Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 12202313 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC November Exam 2023

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 NOVEMBER 2023 PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 2 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 4. Trek 'n streep ná elke afdeling. 5. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 3 DBE/November 2023 NSS AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die volgende tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg. TEKS A: ARTIKEL HOEVEEL PLASTIEK NEEM JY IN? 1 Onwetend neem mense weekliks ongeveer 5 g (die gewig van 'n kredietkaart) se mikroplastiek in. Dit is dalk vir sommige mense 'n bekende feit, máár het jy geweet dat dié klein stukkies plastiek, wat 5 mm of kleiner is, nie alles deur die liggaam uitgeskei word nie? 2 Wetenskaplikes is daarvan oortuig dat mense plastiek inneem deur die lug wat 5 hulle inasem, die kos wat hulle eet en water wat hulle drink. Daar is dus plastiekdeeltjies letterlik oral om ons: in die oseaan, in die lug, in sneeu op hoë berge en selfs in die mens se liggaam. 3 Navorsers aan die Universiteit van Wene het ondersoek ingestel na maniere waarop plastiek in die menslike liggaam beland. 'n Deel van hulle navorsing was 10 om die mens se inname van water te ondersoek. Hulle bevinding was dat, as jy die aanbevole hoeveelheid water – 1,5 tot 2 liter per dag – uit plastiekbottels drink, 90 000 plastiekdeeltjies per jaar in jou liggaam sal beland. Om kraanwater te drink los ook nie dié probleem op nie! Hierdie studie toon dat die mense wat dieselfde hoeveelheid water uit die kraan drink, jaarliks ongeveer 40 000 stukkies 15 plastiek inneem. 4 Studies het getoon dat mikroplastiek tot dusver nie tot die dood of regstreekse vergiftiging van mense gelei het nie. Daar is egter al hoe meer bewyse van die potensieel skadelike uitwerking wat mikroplastiek op die mens se liggaam het. Wetenskaplikes het byvoorbeeld onlangs stukkies plastiek in pasiënte 20 se longe gevind. Vorige studies het mikroplastiek in menslike stoelgang en lykskouingsmonsters geïdentifiseer – dit is egter die eerste keer dat wetenskaplikes plastiekdeeltjies wat in die longe van lewende pasiënte vasgesteek het, ontdek het. 5 'n Span navorsers by die Hull York Mediese Skool in die Verenigde Koninkryk het 25 die longweefsel van 13 pasiënte wat operasies ondergaan het, ontleed. Hoewel dit dalk 'n relatief klein steekproef is, het hulle in 11 van die 13 pasiënte (85%) se longe mikroplastiek gevind! 6 Bevindings van 'n ander studie deur navorsers aan die Vrije Universiteit van Amsterdam is in die jongste uitgawe van hulle vaktydskrif gepubliseer. Hulle het 30 nanodeeltjies* van mikroplastiek in die bloed van 17 uit 22 mense wat aan hulle proefneming deelgeneem het, gevind. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 4 DBE/November 2023 NSS 7 Die Barcelona Universiteit in Spanje en die Saarland Universiteit in Duitsland het 'n gesamentlike studie oor die nadele van mikroplastiek in die menslike liggaam onderneem. Hieruit het dit geblyk dat plastiekdeeltjies aan die buitewand van 35 rooibloedselle bind – wat dié selle se vermoë om suurstof te vervoer, belemmer. 8 Die groot vraag is: wat gebeur werklik in die liggaam? Word dié mikroplastiek- deeltjies na sekere organe vervoer? Is hierdie vlakke van mikroplastiek- besmetting hoog genoeg om siektes soos kanker te veroorsaak? Prof. Dick Vethaak, verbonde aan die Vrije Universiteit, doen navorsing oor die 40 invloed van giftige chemikalieë op die mens en die ekosisteem. Hy het in 'n onderhoud gesê dat, hoewel die navorsing uitgebrei gaan word om agter die kap van die byl te kom, dit duidelik is dat plastiekdeeltjies deur die liggaam vervoer word én daar agterbly. Hy beskou die resultate van die studies beslis as 'n deurbraak. Die probleem is ongelukkig dat hierdie deeltjies só klein kan wees dat 45 selfs die modernste tegnologie dit nie kan opspoor nie. 9 Besoedeling deur mikroplastiek is 'n wêreldwye probleem en dit is nog onbekend hoe ernstig die gevolge daarvan gaan wees. Dit is wel duidelik dat die ontdekking van mikroplastiek in menslike bloed asook in longe bevestig het dat dit 'n groter gevaar vir ons gesondheid inhou as waarvan ons tot dusver bewus was. 50 10 Uit 'n wetenskaplike studie deur Orb Media blyk dit dat 83% van die watermonsters wat uit krane in 'n dosyn lande verkry is, met mikroplastiek besmet is. Omdat nie alle huishoudings toegang tot lopende water het nie, verhoog die konsentrasie van mikroplastiek in riviere – veral die hoeveelheid vesels – as gevolg van klere wat in riviere gewas word. 55 11 Mikroplastiek beland gevolglik in oseane. Na raming is daar meer as 70 miljoen ton mikroplastiek sedert 1950 in die oseaan gestort – dit is veral aan industriële vervaardigingsprosesse te wyte. Plastiekproduksie kan (ten spyte van 'n groter hoeveelheid mense wat hulle wêreldwyd vir 'n groter omgewingsbewustheid beywer) teen 2040 verdubbel. 60 12 Ons Suid-Afrikaners is net so blootgestel aan hierdie probleem. As gevolg van munisipaliteite se swak dienslewering, soos die afwesigheid van lopende water en die verwydering van huishoudelike afval, is riviere ongelukkig dikwels die stortingsterrein. 13 Die werklikheid wêreldwyd is: riviere, oseane, selfs plekke waar ons drinkwater 65 vandaan kom, het asblikke geword. En dit voorspel niks goeds vir die toekoms nie. *Nanodeeltjie(s) – 'n miljardste deeltjie [Aangepas uit https://maroelamedia.co.za/leefstyl/gesondheid, 14 Mei 2022 en netwerk24.com/stemme /aktueel/n-land-en-see-wat-aan-rommel-verstik-20200608] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 5 DBE/November 2023 NSS TEKS B: VISUELE TEKS [Aangepas uit https://link.springer.com/article/10.1007/s11356-021-13184-2] VRAE: TEKS A 1.1 Op watter manier word die leser se belangstelling in die titel geprikkel? (1) 1.2 Verwys na paragraaf 1. 1.2.1 Sal die weglating van die woord "dalk" die betekenis van die sin verander? Motiveer jou antwoord. Waarom is dit funksioneel dat die woord "máár" beklemtoon is? (2) 1.2.2 Gee 'n rede waarom dié paragraaf 'n gepaste inleidingsparagraaf is. (1) 1.3 Waarom is die uitwerking van die drink van 1,5 tot 2 liter water per dag uit plastiekbottels (paragraaf 3) ironies? (1) 1.4 Verwys na paragraaf 4 tot 7. Waarom is dit 'n valse gerusstelling dat mikroplastiekbesoedeling nie mense se dood veroorsaak nie? Verwys in DRIE afsonderlike sinne na die longe, bloed en rooibloedselle. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 6 DBE/November 2023 NSS 1.5 Verwys na die syfers in paragraaf 5 en 6. 1.5.1 Waarom is hierdie bevindings geloofwaardig? (1) 1.5.2 Die syfers in paragraaf 5 en 6 is nie kommerwekkend nie, maar dit kan mense ontstel. Lewer kommentaar op dié stelling deur te verwys na waarom dit met die eerste oogopslag nie "kommerwekkend" is nie, maar by nadere ondersoek tog "ontstellend" kan wees. (2) 1.6 Wat bedoel prof. Vethaak met sy woorde "... om agter die kap van die byl te kom ..." binne konteks? Noem TWEE feite. (2) 1.7 Watter VIER ontstellende feite oor mikroplastiek word in paragraaf 9 genoem? (4) 1.8 "Plastiekproduksie kan (ten spyte van 'n groter hoeveelheid mense wat hulle wêreldwyd vir 'n groter omgewingsbewustheid beywer) teen 2040 verdubbel." (Paragraaf 11) 1.8.1 Wat word deur hierdie sin geïmpliseer ten opsigte van mense wat omgewingsbewus is? (1) 1.8.2 Watter bedekte waarskuwing lê in die stelling hierbo? (1) 1.9 Op watter TWEE maniere kan munisipaliteite probeer voorkom dat mikroplastiek in riviere beland? Is dit regverdig om hulle hiervoor aanspreeklik te hou? Motiveer jou antwoord. (3) 1.10 Paragraaf 13 skep 'n donker prentjie van oseane en riviere wat asblikke geword het. Motiveer hierdie stelling met TWEE bewyse uit paragraaf 10 en 11 onderskeidelik. Verwys in jou antwoord na oseane en riviere afsonderlik. (2) VRAE: TEKS B 1.11 Waarom is die opskrif noodsaaklik vir die verstaan van die voorstelling? (1) 1.12 Watter universele kwessie word deur die visuele teks voorgestel? (1) 1.13 Waarom, dink jy, kan mense as slagoffers van hulle dade beskou word? Verwys in jou antwoord na hulle dade én hulle slagofferskap. (2) VRAAG: TEKS A EN B 1.14 Herlees TEKS A se paragraaf 2 asook TEKS B. Op watter TWEE maniere ondersteun TEKS B die inligting van paragraaf 2 in TEKS A? (2) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 7 DBE/November 2023 NSS AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van sewe wenke aan skoolverlaters oor die manier waarop hulle makliker hulle voete in die grootmenswêreld kan vind. LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf. 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie. 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het. TEKS C VIND JOU VOETE IN DIE GROOTMENSWÊRELD Jy bevind jou tans in 'n fase tussen skoolverlater en die grootmenswêreld. Jy was tot dusver sorgvry, maar die belangrikste van alles – jy het matriek oorleef en nou moet jy begin om die grootmenswêreld jou eie te maak. Die volgende raad kan in hierdie nuwe fase van jou lewe nuttig te pas kom: Dit is belangrik dat jy altyd bereid moet wees om 'n student van die lewe te bly. Jy gaan heel moontlik jou kop dikwels stamp, maar daardeur sal jy belangrike lesse leer. Wat is jou droom vir die toekoms? Of dit nou 'n spesifieke kursus aan 'n universiteit is of om jou eie onderneming te begin – volg jou droom passievol, al skop die lewe jou verskeie kere terwyl jy lê. Wanneer jy mislukkings beleef, is dit belangrik om mense te hê wat 'n hand sal uitsteek wanneer jy struikel. Sulke vriende is skaars, maar laat jou nooit in die steek nie. Omring jou daarom met 'n gesonde ondersteuningsnetwerk. Omdat die lewe jou voorberei vir die mens wat jy eendag gaan wees, is dit dus belangrik om te alle tye met integriteit op te tree, sodat jy as 'n geloofwaardige grootmens jou skoene in die samelewing kan vol staan. Jongmense begin dikwels twyfel of hulle besig is om te doen wat hulle regtig wil en moet. As jy met mense wat dieselfde beroep as jy beoefen (of wil beoefen), kommunikeer, sal dit jou help om onsekerhede oor jou loopbaan uit die weg te ruim. Om kennis op te doen oor watter spesifieke eise aan jou gestel gaan word en die opofferings wat jou beroep gaan verg, sal skaduwerk in dieselfde beroepsveld waarin jy belangstel, leersaam wees. 'n Belangrike les om te leer is dat jy altyd bereid moet wees om eers te kruip voor jy wil hardloop, want jy moet jouself eers bewys met eenvoudige opdragte voordat jy met meer verantwoordelikhede vertrou kan word. Benut ten slotte jou nuutverworwe vryheid met verantwoordelikheid. Dit is jou kans om te bewys dat jy jou eie lewe kan lei sonder dat jou ouers oor jou skouer loer. [Aangepas uit https://www.netwerk24.com/netwerk24/skole-student en Sarie, 21 Januarie 2021] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 8 DBE/November 2023 NSS AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS D [Aangepas uit https://www.doom.co.za/about] VRAE: TEKS D 3.1 Noem TWEE maniere waarop die woordgebruik by A die leser se aandag trek. (2) 3.2 Watter tegniek word aangewend om die naam van die produk uit te lig? (1) 3.3 Verwys na die woorde by A en C. 3.3.1 Watter emosie word deur die woord "voertsssssek" oorgedra? (1) 3.3.2 Wat is die funksie van die woorde by C? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 9 DBE/November 2023 NSS 3.4 Gebruik die homoniem van die onderstreepte woord "net" (in A) in 'n verklarende sin. (1) 3.5 Is die gebruik van die min woorde in die advertensie doeltreffend? Motiveer jou antwoord. (1) 3.6 Watter mense sal hierdie advertensie as negatief ervaar? (1) 3.7 Gee die betekenis van die voorvoegsel multi- in multi-insekdoder (by B). In watter opsig sluit die visuele uitbeelding op die spuitblik by die betekenis van die voorvoegsel aan? (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 10 DBE/November 2023 NSS VRAAG 4: STROKIESPRENT Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E Bly tog net stil! Stop jou gebabbel! Komaan, weg is jy! Toe, SKOERT! Gaan sit êrens anders! HUISMOLES UIT IS JY, … en vat jou HOOR Sy dryf my teen die mure Jy kan my nie MANNETJIE! verspotte JY MY! uit. Ek kan slange vang! net uitsmyt nie! 'bersie' saam! Sy is 'n boelie! Ek sal Ek gaan nou vir haar Kersfees gaan jy 'n sak nie haar strooi opeet sê waar Dawid die Ja? spinnekoppe of ... klippe kry! nie! wortels gegrawe het. [Aangepas uit https://peanuts.fandom.com/wiki/January –1960_comic_strips] VRAE: TEKS E 4.1 Wat doen die seuntjie in RAAMPIE 2 in reaksie op sy sussie se woorde én hoe word hierdie reaksie deur die spotprentkunstenaar getoon? (2) 4.2 Verwys na RAAMPIE 3. Watter houding word in RAAMPIE 3 deur die verkleiningsvorm uitgedruk én watter woord in RAAMPIE 2 sluit by hierdie houding aan? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 11 DBE/November 2023 NSS 4.3 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (4.3) en die korrekte letter (A–D) neer, bv. 4.3 E. Watter EEN van die volgende sinne het 'n bywoordelike bysin in? A Jy kan my nie in die middag uitsmyt nie. B Jy kan my nie net uitsmyt, omdat ek jou pla nie. C Jy wat dink jy is groot, kan my nie uitsmyt nie. D Jy kan my nie uitsmyt nie, want ek bly ook hier. (1) 4.4 Wat is die verband tussen die woorde in RAAMPIE 9 en 10 en die seuntjie se optrede in RAAMPIE 11? Dink jy RAAMPIE 11 dra tot die humor in RAAMPIE 14 by? Motiveer jou antwoord. (2) 4.5 Wat is die funksie daarvan dat die seuntjie in RAAMPIE 12 niks sê nie? (1) 4.6 Dink jy die seuntjie slaag met sy woorde in RAAMPIE 14 in sy doel? Motiveer jou antwoord deur na die dogtertjie se lyftaal te verwys. (1) 4.7 Skryf die sin in RAAMPIE 14 as 'n wenssin oor. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 12 DBE/November 2023 NSS VRAAG 5: ARTIKEL Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS F O BEESMIS, MY BRANDSTOF IS OP 1 Moenie verbaas wees as julle in die toekoms neerplons op 'n motorsitplek gemaak van eierdoppe, gemaalde lensies en (5.1) (herwin) visnette nie. 2 Dis die planne wat Ian Callum, vorige hoof van Jaguar se ontwerpspan, pas in sy navorsingstaak aan die motorbedryf voorgestel het. Hy het 'n bietjie inligting gaan inwin oor wat moontlik is om ons voertuie se binneruim meer volhoubaar te 5 ontwerp. 3 Om daardie mooi hout van die instrumentpaneel na te boots stel hy voor dat ons piesangblare gebruik. (5.3) Wortelsap kan as kleurmiddel ingevoeg word om sake op te vrolik. (5.4) Sitplekoortreksels verlang 'n kleurvaste, duursame materiaal wat van goeie gehalte is. Poliëster en nylon is die (5.5) ideale opsies, 10 alhoewel Callum sê ons kan steeds plastiek omseil deur bloot van flenterklere gebruik te maak. Daar is reeds 'n maatskappy in Europa wat ou denims neem, dit met stysel behandel en dan nuwe lap daarvan maak. 4 Praat van mense wat tot uiterstes gaan! Daar is nou kêrels wat hulle motors met beesmis wil laat ry. Suzuki se Indiese filiaal het (5.6) gevolglik aangekondig dat 15 hy 'n ooreenkoms met 'n (5.7) Japanse groep onderteken het. Hulle spesialiseer in die ontginning van natuurlike gas – juis van beesmis gegenereer. [Aangepas uit Beeld, 9 Februarie 2023] VRAE: TEKS F 5.1 Skryf die sterk verlede deelwoord van die woord tussen hakies (paragraaf 1) neer. (1) 5.2 Verwys na paragraaf 2. 5.2.1 Waarom is die gebruik van die kommas in paragraaf 2 funksioneel? (1) 5.2.2 Skryf die woord uit paragraaf 2 neer wat tydens uitspraak gepalataliseer word. (1) 5.3 Verwys na die onderstreepte sin in paragraaf 3. Waarom, dink jy, is die lydende vorm binne konteks van dié teks meer gepas? Skryf dié sin in die bedrywende vorm. (2) 5.4 Benoem die taalverskynsel wat in die vetgedrukte sin in paragraaf 3 voorkom. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Huistaal/V1 13 DBE/November 2023 NSS 5.5 Verdeel die woord "ideale" (paragraaf 3) in lettergrepe én skryf die korrekte vorm van die woord tussen hakies in die sin hieronder neer: Dit is (ideaal) van jou om te dink dat alle mense van plastiek gaan ontslae raak. (2) 5.6 Gee 'n sinoniem van die vetgedrukte woord in paragraaf 4 en gebruik die sinoniem in 'n verklarende sin van jou eie. (1) 5.7 Lees die sin hieronder en kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (5.7) en die korrekte letter (A–D) neer, bv. 5.7 E. Suzuki se Indiese filiaal het pas aangekondig dat dit 'n ooreenkoms met 'n Japanse groep onderteken het. Die onderstreepte woord is 'n ... A byvoeglike naamwoord. B selfstandige naamwoord. C bywoord. D persoonsnaam. (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all