Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape Mock 2014 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 1220147 pages

Grade 12 Afrikaans HL question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2014

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRHL3* Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (25 x 2) (50) Jy word sterk aanbeveel om 80 minute aan AFDELING A en 70 minute aan AFDELING B te bestee. 2. Beantwoord EEN vraag uit AFDELING A. 3. Beantwoord TWEE vrae uit AFDELING B. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/ kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ʼn streep deur die beplanning as jy jou finale weergawe oorgeskryf het. 7. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Voorsien elke skryfstuk van ʼn gepaste titel/opskrif. LET WEL: Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL) VRAAG 1 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 400–450 woorde. 1.1 Dié risiko was die moeite werd. [50] OF 1.2 Moet Afrikaanssprekende ouers hul kinders in Engels grootmaak? [50] OF 1.3 My vrese vir die lewe ná skool. [50] OF 1.4 Dít sal ek van my skoolloopbaan onthou. [50] OF 1.5 Sprei jou vlerke. [50] OF 1.6 1.6.1 [Bron: Internet] [50] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2014) 1.6.2 [Bron: www.dreamstime.com] [50] OF 1.6.3 [Bron: Internet] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf skryfstukke van 180–200 woorde elk. 2.1 BEDANKINGSBRIEF Jy staan aan die einde van jou skoolloopbaan en kyk terug na die dinge wat jou ouers vir jou oor die jare gedoen het. Skryf ʼn BEDANKINGSBRIEF aan hulle vir die opoffering oor die afgelope jare. [25] OF 2.2 FORMELE VERSLAG Jy en jou vriende het ʼn plaaslike kultuurfees bygewoon. Op pad terug huis toe was jy ooggetuie van ʼn grusame motorongeluk. Skryf ʼn FORMELE VERSLAG vir die plaaslike polisie van dié gebeure. [25] OF 2.3 HULDEBLYK Die redakteur van julle skoolkoerant het jou, as bekende oudleerder van jou skool, gevra om ʼn huldeblyk te skryf oor die skoolhoof wat na 30 jaar uit die onderwys tree. Skryf die HULDEBLYK oor die skoolhoof wat jy gaan lewer. [25] OF 2.4 BRIEF AAN DIE PERS Jou skool is in ʼn koerantberig gekritiseer oor ʼn voorval wat na bewering op die skoolterrein plaasgevind het. Skryf ʼn brief aan jul plaaslike koerant om aan die koerantlesers die ware toedrag van sake te verduidelik of om jou skool se kant van die saak aan die leserspubliek te stel. [25] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2014) 2.5 KOERANTBERIG Bestudeer die volgende koerantopskrifte en skryf ʼn KOERANTBERIG oor EEN van hierdie opskrifte. Paarlse tieners vandag begrawe na busongeluk Hordes ruk op na fees Wonderlike matriek uit siellose plakkerskrotte Wêreldberoemde sportheld kom tot ʼn val [25] OF 2.6 ONDERHOUD Een van jou klasmaats is ʼn finalis vir “Matrikulant van die Jaar” vir JIP. Jy nader hom/haar vir ʼn onderhoud vir die skoolkoerant. Skryf die onderhoud neer. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all