Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
AFRIKAANS HUISTAAL V1
PUNTE: 70
TYD: 2 UUR
*AFRHL1*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 16 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
- Other filesQuestion paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)30 marks
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4.1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)4 marks
- Question 4.2Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)3 marks
- Question 4.3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)3 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)
2. Lees ALLE instruksies noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep na elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
10. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die meegaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS A: ARTIKEL
IS JOU VLIEGTUIG VEILIG?
As net na noodlottige voorvalle gekyk word, lyk lugvaart baie veilig. Maar die
werklike ongelukrisiko in die lugvaartbedryf is waarskynlik veel hoër as wat ons dink.
1 Op 19 Mei 2016 het vlug MS804 van EgyptAir, wat van Parys na Kaïro
onderweg was, in die Middellandse See neergestort. Al 66 passasiers en
bemanningslede aan boord het gesterf. Terreur word genoem as moontlik een
van die oorsake. Dit was die vyfde keer sedert begin 2016 dat ʼn vliegtuig van
ʼn groot lugdiens neergestort het. Is vlieg so veilig soos ons altyd wys-gemaak
is? ʼn Kriminoloog wat veiligheids- en sekuriteitsleierskap bestudeer, het
ondersoek ingestel na hoe die lugdiensbedryf sy veiligheidsgeskiedenis meet.
Die vlak van veiligheid en sekuriteit in die kommersiële lugdiensbedryf word
hoofsaaklik beoordeel deur spesifieke soorte noodlottige ongelukke te
ondersoek en deur te kyk of hulle voldoen het aan bestaande regulasies.
2 Dit is belangrik om daarop te let dat net 6% van die vliegtuigongelukke verlede
jaar volgens die International Air Transport Association sterfgevalle ingesluit
het. Hierdie feit verwring die bepaling van risiko wesenlik. Risiko-bepaling moet
ook noue ontkomings in ag neem, asook voorvalle waarin passasiers beseer
is. Vier verskillende bedreigings of risikokategorieë gaan uitgelig word om ʼn
akkurater prentjie van die gevare te skets.
3 Lughawesekuriteitsrisiko’s wys etlike veiligheidsleemtes op lughawens uit.
Eerstens is daar die keuring van lughawepersoneel. ʼn Verslag toon dat daar
nie doeltreffende maatreëls in plek is om lugvaartpersoneel met ʼn misdaad-
geskiedenis uit te lig nie. Die probleem van personeelkeuring is selfs van meer
kardinale belang in lande soos Egipte, waar keuringspraktyke swak is.
Daarbenewens is bevind dat veiligheidsbeheerpunte ook nie na wense
funksioneer nie soos deur ʼn koverte* staatsagentgroep wat organisasies se
prestasie en doeltreffendheid toets, uitgelig is. Hierdie swak uitslae het in groot
stede oor die VSA voorgekom. Boonop het agente nie individuele gevaarlike
artikels in bagasie onderskep nie, met inbegrip van ʼn nagemaakte bom op die
Newark Liberty-lughawe in New Jersey. Lughawens se veilige gebiede is ook
binnegedring deur hierdie geheime groep.
4 Volgens data wat deur die Federal Aviation Administration (FAA) se Aviation
Safety Report Administration System ingesamel is, ervaar die kommersiële
lugdiensbedryf gereeld nie-noodlottige ongelukke. Hierdie selfaangemelde
voorvalle sluit in: kritieke hoogteafwykings tydens vlugte, brandstofbestuur-
kwessies tydens vlugte, rook en ʼn brand in die kajuit tydens vlugte, onverwagte
weerstoestande tydens vlugte, meganiese probleme tydens vlugte, moeë
bemanningslede, mediese geskiktheid van vlieëniers en amperse lugbotsings
met ander vliegtuie en onbemande vliegtuie (hommeltuie). Hierdie voorvalle
hou ernstige risiko’s vir passasiersveiligheid in. Die Federal Aviation
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
Administration (FAA) se syfers toon dat daar verlede jaar meer as 700 amperse
lugbotsings tussen vliegtuie en hommeltuie was. Voorts was daar ook 28
kritieke amperse lugbotsings tussen vliegtuie in die VSA. Verlede jaar is ook
1 546 personeellede wat vir lugdiensveiligheid verantwoordelik is (met inbegrip
van 38 vlieëniers) positief vir een of meer van vyf onwettige dwelmmiddels
getoets. Dit is belangrik om te let daarop dat dit wat nie-noodlottige voorvalle
veroorsaak, ook noodlottige ongelukke kan veroorsaak.
5 Daar is onlangs op etlike lugdiensmaatskappye toegeslaan deur die FAA
omdat hulle nie aan die regulasies voldoen het nie. So is Southwest beboet
omdat ʼn vliegtuig 120 vlugte onderneem het voordat skade weens ʼn lugdruk-
dalingsvoorval ondersoek is. Hulle is die vorige jaar ook beboet omdat hulle nie
gereelde inspeksies van onderstelle na elke 6 700 vlugte onderneem het nie.
Skywest het ook nie gekraakte vragdeure van twee passasiers-vliegtuie
geïnspekteer nie. Verlede jaar is United Airlines met $1,3 miljoen beboet weens
120 skendings van regulasies met betrekking tot gevaarlike vrag op
passasiersvlugte, waaronder litium-metaalbatterye, droë ys, korroderende
vloeistowwe, knalontstekers, fosforsuur en etanol-oplossings. In 2009 het die
FAA beweer US Airways en United Airlines het vliegtuie wat in ʼn onveilige
toestand was, veelvuldige vlugte laat onderneem. Hierdie gevalle is nie
uitsonderings nie. Nalatigheid wat betref die volg van instandhoudings-
prosedures en laksheid om die reaksie op ʼn gegewe voorval in werking te stel
soos deur protokol vereis, kom meer dikwels voor as wat ons dink. In die eerste
drie kwartale van 2015 is meer as 100 lugdienste en instandhoudings-
diensmaatskappye weens die skending van regulasies beboet. Die meeste van
hierdie skendings het nie met voorvalle tydens vlugte verband gehou nie, maar
sê wel heelwat oor die veiligheidskultuur in die lugvaartbedryf.
6 Nog ʼn ontluikende risiko is kuberveiligheid. Die lugvaartbedryf hanteer
toenemend hoëtegnologie vliegtuie wat gesofistikeerde stelsels en programme
vereis, wat weer kwesbaar vir kuberkrakers is. Die meeste vliegtuie gebruik
outomatiese waarnemingstegnologie waarmee ʼn vliegtuig sy posisie deur
middel van satellietnavigasie bepaal en wat onversleutelde data oor dié posisie
uitstuur. Mense met kwade bedoelings kan met hierdie data peuter, wat die
werklike posisionering van die vliegtuig kan wysig. Chris Roberts, ʼn
kuberkraker, beweer hy kon via die vliegtuig se vermaakstelsel toegang tot
kritieke vliegtuigfunksies verkry, waaronder die enjin. Die Amerikaanse
regering se verantwoordbaarheidskantoor het ook etlike kwesbaarhede
geïdentifiseer met betrekking tot die inligtingstelsels wat deur lugverkeer-
beheer gebruik word. Inligtingstelsels en rekenaarprogramme wat deur die
lugvaartbedryf gebruik word, is ontwikkel om op werkverrigting-uitdagings
eerder as veiligheidskwessies te reageer. Ons kan dus nie ons meting van
sekerheid tot noodlottige voorvalle beperk nie. Uit dié perspektief lyk lugvaart
baie veilig. Neerstortings kom immers min voor.
7 As ál die nie-noodlottige voorvalle in ag geneem word, is die werklike
ongelukrisiko in die lugvaartbedryf veel hoër.
*koverte (geheime)
[Aangepas uit Die Burger, 9 Julie 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5
1.1 Watter woord in paragraaf 1 gebruik die skrywer om ʼn skrikbewind of
geweldpleging aan te dui? (1)
1.2 Waarom is die bepaling van risiko volgens paragraaf 2 verwronge en
onvoldoende? (2)
1.3 Verduidelik hoe die inhoud van paragraaf 3 - wat veiligheid en sekuriteit betref -
aansluit by die onderstreepte gedeelte van paragraaf 1. (3)
1.4 Volgens paragraaf 4 hou nie-noodlottige ongelukke ʼn wesenlike gevaar in vir
passasiers van kommersiële lugdiensbedrywe. Motiveer wat hierdie aanname
regverdig. Sê ook waarom die skrywer se aanname nie as ʼn feit beskou kan
word nie. (4)
1.5 Herlees paragraaf 4. Waarom sou die data wat ingesamel word as betroubaar
of onbetroubaar aanvaar kan word? (1)
1.6 Die skrywer beklemtoon die tema van die leesstuk aan die einde van
paragraaf 4. Skryf die tema van hierdie leesstuk in jou eie woorde in EEN sin. (1)
1.7 Dui die optrede van die FAA teenoor die lugdiensmaatskappye wat oortree aan. (2)
1.8 Die Southwest lugredery kan hulself as gelukkig ag. Waarom? (2)
1.9 Noem DRIE belangrike verantwoordelikhede waaraan lugdiensmaatskappye
moet voldoen volgens paragraaf 5. (3)
1.10 Wat vind jy skokkend omtrent die laaste sin van paragraaf 5 in die lig van hierdie
artikel? (1)
1.11 Watter tegniek gebruik die skrywer om sy misnoeë oor die veiligheidskultuur in
die lugvaart uit te lig? (1)
1.12 Hoekom word kuberveiligheid as ʼn toenemende risiko in die lugvaartbedryf
hanteer? (2)
1.13 Waarom blyk dit dat satellietnavigasie ʼn groot risiko is volgens paragraaf 6? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
TEKS B: VISUELE TEKS
[Uit Die Burger, 10 September 2013]
1.14 Bepaal die verband tussen die woorde van die persoon wat in die
speelgoedvliegtuig sit en TEKS A. (2)
1.15 Watter afleiding kan ʼn leser uit TEKS B oor Suid-Afrikaanse vlieëniers se
opleiding maak? (1)
1.16 Hoe word die neerstort van die vliegtuig in TEKS B beklemtoon en wat was die
redaksie van Die Burger se doel met hierdie visuele teks? (3)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die onderstaande teks en maak ʼn opsomming van SEWE wenke hoe om
jou innerlike kritikus stil te maak.
Jou opsomming moet in jou eie woorde in ʼn duidelike, sinvolle paragraaf
aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
Moenie jou opsomming ʼn titel gee nie.
Dui die getal woorde wat jy gebruik het, aan.
TEKS C
JOU EIE VERBALE MISHANDELING – HOE OM JOU INNERLIKE KRITIKUS SE
MOND TE SNOER
ʼn Mens se innerlike dialoog speel ʼn belangrike rol in jou sukses, maar dit kan jou ook
keer om jou volle potensiaal te bereik. Jou gedagtes het ʼn groot invloed op hoe jy voel
en optree en kan tot negatiewe en afbrekende selfgesprekke lei.
Raak bewus van jou gedagtes. Ons kom nie eers meer agter watter boodskappe ons
vir onsself stuur nie. Net omdat jy iets dink, beteken nie dis waar nie. Ons gedagtes
is dikwels oordrewe, bevooroordeeld en buite verhouding tot die werklikheid.
As jy ʼn fout gemaak het of ʼn slegte dag gehad het, moenie die gebeure oor en oor in
jou kop afspeel nie. Trek jou aandag af met ʼn aktiwiteit, of praat oor heeltemal ʼn ander
onderwerp. Hou dus op tob.
Behandel jouself met dieselfde deernis waarmee jy ʼn vriend of vriendin sal behandel.
Vra jouself af watter raad jy ʼn vriendin of vriend sou gegee het. Jy sal nie aan
haar/hom sê sy/hy kan niks reg doen nie of dat niemand van haar/hom hou nie.
Ondersoek die getuienis. ʼn Mens moet leer om te herken en erken wanneer jou
gedagtes erg negatief is. Ondersoek dan die “getuienis’ wat daardie gedagte bevestig
of weerlê. Skryf alles wat jou selfkritiek staaf aan die een kant en dit wat dit weerlê
aan die ander kant. Dit help dat jy rasioneel en minder emosioneel na ʼn situasie kyk.
Vervang “ek doen altyd alles verkeerd” deur “soms doen ek dinge regtig goed en soms
nie.” Doen dit elke keer wanneer jouself betrap dat jy superkrities op jouself is.
Vervang dus oordrewe kritiese gedagtes deur meer akkurate, rasionele en realistiese
stellings.
Dink hoe erg dit nou eintlik sou wees as jou selfkritiek waar was. Dis dikwels nie so
erg soos wat ons onsself wysgemaak het nie. Deur jouself daaraan te herinner dat jy
probleme, foute en taai tye kán hanteer, gee jy jou selfvertroue ʼn hupstoot en help jy
om die konstante stroom selfkritiek te stuit.
Om jou swak punte te aanvaar beteken nie dit hoef vir altyd so te bly nie. Aanvaar jou
foute, maar erken ook dat daar dalk dinge is waaraan jy kan werk. Aanvaar jouself
terwyl jy aan jou (werklike) probleemgebiede werk.
[Aangepas uit: Rooi Rose, Junie 2016
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D
1 Alewig onrustig
2 Die Mercedes-Benz GLA
3 Wanneer laas het jy gedoen wat jy wil, nie wat jy
4 veronderstel was om te doen nie? Vergeet van daardie
5 keer, wat saakmaak is nou. Ontmoet die avontuurlike
6 Mercedes-Benz GLA. Opsioneel beskikbaar met die
7 instinktiewe 4MATIC* allewielstelsel en die gerieflike
8 MAKLIK-PAK kattebak. Hy’s die bobaas sportnuts vir
9 avontuur…
10 *Beskikbaar op die 220 CDI-model. Voertuigspesifikasies mag
verskil vir die Suid-Afrikaanse mark.
11
12
13
14
[Uit Sarie, Julie 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9
3.1 Wie is die teikenmark van hierdie advertensie? (1)
3.2 Verduidelik hoe die woorde in reël 1 en die attributiewe byvoeglike
naamwoord in die onderstreepte sin in reëls 5 en 6 by mekaar aansluit. (1)
3.3 Verander die vraende sinswyse in reëls 3 en 4 na die gebiedende wyse. (1)
3.4 Verander die onderstreepte sin in reëls 5 en 6 na die ontkennende wyse. (1)
3.5 Hoe sou die kopieskrywer die vetgedrukte woord in reël 5 anders kon uitlig? (1)
3.6 Waarom is die gebruik van die asterisk in reël 7 nodig? (1)
3.7 Haal ʼn woord uit reël 8 aan wat ʼn nuutskepping is. (1)
3.8 Verduidelik hoe die kopieskrywer in reël 8 manipulerende taal suksesvol
gebruik deur na die vetgedrukte woord te verwys. (1)
3.9 Vorm ʼn persoonsnaam van die woord in reël 9. (1)
3.10 Bespreek die geïmpliseerde betekenis van die slagspreuk. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 4: STROKIES
TEKS E
Die onderstaande vrae is op die strokies (TEKS E) gebaseer:
4.1 In die hoof se kantoor:
Ek is nie die
Sakkie, jou dae as enigste een met
afrigter by die skool is geraamtes in die
verby. Jy het tot die kas nie! Jy sal
einde van die dag om jou weer van my
kantoor te ontruim. hoor! En vinnig
Hoe kon jy steroïede vir ook!
‘n kind gee?
Ek sal seker maak jy rig
nooit weer rugby af nie.
1
John is gevang dat hy roids gebruik, Pieter. Coach het dit
blykbaar vir hom gegee.
Sjoe, Nthabiseng!
Wat gaan aan?
Dit lyk of Van Tonder hom afgedank het.
2
Jy moet waag om my seun te skors... Watter Ek kan nie glo jy Ek moes nooit gespuit het nie.
bewyse het julle? is uitgevang nie!
Meneer Van Tonder, as jy wil hê ek moet ‘n eis Ma het my dit laat doen. Hulle gaan
Is jy dom, John? my skors uit rugby uit!
teen jou skool instel, sal jy voortgaan om die
leuens te versprei!
3 4
HELP!
Jou ondankbare klein hel! Ek wou net die beste Later tussen die Iemand doen
vir jou hê! Jy droom daarvan om ‘n Springbok te klaskamers... iets!
word... hoe anders sou jy dit regkry?! Uhn...
5 6 7
4.1.1 Wat beteken die onderstreepte idioom in raampie 1? (1)
4.1.2 Gebruik die donker, vetgedrukte woord in raampie 2 as ʼn byvoeglike
naamwoord in ʼn verklarende sin. (1)
4.1.3 Wat is die geïmpliseerde betekenis van John se ma se woorde in
raampie 5? (1)
4.1.4 Wat kan jy aflei uit die lyftaal van die meisie in raampie 7? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V1 11
4.2
8
Later die dag in Nee, darem nie. Die
John, jy Is jy OK, John? Ek Hoekom het jy
die hospitaal... dokter sê hy dink dit Kan ek jou
het ‘n het gedink jy kry roids gebruik?
was ‘n panic attack. vertrou,
besoeker. ‘n hartaanval? Hoekom sal jy so
Hulle stel voor ‘n kans met jou Karin?
ek gaan vir toekoms vat?
twee weke na
M-Care Optima. Jy kan.
Die stres en
goed is nou
baie. Wat doen
jy hier?
Ek is
bekommerd
9 10 oor jou. 11
My pa is in ʼn hijacking doodgeskiet.
Ek was toe nog klein en ons het in
Jo-burg gebly. My ma het daarna
baie verander... Sy het gesê ek is
nie slim genoeg om te gaan swot
nie, maar ek sal vir die Springbokke
kan speel as ek alles insit.
Ek hét alles ingesit...
Maar later was dit vir haar nie meer
genoeg nie.
Sy en coach het gepraat en hulle het
voorgestel ek moet steroïdes
gebruik. Sy het gesê: “Jy sal dan
sonder twyfel eendag vir die Bokke
speel. Ek wil net die beste vir jou hê”
12
4.2.1 Gee die korrekte Afrikaans vir die onderstreepte woorde in raampie 10. (1)
4.2.2 Gee die antoniem van die onderstreepte woord in raampie 11. (1)
4.2.3 Lewer kommentaar oor die taalgebruik van die leerders. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
4.3 By ʼn skole Mev. Van Rooyen, hoe kon jy dit aan John is mos met roids gevang.
rugbywedstryd... John doen? Ek tree nou teen jou en Van Tonder het toe uitgevind
John se ma en die afrigter sit So, dís hoekom ons
ander ouers op wat hul kinders dwing nou met die stupid
Van Tonder, dis jou om tot elke prys te presteer. daaragter. Die skoolhoof het
Kinderbeskerming gebel en die hulpafrigter sit.
skuld dat my kind Ek gaan uitvind watter ander ouers ook Die skoolhoof gaan
van my weggevat is! polisie en maatskaplike
hul seuns steroïede laat gebruik het. dienste het John weggevat. Ek nog maak dat ons die
Hoe kon jy? Julle verwoes jul kinders se lewe. liga verloor. En ons
dink hy bly nou by ‘n familielid.
seuns gaan sonner
Wat het rugbykontrakte sit...
gebeur?
13 14
4.3.1 Identifiseer die voorwerpsin van die onderstreepte sin in raampie 13. (1)
4.3.2 Skryf die middelste man in raampie 14 se laaste sin in die indirekte
rede. (1)
4.3.3 Aan watter klankverskynsel maak die spreker hom in die
onderstreepte woord in raampie 14 skuldig? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V1 13
VRAAG 5: ARTIKEL
Beantwoord die vrae wat op die teks gebaseer is.
TEKS F
Wat as ...
1 Daar was onlangs ʼn program op televisie wat handel oor die lewe van mense
wat die lotery gewen het. In Amerika het ʼn vrou 91 miljoen dollar ryker geword,
ʼn ander vrou het 50 miljoen dollar gewen en ʼn egpaar 266 miljoen
dollar. Hierdie geld is nie eenmalig aan hulle uitbetaal nie, wel in paaiemente
oor ʼn tydperk wat tot 20 jaar lank kan wees. Die wenner ontvang dikwels maar
ongeveer 50% van die totale prys, die res gaan na die (5.1) belastinggaarder,
maar dit bly ʼn ondenkbare hoeveelheid (5.2) welvaart.
2 Dit was duidelik dat die vervaardiger van die program wou wys hoe lewens
oornag kan verander en hoe fassinerend dit is dat die meerderheid van hierdie
gelukkiges hul geld binne enkele jare verloor; sommige verval in groter
armoede as wat hulle voorheen beleef het. (5.4) Die redes hiervoor is dat
meeste mense geen benul het hoe om met geld te werk nie, dat (5.5) weinig
mense eenvoudig nie vooruit beplan nie en dat familie, kennisse en
sogenaamde beleggers (5.6) soos wolwe kan toesak op diegene wat
voorspoed beleef.
3 (5.8) Wat my opgeval het, is die feit dat feitlik almal binne ure by hul werkplek
bedank het. Sommige het hul eie besighede begin. Die meeste het egter
heeltemal ophou werk, hulle wys foto’s van hul reise en vyfsterhotelle waar
hulle tuisgaan.
4 Wat onverklaarbaar is, is die gebrek aan ʼn loopbaan, aan werk, aan ʼn
lewenstaak. Dit wat ons doen, ons werk (5.9) (definisie) ons. (5.10) Moet dit
dan nie een van die wonderlikste goed op aarde wees nie? Selfs al wen ons
miljoene, moet ons daar wil bly, want dit maak ons tevrede en beter en gesond
en opgewonde.
[Aangepas uit SARIE, Augustus 2015]
5.1 Identifiseer die bepaler van die onderstreepte woord in paragraaf 1 en gebruik
sy basisvorm/stam in ʼn duidelike sin om die betekenis daarvan aan te dui. (1)
5.2 Tot watter woordsoort behoort die laaste woord in paragraaf 1? (1)
5.3 Gee die intensiewe vorm van die vetgedrukte woord in paragraaf 2. (1)
5.4 In paragraaf 2 is daar ʼn bepaalde lidwoord weggelaat. Skryf die onderstreepte
gedeelte oor en voeg die ontbrekende lidwoord in. (1)
5.5 Verskaf die vergrotende trap van die tweede vetgedrukte woord in paragraaf 2. (1)
5.6 Watter konnotasie heg ons aan die onderstreepte frase in paragraaf 2? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/SEPTEMBER 2017)
5.7 Watter beeldspraak lê in die onderstreepte frase in paragraaf 2 opgesluit? (1)
5.8 Brei die onderstreepte sin in paragraaf 3 uit met ʼn bywoordelike bepaling.
Skryf die hele onderstreepte gedeelte neer en onderstreep slegs die
bywoordelike bepaling. (1)
5.9 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies in paragraaf 4. (1)
5.10 Verander die onderstreepte sin van paragraaf 4 na die verlede tyd. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2017 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2017 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper