Vertroulik
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NOVEMBER 2024
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 November 2024 NSC Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the November 2024 NSC, 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 527.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
November NSC 2024
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
Show all 14 questions
- Question 1.7Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.8Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.6Luister en Praat (Listening and Speaking)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/November 2024
NSS - Nasienriglyne
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
NASIONALE NASIENSIMBOLE
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde Hakies en pyltjie
( )
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken/Karet
Taalfoute Enkelstreep onder die taalfout
Spelfoute = Dubbelstreep onder die spelfout
Paragraafindeling [ Begin van 'n nuwe paragraaf
Nuwe sin L Begin van 'n nuwe sin
Woord(-keuse)-foute X Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord.
Erkenning van Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of
taaljuweeltjies uitdrukkings
Onduidelik/onverstaanbaar ʃ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Punktuasie Omkring
Neem taalvariëteit in ag.
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN
onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die
onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is
wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = Kh = 22
Taal, styl en redigering: T = Kl = 10
Struktuur: S =K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
• Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit
behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
• Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte
bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings
van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
• Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar
standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat
die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die
skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
SOORTE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan
vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis).
• 'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud
samehangend.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• 'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
• 'n Verrassende slot rond die inhoud af.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Die verlede tyd word gewoonlik gebruik.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid/'n situasie en gee sy/haar emosionele reaksies en
gevoelens weer. Dit bespiegel oor drome of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
BEREDENEERDE OPSTEL
Dit is objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te
gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied
teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan
die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed
gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling van die opstel ontleed wees.
Hou die volgende in gedagte:
• Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding,
ingeneem word.
• BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
• 'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot
gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
• Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
• Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
• 'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee.
• 'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
• Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou.
• 'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
• Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
• Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie
eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so
lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
• Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem
van waarnemings).
• Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
• Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.
• Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word hoofsaaklik gedoen deur die
konnotasie en nie net die denotasie van woorde nie.
• Stylfigure kan gebruik word.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en interpretasie.
Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend beskou word nie. Die
kandidaat bied dus enige soort opstel aan.
1.1 ... en toe neem ek dié besluit!
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskry-
wend van aard wees.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Die kandidaat kan na 'n letterlike gebeurtenis verwys.
• Na die besluit geneem is, kan die kandidaat tot aksie oorgaan. Die kandidaat
kan ook die oploop tot die besluit beskryf en die opstel met hierdie woorde
eindig.
• Die woorde ''en toe'' veronderstel dat die kandidaat na 'n voorafgaande
gebeurtenis verwys.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50]
1.2 Is dít sosiale selfdood?
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskry-
wend van aard wees.
• Die woord ''selfdood'' kan slegs figuurlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Die woord ''dít'' veronderstel dat die kandidaat na een of ander kwessie/
gebeurtenis wat tot sosiale selfdood lei, moet verwys.
• ''Sosiale'' kan na die individu se verhouding(s) met ander mense/die
samelewing verwys.
• In 'n beredeneerde/argumenterende opstel moet die kandidaat se finale
standpunt/mening weerspieël word.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
1.3 Ek vlieg met my eie vlerke.
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskry-
wend van aard wees.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Die kandidaat kan letterlik of figuurlik vlieg.
• Op figuurlike vlak kan die onderwerp na byvoorbeeld selfstandigheid/
onafhanklikheid/vryheid/toekomsmoontlikhede verwys.
• In 'n beredeneerde/argumenterende opstel kan die kandidaat sy bevoegdheid
tot selfstandigheid/onafhanklikheid evalueer./motiveer.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50]
1.4 Ek hoor die roepstem ...
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskry-
wend van aard wees.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Die kandidaat kan op letterlike vlak na die roepstem van iets/iemand verwys.
• Op figuurlike vlak kan die kandidaat na 'n gebeurtenis/ervaring wat vir hom/
hoop/'n verwagting gee, verwys.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50]
1.5 "Tussen treine" – liriek [Richard van der Westhuizen, 2015]
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beskrywend van aard wees.
• Die onderwerp kan figuurlik/dalk letterlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Die onderwerp kan hoofsaaklik figuurlik geïnterpreteer word.
• 'n Figuurlike interpretasie sal byvoorbeeld na verlies/herinneringe/verbrokkelde
verhouding verwys.
• Op letterlike vlak kan die kandidaat, byvoorbeeld na 'n spook verwys.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
1.6 Die twee hande met die boom.
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskry-
wend van aard wees.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Op letterlike vlak kan die kandidaat na die interaksie/wisselwerking/inter-
afhanklikheid tussen die mens en die natuur verwys.
• Die onderwerp kan figuurlik as die verantwoordelikheid wat die mens teenoor
die natuur het,/die verhouding tussen mens en natuur geïnterpreteer word.
• Die boom kan ook op simboliese vlak geïnterpreteer word.
• In 'n beredeneerde/argumenterende opstel kan die kandidaat evalueer of die
mens sy verantwoordelikheid teenoor die natuur nakom of nie.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50]
1.7 Slot en sleutel
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskry-
wend van aard wees.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Op letterlike vlak kan die kandidaat na 'n slot/sleutel/sleutelhouer verwys.
• Die onderwerp kan figuurlik as die ontsluiting van geleenthede/emosies/die
aanknoop van verhoudings geïnterpreteer word.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50]
1.8 Persoon in rolstoel
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskry-
wend van aard wees.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Op letterlike vlak kan die kandidaat na tekortkominge/hindernisse/liggaamlike
gebreke verwys.
• Die onderwerp kan figuurlik na (emosionele) beperkings/uitdagings in die lewe
verwys.
• Die hande in die lug kan as seëvierend/'n hulpkreet geïnterpreteer word.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel
word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien.
Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10
Taal, styl en redigering: T=G= 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16
Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te
wees).
2.1 INFORMELE E-POS:
Die e-pos word in 'n raadgewende trant aan 'n vriend/-in geskryf. Die kandidaat deel
sy/haar mening oor watter keuse (studies/werk/oorbruggingsjaar) die beste gaan
wees.
Hou die volgende in gedagte:
• Die skryfstyl is informeel.
• Die formaat moet voorsiening vir 'n e-posadres asook 'n onderwerp maak. Die
informele e-pos is gewoonlik onderhoudende kommunikasie tussen twee
mense wat mekaar (betreklik goed) ken.
• Die e-pos moet 'n aanhef hê, bv. Goeiemôre/Dag Pieter
• Die e-pos kan op verskeie maniere begin: Ek hoop dit gaan goed./Baie dankie
vir jou vorige e-pos./Ek sal jou graag wil bystaan met raad./Dit is belangrik om
die regte keuse oor jou toekoms te maak.
• Die slot is net so belangrik soos die inleiding. Daar is 'n paar standaardmaniere
om die e-pos mee af te sluit: Dra my groete/liefde oor .../Sê groete ...
• Afsluitingswoorde (Liefde./Groete./Alles van die beste./Beste wense.) moet in 'n
nuwe reël geskryf word. (Dieselfde reël ten opsigte van die leesteken na die
afsluitingswoord geld soos by die informele brief.) [25]
2.2 FORMELE BRIEF AAN DIE PERS:
Hierdie formele brief waarin die briefskrywer sy/haar redes aanvoer waarom Suid-
Afrikaners ten spyte van negatiewe omstandighede steeds bly hoop, word aan die
redakteur gerig.
Hou die volgende in gedagte:
• Die skryfstyl is formeel.
• Daar moet twee adresse, 'n aanhef, 'n inhoudsopskrif en 'n afsluiting wees.
• Die styl is saaklik, maar hoflik.
• Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
• Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar 'n formele register moet gehandhaaf
word.
• Die hele skryfstuk moet aan die vereistes vir die skryf van 'n formele brief
voldoen.
• Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters en van
moet gegee word.
Die uwe
P. van Zyl
P. van Zyl [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 9 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
2.3 TYDSKRIFARTIKEL
Die artikel gee raad/riglyne aan hoërskoolleerders/ouers wanneer die leerders hulle
in verkeerde vriendekringe bevind.
Hou die volgende in gedagte:
• Raad moet sinvol en uitvoerbaar wees.
• Die styl moet persoonlik wees en direk tot die leser spreek.
• Uitdagings aangaande vriendekeuses moet direk aangespreek word sonder om
die leser se aandag te verloor.
• Gebruik die opskrif soos in die vraag vereis. [25]
2.4 DIALOOG
Die gesprek fokus op die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het dat die twee
vriende in groot moeilikheid is, asook op dit wat volg.
Hou die volgende in gedagte:
• Twee mense voer die gesprek.
• Spreekbeurte vind in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit die
spreker se perspektief plaas.
• Elke spreekbeurt begin in 'n nuwe reël.
• Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker. [25]
2.5 HULDEBLYK
Die huldeblyk, waarmee die spreker sy/haar waardering oor die betrokke persoon
as vriend/-in uitspreek, word tydens 'n 18de verjaardagpartytjie gelewer.
Hou die volgende in gedagte:
• Die huldeblyk moet met die aanhaling soos in die vraag aangedui, begin.
• Die aanwesiges moet gegroet/aangespreek word. Die aanwesiges kan óf eers
gegroet/aangespreek word met die aanhaling wat daarna volg, óf na die
aanhaling gegroet/aangespreek word.
• Die styl van die huldeblyk is opreg/eerlik/innig/waarderend.
• Die huldeblyk moet duidelik wees, nl. om die persoon se lewe te vereer en die
betekenisvolle rol wat hy/sy in die spreker se lewe speel, uit te lig.
• Die mense wat die funksie bywoon, moet 'n geheelbeeld van die persoon kry.
• Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure/ [25]
staaltjies rondom die vriendskap bevat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 10 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
2.6 INFORMELE TOESPRAAK
Die inhoud van die informele toespraak moet sportspanne motiveer/oortuig dat klein
oomblikke in groot wedstryde die verskil tussen wen en verloor is.
Hou die volgende in gedagte:
• Die toespraak word tydens 'n informele geleentheid gelewer.
• Die deelnemende spanne moet aangespreek word, bv. Goeienaand sportmanne
en –vroue.
• Die teikengehoor en doel moet in gedagte gehou word. Die inleidingsin moet
sterk en prikkelend wees.
• Die standpunte/stellings/redes kan reeds in die eerste paragraaf genoem word.
• Die standpunte/stellings/redes kan deur argumente ondersteun word.
• In die slotparagraaf kan die standpunte/stellings/redes treffend en bondig
saamgevat word.
• Die toespraak kan met 'n aansporing tot aksie/goeie wense eindig. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 11 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
\
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A)
• Punte van 0 – 50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywing in 'n hoëvlak- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL (50 PUNTE)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD & 28 – 30 22 – 24 16 – 18 10 – 12 4–6
BEPLANNING Respons is uitsonderlik/ Respons baie goed; Respons bevredigend Wisselvallige samehang Respons heeltemal
(Respons en treffend en bo getuig van vaardigheid in respons irrelevant
idees) verwagting
Organisering van Idees is intelligent, Idees heeltemal relevant, Idees redelik Idees onduidelik, nie Idees deurmekaar en nie
Hoë vlak
idees vir volwasse en stem leser interessant en lewer samehangend en oorspronklik nie op onderwerp gefokus
beplanning; tot nadenke bewys van oortuigend nie
Bewustheid van volwassenheid Vaag en herhalend
doel, gehoor en
konteks Uitsonderlike organisasie Organisasie baie goed Redelike organisasie en Min bewys van Geen organisasie nie/ is
en samehang, insluitend en samehangend, redelik samehangend, organisasie en onsamehangend
inleiding, liggaam en insluitend inleiding, en insluitend inleiding, en samehang
samevatting/slot liggaam en liggaam en
samevatting/slot samevatting/slot
25 - 27 19 -21 13 - 15 7–9 0-3
Respons uitmuntend; Respons goed; getuig Respons bevredigend; Respons is grootliks Geen poging aangewend
uitsonderlike treffende van vaardigheid verval soms in irrelevant om in ooreenstemming
eienskappe van 'n opstel onduidelikheid onderwerp te wees nie
Lae vlak
ontbreek
Idees intelligent en Idees relevant, Idees redelik same- Idees begin los staan en Heeltemal irrelevant en
30 PUNTE volwasse interessant hangend en oortuigend kan verwarrend wees ontoepaslik
Knap organisasie en Organisasie goed en 'n Mate van organisasie Skaars 'n bewys van Deurmekaar en geen
samehang insluitend samehangend, insluitend en samehang, insluitend organisasie en same- fokus nie
inleiding, liggaam en inleiding, liggaam en inleiding, liggaam en hang
samevatting/slot samevatting/slot samevatting/slot
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL 14 – 15 11 – 12 8–9 5–6 0-3
& Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en
REDIGERING woordeskat hoogs woordeskat baie gepas woordeskat gepas vir woordeskat minder woordeskat nie gepas vir
gepas vir doel, gehoor vir doel, gehoor en doel. gehoor en konteks gepas vir doel, gehoor doel. gehoor en konteks
Toon, register,
en konteks konteks en konteks nie
styl en woorde-
Hoë vlak
skat is geskik vir Taalgebruik getuig van Taalgebruik effektief/ 'n Gepaste taalgebruik om Taalgebruik baie basies Taal onverstaanbaar
doel/effek en vertroue, indrukwekkend deurlopende gepaste betekenis oor te dra
konteks; toon word gebruik
Toon retories treffend en Grammatika en spelling Toon is gepas Toon en woordkeuse Woordeskat so beperk
Punktuasie, effektief grootliks foutvry Retoriese middele skaars toepaslik dat dit onmoontlik is om
grammatika, Grammatika en spelling gebruik om betekenis te Baie beperkte sin te maak
spelling, feitlik foutvry Baie goed gedoen versterk woordeskat
woordkeuse; Knap gedaan
13 10 7 4
Taalgebruik en Taalgebruik uitstekend Taalgebruik toepaslik en Voldoende taalgebruik – Taalgebruik
konvensies en toon is retories oor die algemeen teenstrydighede onvoldoende
Lae vlak
effektief effektief opgemerk
Grammatika en spelling Toon gepas en effektief Toon oor die algemeen Weinig indien enige
feitlik foutvry Enkele foute in gepas en beperkte sinsverskeidenheid
15 PUNTE Baie goed tot knap grammatika en gebruik van retoriese Woordeskat baie beperk
gedaan spelling/Goed gedoen middele
STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1
Kenmerke van Uitstekende ontwikkeling Logiese ontwikkeling van Relevante detail Sommige punte geldig Noodsaaklike punte
teks; van onderwerp detail ontwikkel ontbreek
Uitsonderlike detail Samehangend
Paragraaf- Sinne en paragrawe Sinne en paragrawe Sinne en paragrawe Sinne en paragrawe Sinne en paragrawe
ontwikkeling en uitsonderlik gekonstrueer logies en toon variasie goed gekonstrueer foutief foutief
sinskonstruksie Opstel maak nog sin Opstel maak effens sin Opstel maak nie sin nie
5 PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 12 DBE/November 2024
NSS - Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, BEPLANNING 13 - 15 10 -12 7–9 4–6 0-3
& FORMAAT Respons uitsonderlik, bo Respons baie goed Respons voldoende Basiese respons Respons toon geen kennis
verwagting van kenmerke van die
Respons en idees: Idees intelligent en soort teks nie
Organisering van idees volwasse
vir beplanning; Grondige kennis van Demonstreer goeie Toon voldoende kennis van Toon geringe kennis van
Doel, gehoor, kenmerke van die soort kennis van kenmerke van kenmerke van die soort kenmerke van die soort
kenmerke/konvensies teks die soort teks teks teks
en konteks
Skryfwerk behou fokus Behou fokus – geen Nie heeltemal gefokus nie – Aanduiding van fokus, Betekenis onduidelik met
afwyking nie enkele afwykings maar met afwykings groot afwyking
15 PUNTE
Samehang in inhoud Samehang in inhoud Redelike samehang in Inhoud en idees nie altyd Geen samehang in idees en
Idees behoorlik uitgebrei Idees baie goed uitgebrei inhoud en idees samehangend nie inhoud nie
Detail wat die onderwerp Detail wat die onderwerp Sommige detail ondersteun Min detail ondersteun die Baie min detail ondersteun
ondersteun ondersteun die onderwerp onderwerp die onderwerp
Gepaste en akkurate Gepaste formaat met Formaat oorwegend gepas, Nodige reëls van formaat Nodige reëls van formaat
formaat onbeduidende foute maar met enkele foute vaagweg toegepas nie toegepas nie
Ernstige foute begaan
TAAL, STYL & redigering 9 - 10 7–8 5–6 3–4 0–2
Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en
Toon, register, styl, woordeskat hoogs geskik woordeskat baie geskik woordeskat is geskik vir woordeskat minder woordeskat stem nie
doel/effek, gehoor en vir doel, gehoor en vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks geskik vir doel, gehoor en ooreen met doel, gehoor
konteks; konteks konteks konteks en konteks nie
Taalgebruik en Grammatika akkuraat en Grammatika oor die alge- Enkele grammatikafoute Grammatika onakkuraat Besaai met foute en
konvensies; goed gekonstrueer meen korrek en goed met etlike foute verward
Woordkeuse; gekonstrueer
Punktuasie en spelling
Baie goeie woordeskat Voldoende woordeskat Basiese woordeskat Woordeskat nie geskik vir
doel nie
10 PUNTE
Feitlik foutloos Oorwegend foutloos Foute belemmer nie Betekenis belemmer Betekenis ernstig
betekenis nie belemmer
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2018 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper