NASIONALE
SENIOR SERIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V1
NOVEMBER 2025
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 70
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)




Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2025, 11 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 656.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
NSC November Exam 2025
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: LEESBEGRIP
Nasien van die leesbegrip:
• Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien nie tensy
dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel aangetoon
word.)
• Indien die kandidaat woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn,
word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde
sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die antwoord
vereis word, word dit aanvaar.
• Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM
NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
• Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/bewys/
motivering word oorweeg by die puntetoekenning.
• Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
aanhalingstekens ontbreek nie.
• Waar eenwoordantwoorde gevra word en die kandidaat 'n volsin gee, is dit korrek mits die
korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
• Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee 'n hele reeks, word slegs
die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
• Aanvaar dialektiese variasies.
• Aanvaar by meervoudigekeuse-vrae BEIDE die ooreenstemmende letter met die korrekte
antwoord EN/OF die volledige, uitgeskryfde antwoord.
VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
Vraag Antwoord Punt
1.1.1 "slimmer fone" – "slimtoestelle" 1
"dommer breine" – "(digitale) demensie"/"(regte) demensie" 1
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
1.1.2 Die skrywer wil met "tóg" beklemtoon/waarsku dat die gevolge kontrasterend sal
wees./dat te veel skermtyd "digitale demensie" kan veroorsaak./dat slimtoestelle
negatiewe gevolge inhou. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.2 Paragraaf 1 plaas die leser onmiddellik in die werklikheid dat hy/sy dikwels vergeet-
agtig is./skep 'n praktiese voorbeeld van die vergeetagtigheid./
Dit gee onmiddellik praktiese voorbeelde van die titel/"dommer breine"/vergeet-
agtigheid waarmee die leser kan identifiseer./betrek die leser by die scenario wat oor
vergeetagtigheid gegee word./
Dit oortuig die leser dat hy/sy meer moet lees, want hy/sy kan dalk 'n slagoffer van
digitale demensie wees. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.3 Hulle dink vergeetagtigheid is as gevolg van ons gejaagde lewe. 1
Die ouderdom veroorsaak vergeetagtigheid. 1
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
1.4 VOORDEEL:
Enige inligting is maklik verkrygbaar./
Jy hoef nie alles te memoriseer nie. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
EN
NADEEL:
Dit maak die mens gemaksugtig./(kognitief) lui./
Die regterkant van die brein word benadeel./gaan stelselmatig agteruit./verloor die
vermoë om te konsentreer./
Die linkerkant van die brein word oorgestimuleer. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
EN
IRONIE:
'n Mens sou verwag dat slimfone jou gaan help om slimmer te wees, MAAR in
werklikheid benadeel dit die brein./
'n Mens sou verwag dat slimfone jou tot voordeel strek, MAAR dit veroorsaak die
brein se agteruitgang. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
Die kandidaat bied albei dele van die ironie vir EEN punt aan.
1.5 Die oormatige gebruik van skerms/tegnologie (kan digitale demensie veroorsaak). 1
EN
Ja
Alhoewel hulle al in 2012 die probleem geïdentifiseer het, is nog geen oplossings
daarvoor gevind nie./As die oormatige skermtyd in 2012 reeds vasgestel is, is die
probleem nou baie groter. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.
1.6 Werklike demensie is as gevolg van die agteruitgang van die breinvermoë./mediese
agteruitgang. 1
Digitale dimensie is as gevolg van oormatige skermgebruik./agteruitgang in gedrags-
patrone. 1
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
EN
Werklike demensie, want dit gaan met 'n siektetoestand/mediese toestand/agter-
uitgang van die brein gepaard. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
1.7 'n Swak postuur/
Ongesonde eetgewoontes/
Min fisieke oefeninge/
Swak asemhalingstegnieke/
Vergeetagtigheid 4
Die kandidaat bied VIER antwoorde vir EEN punt elk aan.
1.8 Die woord "vasgevang" is funksioneel, want dit beklemtoon hoe intensief die mense
by sosiale media betrokke is./dat hulle nie van sosiale media weggeskeur kan word
nie./verslaaf aan sosiale media is. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.9 Hulle moenie die rekenaar/foon gebruik as dit nie vir hulle werklik van nut is nie./
(Hulle moenie) net die eerste dele/begin van paragrawe lees (nie)./
(Hulle moenie) sinlose dinge lees (nie)./
Doellose skermtyd 3
Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.
1.10 Ja
Die oplossing word (in paragraaf 11) gegee dat jy op 'n doel moet fokus./by 'n tyds-
beperking moet bly.
OF
Nee
Paragraaf 11 bied nie praktiese oplossings/stappe vir hierdie omvattende probleem
nie. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.11 Kinders moet "Wag tot Graad 8"./
Geen fone moet by skole toegelaat word nie./
(Hulle moet) die "Neuro Heroes"-kursus (volg)./
Dr. (Marlena) Kruger/hello@technolifewise.org/www.technolifewise.org kontak. 1
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
1.12 Die kinders is gelukkig./tevrede./positief./geïnteresseerd. 1
Die ouers is paniekerig./bekommerd./magteloos./moedeloos./negatief. 1
Die kandidaat bied soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
Die kandidaat kan die emosies omskryf.
1.13 Die retoriese vrae betrek die leser deur hom/haar te laat nadink oor die kind se
betrokkenheid by die virtuele wêreld./
Die retoriese vrae lig die gevaar van die kinders se skermtyd uit./
Die retoriese vrae speel op die ouers se gevoel om iets aan die kind se betrokken-
heid by die internet/sosiale media te doen. 2
Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
1.14.1 Dr. Marlena Kruger is 'n kenner van/fokus op mense wat aan digitale verslawing ly
(se rehabilitering). 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
1.14.2 Dit is noodsaaklik, omdat digitale demensie reeds by jong kinders voorkom./
Vroeë digitale blootstelling aan selfone het negatiewe kognitiewe gevolge./
Kinders se breinontwikkeling/konsentrasievermoë moet beter beskerm word.
OF
Dit is nie noodsaaklik nie, want indien kinders geleer word om tegnologie sinvol/
verantwoordelik/met beperkings te gebruik, sal dit nie 'n probleem skep nie. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Nasien van die opsomming
• Die nasien van die opsomming word baseer op die insluiting van die relevante feite in die
teks wat met die vraag ooreenstem.
• Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van 'n opskrif/titel te
voorsien nie.
• Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
• Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
• Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word die
eerste opsomming nagesien.
• Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
• Punte word soos volg toegeken:
o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
o 3 punte vir taal
o Totale punte: 10
• Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie:
o 1–3 feite korrek: Ken 1 punt toe.
o 4–5 feite korrek: Ken 2 punte toe.
o 6–7 feite korrek: Ken 3 punte toe.
• Verspreiding van punte vir taal wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het:
o 6–7 direkte aanhalings: Ken geen punte vir taal toe nie.
o 4–5 direkte aanhalings: Ken 'n maksimum van 1 taalpunt toe.
o 2–3 direkte aanhalings: Ken 'n maksimum van 2 taalpunte toe.
LET WEL:
• Tel van woorde:
o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of
as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal woorde
oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
o Korter opsommings wat die vereiste aspekte bevat, mag nie gepenaliseer word nie.
NASIENSIMBOLE
V Onvolledige sin H Herhaling
^ Onvolledige feit S Stelling
A Aanhaling F Feitefout
MOONTLIKE PARAGRAAF
Vra vir die ontvanger of hy/sy in 'n posisie is om 'n stemnota te ontvang. Hou ook jou boodskappe
kort en gefokus. Moenie mense se tyd mors met 'n heen-en-weer pratery nie. As jy baie het om te
sê, breek jou boodskap in kleiner brokkies op. Berei voor wat jy wil sê, sodat jy nie afdwaal nie.
Moenie stemnotas gebruik om kontakbesonderhede oor te dra nie. Moenie stemnotas vir
belangrike inligting vir werk gebruik nie. Laastens: moenie iets wat verkleinerend is/jou in 'n slegte
lig kan stel, aanstuur nie.
[Getal woorde: 89 woorde]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AANHALING UIT TEKS MOONTLIKE BEWOORDING
... vra of die ontvanger in 'n posisie is A Vra vir die ontvanger of hy/sy in 'n posisie is
om 'n stemnota te ontvang. om 'n stemnota te ontvang.
... niemand wil luister hoe jy hul tyd mors B Hou jou boodskappe kort en gefokus./ Moenie
met 'n klomp heen-en-weer pratery nie mense se tyd mors (met 'n heen-en-weer
... moet jy jou boodskappe kort en pratery) nie.
gefokus hou.
Jy kan die boodskap ook in kleiner C Breek jou boodskap in kleiner brokkies op as
brokkies opbreek as jy baie het om te jy baie het om te sê.
sê.
Moenie die stemnota stuur as dit D Moenie die stemboodskap stuur as dit korter
korter as vyf woorde of net 'n klank is as vyf woorde/net 'n klank is nie./Moenie kort
nie. stemnotas stuur as 'n teksboodskap beter is
nie.
... jy moet vooraf minstens vaagweg E Berei (vooraf) voor wat jy wil sê, (sodat jy nie
voorberei wat jy wil sê ... afdwaal nie.)
Die goue reël is om nooit stemnotas te F Moenie stemnotas gebruik om kontak-
gebruik om kontakbesonderhede soos besonderhede (soos foonnommers/adresse)
foonnommers of adresse oor te dra nie. oor te dra nie.
Moenie stemnotas vir werk gebruik G Moenie stemnotas (met belangrike inligting) vir
wanneer dit belangrike inligting werk gebruik nie.
behels nie, want dit is baie moeiliker om
op te volg.
... die stuur van iets wat verkleinerend H Moenie iets wat verkleinerend is/jou in 'n
is jou in groot moeilikheid laat beland. slegte lig stel, aanstuur nie.
Pasop dat dit jou nie in 'n slegte lig
stel nie.
Getal woorde: 90
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Nasien van hierdie afdeling:
• Spelling:
o Eenwoordantwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek nie, tensy
die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling die aspek is wat
geassesseer word.
o Waar 'n afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
• Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die
instruksie aangedui.
• Vir meervoudigekeuse-vrae word die letter van die korrekte antwoord en//of die antwoord
wat uitgeskryf is, as korrek aanvaar.
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Vraag Antwoord Punt
3.1 ATKV:
Die klein/fyn lettertipe/
Die gebruik van die groter lettertipe van die woord(e)/"Oorde" onder ATKV/
Buffelspoort:
ligter/witter/kleiner lettertipe/sekondêre plasing 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
EN
Die inligting stel die leser in staat om dadelik tot aksie oor te gaan./die vakansie te
bespreek./Die leser hoef nie deur die hele advertensie te lees vir inligting nie. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
3.2 Die leser word gemanipuleer deur:
"lekkerste" as 'n emotiewe woord./"lekkerste" staan in die oortreffende trap./
die woordgebruik "ooit"./Desembervakansie./
die gebruik van die persoonlike voornaamwoord "jy"./
die retoriese vraag (wat die leser dwing om oor die vakansie na te dink). 1
3.3 Die eerste stam/"fees" eindig op 'n -s en die tweede stam/"seisoen" begin weer met
'n "s". 1
3.4 Vrolikheid/blydskap/geluk/hartlikheid 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
EN
Die stemming in die visuele uitbeelding sluit by die lekker vakansie/vakansiegevoel
aan./die feit dat jy lekker vakansie kan hou. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
3.5 Ja
"Buffel" skakel met die naam van die vakansieoord./"Buffelspoort"./
"sterk" skakel met die gedagte van 'n groot afslag./baie goeie aanbod./
Die ongewone intensiewe vorm/neologisme van "sterk" beklemtoon die twee aspekte
in die woord. 2
Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
3.6 C/Vokaalreduksie 1
3.7 Sakpas/Desemberpromosie, want ek sal dit kan bekostig./
Die gerieflike opgedateerde/opgegradeerde 4-bed-rondawels, want ek hou daarvan
om gerieflik te bly./
"...wag op jou" klink asof die uitnodiging eksklusief vir die leser/vir my bedoel is. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Vraag Antwoord Punt
4.1 Hulle lees nog (gedrukte) koerante. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
4.2 Jammerte/hartseer/weemoed 1
Die kandidaat mag die emosie vir EEN punt omskryf.
EN
Die gebruik van die uitroepteken(s) na "Ai"/Die uitroep "ai"/
Dit word versterk deur die woord "Ai" in donker/groter letters te druk. 1
Die kandidaat bied 'n antwoord vir EEN punt aan.
4.3 Hy wil sy ouers oortuig/oorreed/manipuleer dat hy die rekenaar moet gebruik./'n
rekenaar nodig het. 1
4.4 Navorsing gaan/sal steeds (deur jou) gedoen moet word./
Daar gaan/sal steeds deur jou navorsing gedoen moet word. 1
4.5 Die raampie is geslaagd, want:
die weglating van die woorde plaas die fokus op die gesprek wat nie plaasvind nie./
dit skep spanning oor die reaksie van die ouers./wat die ouers gaan besluit./
dit gee die geskokte stilte/verstomming/ongeloof van die ouers weer./
Jorik word klein geteken wat op sy ondergeskiktheid aan sy ouers dui. 2
Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
Die kandidaat kan nie aandui dat dit NIE geslaagd is NIE.
4.6 Jorik het verwag dat hy sy ouers oortuig het oor die waarde van 'n rekenaar,/om
hom toe te laat om die rekenaar te gebruik, maar hy word geskok deur sy ouers wat
hom na die outyd terug wil neem./die tyd toe mense met 'n pyl en boog gejag het./
In plaas van om die rekenaar te gebruik, leer hy om vuur te maak/met 'n pyl en boog
te skiet/vaardighede aan te leer van jare gelede. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
Die kandidaat moet na beide kante van die antiklimaks vir EEN punt verwys.
4.7 Vandag gaan ons jou leer om vuur te maak en (om) met 'n pyl en boog te skiet. 1
4.8 Op figuurlike vlak dui raampie 1 die ontwikkeling van die mens/die aapmens (tot die
tegnologieslim mens) uit, terwyl Jorik se ouers terugbeweeg/agteruitgaan in ontwik-
keling (na die pyl-en-boog-/vuur-era)./
Op letterlike vlak is daar 'n afwesigheid van vuur/pyl en boog in raampie 1 teenoor
die ouers se woorde in raampie 10 dat hulle hom gaan leer om vuur te maak/met 'n
pyl en boog te skiet. 1
Die kandidaat bied BEIDE kante van die kontras vir EEN punt aan.
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: ARTIKEL
Vraag Antwoord Punt
5.1 B/impulsief 1
5.2 Die woord "maar" word in die sin nie as 'n (teenstellende) voegwoord/verbindings-
woord/'n teenstelling gebruik nie./as 'n bywoord (van modaliteit) gebruik. 1
EN
Ek is siek, maar ek sal skool toe gaan. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke sin met "maar" as 'n voegwoord aan.
5.3 soms 1
5.4 Die ge- vorm die verlede tyd. 1
5.5.1 Hulpwerkwoord (van wyse/modaliteit) 1
EN
"wou" sou die sinsbetekenis verander van 'n feit/sekerheid na 'n wens/strewe/lus/
begeerte/verlange/iets wat nie gerealiseer het nie./
"wou" sal beteken dat Netwerk24 dit oorweeg het, maar besluit het om dit nie te doen
nie. 1
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
5.5.2 seepglad 1
Die kandidaat moet die woord korrek spel.
EN
Die meer/dam lê vandag spieëlglad sonder 'n rimpel./
Die mooi meisie se hare is syglad./Die jogurt gly syglad in my keel af./Die jongman
se stem is syglad./Die nuwe bestuurder trek syglad weg om sy lisensie te bekom.
Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
OF
Die vloer is seepglad nadat dit gereën het. 1
Indien die kandidaat se eerste antwoord verkeerd is, word die tweede opsie aan-
vaar.
Die korrekte spelling van die woord binne sinsverband is nie noodsaaklik nie.
5.6 Apr. 1
Die kandidaat MOET die punt aan die einde invoeg.
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC November 2012 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper