Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS HUISTAAL V2
2017
PUNTE: 80
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2017, 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 453.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
NSC June Exam 2017
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/2017
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.
2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en
kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.
3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gedigte (30)
AFDELING B: Roman (25)
AFDELING C: Drama (25)
4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
EEN in AFDELING C.
AFDELING A: GEDIGTE
Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)
• Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
• Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
kontrolelys om jou te help.
6. LENGTE VAN ANTWOORDE
• Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300 woorde.
• Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk.
• Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur die
puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord jou vrae bondig en relevant.
7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/2017
SSE
9. Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
10. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: ongeveer 40 minute
AFDELING B: ongeveer 55 minute
AFDELING C: ongeveer 55 minute
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/2017
SSE
INHOUDSOPGAWE
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. ''Die huis luister'' Opstelvraag 10 6
2. '' 'last grave at dimbaza' '' Kontekstuele vraag 10 7
3. ''Safari'' Kontekstuele vraag 10 9
4. ''Kwatryne'' Kontekstuele vraag 10 10
EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. ''Hemel'' Kontekstuele vraag 10 11
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 12
7. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 12
8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 15
9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 15
10. Vatmaar Opstelvraag 25 17
11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 17
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.*
12. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 19
13. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 19
14. Mis Opstelvraag 25 23
15. Mis Kontekstuele vraag 25 23
*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/2017
SSE
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.
AFDELING VRAAG- GETAL VRAE MERK
NOMMER BEANTWOORD ()
A: Gedigte 1–4 2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte 5 1
(Ongesiene gedig)
B: Roman 6–11 1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama 12–15 1
(Opstel of kontekstueel)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/2017
SSE
AFDELING A: GEDIGTE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Die huis luister – Daniel Hugo
1 my kamers is hol soos 'n binne-oor
2 ek hoor hoe die bewoners roesemoes
3 liefde maak, verwyt, mekaar vertroos, skoor
4 soek met die goor hede, nooit tevrede
5 aanhou kibbel oor kon en sou en moes
6 luister, ek bewaar julle verlede
7 my fondamente kraak onder die las
8 my plafonne raak voos van die eggo’s
9 te veel vloeke laat my pleisterwerk bars
10 jare se trane laat my rame roes
11 so word ons saam verweer deur dit wat was
12 my dakplate en julle gebede
13 fluister en knal al hoe harder om hulp
14 ongehoord in elke nag se oorskulp
[Uit: Dooiemansdeur, 1991]
Die gevolge van onmin in 'n gesin word in hierdie gedig verwoord.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250–300 woorde. [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/2017
SSE
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
''last grave at dimbaza'' – Fanie Olivier
1 beauty douglas was born
2 op 'n wintersnag so all forlorn
3 omring deur die sterre se liggies
4 en koerante kaal klip
5 en nuuskierige hande
6 en tien ander gesiggies
7 a 'n dogter oplaas 'n dogter
8 om beeste te kry om die wêreld
9 te wei a dis lekker
10 om 'n vader te is te is
11 die ma het 'n briefie geskryf
12 aan haar man op die myne
13 om te sê van die kind en te vra van die geld
14 want dit was sy kind die dogter
15 was syne om te sê: o my man
16 o my man ek het beeste gebaar
17 op 'n wintersnag so all forlorn
18 met die sterre soos goud en die mielies klaar
19 beauty douglas your daughter was born
20 sy hart het oopgeskiet tussen lae klip
21 opgeskiet boontoe en oopgevou
22 in 'n laatnagbrief: my vrou
23 my vrou sê aan beauty douglas
24 haar pa het haar lief.
25 hy't sy brief gepos met 'n viersentseël
26 'n lugposbrief aan beauty douglas
27 om te sê hy't haar lief
28 die adres was mnxesha
29 oor kingwilliamstown kaap
30 saans as hy sy moegheid streel
31 het hy gedroom van sy meisiekind
32 en op 'n sonskynmiddag twee maande later
33 het 'n brief uit mnxesha hom teruggevind:
34 ''beauty douglas was born
35 she died''
[Uit: skimmellig, 1978]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/2017
SSE
2.1 Waarom is die titel van hierdie gedig in Engels? (1)
2.2 Te midde van die opgewondenheid, is daar 'n verskil tussen die naam
''beauty douglas'' en die omstandighede van haar geboorte.
Gee die verskil na aanleiding van versreël 4–7. Haal die sinekdogee wat
gebruik word om die ma se gesin te beskryf in DRIE opeenvolgende woorde
aan. (2)
2.3 Watter retoriese middel word gebruik om die ma se blydskap in
versreël 15–16 duidelik te laat blyk? (1)
2.4 Herlees versreël 16–17.
Watter nuus wil die vrou aan haar man oordra? In watter opsig verskil die
stemming wat deur versreël 17 geskep word van die vrou se nuus? Hoekom
is die herhaling van versreël 2 in versreël 17 effektief? (3)
2.5 In versreël 34 word halfrym gebruik. Benoem dié halfrym. (1)
2.6 Dink jy die probleem wat in hierdie gedig aangeroer word, is in 2017 steeds 'n
universele probleem? Gee TWEE redes vir jou antwoord deur die konteks van
die gedig in aanmerking te neem. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/2017
SSE
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Safari – DJ Opperman
1 Niks
2 staan
3 stil –
4 alles
5 kry
6 voete,
7 beweeg
8 in
9 lang
10 stoete:
11 grassteeltjies,
12 kosyne,
13 stede
14 en
15 treine;
16 oor
17 Saharas
18 en
19 savannes
20 die
21 optog
22 van
23 alle
24 paaie
25 oor
26 die
27 wêreldrond
28 na
29 die
30 gaatjie
31 in
32 die
33 grond
34 o
[Uit: Kuns-mis, 1964]
3.1 Wat is die denotatiewe betekenis van die woord ''Safari''? (1)
3.2 Skryf die woord in versreël 1–6 neer wat versreël 34 verklaar. (1)
3.3 Waarop dui die woorde wat in versreël 10–15 gebruik word? Hoe ondersteun
dié woorde die boodskap van die gedig? (2)
3.4 Waarop sinspeel die ''savannes'' binne konteks van die tema van die gedig? (1)
3.5 Benoem die stylfiguur in versreël 30 en motiveer waarom die gebruik van dié
stylfiguur hier 'n goeie keuse is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/2017
SSE
3.6 Die tipografie van dié gedig skep die indruk van 'n speelse, ligte, informele
vers. Hoekom verskil die stemming wat in die gedig aangetref word van
hierdie tipografiese indruk? (1)
3.7 Watter TWEE sake wat in die gedig genoem word, geld ook vir jou lewe? (2)
[10]
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Kwatryne – Ina Rousseau
10
1 Agter die skerms, lank reeds gegrimeer
2 aanskou ek die verhoog se glans en kleur
3 en wag dat u my toelaat om oplaas
4 my rol te gaan vertolk, O Regisseur.
11
1 As daar applous was vir die laaste maal
2 en U die décor moeg na onder haal,
3 sal U vir ons wat ons kostuums uittrek
4 volgens ons moeite en geduld betaal?
12
1 In hierdie klug vergeet soms 'n akteur
2 heel onverwags sy reëls en loer versteur
3 na die coulisses links en regs
4 maar geen souffleur se stem dring tot hom deur.
13
1 Ofskoon die saal se ligte nie meer brand
2 vra menigeen aan die verhoog se kant
3 nog steeds: Is ek van hierdie klug die held
4 of teen die agterdoek 'n figurant?
[Uit: Die verlate tuin, 1954]
4.1 Watter eindrym kom in versreël 1–2 van elke kwatryn voor? (1)
4.2 Benoem die beeldspraak in versreël 4 (kwatryn 10). Waarom word
''Regisseur'' met 'n hoofletter geskryf? (2)
4.3 Herlees kwatryn 11.
Aan watter TWEE voorwaardes moet voldoen word voordat die spreker ''U''
se erkenning kan kry? Haal EEN woord uit dié kwatryn aan wat dui op
dié erkenning. (3)
4.4 Watter insig ten opsigte van die lewe huldig die spreker in kwatryn 12?
Stem jy met hierdie insig saam? Gee EEN rede vir jou antwoord. (2)
4.5 Wat is die funksie van die enjambement in kwatryn 13? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/2017
SSE
4.6 Is die vraag wat in versreël 3–4 (kwatryn 13) gevra word, op jou van
toepassing? Motiveer jou antwoord. (1)
[10]
EN
ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Hemel – Lina Spies
1 My kat is geel soos 'n papawer
2 met oë nes botterblommetjies
3 en 'n voetstap ligter
4 as 'n sonstreep oor die water
5 Die mossies in my tuin
6 het koppies rond soos okkerneute
7 en ligte lyfies soos gepunte blare
8 Maar op 'n dag
9 skerp naels tussen fyn veertjies
10 en meteens die angs
11 gestem op die kwint van 'n klein stemmetjie
12 Dis dan dat ek my voete botter smeer
13 om langer hier te bly
14 en nie by voorbaat weg te loop na daardie land
15 waar die wolf by die lam gaan wei
16 en die mossie haar eiertjies
17 tussen die pootjies van die kat sal lê.
[Uit: Digby vergenoeg, 1971]
5.1 Wie is die spreker in die gedig? (1)
5.2 Benoem die beeldspraak in versreël 2. Waarom is dié beeldspraak gepas vir
strofe 1? (2)
5.3 Dra die verkleinwoorde in strofe 1 by tot die stemming van geluk en
rustigheid? Motiveer jou antwoord. (1)
5.4 Wat is die funksie van ''Maar'' in versreël 8? Haal EEN woord uit
versreël 8–11 aan wat die veranderde stemming in dié versreëls versterk. (2)
5.5 Benoem die klankeffek/halfrym in versreël 15. (1)
5.6 Waar is ''daardie land'' (versreël 14) waarna die spreker verwys? Dink jy dis
oortuigend dat die spreker ''langer hier'' (versreël 13) wil bly? Motiveer jou
antwoord met TWEE redes. (3)
[10]
TOTAAL AFDELING A 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/2017
SSE
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).
VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
In Die kwart-voor-sewe-lelie is die Engel een van die karakters in Iris se lewe.
Bespreek die rol wat die Engel in Iris se lewe speel in 'n opstel van 400–450 woorde. [25]
VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
1 ''Tja,'' het die Engel gesug. ''Die lewe is nie 'n storieboek nie.''
2 ''En 'n naam is net 'n naam.''
3 ''Is so,'' het hy saamgestem.
4 Die rooi kat het oor sy skouer na ons gekyk, maar toe hy my oog vang, het
5 hy vinnig weggekyk en sy neus weer teen die muur gedruk.
6 ''Net voor jy gaan,'' het ek gesê. ''Ek wil jou vertel van 'n lelie in my ma se
7 tuin. Dit was maar altyd daar, een van daardie groen plante wat jaar na jaar 'n
8 hoek vol maak sonder om iets dramaties te doen. En toe, een laatmiddag,
9 speel ek met Polder en uit die hoek van my oog sien ek 'n beweging, iets wits
10 tussen die groen. 'n Blom het oopgegaan. Nie stadig nie, oombliklik. Ek het
11 na my horlosie gekyk en gesien dit was kwart voor sewe. Die volgende
12 oggend was die fyn wit blom verlep, maar daar was nog heelparty knoppe
13 aan die stingel. Daardie aand het ek van sesuur af na die plant gestaan en
14 kyk al het Johanna geroep ek moet kom help met die slaai. Een van die
15 knoppe het dikker geword, uitgebult aan die kant en presies kwart voor sewe
16 het die blom oopgemaak. As ek my oë sou geknip het, het ek dit gemis, so
17 vinnig het dit gebeur. En die soetste geur.''
18 ''Wat probeer jy sê?'' het hy gevra.
19 Ek was gekrenk. ''Niks nie.''
20 ''Net sowel,'' het hy gesê. ''Ek sien geen verband tussen jou lelie en
21 enigiets wat ons vannag bespreek het nie.''
7.1 In watter spesifieke ruimte bevind Iris en die Engel hulle in hierdie gedeelte? (1)
7.2 By watter karaktertrek van Iris sluit die Engel se woorde in reël 1 aan? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/2017
SSE
7.3 Herlees reël 2.
Watter ander karakter wat Iris in Amerika ontmoet het, het 'n soortgelyke
boodskap aan haar oorgedra? Is Iris oortuig daarvan dat 'n naam net 'n
naam is? Motiveer jou antwoord. (2)
7.4 Herlees reël 6–17.
Skryf na aanleiding hiervan die hooftema van die roman neer. Iris se optrede
aan die begin én aan die einde van die roman ondersteun dié hooftema.
Motiveer hierdie stelling ten opsigte van Iris binne konteks van die roman. (3)
7.5 Watter karakter is in reël 19 aan die woord? Waarom is die verteller hier
effektief? (2)
7.6 In TEKS A vertolk die Engel die rol van raadgewer. Noem enige TWEE
ander rolle wat die Engel in Iris se lewe speel en gee 'n voorbeeld van ELK
in die roman. (4)
EN
TEKS B
1 ''Nee,'' het ek gesê.
2 Dié keer was dit 'n regte hospitaal. Geen katte nie en al vier beddens in
3 die saal beset. Links van my was 'n gebreekte heup, oorkant my 'n gebreekte
4 sleutelbeen en 'n rugwerwelprobleem. Vir die Engel was daar geen lêplek nie.
5 Hy was ook nie op die vliegtuig nie en ek het gewonder of hy agtergebly het
6 om sy wakende oog oor Peter of Bettie te hou.
7 Frederik het my hand vasgehou en ek het hom maar laat begaan.
8 Ek was skaars weer op die been en aan dokter Anders se sy, toe Elsa
9 haar dramatiese aankondiging maak: Sy het besluit enigste kinders is nie die
10 ideaal wat sy ons altyd voorgehou het nie, groot gesinne is meer dinamies en
11 verrykend. (Dit was kort ná die geboorte van Michel, Kara en Claude se
12 eersteling, 'n blonde kind met pikswart ogies en 'n olyfkleurige vel soos sy
13 mooi pa.) Haar dokter het sy kop geskud en gesê sterilisasie is
14 onomkeerbaar, maar hulle kon tog diverse dinge probeer en kyk wat gebeur.
15 'n Drieling was die gevolg. Selfs Johanna het nie geweet wat om te sê nie en
16 Pa het in aller yl van sy plaas teruggekeer om sy prokureur te gaan spreek en
17 sy testament te hersien. Al drie was seuns en sou aan 'n stukkie grond
18 gehelp moes word.
19 ''Die dokter is te slim,'' het Ma gesê. ''Wie sou dit kon raai?''
20 ''Slim?'' het Johanna gesê. Sy en Ma het gebrei dat die rook uit hul penne
21 slaan, ...
7.7 Waarom is Iris nóú in 'n hospitaal? (1)
7.8 Dr. Anders se van is sprekend van Iris se anderste verhoudings met mans.
Gee DRIE redes waarom haar verhoudings met Peter én Frederik anders is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/2017
SSE
7.9 Herlees reël 5–6.
Hoekom sou die Engel moontlik 'n wakende oog oor Bettie moet hou?
Dink jy Peter sou daarvan hou dat die Engel 'n wakende oog oor hóm hou?
Motiveer jou antwoord. (2)
7.10 Herlees reël 8–15.
Watter ironiese wending ondergaan Elsa en Kara onderskeidelik in
die roman? (2)
7.11 In reël 15 tree Johanna teenstrydig met haar karakter op.
Waarin is dié teenstrydigheid geleë? Noem TWEE maniere hoe Johanna as
karakter vir Iris ten opsigte van haar lewensfilosofie ondersteun. (3)
7.12 Watter ooreenkoms toon TEKS A en TEKS B ten opsigte van Iris se
ingesteldheid teenoor die Engel? (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/2017
SSE
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG
In die roman, Manaka Plek van die Horings, is Ouma Essie 'n invloedryke karakter wat
die Christelike geloof op Manaka verseker.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400–450 woorde. [25]
VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS C
1 Oom Scholtzie en Nanna draai ongemaklik terug na hulle voertuie.
2 ''Jammer dat ek so afgegaan het teenoor jou,'' sê Baas vir Grace, ''maar
3 nou is alles reg en ek wil jou baie mooi vra om huis toe te gaan.''
4 ''Dit is iets wat ek graag sal wil doen. Maar die Here wil nie hê ek moet
5 verskonings gebruik om weg te kom van iemand af wat my nodig het nie. Hy
6 wil ook nie hê ek moet weghardloop van my kans af om 'n werk te kry net
7 omdat iemand my wegjaag nie.''
8 ''Daar is niks wat ek kan doen om jou aan 'n werk te help nie.''
9 ''Om my te help om 'n werk te kry, en om die pad vir die sendelinge oop te
10 maak, is miskien party van die werke waarvoor die Here jou na Manaka toe
11 gestuur het. Miskien is dit ook hoe Hy die eerste sendeling gestuur het om
12 Manaka te begin, lank voor my oupagrootjie se tyd. Dit is hoe dit is.''
13 Baas laat haar toe om hom tussen die stukke hout uit te help.
14 ''Ek het vir jou 'n belt gemaak.'' Sy het die biesies klaar gevleg. ''Gebruik
15 dit in die plek van die haakspeld. Nou kan jy weer die ou man teen jou muur
16 gaan ophang. Dit sal nog 'n lang ruk wees voor jou klere weer pas.''
17 Baas sak teen die hardekoolknoets op die houthoop neer. ''Wat weet jy
18 van die sendeling wat Manaka begin het?''
9.1 Gee TWEE redes vir Oom Scholtzie en Nanna se ongemak in reël 1. (2)
9.2 Hoekom is Baas se optrede in reël 2–3 tiperend van sy karakter? (1)
9.3 Is die TWEE redes wat Grace in reël 4–7 aanbied, geloofwaardig?
Motiveer jou antwoord deur na albei redes te verwys. (2)
9.4 Herlees reël 9–13.
Hoe voel Baas oor elkeen van die twee aspekte waarna Grace verwys?
Hoekom reageer Baas so bedaard op haar woorde? (3)
9.5 Dink jy dat die betekenis van Grace se naam in TEKS C deur haar dade
ondersteun word? Motiveer jou antwoord. (1)
9.6 Watter ander belt/lyfband/gordel speel 'n rol in Baas geestelike groei? (1)
9.7 Wat is die verband tussen Baas en die onderstreepte woorde in reël 15
en reël 18? In watter TWEE opsigte dra die onderstreepte woorde tot Baas
se innerlike konflik op Manaka by? (3)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/2017
SSE
TEKS D
1 Toe Baas by sy slaaphut ingaan, stuit sy oupagrootjie se oë hom. Iemand
2 het die toutjie ingeryg en die portret weer teen die muur gehang. Hy gaan
3 behoedsaam nader en soek tussen die hoekige lyne van die gesig en in die
4 helder oë na iets wat hy dalk deur al die jare misgekyk het. Daar is niks nuuts
5 nie.
6 Hy wig die vyfrandmunt wat Riekert vir ouma Essie gestuur het voor sy
7 oupagrootjie se bors tussen die glas en die raam in. ''Jy wen, Baas Dennis,''
8 sê hy.
9 Onder die Land Rover word Baas weer naar. Sy balans is nog aangetas.
10 In die hoofpad ratel 'n groot voertuig tussen die klipkoppe tot stilstand.
11 Iemand kom van die kerk se kant af in die Manaka-pad langs gestap. Hy
12 struikel oor 'n klip. Dit is die lang man met die blou oorpak. Hy hurk by die
13 Land Rover, sy hand op die agterwiel.
14 ''Howzit?'' Whitey loer onder die bakkie in.
15 ''Aan die gang,'' sê Baas. Hy lê op sy sy.
16 ''Ek het gedink ek sal maar daar bo stilhou, hier is dalk nie draaiplek by
17 jou kamp nie. Die mense in Ngweze het 'n boodskap gestuur. Hulle sê hulle
18 kry nie die onderdele vir jou boot nie.''
19 ''Ek het dit nie meer nodig nie. Maar dankie.''
20 Baas rol onder die voertuig uit en gaan sit met opgetrekte bene langs die
21 voorwiel.
22 Grace bring koffie. Oor haar skouer hang die geel oliebaadjie waarin die
23 patrone en die hondekos toegedraai was ...
9.8 Wie is die ''iemand'' wat die portret weer teen die muur gehang het? (1)
9.9 Watter tipe konflik ervaar Baas in TEKS D en waaroor handel hierdie konflik? (2)
9.10 Hoekom is die gebruik van die alomteenwoordige verteller in reël 6–12
effektief? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2)
9.11 Wie veroorsaak dat Baas se boot verdwyn? Wat doen Whitey om Baas te
help om sy boot te vind? Is Whitey se betrokkenheid by Baas teen die einde
van die roman oortuigend? Gee 'n rede vir jou antwoord. (3)
9.12 Volgens die onderstreepte woorde in TEKS D gaan Baas weg.
Noem TWEE optredes van Baas wat bewys dat hy, net soos die ou man teen
die muur (TEKS C), op Manaka gaan bly? Wie het, na jou mening,
die grootste invloed op Baas se besluit om te bly? Motiveer jou keuse. (4)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/2017
SSE
VATMAAR – AHM Scholtz
Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).
VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG
In die roman Vatmaar oefen Ta Vuurmaak en oom Chai invloed uit op die nedersetting,
Vatmaar, en die inwoners.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400–450 woorde. [25]
VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
1 Elkeen van ons het 'n vuilgoedgat op 'n hoek van sy erf gehad en alle
2 rommel is daarin gegooi, met die as van die dag se vuur bo-op.
3 Daar was toe nog nie 'n kerk of poliesstasie om vrees in onse gemoedere te
4 blaas nie. Geen sokkerspan en danssaal om onse aandag af te trek nie. Geen
5 dokter en prokureur om op staat te maak nie. Daar was net veldpaaie, met
6 gate wat vanself toegaan as dit reën. En oral was daar kortpaaitjies.
7 Vatmaar was arm, en tog het ons nie armoede geken nie. Ek kan nie
8 onthou dat ek ooit 'n swanger ongetroude meisie gesien het nie. Daar was
9 meer kinders as grootmense.
10 Sterfgevalle was ver uitmekaar maar elke nou en dan is daar 'n baba
11 gebore. Niemand is dood aan kanker nie want dit was 'n rykmansiekte, maar
12 teen witseerkeel het kinders nooit 'n kans gehad nie. En daar was twee soorte
13 tering: die vette en die mare.
14 Onse kinders het oorgenoeg gebaklei, maar as onse ouers stry gekry het,
15 het hulle vir mekaar gesê: Pas op, die bure hoor jou.
16 Vatmaar se kinders het nooit van die Agtste Gebod geweet nie, die een van
17 Jy mag nie steel nie. Ons kon dit nooit weerstaan om 'n draai met anderman se
18 bicycle te ry nie. En ons het dit geniet om rond te draf met 'n ou bicycle-wiel
19 sonder speke of tjoep met 'n stokkie in die groef.
20 Vir tandpyn was ons die bangste, want die slagoffers moes Du Toitspan toe
21 loop met 'n lap oor sy mond om die wind uit te hou.
11.1 Na watter nedersetting word in TEKS E verwys? (1)
11.2 Dink jy dis oortuigend dat die verteller in TEKS E een van die plaaslike
inwoners is? Motiveer jou antwoord. (1)
11.3 Behalwe die vuilgoedgat, is daar ook hoekbakens vir elke erf wat eienaarskap
aandui. Noem TWEE maniere hoe die eienaarskap van 'n erf gevier word. (2)
11.4 Gee EEN rede hoekom die ''poliesstasie'' 'n negatiewe invloed op
onderskeidelik Tant Wonnie en Kaaitjie het. Watter positiewe gevolg het die
regsproses vir Tant Wonnie? (3)
11.5 Herlees reël 4.
11.5.1 Watter tipe konflik veroorsaak die dansery by die stokvel by
oom Chai? (1)
11.5.2 Wat is die oorsaak van dié konflik? Hoe word dié konflik opgelos? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/2017
SSE
11.6 In TEKS E noem die verteller dat die inwoners nie armoede ken nie.
Bewys met TWEE redes uit die roman dat Tant Wonnie wél armoede ken. (2)
EN
TEKS F
1 Case dismissed, sê die magistraat en doop sy pen in die inkpot.
2 Bennie het die saak gewen.
3 Met 'n glimlag het hy gesê sodat almal dit kon hoor: Geregtigheid het
4 geseëvier – en gedink aan die ander vyf skape wat hy by Mineer Lambrecht
5 gesteel het.
6 Die magistraat het met sy hand 'n stopteken vir die aanklaer gemaak. Dié
7 het opgestaan en geskree: Orde!
8 Die hele hof het opgestaan terwyl die magistraat die saal deur die sydeur
9 verlaat. Die mense is by die publiek se deur uit. Dit was teetyd.
10 Na die teetyd het die aanklaer die magistraat by die sydeur gewaar. Hy het
11 opgestaan. Orde! Stilte in die hof! Het hy geroep.
12 Die magistraat het ingekom en gaan sit.
13 Volgende, het die poeliesman geskree: Cham Look!
14 Die Chinees het opgestaan en voor die traliehek gaan staan sodat dit
15 oopgemaak kan word. Hy het reguit na die beskuldigdebank gestap en vir die
16 aanklag gewag.
17 Running an unlawful game of chance in which money was involved, guilty
18 or not guilty?
19 Skuldig, Edelagbare.
20 Five pounds or thirty days. Take him away! het die magistraat gesê sonder
21 om op te kyk.
22 Chan is terug hofsel toe om te wag vir die geld wat hy geweet het sy ma
23 saam met die ou swartman wat vir haar werk, sal stuur.
24 Toe hy met die vyf pond opdaag, het Chan die ou Xhosa-man teruggestuur
25 vir nog 'n pond, vir Neels Vool se boete, en om vir sy ma te sê die geld wat hy
26 by hom gehad het is deur die poelieste gekonfiskeer.
11.7 Watter karaktereienskap kan jy van Bennie O'Grady aflei uit sy gesprek met
Hendruk Jannewarie wat vóór TEKS F plaasgevind het? (1)
11.8 Dink jy Bennie O'Grady ondergaan karakterontwikkeling nadat hy onskuldig
bevind is? Motiveer jou antwoord met 'n bewys uit die roman. (1)
11.9 Waarom steel Bennie O'Grady skape? Het Chan Look dieselfde beweegrede
as Bennie vir sý oortreding? Motiveer jou antwoord. (2)
11.10 Hoe sluit Bennie O'Grady, Chan Look en Ouma Ruth se lewe aan by die
tema van liefde wat oor tradisionele grense strek? (3)
11.11 Noem VIER redes waarom Chan Look dadelik skuldig pleit. (4)
11.12 Herlees reël 16–17 van TEKS E.
Dink jy die standpunt wat die verteller in TEKS E huldig, is op Bennie
O'Grady en ook op oom Flip van toepassing? Motiveer jou antwoord deur na
elke karakter afsonderlik te verwys. (2)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/2017
SSE
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).
VRAAG 12: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
In hierdie drama tree Cavernelis as 'n newekarakter, wat die bestaan op die
Kaapse Vlakte belig, op.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400–450 woorde. [25]
VRAAG 13: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS G
1 In 'n terugflits, Map en Blanchie as tienderjarige seun en
2 dogter, nog op skool. Blanchie op 'n afstand, kom
3 nader. Map sit, miskien op 'n bankie in 'n speelpark.
4 Blanchie het haar skooluniform aan.
5 Hulle glimlag vir mekaar.
6 MAP: Haai, Blanchie ...
7 BLANCHIE (skaam): Johnnie ...
8 MAP: Jy all right?
9 BLANCHIE: Ja ...
10 MAP: Kom sit ...
11 BLANCHIE: Ek's al laat al, Johnnie ...
12 MAP: Hoe mien jy laat?
13 BLANCHIE: Daar was so baie mense in die winkel, man ...
14 MAP: O ...
15 BLANCHIE: Ek het cigarettes gaan koep, vir Antie Maud ...
16 MAP: O ja?
17 Hulle sit nou, langs mekaar, skamerig.
18 BLANCHIE: Aag, sy's all right, al is sy my stiefma ...
19 MAP: Ja ...
20 BLANCHIE: Sy's eintlik ... baie all right moet my ...
21 MAP: Julle ... kom aan ...
22 BLANCHIE: Mmmm ...
23 Stilte. Hulle sit net, skamerig. Dan wil Map Blanchie se
24 hande vat en haar soen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/2017
SSE
25 BLANCHIE: (hou hom halfhartig weg) Johnnie ... Nee ...
26 MAP: Aag, Blanchie ...
27 BLANCHIE: Ek moet nou loop ...
28 MAP: Maar ...
29 BLANCHIE: Hulle wag vir my ...
30 MAP: Hulle?
31 BLANCHIE: Daddy en Antie Maud ...
32 MAP: O ...
33 BLANCHIE: Daddy moet weer yt vanaand, man ...
34 MAP: Moet die canvassing?
35 BLANCHIE: Ja ...
36 MAP: Hy's 'n werksamige man ...
37 BLANCHIE: Aag, jy wiet hoe is Daddy ...
38 MAP: Ja, hy wil vir julle hierso ytvat, yt die township yt ...
39 Ek niem hom nie kwalik nie ...
40 BLANCHIE: Hy's all right ... Eintlik 'n goeie man ...
41 MAP: Blanchie ...
42 BLANCHIE: Ek ... moet nou gaan ...
43 MAP: Blanchie ...
44 BLANCHIE: Mmmm?
45 MAP: Ek ... Ek ... Het jy ... Ek mien ...
46 BLANCHIE: Johnnie, moenie ...
47 MAP: Blanchie ...
48 BLANCHIE: Johnnie ...
49 Hy raak aan haar. Sy aan hom. Hulle soen mekaar.
50 Breek.
13.1 Wat word deur die dramaturg in reël 1–5 gebruik om vir die leser aan te
dui dat die handelinge tussen Map en Blanchie onskuldig is? (1)
13.2 Herlees reël 18.
Gee TWEE redes waarom Blanchie se gesindheid teenoor haar stiefma later
in die drama verander het. (2)
13.3 Lees die onderstreepte gedeelte van reël 39.
Op watter manier bly Map getrou aan hierdie woorde nadat hy uit die tronk
gekom het? (1)
13.4 Wat probeer Map vir Blanchie in reël 45 vra? Watter versoek rig Blanchie
in die volgende reël en waarop dui dit ten opsigte van haar verhouding
met Map? (3)
13.5 Waarom gebruik die dramaturg so baie ellipse in TEKS G? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/2017
SSE
TEKS H
1 Cavernelis verdwyn en Blanchie is by Map, in die tronk.
2 BLANCHIE (bitter): Hoekom kom ek jou nog sien!? ... Hoekom ... kom ek
3 jou nog sien!!
4 MAP: Blanchie ...
5 BLANCHIE: Hoekom ...
6 MAP: Blanchie ... ek ...
7 BLANCHIE: Johnnie ...
8 MAP: ... ek het gesê ek is ... sorry, man ... ek ...
9 BLANCHIE: Johnnie ...
10 MAP: ... Ek wil oek iets gewies het ... jy't tog ge-verstaan ...
11 BLANCHIE: (sluk) Okay ...
12 MAP: Ek was goed op skool ... Jy't ... ons het ... mekaar ge-
13 ken ... op skool ...
14 BLANCHIE: Johnnie ...
15 MAP: Innie Elsies, jy onthou ...
16 BLANCHIE: (haar gemoed skiet vol) Ja ...
17 MAP: Blanchie ... Die varke, toe het hulle't vir my gesê, daar's
18 'n job, dis die enigste werk wat hulle vir my wil gee, vir
19 messenger ... Jy't gewiet ... Ons het problems gehad
20 met geld ... ek kon nie verder gaan nie, net matriek ...
21 Toe's al die jobs vir wittes ... Net messenger vir my!
22 Messenger! Wit bastards!!
23 BLANCHIE: Johnnie ...
24 MAP: Maar ... ek verskoon myselwers nie nou meer nie ... Ek
25 het ... nonsens aangevang ... Blanchie ... Om like 'n
26 leader te wies!
27 Stilte.
28 MAP: Blanchie ...
29 BLANCHIE: ... Johnnie ...
30 MAP: Ek het jou ... nog al die tyd ... lief ...
31 Skielik breek sy, en lag en lag.
32 BLANCHIE: Johnnie! (Lag en lag. Dit weerklink.)
33 MAP: (skreeu) Blanchie! Blanchie!
34 Haar gelag is nog in die lug terwyl die lig uitdoof.
13.6 Op watter maniere verloor Blanchie en Map onderskeidelik die kinderlikheid
van hul tienerjare en hoe kry Blanchie se naam dan 'n ironiese betekenis? (3)
13.7 Waarom is Cyril se nuus dat Map op parool vrygelaat gaan word, die
motoriese moment in die drama? Hoekom lei dié nuus later tot 'n
antiklimaks? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/2017
SSE
13.8 Herlees reël 17–18.
In watter opsig ondersteun hierdie gedeelte die sentrale tema van die drama? (2)
13.9 Waarna verwys Map in reël 25 se onderstreepte gedeelte? (1)
13.10 Map verwys na sy leierskap in reël 25–26.
Watter aspek van Map se leierskap staan vir jou uit? Dink jy Map het die
potensiaal om na sy vrylating 'n goeie leier in sy gemeenskap te wees?
Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (3)
13.11 Noem die stemming in TEKS G én in TEKS H en gee die rede vir die
stemming in elke teks. (4)
13.12 Dink jy dat die verkeerde keuses wat Map en Blanchie maak, net deur mense
wat in armoede verkeer, gemaak word? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/2017
SSE
MIS – Reza de Wet
Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).
VRAAG 14: MIS – OPSTELVRAAG
In die drama, Mis, tree Miem in verskillende hoedanighede in Meisie se lewe op.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400–450 woorde. [25]
VRAAG 15: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS I
1 MIEM: Gabriël is 'n goeie man. 'n Sagmoedige man. Edel van inbors.
2 Uit 'n goeie familie! Hy was maar altyd ... 'n bietjie swartgallig!
3 Maar wat is daarmee verkeerd? Maak dit hom 'n monster?
4 O, ek weet wat die mense sê! Hulle sê hy is nie ... lekker nie!
5 (Baie boos) Skinderbekke! Kwaadstokers! En u glo hulle!
6 Konstabel, ek dink u moet maar liewer gaan! U is nie langer
7 hier welkom nie!
8 GERTIE: Jy bedoel dit tog nie, Miem?
9 MIEM: Hou jou hier uit! Dit is my man wat so ... beswadder word!
10 KONSTABEL: (staan op. Kwaad. Beweeg na die deur) Ek sal gaan, Mevrou.
11 (Draai by die deur om en laat sy stok val) Maar laat my
12 asseblief net toe om my saak te stel. Ek wil nie so hier
13 weggaan nie.
14 MIEM: (nors) Nou sê jou sê.
15 KONSTABEL: (kwaad) Dit is my werk! Ek is gewoond om vrae te vra. En ek is
16 werklik bekommerd oor u veiligheid. Wat u ook al mag dink. Ek
17 wou maar net uitvind ... of hier nog 'n deur is. Nog 'n plek om in
18 te kom. Sodat ek in my pasoppens kan wees. Nou weet ek van
19 alle gevare. Die deur kan maklik oopgebreek word ... Iemand
20 kan daar insluip ... U man oorrompel ... Afklim ... en voor ons
21 weet, is hy ... of sy ... tussen ons.
22 GERTIE: O, Vader!
23 MIEM: Konstabel ... ek was miskien 'n bietjie haastig. Ek sien ... u dra
24 tog ons belange op die hart.
15.1 Wat gee aanleiding tot Miem se uitbarsting in reël 1–4? (1)
15.2 Dink jy Miem se lojaliteit teenoor Gabriël is geregverdig? Motiveer jou
antwoord. (1)
15.3 Gee TWEE redes waarom Gertie nie wil hê dat Konstabel ''moet gaan'' nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/2017
SSE
15.4 Konstabel slaag daarin om die vroue deur sy handeling (hy laat val die stok)
én dialoog in reël 10–13 te manipuleer.
Gee nog DRIE ander maniere waarop Konstabel die vroue manipuleer. (3)
15.5 Herlees die toneelaanwysings/neweteks in reël 14.
Dink jy dit is tiperend van Miem se karakter? Motiveer jou antwoord met
TWEE bewyse uit die res van die drama. (2)
15.6 Waarom is die ellipse in reël 20–21 funksioneel? (1)
15.7 Hoekom is Miem se onderstreepte woorde in reël 23–24 ironies? Op watter
wyse sluit hierdie woorde by die titel van die drama aan? (2)
EN
TEKS J
1 Hy verstar wanneer hy iets hoor. Dan beweeg hy vinnig na die
2 agterdeur en maak dit toe. Soos voorheen staan hy met sy rug
3 na die gehoor en leun teen die kosyn. MEISIE verskyn in die
4 gangdeur. Sy is kaalvoet en dra haar wit aannemingsrok.
5 MEISIE kyk nie na die KONSTABEL nie.
6 MEISIE: (koponderstebo en skaam) Ek het gehoor hulle gaan slaap.
7 Toe kom ek maar. Jy het gesê my aannemingsrok.
8 Die KONSTABEL draai om en kyk na haar.
9 MEISIE: Maar dis al 'n bietjie klein. (Kyk op, skrik) Maar waar is die
10 konstabel dan?
11 KONSTABEL: Dit is ek. Ken jy my nie?
12 MEISIE: Maar jy lyk so ... anders.
13 KONSTABEL: Dié tyd van die nag lyk ek altyd so.
14 MEISIE: Altyd?
15 KONSTABEL: Ja. (Glimlag) Altyd. (Haal sy bril stadig af en kyk na haar)
16 MEISIE: En jy kan sien!
17 KONSTABEL: Dit is omdat dit so laat is. As dit baie laat word, kan ek altyd
18 sien.
19 MEISIE: Regtig?
20 KONSTABEL: Ja. En ek is bly ek kan sien, want nou kan ek vir jou sien.
21 En jy is baie mooi.
22 MEISIE: (verwonderd) Is ek?
23 KONSTABEL: Jy is.
24 MEISIE: (verleë) Jy het mos gesê sonder skoene.
25 KONSTABEL: Ja. (Trek die gordyne opsy) Dis net reg so. (Maak die venster
26 oop)
27 Sirkusmusiek word gehoor.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/2017
SSE
15.8 Waarom is dit belangrik dat Meisie se aannemingsrok genoem word? (1)
15.9 Herlees die onderstreepte vrae in reël 9–10, reël 14, reël 19 én reël 22.
Is Meisie se vraag in reël 9–10 gepas? Ten spyte van al haar ander vrae glo
Meisie alles wat die konstabel vir haar sê. Gee DRIE redes vir Meisie se
naïewe goedgelowigheid. (4)
15.10 Watter simboliek lees jy in die konstabel se handelinge in reël 25 en 26?
Hoe sluit hierdie simboliek by die tema van die drama aan? (3)
15.11 In hierdie drama verteenwoordig die hoofkarakter alle identiteitlose mense.
Hoekom stem jy met dié stelling saam? Dink jy dat identiteitloosheid 'n
aktuele probleem is? Motiveer jou antwoord. (2)
15.12 Herlees reël 27.
Hoe kontrasteer Meisie se milieu met dié van die sirkus? Gee TWEE redes
waarom die milieu uiterlike konflik by Meisie veroorsaak. (3)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2017 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper