Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS HUISTAAL V3
2022
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2022 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the NSC June Exam 2022, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 6
- File size
- 561.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 6
This exam
NSC June Exam 2022
- Paper 1Memo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)100 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
Show all 14 questions
- Question 1.7Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.8Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Luister en Praat (Listening and Speaking)
- Question 2.5Luister en Praat (Listening and Speaking)
- Question 2.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/2022
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: Opstel (50)
AFDELING B: Transaksionele Tekste (2 x 25) (50) (50)
2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.
3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
5. Jy moet jou werk beplan (bv. deur ’n breinkaart/diagram/vloeidiagram/kern-
woorde te gebruik) en daarna taalversorg en proeflees. Die beplanning moet
VOOR die finale produk gedoen word.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en daarna netjies deurgehaal word.
7. Jy moet jou tyd soos volg bestee:
AFDELING A: ongeveer 90 minute
AFDELING B: ongeveer 90 minute (2 x 45) minute
8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel
word NIE.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING A: OPSTEL
VRAAG 1
Kies EEN van die volgende onderwerpe/prente en skryf 'n opstel van 400 tot
450 woorde. Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.
1.1 Ek het in my kinderjare vas geglo ... [50]
1.2 Die maer seuntjie met die verbleikte hempie staan op sy tone en
loer versigtig na buite.
Gebruik bogenoemde as 'n sin in jou skryfstuk. Kies jou eie titel. [50]
1.3 Die samelewing oorbeklemtoon die waarde van 'n
matrieksertifikaat. [50]
1.4 Eenvoud is die vreugde van die lewe.
Dis gee en neem net wat daar is.
Dis dankbaar eet van elke skewe
snytjie brood waar liefde is.
– Jannie du Toit: Palet [50]
1.5 Wat maak ons met ons drome? [50]
Bestudeer die prente hieronder en skryf 'n OPSTEL oor EEN. Skryf die vraagnommer
(1.6, 1.7 OF 1.8) en jou eie titel neer.
1.6
[Bron: https://pixabay.com/nl/vectors/aarde-oog-planeet] [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/2022
SS/NSS
1.7
[Bron: https://za.pinterest.com/mathildesterken] [50]
1.8
[Bron: https://www.golegal.co.za] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 2
Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.
2.1 INFORMELE BRIEF
Jy was onlangs baie bekommerd oor jou beste vriend(-in), maar besef nou dit
was heeltemal onnodig.
Skryf 'n brief waarin jy hom/haar van jou kommer vertel. [25]
2.2 E-POS
Jy is van mening dat baie van die reëls en regulasies tydens die grendeltyd
baie onregverdig was.
Skryf 'n e-pos aan die staatspresident waarin jy jou mening respekvol hieroor
lug.
Trek die onderstaande formaat in jou antwoordeboek oor en skryf jou e-pos.
FORMAAT
Aan: president@uniegebou.org.za
Onderwerp:
Boodskap:
[25]
2.3 RESENSIE
'n Restaurant in jou omgewing is onlangs opgegradeer en die bestuurder het
jou, as jong joernalis van die plaaslike koerant, genooi om die restaurant te
besoek met die oog op 'n resensie.
Skryf die resensie. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/2022
SS/NSS
2.4 TOESPRAAK
Jy moet op Jeugdag 'n groep ouers oor die volgende onderwerp toespreek:
Julle bekommer julle onnodig oor ons jeug.
Skryf die toespraak. [25]
2.5 ONDERHOUD
Iemand in jou gemeenskap het, ten spyte van 'n gestremdheid, 'n
buitengewone prestasie behaal en jy voer 'n onderhoud met hom/haar.
Skryf die onderhoud in dialoogvorm. [25]
2.6 VERSLAG
Jy het gesien hoe iemand een van julle onderwysers se motor beskadig.
Skryf 'n ooggetuieverslag daaroor. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2016 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper