Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
AFRIKAANS HUISTAAL V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 80
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 25 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)




Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2020 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2020, 25 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 442.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
NASIENRIGLYNE
1. As ʼn kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag
en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2. As ʼn kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het,
word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3. As ʼn kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C
beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.
4. As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer.
5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
nasienriglyn nagesien.
6. Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As ʼn spelfout die
betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die
spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek
beskou.
7. Opstelvrae: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat
nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te
lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior
nasiener/vakhoof. Die nasienriglyn is slegs ʼn riglyn, daarom moet ander
relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om
die opstelvrae na te sien.
8. Kontekstuele vrae: As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag
dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK
STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
rede/motivering/bewys verdien die punt.
11. Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL
“Wie’s hy?” – Adam Small
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Hierdie gedig het geen vaste strofebou nie, want dit het sewe versreëls in beide
strofes. Bv. Strofe 1 en 2
Geen vaste rymskema word aangetref nie, want kruisrym en paarrym kom spontaan
in strofe 1 voor. Daar is ook tekens van rym in strofe 2. Bv. Die poet/wie’s hy?/Djulle het
so baie bek oorie poet/ma wié’s hy? (versreël 1–4)
ʼn Vaste ritme ontbreek en die gebruik van kort en lang woorde dra hiertoe by. Bv.
Djulle het so baie bek oorie poet (versreël 3)
Versreëls en strofes is onreëlmatig, want dit word afgewissel deur lang en kort sinne
en woorde om ʼn bepaalde klem op sekere woorde te plaas. Bv. Djulle het so baie bek
oorie poet/ma wiés hy? (versreël 3–4)
Die versreëls se lengtes verskil en lang en kort versreëls kom afwisselend voor. Bv.
Nai,/djulle;s mistaken, (versreël 8–9)
Hoewel die gedig ʼn vrye vers is, kom daar tog hoofletters en leestekens voor,
maar dit word onreëlmatig toegepas. Bv. Is hy rêrag soes djulle dink/Die ou moerie pen
ennie ink/wat in sy study sit en poems dink? (versreël 5–7)
Die keuse van die vrye vers sluit treffend aan by die tema dat geen amptelike en
formele reëls vereis word wanneer gedig word nie.
Die gebruik van Kaaps Afrikaans dra tot die spreker se geloofwaardigheid by en
skep ʼn gemoedelike stemming waarin die boodskap van die gedig duidelik aan die
leser oorgedra kan word. Bv. djulle’s mistaken (versreël 9)
Die feit dat die taal informeel is, sluit aan by die tema dat gewone mense ook kan
skep. Bv. ma djulle is die poets (versreël 10)
Die taalgebruik is speels en kreatief en dit is wat die spreker ook preek:
enigiemand wat hul taal speels en kreatef gebruik, is die ware digter. Digterskap is dus
nie net om formeel te dig nie. Bv. ennie gladde bek verkoep (versreël 12)
Die informele slotwoorde sluit aan by die gedagte dat digterskap ook nie vereis
dat iemand amptelik dig nie, maar dit kan informeel in gesprekke en daaglikse
omgang met mekaar ook na vore kom. Bv. en soema met daa God tien hulle roep!
(versreël 14)
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
“Reaksie” – Vernon Fourie
Vraag Antwoord Punt
2.1 Vriend/Ongemanierde/Onverfynde/Ruwe (persoon) √ 1
2.2 Die riel is die oudste danssoort in Suid-Afrika./sirkeldans om ʼn vuur .√ 1
2.3 Versreël 8/’Ma’ √ 1
Moedeloosheid √ 1
2.4 Sy skynheiligheid √ 1
2.5 Geregtigheid, liefde en liefdadigheid lyk maklik op papier. √ 1
Die toepassing daarvan is as gevolg van haat, nyd en verwyte baie moeilik. √ 1
2.6 Die mens is geneig om sy kultuurgoedere te verwaarloos en ander te
veroordeel./Die mens predik geregtigheid, liefde en liefdadigheid, maar leef die
nie uit nie. √ 1
Die kandidaat formuleer ʼn eie tema vir EEN punt, bv.
Ek het opnuut geleer om nie skynheilig te wees/ander mense te oordeel nie. √ 1
Die titel dui op ons (die mens) se reaksie op ander mense se doen en late – hul
skynheiligheid/hul veranderde optrede. √ 1
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
“besoekersboek” – Fanie Olivier
Vraag Antwoord Punt
3.1 Die besoekersboek raak simbolies van die lewe (waar ʼn mens net tydelik leef)./ van
die mens se tydelike aardse bestaan. √ 1
3.2 Hy beklemtoon die aksie dat die inskrywing nie sommer verwyder kan word nie en
dus blywender is./Uitkrap kan ook uitwis beteken en daarom is íngekrap meer
permanent. √ 1
Dit is ʼn nagedagte/parentese wat die spreker wil beklemtoon deur dit met hakies te
isoleer./Die beter keuse word deur hakies geïsoleer. √ 1
3.3 Die (vrolike) l-alliterasie dra by tot die positiewe stemming/verliefdheid/
maak die versreël klankryk. √ 1
3.4 Hiërogliewe is tekeninge wat as skryftekening gebruik is by antieke volke soos die
Egiptenare. √ 1
Omdat hiërogliewe onverstaanbaar/onleesbaar is, beklemtoon dit die gedagte dat
die uitgekrapte name en graffiti/boodskappe ook dikwels onverstaanbaar/
onleesbaar is. √ 1
3.5 Paradoks/Oksimoron √ 1
Christus, as die Lam van God, is hartseer oor sy kinders se vrees vir hul eie
sterflikheid en hul onvermoë om te besef dat hul aardse bestaan slegs tydelik is –
en dat hul hul hier wil verewig. √ 1
Stomgemaak verwys na Christus se verbasing vir sy kinders se pogings om hul
onsterflik te maak. √ 1
3.6 Dit ondersteun die onbelangrikheid/kortstondigheid van die mens se aardse
bestaan./Die spreker, net soos die graffitikuns waarvan ons in die gedig lees, steur
hom nie aan korrekte skryfkonvensies nie. √ 1
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
“Nog in my laaste woorde” – N.P. van Wyk Louw
Vraag Antwoord Punt
4.1 Die spreker se geliefde/skoonheid/Truida √ 1
4.2 Dit ondersteun die spreker se vrye gedagtegang./Dit laat die klem op weet val.√ 1
“vrees” √ 1
4.3 Die dinge in ʼn mens se lewe wat nie belangrik is nie, sal in die laaste oomblikke
maklik vergeet word. √ 1
4.4 Elisie √ 1
Die ritme/metrum in die gedig word behou. √ 1
4.5 Elke deug van die skoonheid/geliefde word afsonderlik uitgehef. √ 1
4.6 Die mens bly onvervuld soek na die sin van die lewe en die liefde./Die spreker se
onvolwassenheid/onrypheid is nou agtergelaat.√ 1
Die spreker se geliefde het die lewenskring vir hom voltooi – hom volkome/heel
gemaak. √ 1
Dood is die voltooiing van die lewe en daarom ook mooi./Omdat die spreker se
geliefde deel van sy lewe is, sal sy deel van sy dood wees en daarom sal die dood
ook so mooi wees soos die lewe was. √ 1
[10]
EN
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
“Tsunami” – Kobus de Wet
Vraag Antwoord Punt
5.1 Dit is die datum waarop die tsunami die strand getref het./Op 11 Maart 2011 het ʼn
verwoestende tsunami Japan getref./Die dag waarop die tsunami gebeur het. √ 1
5.2 Alliterasie (van die w-klank) √ 1
Dit beklemtoon die mense se ellende/hartseer/hoe weerloos die mense was. √ 1
5.3 Dit stem die leser tot nadenke oor die magteloosheid van die mense teenoor die
kragtige tsunami./Dit dui daarop dat die water op die weerlose mense bly afpeil
het. √ 1
5.4 Vergelyking √ 1
Dit beklemtoon die aanhoudende chaos van mense wat verdwyn. √ 1
5.5 Kwatryn √ 1
Geen vaste rymskema/Geen hoofletters/Versreëllengtes verskil √√ 2
5.6 Die tsunami is uitgewoed en die seevlak het bedaar. √ 1
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7
AFDELING B: ROMAN
VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DIE DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dit is ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Die atmosfeer in Iris se ouerhuis het nie juis haar begeerte om te blom
aangemoedig nie, want Iris meen sy het op oorskietaandag geleef.
Sy kon nie in haar ouerhuis haar volle potensiaal ontwikkel nie, want sy het ouers
wat nie haar droom om ʼn groot oomblik te beleef, deel nie. Hulle is tevrede met ʼn
gewone voorstedelike bestaan.
Iris se susters staan in die pad van Iris se begeerte om te blom, want hulle lewe is
altyd belangriker geag as Iris se vrae en onsekerhede.
Iris se begeerte om te blom word onderdruk wanneer haar ouers en susters meen sy
is te jonk om ʼn mening oor enigiets te hê.
In Iris se ouerhuis word haar menswees eerder gekritiseer, want haar pa ondersteun
nie haar keuses vir ʼn beroep nie en Elsa nie haar besluit om agter ʼn man aan oorsee te
gaan nie.
Johanna dra egter positief tot Iris se lewensbegeerte by, want sy ondersteun en gee
raad en sê ook dat Iris vir hulle almal elke dag blom.
In die tuin van haar ouerhuis beleef ons Iris as ʼn karakter wat gegroei het omdat sy
in hierdie stadium van die roman besef het dat daar nie net een groot blomoomblik in ʼn
mens se lewe is nie.
Iris ervaar vrede en rustigheid oor die lewe in die tuin en wag op die kwart-voor-
sewe-lelie om te blom, want sy besef sy is gelukkig en tevrede om elke dag ongesiens te
blom.
Die tuin van haar ouerhuis wys haar begeerte om die mense vir wie sy lief is by
haar te hê wanneer sy die grootse magiese oomblik in die natuur gadeslaan.
Iris besef in die tuin van haar ouerhuis dat dit net so magies is om ʼn gewone
voorstedelike bestaan te voer soos dit is om die beste fantasie te beleef.
Frankryk en New York bied aan Iris die grootste moontlikhede om haar een groot
blomoomblik te beleef, want sy word raakgesien as model en word ʼn modelkontrak
aangebied.
Frankryk en New York bied ook aan Iris die geleentheid om haarself en die wêreld
beter te leer ken en te verstaan en die dinge wat sy hier beleef, help haar besef wat sy
uit die lewe wil hê.
Frankryk en New York is die ruimte waar Iris besef dat haar lewensfilosofie ander
mense beïnvloed, want Peter sê duidelik dat hy nie met haar begeerte om te blom
saamstem nie.
In New York kom Iris voor die grootste besluit in haar lewe te staan, want sy is
onseker of sy hierdie groot modelblomgeleentheid moet aanvaar en of sy eerder ʼn lewe
saam met Peter moet kies.
New York help Iris om tot die besef te kom dat die lewe nie ʼn fantasie is nie en dat
sy nie op die een blomgeleentheid moet wag nie, want Billy luister na haar en gee
raad oor dinge waaroor sy innerlike konflik beleef.
Vermont laat Iris besef dat sy die gesinsopset geniet, want sy hou daarvan om die
vrou- en ma-rol in te neem en besef dat sy in ʼn groot mate blom as sy vir ander iets
beteken.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
Vermont bied aan Iris die geleentheid om haar verhouding met Peter te versterk en
sy blom wanneer hul liefde ʼn al groter werklikheid word.
Die Engel bring Iris in Vermont tot nuwe insigte oor die lewe en Iris besef dat sy
verantwoordelik is vir haar eie geluk/dat die lewe nie net een groot blomoomblik gaan
oplewer nie.
In Vermont kies Iris om die werklikheid te aanvaar en in ʼn groot mate dus afstand te
doen van haar lewensbegeerte om te wil blom.
Iris dink aanvanklik haar werk as tandartsassistent kan bydra tot haar lewens-
begeerte, want haar werk sal nie met haar fantasie inmeng nie en sy kan leef soos sy wil
leef en sy sal gelukkig wees.
Dis duidelik dat haar werkruimte egter min ondersteuning bied aan haar begeerte
om iets groots te beleef, want die werk het nie juis enige uitdagings aan haar gestel nie.
Iris kry tog in haar werkruimte die geleentheid om te blom toe Frederik haar vra om
te trou, maar sy het die kans op so ʼn blomoomblik van die hand gewys.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan.
[25]
OF
VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
7.1 Iris bevind haar in ’n hotelkamer in New York, Amerika. √ 1
7.2 Verbeeldingrykheid/fantasie √ 1
Iris se verbeeldingrykheid/fantasie help haar om die werklikheid/lewe
draagliker/meer aanvaarbaar te maak. √ 1
7.3 Joe √ 1
Iris glo dat sy net een keer in haar lewe gaan blom./net een kans gaan kry om ware
sukses/geluk te ervaar. √ 1
Joe bied vir Iris ʼn modelkontrak aan en dit kan dalk net die kans wees waarop Iris
gewag het. /kan haar blomoomblik wees. √ 1
7.4 Die verteller bou spanning/afwagting.
Die verteller wys hoe Iris op Peter se bytende opmerking reageer. √ 1
7.5 Sarkasme √ 1
Peter is ontevrede met Iris se lewensfilosofie./dat Iris so vashou aan die gedagte
dat sy net een kans het om te blom./om geluk te ervaar. √ 1
7.6 Ja
Peter is oorsee kort nadat hy en Iris ontmoet het daarom was daar nie juis baie tyd
dat hul mekaar behoorlik kon leer ken nie. √ 1
Iris en Peter se ontmoeting was maar net ʼn seksuele ervaring./
Iris en Peter se gesprek toe hy die aand by Iris se huis kom kuier het, was oor
alledaagse/oppervlakkige dinge./ Iris en Peter het nie gereeld kontak nie./
Iris en Peter kommunikeer deur middel van telegramme. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9
7.7 Dit is ʼn maklike/toevallige/ongemotiveerde oplossing vir ʼn moeilike situasie. √ 1
Net voor Iris voor die fisiese versoeking swig, lui die telefoon en is die probleem (dis
ʼn probleem omdat hulle mekaar nie goed ken nie) tydelik opgelos. √ 1
7.8 Iris het ʼn huweliksaansoek van Frederik ontvang. √ 1
7.9 Uiterlike konflik √ 1
Hannes/Iris se swaer/Elsa se man √ 1
7.10 Hulle bly albei stil om konfrontasie/die waarheid/ongemaklike situasies te vermy. √ 1
7.11 Ja
Baie mense hunker na ʼn groot oomblik in hul lewe. √ 1
Ek het geleer dat ʼn mens nie na een groot oomblik moet hunker nie, maar die hier
en die nou moet geniet./Ek het geleer dat die hele lewe ʼn blomgeleentheid is./
Ek het geleer dat die realiteit van ʼn geroetineerde voorstedelike bestaan net so
magies soos die beste fantasie kan wees. √√ 2
Die kandidaat noem enige TWEE lesse, wat met die hooftema verband hou, wat
hy/sy geleer het.
7.12 Iris leef aanvanklik in haar fantasiewêreld/skram weg van die werklikheid, maar aan
die einde van die verhaal is sy tevrede met ʼn geroetineerde voorstedelike bestaan
en getroude lewe. √ 1
Iris se ma wil nie saam met haar man plaas toe trek nie, maar aan die einde van die
verhaal gee sy haar onafhanklikheid op en trek plaas toe. √ 1
Elsa is aanvanklik hiperprakties en beplan alles, maar aan die einde van die
verhaal is haar huis ook deurmekaar/sy verslap haar hiperpraktiese
ingestelheid/strewe om als perfek te doen. √ 1
Kara sê aanvanklik sy gaan nooit trou nie/nooit kinders hê nie, maar sy trou tog
later /sy en Claude kry ʼn seuntjie, Michel. √ 1
Beide kante van die ironie moet genoem word.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – PIETER PIETERSE
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dit is ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Baas het ’n besondere kennis van die bos en die bome en die veld word in liefdevolle,
ingeligte detail deur sy oë beleef.
Baas het ook ’n verstommende kennis van al die bewoners in die bos en met die
grootste agting word vlakvarke, olifante, koedoes, blouwildebeeste en sebras –
waargeneem en deur Baas se oë beskryf.
Baas is in ’n groot mate afhanklik van die natuur om te oorleef, want hy is uitgelewer
aan die natuurelemente om sy dag tot dag bestaan te voer.
Hy vertoon die mag van die mens oor die dier deur die diere van die omgewing te jag.
Toe Baas se oupagrootjie tydens ʼn jagtog oorlede is, besef hy die natuur kan
ongenaakbaar wees en besef sy nietigheid.
Baas moet sy kamp beveilig teen die krokodille en seekoeie, want hy besef die
natuur maak ʼn man weerloos.
Die natuur lewer verrassings op toe ’n trop olifante Manaka besoek en die mens se
weerloosheid verder beklemtoon.
Die mens is totaal aan die genade van die natuur uitgelewer, want toe iemand die
toue los sny wat die Zambezi Grace vasgebind het, dryf die boot rivier-af.
Baas se respek vir die natuur word eerstens duidelik deur die hegte band tussen
hom en sy honde, want hy het sy honde liewer as enigiets anders.
Sy verhouding met sy diere is besonder heg, want Baas gee toestemming dat die
sendelinge vir nog een nag in sy hut kan slaap, aangesien hy by die honde in die
kombuis sal slaap.
Baas betoon respek teenoor die natuur deur sy houding teenoor Morena, die groot
buffelbul, selfs al skiet Baas hom uiteindelik.
Baas is van kleins af lief vir die natuur, roei gereeld op die Ebenezer-dam, en hou van
jag.
Hy leef sy ‘baasskap’ oor die natuur uit, maar voor die khuta en die Lozi-mense moet
hy egter juis bewys dat hy hulle nie wil domineer nie.
Baas glo in die instandhouding van die natuur en gee die bougainvillea wat sy
oupagrootjie geplant het, water.
Baas se honde is ook uitgelewer aan ander elemente, want voordat Baas ’n groot
vlakvark kan skiet, val dit een van sy honde, Longwane, aan.
Baas betoon respek aan alle diere, want toe een van die honde, Briekwa, vrek, het
Baas hom met behulp van Sitali begrawe.
Die natuur bied aan Baas soete herinneringe, want toe hy die kremetart met sy
oupagrootjie se naam op kry, kerf hy sy naam daaronder uit.
Baas se begrip vir die natuur laat hom nugter optree, want Baas agtervolg ’n trop
buffels met die doel om Morena te skiet.
Baas maak seker dat die orde in die natuur herstel word, want nadat hy vir Brindle
begrawe het, volg hy die groot buffel se spoor verder en skiet hom uiteindelik dood.
Die verhouding tussen mens en dier word verder beklemtoon toe Baas die buffel
aan Johnnie as losprys vir sy vrou en kind gee.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11
VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
9.1 Derdepersoonsverteller √ 1
Die verteller skets vir die leser die ruimte/geografiese agtergrond. √ 1
Die beskrywing van die karakter se ervaring is objektief./
Die verteller is altyd teenwoordig./
Die verteller weet wat die karakter dink/doen. √
1
9.2 Hy moes vir die staatsmuseum skoenlappers in Afrika gaan vang. √ 1
Kanada √ 1
9.3 Dit was in die tyd wat die roman afspeel, die gepaste aanspreekvorm vir ʼn persoon
in gesag./Seuns en kleinseuns dra volgens tradisie hul oupa se noemnaam. √ 1
9.4 Die worsboom bied aan die gemeenskap ʼn byeenkomplek./ Daar is Sondae onder
die boom kerk gehou./ √ 1
Die worsboom raak die sentrale plek waar leer kon plaasvind./Die kinders het
onder die boom gesit vir skool. √ 1
9.5 Ja
Hy het ʼn sendingstasie opgerig.
Hy het die rivier karteer.
OF
Nee
Daar is geen werklike uitbreiding nie. √ 1
Malaria is steeds ʼn werklikheid. √ 1
Baas wil ʼn boot op die Zambezi hê waarmee hy toeriste aan Afrika kan blootstel. √ 1
Nee
Hy het wel die boot gebou, maar die rivier het hom weggespoel.
OF
Ja
Die suggestie bestaan dat met die kry van die boot en Grace wat saamstap,
voorspoed wag. √ 1
9.6 Sy is ʼn Christen. √ 1
Sy wil Baas laat verstaan dat hy met ʼn spesifieke doel na Manaka gestuur is om
hul te help./Sy is die stem van geregtigheid wat Baas wil aanmoedig om sy
Christenskap te aanvaar en uit te leef. √ 1
9.7 Ouma Essie kom vra Baas se hulp om die pale aan te ry. √ 1
9.8 Die bosoorLog in Suid-Rhodesië/
Die verloor van die plaas/
Ouma Essie en Grace wat sê hy is ʼn Christen. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman vir EEN punt elk aan.
Baas kon nie vrede vind nadat sy ouers deur rebelle vermoor is nie. √ 1
9.9 Baas ontken die heeltyd dat hy ʼn Christen is, maar sy optrede getuig van
Christenskap. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
9.10 Toe Baas na sy ouers se dood terugkeer plaas toe, is hy alleen met net sy hond./
Van kleins af is hy voor die ander uit wanneer hulle gaan jag het./
Hy raak gou verveeld met sy werk by die saagmeule en gaan jag eerder alleen
met sy hond./
Sy denke is ‘noordwaarts’ gerig en nie ‘suidwaarts’ na die ‘beskawing’ toe nie.
Hy koop ʼn motorboot en sleepwa en reis alleen verder met sy twee honde./
Hy het sy eie idee van wat toeriste in Afrika behoort te beleef; nie in hotelle nie,
maar afgesonder in hutte tussen die plaaslike inwoners. √√√ 3
Die kandidaat bied enige DRIE bewyse uit die roman vir EEN punt elk aan.
9.11 Sy oupa tree mensliewend op en wil sy Christenskap met die inwoners deel,
terwyl Baas hier nie mensliewend optree nie en veg teen die feit dat hy ʼn Christen
is. √ 1
9.12 Die mens staan in ʼn belangrike en verantwoordbare verhouding tot die natuur./ tot
mekaar./die aard van ware geloof. √ 1
Ons moet mense volgens hul dade, en nie volgens woorde/velkleur/agtergrond
nie, oordeel. √ 1
[25]
VATMAAR – AHM Scholtz
VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Tant Wonnie het hartseer in haar lewe geken, want sy verloor ses van haar agt kinders
tydens die Groot Griep./Haar man sterf tydens die Eerste Wêreldoorlog/Piet de Bruyn
probeer tant Wonnie verkrag.
Tant Wonnie ken die ellende van alles verloor, want toe sy na Sannah Vosloo se dood
weggejaag word, is haar huis op Vatmaar gestroop./Sy word valslik van diefstal beskuldig
en verloor so haar naam (reputasie).
Tant Wonnie ken egter ook geluk, want die magistraat bewonder haar trots en sorg dat
sy ʼn huweliksertifikaat kry wat veroorsaak dat sy op oorlogspensioen geregtig is./Sy kon
later terugtrek na haar huis.
Uit tant Wonnie se verhaal is daar baie lewenslesse te leer: Al beklee jy die laagste
posisie in die samelewing, soos sy, kan jy nog steeds trots wees op wie jy is./Piet du
Bruyn, Settie September was venynig teenoor tant Wonnie, maar sy het nooit ʼn wrok in
haar binneste rondgedra nie./Sy het altyd die beste van slegte omstandighede
gemaak./Ten spyte van wat mense gesê en gedoen het, het tant Wonnie ʼn skoon lewe
gelei en onwrikbaar by haar beginsels gebly.
Bettie het die hartseer van ʼn ongehude moeder geken, omdat sy ʼn kind by een van
oom Steven se seuns gehad het en sy vir hul ʼn verleentheid was.
Bettie het egter die geluk van aanvaarding gesmaak, want oom Chai was bereid om
hom oor haar en haar kind te ontferm.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13
Bettie se huwelik met oom Chai was egter nie gelukkig nie, omdat die
ouderdomsverskil te groot was.
Bettie ken die kwaad van ʼn buite-egtelike verhouding, want sy het oom Chai met Boitjie
verneuk.
Uit Bettie se lewensverhaal leer ons die verwerping wat ʼn baba buite die huwelik
kan bring./Ons leer ook dat ʼn huwelik waar die ouderdomsverskil te groot is, net frustrasie
kan meebring.
Oom Chai het die slegte in die lewe gesien, want hy het tydens die Anglo-Boereoorlog
gesien hoe Boervroue se huise en besittings vernietig word.
Oom Chai het egter ook die goeie in sy lewe beleef, want hy het ʼn lewenslange
besondere vriendskap met George Lewies gehad./Hy het met ʼn mooi, jong vrou getrou./Hy
het Vatmaar se stigting en groei beleef.
Oom Chai het egter ook hartseer in sy lewe beleef, want sy huwelik het hom later meer
pyn as vreugde besorg./Hy het sy vriend, George Lewies, aan die dood afgestaan./Hy het
a.g.v. sy troue sy aansien in die gemeenskap verloor.
Die lewensles om ʼn besondere vriendskap te koester, is vandag nog steeds aktueel,
omdat ons wel sulke vriendskappe nog beleef./Daar is vandag nog jaloesie in ʼn verhouding
soos oom Chai met Boitjie Afrika beleef het. Hieruit leer ons dat jaloesie net trane bring en
vriendskappe vernietig.
Kenny ken ook hartseer in die lewe, want hy verloor sy werk by die Masonic
Temple./a.g.v. status keur sy ouers nie sy verhouding met Kaaitjie goed nie./hy verloor die
groot liefde in sy lewe.
Kenny beleef egter ook vreugde in sy lewe, want hy ontmoet Kaaitjie, die liefde van sy
lewe./hy vind ʼn tweede liefde.
Kenny ken die vreugde van goed wees vir ander, want hy kon die vreugde van Vatmaar
oor die kliniek beleef./van Boitjie Afrika oor die sokkerspan en -veld beleef.
Die lewensles wat Kenny se lewe vir ons leer is aktueel omdat ons vandag nog weet
dat deur goed te doen aan ander kan ons ook groot vreugde smaak./Ons leer ook uit
Kenny se verhaal dat ʼn mens na groot hartseer weer vreugde kan beleef.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan.
[25]
OF
VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
11.1 Die Queen verklaar oorlog teen die Boere en oom Lewies en oom Chai het vir die
Queen geveg./ Tydens die Britte/Queen se oorlog teen die Boere (die Anglo-Boere-
oorlog) was hulle aan die Queen se kant./ Tydens die oorlog was oom Lewies ’n
korporaal vir die Britte/in die Queen se weermag en Oom Chai was een van die
Queen se Cape-boys.√ 1
11.2 Mnr. Walker het aan Oom Chai werk by die landmeter gegee EN George Lewies
het die plan van Oom Chai aan kaptein Walker oorgedra. √ 1
George Lewies het gesorg dat die saak van ’n nedersetting op die agenda geplaas
word. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
11.3 Teen ’n politieke/historiese/sosio-maatskaplike agtergrond./Teen die agtergrond
van bruinmense in Suid-Afrika se belewing in ’n nedersetting./Vatmaar se arm,
eenvoudige, ongeslypte mense./mense wat na die Anglo-Boereoorlog in een
nedersetting saamgesnoer is./werkloos is. √ 1
Ja, want dit was arpartheid/ Die mense van Vatmaar is nie as witmense se gelyke
gesien nie.
OF
Nee, ongeag jou ras of klas, mag mense mekaar nie stereotipeer nie. √ 1
Apartheidswandade het hieruit voortgespruit./ Die mense van Vatmaar was arm/het
’n sosiaal-maatskaplike agterstand beleef. √ 1
11.4 Die titel suggereer jy neem sonder dat iets aan jou behoort √ en Oom Chai se
woorde dui daarop dat George Lewies vir Ruth moet vat (in ’n
saamblyverhouding)/sonder dat hulle hoef te trou. √ 2
11.5 Hy het vir Ruth se trourok geld gegee, maar gevra niemand moet vir George daarvan
sê nie.√ 1
11.6 Hy kan nie in Du Toitspan woon nie. √ 1
Liefdeloosheid √ 1
11.7 Oom Chai ken die gebeure die beste aangesien hy deel daarvan was./Dit is
geloofwaardig. √ 1
11.8 Dit is baie meer geloofwaardig/ Sy het die ervarings eerstehands beleef. √ 1
11.9 Al verwag almal dat hy tant Wonnie gaan vra, gaan dit nie gebeur nie, want hy het
haar dogter al gevra om te trou. √ 1
Toe sy Norman se lyk sien, was sy gebroke./ Toe sy Norman se lyk sien, het sy
besef sy het hom liefgehad. √ 1
Sy het geglo Heinrich sou tevrede wees as sy met Norman trou. √ 1
11.10 As hy die tentpen by Kaaitjie se broers en susters se graf gaan inslaan, √ sal sy
met hom trou en dan begin sy nuwe lewe. √ 2
11.11 Sy was lief vir Norman. √ 1
11.12 Liefde sonder grense. √ 1
11.13 Toe Piet de Bruin haar probeer verneder het deur haar tronk toe te neem. √ 1
Vatmaar se mense het langs die pad gestaan en niks gedoen om haar te help
nie./hulle het haar beskinder. √ 1
Toe het sy besluit sy wil nie deel wees van hulle God nie √ maar sy het besef om
God te dien, gaan oor of Hy binne jou woon. √ 2
11.14 Ja, dit is soos die Griekwas praat. √ 1
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15
ONDERWêRELD – Fanie Viljoen
VRAAG 12: ONDERWêRELD – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Kuberkrakery, want as kuberkraker is Eckardt se webblaaie sy onderwêreld.
Greg gee sy eerste tree na die onderwêreld toe hy vir Eckardt vra of hy hom omtrent
kuberkrakery sal leer.
Eckardt is Greg se mentor in die onderwêreld van kuberkrakery, want hy nooi hom
in Cyberspace in. Hy stel hom bekend aan al die aspekte van kuberkrakery.
Greg raak so betrokke by die onderwêreld van kuberkrakery dat hy kontak met die
werklikheid verloor en sy skoolwerk, vriende en pligte afskeep.
Greg leer in die onderwêreld spesifieke eienskappe van die kuberkraker, soos die
verskil tussen hackers en crackers en white hats en black hats. Dit lei hom dieper en
dieper die onderwêreld in om meer te wil uitvind.
Greg betree die onderwêreld van gevaar en misterie/misdaad wanneer Eckardt hom
die tegnieke van kuberkrakery leer.
Eckardt weet dat Greg daarvan hou om extreme sport te beoefen en dus van gevaar
en misterie hou en daarom weet hy, hy kan hom manipuleer om ook van hierdie nuwe
extreme sport te hou.
Die misterie en gevaar/misdaad van die onderwêreld is Eckardt se lokaas om Greg
in te katrol na sy donker wêreld, want hy wil ʼn sosiale manipuleringsaanval uitvoer.
Greg aanvaar ʼn bier uit Eckardt se yskas en gee nie om vir die gevaar om
uitgevang te word nie. Hierdie handeling is sy eerste misstap op pad na die
onderwêreld.
Die onderwêreld van geld kom ter sprake wanneer Greg se skoolmilieu aan die
leser bekendgestel word, want Lawson College is ʼn skool vir die superrykes.
Greg besef dat geld veroorsaak dat mense nie sal skroom om misdaad te pleeg
nie, want sy skoolhoof en pa was bereid om ʼn misdaad teen die samelewing te pleeg in
poging om ryk te word.
Die seuns se leierskapposisies word dikwels as saketransaksies beskou, want
Plank sê vir Greg dat die hoofseunbalkie op sy baadjie die kwitansie is wat hy die hele
jaar gaan dra.
Die skool is eksklusief en ʼn lang waglys verseker dat ongewenste elemente (wat nie
kan betaal nie) uitgehou word.
Geld is egter die element wat seuns in skouperde vir hul ouers omtower en
verseker dat hul ook eendag deel gaan word van die “ewige rat race” om “soveel geld
as moontlik te kry”.
Geld is die grootste euwel en wanneer Greg van Dok Pienaar en sy pa se planne
uitvind, verklaar hy “die wêreld van geld is boser as enigiets wat ʼn hacker sal kan
aanvang”.
Greg besef ook dat geld hul gesin se ondergang beteken het omdat sy pa se
betrokkenheid by die voëlgriepplan ontbloot is.
Die onderwêreld van emosies betrek Greg se emosies en dikwels die onderdrukking
daarvan. Sy pa het hom beveel om nie te huil oor John se dood nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
Greg ervaar ook deur die loop van die roman vrees wat geaktiveer is deur John se
selfdood. Eckardt se verdwyning verhoog die vrees en hy is ook bekommerd dat Nicole
iets onbesonne sou aanvang.
Greg is dikwels opgewerk en gefrustreerd soos wanneer sy pa navraag doen oor sy
sport en akademie. Wanneer sy pa vra hoekom hy geweier het om rugby te speel het dit
vir hom gevoel soos ʼn bom wat ontplof.
Greg ervaar die onderwêreld van magteloosheid wanneer hy besef dat hy reeds te
diep in die onderwêreld is en nie kan terugkeer nie. Hy strompel deur die uitdagings,
maar kan nie ophou nie.
Die onderwêreld van die dood/verlies word duidelik wanneer die leser besef die
dood/verlies van John is vir Greg moeilik om te aanvaar en die druk wat John ervaar
het, word nou op hom geplaas.
Die onderwêreld van die adolessent kom na vore in die verwagting van die
adolessent om onderdanig te wees aan gesagstrukture soos die skool en die
ouerhuis. Greg rebelleer teen die gesagstrukture en ontmasker later die korrupsie van
die volwassenes.
Die mitologiese onderwêreld van Hades kom na vore. Die donker onderaardse
gebied is die ryk van die dooies/skimme/doderyk/hel.
Soos Herakles ook in die mitologiese wêreld op wraaktogte was, is Eckardt besig
met ʼn veldtog om wraak te neem op die Owen-gesin vir sy pa se dood. Hy noem selfs
die skool sy “slayground” waar hy monsters moet vernietig.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan.
[25]
OF
VRAAG 13: ONDERWêRELD – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
13.1 Huis Da Vinci √ 1
13.2 Rekenaars/Tegnologie maak Eckardt opgewonde/Eckardt is geïnteresseerd in die
wêreld van rekenaars. √ 1
Ja
Eckardt is aan die einde van die roman met wraak en haat gevul./Die
gemoedelikheid waarmee hy Greg leer hack het, het verdwyn. √ 1
13.3 Eerstepersoonsverteller √ 1
Die verteller wil vir die leser wys dat Greg emosioneel/hartseer/gefrustreerd is oor
die hartseer dood van sy broer./Die verteller wil vir die leser wys dat Greg sy pa
kwalik neem vir die druk wat hy op John geplaas het. √ 1
13.4 Greg weet nie hoe hy sy matriekjaar gaan aanpak om sukses te behaal nie. √ 1
Greg gee inligting omtrent Eckardt se verdwyning aan een van sy koerante deur. √ 1
Greg weier om rugby te speel omdat die skool nie Eckardt se verdwyning wil
bekendmaak nie./Eckardt daag Dok Pienaar se gesag uit deur te weier om rugby
te speel. √ 1
Die kandidaat bied enige DRIE soortgelyke bewyse vir EEN punt elk aan.
Die spanning tussen Greg en sy pa word nie opgelos nie, want hy is die een wat
sy pa se betrokkenheid by Project Nursery Rhyme ontbloot (en sy pa gaan nou
moontlik vervolg word.) √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17
13.5 Eckardt weet presies wie Greg se pa is./Eckardt weet dat Greg se pa ʼn aandeel in
sy eie hartseer het. √ 1
Eckardt manipuleer Greg om ʼn kwansuise/vals vriend van hom te word deur ʼn
sosiale manipuleringspoging om eintlik hom op Greg se pa te wreek. √ 1
Eckardt en Greg se vriendskap word aan die einde van die roman vernietig
wanneer hy Greg se gesin uitmekaar laat skeur/sy plan ontbloot. √ 1
13.6 Challenge 4 verwys na een van die kuberkraakuitdagings wat Eckardt vir Greg
laat doen het (toe hy hom die fynere kunsies van kuberkrakery geleer het). √ 1
13.7 Verwikkeling/Ontwikkeling √ 1
Spanning word deur konflik of botsing tussen karakters in hierdie gedeelte
opgebou. √ 1
13.8 Die Matrix-plakker wat op Eckardt se laptop was (en nie nou meer is nie). √ 1
13.9 Sy is ʼn ystervrou/intimiderend/op die man af. √ 1
Rina is angstig (dat Greg iets onbesonne soos John sou aanvang)./
Rina kom onseker oor en woon vrouevergaderings by waar vrouens agter facelifts
skuil./
Sy leef in die eensame skadu van haar man./
Sy probeer Greg se guns wen deur vir hom ekstra sakgeld te gee. √√ 2
Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
13.10 G – 4ce √ 1
Greg voel magtig/soos ʼn kragtige fors in die onderwêreld/het baie selfvertroue
wanneer hy kuberkraak. √ 1
13.11 Uiterlike konflik √ 1
13.12 Binne die konteks van ouerdruk en kinders wat moet presteer, word die wêreld van
kuberkrakers en die manipulering van data fassinerend verken. Die sportmal
wenmentaliteit word ook hierdeur bevraagteken. √ 1
Die kandidaat bied ʼn eie boodskap vir EEN punt aan, bv.
Ek het opnuut geleer dat ek nie eendag my kinders so wil druk dat hul eindelik in
opstand kom en in die proses hul waardes prysgee nie./Ek wil nie toelaat dat wraak
my lewe oorheers nie. √ 1
Die leser kan met die emosionele krisisse van die hoofkarakter identifiseer./
Die baie Engelse woorde in die teks dui op die jonger geslag se taalgebruik./
Die tema van rekenaars beeld die leefwêreld van die tienerlesers realisties uit. √ 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
In die terugflitstoneel is dit duidelik dat Johnnie positief gereageer het op die jong,
mooi Blanchie wat onskuldig en skrander was. Hy was verlief op die mooi meisie.
Die leeglêers maak dit aan die begin van die drama duidelik dat Map hom op die
gemeenskap gaan wreek wanneer hy uit die tronk kom en van Blanchie se werk by die
Lonely Hearts uitvind.
Blanchie se aanvanklike tronkbesoeke het ’n positiewe invloed op Map omdat dit vir
hom belangrik is om aan haar te bewys dat hy weer die Johnnie geword het op wie sy
verlief was.
Blanchie is die rede hoekom Map hom in die tronk wil bekeer, want hy vra die
heeltyd vir sy ma om vir Blanchie te sê hoe dit met hom gaan/hoe hy verander het.
Map is ontsteld dat Blanchie nie meer vir hom in die tronk kom kuier nie, want hy
dink sy het van hom vergeet. Hy hou dit egter nie teen haar nie.
Map is kwaad dat Cavernelis sy dogter beïnvloed om nie kontak met hom te hê nie,
want hy wil graag vir haar wys dat hy ʼn changed man is.
Map vra vir Antie Grootmeisie om vir Blanchie te sê hoe lief hy haar het omdat sy
nie meer kontak met hom het nie en hy haar graag wil sien.
Wanneer Apostel George sê dat Map sy vergifnis by die Here moet vind, bly hy
verwys na Blanchie by wie hy vergifnis gesoek het, want hy is lief vir haar.
Map is baie ontsteld wanneer Tommy hom oor Blanchie se werk by die Lonely
Hearts inlig, want hy weet dat sy dit ook om die verkeerde redes doen.
Map is kwaad vir Cavernelis wat toelaat dat sy dogter haar lyf verkoop en kan nie glo
dat hy dit toelaat nie.
Blanchie soek haar vertroosting by Map wanneer Cavernelis vreemd reageer na
die modelkontrakuitval/in haar krisisoomblik en in ʼn emosionele reaksie laat Map vir
Blanchie verstaan dat dinge gebeur soos dit moet – en dat hul dus slagoffers van hul
omstandighede is.
Wanneer Blanchie vir Map sê dat sy sleg is, sê hy sy is goed, want hy besef dat
omstandighede hul die verkeerde dinge laat doen het.
Blanchie erken teenoor Map dat sy vuil is, maar hy sê sy is mooi, want hy vergewe
haar vir wat sy gedoen het.
Blanchie sê vir Johnnie dat sy alles vir hom vertel het en nou kon hul mekaar vir
die eerste keer styf vashou en Johnnie het haar (hartstogtelik) gesoen. Hul liefde vir
mekaar het oorwin.
Map word eindelik vrygemaak, want Blanchie besef haar eie skuld.
Vir Map bly Blanchie “Blanchie” – die onskuldige, rein meisie alhoewel sy ook by
onbehoorlike praktyke betrokke geraak het.
Johnnie en Blanchie kon aan die einde van die roman die storms van die Kaapse Vlakte
oorleef omdat hul eerlik oor hul foute was en mekaar vergewe het.
Wanneer Map vir Blanchie vashou wanneer hy voor Antie Grootmeisie kniel, is dit
duidelik dat hulle sáám hul vryheid wil vind om die lewe saam aan te pak.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
15.1 Eksposisie √ 1
Die agtergrond ten opsigte van karakters/milieu/tyd word vir die leser geskep. √ 1
15.2 Armoede √ 1
Misdaad √ 1
Ja
Die inhoud is ʼn bewusmaking van die sosio-ekonomiese put waarin die mense
van die Kaapse Vlakte hul bevind. √ 1
15.3 Ja
Maud is in ʼn goeie bui/bly dat haar man vir ʼn slag by die huis is sodat sy hom kan
bederf, want hy werk so hard.
OF
Nee
Die leser bevraagteken Maud se opregte liefde vir Cavernelis wanneer hul
agterkom dat sy baie gefrustreerd is oor die feit dat hy min by die huis is. √ 1
15.4 Nee
Maud sê dat hul nie respek vir die Sabbat het nie, maar sy is bewus van Blanchie
se werksaamhede by die Lonely Hearts/Cavernelis se smousery op ʼn Sondag. √ 1
15.5 Cavernelis pleeg selfdood. √ 1
Cavernelis se selfdood is ʼn ironiese wending aangesien hy met alle mag uit die
township wou kom en hard gewerk het daarvoor, maar nou sal daardie droom
nooit verwesenlik word nie. √ 1
Die kandidaat moet BEIDE kante van die ironie vir EEN punt noem.
15.6 Maud praat net Engels. √ 1
Die Cavernelisse laat hul dogter toe om by die Lonely Hearts haar lyf te verkoop./
Cavernelis verkoop vroueonderklere./
Cavernelis praat Bolandse Afrikaans./
Cavernelis en Maud meng nie met die res van die gemeenskap nie./
Maud kom nie uit hul woonstel nie. √√ 2
Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
15.7 Die herhaling van jaag verhoog die spanning. √ 1
15.8 Apostel George is besig om Map in die tronk tot bekering te lei. √ 1
In TEKS I heers ʼn gespanne/negatiewe atmosfeer, terwyl TEKS J sektaries/
intens/positief is. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
15.9 Die verteller wil vir die leser ʼn ooreenkoms tussen Map en Jesus se nederige
afkoms trek./ Die verteller wil vir die leser laat besef dat Jesus ook van
nederige afkoms is en groot dinge in die wêreld gedoen het./Die verteller wil vir
die leser wys dat Map se afkoms hom nie moet terughou in die lewe nie. √ 1
15.10 Saulus, ʼn vervolger van Christene, is op pad na Damaskus deur God geroep
(met ʼn skerp lig wat uit die hemel skyn) om in Sy diens te staan. Saulus is
nuutgemaak en deur die Heilige Gees vervul. √ 1
Map het in die tronk tot bekering gekom en is nes Saulus nuutgemaak en deur
die Heilige Gees vervul./Soos Saulus se naam na Paulus verander het, het
Map Jacobs weer na Johnnie Jacobs verander. √ 1
15.11 Die saksofoon aan die einde van die drama impliseer dat dinge gaan terugkeer
na hoe dit was (toe Map die leierinstrument bespeel het). √ 1
Toe Miriam vra waar Johnnie Jacobs is, word die instrumente stil en ʼn enkele
banjo word halfhartig ingestem om die spanning te beklemtoon./
Die orkes begin hard speel om die spanning van Mirian se vraag oor Johnnie
Jacobs te verbreek./
ʼn Saksofoon en kitaar speel in die agtergrond toe Map en Apostel George in
vervoering saam sing om Map se verlossing te kry wat tot die gelaaide oomblik
bydra./
Tommy se klinger verskaf ’n ligter/humoristiese oomblik. √√ 2
Die kandidaat bied enige soortgelyke TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
15.12 Toneelaanwysings/Neweteks √ 1
Map het toestemming gegee dat sy bende haar en sy suster verkrag./
Map het sy vriend, Ivan Philander, doodgesteek./
Klein-Meisie is dood./
Antie Grootmeisie het stom geword as gevolg van die trauma van die
verkragting en moord. √√√ 3
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21
MIS – Reza de Wet
VRAAG 16: MIS – Reza de Wet – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
Dis ʼn breë raamwerk van feite.
Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Die Konstabel transformeer, want hy verander in iets en iemand anders nadat hy
voorgegee het om iets te wees wat hy nie is nie.
Die Konstabel word deel van die geheimsinnige wêreld wanneer hy transformeer, op
grond van sy blindheid, donkerbril, sy vertelling van die sonsverduistering en sy skielike
sig na 12:00.
Konstabel bring ’n innerlike verandering/ommekeer/transformasie in ander
karakters en hul wêreld van vrees, bring hy bevryding.
Konstabel dring deur tot die karakters se wêrelde om hul te transformeer, want dis
’n wêreld waarvan hulle nie eens bewus is nie; vir hulle is dit normaal. Hy bring lig en lewe
in Meisie se lewe.
Die konstabel se verhale word deur sy transformasie ten slotte in 'n ander lig gestel
en sy manipulasiespel het ten doel om Meisie se onderbewussyn te prikkel en haar tot
transformasie/verandering te lei.
Die transformasie van die konstabel tot nar kan as die klimaks van die drama beskou
word, want die leser se vrae oor hierdie vreemde karakter is beantwoord.
Die konstabel is in sy transformasie as nar die bevrydingsfiguur wat in sy
vermomming as ’n konstabel die beswerende mag binnedring en oorwin.
Die transformasie van die konstabel tot magiese towerfiguur gee aanleiding tot
Meisie se rituele dans wat haar oorgawe en veranderende optrede wys.
Die wegdans van Meisie kan as die omkering van haar huislike situasie beskou word.
Meisie hunker na ’n meer permanente bevryding en sy word getransformeer om bevry
te word van die bande van haar ma.
Sy ervaar bevryding/transformasie in die wit aannemingsrok wat ’n simbool is van
onskuld en reinheid, asook ’n simbool van die rein bruid en moontlike vrugbaarheid.
Ons leer Meisie ken as ’n onderdanige dogter, maar uit hierdie beeld transformeer sy
uiteindelik tot ’n bevryde vrou.
Dit is interessant dat Meisie sonder skoene uitdans, want die kaalvoetdans skep die
illusie van transformasie/vryword van die aardse.
Meisie maak haar in haar transformasieproses los van die aarde, want sy sweef amper
weg soos die blomme tydens die sonsverduistering.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 17: MIS – Reza de Wet – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
17.1 Ontsteld/Kwaad/Ontevrede/Verontwaardig √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
Konstabel sê dat ongetroude vrouens se reuk skerper/suurder/soos dikmelk is. √ 1
17.2 Sy is naïef/blind vir die gevaar. √ 1
Meisie het Konstabel blindelings vertrou en dit het hom in staat gestel om haar
vertroue te wen/weg te voer. √ 1
17.3 Meisie is uitgehonger vir interaksie met ander mense/om iets anders te ervaar
omdat sy onder haar ma se ysterhand moet leef en ʼn vervelige, vasgevange
bestaan voer. √ 1
17.4 Dit dui op Meisie se aarseling/onsekerheid. √ 1
17.5 Konstabel √ 1
Hy doen hom as ʼn konstabel voor wat na die veiligheid van die vroue sal omsien./
Hy het moontlik vir Rienie en Sannie vermoor./Hy manipuleer die vrouens om uit
hul gemaksone te beweeg vir sy bevrediging en genot./Hy lok Meisie uit om teen
haar ma op te staan deur oor die sirkus te praat./Hy voer Meisie weg van haar ma
en gaan haar moontlik vermoor. √√√ 3
17.6 Nee
Die leser/kyker is nog nie in hierdie stadium van die drama van die Konstabel se
oneerlikheid bewus nie. √ 1
17.7 Motoriese moment √ 1
Die koms van die Konstabel sit die spanningslyn aan die gang. √ 1
17.8 Sy het sopas op sensuele manier dromerige bewegings vir Konstabel uitgevoer en
haar lang hare het los gehang./Sy het haar hare losgemaak om soos tant Hannie te
lyk. √ 1
17.9 Die sirkusmusiek dien deurgaans as herhalende ruimtelike motief. √ 1
Dit beklemtoon die kontras tussen die eksotiese sirkus en die beklemmende
huisie/benouende bestaan van Miem en Meisie. √ 1
Die sirkusmusiek bied ʼn tydelike bevryding. √ 1
17.10 Op hierdie laaste aand van Augustus verdwyn meisies op ʼn raaiselagtige manier. √ 1
1936 √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23
17.11 Miem voer ʼn bestaan deur goiingsakke met mis te vul en dis haar bron van
inkomste./
Die stank van die mis veroorsaak dat sy ʼn mislike bestaan voer waar sy vervreem
is van die res van die gemeenskap./
Miem kyk Konstabel se ware bedoelings mis./
Miem mis haar man omdat hy hom op die solder isoleer./
Miem misgis haar oor die ware verhouding tussen Konstabel en Meisie. √√√ 3
Die kandidaat bied DRIE implikasies vir EEN punt elk aan.
17.12 Die mens staan as enkeling binne ʼn verwronge en verstikkende gemeenskap en
het daarom ʼn begeerte tot ontsnapping. √ 1
Die kandidaat formuleer ʼn eie boodskap uit die tema, bv.
Moenie die gevaar miskyk in jou poging tot ontsnapping nie. √ 1
Daar is een stygende spanningslyn wat tot die krisis lei./Daar vind nie baie
karakterontwikkeling plaas nie./Daar is ʼn min karakters./Die dialoog is baie
gekonsentreerd./Die drama bestaan uit slegs een bedryf./Daar is net een
hooftema./Handeling vind slegs op een plek plaas. √ 1
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
Interpretasie van ˗ Diepgaande ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die
onderwerp interpretasie van onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie.
Diepte van argument, onderwerp. onderwerp goed onderwerp. die onderwerp. ˗ Geen verwysing na die
verantwoordbaarheid en ˗ Reeks treffende geïnterpreteer. ˗ Enkele goeie punte ˗ Byna geen punte gedig nie.
insig in teks argumente wat ˗ Respons redelik ter ondersteuning wat die onderwerp ˗ Leerder het nie die
behoorlik uit die gedig gedetailleerd. van die onderwerp. ondersteun nie. genre en gedig onder
7 PUNTE gerugsteun is. ˗ Enkele deeglike ˗ Enkele argument ˗ Onvoldoende die knie nie.
˗ Uitstekende begrip argumente gegee, word ondersteun, begrip van genre
van die genre en maar nie almal ewe maar bewyse nie en gedig.
gedig. goed gemotiveer nie. altyd oortuigend nie.
˗ Begrip van genre en ˗ Basiese begrip van
gedig duidelik. genre en gedig.
STRUKTUUR EN TAAL ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur en ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Struktuur swak.
Struktuur, logiese vloei struktuur. logiese vloei van struktuur. tekens van swak ˗ Ernstige taalfoute.
en aanbieding ˗ Argumente goed argument. ˗ ʼn Goed beplanning. ˗ Foutiewe styl.
Taalgebruik, toon en styl gestruktureer en daar ˗ Vloei van argument gestruktureerde ˗ Argumente nie
gebruik in opstel is duidelike kan gevolg word. logiese vloei en logies gerangskik
ontwikkeling. ˗ Taalgebruik, toon en samehang ontbreek nie.
3 PUNTE ˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek. in die opstel. ˗ Taalfoute
styl is volwasse, dit ˗ Geringe taalfoute; beduidend.
beïndruk en is korrek. toon en styl meestal ˗ Toon en styl nie
˗ Grammatika, spelling gepas. geskik nie.
en punktuasie feitlik
foutvry.
VERSPREIDING VAN 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 25
AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3
Interpretasie van ˗ Uitsonderlike respons: ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die
onderwerp 14–15 onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van die onderwerp nie.
Diepte van argument, ˗ Uitstekende respons: onderwerp goed onderwerp; nie alle onderwerp: byna ˗ -Swak poging om die
verantwoordbaarheid en 12–13 geïnterpreteer. aspekte in detail geen aspek in detail vraag te beantwoord.
insig in teks ˗ Diepgaande ˗ Respons redelik ondersoek nie. ondersoek nie. ˗ Argumente oortuig
interpretasie van gedetailleerd. ˗ Enkele goeie punte ˗ Min punte wat die nie.
15 PUNTE onderwerp. ˗ Enkele deeglike ter ondersteuning onderwerp ˗ Leerder het nie die
˗ Reeks treffende argumente gegee, van die onderwerp. ondersteun. genre en teks onder
argumente wat maar nie almal ewe ˗ Enkele argument ˗ Baie min relevante die knie nie.
behoorlik uit die gedig goed gemotiveer nie. word ondersteun, argumente.
gerugsteun is. ˗ Begrip van genre en maar bewyse nie ˗ Weinig begrip van
˗ Uitstekende begrip van teks duidelik. altyd oortuigend nie. genre en teks.
die genre en teks. ˗ Basiese begrip van
genre en teks.
STRUKTUUR EN TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
Struktuur, logiese vloei ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur. ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Gebrek aan
en aanbieding struktuur. ˗ Logiese vloei van struktuur. tekens van swak beplande struktuur
Taalgebruik, toon en styl ˗ Uitstekende inleiding argument. ˗ Logika en samehang beplanning. belemmer vloei van
gebruik in opstel en slot. ˗ Inleiding, slot en ander is duidelik, maar met ˗ Argumente nie argumente.
˗ Argumente goed paragrawe foute. logies gerangskik ˗ Taalfoute en foutiewe
10 PUNTE gestruktureer en daar is samehangend ˗ Enkele taalfoute; nie. styl laat hierdie
duidelike ontwikkeling. georganiseer. toon en styl meestal ˗ Taalfoute beduidend. skryfstuk misluk .
˗ Taalgebruik, toon en ˗ Taalgebruik, toon en gepas. ˗ Toon en styl nie ˗ Styl en toon nie
styl is volwasse, dit styl is grootliks korrek. ˗ Paragrafering geskik nie. geskik nie.
beïndruk en is korrek. meestal korrek. ˗ Paragrafering foutief. ˗ Paragrafering foutief.
VERSPREIDING VAN 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4
PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2020 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper