NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2025
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NASIENRIGLYN
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 14 bladsye.
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2025 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2025, 14 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 525.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2025
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
Show all 14 questions
- Question 1.7Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.8Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.5Luister en Praat (Listening and Speaking)25 marks
- Question 2.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2025)
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
wille van eenvoud en eenvormigheid.
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde Hakies en pyltjie
( )
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute Enkelstreep onder die taalfout
Spelfoute Dubbelstreep onder die spelfout
Paragraafindeling [ Begin van ʼn nuwe sin
Woord(keuse)-foute x Trek ʼn X bo-oor die verkeerde
woord
Erkenning van taaljuweeltjies √ Regmerkie bo goeie taalgebruik,
idees of uitdrukkings
Onduidelik/ ʃ (in die Kronkelstreep
Onverstaanbaar kantlyn)
Punktuasiefout O Omkring foutiewe leesteken.
Punktuasie O Plaas sirkel waar leesteken
moet wees.
Neem taalvariëteit in ag.
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag
slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik
volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel
nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = KH = 22
Taal, styl en redigering: T = KL = 10
Struktuur: S= K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 36
(onder die opstel):
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word.
Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
samevatting van die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en
bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende en
beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
SOORT OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis).
• ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend en interessant dit oortuig en ontwikkel logies daarom is die
inhoud samehangend.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• ʼn Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied.
• ʼn Verrassende slot rond die inhoud af.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Die verlede tyd word gewoonlik gebruik.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
• Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die
opnoem van waarnemings).
• Tekste kan varieer van meer realisties tot ʼn verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
• Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2025)
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word hoofsaaklik gedoen
deur die konnotasie en nie net die denotasie van woorde nie.
• Stylfigure kan gebruik word.
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn
spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir
en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling van
die opstel ontleed wees.
Hou die volgende in gedagte:
• BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
• ʼn Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak.
Die slot gee ʼn sterk aanduiding van die skrywer se mening.
• Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
• Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ʼn droom of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins/oordink: verskillende opsies word teen mekaar
opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ʼn definitiewe struktuur, maar ʼn gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ʼn gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig
geskryf word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het ʼn spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt
te motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
• ʼn Eie mening word op ʼn baie oorspronklike en treffende manier gegee.
• ʼn Reeks argumente om die perspektief te motiveer, word gegee.
• Verdediging of aanval van ʼn saak word enduit volgehou.
• ʼn Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
• Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
• Daar moet ʼn duidelike en oortuigende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2025)
VRAAG 1
RIGLYNE
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en
interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend
beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan.
1.1 Ek wou dit nie doen nie, maar ek moes ...
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
beskrywend van aard wees.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Die kandidaat kan na ʼn gebeurtenis verwys waar hy iets nie wou doen nie,
maar uit plig/skuldgevoel dit wel gedoen het.
• Die kandidaat kan na die rede verwys waarom hy/sy dit nie wou doen nie.
• Die kandidaat kan uitbrei op dit wat hy/sy nie wou doen nie.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
beoordeel word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50]
1.2 ... en toe word my grootste vrees ʼn werklikheid!
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
beskrywend van aard wees.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Die kandidaat kan op letterlike vlak na iets waarvoor hy/sy bang is verwys.
• Die kandidaat kan op figuurlike vlak na ʼn gebeurtenis wat hy/sy nie wou
gehad het moes gebeur nie, verwys.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
beoordeel word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
1.3 Het ʼn matriekvakansie waarde?
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
beskrywend van aard wees.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Die kandidaat kan beredeneer/argumenteer waarom/waarom nie ʼn
matriekvakansie waardevol is al dan nie.
• Die kandidaat kan na gebeurtenisse verwys wat waarde toevoeg/wegneem
vanaf ʼn matriekvakansie.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
beoordeel word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees [50]
1.4 “As die skemer kom en hy vang my by jou
en hy stuur jou terug na jou huis toe
Wie sou verstaan hoe ek sou voel, wie sou verstaan?
Oral om, om my heen is dit blou, want ek wil by jou wees.”
- Laurika Rauch
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
beskrywend van aard wees.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Die kandidaat kan op letterlike vlak na ʼn liefdesverhouding/vriendskap/
verhouding verwys waar die geliefdes nie by mekaar kan wees nie.
• Die kandidaat kan op figuurlike vlak na die simboliese betekenis van blou,
bv. depressie weens ʼn gebroke verhouding, verwys.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
beoordeel word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50]
1.5 Partykeer is stilbly ook ʼn antwoord.
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
beskrywend van aard wees.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Die kandidaat kan op letterlike vlak na ʼn antwoord wat uit iemand se stilte
verkry is, verwys.
• Die kandidaat kan op figuurlike vlak na stil word/alleenwees verwys.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
beoordeel word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2025)
1.6 Vrou op swaai
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
beskrywend van aard wees.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Die kandidaat kan op letterlike vlak na ʼn gebeurtenis verwys waar die
vrou/persoon op die swaai ʼn belangrike rol speel.
• Die kandidaat kan op figuurlike vlak na verlore liefde of vriendskap/
afsondering/ kinderjare verwys.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
beoordeel word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50]
1.7 Man word oorlaai deur inligting.
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
beskrywend van aard wees.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Die kandidaat kan op letterlike vlak na tegnologie wat ons lewens oorneem,
verwys.
• Die kandidaat kan op figuurlike vlak na die impak van tegnologie/inligting
op ons lewens verwys.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
beoordeel word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50]
1.8 Groei
• Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/
beskrywend van aard wees.
• Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word.
• Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees.
Inhoud:
• Die kandidaat kan op letterlike vlak na tuinmaak/landbou/natuur/
natuurbewaring/water/waterskaarste verwys.
• Die kandidaat kan op figuurlike vlak na groei/invloede wat groei
teweegbring verwys.
• Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste
beoordeel word.
Taal:
• Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word
nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks
nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10
Taal, styl en redigering: T=G=6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16
Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
VRAAG 2
2.1 E-POS
Die informele e-pos word aan ʼn vriend/vriendin geskryf. Die fokus van die e-
pos is drieledig. In die e-pos moet die spreker die vriend/vriendin vertel hoe
hy/sy die vakansie gewen het, wat die prys alles behels en wie hy/sy beplan
om saam te neem.
Hou die volgende in gedagte:
• Die skryfstyl is informeel, maar korrekte taal word vereis.
• Die formaat moet voorsiening maak vir ʼn e-posadres asook die
onderwerp soos in die vraestel aangetoon.
• Die informele e-pos is gewoonlik onderhoudende kommunikasie tussen
twee partye wat mekaar betreklik goed ken.
• Die e-pos moet ʼn aanhef hê, bv. Goeiemôre/Dag Sarel
• Die onderwerp behoort in die eerste paragraaf vermeld te word: Die klem
behoort te val op hoe die vakansie gewen is.
• In die liggaam van die e-pos word daar uitgebrei op wat die vakansie
alles behels en wie saamgeneem gaan word.
• Die slot is net so belangrik as die inleiding. Daar is ʼn paar
standaardmaniere om die e-pos mee af te sluit: Groete./ Vriendelike
groete./Alles van die beste./Beste wense.
• Bogenoemde kan as ʼn paragraaf in ʼn aparte reël geskryf word. Dit kan
ook deel van die slot wees.
• Die e-pos word afgesluit deur die naam van die skrywer. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2025)
2.2 FORMELE VERSLAG: OOGGETUIEVERSLAG
Die kandidaat moet ʼn ooggetuieverslag vir die polisie skryf nadat hy/sy die
ooggetuie van ʼn tref-en-trap ongeluk was toe ʼn motoris ʼn fietsryer raakgery
het. Die motor het weggery en die beseerde fietsryer daar gelos.
Hou die volgende in gedagte
• Gee presiese terugvoering oor die gebeure (datum, tyd en plek).
• Feitelike besonderhede oor WIE, HOEKOM, WANNEER, WAAR, WAT en
HOE is belangrik.
• Die skrywer se persoonlike inligting (volle naam, ID-nommer,
kontaknommer en adres) moet verskaf word.
• Uitbreiding van besonderhede moet verskaf word.
• ʼn Samevatting/gevolgtrekking aan die einde is nodig.
• Dit word in die eerste persoon geskryf.
• Saaklike, formele taal word gebruik.
• Die ooggetuieverslag moet gedateer en onderteken word. [25]
2.3 TYDSKRIFARTIKEL
Die artikel gee raad vir 2026 se graad 8’s.
Hou die volgende in gedagte:
• Raad vir 2026 se graad 8’s is die fokuspunt.
• Daar is ʼn ooreenkoms tussen ʼn feitelike opstel en ʼn artikel.
• Die bedrywende vorm kom ook in die artikel voor.
• Die teikengroep moet in gedagte gehou word: in hierdie geval graad 7’s
en/of hulle ouers.
• Die artikel kan in kolomme (in paragraafvorm) aangebied word.
• Dit kan ook in gewone paragrawe geskryf word.
• Aanhalings kan gebruik word.
• Die tema of onderwerp moet interessant aangebied word.
• Die titel/opskrif is kort/kragtig en treffend en moet by die onderwerp pas.
• ʼn Subtitel kan ook gegee word.
• Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet ook kort en
kragtig wees en die leser dadelik in die prentjie bring.
• Die meeste/belangrikste feite kan in die eerste paragraaf gegee word.
• Die wie/wat/waar/wanneer/waarom/hoe is opsioneel/kan gebruik word.
• Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei,
soos van toepassing.
• Meer inligting – die hoe en hoekom – word nou gegee.
• Die res van die inligting word daarna in dalende orde van belangrikheid
gegee.
• Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking/samevatting waartoe gekom
word, naamlik die belangrikste raad vir graad 8’s van 2026. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
(EC/SEPTEMBER 2025) AFRIKAANS HUISTAAL V3 11
2.4 DIALOOG
Die dialoog is tussen die kandidaat en sy/haar ouma/oupa. Die dialoog fokus
op die kandidaat se opinie oor onderwys as loopbaankeuse vir hom/haar.
Hou die volgende in gedagte:
• Twee mense voer die gesprek.
• Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en
vanuit die spreker se perspektief.
• Elke spreekbeurt word op ʼn nuwe reël begin.
• Gebruik ʼn dubbelpunt na die naam van elke spreker.
• Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui.
• ʼn Scenario kan, voordat die dialoog begin, geskets word.
• Geen aanhalingstekens nie.
• Laat ʼn reël tussen spreekbeurte oop. [25]
2.5 FORMELE TOESPRAAK
Die inhoud van die toespraak fokus op die viering van die skool se tagtigste
bestaansjaar.
Hou die volgende in gedagte:
• Die toespraak word tydens ʼn formele geleentheid gelewer.
• Die gehoor moet aangespreek word: Goeiedag Dames en Here
• Die teikengehoor moet in gedagte gehou word, naamlik leerders/
personeel/leerders en personeel/ander volwassenes.
• Die inleidingsin moet sterk en prikkelend wees.
• Die rede vir die toespraak kan reeds in die eerste paragraaf genoem
word.
• Die prestasies van die skool oor die afgelope tagtig jaar behoort genoem
te word.
• In die inleidingsparagraaf/ slotparagraaf behoort daar ʼn gelukwensing vir
die skool te wees. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2025)
2.6 FORMELE BRIEF: DEKBRIEF
Die dekbrief fokus op die kandidaat se aansoek om vakansiewerk by
Eenstop-karwas.
Hou die volgende in gedagte:
• Die relevante inligting in die dekbrief/aansoekbrief moet gegee word.
• Die formaat van die dekbrief/aansoekbrief moet korrek wees: die adres
van sender, adres van ontvanger, aanhef, onderwerpsin, paragrawe en
afsluiting.
• Die adres van die sender kom regs, boaan, in blokvorm.
• Die datum word voluit geskryf.
• Die adres van die ontvanger kom links, onder die sender se adres, in
blokvorm.
• Die vorm van die dekbrief moet aan al die vereistes van ʼn formele brief
voldoen.
• Die brief word deur die aansoeker onderteken; die aansoeker se
voorletter en van word onder die handtekening geskryf. Die afsluiting is
formeel en korrek.
Die uwe/ Vriendelike groete/ Groete
AMarais
A. Marais [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
13 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2025)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoe en lae vlak beïnvloed nie.
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28−30 22−24 16−18 10−12 4−6
BEPLANNING - Respons is uitsonderlik/treffend - Respons baie goed; getuig van - Respons bevredigend - Wisselvallige samehang in - Respons heeltemal
en bo verwagting vaardigheid - Idees redelik samehangend en respons irrelevant
Hoë vlak
(Respons en - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, interessant oortuigend - Idees onduidelik, nie - Idees deurmekaar en nie
idees) stem leser tot nadenke en lewer bewys van volwassenheid - Redelike organisasie en redelik oorspronklik nie op onderwerp gefokus nie
Organisering van - Uitsonderlike organisasie en - Organisasie baie goed en samehangend, insluitend - Min bewys van organisasie - Vaag en herhalend
idees vir samehang insluitend inleiding, samehangend, insluitend inleiding, inleiding, liggaam en en samehang - Geen organisasie nie en
beplanning; liggaam en samevatting/slot. liggaam en samevatting/slot samevatting/slot is onsamehangend
Bewustheid van 25−27 19−21 13−15 7−9 0−3
doel, gehoor en - Respons uitmuntend, maar - Respons goed; getuig van - Respons bevredigend, maar - Respons is grootliks - Geen poging aangewend
konteks uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid verval soms in onduidelikheid irrelevant om in ooreenstemming
Lae vlak
van ʼn opstel ontbreek - Idees relevant, interessant - Idees redelik samehangend en - Idees begin los staan en met onderwerp te wees
- Idees intelligent en volwasse - Organisasie goed en samehangend, oortuigend kan verwarrend wees nie
30 PUNTE - Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en - ʼn Mate van organisasie en - Skaars ʼn bewys van - Heeltemal irrelevant en
insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, organisasie en samehang ontoepaslik
samevatting/slot) liggaam en samevatting/slot - Deurmekaar en geen
fokus nie
TAAL, STYL EN 14−15 11−12 8−9 5−6 0−3
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat - Toon, register, styl en woordeskat - - Toon, register, styl en - Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs gepas vir baie gepas vir doel, gehoor en - gepas vir doel, gehoor en konteks woordeskat minder gepas - Toon, register, styl en
Toon, register, styl doel, gehoor en konteks. konteks. - Gepaste taalgebruik om vir doel, gehoor en konteks woordeskat nie gepas vir
Hoë vlak
en woordeskat is - Taalgebruik getuig van vertroue, - Taalgebruik effektief en ʼn betekenis oor te dra nie doel, gehoor en konteks
geskik vir indrukwekkend deurlopende gepaste toon word - Toon is gepas - Taalgebruik baie basies - Woordeskat so beperk dat
doel/effek en - Toon retories treffend en effektief gebruik − gepas, konstant; - Retoriese middele gebruik om - Toon en woordkeuse skaars dit onmoontlik is om sin te
konteks; - Grammatika en spelling feitlik - Grammatika en spelling grootliks betekenis te versterk toepaslik maak
Woordkeuse; foutvry foutvry - Baie beperkte woordeskat
Taalgebruik en - Knap gedaan - Baie goed gedoen
konvensies, 13 10 7 4
punktuasie, - Taalgebruik uitstekend en toon is - Taalgebruik toepaslik en oor die - Voldoende taalgebruik, maar - Taalgebruik onvoldoende
Lae vlak
grammatika, retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word opgemerk - Weinig indien enige
spelling. - Grammatika en spelling feitlik - Toon gepas en effektief - Toon oor die algemeen gepas en sinsverskeidenheid
foutvry - Enkele foute in grammatika en beperkte gebruik van retoriese - Woordeskat baie beperk
15 PUNTE - Baie goed tot knap gedaan spelling. middele
- Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1
- Uitstekende ontwikkeling van - Logiese ontwikkeling van details. - Relevante detail ontwikkel. - Sommige punte geldig. - Noodsaaklike punte
Kenmerke van onderwerp - Samehangend - Sinne en paragrawe goed. - Sinne en paragrawe foutief. ontbreek.
teks; - Uitsonderlike detail - Sinne en paragrawe logies en toon gekonstrueer. - Opstel maak nog effens sin. - Sinne en paragrawe
Paragraafontwikke - Sinne en paragrawe uitsonderlik variasie. - Opstel maak sin. foutief.
ling en gekonstrueer - Opstel maak nie sin nie.
sinskonstruksie
5 PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
14 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2025)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13−15 10−12 7−9 4−6 0−3
BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed - Respons voldoende en - Basiese respons
FORMAAT verwagting
- Idees intelligent en volwasse
Respons op en idees; - Grondige kennis van - Demonstreer goeie - Toon voldoende kennis - Toon geringe kennis van - Respons toon geen
Organisering van kenmerke van die soort kennis van kenmerke van kenmerke van die kenmerke van die soort kennis van kenmerke
teks. van die soort teks. soort teks. teks. van die soort teks nie.
idees vir beplanning;
- Skryfstuk behou fokus. - Behou fokus − geen - Nie heeltemal gefokus nie - Aanduiding van fokus, - Betekenis onduidelik
Doel, gehoor,
afwyking nie. − enkele afwykings. maar met afwykings. met groot afwyking.
kenmerke/konvensies - Samehang in inhoud. - Samehang in inhoud. - Redelike samehang in - Inhoud en idees nie altyd - Geen samehang in
en konteks Idees behoorlik uitgebrei. Idees baie goed inhoud en idees. samehangend nie. idees en inhoud nie.
uitgebrei.
15 PUNTE - Detail wat die onderwerp - Detail wat die onderwerp - Sommige detail - Min detail ondersteun die - Baie min detail
ondersteun. ondersteun. ondersteun die onderwerp. onderwerp. ondersteun die
onderwerp.
- Gepaste en akkurate - Gepaste formaat met - Formaat oorwegend - Nodige reëls van formaat - Nodige reëls van
formaat. onbeduidende foute. gepas, maar met enkele vaagweg toegepas. formaat nie toegepas
foute. - Kritiese foute begaan nie.
TAAL, STYL EN 9−10 7− 8 5− 6 3− 4 0− 2
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en
woordeskat hoogs geskik vir woordeskat, baie geskik woordeskat, geskik vir woordeskat minder geskik woordeskat stem nie
Toon, register, styl, doel, gehoor en konteks. vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks. vir doel, gehoor en ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en konteks. konteks. gehoor en konteks nie.
konteks;. - Grammatika akkuraat en - Grammatika oor die - Enkele grammatikafoute. - Grammatika onakkuraat - Besaai met foute en
goed gekonstrueer. algemeen korrek en met etlike foute. verward.
Taalgebruik en
goed gekonstrueer.
konvensies;
- Baie goeie woordeskat. - Voldoende woordeskat. - Basiese woordeskat. - Woordeskat nie geskik
Woordkeuse; vir doel nie.
Punktuasie en - Feitlik foutloos. - Oorwegend foutloos. - Foute belemmer nie - Betekenis belemmer. - Betekenis ernstig
spelling betekenis nie. belemmer.
10 PUNTE
Kopiereg voorbehou
Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2013 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper