Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2014
AFRIKAANS HUISTAAL V2
MEMORANDUM
PUNTE: 80
Hierdie memorandum bestaan uit 25 bladsye.
Skip to contentAll 2014 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2014 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 25 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Memorandum, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2014
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 440.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2014
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Memo
- Other filesQuestion paper
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)20 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)20 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
NASIENRIGLYNE
As ʼn kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en
die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
As ʼn kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het,
word die eerste twee gedigte se vrae nagesien.
As ʼn kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee opstelvrae
gedoen het, word die eerste vraag nagesien en die tweede vraag word
geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord
het, word die eerste vraag in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag
en een opstelvraag beantwoord is.
As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer.
As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
memorandum nagesien.
As ʼn spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word
dit as korrek beskou.
Opstelvraag: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat
nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom/haar self gepenaliseer het. As die opstel te
lank is, laat ʼn oorskryding van ʼn maksimum van 50 woorde toe en ignoreer die
res van die opstel.
Kontekstuele vrae: As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag
dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
Geen punt word vir JA/NEE of EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE of
DIS GELOOFWAARDIG/NIE GELOOFWAARDIG NIE gegee nie. Die
motivering bepaal die punt.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: OPSTELVRAAG – Die huis luister
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR GEDIGTE nagesien.
Inhoud
Kode 7 7 gemotiveerde feite
Kode 6 6 gemotiveerde feite
Kode 5 5 gemotiveerde feite
Kode 4 4 gemotiveerde feite
Kode 3 3 gemotiveerde feite
Kode 2 2 gemotiveerde feite
Kode 1 1 gemotiveerde feit
Taal en styl:
Beoordeel volgens die rubriek.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Geen subopskrifte in die opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
struktuur en taal.
Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
Inleidingsparagraaf
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleidingsparagraaf aan, bv.
Die volgehoue metafoor word suksesvol aangebied en ʼn duidelik progressie
kan in die woordgebruik gesien word om die verval van die huisgesin te
verbeeld.
Beeldspraak en volgehoue aanwending
In die titel tref ons reeds personifikasie aan. Die klem lê op luister. Die huis
gaan dus nie noodwendig oor tot aksie nie, maar luister sonder om te
veroordeel.
Hierdie beeld van die huis wat luister word regdeur aangetref. Die huis vertel in
die hele gedig van alles wat hy moet aanhoor. En soos die inwoners ly, ly die
huis deurdat sy fondasies kraak, plafonne raak stukkend, pleisterwerk bars en
rame roes.
Die slotwoord oorskulp sluit aan by die binne-oor van die huis soos genoem
aan die begin van die gedig.
Progressie
ʼn Oor is hol van binne, maar dit het ook ʼn negatiewe betekenis van leeg van
binne, soos hol beloftes, woorde wat hol klink. Dit suggereer dus dat die
binnekant van die huis nie vol liefde en toegeneentheid is nie. Die woorde wat
gebruik word het ʼn negatiewe konnotasie: hol, roesemoes.
Die emosionele aksies en reaksies is net so negatief en word erger: verwyt,
skoorsoek, goor, kibbel en dit is ʼn onophoudelike stroom van negatiwiteit soos
deur die woorde nooit en aanhou verbeeld word.
Kon en sou en moes dui daarop dat daar aangehou hamer word op die foute
van die verlede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
In die tweede strofe is die verwoesting erger, want as gevolg van die huis se
onderneming om die verlede te bewaar, kraak sy fondamente onder die las.
Die plafonne raak voos onder die woedeaanvalle en die pleisterwerk bars
onder die skeltaal en die trane laat die vensterrame roes.
In die derde strofe word die skade na die inwoners oorgedra: so word ons
saam verweer. Soos die huis, word die inwoners deur die elemente aangeval
en stelselmatig afgetakel.
Die mens se versugting na geluk en ʼn beter toekoms word saamgevat in die
woorde “julle gebede”. Hierdie gebede om hulp word eers gefluister, en dan
eggo dit al hoe harder, maar dit bly ongehoord. Niemand luister nie.
Die sielkundige letsels hou egter nie op nie, dit vererger: fluister en knal al hoe
harder.
Nou kry die gebeure ʼn universele betekenis, want al hierdie gebeure gebeur
oor en oor in baie huise.
Tema en bundeltitel
Die tema is die feit dat die huis wat daar is om skuilte teen elemente te bied
juis die plek is waar daar nie geluister word en skuilte gebied word nie. Die
inwoners kom dus voor Dooiemansdeur, want niemand help nie.
Die tema van die gedig en die bundeltitel Dooiemansdeur sluit dus pragtig
bymekaar aan.
Slotparagraaf
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan, bv.
Die volgehoue personifikasie is suksesvol aangewend en bring die tema net
sterker na vore. Ook die bundeltitel sluit by die tema van die gedig aan. [10]
OF
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – Busrit in die aand
Vraag Antwoord Punt
2.1 Vooropplasing van elk √ EN die gebruik van die kommas./
Alliterasie (s- en m-alliterasie) √ (2)
2.2 Hulle is moeg. √ (1)
2.3 Morbiede √ (1)
2.4 2.4.1 Alliterasie
s-alliterasie/y-alliterasie √ (1)
2.4.2 Dit is funksioneel omdat jy die reën ouditief ervaar/
die geleidelik verby gly ouditief ervaar. √ (1)
2.5 Polisindeton √ (1)
2.6 Hulle is vasgevang in ʼn geroetineerde bestaan. √ (1)
2.7 Die volgehoue paarrym sluit aan by die idee van geroetineerdheid/vas-
gevangendheid. √√ (2)
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – Safari
Vraag Antwoord Punt
3.1 Dit lyk soos die beweging van ʼn optog/stoet/mense wat agter mekaar
loop/gekronkelde voetpaadjie. √ (1)
3.2 Deur die aandagstreep. √ (1)
3.3 Dit is funksioneel, want beide dui beweging aan en suggereer dus die
lewensvoortgang van die mens. √ (1)
3.4 Die safari van die lewe bring jou dus in aanraking met verskillende
omstandighede/goeie/positiewe en slegte/negatiewe omstandighede. √ (1)
3.5 3.5.1 Dit verwys na die gaatjie in die grond – die sirkeltjie aan die einde
van die gedig. √ (1)
3.5.2 Dit impliseer ook die hele wêreld – niemand word uitgesluit nie. √
EN
Dit kan ook moontlik wys op die siklus van die lewe. √ (2)
3.6 Dit verwys dit na ʼn spesifieke gaatjie, naamlik die graf. √
(1)
3.7 Die sirkeltjie/kringetjie aan die einde van die gedig/verkleiningsvorm. √ (1)
3.8 Alle mense moet doodgaan; die graf wag vir almal. √ (1)
[10]
OF
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – Vroegherfs
Vraag Antwoord Punt
4.1 Die seisoen het pas begin. √
EN
Die natuurprosesse is nog nie voltooid nie./Alles is besig om ryp te word. √ (2)
4.2 Suiwering √
Stroping √ (2)
4.3 Dit is funksioneel, want dit beklemtoon die feit dat rypwording ʼn geleidelike
proses is./ʼn Vorm van groei is. √ (1)
4.4 Dit impliseer ook deurskynend soos water wat lig deurlaat, wat suiwer
maak. √ (1)
4.5 Die laaste vrugte van die seisoen. √ (1)
4.6 Geweide stemming. √ (1)
4.7 Nee suiwering het nog nie plaas gevind nie. Hy bid juis tot God en vra dat
dit moet plaasvind √ en omdat suiwering nog nie plaasgevind het nie, kon
rypwording dus ook nog nie plaasvind nie. √ (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
EN
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – Opstanding
Vraag Antwoord Punt
5.1 Die spreker se geliefde/iemand naby aan hom/haar/iemand wat die
spreker sal onthou/begrawe. √ (1)
5.2 Hy/sy sê dat hy/sy op ʼn Woensdag begrawe moet word.
Daar moet kosmos op sy/haar graf geplant word. √ (1)
5.3 Daar is die moontlikheid dat die mense hom nie gaan/wil onthou nie. √ (1)
5.4 “dit kos mos niks” √ (1)
5.5 Niks = gratis blomme (kos mos niks) √ op nikswerd mens (nietige
gestorwene, waarvan niks oorbly nie) se graf. √ (2)
5.6 “wat eendag vlesig weer moet blom” √ (1)
5.7 Dit is funksioneel, want dit rym met “kom” en so skakel dit met die
opstandingsgedagte. √ (1)
5.8 Die morbiede/hartseer stemming √ sluit aan by die begrafnis. √ (2)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 6: OPSTELVRAAG
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
struktuur en taal.
Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
Inleidingsparagraaf
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan, bv.
Die Kwart-voor-sewe-lelie is nie jou tradisionele liefdesroman nie.
Hoofkarakter as heldin.
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.
Iris is die hoofkarakter daarom wil ʼn leser met ʼn vurige en sterk heldin identifiseer.
Alhoewel Iris ʼn gesonde sin van ironie het om haarself as vrou te laat geld word
sy nie as vurig/selfgeldend beskou nie. Sy is gedurig in ʼn fantasiewêreld.
Sy word gesien as die tipiese buitestander, want niemand luister na haar nie
omdat sy deurentyd as te jonk beskou word om ʼn geldige opinie te lug.
Haar susters se lewe is baie meer opwindend as hare en dus is sy hierdie
aspoestertjiekarakter.
Haar lewe is beskou met ʼn houding van déja-vu. Hulle was al een keer daardeur
en het nie krag gehad vir ʼn herhaling nie.
Iris het nie die tradisionele beroepsambisie van die heldin nie. Sy is tevrede om
by dr. Anders te gaan werk t.s.v. haar graad.
Verhouding tussen die heldin en die held
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.
Die verhouding tussen Peter en Iris is nie wat verwag word van ʼn held en heldin
nie. Daar is geen romantiese aanloop nie. Hulle ontmoet, raak intiem en Peter
vertrek.
Anders as die tradisionele held, verstaan Peter, die sg. held, die heldin glad nie.
Peter verstaan nie hoe haar kop werk nie. En die enigste uitweg wat hy sien, is
om Amerika toe te gaan.
Alhoewel daar baie min uiterlike en emosionele konflik is, bring hierdie onvermoë
spanning mee. Iris se beheptheid met haar naam en blom-geleentheid en die
modelkontrak, is die grootste botsende element.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
Hulle het ook nie gereelde kontak met mekaar nie. Na hulle eerste intieme
ontmoeting, verloop daar byna drie weke voordat daar weer enige kontak is.
Na sy vertrek Amerika toe, besoek hy haar vir drie weke. Tussenin is daar
feitlik geen kontak nie. Glad nie wat ʼn mens van ʼn verliefde paartjie verwag
nie.
Emosie speel nie werklik ʼn rol in die verhouding nie. Iris twyfel selfs tot haar
huweliksdag of Peter die man vir haar is. Alles teenstrydig met ʼn liefdesroman.
Gelukkige einde
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.
Alhoewel die held en heldin trou, is die troue nie die tradisionele hoogtepunt
van die verhouding nie. Iris vra op haar troudag aan die Engel of sy die regte
ding doen.
Die Engel se nabyheid is steeds belangrik. Die heldin verlaat haar dus nie
algeheel op haar held nie.
Iris beweeg net van haar ongetroude status na getroude status. Geen
wittebrood of sprokiestroue en trourok nie. Dit is dus nie jou tradisionele
gelukkige einde nie.
Sy was egter tog gelukkig, want sy het Peter, Johanna, Polder en die lelie.
Daarby het Iris tot emosioneel volwasse vrou gegroei.
Kommentaar op liefdesroman
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.
Dit is beslis nie die tradisionele liefdesroman nie. Hier is geen passie en
vreeslike hygtonele nie. Die roman gaan maar hoofsaaklik oor Iris se soektog
na die volmaakte blomgeleentheid.
Slotparagraaf
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan, bv.
Ek sien Die Kwart-voor-sewe-lelie definitief nie as die tradisionele liefdesroman
nie. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9
VRAAG 7: Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker
KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
7.1 Dit is funksioneel, want die gebeure kon net deur Iris self beleef gewees
het. √ (1)
7.2 “Niemand het nog ooit na my geluister nie.” √ (1)
Haar familielede het haar altyd as “te jonk” beskou om na haar te luister./
Wanneer iets opwindend met haar gebeur het, het haar susters dit reeds
beleef en niemand was opgewonde nie./
Hulle spreek haar aan asof sy nie daar is nie. √ (1)
7.3 Johanna √ (1)
7.4 Sy was by geboorte perserig √ en haar arms en bene het oor die hande
van die suster geflap. √ (2)
7.5 Sonder opwinding/onbelangstellend. √
Dit het aanleiding tot haar fantasieë gegee/die skep van fiktiewe
karakters. √ (2)
7.6 Sy kon nie die wasmasjien regmaak nie./
Sy praat met die stofsuier. √
Ma sou dus iemand nodig hê om haar altyd op te pas/te help. √
Ma sluit aan by ʼn groep wat glo in reϊnkarnasie en spiritualisme. √ (3)
7.7 In Vermont. √
Die karakters is morbied/depressief aangesien dit sneeu en koud bly. √
Niemand het geluister toe Iris haar enkel in die sneeu gebreek het nie. √ (3)
7.8 Die aanbod in Parys √ en die huweliksaanbod van Frederik. √ (2)
7.9 Sorgsaamheid. √
Brian hou daarvan om bederf te word; dus kan hy moontlik met Bettie
trou. √
Die kinders hou nie van die verhouding tussen haar en Brian nie. √ (3)
7.10 Haar obsessie met haar naam neem haar heeltemal van die werklikheid
weg. √
Iris glo die blomgeleentheid kom een keer in ʼn mens se lewe, terwyl
Johanna en Peter glo ʼn mens moet elke dag blom. √ (2)
7.11 “Elke mens moet een keer in sy lewe die regte ding op die regte tyd doen
en so ʼn moment van volmaakte sintese beleef.” √
Iris het definitief hiervolgens geleef, want sy het in elke geleentheid ʼn
potensiële geleentheid gesien om te blom. √
Hierdie besoek was dan ook die regte tyd en die regte oomblik, want na
haar ongeluk en tyd saam met die Engel in die hospitaal, √ het sy besluit
om met Peter te trou. √ (4)
[25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 8: Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse
OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
struktuur en taal.
Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
Inleidingsparagraaf
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan, bv.
In Manaka, Plek van die Horings, is daar ʼn voortdurende stryd tussen goed en
kwaad.
Waarin die stryd tussen goed en kwaad geleë is
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.
Die stryd tussen tradisionele bygelowe en gebruike soos deur Chisupo
verkondig teenoor Christelike geloof soos deur ouma Essie verkondig.
Die stryd tussen oneerlikheid soos Riekert voorstel en eerlikheid soos Baas en
mnr. Whitey voorstel.
Chisupo en Riekert as verteenwoordigers van die kwaad.
Beide karakters moet aangespreek word. Kandidate moet ten minste ʼn
gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan uit die res van die opstel
kom.
Chisupo
Hy verteenwoordig die bose veral deur sy invloed as toordokter. Die plaaslike
mense glo hy kan iemand gebreklik maak. Hy wys vinger vir mense wat hom
teëgaan.
Wanneer Baas siek raak, verhinder hy ander mense om hom te gaan help,
want blankes hou vir Chisupo gevaar in. Hulle “vat sy krag” weg.
Hy eis ʼn bok by mnr. Kebbey omdat hy Baas teen sy bevel Ngwezi toe
vervoer het. Hy verbrand dan hierdie bokkop by die kerkie. Dit dui op iets
onheilspellend.
Chisupo sny die toue wat die bootstellasie heg af en brand die kerkie af. Hy
slaag dus amper daarin om Baas se drome te vernietig.
Riekert
Hy verteenwoordig die bose deur sluikhandel met diamante en rassisme. Hy
probeer Baas tydens sy eerste besoek omkoop.
Hy gee geld vir mnr. Kebbey om met Grace te trou in ruil vir gunste sou mnr.
Kebbey die nuwe hoofindoena word.
Ouma Essie en Grace as verteenwoordigers van die goeie.
Beide karakters moet aangespreek word. Kandidate moet ten minste ʼn
gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan uit die res van die opstel
kom.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11
Ouma Essie
Sy word die Profeet van die Bybel genoem weens haar goeie dade, bv. sy gee
vir Baas se honde kos toe hy in die hospitaal was.
Sy is die vredemaker tussen Baas en die sendelinge en onder haar leiding
herstel hul weer die sendingstasie.
Sy staan by haar Christelike beginsels en is nie bang om die khuta te berispe
oor hul afdwaling van godsdiens nie.
Sy gee om vir haar medemens. Sy verskaf huisvesting aan ʼn wildvreemde
blanke man wie se voertuig gebreek het, sy duld nie die uitbuiting van Grace
deur die khuta nie.
Grace
Sy versorg vir Baas omdat hy haar lewe gered het met sy laaste malariapille
toe hy reeds self siek was.
Sy help hom in en om die huis sonder dat hy vra en herinner hom wanneer hy
wil weggaan aan sy weddenskap met sy oupagrootjie. Dit dra deels daartoe
by dat Baas op Manaka bly.
Sy loop nie as hy haar wegjaag nie, omdat sy glo die Here het hom gestuur.
Die keuses wat Baas tussen goed en kwaad moes maak.
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
Baas het ʼn keuse gehad om by Riekert se skelmstreke betrokke te raak, al dan
nie. Hy kies egter om nie by Riekert se skelmstreke betrokke te raak nie.
Alhoewel Baas eintlik ʼn buitestaander is en kon kies om Manuel se dogtertjie
aan haar eie lot oor te laat, gee hy tog vir haar sy medisyne.
Telkemale kry Baas se medemenslikheid die oorhand, al raak hy kwaad
daaroor. Hy gee sy laaste anti-malariapille aan Grace toe sy siek is./Hy gee sy
laaste geld uit aan klere vir Grace en anti-malariapille vir mense wat op
Manaka om hulp aanklop./Hy lewer vleis aan mense sonder om noodwendig
geld te vra./Hy gee kos aan diegene wat honger is.
Hy raak betrokke by mnr. Johnnie se gesinsprobleme. Hy skiet ʼn buffel wat
dien as betaling van Johnnie se skuld en so kan sy gesin herenig.
Baas is aanvanklik gekant teen die sendelinge op Manaka, maar hy is later
bereid om hulle te aanvaar omdat hy besef hul kan vir ander iets daar beteken.
Hy kon in ʼn bakleiery met die khuta betrokke geraak het. Hy kies egter om
hom nie teen hul aantygings te verdedig nie en vertrek stil na Manaka.
Hy kies om nie by mnr. Kebbey se voorstel dat indien hy die nuwe hoofindoena
sou word, dit Baas sou baat om hom ʼn vennoot in sy bootbesigheid te maak
nie.
Geloofwaardigheid
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.
Die intrige is geloofwaardig omdat daar in die alledaagse lewe ʼn voortdurende
keuse tussen goed en kwaad is.
Slot
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan, bv.
Die intrige in Manaka, Plek van die Horings, is geloofwaardig, want net soos Baas
moet ons ook keuses tussen goed en kwaad maak. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 9: Manaka plek van horings – Pieter Pieterse
KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
9.1 Hulle huur ʼn deel van Manaka./
Hulle maak aanspraak op ʼn deel van Manaka./
Hulle trek onder sy afdak en in sy slaaphut. √√
Kandidaat noem enige TWEE. (2)
9.2 Baas sukkel om sy droom te verwesenlik want hy word siek./Ander mense
eis sy krag en tyd op./Sy finansies raak uitgeput./Hy kry moeilikheid met
die khuta. √ (1)
9.3 Griesel. √ (1)
Hy breek by Baas se slaaphut in./Hou hom beter as die res./Werk nie
mooi met sy vrou nie. √ (1)
Griesel was veronderstel om soos ʼn Christen te leef, maar die teendeel
was waar en dit verwar Baas. √ (1)
9.4 Sy oupagrootjie was die stigter van Manaka. √ (1)
Baas wil ʼn boot op die Zambesi hê waarmee hy toeriste aan Afrika kan
blootstel. √ (1)
Nee, aan die einde van die roman het hy wel die boot gebou, maar die
rivier het hom weggespoel. √ (1)
9.5 Manaka is die plek waar Baas duidelikheid oor sy Christenskap kry. √ (1)
9.6 Griesel se optrede is geregverdig, want hy word sleg behandel –
aanvanklik het hy nie eens slaapplek nie./
Hy voel hy het nie regtig enige waarde op Manaka nie/
Hy moet die stamkapteins betaal om hulle werk te doen. √√ (2)
9.7 Meneer Johnnie is ontsteld. √ (1)
Die khuta buit Baas uit deur die konsessie te verdeel en te verhoog./
Hy beskadig ook sy Land Rover met die (gratis) vervoer van die khuta se
pale./Hy gee ook vleis en medisyne weg en op die manier boer hy
agteruit. √√
Die kandidaat noem TWEE situasies. (2)
9.8 Dit maak die verhaal/die karakter meer geloofwaardig./
Dit situeer die konteks van die verhaal. √ (1)
9.9 Grace en Ouma Essie. √√ (2)
Grace lig Baas in rondom hul gebruike en sy dien as tolk. √ (1)
Ouma Essie besleg Baas se saak nadat hy uit die vergadering geloop
het. √ (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13
9.10 9.10.1 Stukkende houtbankies. √
Dit het gedien as sitplek vir die kinders tydens skool asook vir die
kerkgangers. √ (2)
9.10.2 Dit word geassosieer met ou Dennis Chipman √ en met die
verkondiging van die Bybel. √ (2)
9.10.3 Dit is ʼn moontlike verwysing na ʼn verhouding wat tussen hulle kan
ontwikkel./
Dit sinspeel daarop dat hulle twee saam die Bybel op Manaka
gaan verkondig./
Dit kan ʼn aanwysing wees dat Baas aanvaar sy roeping op
Manaka. √ (1)
[25]
VRAAG 10: Vatmaar – AMJ Scholtz
OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
struktuur en taal.
Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
Inleidingsparagraaf
Die kandidaat bied ʼn inleidingsparagraaf aan, bv.
Sekere gebeure en karakters het tot Norman van der Westhuizen, Oom Chai
en Boytjie Afrika se insig bygedra.
Gebeure bring Norman van der Westhuizen tot insig.
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
Die Anglo Boere-oorlog laat Norman wees. Om te oorleef, steel hy kos. Terwyl
hy pap uit Ma Khumalo se pot steel, betrap sy hom op heterdaad. So kom
hulle bymekaar uit.
Hy leer Ma Khumalo beter ken, aanvaar haar as sy ma en kom tot ander
insigte oor Swartmense.
Karakters wat Norman van der Westhuizen tot insig bring.
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
Norman het slegte dinge van Swartmense gehoor en dit geglo totdat hy Ma
Khumalo ontmoet het. Ma Khumalo ontferm haar oor Norman; sy laat hom
skoolgaan en leer hom lewenswaardes.
Toe sy hom Norman noem, aanvaar hy hierdie nuwe identiteit dadelik, want hy
het besef Swartmense is nie sleg soos wat hy geglo het nie. Hy besluit om by
haar te bly en noem haar Ma.
Die wegbring van die wasgoed na die Whites het Norman laat kennismaak met
klasseverskil. Hy het egter besef hy moet van Bob White eerder ʼn vriend as
vyand maak. Dit was dan Bob White wat hom tot posman bevorder het.
Gebeure bring Boytjie Afrika tot insig.
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
Aanvanklik het Boytjie net rondgesit en dagga gerook toe hy op Vatmaar
aangekom het. By die stokvel het hy egter agtergekom hy kan die jongklomp
leer dans en meer as net ʼn daggaroker wees.
Met die dood van Oom Chai het Boytjie besef Bettie is sy eerste ware liefde.
Hy het wel by Bettie ingetrek, maar het die verantwoordelikheid van die vee op
hom geneem en elke oggend die bevele gaan gee.
Die stigting van die sokkerspan het Boytjie die verantwoordelikheid gegee om
ʼn sokkerveld daar te kry en die nodige fondse vir spelers te in om die nodige te
kan aankoop.
Karakters wat Boytjie Africa tot insig bring.
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
Kenny het vir Boytjie die nodige steun vir die sokkerveld se aankoop gegee.
Alhoewel hy die brief vir Du Toitspan se stadsraad aanvanklik geskryf het, het
hy Boytjie verplig om dit in sy eie handskrif oor te skryf. Dit het Boytjie
waardigheid en status van ʼn bestuurder en afrigter gegee.
Gebeure wat Oom Chai tot insig bring.
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
Oom Chai het by Bettie probeer aanpas. Dus het hy sy lewensstyl verander.
Hy het nie meer kruisbande gedra nie; sy snor afgeknip, by die stokvel het hy
tussen die jongklomp gesit en was hy die voorste danser. Sy lyf kon egter nie
die pas volhou nie,
en hy het hom die gramskap van Vatmaar se oues op die hals gehaal. Hulle
het gevoel hy maak homself belaglik en dit hoort nie so dat hy met ʼn vrou
soveel jonger as hy trou nie.
Die koop van die ‘gramophone’ het veroorsaak dat sy huis al voor sononder
vol jongmense was. Hy het sy ou vriende afgesterf en hy kon nie die laatnagte
vat nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15
Karakters wat oom Chai tot insig bring.
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
Die ou oumas van sy eie portuur het uitsprake gemaak soos “blerrie fool”. Dit
het Oom Chai seergemaak. Ook toe sy ou vriende nie meer kom kuier nie,
omdat hulle ontuis voel, moes Oom Chai al sy fout begin agterkom het.
Vatmaar se mense het gelag vir die veranderinge in Oom Chai se leefwyse en
het ook nie hierdie verbintenis “met ʼn kind” goedgekeur nie.
Geloofwaardigheid
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
Ek glo Norman se insig t.o.v. swartmense geloofwaardig is, want hy het die
goedheid van Ma Khumalo beleef.
Boytjie Afrika se insig is dalk minder geloofwaardig, want hy het nog steeds net
rondgesit. Dit is net met die sokkerspan wat hy vuur en vlam is.
Oom Chai se insig was egter te laat. Dit het hom niks gebaat nie.
Slot
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan, bv.
Ander karakters, sowel as gebeure, het dus bygedra tot insig by hierdie
karakters. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 11: Vatmaar – AMJ Scholtz
KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
11.1 Die gebeure in die uittreksel vind plaas by die begrafnis van Ouma
Lewies, √ die eerste begrafnis op Vatmaar. √ (2)
11.2 Hulle het mekaar se taal/kultuur gerespekteer/hulle het mekaar opreg lief
gehad. √ (1)
Liefde sonder grense. √ (1)
Die een was wit (Engels) en die ander bruin (Afrikaans). √ (1)
11.3 Dit is simbolies van die nedersetting Vatmaar waar verskillende mense
vanuit alle oorde en van alle soorte tuis was./
Vatmaar het ook blyplek gehad vir almal wat iewers elders onwelkom
was. √ (1)
11.4 Teacher Elsa en Tommy √√ (2)
Teacher Elsa het Nellie name genoem/sy was skaam vir haar ma se
afkoms/sy het net ʼn foto van haar pa opgehang. √ (1)
Tommy het Nellie seksueel misbruik vir sy plesier. √ (1)
11.5 Oom Flip het ʼn diamant gevat wat nie aan hom behoort nie en so sy
transport besigheid begin. √ (1)
Hy het jare lank hard vir ʼn witman gewerk en geen betaling daarvoor
ontvang nie. √ (1)
11.6 Oom Norman se lyk is in die begraafplaas gekry. √ (1)
Sy voel skuldig/verantwoordelik vir Oom Norman se dood.√ (1)
11.7 Ek-verteller/
Eerstepersoonsverteller √ (1)
Tant Wonnie het hierdie gebeure beleef, daarom is dit geloofwaardig. √ (1)
11.8 Offervaardigheid. √ (1)
“Ek kon nie begrafnis toe gaan nie, het Tant Wonnie verder vertel, want ek
moes Kaaitjie oppas.” √ (1)
Ander in Vatmaar het hierdie offervaardigheid raakgesien en toe sy ander
tydens Kaaitjie se dood nodig gehad het, het hulle tyd opgeoffer. √ (1)
11.9 Sus Bet het Tant Wonnie ondersteun alhoewel hulle nie van haar
familie/ras is nie/al het hulle nie dieselfde taal gepraat nie. √ (1)
Dus het die liefde hier oor grense gegaan. √ (1)
11.10 Hy het ʼn nuwe lewe met Ma Khumalo begin. √/ (1)
In Teks 1 het Oom Lewies en Ruth ook ʼn nuwe lewe begin √ en ook was
hulle liefde oor die grense net soos Norman en Ma Khumalo. √ (2)
11.11 Hy het die tentpen by Kaaitjie se broers en susters se grafte gaan plant en
toe sy jaspant vasgekap en verkluim. √ (1)
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 12: Krismis van Map Jacobs – Adam Small
OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
struktuur en taal.
Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
Inleidingsparagraaf
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan, bv.
Die ruimte waarbinne die karakters van Krismis van Map Jacobs hul bevind,
bepaal die karakters se optrede.
Politieke en sosio-ekonomiese ruimte
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.
Die drama speel af in ʼn woonbuurt (township) van die Kaapse Vlakte waar
armoede en werkloosheid seëvier. Leeglêers (kerrimspelers) op straat en
bendegeweld is aan die orde van die dag.
Die mense woon in woonstelle en munisipale huise (“flats” en “counsil-hyse”). ʼn
Troostelose omgewing t.s.v. poging om kleur in te bring.
A.g.v. politieke omstandighede (apartheid) en armoede beleef die inwoners geen
vooruitsigte vir verbetering nie.
Cavernelis en Maud se strewe
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.
Mister Cavernelis probeer hard om ʼn beter toekoms vir sy gesin te skep buite
hierdie ruimte. Hy werk lang ure in die poloniefabriek en vul saans sy inkomste
aan met die verkoop van onderklere (“soft goods”).
Cavernelis is selfs bereid om Blanchie as prostituut uit te gee om haar toekoms
te verbeter.
Sy kan sodoende ʼn modelkontrak kry wat haar Frankryk toe kan neem.
Al hierdie pogings bring mee dat hulle die verwerping en spot van die leeglêers
beleef.
Selfs hulle taalgebruik (Maud verkies Engels sonder vloekwoorde en Cavernelis
met sy Bolandse aksent) bewys dat hulle na beter strewe. Hulle pas dus duidelik
nie in die ruimte nie en word ook hieroor gespot.
Maud kom gedurig met die inwoners van die Kaapse Vlakte in konflik omdat hulle
glo sy hou haarself beter.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
Cavernelis belowe deurentyd dat hulle opofferings moet maak om hier uit te kom.
Alhoewel Maud bereid is om hierdie opofferings te maak en met naaldwerk ook ʼn
inkomste te verdien, was sy van die begin af skepties of hierdie strewe gaan
realiseer.
Sy spreek haar uit teen die misbruik van Blanchie, maar beleef soos Cavernelis
dat hul in ʼn doodloopstraat gekom het.
Selfs al die vernedering wat Blanche beleef het, bring nog steeds nie vir haar die
uitkoms nie. Sy kry nie die kontrak nie en haar en Cavernelis se verhouding
versleg wanneer sy hom die skuld gee vir haar lewe.
Cavernelis word simbool van hierdie uitsigloosheid en futiele pogings wanneer hy
aan die einde selfmoord pleeg.
Map se omstandighede in hierdie ruimte
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.
Johnnie (wat later Map geword het) het ideale gehad om na skool verder te
studeer. A.g.v. gebrek aan geld, is hy gedwing om werk te soek. Apartheid
veroorsaak dat hy slegs as ʼn bode kon werk.
Om sy omstandighede te verbeter/daaruit te ontsnap sluit hy aan by
bendegroepe. Hy word leier van drie groepe. Hierdie aansluiting lei egter tot
verkragting, moord en tronkstraf. Hy word dus weereens vasgevang in ʼn
uitsiglose bestaan.
Map verander in tronk en glo dat dit nou sy paspoort tot ʼn toekoms is. Hy ervaar
egter verwerping na sy vrylating. Hy kry nie werk nie/die orkes laat hom nie weer
toe nie.
Sy toekoms in hierdie omstandighede blyk ook nie rooskleurig te wees nie. Daar
bestaan dus die moontlikheid van ʼn terugval na die bendes.
Ander karakters (Cyril, Richie, Tommy en La Guma) se omstandighede in die
ruimte.
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.
Slegs Tommy Sabotker probeer sy omstandighede verbeter deur sy trinklets te
verkoop, maar Cyril en Richie aanvaar hul ruimte en raak deel van die
troostelose bestaan.
Alhoewel La Guma deurentyd sosiale kommentaar lewer, doen hy niks behalwe
sy liggaamlike oefening om van sy ruimte tydelik te ontsnap nie.
Slot
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan, bv.
Karakters probeer dus uit die omstandighede ontsnap, maar hulle bereik nie
sukses nie omdat uitkomkans min is. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19
VRAAG 13: Krismis van Map Jacobs – Adam Small
KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
13.1 Uiterlike konflik √ (1)
Cavernelis wat toelaat dat Blanchie misbruik word. √ (1)
13.2 Vrees/Woede √ (1)
Die emosie is geloofwaardig, want Cavernelis was nie deel van die mense
op die Kaapse Vlakte nie./Hy was nie gewoond daaraan om te baklei nie. √
OF
Dis nie geloofwaardig nie, want Cavernelis het saans “soft goods” verkoop
en dan was hy nie bang vir die omgewing en sy mense nie. √ (1)
13.3 Hy verkoop “soft goods” as ʼn manier om ekstra geld te verdien. √ (1)
Hy wil graag uit die township kom/beter gehalte lewe vir sy familie gee. √ (1)
Hy is feitlik nooit by die huis nie en dit veroorsaak wrywing tussen hom en
Maud. √ (1)
13.4 Vredemaker √ (1)
Dit is nie geloofwaardig nie, want hy is die een wat gewoonlik al die stories
versprei. √ (1)
13.5 Die feit dat Cavernelis vir Blanchie as ʼn prostituut laat werk. √ (1)
Maud en Cavernelis sien dit as ʼn geleentheid om uit die township te kom. √ (1)
Die inwoners keur dit glad nie goed nie. √ (1)
13.6 Dit is funksioneel, omdat dit Cavernelis se gierigheid om geld bymekaar te
maak beklemtoon. √ (1)
13.7 Sy wou ʼn modelkontrak in Parys hê. √ (1)
Sy was nie suksesvol nie, want sy het nie die kontrak gekry nie. √ (1)
Sy het nie meer vir Map gaan kuier nie. Sy was te besig dus het die
verhouding skipbreuk gelei. √ (1)
“Hoekô avoid sy vir my ...” √ (1)
13.8 Na die roof en verkragting van sy ma en suster √ en die dood van sy
vriend, Ivan Philander. √ (2)
Map se behoefte om êrens te behoort het hiertoe aanleiding gegee. √ (1)
13.9 Hy lei Map tot bekering en dan besef Map dat die Here sy sonde vergewe
en vergeet het √ en daarom is geen sonde van Blanchie te erg om te
vergewe nie. √ (2)
13.10 Die gesprek is nie vloeiend nie a.g.v. die ontsteltenis. √
EN
Dit beklemtoon die stiltes. √ (2)
13.11 In Teks 1 is Cyril onvergewisgesind teenoor Cavernelis, maar in Teks 2 is
Map vergewensgesind. √ (1)
[25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 14: Mis – Reza de Wet
OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
struktuur en taal.
Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
Inleidingsparagraaf
Die kandidaat bied ʼn inleidingsparagraaf aan, bv.
Meisie, Gabriël en Konstabel staan in konflik met hul omgewing.
Ruimte
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
Die visuele binneruimte stel die kombuis van ʼn uiters armoedige huisie voor.
En dis juis hier waar Meisie ʼn groot deel van haar dag vasgevang is.
Meisie se optrede
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
Meisie sit in die kombuis die grootste deel van die dag en missakke toewerk.
Meisie smag na ʼn jongmenslewe, maar a.g.v. die misstank en vlieë kom geen
jongmense kuier nie.
Die agterdeur lei na vryheid, maar Miem hou dit gegrendel en laat Meisie ook
nie alleen na buite gaan nie. Daar is in elk geval ook nog die hekkie van die
omheinde werf wat haar binne hou.
Sy smag na die sirkus en vryheid en dit bring innerlike konflik by haar teweeg.
Sy besef die sirkus kan haar die sensuele en seksuele ontwaking bied waarna
sy smag.
Meisie het al ʼn slag na die sirkus skelmpies gaan kyk, maar haar ma het haar
gevang en kamstig “siek” geword a.g.v. die teleurstelling. Sy is dus in hierdie
tweestryd gewikkel: sy wil wegkom van die kombuisruimte, maar dan is die
implikasie daar dat sy nie meer ʼn “goeie meisie” is nie.
Meisie se bevryding begin egter juis hier in die kombuis wanneer Miem
Konstabel toelaat.
Aanvanklik wil sy nie met Konstabel gesels nie, maar op Miem se aandrang laat
sy toe dat hy aan haar raak, gaan sy saam met hom buitentoe om die
slopemmer uit te gooi waar hulle twee hul planne smee.
Aanvanklik wil Meisie nie die sirkusmusiek hoor nie. Sy pleit by Konstabel om
die deur en venster toe te maak, maar sy gee haar tog geleidelik oor.
Die “fladder” aan die einde van die drama verwys dan ook na ʼn skoenlapper
wat uit ʼn kokon breek, maar ook na die siklusse/transformasie wat ʼn ruspe
ondergaan tot ʼn pragtige skoenlapper.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21
Meisie se konflik met haar ruimte is dan uiteindelik geslaagd, maar die vraag
bly staan of sy nie maar nou net weer in ander omstandighede vasgevang is
nie.
Gabriël se strewe en optrede
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
Na die Groot Depressie het Gabriël sy plaas verloor en kon hy nie meer sy
gesin onderhou nie. Hy verwissel dan van ruimte nl. hy gaan sluit homself toe
in die solder.
Alhoewel die luik telkemale oopgaan, wend Gabriël geen poging aan om
homself te bevry nie. Dis dalk juis die moontlike bevryding wat by hom konflik
skep, want dan moet hy probeer om sy aansien weer te herwin.
Gabriël probeer nooit eens hom werklik bevry nie. Die gille wat gepaardgaan
met die sak van die emmer, kan as ʼn poging gesien word wat hy net van sy
bestaan daar bo die huismense wil bewus maak.
Hierdie handeling van Gabriël om die slopemmer te laat sak, sorg daarvoor dat
Meisie en Konstabel alleen kan kom om hul planne te finaliseer vir die vlug
later in die nag.
Konstabel se optrede
Kandidate moet ten minste ʼn gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
Konstabel kom vanaf die magiese, vrye ruimte na die beperkende ruimte van
die plaashuis. Hier is sy rol dié van ʼn bevryder. Hy word ʼn verpersoonliking
van alle redders uit ʼn beknelde situasie.
Hy manipuleer al drie vroue deur aanvanklik as biegvader op te tree en hul so
in ʼn mate te bevry. Sy vertelling van tant Hannie aan Gertie bevry haar in ʼn
mate van haar seksuele frustrasie. Meisie se biegstories kom hom later goed
te pas om haar te oortuig om saam met hom te kom. Ook Miem bieg teenoor
hom dat hy “gevoelens” by haar aanwakker deur sy nagtelike teenwoordigheid.
Sy trek dan ook die knellende borstrok vir ʼn wyle uit.
Konstabel is egter vasgevang in homself. Hy word begeer en hy begeer. Hy
begeer jong meisies en “geniet” dit om hul wêreldwys te maak. Terselfdertyd
het hy die hunkering na en liefde van ʼn moederfiguur. Konstabel worstel dus
nie met ʼn fisiese ruimte nie, maar wel met die innerlike ruimte binne hom.
Aan die einde word hy egter die towenaar wat Meisie bevry van haar fisiese
ruimte, maar hy ontsnap nie aan sy eie innerlike ruimte nie. Volgende jaar 31
Augustus slaan hy weer toe.
Slot
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan, bv.
Meisie verruil dalk die een uitsiglose bestaan vir ʼn ander. Gabriël en Konstabel
bly ʼn gevangene van hul onderskeie ruimtes. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 15: Mis – Reza de Wet
KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
15.1 Meisie is bekommerd oor gevaar wat van buite kan kom, terwyl die
gevaar eintlik alreeds binne in die huis is in die persoon van die
konstabel. √√
Kandidate moet beide kante van die saak noem. (2)
15.2 Miem wil Meisie teen alle boosheid beskerm. √ Sy stel Meisie telkens
gerus en noem dat sy veilig is omdat Wagter hulle sal waarsku en die
konstabel daar is. √ (2)
15.3 Gertie is ʼn oujongnooi wat na seksuele bevryding smag √
en Konstabel kan haar dit bied, daarom probeer sy hom beϊndruk. √
Hy het haar net halfpad bevry. √ (3)
15.4 Dit is funksioneel, omdat dit Gertie se onsekerheid ten opsigte van
Meisie se moegheid en haar plan om haar weg te kry, aandui. √ (1)
15.5 Gertie is hier nie regtig bekommerd oor Meisie se moegheid nie, sy wil
net alleen by Konstabel wees. √
Net so het Gertie daarvan gehou om na die sirkus te kyk, maar vir
Miem vertel sy hoe het sy gegril en praat sy van ʼn spul, maar dit is net
om Miem tevrede te stel. √ (2)
Die kandidaat moet beide kante noem vir 2 punte.
Haar geveinsdheid/valsheid. √ (1)
15.6 Na twaalf het Meisie saam met Konstabel soos mis voor die son
verdwyn √ en toe was dit eers gevaarlik. √ (2)
15.7 Sy druk haar hande oor haar ore; dan haal sy haar hande af en begin
haar kop beweeg en dan word haar dans al hoe uitbundiger. √ (1)
15.8 Dit is funksioneel, want Meisie het nou hierdie vrye vlinder geword. Dit
skakel dus by die beeld aan. √ (1)
15.9 Die musiek kontrasteer die eksotiese/magiese ruimte buite teenoor die
armoedige toestande binnenshuis √ en beklemtoon so die
vasgevangendheid van die karakters. √ (2)
Die musiek moet aan die einde harder word, omdat Meisie aanvanklik
nog steeds onwillig is om daarna te luister. Die musiek moet haar dus
oorrompel. √ (1)
Die musiek beϊnvloed definitief die gehoor, want reeds reg van die
begin af wek die tipe sirkusmusiek spanning by die gehoor. Aan die
einde moet die musiek hul ook vang soos vir Meisie. √ (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23
15.10 Die buitewêreld/die eksotiese √ met die beklemmende/knellende/
slegruikende binneruimte. √ (2)
15.11 Hy transformeer in ʼn nar. √
Dit is noodsaaklik, want die uniform dui op die beskermer teenoor die
narrebaadjie wat dui op die magiese bevryder en dit dui ook op die
innerlike verandering wat hy teweeg bring kan. √
Dit sluit aan by die magiese wêreld. √ (3)
15.12 “... na twaalf is ek weer vort” √ (1)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (SEPTEMBER 2014)
AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
Interpretasie van ˗ Diepgaande ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die
onderwerp interpretasie van onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie
Diepte van argument, onderwerp onderwerp goed onderwerp. die onderwerp ˗ Geen verwysing na die
verantwoordbaarheid en ˗ Reeks treffende geïnterpreteer ˗ Enkele goeie punte ˗ Byna geen punte gedig nie
insig in teks argumente wat ˗ Respons redelik ter ondersteuning wat die onderwerp ˗ Leerder het nie die
behoorlik uit die gedig gedetailleerd van die onderwerp ondersteun nie genre en gedig onder
7 PUNTE gerugsteun is. ˗ Enkele deeglike ˗ Enkele argument ˗ Onvoldoende die knie nie
˗ Uitstekende begrip argumente gegee, word ondersteun, begrip van genre
van die genre en maar nie almal ewe maar bewyse nie en gedig
gedig. goed gemotiveer nie altyd oortuigend nie
˗ Begrip van genre en ˗ Basiese begrip van
gedig duidelik. genre en gedig
STRUKTUUR EN TAAL ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur en ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Struktuur swak
Struktuur, logiese vloei struktuur. logiese vloei van struktuur tekens van swak ˗ Ernstige taalfoute
en aanbieding ˗ Argumente goed argument ˗ ʼn Goed beplanning ˗ Foutiewe styl
Taalgebruik, toon en styl gestruktureer en daar ˗ Vloei van argument gestruktureerde ˗ Argumente nie
gebruik in opstel is duidelike kan gevolg word logiese vloei en logies gerangskik
ontwikkeling. ˗ Taalgebruik, toon en samehang ontbreek nie
3 PUNTE ˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek in die opstel ˗ Taalfoute
styl is volwasse, dit ˗ Geringe taalfoute; beduidend
beïndruk en is korrek toon en styl meestal ˗ Toon en styl nie
˗ Grammatika, spelling gepas geskik nie
en punktuasie feitlik
foutvry
VERSPREIDING VAN 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V2 25
AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3
Interpretasie van ˗ Uitsonderlike respons: ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die
onderwerp 14–15 onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie
Diepte van argument, ˗ Uitstekende respons: onderwerp goed onderwerp; nie alle die onderwerp: ˗ -Swak poging om die
verantwoordbaarheid en 12–13 geïnterpreteer aspekte in detail byna geen aspekte vraag te beantwoord.
insig in teks ˗ Diepgaande ˗ Respons redelik ondersoek nie in detail ondersoek ˗ Argumente oortuig
interpretasie van gedetailleerd ˗ Enkele goeie punte nie nie
15 PUNTE onderwerp ˗ Enkele deeglike ter ondersteuning ˗ Min punte wat die ˗ Leerder het nie die
˗ Reeks treffende argumente gegee, van die onderwerp onderwerp genre en teks onder
argumente wat maar nie almal ewe ˗ Enkele argument ondersteun die knie nie
behoorlik uit die gedig goed gemotiveer nie word ondersteun, ˗ Baie min relevante
gerugsteun is ˗ Begrip van genre en maar bewyse nie argumente
˗ Uitstekende begrip van teks duidelik altyd oortuigend nie ˗ Weinig begrip van
die genre en teks ˗ Basiese begrip van genre en teks
genre en teks
STRUKTUUR EN TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
Struktuur, logiese vloei ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Gebrek aan
en aanbieding struktuur ˗ Logiese vloei van struktuur tekens van swak beplande struktuur
Taalgebruik, toon en styl ˗ Uitstekende inleiding argument ˗ Logika en samehang beplanning belemmer vloei van
gebruik in opstel en slot ˗ Inleiding, slot en ander is duidelik, maar met ˗ Argumente nie argumente
˗ Argumente goed paragrawe foute logies gerangskik ˗ Taalfoute en foutiewe
10 PUNTE gestruktureer en daar samehangend ˗ Enkele taalfoute; nie styl laat hierdie
is duidelike georganiseer toon en styl meestal ˗ Taalfoute skryfstuk misluk
ontwikkeling ˗ Taalgebruik, toon en gepas beduidend ˗ Styl en toon nie
˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek ˗ Paragrafering ˗ Toon en styl nie geskik nie
styl is volwasse, dit meestal korrek geskik nie ˗ Paragrafering foutief
beïndruk en is korrek ˗ Paragrafering
foutief
VERSPREIDING VAN 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2014 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2014 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2016 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper