Vertroulik
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NOVEMBER 2025
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2025 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the NSC November Exam 2025, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 6
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 6
This exam
NSC November Exam 2025
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: Opstel (50)
AFDELING B: Transaksionele Tekste (2 x 25) (50)
2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.
3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
5. Jy moet jou werk beplan (bv. deur 'n breinkaart/diagram/vloeidiagram/
kernwoorde te gebruik), taalversorg en proeflees. Die beplanning moet VOOR
die finale produk gedoen word.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui en daarna netjies deurgehaal word.
7. Jy moet jou tyd soos volg bestee:
AFDELING A: ongeveer 100 minute
AFDELING B: ongeveer 80 (2 x 40) minute
8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel
word NIE.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A: OPSTEL 2025
VRAAG 1
Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 'n opstel van 400 tot 450 woorde.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.
1.1 Dit wás waaghalsig, maar ek sal dit weer doen! [50]
1.2 Wanneer die stiltes jou nooi … [50]
1.3 Is ék die argitek van my eie toekoms? [50]
1.4 Onderwysers kán 'n tegnoslim generasie met wysheid
en balans help vorm. [50]
1.5 Lekker-dag-planne:
Glimlag vir vreemdelinge
Groet eerste
Sê dankie en
deel komplimente uit
(bedoel dit) – ©Linda [50]
Bestudeer die prente hieronder en skryf 'n OPSTEL oor EEN. Skryf die vraagnommer
(1.6, 1.7 OF 1.8) en jou eie titel neer.
1.6
[Bron: https://www.canva.com/photos/MADQtoVYSVY-footprints-in-the-sand] [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.7
[Bron: https://www.speelkaartenshop.nl/dobbelstene] [50]
1.8
[Bron: https://www.craiggreenfield.com/blog/2015/3/24/beggar] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 2
Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.
2.1 INFORMELE BRIEF
Jy het gister 'n groot verleentheid beleef toe almal in die klas vir jou gelag het.
Skryf 'n INFORMELE BRIEF hieroor aan 'n vriend/vriendin (wat verlede jaar in
matriek was). Vra ook vir jou vriend/vriendin hoe hy/sy 'n soortgelyke situasie
sou hanteer. [25]
2.2 FORMELE E-POS
Jy wil na afloop van matriek oorsee op 'n luukse boot gaan werk.
'n Werkgeleentheid, wat dalk jou drome kan bewaarheid, word geadverteer.
Van
Aan BCL-Pacific@gmail.com
Datum
Onderwerp
Gebruik die formaat hierbo en skryf 'n E-POS aan die personeelbestuurder van
die BCL-Pacific waarin jy vir hierdie pos aansoek doen. Motiveer waarom jy 'n
geskikte kandidaat vir hierdie spesifieke werk is. [25]
2.3 NOTULE EN AGENDA
Die VRL van jou skool hou 'n vergadering om 'n skoolpiekniek te bespreek.
Die agenda hieronder bevat die besprekingspunte.
AGENDA VIR DIE VRL-VERGADERING OM 15:00 OP 2 AUGUSTUS 2025
1. Opening
2. Verwelkoming
3. Presensie
4. Sake om te bespreek:
4.1 Datum, tyd en plek
4.2 Reëls
4.3 Musiek
4.4 Voorbereiding van rugbyveld
5. Afsluiting
Skryf die NOTULE van die vergadering. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.4 VERSLAG
Jy sien hoe een of meer van jou klasmaats oneerlik in die eksamen is. Jy word
ná die vraestel na die hoof se kantoor ontbied waar jy versoek word om 'n
volledige verslag oor die gebeure, wat jy waargeneem het, te skryf.
Skryf die VERSLAG. [25]
2.5 HULDEBLYK
Jou klas wil 'n funksie reël vir 'n onderwyser, wat 'n groot rol in julle lewe speel,
om hom/haar te vereer.
Gebruik die volgende woorde in die huldeblyk:
Die saad wat u in ons lewens gesaai het …
Skryf die HULDEBLYK wat jy op versoek van die klas moet lewer. [25]
2.6 ONDERHOUD
As redakteur van jou skoolkoerant voer jy 'n onderhoud met die veelsydigste
graad 12-leerder, waarin jy hom/haar vra watter raad hy/sy aan ander leerders
sal gee wat ook baie verskillende aktiwiteite met hulle akademie moet
balanseer.
Skryf die ONDERHOUD. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2016 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2014 Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2020 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper