Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2013 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 1220138 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 8 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2013

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS HUISTAAL V1 MEMORANDUM PUNTE: 70 Hierdie memorandum bestaan uit 8 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (SEPTEMBER 2013) AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: RUBRIEK EN STROKIESPRENT Nasien van die leesbegrip:  Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is.  Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.  Vir WAAR/ONWAAR- of FEIT/LUG JOU MENING-vrae, word die punte verdeel: 1 punt vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING en ʼn punt vir die rede/motivering/aanhaling.  Vir vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die aanhalingstekens ontbreek nie.  Waar een-woord-antwoorde gevra word en die kandidaat ʼn volsin gee, is dit korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse uitgelig word.  Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee ʼn hele reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.  Indien die kandidaat woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.  Aanvaar dialektiese variasies.  Vir meervoudigekeuse-vrae word BEIDE die letter EN die korrekte antwoord aanvaar wat ten volle uitgeskryf is. AFDELING A VRAAG 1: RUBRIEK EN SPOTPRENT Vraag Antwoord Punt 1.1 Kinders vloek onderwyser./Kinders dreig onderwysers met messe./Kinders kom laat vir die skool./Kinders jaag hoof weg. √√ (2) 1.2 Lyfstraf was destyds deel van ’n skool se dissipline √ en niemand sou dit gewaag het om met ’n onderwyser terug te praat nie. √ (2) 1.3 As jy vir ’n kind van kleinsaf straf vir iets wat hy verkeerd doen √ dan sal jy van ’n jong ouderdom die regte beginsels in hom vaslê √ en verseker dat hy as tiener of grootmens sal weet hoe om gedissiplineerd te wees. √ (3) 1.4 Die Bybel is dikwels as regverdiging vir lyfstraf gebruik./Mense het uit die Bybel aangehaal dat dit goed is om ’n kind te straf. √ (1)
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3 1.5 Waar. √ In die teks staan dit dat die onderwyser suutjies in die gang afgeloop het wat daarop dui dat hy daarop uit was om jou uit te vang. “Jou kas of kamer kon nie netjies genoeg gewees het nie.” √ (2) 1.6 Ja. Dit was goed om die kind netheid aan te leer en om ander mense in ag te neem en nie onnodig te raas nie of om betyds te wees vir dinge (in die trant). √√ OF Nee. Dit het die kind sy vryheid van individualisme weggeneem en hom ’n kuddedier laat word. √√ (Leerder se gemotiveerde antwoord binne die konteks van die leesstuk is ook reg.) (2) 1.7 Ten spyte daarvan dat hulle met ’n rottang pak gekry het, het hulle tog die onderwyser op sy bynaam genoem wat ’n gevoel van geneentheid openbaar. √√ (2) 1.8 Van hulle het hulle slaangoed ’n naam gegee soos Buks. √ (1) 1.9 Dit kan nie as lyfstraf beskou word nie, want lyfstraf word met ’n rottang of slaanding toegepas √ terwyl die Afrikaans-onderwyser sy hand gebruik het √ en hom ’n oorveeg gegee het wat beteken hy het hom geklap. √ (3) 1.10 Mening √ want die woord glo √ dui daarop dat hy nie seker is nie. (2) 1.11 Nee, die teks sê dat die onderwysers na willekeur √ geslaan het en dat hy twyfel √ of daar ’n handleiding oor lyfstraf was. (2) 1.12 Die kind se maagspiere het verstyf √ en hy het sweterige hande gekry √ en sy ore het vuurwarm √ geword wat gewys het dat die kind baie gespanne was. (3) 1.13 Die dissipline destyds het hulle nie juis gehelp nie, want hulle is boemelaars. / Dissipline is op hulle afgedwing. √ (1) 1.14 Omdat lyfstraf uit skole verdwyn het, kan die tugroedes net in museums besigtig word √ en in die teks word daar verwys na rottang, liniaal en plathand, ensovoorts. √ (2) 1.15 Die kandidaat kies EEN van die dissiplinêre implemente en MOTIVEER waarom hy/sy nie daarmee getugtig wil word nie. √ (2) [30]
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (SEPTEMBER 2013) AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 LU2 AS2.1.5 Nasien van die opsomming  Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ʼn opskrif/titel te voorsien nie.  Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne kan skryf.  Kandidate moet die opsomming in die vereiste formaat aanbied. Opsommings in die verkeerde formaat word nie geassesseer nie./Opsommings in die verkeerde formaat word geassesseer, maar leerders verloor 1 punt vir aanbieding in die verkeerde formaat.  Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.  Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word die eerste opsomming nagesien.  Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.  Punte word soos volg toegeken vir HT: o 7 punte vir 7 feite o 3 punte vir taal o Penaliseer soos volg:  Indien die opsomming te lank is, word daar slegs 5 ekstra woorde toegelaat. Die res van die opsomming word geïgnoreer.  Indien die opsomming te kort is, maar dit bevat al die vereiste inligting, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Taal: 1–3 antwoorde reg kry 1 punt. 4–5 antwoorde reg kry 2 punte. 6–7 antwoorde reg kry 3 punte.  Vir direkte aanhalings van volledige sinne word daar soos volg gepenaliseer: 1–3 volledige sinne aangehaal: geen penalisering 4–5 volledige sinne aangehaal: trek 1 punt af 6–7 volledige sinne aangehaal: trek 2 punte af  Trek 1 punt af van die totaal vir getal feite plus taalgebruik indien die kandidaat nalaat om getal woorde aan te dui of indien die verkeerde getal woorde aangedui is. LET WEL: Kandidate mag nie afkortings gebruik in hul opsommings nie, maar indien dit in die opsomming voorkom, word elke afkorting getel volgens die getal woorde wat dit voorstel.
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5 Gedeelte uit teks: Moontlike antwoord die asemrowende wynlande Jy moet die wynlande wat aan Stellenbosch herinner, besoek. se eerste universiteit Besigtig hulle oudste en grootste universiteit. sop en brood restaurant Besoek die sop en brood restaurant vir ’n kulinêre ondervinding. ’n magdom boekwinkels en Jy moet gaan kyk hoe hulle horlosies horlosiemakers maak. is klein standbeelde Verstom jou aan die miniatuur standbeelde wat aan Durban herinner. porseleinhoofstad Gaan kyk hoe Zsolnay porselein vervaardig word. kultuurhoofstad Besoek die kultuursentra, konsertsale en reusebiblioteke. Aantal woorde: 56 Moontlike antwoord in paragraafvorm: Dis die moeite werd om Pécs te besoek vanweë sy asemrowende wynlande. As jy studentelewe wil ervaar, moet jy die oudste universiteit besoek. Hulle sop en brood restaurante is beslis ’n besoek werd en horlosiemakers sal jou besoek beslis verryk. Hulle miniatuur standbeelde slaan die asem weg omdat hulle jou onverwags betrap. Besoek hul porseleinfabrieke en verlustig jou aan die konsertsale en biblioteke. Aantal woorde: 63 TOTAAL AFDELING B: 10
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (SEPTEMBER 2013) AFDELING C: TAAL VRAAG 3 Nasien van hierdie afdeling:  Spelling: o Een-woord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is. o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in die taalstruktuur getoets word. o Waar ʼn afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.  Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die instruksie aangedui  Waar direkte en indirekte rede en punktuasie getoets word, mag ½ punte toegeken word.  Vir meervoudigekeuse-vrae word BEIDE die letter wat ooreenstem met die korrekte antwoord EN die antwoord wat uitgeskryf word, aanvaar. Vraag Antwoord Punt TEKS 1: TYDSKRIFRUBRIEK 3.1 Kalwerliefde √ (1) 3.2 Loerie-kuifie √ (1) 3.3 Die duiwe koer op die dak. √ (1) 3.4 Dit bestaan uit TWEE hoofsinne wat met ’n voegwoord gekoppel word. √ (1) 3.5 Die ouens met die t-hemde/met die loerie-kuiwe het dan die moed bymekaargeskraap om uiting te gee aan lammerliefde/Die slim, groot. √ (1) 3.6 Hel, nooit sal jy weer so verlief wees nie! √ (1) 3.7 Koppelteken √ (1) 3.8 lewende √ (1) 3.9 Om maklik te kan beweeg/om beweeglik te wees. √ (1) 3.10 C/Samestellende afleiding. √ (1) [10]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7 VRAAG 4 TEKS 2: STROKIE 4.1 4.1.1 denotatief √ (1) 4.1.2 Die vraagteken dui op ongeloof. √/Die uitroepteken dui op skok/verbasing. √ (2) 4.1.3 Hy dink dit is simpel om onder die tafel te sit (net sodat die kind wat sukkel om haar groente te eet dit sal eet). √ (1) 4.2 4.2.1 bevelsin √ (1) 4.2.2 minder √ (1) 4.3 4.3.1 Hy ken mense in hoë posisies wat hom kan help/hy ken belangrike mense. √ (1) 4.4 4.4.1 Dit behoort nie maklik vir jou te wees om ’n boelie te hanteer nie, Hamlet. √ (1) 4.4.2 hfst. (1) 4.5 Geskiedenis handel juis oor dit wat in die verlede gebeur het. √ (1) [10] VRAAG 5 TEKS 3: ADVERTENSIE 5.1 banknootjies √ (1) 5.2 Alledaags/doodgewoon/gewoon √ (1) 5.3 Nuwe banknote word met trots deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank uitgereik. √ (1) 5.4 Ja, want die visuele trek die aandag. √/Daar kom vergelyking voor/verskillende lettertipes gryp die aandag/dis netjies uiteengesit. √ OF Nee, die prente is onduidelik. √ Dis al ou nuus en beteken niks meer nie. √ (2) 5.5 Om te herken. √ (1) 5.6 Nelson Mandela offer die grootste deel van sy lewe op. √ (1)
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (SEPTEMBER 2013) 5.7 Dit dui dat verduidelikings/uitbreidings volg. √ (1) 5.8 land √ (1) 5.9 Enig in sy soort is ’n gepaste vertaling, want daar is net een mens soos Madiba en die geld is dus net so uniek soos hy. √ (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all