Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 12201411 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2014

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V1 PUNTE: 70 TYD: 2 uur *AFRHL1* Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (SEPTEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: LEESBEGRIP (30) AFDELING B: OPSOMMING (10) AFDELING C: TAAL (30) 2. Lees ALLE instruksies noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Trek ʼn streep na elke afdeling. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg. ARTIKEL Ons word net ronder Meer as die helfte van alle Suid-Afrikaners is oorgewig of vetsugtig – maar vergeet eerder daarvan om hulp by die multimiljoenrand-gewigsverlies of -fiksheidsbedryf te kry. 1. Ons ken almal iedere post-feesseisoen-belofte: Troef die vetrolletjies in vier maklike stappe, skud jou feesvet binne ʼn maand af, sluk ʼn pilletjie om die oortollige jy in ʼn japtrap te laat wegsmelt ... 2. Vir Suid-Afrikaners word dit elke jaar ʼn al gewigtiger saak: ʼn Skokkende 61% van ons is óf oorgewig óf vetsugtig – dit is wanneer jy met ʼn liggaamsmassa- indeks (BMI) van meer as 30 sit. 3. Dit is ʼn verstommende syfer, skryf The Economist, veral vir ʼn land waar 40% van die bevolking van 50 miljoen op minder as R16 per dag oorleef. 4. Ons is nie die enigste nasie wat die skaal laat kreun nie. Jaarliks sterf sowat 3 miljoen volwassenes wêreldwyd aan siektes wat verband hou met vetsug, en dié syfer styg met rasse skrede, sê die hart- en beroertestigting. 5. Wat nog meer kommerwekkend is, is die 43 miljoen kinders jonger as vyf jaar wat volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie oorgewig is. En ons praat nie net van bedorwe ryksmanskinders nie – sowat 35 miljoen van hulle woon in ontwikkelende lande. 6. Leefstylveranderinge in ontwikkelende lande is die sondaar in die groot styging in leefstylverwante siektes soos beroerte en hartaanvalle, asook toestande soos diabetes. Hartaanvalle en beroertes eis drie Suid-Afrikaners per uur, het ʼn oudminister, Jay Naidoo, nou voorsitter van die Global-alliansie vir verbeterde voeding, aan City Press gesê. 7. Die internasionale diabetesstigting voorspel dat sowat een uit elke tien volwassenes ter wêreld teen 2030 aan diabetes sal ly. Vir baie gaan gewigsverlies en oefening dus oor veel meer as ʼn slanke figuur – met ʼn gesonder leefstyl kan jy ʼn paar jaar langer leef. 8. Die gewigsverlies-, gesondheids- en fiksheidsbedryf rol in die kontant, en tog word mense al hoe vetter. Dit is omdat gewigsverliesmaatskappye staatmaak op leë beloftes van kitsoplossings, wat weer tot onrealistiese verwagtings aanleiding gee, skryf die mediese praktisyns Yoni Freedhoff en Arya Sharma in die Canadian Medical Association Journal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (SEPTEMBER 2014) 9. Boonop is die meeste van die towerpilletjies, -dieetaanvullings en -jels nie veilig of wetenskaplik getoets nie. Ook in Suid-Afrika is daar etlike voorbeelde van twyfelagtige dieetprodukte wat op die winkelrakke beland. Volgens Health24.com het die verbruikersgoederereus, Unilever, besluit om laat verlede jaar sy Hoodia-aanvulling, wat glo ook kon help om jou eetlus te demp, aan die mark te onttrek. In die kliniese toetse is bevind dit kan aanleiding gee tot newe-effekte soos braking en hoë bloeddruk. 10. Hierdie multimiljardrand-bedryf “verkwansel hoop aan desperate mense”, skryf die joernalis Rebecca Reisner op businessweek.com. “Die rede waarom ons te veel eet, is eenvoudig: Kos is lekker en daarom eet ons baie daarvan. Die enigste manier om gewigsverlies te handhaaf is om die res van jou lewe minder te eet en meer oefening te doen.” 11. Die fiksheidsbedryf kan ook nie sy hande in onskuld was nie. Gimnasiums was eens ʼn plek waar jy gesweet het en jou persoonlike instrukteur wou verwurg, maar nou is dit ʼn plek om gesien te word, met skoonheidsalonne, internetkafees en selfs restaurante. 12. “Die gesondheids- en fiksheidsbedryf is vandag een van die winsgewendstes ter wêreld, skryf die onafhanklike persoonlike instrukteur Steve Mululu in sy nuusbrief. Volgens hom is mense se drome oor fisieke volmaaktheid so groot dat hulle soms desperate, dom dinge aanvang – wat dan deur die bedryf uitgebuit word. 13. Vergeet van blote ydelheid: Vetsug is werklik ʼn ernstige probleem. Hoe meer oorgewig en vetsugtig Suid-Afrikaners word, hoe groter word die las op ons openbare gesondheidsorgstelsel. Gesondheidskenners en die regering raak paniekerig oor die koste daarvan om vetsugtige mense te behandel. 14. “Daar is ’n dubbele las,” skryf die dieetkundige Ingrid van Heerden op health24.com. “Aan die een kant leef ʼn verstommende hoeveelheid Suid- Afrikaners onder die broodlyn en sukkel met wanvoeding, maar aan die ander kant neem vetsug, tipe 2-diabetes, hoë bloeddruk en hartsiektes net so vinnig toe. 15. Prof. Salome Kruger, ʼn vetsug- en -wanvoedingskenner aan die Noordwes- universiteit, het aan die globalpost.com gesê Suid-Afrika gaan binne ʼn paar jaar grootskaalse las van tipe 2-diabetes ervaar. 16. Volgens haar is een van die redes hiervoor dat MIV/Vigs lank die belangrikste gesondheidkwessie was, terwyl ander nie-oordraagbare siektetoestande soos diabetes en hartsiektes min aandag geniet het. [Aangepas uit: www.nn.co.za] 1.1 Hoekom verwys die skrywer na ons en nie sommige nie wat net ronder word? (1) 1.2 Verduidelik waarom van die volgende frase: ʼn al gewigtiger saak, dubbelsinnigheid is? (paragraaf 2) (2) 1.3 Wat is ironies volgens paragraaf 3? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5 1.4 Waaroor is die skrywer so bekommerd aangaande kinders? (1) 1.5 Wat is die oorsaak van siektes soos beroertes en hartaanvalle? (1) 1.6 Is die stelling in paragraaf 7 ʼn feit of ’n mening? Motiveer jou antwoord. (2) 1.7 Watter voordele hou ʼn gesonde leefstyl in? (1) 1.8 Verduidelik die implikasie van die eerste sin van paragraaf 8. (2) 1.9 Waarom kan die gewigsverlies-, gesondheids- en fiksheidsbedryf die mense uitbuit? (2) 1.10 Wat is die eenvoudige rede vir vetsugtigheid volgens Rebecca Reisner? (1) 1.11 Waarom sou die skrywer die instrukteur van ʼn outydse gimnasium wou verwurg? (1) 1.12 Watter negatiewe impak het vetsugtigheid op Suid-Afrika? (2) 1.13 Waarom sal Suid-Afrika binne ʼn jaar groot probleme met tipe 2-diabetes ervaar? (2) 1.14 Waarom, in die lig van die artikel, word mense dan al vetter ten spyte van die gewigsverlies-, gesondheids- en fiksheidsbedryf? (4) 1.15 Wat is die beste oplossing om gewigsverlies te handhaaf? (2) TEKS 2: STROKIE Hägar 1 2 1.16 Wat weerspieël die verpleegster se lyftaal? (1) 1.1.7 Hoekom, dink jy, reageer die verpleegster so kortaf? (1) 1.18 Hoe kon die dokter sy woorde sagter gestel het? (1) 1.19 Hoe sluit Teks 1 by Teks 2 aan? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (SEPTEMBER 2014) AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2  Lees die onderstaande teks en maak ʼn opsomming van sewe persoonlike oorwinnings wat Brian Berkman behaal het.  Jou opsomming moet in jou eie woorde in ʼn duidelike, sinvolle paragraaf aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.  Moenie jou opsomming ʼn titel gee nie.  Dui die getal woorde wat jy gebruik het, aan. My ontdekkingsreis in Madagaskar 1. Ek was nog altyd bang vir ʼn vakansie in die Boendoes. As kind het die idée van veldskool my doodsbenoud gehad. En tog het ek pas ʼn vakansie in Madagaskar, wat sowaar twee nagte se avontuurlike kampering en ʼn kajakvaart ingesluit het, agter die rug. 2. Nie net sou so ʼn ervaring ʼn jaar en ʼn half gelede, toe ek nog 153 kg geweeg het, fisiek onmoontlik gewees het nie, maar die blote gedagte dat ek sonder die gemak van ʼn vyfstersafarilodge sou moes doen, sou my besluit om “nee” op die uitnodiging te sê, baie maklik gemaak het. Na jare se oorgewig het ek ʼn dieet sonder enige stysel, suiker en alkohol begin volg, wat my aanvanklik ook tot ʼn 5 mℓ vet en minder as 1 200 kalorieë per dag beperk het. Saam met my allemintige gewigsverlies het ʼn klomp fobies, van hoogtevrees en engtevrees tot aragnofobie, sommer self die wyk geneem. 3. Deur my oorgewig vas te vat, het ek verander van iemand wat 22 pille per dag vir diabetes, hoë bloeddruk, chroniese rugpyn en gastriese refluks gedrink het, tot ʼn mens met lewenslus en energie. Al wat ek deesdae drink, is ʼn paar vitamiene-aanvullings. My metamorfose het my terselfdertyd ʼn gesonde skeut selfvertroue gegee. My nuut gevonde selfvertroue het waarskynlik ook gehelp om my vrese vir die boendoes te besweer. Ek moet darem bysê dat ek 12 weke lank voorberei het vir my kajakavontuur in Madagaskar. 4. Eintlik was ek meer op my senuwees oor die kampeerdery as oor die kajakvaart. Net om enige onduidelikheid uit die weg te ruim, ek is hoegenaamd nog nie oorgehaal om ʼn Boy Scout te word nie, maar dit was nie naastenby so erg as wat ek my voorgestel het nie. Miskien is niks ooit so erg soos ʼn mens dink nie. 5. Ons eerste aand in Antananarivo was kortstondig – ons het laat aangekom en lank voor sonop opgestaan om ʼn vlug te haal, maar darem nie voor ons die heerlikste ontbyt op die treinstasie in die eksklusiewe en polsende Café de la Gare geëet het nie. Die plek het vir my ʼn rustige, bruisende ondertoon, wat ʼn mens mos so dikwels in soel tropiese stede kry. [Aangepas uit: Vrouekeur, 5 Julie 2013] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7 AFDELING C: TAAL VRAAG 3: ADVERTENSIE Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg. VERLOOR GEWIG OP DIE REGTE MANIER 1. Probeer die ReliSlim 7-Stap Program en vind ondersteuning by ons facebook-groep, (www.)facebook.com/relislim. 2. Ons glo om permanent van oortollige gewig ontslae te raak moet jy dit stelselmatig verloor deur gesond te eet. Eet uit al die voedselgroepe in die regte porsiegroottes en raak meer aktief. 3. ReliSlim Herbal kan jou help gewig (verloor) omdat dit kruie-bestanddele bevat wat jou eetlus kan beperk, jou lus vir soetgoed kan bekamp en jou metabolisme kan versnel. 4. Kel 6 kan jou verder help gewig verloor deur te verseker dat jou skildklier optimaal funksioneer. 5. Neem nou beheer en word die jy wat jy nog altyd wou wees. Wat ookal jou gewig, ReliSlim Herbal en Kel 6 kan dit vir jou doen. 6. ReliSlim Herbal, Kel 6 en die ReliSlim Herbal Starter Pack is beskikbaar by jou naaste apteek, Dis-Chem en Clicks. 7. Vir meer inligting skakel (011) 480-4916, e-pos info@loockpharmaceuticals.co.za of besoek www.facebook.com/relislim [Uit: Huisgenoot, 26 September 2013] 3.1 Skryf die afkorting tussen hakies in paragraaf 1 voluit. (1) 3.2 Skryf die eerste sin van paragraaf 2 oor en vul die ontbrekende leestekens in. (1) 3.3 Skryf die onderstreepte hoofsin van paragraaf 3 in die lydende vorm. (1) 3.4 Skryf die gepaste antoniem vir die woord tussen hakies in paragraaf 3 neer. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (SEPTEMBER 2014) 3.5 Herskryf paragraaf 4 in die vraende wyse. (1) 3.6 Wat is die stellende trap van die onderstreepte woord in paragraaf 6? (1) 3.7 Verstrek TWEE redes waarom die opskrif van die advertensie opmerklik is. (2) 3.8 Waarom is die visuele prikkel op die prent so effektief? (1) 3.9 Wat is die onderwerp van die sin van paragraaf 6? (1) [10] VRAAG 4: STROKIES Die onderstaande vrae is op die strokies gebaseer: 4.1 [Uit: Die Burger, 28 Oktober 2013] 4.1.1 ʼn Skryfteken ontbreek by ʼn woord in raampie 1. Verskaf dit en skryf die woord korrek neer. (1) 4.1.2 Skryf die kinders se woorde in raampie 3 in die indirekte rede. (1) 4.1.3 Skryf die eerste byvoeglike naamwoord in raampie 4 in die intensiewe vorm. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9 4.2 Uit: Die Burger, 11 Oktober 2013] 4.2.1 Wat is die idiomatiese uitdrukking wat die teenoorgestelde betekenis het as die uitdrukking van die dame in raampie 1? (1) 4.2.2 Skryf die woorde van raampie 2 in die ontkennende vorm. (1) 4.2.3 Wat is die geïmpliseerde betekenis van die tweede spreker se woorde in raampie 3 as die dame se woorde in aanmerking geneem word? (1) 4.2.4 Gee die meervoudsvorm van die onderstreepte woord in raampie 3. (1) 4.3 [Uit: Die Burger, 11 Oktober 2013] 4.3.1 Maak ʼn sin met vat in ʼn ander betekenis as hierbo. (1) 4.3.2 Waarom is die gebruik van klanknabootsing effektief in die strokie? (1) 4.3.3 Watter afleiding kan gemaak word uit die woorde van die tweede spreker in raampie 3? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (SEPTEMBER 2014) VRAAG 5: RUBRIEK Beantwoord die vrae wat op die teks gebaseer is. Vertel ons jou STORIE 1. Een van die lekkerste dinge by FINESSE is die mooi stories wat ons hoor. Soms sal iemand die moed hê om vir ons ʼn epos te stuur, ander kere sal hulle bel. Maar dit gebeur heeltemal te min na ons sin! 2. Ons weet baie goed dat die wêreld wemel van ongelooflike stories wat ander mense moed sal gee en sal inspireer. Soos jou storie, weet jy! Dalk wonder jy al lank hoe jy dit met ander kan deel. Jou familie weet al, en ʼn vriendin hier en daar. Maar jy is (beslis) nie ʼn spreker nie en skryf heeltemal te swak om selfs te dink aan blog ... Deel dit met ons, ons sal jou storie vertel! 3. Vertel vir ons van jou huwelik wat maande lank op die rand van die afgrond was, en toe jy heeltemal moed verloor het, wonderbaarlik herstel is. Of die lewensmaat vir wie jy so lank gebid het, maar wat net nie wou opdaag nie. Tot die dag dat jy hom amper onderstebo gery het! 4. Dalk het jy baie jare gesukkel met jou groot, ongemaklike, oorgewig lyf. En toe, op ʼn dag, (maak jy ʼn kopskuif) en begin gesond leef. Nou is jý die vrou in die swembroek op die strand wat almal beny. Of dalk moes jy jou sente omdraai voor jy een aand in die bad ʼn sake-idee gekry het – een wat vir baie mense werk geskep het. 5. So, trek jou rekenaar nader en vertel vir ons. Gebruik “My ongelooflike storie” as onderwerp en stuur dit na redaksie@finessemag.co.za. [Aangepas uit: FINESSE – November 2013] 5.1 Skryf die byvoeglike bysin uit die eerste sin van paragraaf 1. (1) 5.2 Korrigeer die spelfout wat in paragraaf 1 voorkom. (1) 5.3 Verander die woordsoortlikheid van die onderstreepte woord in paragraaf 2 na ʼn selfstandige naamwoord en gebruik in dit ʼn sin. (1) 5.4 Skryf ʼn sinoniem van die woord in paragraaf 2 wat tussen hakies staan, neer. (1) 5.5 Wat beteken die uitdrukking tussen hakies in paragraaf 4? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V1 11 5.6 Is die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 4 konnotatief of denotatief? Motiveer jou antwoord. (2) 5.7 Verduidelik die funksie van die aandagstreep in paragraaf 4. (1) 5.8 Is die eerste sin van paragraaf 5 ʼn veelvoudige, enkelvoudige of ʼn saamgestelde sin? Verstrek ʼn rede vir jou antwoord. (2) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all