Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2017 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12201711 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2017

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 AFRIKAANS HUISTAAL V3 MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2017) Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille van eenvoud en eenvormigheid. SIMBOOL BESKRYWING VERDUIDELIKING 0 Sirkel Punktuasiefout Dubbelstrepie Spelfout onder ʼn woord Lang streep onder Foutiewe woordgebruik ʼn woord Sirkel met pyltjie Woordorde /\ Weglaatteken Woord weggelaat T Hoofletter T in Tye verwar kantlyn H Dubbele hh Herhaling van gedagtes VR Vraestel Dele saamgeflans met woorde in vraestel gebruik ? Vraagteken Baie verwarrend/sukkel om te verstaan wat leerder skryf [ Enkelhakie Nuwe paragraaf E Letter “e” bo woord Engelse woord gebruik ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = KL = 21 Taal, styl en redigering: T = KL= 10 Struktuur: S=G= 3 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 34 (onder die opstel): Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees. Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte. Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld: 1.1 In ʼn oogwink het alles verander Hierdie onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere verhalend, bespiegelend of beskrywend kan wees. ʼn Verhaal sal op hierdie onderwerp as tema fokus. Die kandidaat kan ook op gevoelens ten opsigte van die verandering wat ʼn effek op hom/haar het, fokus in ʼn opstel wat beskrywend van aard sal wees. By ʼn bespiegelende interpretasie kan die kandidaat die wenslikheid van die verandering bespreek. [50] 1.2 Swak lewensomstandighede kan nie sukses keer nie Hierdie onderwerp leen hom tot die skryf van ʼn argumenterende of beredeneerde opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek of sukses afhangend is van lewensomstandighede en die leser oortuig om sy/haar standpunt te aanvaar. In ʼn verhalende opstel sal die kandidaat die gebeure wat gelei het tot hierdie stelling, kan aanbied. [50] 1.3 Mense/Dinge wat my hare laat rys Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn beskrywende opstel aanbied. Dit kan humoristies of ernstig geskryf word. Die fokus sal op die mense/dinge val wat die skrywer grief en watter gevoelens dit by hom/haar oproep. By ʼn bespiegelende interpretasie kan die kandidaat oor hierdie mense/dinge besin. [50] 1.4 Die mens is vir vreugde geskape Hierdie opstel kan lei tot al die soorte opstelle. Die kandidaat kan die opstel as ʼn verhalende opstel aanbied. Verhale oor gebeurtenisse of ervarings of handelinge wat die kandidaat vreugde verskaf/snaaks was, kan vertel word. As ʼn kandidaat ʼn beskrywende opstel aanpak, kan handelinge of gebeure wat humoristies is, beskryf word. In ʼn bespiegelende inhoud kan daar oor die waarde van vreugde bespiegel word. As argumenterende of beredeneerde opstel kan die kandidaat argumente of redes aanvoer waarom vreugde noodsaaklik vir die mens is, al dan nie. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2017) 1.5 Dinge wat ek sal mis na matriek Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn beskrywende opstel aanbied. Die fokus sal val op dinge waarna verlang sal word na afloop van sy/haar skoolloopbaan. Hierdie onderwerp leen hom ook tot ʼn bespiegelende opstel waar die leerder besin oor die waarde van sy/haar skoolloopbaan/matriek. By die skryf van ʼn argumenterende/beredeneerde opstel sal die kandidaat hom/haar uitspreek of hy/sy wel dinge na matriek sal mis, al dan nie. [50] 1.6 1.6.1 Verwaarloosde klaskamer Interpretasies kan lei tot ʼn verhalende, beskrywende of selfs bespiegelende opstel, bv. ʼn beskrywing van die waarde van skole/opvoeding in ʼn gemeenskap. ʼn Verhaal kan handel oor die sukkelbestaan van skole sonder die nodige infrastruktuur/hulpbronne. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel oor die feit dat skoolopleiding ʼn basiese mensereg is. In ʼn argumenterende en beredeneerde opstel kan die kandidaat argumenteer of redeneer rondom die kwessies van gelyke onderwys, die moontlikheid dat opvoeding/onderwys ʼn geskilpunt kan word of gebrek aan basiese onderwys. [50] 1.6.2 Taxi-/Motorongeluk In ʼn verhalende opstel kan die kandidaat fokus op ʼn motor-/taxi- ongeluk. In ʼn beskrywende opstel sal die emosies van mense wat in padongelukke betrokke is of padongelukke veroorsaak, onder die vergrootglas geplaas word. Wanneer geredeneer/geargumenteer word oor die onderwerp, kan die kandidaat fokus op die slagting op ons land se paaie. Wanneer die kandidaat peins oor die voorkoms van padongelukke en die verlies van lewens, kan dit slaag as bespiegelende opstel. [50] 1.6.3 Voël in kou Die kandidaat kan ʼn verhalende opstel skryf waarin hy/sy fokus op die lewensverhaal/verlange na vryheid/ervarings van ʼn mens/dier. Dit kan letterlik of figuurlik geskryf word. ʼn Beskrywende opstel sal fokus op die verlange/belewenisse en/of emosies van ʼn mens wat smag na vryheid/geluk/geleenthede. Wanneer argumenteer/ beredeneer word oor die onderwerp, kan die kandidaat fokus op die waarde van vryheid/geleenthede in ʼn mens se lewe. As bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die eienskappe en sin van vryheid/geleenthede/gevangenisskap. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 SOORT OPSTELLE VERHALENDE OPSTEL Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte:  Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis).  ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.  Die inhoud is boeiend en interessant; daarom is die inhoud samehangend.  Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.  Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.  ʼn Treffende inleiding boei die leser.  ʼn Verrassende slot rond die inhoud af.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Dit word gewoonlik in die verlede tyd geskryf. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte:  Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.  Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings).  Tekste kan varieer van meer realisties tot ʼn verdieping in die aanbieding.  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.  Stylfigure kan gebruik word. BEREDENERENDE OPSTEL Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2017) Hou die volgende in gedagte:  Die opstel handel oor ʼn onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding, ingeneem word.  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.  Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.  Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.  ʼn Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee ʼn sterk aanduiding van die skrywer se mening.  Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ʼn droom of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte:  Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.  Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.  Dis persoonlik van aard.  Daar is ʼn definitiewe struktuur, maar ʼn gevolgtrekking is nie nodig nie.  Dit hoef nie ʼn gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het ʼn spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte:  Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.  ʼn Eie mening word op ʼn baie oorspronklike en treffende manier gegee.  ʼn Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.  Verdediging of aanval van ʼn saak word enduit volgehou.  ʼn Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.  Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.  Daar moet ʼn duidelike en oortuigende slot wees.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: IK = 10 Taal, styl en redigering: TG = 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). VRAAG 2 2.1 FORMELE BRIEF: AANSOEK Die brief handel oor die aansoek om ʼn geadverteerde pos. Hou die volgende in gedagte:  Die formaat is formeel.  Daar moet twee adresse, ʼn aanhef, ʼn inhoudsopskrif en ʼn gepaste afsluiting wees.  Die inhoud moet handel oor die aansoek by ʼn internetkafee.  Die styl is saaklik, maar hoflik.  Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.  Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in ʼn formele register.  Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters en van moet gegee word. [25] 2.2 ONDERHOUD In die gesprek tussen die joernalis en die uitruilstudent moet die student se verblyf en ervarings duidelik na vore kom. Hou die volgende in gedagte:  Beplan die onderhoud deur vrae te vra.  Twee mense voer ʼn gesprek.  Die joernalis vra die vrae en die uitruilstudent beantwoord die vrae.  Die onderhoud kan ook in dialoogvorm aangebied word.  Skryf die name van die sprekers aan die linkerkant van die bladsy.  ʼn Reël word oopgelaat tussen elke nuwe spreekbeurt.  Gebruik ʼn dubbelpunt na die naam van elke spreker.  Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, of op enige ander plek in die sin, aangedui. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2017) 2.3 HULDEBLYK Die kandidaat bring hulde aan ʼn geliefde onderwyser/es wat na ʼn lang siekbed oorlede is. Hou die volgende in gedagte:  Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van afsterwe, plek waar die persoon oorlede is, oorsaak van dood, duur van siekte en name van naasbestaandes kan gegee word.  Prestasies/hoogtepunte/opleiding/gemeenskapsbetrokkenheid kan gegee word.  Gebeurtenisse en staaltjies oor die oorledene; persoonlike herinneringe van die klasmaats en kollegas kan gegee word. Die leser moet ʼn duidelike beeld van die oorledene kan vorm en familie kan ook vertroos word.  ʼn Persoonlike boodskap soos ʼn gedig kan bygevoeg word.  Die taal, styl en register is semiformeel/formeel.  Gebruik eufemismes waar van toepassing. [25] 2.4 INFORMELE VERSLAG Die verslag fokus op tienergeweld op die skoolgronde. Hou die volgende in gedagte:  Gee presiese terugvoering oor die onderwerp.  Die titel moet belangstelling wek.  Formaat moet korrek wees: inleiding (agtergrond, doel en omvang),  Inhoudsgedeelte: (wie? hoekom/waarom? waar? wanneer? wat? hoe?  Sluit die verslag af met ʼn gepaste samevatting/slot en aanbevelings.  Beplan en organiseer inligting.  Gebruik informele, onpersoonlike taal, register en styl.  Skryf in die teenwoordige tyd en in die derde persoon.  Skryf oor feite. [25] 2.5 INFORMELE BRIEF Die briefskrywer bedank die berader vir sy/haar hulp en raad. Hou die volgende in gedagte:  Die kandidaat gebruik informele taal, register en styl.  Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.  Die kandidaat behoort logies en volgens ʼn spesifieke doel te skryf.  Briewe moet ʼn inleiding, liggaam/inhoud en slot hê.  Briewe moet die skrywer se adres en die datum waarop die brief geskryf is, bevat.  Na die skrywer se adres volg ʼn informele aanhef.  Die brief sluit informeel af, gevolg deur die skrywer se naam. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9 2.6 RESENSIE Die kandidaat gee ʼn respons op die jeugroman wat die wenner was. Hou die volgende in gedagte:  Resensies word nie altyd volgens ʼn vaste formaat geskryf nie.  Toepaslike feite, byvoorbeeld die naam van die jeugroman/skrywer/karakters/uitgewer/prys ens. word in die resensie aangebied.  Goeie resensies probeer om regverdig, maar eerlik/subjektief te wees.  Gee die resensent se mening oor ʼn werk.  Die resensent is gewoonlik subjektief. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2017) ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] LET WEL:  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoe en lae vlak beïnvloed nie. Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN 28−30 22−24 16−18 10−12 4−6 BEPLANNING - Respons is uitsonderlik/treffend - Respons baie goed; getuig van - Respons bevredigend - Wisselvallige samehang in - Respons heeltemal Hoë vlak en bo verwagting vaardigheid - Idees redelik samehangend en respons irrelevant (Respons en - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, interessant oortuigend - Idees onduidelik, nie - Idees deurmekaar en nie idees) stem leser tot nadenke en lewer bewys van volwassenheid - Redelike organisasie en redelik oorspronklik nie op onderwerp gefokus nie Organisering van - Uitsonderlike organisasie en - Organisasie baie goed en samehangend, insluitend - Min bewys van organisasie - Vaag en herhalend idees vir samehang insluitend inleiding, samehangend, insluitend inleiding, inleiding, liggaam en en samehang - Geen organisasie nie en beplanning; liggaam en samevatting/slot. liggaam en samevatting/slot samevatting/slot is onsamehangend Bewustheid van 25−27 19−21 13−15 7−9 0−3 doel, gehoor en - Respons uitmuntend, maar - Respons goed; getuig van - Respons bevredigend, maar - Respons is grootliks - Geen poging aangewend konteks uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid verval soms in onduidelikheid irrelevant om in ooreenstemming Lae vlak van ʼn opstel ontbreek - Idees relevant, interessant - Idees redelik samehangend en - Idees begin los staan en met onderwerp te wees - Idees intelligent en volwasse - Organisasie goed en samehangend, oortuigend kan verwarrend wees nie 30 PUNTE - Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en - ʼn Mate van organisasie en - Skaars ʼn bewys van - Heeltemal irrelevant en insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, organisasie en samehang ontoepaslik samevatting/slot) liggaam en samevatting/slot - Deurmekaar en geen fokus nie TAAL, STYL EN 14−15 11−12 8−9 5−6 0−3 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat - Toon, register, styl en woordeskat - - Toon, register, styl en - Taal onverstaanbaar woordeskat hoogs gepas vir baie gepas vir doel, gehoor en - gepas vir doel, gehoor en konteks woordeskat minder gepas - Toon, register, styl en Hoë vlak Toon, register, styl doel, gehoor en konteks. konteks. - Gepaste taalgebruik om vir doel, gehoor en konteks woordeskat nie gepas vir en woordeskat is - Taalgebruik getuig van vertroue, - Taalgebruik effektief en ʼn betekenis oor te dra nie doel, gehoor en konteks geskik vir indrukwekkend deurlopende gepaste toon word - Toon is gepas - Taalgebruik baie basies - Woordeskat so beperk dat doel/effek en - Toon retories treffend en effektief gebruik − gepas, konstant; - Retoriese middele gebruik om - Toon en woordkeuse skaars dit onmoontlik is om sin te konteks; - Grammatika en spelling feitlik - Grammatika en spelling grootliks betekenis te versterk toepaslik maak Woordkeuse; foutvry foutvry - Baie beperkte woordeskat Taalgebruik en - Knap gedaan - Baie goed gedoen konvensies, 13 10 7 4 punktuasie, - Taalgebruik uitstekend en toon is - Taalgebruik toepaslik en oor die - Voldoende taalgebruik, maar - Taalgebruik onvoldoende Lae vlak grammatika, retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word opgemerk - Weinig indien enige spelling. - Grammatika en spelling feitlik - Toon gepas en effektief - Toon oor die algemeen gepas en sinsverskeidenheid foutvry - Enkele foute in grammatika en beperkte gebruik van retoriese - Woordeskat baie beperk 15 PUNTE - Baie goed tot knap gedaan spelling. middele - Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1 - Uitstekende ontwikkeling van - Logiese ontwikkeling van details. - Relevante detail ontwikkel. - Sommige punte geldig. - Noodsaaklike punte Kenmerke van onderwerp - Samehangend - Sinne en paragrawe goed. - Sinne en paragrawe foutief. ontbreek. teks; - Uitsonderlike detail - Sinne en paragrawe logies en toon gekonstrueer. - Opstel maak nog effens sin. - Sinne en paragrawe Paragraafontwikke - Sinne en paragrawe uitsonderlik variasie. - Opstel maak nog sin. foutief. ling en gekonstrueer - Opstel maak nie sin nie. sinskonstruksie 5 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V3 11 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13−15 10−12 7−9 4−6 0−3 BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons toon - Respons toon geen FORMAAT verwagting demonstreer goeie toon voldoende kennis van geringe kennis van kennis van kenmerke - Idees intelligent en volwasse kennis van kenmerke kenmerke van die soort kenmerke van die soort van die soort teks nie. Respons op en idees; - Grondige kennis van van die soort teks teks teks. - Betekenis onduidelik Organisering van kenmerke van die soort teks - Behou fokus − geen - Nie heeltemal gefokus nie - Aanduiding van fokus, met groot afwyking. - Skryfstuk behou fokus. afwyking nie − enkele afwykings maar met afwykings - Geen samehang in idees vir beplanning; - Samehang in inhoud en - Samehang in inhoud en - Redelike samehang in - Inhoud en idees nie altyd idees en inhoud nie. Doel, gehoor, idees idees; baie goed inhoud en idees. samehangend nie - Baie min detail kenmerke/konvensies - Idees behoorlik uitgebrei uitgebrei met detail wat - Sommige detail - Min detail ondersteun die ondersteun die en konteks met detail wat die die onderwerp ondersteun die onderwerp. onderwerp. onderwerp. onderwerp ondersteun ondersteun - Formaat oorwegend - Nodige reëls van formaat - Nodige reëls van 15 PUNTE - Gepaste en akkurate - Gepaste formaat met gepas, maar met enkele vaagweg toegepas. formaat nie toegepas formaat onbeduidende foute foute. - Kritiese foute begaan. nie. TAAL, STYL EN 9−10 7− 8 5− 6 3− 4 0− 2 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat hoogs geskik vir woordeskat, baie geskik woordeskat, geskik vir woordeskat minder geskik woordeskat stem nie Toon, register, styl, doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en ooreen met doel, doel/effek, gehoor en - Grammatika akkuraat en konteks - Enkele grammatikafoute. konteks gehoor en konteks nie konteks;. goed gekonstrueer - Grammatika oor die - Voldoende woordeskat - Grammatika onakkuraat - Besaai met foute en - Feitlik foutloos algemeen korrek en - Foute belemmer nie met etlike foute verward Taalgebruik en goed gekonstrueer; betekenis nie - Basiese woordeskat - Woordeskat nie geskik konvensies; - Baie goeie woordeskat - Betekenis belemmer vir doel nie Woordkeuse; - Oorwegend foutloos - Betekenis ernstig Punktuasie en belemmer spelling 10 PUNTE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all