met die ruite 7 3. donker knippende oë in die wind, oor die visolie 8 4. vir my griep, die ingelegde perskes (albertas) op die rak 9 5. In sy sestigste jaar swem my pa in Stilbaai se see 10 6. en stap myle ver oor die sand met sy reguit bene 11 7. in ’n kortbroek en speel krieket op die duine 12 8. en eet alikreukels in die Sea View-losieshuis 13 9. want hys ʼn bokser dokter boer 14 ’n kaptein en ’n held ʼn indoena tussen grysaards – 15 En as die reën soos ʼn gesluierde bruid oor die see kom Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 16 word die lieflinghond (Trixie) lam; 17 drie dae veg die veearts en buig dan die knie 18 en hulle dra die lyk terug na Kafferskuilsrivier 19 die plaas van hulle jong liefde en plant die saad 20 ʼn soenoffer in die diep grond se skoot 21 want nou is hulle minnaars 22 stil bome in die najaar met die wind 23 strelende drome in die takke 24 onder komete leeftye lang wêrelde 25 My ooms sterf soos kapok in die son 26 hartaanval beroerte kanker en tering 27 en my pa word stiller en meer verskriklik 28 van dop tot dop 29 Hier waar die harde winters en nat somers 30 my lyf ongenaakbaar skil, treur ek oor 31 die soet hart van my moeder 32 en my pa se stil en bitter krag [Bron: die ysterkoei moet sweet, 1964] 4.1 Watter woord in die gedigtitel dui ʼn geografiese afstand en verwydering tussen die spreker en sy ouers aan? (1) 4.2 Wat is die funksie van die subtitel in die gedig? Sê ook watter stemming uit die naamgewing in die subtitel spreek. (2) 4.3 Watter woord in strofe 1 ondersteun die elegie? (1) 4.4 Gee TWEE moontlike betekenisse van die nuutskepping in versreël 2. (2) 4.5 Benoem die stylfiguur in versreël 5. (1) 4.6 Motiveer dat versreël 31 en 32 die hoogtepunt van die gedig is. Sê ook wat die tema en die boodskap van die gedig is. (3) [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Totsiens – Ronel Scheffer 1 Die kil middaglig sif neer. 2 Stip stil dryf die dag, 3 eindelose is suis, 4 verleë soos kinders trek ons die deure toe: 5 hier was ons. 6 Son skyn en maak lig so fyn – 7 waar is die dromende hande, 8 o die soet monde vorm vrese na, 9 ʼn plat skyf seil sierlik deur die lug, 10 die skif maan bring bitter herinneringe. 11 Die middag vreemd en hard 12 soos pyn aan die einde. [Bron: nuwe stemme 3, 2005] 5.1 Watter stemming heers in versreël 1 en 2? (1) 5.2 Benoem die halfrym in versreël 2 en verklaar die funksie daarvan. (2) 5.3 Gee die konnotatiewe betekenis van dromende hande in versreël 7. (1) 5.4 Verklaar die letterlike betekenis van skif in versreël 10 en sê hoekom die maan moontlik bitter herinneringe vir die spreker kon oproep. (2) 5.5 Wat word die strofe wat uit versreëls 11 en 12 bestaan, genoem? Benoem en verklaar die beeldspraak in dié slotstrofe. (3) 5.6 Hoekom is die punt aan die einde van die gedig funksioneel? (1) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2019) AFDELING B: ROMAN Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestu- deer het. DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag). VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG Elsa, Kara en Ma Els ondergaan deur die loop van die roman geen, gedeelteli- ke of algehele karakterontwikkeling. Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25] VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A 1 “Goeiemiddag,” het hy gesê en sy hand uitgesteek. 2 Haar oë het vernou; miskien het sy die familie-ooreenkoms raakgesien 3 “Ja?” het sy gesê sonder om die deur wyer oop te maak. 4 Hy het homself voorgestel. “Peter se broer,” het hy bygevoeg. 5 “Ja?” het sy weer gesê, 6 “Ek wil graag met jou gesels.” 7 “Weer oor die brief?” 8 “Wel, ja …” 9 “Daar’s niks om te sê nie. Julle hoef julle nie oor my te bekommer nie.” 10 “Dit was Peter se laaste wens.” 11 “Hoe weet jy dit?” het sy gevra en gelag. “Julle prokureur het my die 12 brief gewys, daar’s geen datum op nie. 13 “Maar sy voornemens is nie te betwyfel nie.” 14 Sy het gesug en die deur wyer oopgemaak. “Kom binne. Ek is nie lus 15 vir baklei nie.” Sy het voor hom uitgeloop na die oop kombuis. “Kan ek vir 16 jou koffie skink?” 17 Hy het wantrouig na die koffiemasjien geloer, op sy hoede vir die 18 oorredingskrag daarvan. “Ja dankie.” 19 Sy het in ’n harde, regop stoel gaan sit ná sy vir hulle geskink het. “Ek 20 het heeldag al die verskriklikste rugpyn,” het sy bely. “Weet nie waarvan 21 nie. Ek het tog nie swaar meubels rondgestoot nie. 22 Hy het opgemerk dat sy mooi bene het. (Mooier as myne, 23 vanselfsprekend.) En hy moes toegee dat sy wonderlike koffie maak. “Ek 24 het gedink ’n trustfonds sou die beste wees,” het hy abrup gesê. “Vir die 25 kind. Sy skoling, studies, mediese uitgawes. Dis die minste wat ons kan 26 doen.” 27 Hy was gefassineer deur haar. 7.1 Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13 7.2 Gee die naam van die man en die vrou wat in hierdie uittreksel met me- kaar in gesprek is. Watter rol vervul hierdie vrou ten opsigte van die hoof- karakter in die roman? (3) 7.3 Watter karaktereienskap van dié vrou kom in reël 9 na vore? Motiveer met TWEE voorbeelde uit die roman dat Iris dieselfde standpunt as dié vrou se onderstreepte woorde in reël 9 aanneem. (3) 7.4 Herlees reël 17–18. Hoekom loer die man wantrourig na die koffiemasjien? (1) 7.5 Watter soort verteller is in reël 22 aan die woord? Sê wat die rol van die verteller in dié spesifieke reël is en gee ʼn voordeel en ʼn nadeel van hier- die soort verteller in reël 27. (4) 7.6 Hierdie uittreksel verteenwoordig een van die twee verhaalvlakke van die roman. Noem die ander verhaalvlak waarop Die kwart-voor-sewe-lelie afspeel. (1) EN TEKS B 1 “Ek het jou al vertel van my naam,” het ek gesê toe ek die stilte nie 2 langer kon verduur nie. “En dat ek glo ek sal eenkeer blom. Nou, soos ek 3 dit sien … wie sê dis nie nou my kans nie?” 4 “Jy’s dwaas,” het die Engel met ’n lae stem gesê, 5 Ek was sommer ergerlik. “Ag, bly stil.” 6 Peter het seergemaak gelyk. “Ek het nie ʼn woord gesê nie.” 7 “Ek het nie met jou gepraat nie.” 8 “Met wie dan?” 9 Ek het koppig geswyg en die bestuurder se oog in die spieëltjie gevang. 10 “Where’re you folks from?” het hy gevra. 11 Suid-Afrika,” het ek skerp gesê. 12 “Weird language,” het hy gesê, “What is it?” 13 “Afrikaans.” 14 “Jou ouers moes jou nooit Iris gedoop het nie,” het Peter skielik 15 losgetrek. “Hulle moes jou Anna of Marie genoem het.” 16 “Ken jy ʼn Marie?” het ek gevra toe ek skielik van my droom onthou. 17 “Nee, dit was net ʼn voorbeeld. As jou naam Marie was, het jy nie so 18 vol idees rondgeloop nie.” 19 “Dis nie net die naam nie, dis my lewensfilosofie. Kara blom van sy 20 haar Claude gekry het. Elsa blom …” Daar het ek my vasgeloop. 21 “Ja?” het hy my aangehits. “Waar blom sy? In die kombuis waar sy 22 haar vrieskas alfabeties georganiseer het, skaapvleis voor varkvleis en 23 beesvleis heel eerste?” 24 “Ek weet nie. Maar kyk nou maar na my pa van hy op die plaas is en 25 Ma …” 26 “Ja?” het hy gekoggel. “Jou teorie is net op elke tweede mens van 27 toepassing. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 7.7 Gee DRIE betekenisse wat aan Iris se naam gekoppel kan word. (3) 7.8 Watter implikasie hou die romantitel vir Iris se naam in? (1) 7.9 Herlees reël 4. Watter rol vervul die Engel hier in Iris se lewe? Noem enige EEN ander rol wat die Engel in Iris se lewe vervul. (2) 7.10 Watter waardevolle raad gee die taxibestuurder aan Iris omtrent haar naam en hoe help hy haar om haar gevoel van buitestanderskap op te hef? (2) 7.11 Watter karaktereienskap van Iris in reël 16 van TEKS B sluit aan by Iris se karakterbeelding in TEKS A? Watter positiewe gevolg hou hierdie karaktereienskap vir Iris se menswees in? (2) 7.12 Noem EEN nadeel wat Iris se lewensfilosofie vir haar inhou. Hoe sluit dit by die boodskap van die roman aan? (2) [25] MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG Ouma Essie, Grace en Griesel ondergaan deur die loop van die roman geen, gedeeltelike of algehele karakterontwikkeling. Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25] VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS C 1 By sy neef Baas wat met whippet-windhonde en Ierse terriërs boer, kry 2 hy ʼn windhondjie present. Dis ’n taankleurige tefie, die tipiese bruingeel 3 van die bloedlyn wat neef Baas teel. Hy gee ook vir hom ʼn eksemplaar 4 van Michael Main se boek oor die Zambezi. 5 Met ʼn laaste besoek aan die plaas waar hy gebore is en 6 grootgeword het, loop Baas saam met Brindle deur die bouval van wat 7 eens hulle huis was. Hy wonder wat hy daar kom soek het. Maar in die 8 vervalle tuin wil beelde uit sy kinderdae tog vorm aanneem. 9 In ʼn bedding dahlias loop sy ma en blomme sny. Sy dra ʼn 10 loshangende rok met soepel palmbome op. Die rok kom tot by haar 11 enkels. Sy het ʼn vriendelike mond. Om haar nek hang ’n kettinkie met ʼn 12 kruis daaraan. Sy is kaalvoet, maar statig. 13 Hy besluit om die whippet-tefie Lady te noem. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15 14 Neef Baas bied aan om met ʼn paar reisagente in verbinding te 15 tree oor Baas se toerismeplanne en om hom te laat weet sodra hy ʼn 16 adres het. 17 Hy ry na die kerkhof waar sy pa en ma begrawe is en bring die 18 laaste aand in die Houtboschberg daar deur. 19 Met ʼn tas vol kaarte van die staatsdrukker in Pretoria, vat Baas die 20 volgende oggend die pad. By die basiskamp in Botswana, waar hy sy 21 bagasie teen die tuitmiershoop onder die njalaboom afpak, ontdek hy 22 sy ma se Bybel wat sy niggie Mart vir hom ingepak het. 9.1 Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af? (1) 9.2 Net voor hierdie gedeelte lees ons dat Baas ʼn pos in die noorde van Botswana aanvaar het. Watter soort pos is dit, hoe dra dit by tot Baas se karakterontwikkeling en tot watter TWEE insigte help dit Baas eindelik in Manaka bring? (4) 9.3 Met watter sleutelfiguur in Baas se lewe bind Baas se neef hom? Motiveer jou antwoord. (2) 9.4 Watter karaktereienskap van Baas kom in reël 5 na vore? (1) 9.5 Watter invloed het die onderstreepte woorde in reël 11 op die intrige? (2) 9.6 Watter rol het Houtboschberg in Baas se karaktervorming gespeel? (3) EN TEKS D 1 Gepaardgaande gebare haak die knoop deur. Hy vind uit waar die 2 indoena bly. Die twee seuns ry vrolik saam, een oog op die honde, 3 om hom te gaan wys. 4 Hy doen wat hy gekom het om te doen. Hy maak ’n afspraak met 5 die khuta, die indoena-owerheid van die Senanga-gebied, vir 6 woonregte op die plek wat hy op hulle aandrang aan hulle moet gaan 7 uitwys. 8 Die hele Land Rover-vrag ou manne identifiseer die plek as 9 Manaka. Hulle klap langdurig vir mekaar hande om hulle 10 eenstemmigheid hieroor te bevestig. 11 Ná twee dae se onderhandelings, nakoming van stamrituele en 12 moeite om te keer dat die twee honde amok maak onder die 13 parlementslede en die dramatiese tolk, besluit die Raad van Indoenas 14 onder leiding van hoofindoena Daaimon dat: Aangesien reverend 15 Joseph, wat die sendingstasie daar bedryf het, oorlede is en niemand 16 anders in die grond belangstel nie omdat dit nie geskik is vir ʼn field 17 nie, beduie die tolk met oordrewe handgebare in sy gebrekkige 18 Engels, daarom: Mag die grond wat as Manaka bekend staan, aan 19 mister Baas Chipman toegesê word ... 20 Die geld vir die konsessie sal tweehonderd en vyftig Suid-Afri- 21 kaanse rand per maand wees. Dit kan ook in Namibiese dollar of 22 Amerikaanse dollar betaal word. Maar nie in die plaaslike geldeen- 23 heid nie, aangesien daar geen winkels in die Senanga-gebied is nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 24 en die winkels in Namibië weier om kwachas te aanvaar. Slegs 25 indoena Daaimon mag die betaling in ontvangs neem. 26 Baas betaal die eerste jaar se huur vooruit. 9.7 Gee TWEE redes vir die tradisie in die onderstreepte woorde. (2) 9.8 Hoekom ervaar Baas innerlike konflik op Manaka? Dink jy dié konflik word eindelik opgelos? Motiveer jou antwoord met TWEE bewyse. (3) 9.9 Watter soort verteller is in TEKS C en D aan die woord en wat is die rol van die verteller in reël 18–19 van TEKS D? Sê ook hoe sou die ander vertelperspektief moontlik positief tot die reëls kon bydra. (3) 9.10 Verklaar die betekenis van konsessie in reël 20. (1) 9.11 Wat doen Baas toe hy besef hy gaan nie ʼn kwitansie of kontrak kry nadat hy sy huur vooruit betaal het nie? (1) 9.12 Dink jy die khuta en hulle tweede in bevel se optrede is altyd bo verdenking? (Motiveer jou antwoord met TWEE redes.) (2) [25] VATMAAR – AHM Scholtz Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag). VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG Tant Wonnie, Boitjie Afrika en Tommy ondergaan deur die loop van die roman geen, gedeeltelike of algehele karakterontwikkeling. Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25] OF VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E 1 Na die seldeur gesluit is, het Tant Wonnie die een opgerolde 2 kombers oopgerol en op haar knieë gegaan en begin bid: Vader, my 3 Meester wat in my woon, U wat weet hoekom ek hier is, as dit U wil is, 4 dank ek U. U weet wat die beste vir my is. Meester in my binneste, ek 5 dank U vir die klein prys wat ek nou moet betaal oor ek vandag van my 6 trots verlos is, en vir die groot prys wat ek vandag gewen het, want nou Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17 7 weet ek waar om U te vind. My God, wees met Suzan en Kaaitjie. Dis al 8 wat ek U vra. Vader, ek weet U sal sorg vir ʼn onsigbare beskermer en 9 gids vir my twee meisiekinders. 10 Sy het opgestaan, ʼn handvol mielies gevat en dit probeer eet. Dis 11 tog kos, dié goeboe-mielies, het sy vir haarself gesê. 12 Sy en Suzan het van die vorige aand af nog niks geëet nie. Toe gooi 13 sy die mielies terug in die blikbord. Sy het haar kop geskud en gesê: Ek 14 kan nie alleen eet nie. 15 ʼn Traan het uit die oog wat nie kan sien nie gerol. Suzan, Suzan, 16 waar is jy? Het sy hardop gesê. Waar is jy tog, my kind? Want sy was 17 heeltemal alleen toegesluit. ʼn Vrou wat naby die natuur geleef het, was 18 nou ʼn ingehokte dier. Die donkerte van die nag het die mure weggevat 19 en haar gered. 20 Dit was ʼn lang, vermoeiende dag en sy het haarself aan die slaap 21 gehuil. 11.1 Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af? (1) 11.2 Wat het Piet de Bruin net voor hierdie uittreksel gedoen om Tant Wonnie te verneder? (1) 11.3 Watter soort verteller is in die onderstreepte gedeelte in reël 2 aan die woord? Wat is die rol van die verteller hier? Sê ook watter positiewe gevolg dié soort verteller vir dié reël inhou. (3) 11.4 Dit is duidelik dat Tant Wonnie baie gelowig is. Verwys na VIER ander voorbeelde in die roman wat bevestig dat sy haar geloof en goedgunstigheid uitleef. (4) 11.5 Benoem die soort vraag in reël 15–16. Is hierdie vraag ʼn teken van Tant Wonnie se innerlike konflik? Motiveer jou antwoord. (2) 11.6 Reël 20–21 verwys na Tant Wonnie wat huil. Tant Wonnie het deur die loop van die verhaal nog baie ander hartseer beleef. Motiveer die stelling met TWEE voorbeelde uit die roman. (2) EN TEKS F 1 Wie was dié Norman van der Westhuizen, Ma-Ma? 2 En toe vertel Tant Wonnie: Hy was jou pa se vriend, hier in 3 Vatmaar en op die slagveld. Hierdie man, Suzan, het sy pa in die 4 Boere-oorlog by Modderrivier verloor. Nou die Boere het teen die 5 groot en sterke Britse nasie geveg, maar meer soos ʼn mens wild jag 6 as oorlog maak. Want die meeste van hulle het nooit skoolgegaan nie, 7 net goed geweet om ʼn geweer te hanteer. Hulle was nie gedril soos 8 soldate nie, maar hulle was onderdanig aan ouer mense. Al wat ek 9 kan sê, is die Boere het die Engelse hel gegee. Die Rooinekke kon 10 nie by die Boere kers vashou as dit by skiet kom nie. So die Engelse 11 het die Boere se plase afgebrand en hulle vrouens en kinders in ʼn Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 12 tronk van doringdraad gestop wat hulle ʼn konsentrasiekamp 13 genoem het. Hierdie arme mense het daar soos vlieë gesterf. 14 Hierdie man se pa was van die arm klas Boere, want hy was ʼn 15 bywoner op ʼn plaas. Daar word vertel dat dit hy was, Kerneels van 16 der Westhuizen, wat hier en daar ʼn klip opgelig het en die 17 doringdraad dwarsoor die gras gespan het die nag voor die Skotte 18 met hulle rokkies, wat kielts genoem word, en bajonette die Boere 19 bestorm het. Die Boere het hulle lê en inwag en hulle voor die voet 20 geskiet, soos hase, sê hulle. ʼn Opslagkoeël het vir Kerneels van der 21 Westhuizen getref. 11.7 Sê kortliks hoe Tant Wonnie dié Norman van der Westhuizen ken en verklaar watter groot hartseer hom getref het. Wie het eindelik na hom omgesien? (3) 11.8 Watter karaktereienskap van Tont Wonnie blyk uit hierdie uittreksel? Noem enige TWEE ander karaktereienskappe, afgesien van haar gelowigheid, wat in die roman na vore kom. (3) 11.9 Verklaar die stereotipering wat in hierdie uittreksel na vore kom. Dink jy dit is regverdig? Motiveer jou antwoord. (2) 11.10 Hoe verskil die algehele stemming in TEKS E van die stemming in TEKS F? (1) 11.11 Verklaar wat ʼn opslagkoeël is. (1) 11.12 Vatmaar het drie moontlike hooftemas. Noem enige TWEE. (2) [25] ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag). VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG Greg, Eckard en mnr. Owen ondergaan deur die loop van die roman geen, gedeeltelike of algehele karakterontwikkeling. Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19 VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS G 1 Selfs Eckardt staan met ʼn verleë glimlag op sy bakkies. Hy stamp 2 met sy elmboog in my ribbes toe ons die trap klim na ons kamers. “Ek het 3 nie geweet jy bring my na Hugh Heffner se Playboy Mansion toe 4 nie,” sê hy onderlangs. Ek lag maar net en beduie vir hom watter 5 kamer syne is. 6 Dis eers later dat ek dit besef; ek het onbewustelik John se kamer 7 vir Eckardt gegee. 8 Die aand gaan ons uit na ʼn nuwe klub wat in Jo’burg oopgemaak 9 het. Secrets and Lies. 10 Die strate is natgereën, die lug koel. Niemand onder agtien, lees die 11 sign by die klubdeur, maar ons kom in. Ek betaal vir almal met die 12 geld wat my ma my in die hand gestop het toe sy ons aflaai. 13 Glimmende ligte. Stromende musiek. Flikkerende lywe en gesigte. 14 Die girls sluk almal e. Nicole het een vir my ook. Sy wil hom op haar 15 tong sit sodat ek hom kan afsoen. “Nie vanaand nie,” keer ek haar. 16 Ek hou nie van die manier wat dit my laat voel nie. Ek hou van die 17 manier waarop dit ánder mense laat voel. Frekay. Liefdevol. 18 Ons kry bottels water. Maak ʼn pad deur die mense. Roger Goode is 19 die DJ. “The good doctor is in the house,” fluister hy. “Tell me a little 20 secret, tell me a lie.” 21 Ons is op die dansvloer. Lywe teenmekaar. Nicole se hande terg oor 22 my lyf. Elke senuweepunt orent. Ek kyk oor my skouer na Eckardt. 13.1 Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af? (1) 13.2 Wie is die verteller in reël 4 en wat is die rol van die verteller in hierdie reël? Watter voordeel en nadeel hou dié soort verteller vir reël 6–7 in? (4) 13.3 Motiveer met TWEE ander bewyse uit die roman dat Greg iets van sy broer in Eckardt beleef. (2) 13.4 Die naamgewing van die klub wat hul besoek is funksioneel binne die verhaalkonteks. Gee TWEE geheime wat Eckardt van Greg weerhou en EEN leuen wat hy aan Greg vertel. (3) 13.5 Watter karaktereienskap van Greg kom in die onderstreepte woorde in reël 16 na vore? (1) 13.6 Watter verband is daar tussen die ruimte waarin Greg en Eckardt hul in hierdie uittreksel vanaf reël 8 bevind en die titel van die roman? Aan watter EEN ander betekenis van die romantitel stel Eckardt vir Greg bekend? (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2019) TEKS H 1 <h33>Eggo’s</h33> 2 Die weerkaatsing in die glasdeur van die gallery. “Eckardt!” “Nie 3 gedink jy gaan my weer sien nie, hè?” 4 Ek swaai om. Loop nader om hom vas te gryp. Verligting. “Is dit 5 genuinely jy?” 6 Maar Eckardt tel net een arm op, druk teen my bors, stoot my 7 weg, ʼn skewe trek om sy mond. 8 “Jou hare … Blond? En die goatee?” Ek wil sy hand wegvat, hy 9 ruk dit hard terug. “Waar was jy? Die hele blerrie wêreld soek na 10 jou!” 11 “Mmm … weet, ek het my gevreet op Police File gesien. Nooit 12 gedink ek sal daar beland nie.” 13 “Maar as jy dit gesien het, hoekom –” 14 “Wat’s dit dié? Twenty questions? Los dit. Ek is haastig; het net 15 gou iets kom klaarmaak …” 16 Dis hoe vrees voel: Vuur blits deur jou lyf, elke senuwee ruk wakker, 17 adrenalien gooi jou gedagtes in snelrat, jou oë sper oop, jou 18 asemhaling hou op en jou borsholte pers saam. En jy hoor dit – jou 19 eie hart. Klop. Klop. Klop. 20 Ek frons. Wat bedoel hy? Eckardt se stem klink anders as waaraan 21 ek gewoond is. Sy stem het die keer toe hy daardie vrou gebel het 22 om my te wys hoe social engineering werk, ook verander. Nou is die 23 gemoedelikheid waarmee hy my met die hacking gehelp het weg. En 24 in die plek daarvan is daar ʼn selfversekerde hardegat arrogansie. 25 Ís dit hy? 26 “Vandag, Greg, gaan jy jou laaste hacking-les by my kry. Sorry 27 om te sê, maar hierdie een is ball breaker.” 13.7 Verklaar die gebruik van < > saam met die hoofstuknommer in (1) reël 1. 13.8 Herlees reël 2. Die eggo-motief is op konnotatiewe vlak funksioneel tot die intrige. Gee TWEE verwysings daarna in die roman. (2) 13.9 Hoekom is die woorde in reël 16–19 funksioneel om binding in die verhaal te bewerkstellig? Dink jy die woorde is gepas vir die situasie wat hom net hierna gaan afspeel? Motiveer jou antwoord. (2) 13.10 Benoem die soort vraag in reël 20. Dink jy Eckardt se woorde aktiveer innerlike konflik in Greg? Motiveer jou antwoord. Noem ook enige EEN ander voorbeeld uit die roman waar Greg innerlike konflik ervaar. (3) 13.11 Verduidelik volledig wat social engineering / sosiale manipulering behels en sê hoe Eckardt dit op Greg toegepas het. Dink jy Eckardt se sosiale manipulasie is geregverdig? Motiveer jou antwoord. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21 13.12 Het Eckardt vanaf TEKS G na H karakterontwikkeling ondergaan om eindelik as ronde karakter geklassifiseer te word? Motiveer jou antwoord. (1) [25] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
22 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2019) AFDELING C: DRAMA Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy be- studeer het. KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF vraag 15 (kontekstuele vraag). VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG Blanchie, Maud en Cavernelis ondergaan deur die loop van die drama geen, gedeeltelike of algehele karakterontwikkeling. Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25] VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS I 1 TOMMY: ’Is nie onse biesagheit nie, man, wat mister 2 Cavernelis-hulle doen nie! 3 CAVERNELIS: Ja … Dit het met niemand niks te make nie. Ons 4 meng met niemand in nie. Ons gaan net ons eie 5 gang, so asseblief, laat staan vir ons … 6 CYRIL: (spottend) ”Meng met niemand in nie”; ”gaan net 7 ons gang!” … Mister Cavernelis praat darem mooie 8 taal, nè. ”Meng met niemand in nie.” Hoge 9 Afrikaans, en missies Cavernelis gooi net weer 10 Ingils! Smárt. Ons ken mos nie sukke tale hierso in 11 onse area, innie township nie! (Hy is nou bý mister 12 Cavernelis, en klop die ouer man op die skouer.) 13 Ma’ lyster, ou dêrre, ons keen die meaning van daai 14 woorde. ”Meng met niemand in nie.” Jy mien jy 15 interfere like moet ge-niemand nie. Dis net lat jy 16 sukke hoë woorde gebruik daarvoor! Maar jy 17 moenie dink ons is stupid hierso nie. Ons het oek 18 ammal geleer innie skool, okay … ”Meng met 19 niemand in nie.” Hoë woorde. Hoë mense … 20 CAVERNELIS: (hulpeloos) ’Is nie dit nie, man. Kan ek help hoe ek 21 praat?! Kan ek help dat ek van die Boland … van 22 up-country af … kom? 23 CYRIL: Up-country … ja … En nou’s mister Cavernelis al 24 weer t’rug … (Geniepsig. Slaan op die tas wat agter 25 op die fiets vasgemaak is.) Soft goods innie 26 suitcasie? Ekstra verdienste? Soft goods … Petti- Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23 27 coats en panties … (Hy en Richie lag) 28 RICHIE: (probeer paai) Ou Cyril, man, kom, speel … 29 TOMMY: Moenie na hom lyster nie, uncle Cavernelis. Hy 30 praat somaar net. 31 CYRIL: Rus jy dan nooit, ou dad? 15.1 Wat is die biesagheit waarna Tommy in reël 1 verwys? Wees spesifiek. (1) 15.2 Watter karaktereienskap van die Cavernelisse kom in reël 3–4 na vore? (1) 15.3 Verwys na die toneelaanwysing in reël 6. Hoekom, dink jy, is Cyril se dialoog hier juis met spot gelaai? Dink jy Cavernelis verdien hierdie spottende toon? Motiveer jou antwoord. (2) 15.4 Cyril is geïrriteerd met Maud se Engelspratery. Gee enige TWEE voorbeelde van uiterlike konflik tussen Maud en die twee leeglêers, Cyril en Richie. (2) 15.5 In watter township-ruimte en teen watter agtergrond speel dié drama af? (2) 15.6 Wat is die funksie van die beletselteken in reël 23? (1) 15.7 Noem enige TWEE kenmerke van Kaaps soos dit uit die dialoog in reël 25–27 blyk. Spreek jou uit oor die funksionaliteit van dié taalgebruik in die drama. (3) EN TEKS J 1 CYRIL: (lag) ’Is soes jy sê, ou Tommy … So … hulle siet 2 mekaar weer, Blanchie, en Map Jacobs die bastard! 3 Die lig verander. Doof uit. 4 Doof in: Blanchie en Map Blanchie totaal verward en 5 huilend. Op ’n afstand van mekaar: 6 BLANCHIE: (bewend) Dis … Johnnie … dis Daddy! Daddy! Jy … 7 kom … help. Dis Daddy!! Daddy!! Daddy!! (Sy 8 skreeu.) 9 MAP: (staar) Blanchie … 10 BLANCHIE: Johnnie! Dis Daddy!! 11 MAP: (probeer haar kalmeer) Hê, Blanchie … Lyster nou 12 eers … Blanchie … 13 BLANCHIE (snik, praat dan) Daddy! … Johnnie … hy word nooit 14 so nie, hy’t nog … nooit … nog … so … Johnnie … 15 gelyk nie … Toe … loop hy net … weg … net … 16 loop hy net … 17 Map sit sy arm om haar, maar asof dit ’n elektriese 18 skok is, ruk sy haar weg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
24 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 19 BLANCHIE: Nee! 20 MAP: Okay … Okay … 21 BLANCHIE: (van haar wysie af) Nie okay nie … Shuddup!! Dis 22 Daddy!! 23 MAP: (skreeu nou) Blanchie! Sal jy stilbly! (Hy gryp haar 24 vas.) 25 BLANCHIE: Dis Daddy! (Sy worstel in Map se greep.) Los my! 26 MAP: (hard met haar) Sal jy … sal jy stilbly! … (Dan 27 sagter.) Blanchie … Blanchie … (Sy verslap in sy 28 arms.) Blanchie … 29 BLANCHIE: Johnnie … 30 MAP: Daar’s … niks wat ons kan doen nie … Blanchie … 31 Dit … moet nou … so gebeur … 32 BLANCHIE: Daddy … Ek weet … ek … (Dan skielik, hard.) 33 Johnnie … Wat het … met ons gebeur … Wat … Ek 34 … is so … sleg … 35 MAP: (sit sy hand op haar mond) Nee! … Jy’s … goed … 15.8 Hoe verander die toneelaanwysing in reël 3–5 in TEKS J die stemming soos ons dit in TEKS I beleef het? (1) 15.9 Watter karaktereienskap van Blanchie blyk uit reël 18–19? Het Blanchie ʼn ander houding ingeneem teen die einde van die drama? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (3) 15.10 Blanchie se vraag aan Map “Wat het met ons gebeur?” word net na hierdie uittreksel deur Map beantwoord. Wat is sy antwoord op hierdie vraag en gee TWEE dieperliggende implikasies van dié treffende woorde. Dink jy daar is hoop vir Blanchie en Map? Motiveer jou antwoord. (4) 15.11 Blanchie noem Map deurentyd Johnnie. Wat sou die moontlike rede hiervoor wees? Bewys ook dat Blanchie aan die einde van die drama die betekenis van haar naam gestand doen. (2) 15.12 Bewys dat die krisisoomblik in die drama net na hierdie uittreksel volg. Motiveer ook met TWEE redes dat Blanchie moontlik tot hierdie krisisoomblik bygedra het. (3) [25] OF VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG Miem, Meisie en Konstabel ondergaan deur die loop van die drama geen, gedeeltelike of algehele karakterontwikkeling. Skryf ʼn opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 25 VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG TEKS K 1 Die stemme van MIEM en GERTIE word hoorbaar in die 2 gang. 3 GERTIE: Dis net wat ek ook sê. 4 MIEM: (nader) Presies! 5 MIEM en GERTIE kom binne. Hulle is druk in gesprek. 6 MEISIE kyk af en werk verder aan die sak. 7 GERTIE: Ja. Net bolangs rondgekrap. 8 MIEM: (opgewonde) Ek het mos verniet gesê grawe oop, delf om. 9 Ek is seker u stem saam, Konstabel. Maar hulle wou nie 10 hoor nie. 11 GERTIE: Nee, hulle wou nie 12 Geluid van sagte huilwind. 13 MIEM: En nou is die spoor al koud. Hulle het nooit ordentlik 14 gesoek nie. Konstabel, ons praat oor die verdwynings. Oor 15 die ondersoek na die verdwynings. Nou ja (Sug) Wat kan ’n 16 mens verwag? (Gaan sit by die tafel, glimlag) Dit lyk darem 17 of julle mekaar se geselskap geniet het, of hoe? 18 MEISIE: (bang) Wat was dit? 19 MIEM: Toe maar, dis net die wind, my kind. En die takke op die 20 dak. 21 Kort stilte. 22 GERTIE: En ek voel ʼn trek. Miskien is iets iewers oop. 23 MIEM: Moet jou nie bekommer nie. Als is toe. Die wind waai deur 24 die krake. (Kort stilte. Skielik heftig aan die KONSTABEL) 25 En putte, het ek gesê! Kyk in putte. (Sug) Maar niemand 26 wou luister nie. Nou wat kan ’n mens meer doen? 27 GERTIE: Ja. Jou hande is afgekap 28 MIEM: En dan was daar tant Salie se droom. Baie oud. Al pêrels 29 op die oë. Maar daar is nie ʼn droogte, sterfte of ʼn vloed wat 30 sy nie voorspel het nie. 31 GERTIE: Dit is so, Konstabel. Wat sy sien, kom altyd waar. 32 MIEM: En toe het sy gedroom. Van ʼn meisie. Onder die water. 17.1 Gee die datum waarop die gebeure in hierdie uittreksel afspeel en sê wat Meisie se dialoog in die monoloog wat hierdie uittreksel voorafgaan, behels het. (2) 17.2 Watter karaktereienskap van Meisie kom in reël 6 na vore? Sê ook hoedat die sak waaraan Meisie werk ʼn belangrike rol in die drama speel. (2) 17.3 Hoe dra die neweteks in reël 12 by tot die stemming in die teks? (1) 17.4 Verduidelik korliks waarna die onderstreepte woorde in reël 14–15 ver- wys en gee die naam van EEN van die mense wat verdwyn het. (2) 17.5 Bewys dat hierdie uittreksel deel van die motoriese moment is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
26 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2019) 17.6 Miem is in reël 25–26 baie uitgesproke oor ander mense wat nie wou luister nie en dus nie korrek opgetree het nie. Motiveer met TWEE voorbeelde uit die roman dat Miem onverantwoor- delik opgetree het en bewys telkens dat hierdie onverantwoordelike op- trede haar duur te staan gekom het. (4) EN TEKS L 1 Die KONSTABEL keer haar voor. Sy hardloop na die 2 wastafel en leun oor om die venster toe te maak. Die 3 KONSTABEL sit sy hande om haar middel. Sy verstar. 4 Hy draai haar stadig om na hom. Sy laat haar arms sak. 5 Die KONSTABEL neem haar gesig tussen sy hande en 6 kyk na haar. MEISIE beweeg haar kop stadig van kant 7 tot kant. 8 MEISIE: (stadig, byna asof sy aan die slaap raak) Asseblief … 9 Maak toe die venster … Asseblief … Maak toe die deur. 10 Sy breek skielik weg van hom. Sy druk haar hande oor 11 haar ore en fladder deur die kamer. Sy fladder na die 12 gangdeur. Sy kyk om en sien die KONSTABEL. Hy 13 staan doodstil na haar en kyk. Die musiek word nog 14 harder. Sy staan ook stil. Terwyl sy na hom kyk, haal sy 15 haar hande van haar ore af en laat haar arms sak. Sy 16 beweeg haar kop effens op maat van die musiek. Dan 17 begin sy fyn danspassies uitvoer wat herinner aan dié 18 van ’n marionet. Sy begin nou deur die kamer dans. 19 Haar dans word uitbundiger. Sy lag en dans om en om 20 die tafel. 21 Die KONSTABEL maak die gaasdeur oop en sit ’n klip 22 daarvoor. Sy dans na die agterdeur. Voordat sy oor die 23 drumpel dans, staan sy stil en kyk om na die KONSTA- 24 BEL. Hy maak ’n effense buiginkie en wys haar met ’n 25 sjarmante handgebaar by die deur uit. DIE KONSTABEL hou haar ʼn rukkie dop. 17.7 Verteenwoordig die gebeure in TEKS L ʼn ironiese wending as jy die gebeure in TEKS K in gedagte hou? Motiveer jou antwoord. (1) 17.8 Watter moontlike innerlike konflik beleef Meisie in reël 1–2? Noem TWEE sake. Word hierdie konflik eindelik opgehef? Motiveer jou antwoord. (3) 17.9 Motiveer met TWEE redes dat Meisie in hierdie uittreksel sterk tekens van karakterontwikkeling toon. Dink jy haar optrede in reël 14–16 is geregverdig? Motiveer jou antwoord. (3) 17.10 Ondersteun Konstabel se handeling om die deur oop te maak die dra- matiese doelstelling van die drama? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 27 17.11 Dink jy Meisie het die vryheid gekry waarna sy so gesmag het? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) 17.12 Gee DRIE moontlike interpretasies van die titel van hierdie drama. (3) [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all