Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2014
AFRIKAANS HUISTAAL V3
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2014 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2014 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 15 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2014
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 338.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2014
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Memo
- Other filesQuestion paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2014)
ANALISE VAN VRAESTEL
AFDELING A OPSTEL
1.1 Verhalend/Beskrywend
1.2 Argumenterend/Beredenerend
1.3 Verhalend/Bespiegelend/Beskrywend
1.4 Bespiegelend/Verhalend
1.5 Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend
1.6 Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend/Beredenerend/
Argumenterend
AFDELING B LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
2.1 Bedankingsbrief
2.2 Formele Verslag
2.3 Huldeblyk
2.4 Brief aan Pers
2.5 Koerantberig
2.6 Onderhoud
ONTLEDING VAN VRAESTEL 3
DENKVLAK VAN DIE SKRYFSTUK
VLAK 1: 3 PUNTE
VLAK 2: 4–6 PUNTE
VLAK 3: 7–9 PUNTE
VLAK 1 VLAK 2 VLAK 3
O: Onderwerp Kandidaat se eie Kandidaat se eie en Kandidaat en
persoonlike en onmiddellike die wye wêreld
alledaagse gemeenskap en
leefwêreld omgewing
A: Aanbieding Baie hulp; riglyne, Minder hulp; minder Net die
woordeskat in riglyne, minder onderwerp,
tekste, woordeskat in tekste, min leiding
antwoordblad, ens. uitdagender
antwoordblad
U: Uitdaging Skryf net woorde Skryfstukke wat hoër Moeiliker
skryfvaardighede vereis skryfvorme
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL)
VRAAG OPSTEL O A U TOTAAL DENKVLAK
1.1 Verhalend/Beskrywend 1 1 1 3 1
1.2 Argumenterend/Beredenerend 3 2 3 8 3
1.3 Verhalend/Bespiegelend/
Beskrywend 3 1 2 2 2
1.4 Bespiegelend/Verhalend 1 1 1 3 1
1.5 Verhalend/Beskrywend/
Bespiegelend 3 3 2 8 3
1.6 Verhalend/Beskrywend/
Bespiegelend
Beredenerend/Argumenterend 3 3 3 9 3
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG LANGER TRANSAKSIONELE O A U TOTAAL DENKVLAK
TEKSTE
2.1 Bedankingsbrief 1 1 1 3 1
2.2 Formele Verslag 2 2 2 6 2
2.3 Huldeblyk 2 2 2 6 2
2.4 Brief aan Pers 2 2 3 7 3
2.5 Koerantberig 3 3 3 9 3
2.6 Onderhoud 1 1 1 3 1
Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
wille van eenvoud en eenvormigheid.
SIMBOOL BESKRYWING VERDUIDELIKING
0 Sirkel Punktuasiefout
Dubbel strepie onder ʼn Spelfout
woord
Lang streep onder ʼn Foutiewe woord gebruik
woord
Sirkel met pyltjie Woordorde
/\ Weglaatteken Woord weggelaat
T Hoofletter T in kantlyn Tye verwar
H Dubbele hh Herhaling van gedagtes
VR Vraestel Dele saamgeflans met woorde
in vraestel gebruik
? Vraagteken Baie verwarrend/sukkel om te
verstaan wat leerder skryf
[ Enkel hakie Nuwe paragraaf
E Letter “e” bo woord Engelse woord gebruik
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2014)
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: AFRIKAANS HUISTAAL KREATIEWE TEKS (OPSTEL)
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerders mag
slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf en hy/sy mag enige tipe opstel,
toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale
poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE:
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = K6 – 21 I = K4 – 17½
Taal, styl en redigering: T = K4 – 8 T = K3 – 7
Struktuur: S = K5 – 3 S = K4 – 2½
Skryf dan die totaal van die opstel aan die
regterkant (onder die opstel) 32 27
Dra die getal uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees) langs die vraagnommer bo links.
LET WEL: Indien die getal 38½ sou wees, dra dan die getal as 39 oor.
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekend
gestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat
gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se
mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende,
beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl
ʼn argumenterende, beredenerende en verklarende opstel se slot die skrywer
se finale standpunt/mening weerspieël.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
VRAAG 1
RIGLYNE
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande
memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige
tipe opstel aan, soos byvoorbeeld:
1.1 Dié risiko was die moeite werd: Die leerder kan ʼn storie vertel of
spekuleer oor wat die moeite werd was. Verhalende opstelle kan hier
verwag word. [50]
1.2 Moet Afrikaanssprekende ouers hul kinders in Engels grootmaak?
Leerders kan hierdie onderwerp op ʼn negatiewe of positiewe vlak
interpreteer. Hier kan dit verhalend, beskrywend, argumenterend,
beredenerend of selfs bespiegelend wees. [50]
1.3 My vrese vir die lewe ná skool: Die leerder kan ʼn geestesprentjie
interpreteer/spekuleer oor sy vrese na skool. Hierdie opstel sal
beskrywend of bespiegelend van aard wees. [50]
1.4 Dít sal ek van my skoolloopbaan onthou: Leerders kan hierdie
onderwerp baie wyd interpreteer. Dit kan fokus op een of meer van sy
ervaringe/goeie of slegte herinneringe/ʼn onderwyser/spesiale
geleenthede of enige iets anders wat ʼn impak of sy skoollewe gehad het.
Beskrywende of verhalende opstelle kan hier verwag word. [50]
1.5 Sprei jou vlerke: Leerders kan hierdie onderwerp wyd interpreteer. Dit
kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredenerend of selfs
argumenterend van aard wees. [50]
1.6 1.6.1 Hande: oop onderwerp. Kan tot verskillende inhoude en tipes
opstelle lei. [50]
1.6.2 Voetspore in sand: oop onderwerp. Kan tot verskillende
inhoude en tipes opstelle lei. [50]
1.6.3 Mans by rekenaar: oop onderwerp. Kan tot verskillende
inhoude en tipes opstelle lei. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2014)
TIPES OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
Dit gaan oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie/gebeurtenis).
ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
Die verlede tyd word gewoonlik gebruik, maar die teenwoordige tyd kan
gebruik word om ʼn gevoel van die hede te skep.
Die inhoud is boeiend, interessant, dit oortuig en ontwikkel logies; dus is die
inhoud samehangend.
Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
Karakterisering oortuig en die atmosfeer/agtergrond is geslaagd.
ʼn Kort, treffende inleiding wat die leser boei.
Die slot moet ongewoon, interessant en onvoorspelbaar wees.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.
Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
die opnoem van waarnemings).
Tekste kan varieer van meer realisties na ʼn verdieping in die aanbieding.
Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ʼn oorspronklike wyse
aangewend.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
BEREDENERENDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp
onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer
mag tot ʼn spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die
argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik
ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.
Hou die volgende in gedagte:
Die opstel handel oor ʼn onderwerp waaroor standpunt ingeneem word,
alreeds in die inleiding.
BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
Die inhoud moet oortuig en ontwikkel logies en helder.
ʼn Gevolgtrekking word in die slotparagraaf bereik wat aansluit by die
inleiding.
Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg, deurdink ʼn idee/lewensverhaal en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Bespiegel oor ʼn droom of wense.
Hou die volgende in gedagte:
Die probleem, situasie, saak of onderwerp word omskryf.
Die onderwerp word bepeins en oordink.
Verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
ʼn Eie logiese en sistematiese mening word gevorm.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL
Die skrywer het ʼn spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar
standpunt te motiveer. Dit is ʼn subjektiewe opstel.
Hou die volgende in gedagte:
Dit is subjektief en definitiewe opinies moet gestel word.
ʼn Eie mening word op ʼn baie oorspronklike wyse en treffende manier gegee.
ʼn Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
Daar moet op argumente vir/teen die standpunt gekonsentreer word.
ʼn Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
Daar moet ʼn duidelik en oortuigende slot wees.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2014)
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
moet nagesien word. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
eerste teks nagesien.
NASIENRIGLYNE:
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat I = K5 – 10
Taal, styl en redigering T = K5 – 6
16
Skryf dan die totaal se punt van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).
Dra die getal uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (die begin van die
afdeling).
LET WEL: Indien die getal 17½ sou wees, dra dan die getal as 18 oor.
VRAAG 2
2.1 BEDANKINGSBRIEF
Hierdie brief is ʼn skryfstuk waarin die kandidaat sy dank teenoor sy ouers
uitspreek vir hulle opoffering.
Hou die volgende in gedagte:
Bedanking en opoffering moet beklemtoon word.
Gebruik informele taal, register en styl.
Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
Skryf logies en volgens ʼn spesifieke doel.
Skryfstukke moet ʼn inleiding, liggaam/inhoud en slot hê.
Skryfstukke moet die skrywer se adres en die datum waarop
die brief geskryf is, onder die adres bevat.
Na die skrywer se adres volg ʼn informele aanhef.
Sluit die brief informeel of semi-formeel af, gevolg deur die
skrywer se naam.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
aandag geniet. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9
2.2 FORMELE VERSLAG
ʼn Verslag wat ʼn persoon aflê oor dit wat hy/sy gesien het. Hier moet
presiese terugvoering oor ʼn motorongeluk gegee word.
Hou die volgende in gedagte:
Dink na oor ʼn titel, inleiding (agtergrond, doel en omvang), die
inhoudsgedeelte (Wie? Hoekom? Waar? Wanneer? Wat? Hoe?),
samevatting/slot, aanbevelings, verwysings en aanhangsels.
Beplan, versamel en organiseer inligting; skryf oor feite.
Gebruik semi-formele of formele taal, register en styl.
Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees.
Gebruik:
teenwoordige tyd (behalwe vir historiese verslae);
selfstandige naamwoorde;
die derdepersoon;
feitelike beskrywing;
tegniese woorde en frases; en
formele, onpersoonlike taal.
Gepaste vorm: kan in kolomme of paragrawe aangebied word.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
aandag geniet. [25]
2.3 HULDEBLYK
Hierdie HULDEBLYK bevat die geskiedenis en besonderhede van die
skoolhoof.
Hou die volgende in gedagte:
Inligting oor die skoolhoof moet beklemtoon word.
Belangrike gebeurtenisse/waardes wat die skoolhoof uitdra, moet
beklemtoon word.
Maak melding van prestasies/hoogtepunte/betrokkenheid.
Die leser moet ʼn duidelike beeld van die skoolhoof kan vorm.
Die taal, styl en register is formeel en moet by ʼn huldeblyk pas.
Dit moet kort en bondig wees.
Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas.
ʼn Subtitel kan ook gegee word.
ʼn Persoonlike boodskap kan bygevoeg word
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
aandag geniet. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2014)
2.4 BRIEF AAN DIE PERS
In hierdie brief aan die pers verduidelik die leerder eerstehands die
voorval of verduidelik die skool se kant oor ʼn voorval op die skoolterrein.
Hou die volgende in gedagte:
Die inhoud van sulke skryfstukke is baie belangrik.
Die briefskrywer moet ʼn definitiewe standpunt inneem.
Die inhoud moet ondubbelsinnig, saaklik en bondig wees.
Die saak waaroor die brief handel, moet duidelik gestel word.
Die saak moet logies, objektief en beredeneerd, sonder om
emosioneel betrokke te raak, gestel word.
Skryf in eenvoudige, direkte taal.
Gebruik ʼn formele register.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
aandag geniet.
Die formaat van die brief moet korrek wees:
Die adres van die sender kom regs, boaan, in blokvorm.
Daar word nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat
nie.
Die datum word voluit geskryf.
ʼn Reël word tussen die adres van die sender en die ontvanger
oopgelaat.
Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
Die brief aan die pers word altyd aan die redakteur gerig.
Die doel van die brief word in hoofletters geskryf, OF dit kan in
kleinletters geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die
essensie van die brief saamvat. Sluit af met ʼn treffende
slotparagraaf.
Die brief word afgesluit met “Die uwe” – geen leestekens word na
“Die uwe” gebruik nie.
Wanneer ʼn skuilnaam gebruik word, word dit eerste aangebring en
dan die sender se regte naam en handtekening.
Let op die streep wat onder die skuilnaam getrek word. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 11
2.5 KOERANTBERIG
Hier moet die leerder berig lewer oor een van die opskrifte.
Hou die volgende in gedagte:
Feite moet kortliks en akkuraat weergegee word; ʼn akkurate
opsomming sonder om die feite te verdraai.
ʼn Subtitel kan ook gegee word.
Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees.
Die artikel kan in paragrawe of in kolomme aangebied word.
Direkte aanhalings kan gebruik word.
Vermeld belangrike feite alreeds in die eerste paragraaf
(Wie? Hoekom? Waar? Wanneer? Wat? Hoe?)
In die inhoudsgedeelte word die vrae (Wie? Hoekom? Waar?
Wanneer? Wat? Hoe?) uitgebrei; meer inligting word nou gegee.
Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees.
Gebruik semi-formele of formele taal, register en styl.
ʼn Objektiewe skryfstyl word deurgaans gebruik.
Gepaste vorm: kan in kolomme of paragrawe aangebied word.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
aandag geniet. [25]
2.6 ONDERHOUD
Dis die kommunikasie/gesprekvoering tussen die leerder en die
matrikulant wat ʼn finalis is.
Hou die volgende in gedagte:
Die geskrewe onderhoud gaan oor die werklikheid.
Die onderhoud word beplan deur vrae te vra.
Die titel is ʼn goeie weerspieëling van die onderwerp.
Vrae moet duidelik en kort wees.
Relevante antwoorde moet verskaf word en moenie Ja/Nee of te lank
wees nie.
Skryf die name van die sprekers aan die linkerkant, gevolg deur die
dubbelpunt.
Elke nuwe spreekbeurt word op ʼn nuwe reël geskryf.
Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, geskryf.
Die slotparagraaf vat die onderhoud saam.
Die taal en styl moet by die onderwerp pas.
Gebruik leestekens om emosie aan te dui. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2014)
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 27–30 22–23 15–17 9–11 3–5
BEPLANNING - Respons is - Respons baie goed; - Respons bevredigend - Wisselvallige - Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid - - Idees redelik samehangend samehang in irrelevant
en bo verwagting. Idees heeltemal en oortuigend. respons. - Idees deurmekaar
(Respons en - Idees is intelligent, relevant, interessant en - Idees onduidelik, en nie op onderwerp
- Redelike organisasie en
idees) volwasse en stem leser lewer bewys van nie oorspronklik gefokus nie
redelik samehangend,
Organisering van tot nadenke. volwassenheid. insluitend inleiding, liggaam nie - Vaag en herhalend
idees vir - Uitsonderlike - Organisasie baie goed en samevatting/slot - Min bewys van - Geen organisasie
beplanning; organisasie en en samehangend, organisasie en nie en is
Bewustheid van samehang, insluitend insluitend inleiding, samehang onsamehangend
doel, gehoor en inleiding, liggaam en liggaam en
konteks samevatting/slot. samevatting/slot
24–26 18–21 12–14 6–8 0–2
30 PUNTE - Respons uitmuntend, - Respons goed; getuig - Respons bevredigend, - Respons is - Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid -Idees maar verval soms in grootliks aangewend om in
treffende eienskappe relevant, interessant onduidelikheid. irrelevant. ooreenstemming met
van ʼn opstel ontbreek - Organisasie goed en - Idees redelik - Idees begin los onderwerp te wees
- Idees intelligent en samehangend, samehangend en staan en kan nie.
volwasse insluitend inleiding, oortuigend verwarrend - Heeltemal irrelevant
- Knap organisasie en liggaam en - ʼn Mate van organisasie wees en ontoepaslik.
samehang, insluitend samevatting/slot en samehang, insluitend - Skaars ʼn bewys - Deurmekaar en geen
inleiding, liggaam en inleiding, liggaam en van organisasie fokus nie.
samevatting/slot samevatting/slot en samehang
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 13
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL EN 14–15 10–11 6–7 2–3 0
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, styl, register en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Taal
woordeskat hoogs woordeskat baie gepas vir woordeskat gepas vir woordeskat nie gepas onverstaanbaar
gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en konteks doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en - Toon, register, styl
Toon, register, styl en en konteks - Taalgebruik effektief en ʼn - Gepaste taalgebruik om konteks nie. en woordeskat
woordeskat is geskik - Taalgebruik getuig van deurlopende gepaste toon betekenis oor te dra - Taalgebruik baie minder gepas vir
vir doel/effek en vertroue, word gebruik - Toon is gepas basies. doel, gehoor en
konteks; indrukwekkend - Grammatika en spelling - Retoriese middele - Toon en woordkeuse konteks
Woordkeuse; - Toon retories treffend grootliks foutvry. gebruik om betekenis skaars toepaslik. - Woordeskat so
Taalgebruik en en effektief - Baie goed gedoen te versterk - Baie beperkte beperk dat dit
konvensies, - Grammatika en woordeskat. onmoontlik is om
punktuasie, spelling feitlik foutvry. sin te maak
grammatika, spelling - Knap gedaan
12–13 8–9 4–5 0–1
- Taalgebruik uitstekend - Taalgebruik toepaslik en - Voldoende - Taalgebruik
15 PUNTE en toon is retories oor die algemeen effektief taalgebruik, maar onvoldoende
effektief - Toon gepas en effektief teenstrydighede word - Weinig indien enige
- Grammatika en - Enkele foute in opgemerk sinsverskeidenheid
spelling feitlik foutvry grammatika en spelling - Toon oor die - Woordeskat baie
- Baie goed tot knap - Goed gedoen algemeen gepas en beperk
gedaan. beperkte gebruik van
retoriese middele
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
- Uitstekende - Logiese ontwikkeling van - Relevante detail - Sommige punte geldig - Noodsaaklike
Kenmerke van teks; ontwikkeling van details ontwikkel - Sinne en paragrawe punte ontbreek
onderwerp - -Samehangend - Sinne en paragrawe foutief - Sinne en
Paragraafontwikkeling - Uitsonderlike detail goed gekonstrueer
- Sinne en paragrawe - Opstel maak nog sin paragrawe foutief
en sinskonstruksie - Sinne en paragrawe - Opstel maak nog - Opstel maak nie
logies en toon variasie
uitsonderlik effens sin. sin nie
5 PUNTE gekonstrueer
VERSPREIDING VAN
PUNTE 40–50 30–39 20–29 10–19 0–9
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (SEPTEMBER 2014)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3
BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed - Respons voldoende en - Basiese respons toon - Respons toon geen
FORMAAT verwagting. en demonstreer toon voldoende kennis geringe kennis van kennis van
- Idees intelligent en goeie kennis van van kenmerke van die kenmerke van die kenmerke van die
volwasse. kenmerke van die soort teks soort teks soort teks nie.
Respons en idees;
- Grondige kennis van soort teks - Nie heeltemal gefokus - Aanduiding van - Betekenis
Organisering van kenmerke van die soort - Behou fokus – geen nie – enkele afwykings fokus, maar met onduidelik met groot
idees vir beplanning; teks. afwyking nie - -Redelike samehang in afwykings afwyking.
Doel, gehoor, - Skryfwerk behou fokus - Samehang in inhoud en idees. - Inhoud en idees nie - Geen samehang in
kenmerke/konvensies - Samehang in inhoud inhoud en idees; - Sommige detail altyd samehangend idees en inhoud nie.
en konteks en idees. baie goed uitgebrei ondersteun die nie - -Baie min detail
- Idees behoorlik met detail wat die onderwerp - Min detail ondersteun die
15 PUNTE uitgebrei met detail onderwerp - Formaat oorwegend ondersteun die onderwerp.
wat die onderwerp ondersteun gepas, maar met onderwerp. - Nodige reëls van
ondersteun. - Gepaste formaat enkele foute - Nodige reëls van formaat nie
- Gepaste en akkurate met onbeduidende formaat vaagweg toegepas nie.
formaat. foute toegepas
- Kritiese foute begaan
TAAL, STYL EN 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl
woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat is geskik woordeskat minder en woordeskat stem
Toon, register, styl, geskik vir doel, gehoor geskik vir doel, vir doel, gehoor en geskik vir doel, nie ooreen met
doel/effek, gehoor en en konteks gehoor en konteks - konteks gehoor en konteks doel, gehoor en
konteks; - Grammatika akkuraat en Grammatika oor die - Enkele - Grammatika konteks nie
Taalgebruik en goed gekonstrueer algemeen korrek en grammatikafoute - onakkuraat met etlike - Besaai met foute en
- Feitlik foutloos goed gekonstrueer. Voldoende woordeskat foute verward
konvensies; - Baie goeie - Foute belemmer nie - Basiese woordeskat - Woordeskat nie
Woordkeuse; woordeskat betekenis nie - Betekenis belemmer geskik vir doel nie
Punktuasie en - Oorwegend - Betekenis ernstig
spelling foutloos belemmer
10 PUNTE
VERSPREIDING
20–25 15–19 10–14 5–9 0–4
VAN PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2014 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2014 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2014 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper