Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2019
AFRIKAANS HUISTAAL V3
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2019 QP
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019, 6 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 6
- File size
- 653.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 6
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2019
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)200 marks
Show all 12 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.5Luister en Praat (Listening and Speaking)25 marks
- Question 2.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.
AFDELING A: Opstel (50 punte)
AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50 punte)
2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.
3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/
kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR
die finale produk gedoen word.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en daarna netjies deurgehaal
word.
7. Jy moet jou tyd soos volg bestee:
AFDELING A: ongeveer 80 minute
AFDELING B: ongeveer 70 (2 x 35) minute
8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde
getel word NIE.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
AFDELING A: OPSTEL
VRAAG 1
Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 400–450
woorde.
Skryf die vraagnommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.
1.1 Groot mond ... groot moeilikheid! [50]
1.2 Blink Stefaans [50]
1.3 Jý skryf die lied van jou lewe. [50]
1.4 Ouers langs die sportveld – vreugde of fout? [50]
1.5 “Die aand in Dorpstraat
het jy vir my gesê
daar is soveel meer wat jy uit die lewe wil hê
en die aand by Koeëlbaai
het jy vir my vertel
die lewe hier is soms, soms erger as die hel ...”
[Lirieke uit: Liefde uit Stellenbosch – P. Rademeyer] [50]
1.6 Bestudeer die prente hieronder en skryf ʼn OPSTEL oor EEN. Skep jou
eie titel. Skryf die vraagnommer (1.6.1, 1.6.2 OF 1.6.3) en jou eie titel
neer.
1.6.1
[Bron: blog.allstate.com] [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2019)
1.6.2
[Bron: www.dreamstime.com] [50]
1.6.3
[Bron: www.bbc.co.uk/learningenglish] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 2
Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf 180–200 woorde oor elkeen.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.
2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Jou vriend/vriendin is baie modebewus en het hierdie jaar besluit om ʼn
baie ongewone uitrusting na die matriekafskeid te dra.
Skryf ʼn INFORMELE BRIEF aan hom/haar waarin jy hom/haar oorreed
om van hierdie besluit af te sien en wys hom/haar op die moontlike
negatiewe gevolge van só ʼn besluit. [25]
2.2 KOERANTBERIG
Jong vrou van Oos-Kaap blink uit ondanks
siekte
Skryf ʼn KOERANTBERIG met die bogenoemde opskrif oor ʼn jong vrou
van die Oos-Kaap wat ten spyte van haar siekte presteer het. [25]
2.3 HULDEBLYK
ʼn Baie goeie vriend/vriendin van jou is onverwags oorlede in ʼn
fratsongeluk.
Die familie is bewus van die besondere verhouding wat jy en die
oorledene gehad het en vra jou om tydens die roudiens ʼn huldeblyk te
lewer.
Skryf die HULDEBLYK. [25]
2.4 FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS
Na die 2018-feesseisoen is skokkende syfers bekendgemaak van
hoeveel mense op Suid-Afrikaanse paaie gesterf het. Jy is baie
bekommerd hieroor.
Rig ʼn brief aan die redakteur van Die Burger waarin jy jou standpunt oor
hierdie kwessie lug. [25]
2.5 ONDERHOUD
Jy kry die kans om ʼn onderhoud met ʼn bekende televisiepersoonlikheid
te voer. Die persoon het ʼn besonderse indruk op jou gemaak en jy is baie
opgewonde om met hom/haar te praat. Skryf die ONDERHOUD. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2019)
2.6 RESENSIE
Jy het onlangs na een van die nuutste plaaslike flieks gaan kyk. Jy was
aangenaam deur die gehalte van hierdie fliek verras.
Skryf ʼn RESENSIE oor hierdie fliek vir die skoolkoerant. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2013 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2022 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper