Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V1
NOVEMBER 2018
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2018
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)30 marks
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
4. Trek 'n streep ná elke afdeling.
5. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/November 2018
NSS
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS A: ARTIKEL
Wees sélf jou BESTE handelsmerk
1 Nike, Coke, Levi – dis handelsmerke wat geen bekendstelling nodig het nie.
Almal ken hierdie groot internasionale rolspelers. Plaaslik is van die
topmaatskappy-handelsmerke Mrs Ball's-blatjang, SARIE en Ouma-beskuit.
Dis duidelik: 'n sterk handelsmerk bepaal sukses.
2 Ter wille van jou eie sukses is dit tyd om jou persoonlike handelsmerk te skep 5
en uit te bou. Jong werksoekers word toenemend aangeraai om hul éie
handelsmerke te vestig voordat hulle vir werksonderhoude gaan. Dit word al
duideliker dat jong werksoekers nie kan bekostig om die sakewêreld sonder 'n
sterk persoonlike handelsmerk aan te pak nie.
3 Sake- en leefstylafrigter, Julia Fourie van Durbanville, sê: "Bepaal eers wat jou 10
langtermynvisie en die doel van jou handelsmerk is. Wees egter eg en onthou:
eerste indrukke tel. Wanneer jy iemand ontmoet of op sosiale media verskyn,
maak seker jou klere, lyftaal, nuanses in jou stem, wat jy sê, verswyg om te sê,
is wat die wêreld moet sien. Kortom, wie en wat jy is of wil verteenwoordig, is
jou handelsmerk," sê Fourie. 15
4 Georg Knoke, vryskutdosent aan die Instituut vir Bemarkingsbestuur wat op
handelsmerke, digitale bemarking en sosiale media fokus, ondersteun Fourie
se standpunt wanneer hy opmerk: "Opinies word binne vyf sekondes gevorm,
voordat jy nog jou mond opgemaak het. As jy 'n slegte eerste indruk maak,
neem dit tot twintig jaar om dit te herstel." 20
5 Hy beskryf die kenmerke van 'n goeie persoonlike handelsmerk as egtheid,
aantreklikheid en professionaliteit. Goeie kommunikasievaardighede sodat jy
jou saak onomwonde kan stel, is ook belangrik. Die kletskoningin,
Oprah Winfrey, en komediant, Trevor Noah, is voorbeelde. Hy reken dit sal
goed wees as kinders reeds op skool ingelig word oor die waarde van 'n goeie 25
handelsmerk – veral in vandag se ekonomiese tye, waar jy nêrens kom as jy
jouself nie kan bemark nie.
6 Soms maak jy "foute" en skep 'n beeld wat nie met jou handelsmerk strook nie.
Dit is nadelig. "Hoe beter jy jouself verstaan, hoe meer sal jy besef wat jy eintlik
vir die ander persoon/werkgewer oor jouself wil 'sê'," verduidelik Fourie. 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/November 2018
NSS
7 Jy sal dit nooit honderd persent regkry om nie foute te maak nie. Interpretasie
van jou handelsmerk deur werkgewers is afhanklik van hulle kultuuragtergrond
en geloof (doen dus eers 'n bietjie navorsing indien nodig!), maar daar is
sekere algemeen aanvaarbare standaarde waarvolgens jy kan optree. Lyk
netjies, ruik lekker, praat duidelik. Luister na mense, vra belangstellend uit, 35
maar moenie persoonlike vrae vra nie. Moenie dadelik te veel persoonlike
inligting oordra nie; wees ontspanne en selfversekerd, maar nie aanstellerig
nie.
8 Fourie waarsku dat dit taboe is om foto's op sosiale media te plaas waar jy
kaal/skraps geklee is, onder die invloed van drank verkeer of iemand oopmond 40
soen. 'n Definitiewe taboe is platvloerse statusse met onsmaaklike grappe en
vloekwoorde.
9 Knoke bied ook raad in die vestiging van jou eie handelsmerk aan. Hy beveel
aan dat jy nie by persoonlike vetes op sosiale media betrokke moet raak nie,
en liefs moet wegbly van politiek en godsdiens. "As jy een keer 'n uitspraak op 45
sosiale media gemaak het, is dit vir ewig daar. Jare daarna haal mense jou
nog aan. Maak seker dat jou taalgebruik onberispelik is – géén vloekery nie en
beslis ook géén spelfoute nie."
10 'n Nuwe neiging is om onderhoude met die werkgewer aanlyn, via Skype, te
voer. Sorg dat jy tydens so 'n onderhoud 'n professionele handelsmerk 50
voorhou, aldus Knoke. Hy stel voor: "Vermy te veel juweliersware, verberg
tatoeëermerke en raak ontslae van neusringe."
11 Deesdae bepaal individue se handelsmerke hul sukses makliker as wat groot
maatskappye se handelsmerke húl sukses bepaal, volgens die webtuiste
www.werksoek.com. Maatskappye kyk nie meer net na toekomstige 55
werknemers se curriculum vitaes en verwysingsbriewe nie, en beoordeel hulle
aansoekers nie slegs op grond van onderhoude nie. Jou aanlyn
teenwoordigheid tel baie punte. Met 'n sterk aanlyn handelsmerk kan jy tot
500% meer mense bereik as wanneer maatskappye dieselfde inligting
versprei, meen die webtuiste. 60
12 Mense vind dit moeilik om hul eie handelsmerke te vestig – aanlyn of in die
regte lewe. Maar Fourie meen jy sal moet leer om uit jou gemaksone te kom.
"Dit is deel van die handelsmerkuitdaging. Wees trots op die dinge wat jy
bereik het en plaas gerus jou suksesse op sosiale media; jy kan nie verwag
dat mense iewers anders moet uitvind wat jy hulle kan bied nie. Dan gaan jy 65
nie in jou loopbaan vorder nie," sê sy.
13 Indien jy 'n sukses van jou loopbaan wil maak, is dit waardevol om raad van
kenners in te win, is Knoke se raad, veral wanneer jy beplan om aansoek te
doen om 'n pos by groot maatskappye soos Sasol, Eskom en Absa. Hy voeg
by dat jy moet sorg dat jou persoonlike handelsmerk by hul maatskappybeeld 70
pas.
14 Verder is Knoke van mening dat jou persoonlike handelsmerk soos 'n sleutel in
'n slot by jou sakebelange moet pas. "Die wagwoord is: wees eg/outentiek. Só
wen jy harte en bou jy 'n goeie reputasie. Dán wil mense jou volg en kan jy
hulle beïnvloed." 75
[Verwerk uit Sarie, Januarie 2018]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/November 2018
NSS
TEKS B: VISUELE TEKS
AGTERGRONDINLIGTING
Twaalf kamele is vanjaar se 1. Ai, vandag se kamele darem!
Kameelfees in Saoedi-Arabië belet Kyk nou net daai vals lippe!
omdat hulle glo met Botox* ingespuit
Onthou jy, ons is mos van jongs
is om hulle vir die Kameelfees mooier
te laat lyk.
af geleer om net onsself te
CNN berig duisende kamele neem wees? 'n Kameel hoef net 'n
jaarliks aan die Koning Abdullaziz- kameel te wees ...
Kameelfees deel waar hul voorkoms
beoordeel word, onder meer op grond
van hulle volronde lippe.
2. Die Botox-storie is omtrent op almal se lippe!
[Verwerk uit https://www.msccruises.co.za]
* Botox is 'n middel wat in klein hoeveelhede deur plastiese sjirurge gebruik word om lyne
en plooitjies op die gesig tydelik te verwyder of minder opvallend te maak.
VRAE: TEKS A
1.1 Gee die woord in die titel wat by "SARIE" in paragraaf 1 aansluit. (1)
1.2 Is Coke 'n voorbeeld van 'n tophandelsmerk? Motiveer jou antwoord. (1)
1.3 Wat is, volgens Julia Fourie, die eerste aspek wat jy in ag moet neem met die
bou van jou eie handelsmerk? (1)
1.4 Wat is 'n handelsmerk, volgens Julia Fourie? (1)
1.5 Herlees paragraaf 3 en 4.
Watter ooreenstemmende sienswyse huldig Fourie en Knoke? Kan hul
uitsprake as geloofwaardig beskou word? Motiveer jou antwoord. (2)
1.6 Watter VIER kwaliteite, volgens Knoke, sal 'n goeie persoonlike handelsmerk
waarborg? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/November 2018
NSS
1.7 Herlees paragraaf 3 en 6.
Noem TWEE maniere waarop jy sogenaamde "foute" ten opsigte van jou
voorkoms kan voorkom. Is dit, na jou mening, moontlik om altyd 'n positiewe
handelsmerk met betrekking tot jou voorkoms uit te straal? Motiveer jou
antwoord. (3)
1.8 Paragraaf 7 noem algemeen aanvaarbare standaarde.
Watter TWEE van dié standaarde beskou jý as die belangrikste
kommunikasievaardighede tydens 'n werksonderhoud? Gee 'n rede vir ELKE
standaard wat jy noem. (2)
1.9 Fourie en Knoke gee waarskuwings ten opsigte van sosiale media.
Noem die waarskuwing waarvan albei melding maak. Gee TWEE redes
waarom hierdie waarskuwing ten opsigte van sosiale media so belangrik is. (3)
1.10 In watter opsig weerspreek die onderstreepte sin in paragraaf 11 die mening
van die joernalis in paragraaf 1? (1)
1.11 Gee TWEE redes waarom sommige mense dit so uitdagend vind om 'n eie
handelsmerk te vestig. (2)
1.12 Dink jy die aanbeveling in die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 13 is sinvol
vir 'n jong werksoeker? Motiveer jou antwoord. (1)
1.13 Gee TWEE gevolge wat 'n outentieke persoonlike handelsmerk vir jou kan
inhou. (2)
VRAE: TEKS B
1.14 Watter visuele leidraad in TEKS B dui daarop dat die pratende kameel
afgunstig op die ander twee kamele is? (1)
1.15 Wat word met die sin in SPRAAKBORREL 2 geïmpliseer? (1)
1.16 Op watter manier slaag die spotprent daarin om die fokus op volronde lippe
te plaas? (1)
VRAE: TEKS A EN B
1.17 Herlees TEKS A (paragraaf 5) en TEKS B.
Noem TWEE ooreenkomste tussen dié paragraaf en die AGTERGROND-
INLIGTING in TEKS B.
Gee 'n aanhaling uit SPRAAKBORREL 1 wat op 'n ooreenkoms tussen
TEKS A (paragraaf 5) en dié spraakborrel dui. (3)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/November 2018
NSS
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE wenke wat jy kan gebruik
om 'n goeie CV (curriculum vitae) op te stel.
LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in
paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde
beslaan nie.
2. Jy moet 'n samehangende paragraaf skryf.
3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie.
4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
KELDER JOU CV JOU?
As jy ondanks jou goeie kwalifikasies voel dis makliker om die Lotto te wen as om 'n
werksonderhoud te kry, lê die probleem dalk by jou CV.
Jou CV is die eerste en enigste indruk wat die maatskappy van jou het. Sorg dat jou
CV taalkundig goed versorg is, sodat jy die beste indruk moontlik maak. Moenie in die
versoeking kom om die waarheid effens te rek in 'n poging om jou CV so blink as
moontlik te poets nie; eerlike bewyse en inligting wek nie agterdog nie.
As jy by 'n groot maatskappy om 'n posisie aansoek doen, sit die posbenaming op jou
CV by; die kanse is goed dat hulle ook ander poste adverteer. Indien jy net
"werksaansoek" op die CV/koevert skryf, kan dit maklik misgekyk word.
As jy by meer as een maatskappy en om verskeie poste aansoek doen, is dit belangrik
dat jou CV raakgesien word. Maak jou CV uniek deur seker te maak dat jy alle
tersaaklike inligting by die CV insluit, bv. alle addisionele kursusse wat jy voltooi het.
Lig jou sterkste eienskappe uit wat dit duidelik maak dat jy 'n bydrae tot voordeel van
die maatskappy se strukture kan lewer.
'n Droomwerk vereis 'n droomkandidaat. Jy gaan nie soos een lyk as jy twee jaar
gelede graad gekry het en sedertdien by die huis gesit en niks gedoen het nie. As jy
nie werk kry nie, doen iets om persoonlik te groei of leer iets nuuts aan. As vyftig
mense om 'n pos aansoek doen en jy het nagelaat om verwysings van vorige
aanstellings in te sit, is jou kans skraal dat iemand die moeite gaan doen om daarvoor
te vra.
Jy sal nie kan terugsit in die hoop dat jy die beste aansoek uitgestuur het nie. Jou
soektog is soos 'n werk. Bly daagliks op die uitkyk na nuwe moontlikhede, sodat jy jou
CV gereeld kan aanpas om onmiddellik te kan reageer wanneer 'n geleentheid hom
voordoen.
Bly positief, hou moed en hanteer elke aansoek met trots asof dit die een is wat gaan
slaag.
[Verwerk uit rooi rose, November 2016]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/November 2018
NSS
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D
1 Smaakliker. Makliker.
2 Ons sensasionele someroes verseker
3 gesonder lewens,
4 moeiteloos!
5 Betaal vir die
6 beste druiwe in
7 Suid-Afrika –
8 slegs R19,99
9 per 250 gram
10 Plaasvars-
11 belofte 100%
12 gewaarborg:
A
13 Vrugte NUUT:
14 Groente R46,99 per
15 Gebak suikersoet
16 Suiwel waatlemoen
17 Vleis
18 Deur die bank beter as die allerbeste vir jou!
[Verwerk uit https://static0.tiendeo.co.za]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/November 2018
NSS
VRAE: TEKS D
3.1 Gee die oortreffende trap van die onderstreepte woord in reël 1. (1)
3.2 Die advertensie gebruik die woord "smaakliker" in reël 1.
Gebruik die woord "smaakvol" in 'n verduidelikende sin. (1)
3.3 Verdeel die onderstreepte woord in reël 2 in lettergrepe. (1)
3.4 Gee die betekenisfunksie van die agtervoegsel van die woord in reël 4. (1)
3.5 Watter TWEE boodskappe wil die adverteerder met die woord in reël 4
oordra? (2)
3.6 Gee die korrekte afkorting van die onderstreepte woord in reël 9. (1)
3.7 Watter aanname kan Checkers se klante na aanleiding van reëls 10 tot 12
maak? (1)
3.8 Waarom gee die adverteerder voorkeur aan regmerkies in reëls 13 tot 17? (1)
3.9 Dink jy die stervorm (A) in die hoek regs onder in die advertensie ondersteun
die slagspreuk in reël 18? Gee 'n rede vir jou antwoord. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
MAMA TAXI
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 RAAMPIE 4
Het jy onlangs ... en baie Facebook. Ek lees
Dis vol opwindende prentjies!
'n goeie boek lewensdramas, romanse, dáár die mense is
Naam?
gelees? Ja, een vieslike skinderstories ... kwaad vir die taxi.
wat ek
nie kan
neersit
nie!
RAAMPIE 5 RAAMPIE 6 RAAMPIE 7
Hierdie koerant skryf óók dat Mama, kyk, almal groet Ai toggie! Wie sal my help?
die mense vir Mama-hulle jou! Moet jy nie stadiger STADIG! Die lig is rooi!
kwaad is. ry en teruggroet nie?
RAAMPIE 8 RAAMPIE 9 RAAMPIE 10 RAAMPIE 11
Jou regterflikkerlig Die linkerflikkerlig werk nie
Mama,
is aan. Jy draai links. O, toggie! en ek wou 'n ongeluk
asseblief tog!
Wat is fout? voorkom! Meneer, ...
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/November 2018
NSS
RAAMPIE 12 RAAMPIE 13 RAAMPIE 14
... my kop is nie lekker nie – lae Korporaal, as jy my nou
bloeddruk. Ek is op pad om iets dadelik laat ry, koop ek vir Kou solank hieraan!
souts te koop om te kou! jou ook iets om te kou!
[Verwerk uit Die Burger, Maart 2018]
VRAE: TEKS E
4.1 Benoem die onderstreepte werkwoord in RAAMPIE 1 volledig. (1)
4.2 Skryf die meervoud van die onderstreepte woord in RAAMPIE 4 neer. (1)
4.3 Wat is die geïmpliseerde betekenis van die passasier se woorde in die
onderstreepte sinsdeel in RAAMPIE 6? (1)
4.4 Gebruik 'n toepaslike skryfteken om die vetgedrukte woord in RAAMPIE 7 op
'n ander manier as vetdruk te beklemtoon. (1)
4.5 Ondersteun die visuele voorstelling in RAAMPIE 7 die onderstreepte sin in dié
raampie? Motiveer jou antwoord. (1)
4.6 Verbind die verkeersman se onderstreepte sinne in RAAMPIE 10 om 'n
veelvoudige sin te vorm. (1)
4.7 Gebruik die onderstreepte woord in RAAMPIE 12 as 'n afgeleide werkwoord
in 'n verduidelikende sin. (1)
4.8 Haal die sinsdeel aan waarmee Mama Taxi die verkeersman probeer
manipuleer en dui die aard van die manipulasie aan. (2)
4.9 Wat is die konnotatiewe betekenis van die verkeersman se woorde in
RAAMPIE 14? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 5: ARTIKEL
Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS F
SUIKER: DIS WAT DÍT AAN JOU DOEN
1 Jy weet jy moet minder soetgoed eet.
2 Jy gooi dit by jou koffie/tee. Voeg dit by gebak soos pasteie en koek. Sprinkel
dit oor jou ontbytvlokkies en hawermout, proe dit in tamatiesous en in feitlik
elke versnapering. Suiker. Vir ons is dit 'n verloklike lekkerte.
3 Maar die verband tussen suiker en chroniese siektes kom toenemend onder
die soeklig. Kenners beskou ons suikerinname as 'n moontlike oorsaak van die
wêreldwye epidemie van vetsug, metaboliese sindroom, hoë bloeddruk,
cholesterol en bloedsuiker. Dit kan jou kans op diabetes, bloedvat- en
lewersiektes vergroot.
4 Sowat 65% vroue en 31% mans is oorgewig/vetsugtig. Ook sowat 23% kinders
van 2 tot 14, volgens die Dieetkundevereniging van SA (ADSA). Tot 150 jaar
gelede was suiker nie stapelkos nie. Nou gebruik ons jaarliks gemiddeld sowat
50 kg per persoon. "Dis 29 teelepels per dag!" sê die Dieetkundevereniging.
5 Piet Smit vra of jy presies weet wat die effek van so baie soetgoed op jou
liggaam is. Die antwoord is eenvoudig: Jou gesondheid word afgebreek!
Volgens hom is nalatigheid 'n duur prys om vir jou gesondheid te betaal.
6 Suikerverslaafdes kan óf natuurlike versoeters óf kunsmatige versoeters as
alternatief oorweeg. Jou gesondheid is belangriker as 'n oomblik se
lekkerte op jou lippe.
[Verwerk uit SARIE, 29 Desember 2017]
VRAE: TEKS F
5.1 Skryf EEN woord uit paragraaf 1 en EEN woord uit paragraaf 2 neer wat direk
met "dít" in die titel verband hou. (2)
5.2 Gee 'n voorbeeld van kontaminasie uit paragraaf 2. (1)
5.3 Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 3 in die lydende vorm. (1)
5.4 Skryf die woord in paragraaf 5 neer wat deur ontronding beïnvloed kan word.
Gebruik dié ontronde woord in 'n sin van jou eie. (2)
5.5 Gee die direkte rede van die onderstreepte sin in paragraaf 5. (1)
5.6 Gebruik die verlede deelwoord van "vra" (in paragraaf 5) in 'n verduidelikende
sin. (1)
5.7 Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 6 in die ontkennende vorm. (1)
5.8 Brei die vetgedrukte sin in paragraaf 6 met 'n bywoordelike bysin uit. Skryf die
sin met die uitbreiding neer. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 NSC November 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Supplementary November 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper