Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS HUISTAAL V1
2017
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC June Exam 2017
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)30 marks
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/2017
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
4. Trek 'n streep ná elke afdeling.
5. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/2017
SSE
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS A: ARTIKEL
SLAAP: ONS IS DIEP IN DIE SKULD
1 Daar is 'n krisis in sprokiesland: Klaas Vakie gaan sy werk verloor. Hoekom?
Mense slaap al minder.
2 Hierdie krisis is veroorsaak deur Thomas Edison wat meer as 'n eeu gelede
die gloeilamp uitgevind het. Sedertdien slaap ons minder en minder. Edison
het geglo slaap is onproduktief, 'n mors van tyd. In ons moderne, 5
materialistiese wêreld word hierdie mening deur veral die korporatiewe
wêreld misbruik, want hulle slagspreuk – Tyd is geld! – word toenemend
geglo. Die ongelukkige gevolg? Mense slaap ál minder.
3 Arianna Huffington, navorser van slaappatrone en skrywer van The Sleep
Revolution, is (anders as Edison en die korporatiewe wêreld) 'n passievolle 10
kampvegter vir slaap nadat sy, weens 'n gebrek daaraan, ineengestort het.
Nou glo sy dat mense snags sewe uur moet slaap. ''Ons het 'n nuwe
slaaprewolusie nodig sodat ons weer beheer oor ons lewe kan neem. Glo dit
of nie, jy kán jou doodwerk.''
4 Huffington skryf dat drie rewolusies agter ons slegte slaapgewoontes lê: die 15
nywerheidsrewolusie toe die bevolking na stede met hul vinnige tempo
gestroom het; tóé die tegnologierewolusie met, onder andere, die
ontdekking van die gloeilamp en gevolglik langer dagure; uiteindelik het die
virtuele, digitale rewolusie – die derde een – waar ons 24/7 aanlyn is,
aangebreek. Digitale uitvindings maak dit deesdae makliker om jou werk 20
oral saam te dra – jy gooi net jou selfoon en/of skootrekenaar in jou sak.
5 Ons verkeer, ongelukkig, in die waan dat slaap tydmors is, aldus Huffington.
Sy voorspel 'n vierde rewolusie wat ons na beter slaaphigiëne – gewoontes
en praktyke wat genoeg slaap op gereelde tye bevorder – sal teruglei.
''Ons aanvaar dieet en oefening is belangrike pilare vir gesondheid. Slaap is 25
die derde pilaar.''
6 Huffington meen slaap is 'n basiese menslike behoefte. Jy voel knorrig as jy
te min daarvan kry, en geïrriteerd as die bure se partytjie jou daarvan
weerhou. Maar die uitwerking van te min slaap strek baie verder.
7 Dr. Hugo, psigiater en geheuedeskundige, verduidelik dat elke mens 'n 30
spesifieke slaapbehoefte het en as dit nie bevredig word nie, word daar
slaapskuld opgebou. Jou spesifieke slaapbehoefte is die hoeveelheid slaap
wat jy nodig het om soggens uitgerus wakker te word. Te min hiervan
veroorsaak slaapskuld. Volgens hom is die meeste van ons diep in dié
skuld. 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/2017
SSE
8 Navorsing toon 'n tekort aan slaap het 'n skrikwekkend negatiewe effek op
die brein, waarvan knorrigheid, onstuimige emosies, vergeetagtigheid, die
onvermoë om te konsentreer en 'n aangetaste geheue maar enkele
voorbeelde is. Ná sewentien uur sonder slaap is 'n mens se vaardighede
gelyk aan dié van iemand met 'n bloedalkoholvlak van 0,05% – genoeg om 40
jou agter tralies te laat beland.
9 Hoeveel moet jy slaap? Die ideale hoeveelheid slaap verskil van persoon tot
persoon, maar minder as ses uur vir Jan Alleman word deur kenners as 'n
gedeeltelike gebrek bestempel. Babas slaap tot 16 uur per dag terwyl
tieners sowat 10 uur per nag nodig het. Sekere noodsaaklike 45
liggaamsiklusse van tieners, soos die afskeiding van groeihormone, kom
ook net voor terwyl hulle slaap. Slaap help tieners om die geheue te
rangskik, te verfris en om leervermoë te verbeter, sê Peet Vermaak,
neurofisioloog van The Pretoria Sleep Lab.
10 Nog 'n kundige, dr. Jeff King, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging 50
vir Slaapgeneeskunde, sê dat slaap noodsaaklik is om van gifstowwe in jou
liggaam ontslae te raak. Ander navorsers het reeds bewys dat minder as
sewe uur slaap per nag jou risiko vir vetsug, diabetes, hoë bloeddruk,
hartsiektes en depressie verhoog. Slaap is dus nie 'n luukse nie, maar die
eerste stap om wêreldwye gesondheidsprobleme te takel. 55
11 Te min slaap kan beslis jou oordeel en reflekse aantas. Studies toon dat
mediese studente met 'n slaaptekort meer foute maak. Volgens Jan Top van
die Panorama-hospitaal se slaapkliniek ly nagtelike skofwerkers aan
uitputting, soortgelyk aan dié van mediese studente omdat hul liggame se
normale blootstelling aan lig deurmekaar geskommel word. Moegheid by 60
skofwerkers het al tot ernstige nywerheidskatastrofes, soos die kernkrag-
ongelukke by Tsjernobil en Three Mile Island, gelei.
12 Drs. Rock en Siegal van die Mindsight Institute glo aan oefeninge wat kan
help om jou brein optimaal te laat funksioneer en om jou brein te laat rus.
Voldoende slaaptyd om die brein tyd te gee om te rus is nommer een op hul 65
lys. ''net soos jy nie dag én nag pizza kan eet nie, kan jou brein ook nie elke
dag op min slaap lewe nie.''
13 Karlien Fourie, 'n neurofisioloog, beveel die volgende vir 'n gesonde brein
aan: ''Hou jou slaapkamer donker en raak ontslae van enige afleidings soos
selfone of televisie. Probeer om elke aand presies dieselfde tyd te gaan 70
slaap en soggens dieselfde tyd op te staan. Skakel stimulante soos suiker
en kafeïen uit.''
14 Klaas Vakie se sandjies is nie te versmaai nie. Die tyd vandat jy saans jou
bedlampie afskakel tot die oomblik dat jou selfoon jou die volgende oggend
wakker biep, is tyd waarmee jy jou lewe verleng. 75
[Verwerk uit Sarie, September 2016 en Die Burger, 8 April 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/2017
SSE
TEKS B: VISUELE TEKS
Soeteruslaan
Navorsing toon honde
verstaan wat jy sê.
Hy kan geen hond haaraf maak nie.
[Bron: Die Burger, 6 September 2016]
VRAE: TEKS A
1.1 Watter uitvinding was die oorsaak dat mense al minder begin slaap het? (1)
1.2 Waarom is Huffington se mening in paragraaf 3 oor slaap geloofwaardig? (1)
1.3 Hoe verskil Edison en Huffington se sieninge oor slaap? (2)
1.4 Wat is die gevolg van ELK van die DRIE rewolusies ten opsigte van mense se
veranderde slaapgewoontes? (3)
1.5 Hoe ondersteun paragraaf 7 die titel van die teks? (1)
1.6 Noem TWEE negatiewe gevolge wat min slaap vir tieners inhou. (2)
1.7 Herlees paragraaf 10–11.
Wat is dr. King se standpunt oor slaap? Noem TWEE voorbeelde uit
paragraaf 11 waar reflekse/oordeel aangetas word en haal EEN woord aan
wat aandui dat slaapskuld 'n universele probleem is. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/2017
SSE
1.8 Waarom word breinoefening deur die Mindsight Institute aanbeveel? (2)
1.9 Stem jy saam dat die hedendaagse mens in diep slaapskuld verkeer?
Gee DRIE redes vir jou antwoord. (3)
1.10 Is daar motivering in die teks vir die onderstreepte sin in paragraaf 14?
Motiveer jou antwoord met behulp van paragraaf 10. (1)
1.11 Waarvan moet jy, volgens Karlien Fourie, afstand doen indien jy jou
slaaphigiëne wil verbeter? (3)
1.12 Dink jy dat tieners die inligting in hierdie teks ter harte sal neem?
Motiveer jou antwoord. (1)
VRAE: TEKS B
1.13 Die hond én die man in hierdie spotprent is knorrig.
Motiveer die stelling. (2)
1.14 Dink jy die gebruik van die straatnaam, Soeteruslaan, is funksioneel?
Motiveer jou antwoord. (1)
VRAE: TEKS A EN B
1.15 Wat is die verband tussen paragraaf 6 in TEKS A en die situasie in TEKS B? (1)
1.16 Herlees paragraaf 10–11 (TEKS A).
Hoe stem die man in TEKS B se gedrag ooreen met dié van
nagskofwerkers? Aan watter gesondheidsrisiko is die man in TEKS B
blootgestel? (2)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/2017
SSE
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE wenke om jou teen
identiteitsdiefstal te beskerm.
LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm
aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
2. Jou paragraaf moet samehangend geskryf word.
3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie.
4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
BESKERM JOU PERSOONLIKE INLIGTING
Identiteitsdiefstal kos Suid-Afrikaners jaarliks miljoene rande, en Roy Retief van die
Suid-Afrikaanse Bedrogvoorkomingsdiens (SABVD) waarsku dat slagoffers dalk verras kan
word met 'n selfoonkontrak, motorverhuringsooreenkoms of lening wat onwettig in hul
name uitgeneem is. Pas die volgende wenke toe om jou identiteit te beskerm.
Jy moet jou identiteitsinligting in veilige bewaring hou. Waarmee jy ook al besig is of waar
jy ook al gaan, sorg vir die veilige bewaring van jou dokumente en inligting, want die verlies
daarvan veroorsaak eindelose veiligheidsrisiko's. Boonop het jy dan die frustrasie om vir
nuwe dokumente te moet aansoek doen.
Inligting wat onverskillig en roekeloos op Facebook geplaas word, kan maklik deur
booswigte versamel word. So is 'n foto van jou vliegtuigkaartjie 'n maklike manier vir
booswigte om inligting te bekom. Wees daarom versigtig watter inligting jy op sosiale
media beskikbaar stel.
Verbrand persoonlike dokumente wanneer jy dit wil vernietig, eerder as om dit in die
vullisdrom te gooi. Dit is baie veiliger en bied gemoedsrus. Wees boonop bedag op
ongevraagde e-posversoeke wat jou vra om jou bankbesonderhede te bevestig.
Gevestigde banke sal nie via e-posboodskappe sulke inligting vra nie.
Die SABVD sê mense moet bedag wees op sogenaamde ''419''-foefies. ''Hier word die
persoon via SMS of e-pos gekontak en gesê dat hulle byvoorbeeld 'n lotery of kompetisie
gewen het. Om jou prys te kan kry, vra hulle dan sekere inligting. ''As dit te goed klink om
waar te wees, is dit moontlik die geval.''
Die media het vroeër vanjaar berig oor kuberboewe wat mense via Facebook kontak en
voorgee dat hulle vriende wil wees. Moenie sulke ''aanlyn vriendskappe'' met vreemdelinge
aanknoop nie! Dit neem gewoonlik nie lank voordat die boewe persoonlike inligting probeer
uitvis nie, want vriendskappe is mos die grondslag vir die uitruil van inligting.
Roy beveel aan dat mense by die SABVD 'n ''beskermde registrasie'' op hul ID laat
registreer. ''Hierdie inligting word gesirkuleer, en as dit by enige van ons
lidmaatmaatskappye gebruik word, word 'n oproep uitgestuur om seker te maak hulle werk
met die regte jy.''
Die prys vir identiteitsdiefstal in Suid-Afrika ís te hoog. Dit kan voorkom word deur
bogenoemde eenvoudige wenke te volg.
[Verwerk uit Vrouekeur, 21 Oktober 2016]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/2017
SSE
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIES
Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D
1
2
3
4
5 Ons verkoop 'n wye reeks tuingereedskap in 'n goeie toestand vir heelwat minder
6 as wat jy sou verwag – en koop jou gehalte-items by jou wanneer jy wil opgradeer.
7 En terwyl jy 'n draai maak in ons winkels, kan jy gerus 'n bietjie rondkyk.
8 Jy sal verbaas wees oor hoeveel goed daar is wat sommer nommerpas vir jou
9 droomhuis is, teen heelwat minder as wat jy elders sal betaal.
10 En ja, wanneer jou visie verander en jy aan 'n nuwe droom werk, koop
11 ons graag wéér by jou sodat jy nóg geld kan bank.
12 Dis persies só eenvoudig!
cashconverters.co.za
Bepalings & voorwaardes geld. Cash Converters is 'n lid
van die National Association of Franchised
Tweedehandse Handelaars.
Cash Converters bied franchise-geleenthede.
[Verwerk uit Huisgenoot, 1 September 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/2017
SSE
VRAE: TEKS D
3.1 Gee die kontrasterende woorde in die opskrif wat die adverteerders se diens
beskryf. (1)
3.2 Vervang die kommapunt in reël 1 met 'n gepaste woord sonder om die
woordorde van die sin(ne) te verander. (1)
3.3 Hoekom pas die visuele voorstelling in reël 1–3 by dié advertensie? (1)
3.4 Watter wanindruk ten opsigte van die adverteerder skep die visuele
voorstelling in reël 4? (1)
3.5 Gebruik die onderstreepte byvoeglike naamwoord in reël 5 as 'n bywoord in
'n sin. Indien nodig, mag die woord verbuig word. (1)
3.6 Wat is die adverteerders se doel met die onderstreepte woorde in reël 9?
Dink jy die visuele voorstelling ondersteun dié woorde? Motiveer jou
antwoord. (2)
3.7 Skryf slegs die hoofsin wat in reël 10–11 voorkom, neer. (1)
3.8 Gebruik die homoniem van bank (reël 11) in 'n verklarende sin. (1)
3.9 Watter klankverskynsel kom voor by die uitspraak van die onderstreepte
woord in reël 12? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/2017
SSE
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Lees en kyk na die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3
Dit maak die verskil
Maniere is baie, baie
tussen 'n WARE heer
belangrik, my seun.
en 'n barbaar!
RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6
Ons het ’n gediggie Vir wat moet ’n Wiking
Ek het twee vriende so gaaf,
wat jou mooi maniere sulke snert leer, Helga?
hulle is vriendelik en braaf.
sal leer ... Is hy dalk ’n
Die een is 'Dankie' en die
ander 'Asseblief' en vir hulle koning of
twee bly ek altyd lief! iets?
RAAMPIE 7 RAAMPIE 8 RAAMPIE 9
Dan het ek twee ánder SJARRAP EN SKOERT! Met jou hoed in
vriende, nl. ... Jou buffel! die hand, ...
[Verwerk uit www.creditreportservice.info/article]
LET WEL: Hägar is die Viking en Helga is sy vrou.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/2017
SSE
VRAE: TEKS E
4.1 Vervang die onderstreepte woorde in RAAMPIE 2 met die intensiewe/
versterkte vorm. (1)
4.2 Skryf Helga se woorde in RAAMPIE 3 in die lydende vorm. (1)
4.3 Die hoofletters in RAAMPIE 3 is gebruik om die woord te beklemtoon.
Skryf die woord oor en gebruik die korrekte aksentteken(s) op die korrekte
manier om die woord te beklemtoon. (1)
4.4 Waarom sê Helga in RAAMPIE 4 nie reguit dat haar seun ongemanierd
is nie? (1)
4.5 Herlees RAAMPIE 6.
4.5.1 Vervang die onderstreepte woorde met 'n enkele voornaamwoord
wat in die sin pas. (1)
4.5.2 Wat impliseer Hägar met sy tweede sin? (1)
4.6 Gebruik die afkorting in RAAMPIE 7, volledig uitgeskryf, in 'n verklarende sin
van jou eie. (1)
4.7 Bestudeer RAAMPIE 8.
4.7.1 Op watter wyse gebruik Helga taal om haar mag te demonstreer? (1)
4.7.2 Dink jy Hägar verdien hierdie optrede? Motiveer jou antwoord. (1)
4.8 Voltooi namens Helga die idioom in RAAMPIE 9. (1)
[10]
VRAAG 5: ARTIKEL
Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS F
SUID-AFRIKA: SÓ VERLOKLIK, MAAR O, SO SUKSESLOOS!
1 Die sukses van 'n (5.3) (ontwikkel) nasie hang nie van ouderdom af nie:
Egipte en Indië is ouer as twee (5.4) (tydperke van 1 000 jaar) terwyl Kanada,
Australië en Nieu-Seeland relatief jonk, maar (5.5) welvarend is.
2 Dit hang ook nie af van beskikbare hulpbronne nie. Japan het min natuurlike
hulpbronne, maar verwerk ingevoerde grondstowwe en voer dan die
produkte uit na die res van die wêreld. Switserland kweek self nie kakao nie,
maar vervaardig van die beste sjokolade.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/2017
SSE
3 Daar is ook nie intellektuele verskille tussen eweknieë van suksesvolle en
onsuksesvolle nasies nie. Die enigste verskil lê daarin dat die meeste
mense in suksesvolle lande die kernwaardes van etiek, integriteit,
verantwoordelikheid, respek vir wette en regulasies, hardwerkendheid,
produktiwiteit, spaarsaamheid en stiptelikheid uitleef. (5.8) Hulle ken nóg
bedrog, nóg korrupsie.
4 Die geheim van sukses lê dus eenvoudig in die karakter en houding, in die
kwaliteit van die innerlike krag van die land se inwoners.
5 Om (5.9) … pas met dié kernwaardes te leef mag dalk eenvoudig en selfs
outyds klink, maar dit het baie implikasies. Dit beteken dat leerders en
studente nie skole en biblioteke aan die brand steek nie, dat hulle eerder hard
sal werk en beskikbare bronne met verantwoordelikheid tot voordeel van alle
mense sal gebruik.
[Verwerk uit Die Burger, 5 Januarie 2016]
VRAE: TEKS F
5.1 Benoem die taalverskynsel wat aangewend is om die onderstreepte woord in
die opskrif te vorm. (1)
5.2 Wat is die betekenis van die agtervoegsel/postmorfeem/suffiks in die laaste
woord van die opskrif? (1)
5.3 Gee die korrekte vorm van die onvoltooide/teenwoordige deelwoord in die
eerste sin van paragraaf 1. (1)
5.4 Vervang die woorde wat tussen hakies in paragraaf 1 voorkom, met slegs
EEN woord. (1)
5.5 Gebruik die antoniem van die onderstreepte woord in paragraaf 1 in 'n
verklarende sin. (1)
5.6 Skryf die onderwerp van die onderstreepte sin in paragraaf 2 neer. (1)
5.7 Verdeel die vetgedrukte woord in paragraaf 3 in lettergrepe. (1)
5.8 Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 3 in die verlede tyd. (1)
5.9 Skryf slegs die voorsetsel wat in paragraaf 5 ontbreek, neer. (1)
5.10 Brei die onderstreepte sin in paragraaf 5 uit met behulp van 'n byvoeglike
bysin. Skryf die sin volledig oor en onderstreep jou bysin. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2017 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper