Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
AFRIKAANS HUISTAAL V3
PUNTE: 100
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2020 QP
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020, 6 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 6
- File size
- 592.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 6
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Show all 12 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.
AFDELING A: Opstel (50 punte)
AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50 punte)
2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.
3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/
kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die
finale produk gedoen word.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies
deurgehaal word.
7. Jy moet jou tyd soos volg bestee:
AFDELING A: ongeveer 80 minute
AFDELING B: ongeveer 70 (2 x 35) minute
8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde
getel word NIE.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
AFDELING A: OPSTEL
VRAAG 1
Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 400–450 woorde.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.
1.1 Dit was ʼn fees! [50]
1.2 13 uur ... [50]
1.3
Sal jy my ooit kan vergewe? [50]
1.4 Suid-Afrika het nog ware superhelde. [50]
1.5 … sonder jou liefde is die
graaf te swaar vir my en val
die geil reëns van die berge
sonder doel.
D.J. Opperman [50]
1.6 Bestudeer die prente hieronder en skryf ʼn OPSTEL oor EEN. Skryf die
vraagnommer (1.6.1, 1.6.2 OF 1.6.3) en jou eie titel neer.
1.6.1
[Bron: https://myklaskamer.com ] [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.6.2
[50]
[Bron: https://blog.uav4africa.co.za]
1.6.3
[50]
[Bron: www.art-portraits]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 2
Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180–200 woorde oor elkeen.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.
2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Jy het onlangs iets gedoen wat jou ouers nie sou goedkeur nie. Jy voel
baie skaam daaroor en wil hulle om verskoning vra.
Skryf ʼn VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan jou ouers en vertel hulle wat jy
gedoen het. Gee redes waarom jy dit gedoen het en vra dan om
verskoning. [25]
2.2 FORMELE BRIEF: KLAGTEBRIEF
Julle graadgroep het verlede jaar besluit om matriekbaadjies te laat
maak. Aan die begin van hierdie jaar het die maatskappy wat die
baadjies gemaak het, dit laat aflewer, maar die baadjies was van swak
gehalte en die kleure was verkeerd.
Skryf ʼn KLAGTEBRIEF aan die bestuurder van die maatskappy waarin jy
duidelik uiteensit wat presies verkeerd is met die baadjies en watter
optrede jy van die maatskappy verwag. Gebruik die volgende adres:
Die Bestuurder, Action Clothing, Posbus 2630, Kaapstad, 8000. [25]
2.3 INFORMELE VERSLAG
Die nuwe graad agts by julle skool gaan elke jaar op ʼn kamp waar hulle
aan verskillende aktiwiteite deelneem en inligting kry oor hoe die skool
funksioneer.
Jy dien op die graad 8-komitee en het daarom ook die kamp bygewoon.
Skryf ʼn INFORMELE VERSLAG vir die graadhoof van die graad agts oor
die kamp. [25]
2.4 HULDEBLYK
Jy is deel van ʼn baie suksesvolle sportspan en ook die kaptein. Die
afrigter van die span het onlangs besluit om te emigreer.
Skryf ʼn HULDEBLYK oor jou afrigter wat jy tydens ʼn spesiale
geleentheid gaan lewer. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.5 DIALOOG
Jy stap elke middag huis toe en sien gereeld ʼn man wat by die verkeerslig
bedel. Jy besluit op ʼn dag dat jy graag meer van hierdie man se
omstandighede wil uitvind en hom wil motiveer om sy lewe te verander.
Skryf die DIALOOG wat tussen jou en die man plaasvind. [25]
2.6 TYDSKRIFARTIKEL
Daar is geen groter armoede as eensaamheid nie, het moeder Teresa
gesê.
Skryf ʼn TYDSKRIFARTIKEL met die volgende opskrif: Eensaamheid – die
epidemie van ons tyd. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2013 QP
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper