Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
AFRIKAANS HUISTAAL V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 80
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 33 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Memo
Grade 12 Afrikaans HL memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 33 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 33 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 33
- File size
- 642.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 33
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2017
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
NASIENRIGLYNE
1. As ʼn kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag
en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2. As ʼn kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen
het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3. As ʼn kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en
C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits
een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.
4. As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer.
5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
memorandum nagesien.
6. As ʼn spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie,
word dit as korrek beskou.
7. Literêre opstel: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die
kandidaat nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As
die opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior
nasiener/vakhoof. Die memorandum is slegs ʼn riglyn, daarom moet ander
relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om
die literêre opstelle na te sien.
8. Kontekstuele vrae: As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag
dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK
STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
rede/motivering/bewys verdien die punt.
11. Moenie woorde nasien nie, sien betekenis na.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: LITERȆRE OPSTEL – “besoekersboek”
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK
VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Elke mens het ʼn behoefte om iets van hulself op aarde na te laat, want hul
wil onthou word vir die bydrae wat hul gelewer het./Bv. r.2:(of liewer: íngekrap)
Die mens wil die tydelikheid van hul aardse besoek verewig aangesien hul
besef dat hul net tydelike besoekers op aarde is./Bv. r.1: op die sel se mure
het iemand uitgekrap
Die gedig maak dit duidelik dat die mens ʼn sigbare merk wil maak – in
watter vorm ook al – dat hul hier was om die metaforiese besoekersboek van
die lewe te teken./Bv. r.2:sy naam en al die dae
Die mens wil dus bly voortleef en onsterflik raak sodat hul seker is hul
aardse pogings was nie verniet nie./Bv. r.14:ek was hier en hier het ek
geslaap.
Die titel maak dit duidelik dat die mens slegs ʼn gas is wat die aarde
besoek aangesien die mens sterflik is en nie vir ewig op aarde kan leef
nie./Bv. titel besoekersboek
Reeds in die titel word daar ʼn besoek afgelê, want jy besoek ʼn plek indien
jy ʼn besoekersboek het./Bv. titel besoekersboek
’n Verskeidenheid van plekke kom deurentyd in die gedig na vore, want
duikweë, stasies en brûe dui op plekke waar mense beweeg wanneer daar
gereis word./Bv. r.4:deur duikweë stasies onder brûe bly draai die vrae
Die spreker het Egipte besoek en die verwysing na hiërogliewe is bewys
daarvan./Bv. r.9:ek loer na hiërogliewe
Die spreker het ook ʼn boer se plaas besoek waar santekeninge
voorkom./Bv. r.10:waar jagtonele oorgebly het teen die krans
Die Gideonsbybel dui verder op reis aangesien dié Bybels in hotelle
aangetref word en dit ʼn plek is waar reisigers oorslaap./Bv. r.11:vóór in die
gideons se bybel is ʼn lang lys
Die figuurlike reis van die mens na die aarde bly sentraal staan in die lees
en die verstaan van hierdie gedig./Bv. r.14:ek was hier en hier het ek geslaap
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – “ʼn vigslyer sterf”
Vraag Antwoord Punt
2.1 Die a-klank in versreël 1 versterk takelwerk en afgetakel./
Die o-klank in versreël 2 versterk hom ontplof./
stort en word in versreël 3 en 4 word deur die o-klank/rym beklemtoon.
√√ 2
2.2 Metafoor / Vergelyking √ 1
Die vel word vergelyk met ʼn dun seil. √ 1
Die bene is brose stokke omdat dit dun is/lyk of dit maklik kan breek./
Net soos die stokke sigbaar is deur die dun seil, net so is die bene
(geraamte) deur die dun vel sigbaar. √ 1
2.3 somber / hartseer / ontnugtering √ 1
2.4 2.4.1 Dit beklemtoon dat iets so lig soos die gewig van lug die rede is
waarom die vigslyer nie sy hande kan oplig nie./
Die gewig van lug word doelbewus oordryf om die
hartseer/skokkende werklikheid van die situasie aan die leser te
wys./Dit is funksioneel omdat dit absoluut oordryf hóé swak die
vigslyer is./
Dit beklemtoon hoe moeg en uitgeput die vigslyer deur hierdie
siekte is. √ 1
2.4.2 Enjambement / korter versreëls / eenlettergrepige woorde √ 1
2.5 Die boodskap handel oor die fisiese pyn, verwyt, oordeel en vrae wat
die pasiënt en familie ervaar. √
Groot hartseer en emosionele skade word deur hierdie siekte
meegebring en die oë soek na hulp/raad./
Die siekte veroorsaak geweldige fisiese pyn en die slotstrofe
beklemtoon dat die vigslyer graag sonder pyn wil sterf./
Die siekte bring oordeel en verwyte en die spreker vra genade vir sy
situasie./
Die siekte bring baie vrae en onsekerheid vir die lyer en sy naastes en
daarom probeer hy verstaan waarom hy so moet sterf/sy naastes
probeer verstaan hoekom dit die lyer se lot moet wees. /
Aan die einde het hy die genade ontvang om te verstaan, daarom
bevraagteken hy nie meer sy lot nie. √
Die kandidaat moet die boodskap noem vir EEN punt en die aansluiting
van die betekenis/inhoud van die slotstrofe vir EEN punt. 2
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – “oupa Thomas Daniel Granfield”
Vraag Antwoord Punt
3.1 Die spreker verwoord haar hartseer oor haar oupa se dood./
Dit gaan oor iemand se dood. √ 1
3.2 Koeplet √ 1
Die strofe beklemtoon dat die spreker uitgesluit is, toe die res van die
familie by haar oupa se sterfbed was. √ 1
3.3 Omdat hierdie strofe oor dié spreker se gevoelens handel, is die
herhaling van ek gepas. √ 1
3.4 Vergelyking √ 1
Die spreker se ma se woorde het haar met vrees/spanning/angs
gevul./
die ma se woorde is slegte nuus./Die spreker wou nie haar ma se
woorde hoor nie – sy koes daarvoor. √ 1
3.5 Dit skei die gedig in twee dele./
Dit dui daarop dat die eerste deel oor die oupa se sterfdag handel,
terwyl die tweede deel die spreker se hartseer oor dié dag beskryf. √ 1
3.6 Die spreker beklemtoon dat haar oupa ʼn goeie man was, maar sy
potensiaal is beperk./Die spreker meen dat haar oupa soveel meer kon
wees as hy die geleentheid sou gehad het. √ 1
Dit is goed dat besondere mense in ons lewens geëer word vir die
mens wat hul was en die invloed wat hul op ons lewens gehad
het./Elke mens is verantwoordelik vir sy eie geluk./Hoe jy dinge
benader/verwerk bepaal jou geluk of ongeluk. √ 1
Bv. Ek het in die gedig geleer dat ek moet besef dat hartsmense soos
my grootouers my liefde en aandag verdien./ek het besef hoe
dankbaar ek is dat ek ook ʼn wonderlike oupa in my lewe het. √
Die kandidaat formuleer ʼn gepaste tema en eie boodskap binne
konteks van die gedig. 1
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – “Die sagte sprong”
Vraag Antwoord Punt
4.1 Metafoor √ 1
God se teenwoordigheid is sag, maar kragtig./ beweeg/roer ʼn mens. √ 1
4.2 Dit verwys na die spreker se mistieke belewing van God se
teenwoordigheid. √ 1
4.3 vreugde / stille verwondering √ 1
4.4 Progressie vind plaas vanaf ʼn intellektuele belewing tot ʼn geestelike
ervaring. √ 1
Daar word aanvanklik na ‘sy vasvat’ verwys, maar wanneer die spreker
ʼn dieper belewenis van God ervaar, verander dit na ‘u vasvat’ wat haar
diepste siel aanraak/tref. √ 1
Aanvanklik vind ʼn gesprek in die algemeen plaas en dan verpersoonlik
dit. √ 1
4.5 Die vraag is funksioneel, want die spreker tree nou in ʼn direkte gesprek
met God. √ 1
Die spreker bevestig ook God se daadwerklike invloed in haar lewe. √ 1
4.6 Wanneer ʼn mens na aan God leef, vervul dit jou met ʼn intense
belewenis van Hom./
Die mens word met intense vreugde vervul wanneer hy/sy na aan God
leef. √ 1
[10]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – “Fotodag”
Vraag Antwoord Punt
5.1 ʼn Persoon wat terugdink aan sy/haar skoollewe./
ʼn Persoon wat terugdink aan die fotodag destyds by die skool./
ʼn Persoon wat na ʼn skoolfoto kyk (en terugdink aan die fotodag). √ 1
5.2 Daar is geen klasse nie/baie aankondigings./
Kinders trek tussen die skoolbanke aan./
Toksakke lê rond./
Kinders hardloop in die gange rond. √√ 2
5.3 Die fotonemery is net vir (valse) vertoon. √ 1
5.4 Die strengheid/orde/dissipline word beklemtoon./
Dit beklemtoon dat die leerders nie ʼn keuse ten opsigte van die dra van
baadjies het nie. √ 1
5.5 Die gedig het geen vaste rymskema nie./
Die gedig het geen vaste strofebou nie. √√ 2
5.6 Soos die flits van die kamera tydens die fotodag, het die jare na skool
vinnig verby gegaan (geflits). √ 1
Die spreker is negatief oor skool, want hy meen dit was nie ‘regte’ jare
nie – die regte jare het eers na skool gekom. √ 1
Dit gaan moontlik nie (so) goed met die spreker nie, want hy kry skaam
dat hul destyds so versekerd was – die implikasie is dat hy/hulle dus
nie nou meer so selfversekerd is nie. √ 1
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 6: LITERÊRE OPSTEL – Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Iris is nie die tradisionele heldin wat in ʼn liefdesverhaal aangetref word
nie, want as ʼn onsekere karakter bly sy deurentyd op soek na ʼn geleentheid om
haar volle potensiaal te bereik.
Iris is nie ʼn gewone, selfversekerde meisie nie, maar voel eerder dat
niemand na haar luister nie.
Iris is nie ʼn entoesiastiese meisie wat opgewonde is oor haar doen en late
nie, want sy glo alles wat haar susters doen is opwindender en interessanter.
Iris se familie wil dink dat sy nie in mans belangstel nie en sy smeek haar
ma om van Riekie ontslae te raak.
Iris se knieë knak nie voor enige aantreklike man nie en daarom beïndruk
Frederik se plakkaatvoorkoms haar maar min.
Iris verkies om die hede te ontduik deur in haar verbeeldingswêreld te
leef, want dit bied baie meer opwinding.
Aangesien Iris nie tevrede is met alles wat die werklikheid bied nie, skep
sy verbeeldingsvlugte en ʼn Engel sodat sy kan ontsnap na ʼn interessanter
wêreld.
Sy hanteer verhoudings nie soos die tipiese meisie wat ʼn emosionele
ervaring wil hê nie, maar verkies om slegs fisiek betrokke te raak.
Iris is nie beroepsgerig en gedrewe nie, maar verkies om eerder by dokter
Anders te werk omdat sy nie wil hê die werklikheid moet haar
verbeeldingsvlugte onderbreek nie.
Iris stel alles in haar lewe ondergeskik aan die een groot blomoomblik in
haar lewe, want sy glo dat ʼn mens net een kans op ware geluk het.
Els is nie die konvensionele ma wat haar dogters liefdevol grootmaak nie,
maar hierdie taak word grootliks aan Johanna oorgelaat.
Els word eerder deur haar kinders grootgemaak, want hul wys haar op baie
dinge wat sy moet doen.
Els is nie die tipiese ma wat ʼn goeie kok is nie en is eintlik dankbaar
wanneer die aandete aan die gaar raak was.
Els verkies dit om tyd in die tuin deur te bring eerder as om die tradisionele
take van ʼn ma te verrig.
Els maak haar kinders ietwat liberaal groot aangesien sy nie in hul pad
staan wanneer hul op jong ouderdomme verhoudings aanknoop nie.
Els tob nie oor haar dogters se sedes nie en deur stil te bly of hul nie aan te
spreek nie, aanvaar sy hul optrede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9
Els is nie georganiseerd en in beheer van haar huishouding nie, want sy
kom verstrooid voor.
Els is nie die tradisionele ma wat alles volgens die boek doen nie, maar
sy is eerder baie eksentriek in haar benadering tot die lewe.
Els is baie onkonvensioneel in haar hantering van misdaad, want sy
help die boef by die tuinhekkie uit.
Els is beslis alternatief, want sy sluit op die plaas by Die Spieël aan.
Johanna is nie slegs die huishulp nie, maar maak die dogters groot.
Johanna speel nie net ʼn ondersteunende rol in die huis nie, maar neem
verantwoordelikheid vir pligte wat eintlik die ouers sʼn is.
Johanna lyk nie soos die tipiese huishulp van daardie era nie, maar lyk
deftiger as sommige van Elsa se tantes by haar troue.
Johanna weier om die tradisionele rol van die huishulp in te neem deur
te weier om die dogters “kleinmies” te noem.
Johanna se hulp in die huis is nie beperk tot huistake nie, maar sy bied
emosionele onderskraging aan die dogters.
ʼn Mens sou nie verwag die Johanna rassisties optree nie, maar sy noem
Claude ʼn ‘klong’ en is skepties oor Kara se verhouding met dié Fransman.
Johanna is nie versigtig vir haar werkgewer nie, maar manipuleer Pa
eerder om haar sin te kry.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG – Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor
Baker
Vraag Antwoord Punt
7.1 ʼn Dief het by Iris-hulle ingebreek./ʼn Dief het die televisie probeer steel. √ 1
7.2 Verstrooid √ 1
Ma het die amptenare by Binnelandse Sake deurmekaar gehad met die
inligting omtrent Johanna vir die pas wat sy moes dra. √ 1
7.3 Eerstepersoonsverteller √ 1
Die verteller laat die leser besef dat Iris ʼn storie so gemaklik/lekker vertel
dat sy maklik afdwaal van wat sy eintlik wil sê./
Die leser besef dat Iris se gedagtes afdwaal terwyl sy ʼn storie vertel./
Dit word vir die leser beklemtoon dat Iris se gedagtes rondspring/nie altyd
georden is nie. √ 1
7.4 Claude is nie-blank/swart. √ 1
Rassisme √ 1
Ma ignoreer die pas wat Johanna moet dra met vaagheid./
Iris verwys spottend na Suid-Afrikaners as rassiste./
Johanna waarsku Iris teen die Negers in die VSA./
Iris se gesin het geen vooroordeel teen anderskleuriges nie./
Iris is nie bang om saam met Billy te ry nie./
Billy, ʼn nie-blanke, is die eerste persoon wat werklik na Iris luister. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman aan.
7.5 (Hiper) prakties √ 1
Ja, toe sy ʼn drieling verwag, het sy haar praktiese ingesteldheid effe
verslap./ Haar huis was later ook deurmekaar. √ 1
Die kandidaat bied enige EEN motivering uit die roman aan.
7.6 Hannes sê wat moontlik tot ʼn probleem in Kara en Claude se verhouding
kan lei, maar hy knoop self later ʼn buite-egtelike/onbehoorlike verhouding
met ʼn student aan./veroorsaak ook probleme in sy eie huwelik. √ 1
Die kandidaat moet albei kante van die ironie noem vir EEN punt.
7.7 Iris is baie jonger as haar twee susters. √ 1
Iris se ma beskou haar by geboorte al as anders./
Iris se ma is by haar geboorte onseker of sy haar hoor skree het./
Iris voel dat niemand in die gesin na haar luister nie./
Iris hoor sy was eintlik ʼn glips./
Iris het nie soos haar susters ʼn familienaam nie./
Iris voel soos die Aspoestertjie in haar gesin./
Iris se pa was nie by toe sy gebore is nie. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11
7.8 Vermont / Iris en Peter se slaapkamer in die houthuis in Vermont. √ 1
7.9 Die fiktiewe Peter bied aan Iris die moontlikheid om van die werklikheid te
ontsnap./help Iris om deur fantasie vraagstukke vir haarself uit te
werk./laat Iris dinge doen wat sy nog nie in die werklike lewe gedoen het
nie. √ 1
Die werklike Peter bied aan Iris die moontlikheid om van haar
fantasiewêreld afstand te doen en die werklikheid te geniet./anker Iris se
werklikheid vir haar./laat Iris besef dat daar nie slegs een groot
blomoomblik in die lewe hoef te wees nie. √ 1
Dit is Peter se teenwoordigheid in Iris se lewe wat haar laat besef dat die
lekker van die hier en die nou nie durf ignoreer word nie./Peter laat Iris
afstand doen van haar hunkering na een groot droomoomblik deur met
haar te trou. √ 1
7.10 Ek sou hom by die realiteit plaas, want hy beskerm Iris./sy kan met hom
praat./sy kan hom sien./sy sê vir haar is hy werklikheid.
OF
Ek sou hom by haar verbeeldingsvlugte/fantasie plaas, want die motto sê
reeds dat ʼn mens baie dinge in die roman met ʼn knippie sout moet
neem. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke motivering vir EEN punt aan.
7.11 Die motto help dat die leser die humor in die onderstreepte gedeelte
raaksien./dat die leser besef om nie alles ernstig op te neem nie. √ 1
Beskermengel/Geselsgenoot/Raadgewer/Gee Irisse selfvertroue ʼn
hupstoot/ Tree as Iris se gewete op/Hy help haar om tot belangrike insigte
te kom. √ 1
Die Engel het Iris gehelp om nou aan die werklikheid te dink/in die
werklikheid te leef. √ 1
7.12 Die Engel se hand √ 1
Die Engel het Iris kom roep omdat Bettie siek is./kwansuis gif gedrink
het. √ 1
[25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 8: LITERÊRE OPSTEL – Manaka Plek van die Horings – Pieter Pieterse
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Baas is aanvanklik baie hardkoppig en trots en betaal vooruit vir die
konsessie vir Manaka en maak dan reg vir die Zanbezi-tog.
Hy raak gou “baie kwaai” as mense hom probeer help soos toe Grace hom
tydens sy malaria-siekte bygestaan het.
Die inwoners is skrikkerig vir Baas, want niemand is bereid om na sy huis toe
te gaan nie.
Hoewel Baas baie goeie bedoelings gehad het, is dit sy “goeie bedoelings”
wat sy “ondergang” geword het.
Hy wil nie deur die plaaslike inwoners as Christen bestempel word nie en
maak daarom beswaar as ouma Essie na hom as een verwys.
Hy raak na sy siekte baie kwaad, want hoewel hy niks meer het om te gee nie,
kom soek almal medisyne by hom.
Baas maak dit baie duidelik dat hy nie verantwoordelik is vir almal se
skete en kwale nie omdat hy ook ʼn lewe het en net na homself wil omsien.
Baas gee nie met ʼn oop hart nie en is baie bewus dat die geld wat hy vir
Grace gee vir nog pille die laaste van sy fondse is.
Baas bly deurentyd hardkoppig en weier om te gaan toe die stampolisieman
opdaag om hom na die khuta te ontbied.
Hy is kortaf en ongeskik wanneer hy nie in Grace se uiteensetting van haar
familie belangstel nie.
Hy het nie respek vir ander se menings nie, want hy jaag Grace weg as sy
met hom wil redeneer.
Hy betoon ook nie dankbaarheid teenoor ander nie en jaag meneer Johnnie
weg wanneer hy met die werk in die kamp kom help.
Baas wil nie hoor dat hy Manaka toe “gestuur” is nie, want hy meen hy is
daar “op sy eie” en hy sal sy eie probleme oplos.
Baas verkies om nie te reageer nie wanneer hy niks het om te sê nadat die
khuta hom beskuldig nie.
Dit is vir Baas duidelik dat hy nie vir die plaaslike inwoners saak maak nie
en staan daarom tydens die vergadering met die khuta op en stap weg.
Baas wil niemand help nie en vererg hom wanneer die khuta van hom verwag
om sy voertuig in hulle belang te gebruik.
Baas wil nie verhoudings met mense aanknoop nie, want hy wil nie
sendelinge op sy erf hê nie./hy sê vir Nanna hy kom goed klaar sonder
geselskap.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13
Alhoewel Baas die ou vrou se begrafnis bywoon, staan hy eenkant.
Baas worstel met sy eie innerlike konflik, want hy wil niemand versorg nie,
want dit sal beteken dat hy vir ander mense op Manaka omgee.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG – Manaka Plek van die Horings –
Pieter Pieterse
Vraag Antwoord Punt
9.1 Derdepersoonsverteller √ 1
Die verteller skets vir die leser die ruimte/geografiese agtergrond. √ 1
Die beskrywing van die karakter se ervaring is objektief./
Die verteller is altyd teenwoordig./
Die verteller weet wat die karakter dink/doen. √ 1
9.2 Hy moes vir die staatsmuseum skoenlappers in Afrika gaan vang. √ 1
Kanada √ 1
9.3 Dit was in die tyd wat die roman afspeel die gepaste aanspreekvorm vir
ʼn persoon in gesag./Seuns en kleinseuns dra volgens tradisie hul oupa
se noemnaam. √ 1
9.4 Die worsboom bied aan die gemeenskap ʼn byeenkomplek./Daar is
Sondae onder die boom kerk gehou./ √ 1
Die worsboom raak die sentrale plek waar leer kon plaasvind./Die
kinders het onder die boom gesit vir skool. √ 1
9.5 Ja.
Hy het ʼn sendingstasie opgerig.
Hy het die rivier gekarteer.
OF
Nee.
Daar is geen werklike uitbreiding nie. √ 1
Malaria is steeds ʼn werklikheid. √ 1
Baas wil ʼn boot op die Zambezi hê waarmee hy toeriste aan Afrika kan
blootstel. √ 1
Nee.
Hy het wel die boot gebou, maar die rivier het hom weggespoel. √
OF
Ja.
Die suggestie bestaan dat met die kry van die boot en Grace wat
saamstap, voorspoed wag. √ 1
9.6 Sy is ʼn Christen. √ 1
Sy wil Baas laat verstaan dat hy met ʼn spesifieke doel na Manaka
gestuur is om hul te help./Sy is die stem van geregtigheid wat Baas wil
aanmoedig om sy Christenskap te aanvaar en uit te leef. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15
9.7 Ouma Essie kom vra Baas se hulp om die pale aan te ry. √ 1
9.8 Die bosoorog in Suid-Rhodesië/
Die verloor van die plaas/
Ouma Essie en Grace wat sê hy is ʼn Christen. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman vir EEN punt
elk aan.
Baas kon nie vrede vind nadat sy ouers deur rebelle vermoor is nie. √ 1
9.9 Baas ontken die heeltyd dat hy ʼn Christen is, maar sy optrede getuig 1
van Christenskap. √
Die kandidaat bied albei kante van die ironie aan vir EEN punt.
9.10 Toe Baas na sy ouers se dood terugkeer plaas toe, is hy alleen met net
sy hond./
Van kleins af is hy voor die ander uit wanneer hulle gaan jag het./
Hy raak gou verveeld met sy werk by die saagmeule en gaan jag
eerder alleen met sy hond./
Sy denke is ‘noordwaarts’ gerig en nie ‘suidwaarts’ na die ‘beskawing’
toe nie.
Hy koop ʼn motorboot en sleepwa en reis alleen verder met sy twee
honde./
Hy het sy eie idee van wat toeriste in Afrika behoort te beleef; nie in
hotelle nie, maar afgesonder in hutte tussen die plaaslike inwoners. √√√ 3
Die kandidaat bied enige DRIE bewyse uit die roman vir EEN punt elk
aan.
9.11 Sy oupa tree mensliewend op en wil sy Christenskap met die inwoners
deel, terwyl Baas hier nie mensliewend optree nie en veg teen die feit
dat hy ʼn Christen is. √ 1
9.12 Die mens staan in ʼn belangrike en verantwoordbare verhouding tot die
natuur/ tot mekaar/die aard van ware geloof. √ 1
Ons moet mense volgens hul dade, en nie volgens
woorde/verkleur/agtergrond nie, oordeel. √ 1
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 10: LITERÊRE OPSTEL – Vatmaar – AMJ Scholtz
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Tant Wonnie ervaar verlies omdat haar lewensmaat, Heinrich, in die oorlog
sterf.
Tant Wonnie ervaar ook die hartseer van verlies toe haar ses kinders in die
Groot Griep sterf.
Tant Wonnie sukkel voort in armoede na Heinrich se dood omdat sy nie
wettiglik met hom getroud was nie en nie geregtig was op sy oorlogspensioen
nie.
Tant Wonnie ervaar vernedering as vrou terwyl sy op Schoongesicht
werk omdat Piet de Bruin haar teen haar wil probeer verkrag en haar van haar
menswees wil ontneem.
Tant Wonnie is na haar liefdeswerk by Sannah Vosloo slegter daaraan
toe as voor sy Schoongesicht toe is omdat haar huis leeg gesteel is toe sy
terugkeer na Sannah se dood.
Tant Wonnie ervaar lyding wanneer ander mense haar kind vat om te
gaan werk, want Anna de Bruin het Kaatjie gevat en vir mevrou Bosman as
kinderoppasser gegee.
Tant Wonnie word van diefstal beskuldig en daarvoor in hegtenis
geneem omdat Settie September sê dat sy haar ring gesteel het.
Tant Wonnie ervaar vernedering as sy in hegtenis geneem word omdat sy
geboei word en voor die polisieman op sy perd na die polisiekantoor moet
stap.
Tant Wonnie word ook verneder toe Piet de Bruin haar op sy vragmotor
laai en die langste pad na die polisiekantoor toe ry omdat hy haar wou
terugkry.
Tant Wonnie se goedheid word uitgebuit deur Settie en Johnny
September as sy vir hul rit na Vatmaar betaal.
Tant Wonnie word deur Settie September as heks uitgemaak omdat sy
blykbaar die magistraat voor die uitspraak, en haar en haar man uit die
kapkar, getoor het.
Tant Wonnie verloor haar sewende kind as gevolg van Mevrou Bosman
se verkeerde vermoede dat haar man verantwoordelik is vir Kaatjie se
swangerskap omdat dit uitloop op ʼn mislukte poging tot ʼn aborsie, tronkstraf
en haar dood tydens die geboorte.
Tant Wonnie ervaar vernedering omdat haar intieme briewe van Heinrich
met die gemeenskap gedeel is nadat Maria Jacobs dit vir Tant Wonnie moes
lees en alles wat daarin staan uitgeblaker en die inhoud aangedik is.
Tant Wonnie het ten spyte van die gemeenskap se beskuldiging dat sy ʼn
dief is, haar nie laat onderkry nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17
Tant Wonnie vind haar vertroosting vir die vernedering omdat sy vasklou
aan haar man, Heinrich, se woorde op ʼn poskaart.
Tant Wonnie omskep haar negatiewe omstandighede in iets positiefs
omdat sy sê sy nou weet waar om God te vind.
Tant Wonnie ondergaan ʼn versterking van haar geloof ten spyte van
haar swaarkry toe sy in haar tronksel alles in Sy hande oorgee.
Tant Wonnie ontvang vergoeding vir haar vernedering om in die hof te
staan as die magistraat haar onskuldig bevind.
Tant Wonnie se waardigheid word na haar vryspraak herstel omdat die
oorlogspensioen wat sy met behulp van die magistraat ontvang, haar in staat
stel om nie meer ander mense se wasgoed hoef te doen nie.
Tant Wonnie slaag daarin om die Septembers terug te kry vir hul
minagting van haar as sy en Suzan hulle by die kapkar uitstamp.
Tant Wonnie is gebroke oor Norman se dood, want sy besef sy het hom al
die tyd liefgehad.
Die kandidaat verskaf ʼn gepaste slot. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG – Vatmaar – AMJ Scholtz
Vraag Antwoord Punt
11.1 Ma Khumalo het Norman in haar huis ingenooi./Norman het die vorige
aand saam met haar gebid. √ 1
11.2 Ons is ma en kind./Ons hoort bymekaar./Ons is familie. √ 1
11.3 Eerstepersoonsverteller √ 1
Die leser kry ʼn duidelike idee van die verteller (Norman) se liefde vir
Ma Khumalo. √ 1
Hierdie soort verteller bied ʼn eerlike/direkte/getroue/geloofwaardige
vertelling aan die leser. √ 1
11.4 Liefde oor die grense heen √ 1
Oupa Lewies is baie lief vir sy swart vrou./
Suzan troos vir Nellie Ndola./
Oom Chai en Oupa Lewies omhels mekaar en huil saam. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE voorbeelde uit die roman vir EEN punt elk
aan.
11.5 Norman word deur sy eie mense (witmense) verstoot, maar Ma 1
Khumalo, die swart vrou, aanvaar hom. √
Die kandidaat moet albei kante van die ironie noem vir EEN punt.
11.6 Trots (op haar werk)/Konsensieus/Netheid √ 1
Sy verwelkom Mary met ope arms in haar huis. √ 1
11.7 Hy word as wit boer uitgejou. √ 1
Nee.
Hy het later ʼn paar stewels/klere as vergoeding gekry./
Hy word later as bode/posman aangestel. √ 1
Ongeregtigheid/Onregverdige optrede teenoor ander hou altyd
nagevolge in. √ 1
Die leerder formuleer ʼn eie boodskap uit hierdie voorval vir EEN punt.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19
11.8 Die gebod behels dat enigeen vry is om iets na willekeur te vat waar die
eienaar nie teenwoordig is nie. √ 1
Sy neem/’vat’ Kaaitjie as bediende sonder Tant Wonnie se
toestemming. √ 1
11.9 Sy buit Kaaitjie uit./tree onregverdig teenoor Kaaitjie op./Sy tree
diskriminerend teenoor Kaaitjie op. √ 1
Ja.
Die blanke mense het in daardie tyd/in daardie omgewing so met nie-
blankes gepraat./so met nie-blankes omgegaan. √ 1
Die kandidaat kan nie NEE vir ʼn antwoord aanbied nie.
11.10 Tant Wonnie ervaar verlies omdat haar lewensmaat, Heinrich, in die
oorlog sterf./toe haar ses kinders in die Groot Griep sterf./
Tant Wonnie ervaar vernedering omdat Piet de Bruin haar teen haar wil
probeer verkrag en haar van haar menswees wil ontneem./
Tant Wonnie se huis is leeg gesteel toe sy terugkeer na Sannah se
dood. √√√ 3
Die kandidaat bied enige DRIE voorbeelde uit die roman vir EEN punt
elk aan.
Tant Wonnie ondergaan telkens ʼn versterking van haar geloof wanneer
sy lyding ervaar. √ 1
11.11 Lafaard/skrikkerig √ 1
Hy is bang as hy Tant Wonnie kwaad maak dat sy, sy vrou van sy
poging tot verkragting sou vertel. √ 1
11.12 Haar huis is geplunder. √ 1
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 12: LITERÊRE OPSTEL – onderwêreld – Fanie Viljoen
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Greg verloor sy broer en rolmodel, want die druk wat deur hul pa op hom geplaas is,
het sy tol geëis en hy het selfmoord gepleeg.
Dit is vroeg in die roman reeds duidelik dat Greg sy pa ‘verloor’ het aangesien hy
hom druk om te presteer en Greg nie meer enige respek vir hom het nie.
Greg se ma se vrese dat sy nog ʼn kind kan verloor is ʼn wesenlike probleem
aangesien sy besef dat haar man ongelooflike druk op Greg plaas.
Greg se ma verloor eindelik nie haar seun nie, maar haar man wanneer sy
misdade aan die lig kom.
Greg-hulle se gesinsdinamika het verdwyn, want liefde is nie werklik teenwoordig
nie – eerder ʼn ongesonde disfunksionaliteit.
Eckardt verloor sy pa deur Greg se pa se toedoen, want hy pleeg selfmoord as
gevolg van sy skuldgevoel oor sy aandeel in Greg se pa en Dokter Pienaar se
misdrywe.
Greg en Eckardt ontwikkel ʼn besondere band en vriendskap, maar dit gaan
verlore wanneer Eckardt onthul dat hy Greg slegs gebruik het in ʼn poging om sy pa en
dokter Pienaar aan die pen te laat ry.
Greg verloor sy selfvertroue en vertroue in mense wanneer hy besef Eckardt was
nie opreg in sy vriendskap nie.
Wanneer Eckardt geheimsinnig verdwyn, is dit vir Greg ʼn skok en teleurstelling,
want hy het in hom al meer van sy oorlede broer ervaar.
Greg verloor sy waardes in ʼn poging om Eckardt op te spoor, want hy raak
betrokke in die donker onderwêreld van kuberkrakery.
Greg verloor ook sy integriteit en verval in leuens omdat hy later nie kon loskom uit
die onderwêreld nie.
Greg verloor sy vriende en sy plek in die sportspan, want hy verwyder hom
grootliks op sosiale vlak en weier om verder op sportvlak te kompeteer.
Greg verloor ook die respek van sy vriende en mede-skoliere, want hy word later
in die roman as ʼn teleurstelling en verloorder beskryf.
Greg se vryheid is aan bande gelê deur die feit dat hy in die koshuis is en hul
nie met enigiemand oor die verdwyning van Eckardt mag praat nie.
Greg loop die risiko om sy vryheid te verloor as hy as kuberkraker uitgevang
word, maar hy gooi sy waardes oorboord wanneer die onderwêreld roep.
Greg verloor eindelik sy privaatheid wanneer die polisie van sy bedrywighede
bewus raak.
Greg verloor sy ware identiteit wanneer hy sy skuilnaam G-4ce begin uitleef en
so opgevang in die wêreld van kuberkrakery raak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21
[
[25
Greg het eindelik sy menswaarheid verloor toe hy besef dat Eckardt hom
gruwelik om die bos gelei het.
Greg se wêreld tuimel verder ineen wanneer hy die een is wat sy pa se
geheime aan die lig laat kom en dus die rede is waarom sy pa vervolg sal
word.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
OF
VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG – onderwêreld – Fanie Viljoen
Vraag Antwoord Punt
13.1 Dit is die naam van die hoofstuk wat in rekenaarformaat geskryf
word. √ 1
13.2 Eerstepersoonsverteller √ 1
Die soort verteller bied ʼn eerlike/opregte/direkte/getroue weergawe. √ 1
Die verteller bied aan die leser ʼn kykie in die doen en late van die
hoofkarakter./bied aan die leser die idee dat die hoofkarakter
ongenaakbaar teenoor juniors kan optree./bied aan die leser die
hoofkarakter se denke rondom die res van die kwartaal. √ 1
13.3 Trappers √ 1
Nee
Greg is ongenaakbaar./gemeen./onvolwasse./magsbehep. √ 1
13.4 Ja, die taal is baie gepas aangesien dit tieners is wat aan die woord
is./tieners so praat deesdae.
OF
Nee, nie alle tieners meng hul taal nie, so dit is nie vir die karakters
nodig om so te praat nie. √ 1
13.5 Ekk-0 is Eckardt se kuberkraker-skuilnaam./
onderwêreldskuilnaam./ skuilnaam wanneer hy besig is met
kuberkrakery. √ 1
Die is die eggo/terugdink/herinnering aan die onderwêreld wat die
kuberkraker vasgevang hou by dié bedrywighede./Die karakters kan nie
loskom uit die kloue van die onderwêreld nie juis omdat dit hul gedagtes
oorneem./Antwoorde op vrae bly ontwykend – is soos eggo’s uit die
onderwêreld. √ 1
Eckardt laat Greg baie dink (hy eggo) aan Greg se broer, John. √ 1
13.6 Hy is waarskynlik besig om inligting omtrent Greg/Dok Pienaar en Greg
se pa te soek. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
13.7 Eckardt se pa is oorlede./het selfmoord gepleeg. √ 1
Eckardt het net met Greg bevriend geraak om inligting omtrent sy pa en
Dok Pienaar te soek./om wraak te neem omdat Greg se pa vir sy pa se
selfmoord verantwoordelik was./Eckardt se vriendskap met Greg was
net ʼn groot ‘social engineering attack’. √ 1
Ja.
Hy wou hom wreek omdat hy hartseer is oor wat met sy pa gebeur het.
OF
Nee.
Hy en Greg het werklik goeie vriende geraak, so dit was dalk moeilik vir
hom om hom in die steek te laat. √ 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
13.8 Greg het so pas ʼn verklaring by die polisiestasie afgelê oor alles wat hy
omtrent Dok Pienaar en sy pa uitgevind het. √ 1
13.9 Die stemming hier is gelaai met spanning/angstigheid/onsekerhede
terwyl die stemming in die vorige uittreksel gemaklik/informeel/
rustig/onspanne is. √ 1
Dok Pienaar is so pas ontbloot as ʼn skurk./Die intrige het nou ʼn
krisis/hoogtepunt bereik. √ 1
13.10 Dok Pienaar is in die res van die verhaal baie gereserveerd./tree korrek
op./is formeel in sy optrede. √ 1
13.11 Innerlike konflik √ 1
Ja.
Greg moes die waarheid laat uitkom sodat die skuldiges gestraf kon
word. √ 1
OF
Nee.
Greg moes nie by die onderwêreld van leuens betrokke geraak het in sy
poging om by die waarheid uit te kom nie, maar moes dit eerder op ʼn
wettige manier opgelos het.
Dok Pienaar en sy pa het beplan om ʼn nuwe virus te kweek./
Dok Pienaar en sy pa sou dié nuwe virus dan ook versprei./
Dok Pienaar en sy pa het beplan om geld te maak uit die griepentstof
wat hulle sou vervaardig. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE waarhede uit die roman vir EEN punt
elk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23
13.12 Die wêreld van kuberkrakers en die manipulering van data kan
verreikende gevolge inhou. √ 1
Kuberkrakery/Die onderwêreld sal my intrek sodat ek deel raak van ʼn
netwerk van leuens en valsheid. √ 1
Die kandidaat formuleer ʼn eie gepaste boodskap binne konteks van die
verhaal.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 14: LITERÊRE OPSTEL – Krismis van Map Jacobs – Adam Small
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Die drama speel op die Kaapse Vlakte af, want die mense het deur gedwonge
verskuiwings uit plekke soos Distrik Ses en Claremont op die Vlakte beland.
Die Kaapse Vlakte word as ‘wasteland’ voorgestel, want dit is ʼn troostelose
plek waar die suidooster op sy ergste waai.
Die wind wat waai is beskrywend van die ongunstige omstandighede op
die Vlakte en wanneer Blancie en Map aan die einde van die drama in
omhelsing staan, word die wind beskryf wat wáái en blý waai.
Die meer spesifieke ruimte is die township, want die woonbuurte van die
Kaapse Vlakte word townships genoem.
Tipies van die township is die lewendige straattonele en die straatgeraas,
en dit bied aan die leser ʼn getroue kykie in die lewe van dié gemeenskap.
Tipiese elemente wat ruimte aandui word vir die leser beskryf, soos die
Kersorkes wat lank voor Kersfees aan die oefen is en die kerrimspelers wat op
ʼn konka dié bodspeletjie speel.
Spesifieke karakters gee lewe aan die ruimte, want hul raak tipies van die
soort mens wat hier raakgeloop word. Tommy Sobotker wat smous is ʼn goeie
voorbeeld.
Die karakters is nie positief omtrent die omgewing nie en La Guma noem
die strate “sement strippies”.
Die huise is klein en onbehoorlik ingerig, want die “flats” en “council-hyse”
word deur La Guma as “match box op match box” genoem.
Die blokke en blokke grys woonstelle is kenmerkend van die Kaapse
Vlakte en sluit aan by die troosteloosheid.
Die mense probeer die uitsigloosheid van hul bestaan besweer, want hul
verf hul grys huisies in helder kleure.
Die woonstelle simboliseer vir die gemeenskap die onreg wat hulle deur
die apartheidsregering aangedoen is, want hulle voel ingeperk en sonder ʼn
eie identiteit.
Die township word as gevaarlike omgewing uitgebeeld, want moord en
verkragting vind plaas.
Die trein word in die drama as ʼn verbinding met die buitewêreld
uitgebeeld, maar dit raak negatief, want dit reis teen ʼn spoed deur die township
en veroorsaak eindelik Cavernelis se dood.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 25
Die tronk word as ʼn sombere, neerdrukkende ruimte beskryf, want hier is
die skuldige Map Jacobs besig om vergifnis te soek.
Map se gevangenskap word later simbolies, want dit veronderstel ʼn hele
gemeenskap se gevangenskap.
Dit is tog in die tronk dat Map vir Apostel George ontmoet wat hom na
heling probeer lei.
Dit is in die tronk dat Map sy ma se vergifnis soek, maar sy is aanvanklik nie
gereed vir die vergifnis waarna haar seun so smag nie.
Die ‘social worker’, Miss Africa, help in die tronk vir Map om ʼn nuwe mens
te word, want sy bespreek moontlike geleenthede vir wanneer hy vrygelaat
word.
Die hele ruimte bly egter ʼn tronk, want die inwoners voer ʼn uitsiglose bestaan
waaruit hul nie kan ontsnap nie.
Die inwoners voel vanweë die apartheidsbeleid vasgekeer, want hul het
geen vooruitsigte vir ʼn beter toekoms nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
26 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG – Krismis van Map Jacobs – Adam
Small
Vraag Antwoord Punt
15.1 Die woord Geluide laat die leser verstaan waarna Map in reël 2–3
verwys./Die toneelaanwysing gee betekenis aan Map se woorde in die
volgende reëls. √ 1
15.2 Map het moord gepleeg en is tronkstraf opgelê./Map probeer sy ma in
die tronk oortuig dat hy ʼn gerehabiliteerde/veranderde man is. √ 1
15.3 Nee.
Map kon nie werk kry nie./
Die Kersorkes wou hom nie as lid terugneem nie./
Die gemeenskap het hom nie met ope arm terug verwelkom nie. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE bewyse uit die drama vir EEN punt elk
aan.
15.4 Map aarsel/is senuweeagtig/is aangedaan. √ 1
Ma se stilswye beteken sy is nog nie gereed om Map te vergewe
nie/oortuig van die verandering in Map se karakter nie/sy hou haarself
nog gevange van die vryheid wat vergifnis sou bring. √ 1
Toe Map aan die einde van die drama in boetedoening voor sy ma
kniel/toe die spanning op die spits gedryf is/nadat Map en Blanchie
vergifnis in mekaar se arms gevind het, het Map se ma eindelik by die
punt van vergifnis uitgekom. √ 1
15.5 Map glo die lede van die Kersorkes is goeie mense wat hom weer sal
aanvaar, maar hy is nie welkom om weer deel van die orkes te word
nie./Hulle is nie vergewensgesind nie. √ 1
Die kandidaat bied beide kante van die ironie vir EEN punt aan.
15.6 Die implikasie bestaan dat Map tog bekeer is./verander
het/gerehabiliteer is./hom nie op die gemeenskap sal wreek nie. /die
volmaakte lewe gaan lei. √ 1
Apostel George √ 1
Hy bly baie lief vir Blanchie./Dit is Blanchie se vergifnis wat hy graag wil
hê omdat hy so lief is vir haar. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 27
15.7 Cavernelis het nie daarvan gehou dat ʼn gevreesde bendeleier met sy
dogter uitgaan nie./Hy kon moontlik in haar pad staan om ʼn
modelkontrak te aanvaar. √ 1
Cavernelis wou graag sy gesin uit die township kry./ʼn Beter lewe vir hom
en sy gesin buite die Kaapse Vlakte verseker. √
1
Nee
Hy het gesterf/selfmoord gepleeg voordat hy uit die township kon
ontsnap. √ 1
15.8 Die verteller skets vir die leser die ruimte/die agtergrond van die
gebeure wat volg/wys dat die Cavernelisse (Blanchie hier) vanuit die
hoogte af kyk op die gebeure onder in die straat. √ 1
15.9 Ja.
Map was ʼn gevreesde bendeleier en dis verstaanbaar dat dit moeilik is
om te glo dat so ʼn karakter binne sewe jaar kan verander.
OF
Nee.
La Guma moes Map die voordeel bo die twyfel gegee het/besef het dat
sewe jaar ʼn lang tydperk is vir selfs die mees geharde misdadiger om sy
lewe te verander. √ 1
Hy is ʼn selfaangestelde segsman./kommentator./politieke aktivis. √ 1
15.10 Frustrasie/Ferm/onbedagsaam/geïrriteerd √ 1
Vroeër in die drama is Cavernelis ʼn vredeliewende/effe patetiese/
sagmoedige/versigtige/bedagsame karakter. √ 1
15.11 Uitgeworpenheid/Uitgelewerdheid/Gedwonge verskuiwings √ 1
(Soeke na) Identiteit √ 1
Die tatoeëermerke is deel van die kaart van Map se lewe./is bewyse wie
Map is of waar hy vandaan kom./is ʼn bewys van sy soeke na identiteit. √ 1
Ja.
Hy het die vergifnis van Blanchie en sy ma gekry/daar is genoeg bewyse
dat Map ʼn weer nuwe, skoon lewe, vry van die verlede se
ongelukkighede, kan begin.
OF
Nee.
Die politieke omstandighede (apartheid) sal dit nie vir Map moontlik
maak om waarlik terug te keer na sy ou self nie. √ 1
15.12 Dit is die apartheidsbeleid/wet waardeur nie-blankes gedwing is om na 1
die Kaapse Vlakte te verskuif. √
La Guma skep ʼn negatiewe/angswekkende/gelaaide/pessimistiese
stemming terwyl TEKS G se stemming gedra/rustig/positief/opbouend/
entoesiasties/optimisties is. √ 1
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
28 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 16: LITERÊRE OPSTEL – Mis – Reza de Wet
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Die woord “mis” is baie in hierdie drama baie insiggewend, want dit sluit by
verskeie hoofmotiewe van die drama aan.
Die gehoor raak in die uiteensetting bewus dat mis ʼn lewensaar is, want
Miem en Meisie is in hul armoedige sinkhuisie besig om goiingsakke aan
mekaar te werk en met mis te vul.
Die sakke mis word ʼn bron van inkomste, want die sakke, gevul met
beesmis, perdemis of varkmis word verkoop.
Die stank van die mis veroorsaak dat die vroue ʼn mislike bestaan voer,
want die stank is onuithoudbaar.
Die mis vervreem die vroue van die res van die gemeenskap, want Meisie
vertel aan die konstabel dat sy nie gewoond is aan mense nie omdat hulle
weens die stank van die mis geen besoekers ontvang nie.
Die mis het egter vir Meisie nie nét negatiewe gevolge nie, want sy erken dit
“hou ons aan die lewe”.
Die karakters se lewe word deur die mis gereël, want hulle moet vroeg
opstaan omdat die besending vroeg gelaai word.
Menslike ontlasting is ook in die drama ter sprake, want daar word gelees
van Gabriël wat elke dag die slopemmer na onder laat sak.
Mis sluit ook by die motief van blindheid aan, want die vroue het dit mis oor
die konstabel se edel bedoelings.
Gabriël het dit ook mis, want hy dink hy kan die lewe ontsnap deur homself op
ʼn solder terug te trek.
Mis kan ook op mistigheid dui, want die karakters se insig in ander karakters
en die lewe word versper.
Mis word fisies uitgebeeld in die drama, want twee meisies word vermis.
Die konstabel beklemtoon die misgedagte wanneer hy sê hy werk met
vermiste mense.
Meisie staan sentraal in die misgedagte, want die drama is gerig op haar
verdwyning.
Die verlange-gedagte van mis word in die drama betrek, want Miem mis
haar man wat hom op die solder isoleer.
Gertie word ook by die misgedagte betrek, want sy mis seksuele vervulling in
haar lewe.
Meisie is verlangend, want sy soek ʼn ridder wat haar uit haar mislike
omstandighede sal wegvoer.
Die titel het ook ʼn godsdienstige inslag, want dit herinner aan die Rooms-
Katolieke Mis.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 29
Die vroue neem die konstabel in hul vertroue, want hul bieg teenoor hom
soos teenoor ʼn Rooms-Katolieke priester.
Miem en Meisie benader die konstabel ook as priester wanneer hulle bely
dat hul die vreugde van ʼn sirkusbesoek en hunkering na ʼn man se lyf mis.
Die gereelde verwysing na die woord mis dien eindelik as bindmiddel in
hierdie drama.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
30 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 17: KONTEKSTUELE VRAAG – Mis – Reza de Wet
Vraag Antwoord Punt
17.1 Meisie is nie skaam nie./Meisie waag iets wat sy nie gewoonlik sou doen
nie./
Meisie is rebels./nie onderdanig nie./avontuurlustig./steek die grense
van gehoorsaamheid oor. √√
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan. 2
17.2 Mistroostigheid/(naderende) onheil √ 1
17.3 Die sirkus raak vir Meisie ʼn simbool van (moontlike)
bevryding/verlossing/ʼn ontsnapkans uit haar saai bestaan. √ 1
Miem beskou die sirkus as simbool van die bose/dekadensie. √ 1
Gertie beskou die sirkus ook as ʼn opwindende bevryding uit haar
oujongnooibestaan, maar sal dit nooit hardop teenoor Miem erken
nie. √ 1
Die konstabel omtower homself aan die einde van die drama tot ʼn
hofnar. √ 1
17.4 Monoloog √ 1
Die verteller bied aan die leser ʼn besondere kykie in Meisie se
gedagtewêreld./bied aan die leser ʼn geleentheid om die ware Meisie
beter te leer ken./bied aan die leser ʼn geleentheid om Meisie se
fantasiewêreld te betree. √ 1
Die vertelling is geloofwaardig./eerlik./persoonlik. √ 1
17.5 Meisie kon nie die misreuk/die vasgevangendheid ontsnap nie./ Dit kon
nie Meisie se geluk/bevryding verseker nie. √ 1
17.6 Aan die einde van die drama raak Konstabel soos die sirkusmeester wat
ʼn toertjie met Meisie uitvoer. √ 1
Die saag dui daarop dat die konstabel Meisie ook gaan leed aandoen,
soos die geval was met die twee ander vermiste meisies./Die suggestie
bestaan dat Meisie se bevryding haar nie werklik gaan bevry nie. √ 1
17.7 Dit is die einde van die drama waar Meisie fladderend by die deur gaan
uitdans./Dit is die einde van die drama waar Meisie bevry word van haar
vasgevange bestaan. √ 1
17.8 Manipulering √ 1
Aangesien die konstabel ‘blind’ was, het hy Meisie kwansuis nie gesien
nie/maar misgekyk./Meisie het gemis dat die konstabel hulle om die bos
lei. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 31
17.9 ʼn wit aannemingsrok √ 1
Dit beklemtoon die (moontlike) vryheid wat sy binnekort gaan
smaak/dat sy nie verder aan bande gelê wil wees nie./ʼn losbreek van
die aardse werklikheid. √ 1
17.10 Innerlike konflik √ 1
Meisie is haar lewe lank deur haar ma voorgesê./verplig om sekere
dinge nie te doen nie./ingeperk./streng beheer en nou kan sy hier na
die musiek luister/na die sirkus toe gaan. √ 1
Aangesien Meisie se ma streng gekant was teen die sirkus (musiek), is
dit vir Meisie hier steeds moeilik om los te breek van die streng bande/
dissipline/reëls waaraan sy haar lewe lank onderworpe was. √ 1
17.11 Meisie word nou deur die sirkusmeester getoor./Meisie word die
sirkusmeester se voorwerp/mens op wie ʼn toertjie uitgevoer gaan
word. √ 1
17.12 Die ellips beklemtoon Meisie se onsekerheid./poging tot oorgee aan
die situasie./aarseling. √ 1
Meisie fladder skielik selfversekerd by die deur uit./Meisie breek los
van haar benouende omstandighede. √ 1
Ja.
Meisie word eindelik van haar neerdrukkende omstandighede bevry. √ 1
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
32
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
Interpretasie van ˗ Diepgaande ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die
onderwerp interpretasie van onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie.
Diepte van argument, onderwerp. onderwerp goed onderwerp. die onderwerp. ˗ Geen verwysing na die
verantwoordbaarheid en ˗ Reeks treffende geïnterpreteer. ˗ Enkele goeie punte ˗ Byna geen punte gedig nie.
insig in teks argumente wat ˗ Respons redelik ter ondersteuning wat die onderwerp ˗ Leerder het nie die
behoorlik uit die gedig gedetailleerd. van die onderwerp. ondersteun nie. genre en gedig onder
7 PUNTE gerugsteun is. ˗ Enkele deeglike ˗ Enkele argument ˗ Onvoldoende die knie nie.
˗ Uitstekende begrip argumente gegee, word ondersteun, begrip van genre
van die genre en maar nie almal ewe maar bewyse nie en gedig.
gedig. goed gemotiveer nie altyd oortuigend nie.
˗ Begrip van genre en ˗ Basiese begrip van
gedig duidelik. genre en gedig.
STRUKTUUR EN TAAL ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur en ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Struktuur swak.
Struktuur, logiese vloei struktuur. logiese vloei van struktuur. tekens van swak ˗ Ernstige taalfoute.
en aanbieding ˗ Argumente goed argument. ˗ ʼn Goed beplanning. ˗ Foutiewe styl.
Taalgebruik, toon en styl gestruktureer en daar ˗ Vloei van argument gestruktureerde ˗ Argumente nie
gebruik in opstel is duidelike kan gevolg word. logiese vloei en logies gerangskik
ontwikkeling. ˗ Taalgebruik, toon en samehang ontbreek nie.
3 PUNTE ˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek. in die opstel. ˗ Taalfoute
styl is volwasse, dit ˗ Geringe taalfoute; beduidend
beïndruk en is korrek. toon en styl meestal ˗ Toon en styl nie
˗ Grammatika, spelling gepas. geskik nie.
en punktuasie feitlik
foutvry.
VERSPREIDING VAN 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2017)
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V2 33
AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3
Interpretasie van ˗ Uitsonderlike respons: ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die
onderwerp 14–15 onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie.
Diepte van argument, ˗ Uitstekende respons: onderwerp goed onderwerp; nie alle die onderwerp; ˗ -Swak poging om die
verantwoordbaarheid en 12–13. geïnterpreteer. aspekte in detail byna geen aspekte vraag te beantwoord.
insig in teks ˗ Diepgaande ˗ Respons redelik ondersoek nie. in detail ondersoek ˗ Argumente oortuig
interpretasie van gedetailleerd. ˗ Enkele goeie punte nie. nie.
15 PUNTE onderwerp. ˗ Enkele deeglike ter ondersteuning ˗ Min punte wat die ˗ Leerder het nie die
˗ Reeks treffende argumente gegee, van die onderwerp. onderwerp genre en teks onder
argumente wat maar nie almal ewe ˗ Enkele argument ondersteun. die knie nie.
behoorlik uit die gedig goed gemotiveer nie. word ondersteun, ˗ Baie min relevante
gerugsteun is. ˗ Begrip van genre en maar bewyse nie argumente.
˗ Uitstekende begrip van teks duidelik. altyd oortuigend nie. ˗ Weinig begrip van
die genre en teks. ˗ Basiese begrip van genre en teks.
genre en teks.
STRUKTUUR EN TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
Struktuur, logiese vloei ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur. ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Gebrek aan
en aanbieding struktuur. ˗ Logiese vloei van struktuur. tekens van swak beplande struktuur
Taalgebruik, toon en styl ˗ Uitstekende inleiding argument. ˗ Logika en samehang beplanning. belemmer vloei van
gebruik in opstel en slot. ˗ Inleiding, slot en ander is duidelik, maar met ˗ Argumente nie argumente.
˗ Argumente goed paragrawe foute. logies gerangskik ˗ Taalfoute en foutiewe
10 PUNTE gestruktureer en daar samehangend ˗ Enkele taalfoute; nie. styl laat hierdie
is duidelike. georganiseer. toon en styl meestal ˗ Taalfoute skryfstuk misluk
ontwikkeling. ˗ Taalgebruik, toon en gepas. beduidend ˗ Styl en toon nie
˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek. ˗ Paragrafering ˗ Toon en styl nie geskik nie.
styl is volwasse, dit meestal korrek. geskik nie. ˗ Paragrafering foutief.
beïndruk en is korrek. ˗ Paragrafering
foutief.
VERSPREIDING VAN 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper