Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12202338 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 38 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2023

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 80 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 38 bladsye.
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) NASIENRIGLYNE 1. As ʼn kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.) 2. As ʼn kandidaat in AFDELING A al vier vrae en die gesiene gedigte beantwoord het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien. 3. As ʼn kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is. 4. As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. 5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die nasienriglyn nagesien. 6. Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As ʼn spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou. 7. Opstelvrae: As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener/ vakhoof. Die nasienriglyne is slegs ʼn riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die opstelvrae na te sien. 8. Kontekstuele vrae: As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. 9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word. 10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/motivering/bewys verdien die punt. 11. Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3 AFDELING A: GEDIGTE VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL “Elegie vir my toekomstige vrou” André Letoit Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien. LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan. • In gedig word daar ʼn speelse manier na die huwelik as instelling gekyk. • Titel: Dit het ʼn ironiese kontras, want ʼn elegie is ʼn treursang en gewoonlik skryf ʼn verliefde ʼn lofsang vir sy toekomstige vrou. Hier treur die ek – spreker oor ʼn vrou wat hy in die toekoms gaan verloor. Gewoonlik sal ʼn spreker opgewonde wees of self bly oor die feit dat hy ʼn vrou gaan kry. • Hierdie gedig spot oor die ontnugtering wat na ʼn huwelik volg. In die eerste strofe is die ek en die jy sentraal en herleef die spreker hulle ontmoeting. Maar hy kan nie regtig onthou waar hy haar ontmoet het nie en noem ʼn paar alternatiewe. Hierdie is ironies en spot met verliefdes wat so baie waarde aan ontmoetingsplekke heg. In die tweede strofe ontbloot die man sy karakter en dat hy ʼn voorliefde vir hippiekolonies gehad het. Hy word dus nie uitgebeeld as goeie troumateriaal nie. Hierdie verwysing spot met ouers wat goeie mans vir hulle dogters wil hê. In die derde strofe kom die ontmoeting met haar ouers onder skoot en word hy summier uit die huis gejaag. Sy lang hare en baard maak hom ongewens en dui op die samelewing se vooroordeel en beheptheid met voorkoms. Op sy huweliksdag daag slegs die dominee en ʼn paar assuransieagente op wat vir finansiële gewin daar is. Die spreker distansieer hom van sy pa en sy vrou en gee hier ʼn satiriese stekie na gebroke gesinne in die samelewing. In die slotstrofe bevraagteken hy die getroude lewe omdat die romantiek gou verdwyn soos byvoorbeeld die skreeuende babas word saam met kombuiskase wat piep genoem en dit is deel van daaglikse huishoudelike irritasies. • Die jongman kom tot die slotsom dat die huwelik ʼn duur prys is om te betaal vir ʼn lewe vol platoniese dogmatiek. • Die spreker is ontnugter en glo dat die huwelik slegs met treursang besing kan word. Hierdie idee van trou, andersins iets positief en waarna uitgesien word, is vir die spreker ʼn negatiewe idee en dit is asof hy deur al positiewe oppervlakkige dele kan sien. Kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG “Maaltyd” – P.J. Philander Vraag Antwoord Punt 2.1 metafoor √ 1 Die ou moeder se netjiese voorkoms lyk net soos die tafelklokkie wat in die vorm van ʼn netjies geklede dame is. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 2.2 Reël 4 verwys na die maaltye in die dag naamlik ontbyt, middagete en 1 dan sou ʼn mens die woord saans verwag, die woorde vir nou staan in die plek van saans/aandete. √ “skerp lig van die lamp” √ 1 2.3 enjambement √ 1 2.4 blou bord / servet / bril / Bybel / portret √√ 2 Die tema van die gedig is objekte wat ons aan ons moeder herinner, net so herinner hierdie items die spreker aan sy moeder. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 2.5 Die strofebou en rymskema is geslaagd, want dit sluit aan by die gestruktureerdheid / presiesheid van die moeder. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 2.6 nostalgies, emosioneel, mymerend, verlangend. √ 1 [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Suiwer wiskunde – N.P. van Wyk Louw Vraag Antwoord Punt 3.1 ʼn Stelling word gemaak oor wat sal gebeur as tyd tot stilstand kom. √ 1 Dit is die kortste sin in die gedig./ Dit staan aan die begin van die gedig. √ 1 3.2 “wat nooit bevrug” √ 1 3.3 Herhaling. √ 1 3.4 3.4.1 aa – assonansie / assonansie √ 1 Die assonansie verstadig die tempo wat by die gedagte van stol aansluit. √ 1 3.4.2 Vergelyking √ 1 3.5 Die gebruik van die kommas. √ 1 Die gebruik van die woord “wou”. √ 1 3.6 Die digter het ʼn gedig oor digkuns geskryf./ Die digter beeld uit hoe die woord alles kan laat stol/verstar in ʼn gedig. √ 1 [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG dienaar van die nagereg – Patrick Petersen Vraag Antwoord Punt 4.1 tjoklit / humbugs √ 1 4.2 enjambement / omgekeerde woordorde(inversie) / alleenplasing.√ 1 4.3 4.3.1 Konnotatief: Sy pa se beroep as ʼn polisieman./ Hy is die 1 toepasser van die wette./ √ Denotatief: Hy staan met sy kakiejas besig om die wet toe te pas. √ 1 Die kandidaat bied soortgelyke antwoord vir TWEE punte aan. 4.3.2 sinestesie √ 1 4.4 Vergelyking. √ 1 Die wasem uit die pa se mond word met spookasem vergelyk, want die wasem is ʼn teken van die koue wat die pa ervaar. Die wasem lyk net soos die spookasem (dun, buigsame draadjies van suiker in ʼn wolk 1 gedraai). √ 4.5 Die spreker se pa doen die administrasie vir die wit mag, dus werk hy vir die onderdrukker van sy eie mense./ Sy pa doen die administrasie, wat heel moontlik papierwerk is oor wie gearresteer is (van sy eie mense)./ Gewoonlik is dit iets om trots op te wees (die feit dat die pa so hard en ywerig werk), maar hy werk vir die onderdrukker en dus is dit nie iets om oor trots op te wees nie./ Al werk hy hard en doen al die administrasie, maak dit nie beter – die feit dat die pa en sy mense deur dieselfde administrasie onderdruk word nie. √ 1 Die kandidaat bied albei kante van die ironie vir EEN punt aan. 4.6 Die boodskap is dat ʼn mens die werk wat jou ouers doen, kan verafsku, 1 terwyl jy hulle nog steeds liefhet. √ Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 4.7 Ja, dit is gepas, want dit beteken mag. Dit is ʼn woord wat baie gebruik is om verset teen die apartheid van die verlede uit te druk. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Kompos bevorder groei – Johannes DeSilento Vraag Antwoord Punt 5.1 kwatryn/e √ 1 5.2 w-alliterasie/alliterasie √ 1 Dit beklemtoon hoe die wurms wikkel, wriemel en krioel terwyl hulle die plantmateriaal afbreek. √ 1 5.3 5.3.1 Regressie Die wurms “verwoes” of breek die plantmateriaal tot en met kompos af. √ OF Progressie Hoe meer die wurms plantmateriaal verwoes, hoe meer raak die die kompos, die “oes”. √ 1 Die verduideliking moet by die gekose stylfiguur pas. 5.3.2 Ja. Dit is ʼn paradoks hoe daar rykdom of iets waardevols uit vrot 1 plantmateriaal kan kom. / Kompos is egter goudwerd in die tuin, al is dit net vrot plantmateriaal. √ 5.4 paarrym √ 1 5.5 5.5.1 Ja, die woord word met ʼn uitroepteken geskryf. / Kompos is met ʼn hoofletter geskryf, asof die spreker dit aanspreek. √ 1 Die kandidaat kan nie ʼn NEE-antwoord aanbied nie. 5.5.2 Dit is soms nodig om eers af te breek (dit wat verkeerd is) en dan kan jy weer opbou. √ 1 Die kandidaat bied EEN soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. Dit word uitgehef deur middel van deur die gebruik van ʼn koppelteken / laaste versreël. √ 1 5.6 Ja. Goed kan kom uit sleg. / Soms moet jy deur ʼn harde tyd gaan, om as goud ander kant uit te kom. OF Nee. ʼn Mens groei nie net as gevolg van swaarkry en seerkry nie. In sommige gevalle is die “afbreek” so erg, dat niks goeds daaruit kan kom nie. √ 1 Die kandidaat bied EEN soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING B: ROMAN ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. ARGUMENT MOTIVERING: VERDUIDELIKING OF AANHALING/PARAFRASE • Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan. Protesteer teen sy pa Greg kom in verset teen sy pa Hy wil hê Greg moet UCT toe Greg wil Potch toe gaan. se voorgestelde akademiese gaan, waar hy studeer het. inrigting. Hy ignoreer sy pa se motto, “if Hy stel juis nie die voorbeeld Hy drink bier saam met Eckardt / you think you are a leader, but nie. en dan noem iemand hom na die nobody is following you, you are rugby ook nog ʼn ‘loser’ / kom nie merely going for a walk”. sy plig as hoofseun na nie – Kwanele belê ʼn VRL-vergadering. Hy skeep sy leerwerk af, al Hy werk tot lank na ligte uit Gevolglik kry hy 38% vir sy plaas sy pa druk op hom en aan die hacking challenges. Wiskundetoets. verwag 9 onderskeidings. Sy pa het hom verbied om oor Hy weier dat Eckardt se Hy konfronteer Dok Pienaar/ John te huil en het lg. as 'n verdwyning geïgnoreer word. weier om rugby te speel en maak swakkeling gesien. dit aan die pers bekend/ Hy praat terug as sy pa hom Sy pa sê: "Ek is teleurgesteld Sy antwoord was: "Dan is ek ten konfronteer. in jou, Greg." minste nie die eerste kind wat jou teleurstel nie, Pa!" Verset teen skool Hy breek doelbewus skoolreëls. Hy speel net die rol as die Hy bank klas / drink bier / breek voorbeeldige skouperd. in by die netwerk-kamer. Hy daag Dok Pienaar se gesag Hy eis dat daar na Eckardt Hy onttrek hom van die uit. gesoek word. eerstespan rugbywedstryd. Hy ignoreer Dok Pienaar se Hy oortree weer. Hy gaan nie terug klas toe nie, waarskuwing om nie sy nuwe maar gaan haal sy rekenaar om kans op te mors nie. in die netwerk-kamer in te kom. Greg ervaar die skool met sy Hy wys vir Eckardt die Hy sien dit as ʼn soort tronk. reëls as beklemmend. Hy voel heinings. vasgevang. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9 Greg onderwerp hom nie aan Sy optrede dui daarop dat hy Hy lieg vir die polisie oor sosiale konvensies nie. dit minag. Eckardt se bynaam / wys vir ʼn ou tannie middelvinger, wanneer sy kla oor sy en Nicole se gesoenery in die openbaar / hy het al e gebruik. Hy verag die snobisme van Hy verwys sarkasties daarna Hy sien neer op ouers se privaatskole. as "Heilige Grond". beheptheid met prestasies: Top skool in die land, rugby, akademie / toekomstige sakeleiers word daar gekweek. Greg verwys neerhalend na Dit getuig van geld, maak nie Daar is ʼn hysbak in die kos- Lawson as die rykmanskool. saak hoe dit gekry is nie. huis / perde en perdestalle (Luuks). Hy is egter skyn- heilig, want hy trek al die pad voordeel daaruit. Ook uit die vakansie te Jeffreys. Dok Pienaar en sy pa laat Sy aanvoeling oor die hoof is Versprei ʼn virus waarvoor geld hulle lewens oorneem. in die kol. hulle farmaseutiese maat- skappy die entstof sal verkoop t.w.v. finansiële gewin, al is hulle reeds ryk. Geld is die wortel van die Mense word omgekoop vir Die regter tydens die Owen- kwaad gunste Pienaar hofsaak is omgekoop / kry welvaart met oneerlike verkoop van aandele / ouers “koop” hulle kinders se plekke in Lawson. • Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 7.1 Die gesprek vind plaas in Eckardt se koshuiskamer. √ 1 7.2 Hy drink bier saam met Eckardt in sy kamer. / hy rapporteer nie die bier in Eckardt se yskas nie. / Hy breek by die netwerkkamer in./ Hy kom nie sy hoofseunpligte na nie. / Hy weier om rugby te speel. / Hy bevraagteken die hoof se besluit om nie na Eckardt te soek nie. / Hy steur hom nie aan die ligte-uit reël nie. / Greg kontak die media ten spyte daarvan dat die hoof enige kontak met die media verbied. / Greg begin om te ‘hack’, alhoewel hy weet dit is teen die wet. / Greg pas sosiale engineering toe op Dok se sekretaresse. / Greg sit ʼn keylogger op Dok se rekenaar. / Greg jok vir sy pa/ 3 Greg jok vir die polisie. √√√ Die kandidaat bied DRIE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan. 7.3 7.3.1 Dit sluit aan by die onderwêreld van kuberkrakery. √ 1 7.3.2 (White hat:) Hy verander nie sy punte toe hy die geleentheid gehad het nie. √ 1 (Black hat:) Hy krap saam met Eckardt op die skool se rekenaarnetwerk. / Hy laai ʼn RAT op Dok Pienaar se rekenaar. / kry inligting van Dok Pienaar se rekenaar. / ontsyfer geheime kodes op Dok Pienaar se rekenaar sodat hy die uitklophou kan gee. / hy die skurke kan ontmasker. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord by elke aspek vir EEN punt aan. Die dele tussen hakies verdien nie punte nie. 7.3.3 Jy verwag dat Eckardt net glimlag en stilbly omdat hy saam met Greg opgewonde is oor die ‘hacking’, maar hy glimlag omdat hy weet hy het Greg oorreed om te ‘hack’./ Jy verwag dat Eckardt glimlag en knik net sy kop omdat hy saamstem met Greg, maar hy antwoord nie omrede hy self ʼn krimineel is./ Jy verwag dat Eckardt net sy kop skud en glimlag omdat hy bly is Greg verstaan nou, maar hy weet dat ʼn ‘black hat’ en ‘white hat’ in die oë van die wet altwee kriminele is. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. Die kandidaat bied albei kante van die ironie vir EEN punt aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11 7.4 Eerste persoonsverteller/ek-verteller √ 1 Ja. Die leser kan nou eerstehands Greg se opgewondenheid oor die moontlikheid van hacking ervaar./ Die leser weet presies dat Greg positief en nie negatief is nie, oor die moontlikheid van hacking. √ OF Nee. Dit maak dat die leser nie regtig weet wat in Eckardt se kop aangaan nie / Die leser weet nie of Eckardt positief of negatief is nie. / Die leser kan nie agterkom of Eckardt voel sy plan werk of nie. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 7.5 Greg het saam met sy broer en hulle voorliefde vir adrenalien-sport laas so ʼn opgewondenheid ervaar. √ 1 EN Eckardt het geweet dat Greg en sy broer altwee van adrenalien sportsoorte hou en het dus geweet dat Greg die versoeking om te hack nie sal kan weerstaan nie. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan. 7.6 Skelm/agteraf/boos √ 1 7.7 Greg wou al die inligting oor Dok en sy maatskappy vir Sersant Botha gee./ Greg wou vir Sersant Botha vertel van Dok se maatskappy en dat hulle ʼn dodelike virus vervaardig het en dat hulle maatskappy die enigste teenmiddel het./Greg wou vir Sersant Botha van die dodelike virus en die vaksine vertel het. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan. 7.8 7.8.1 Greg besef dat hy self die slagoffer van ‘sosiale engineering’ was./ 1 Greg is toe nie so in beheer nie; hy was self ʼn slagoffer./ Greg besef dat hy nie sy vriende werklik ken nie en dalk ook nie kan vertrou nie. √ 1 Retoriese vrae √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 7.8.2 Nee. In Clarens is daar uiterlike konflik tussen Greg en Eckardt, nadat Greg uitvind dat Eckardt hom net gebruik het./ Daar is uiterlike konflik tussen Greg en sy pa oor wat werklik gebeur het met Eckardt se pa. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. Die kandidaat kan nie JA as ʼn antwoord aanbied nie. 7.9 Een van die leerders in Lawson kollege het Greg dit genoem nadat hy teen Dok Pienaar opgestaan het en geweier het om rugby te speel. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. Benaming / benoeming √ 1 7.10 Eckhardt √ 1 7.11 Retoriese vrae. √ 1 Gebruik van korter sinne. √ 1 Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan. 7.12 7.12.1 Ja. Greg het van ʼn selfversekerde tiener, met geen insig in sy eie tekortkominge, na ʼn tiener wat besef hy maak foute en 1 is nie ‘bulletproof’ nie verander. Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. Die kandidaat kan nie NEE as ʼn antwoord aanbied nie. 7.12.2 Eckardt was van die begin af die aanvaller en nie die slagoffer nie. Alhoewel die leser saam met Greg Eckardt se ware karakter aan die einde van die roman ontdek, was sy karakter nog steeds dieselfde. Hy het dit net goed weggesteek. √ Dok Pienaar het geen berou aan die einde van die roman nie; inteendeel hy is kwaad vir Greg wat alles oopgevlek 2 het. √ Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13 MANAKA PLEK VAN HORINGS – PIETER PIETERSE VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN HORINGS – OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL: • Dit is ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan. • Baas is aanvanklik baie hardkoppig en trots en betaal vooruit vir die konsessie vir Manaka en maak dan reg vir die Zambezi-tog. • Hy raak gou “baie kwaai” as mense hom probeer help soos toe Grace hom tydens sy malaria – siekte bygestaan het. • Die inwoners is skrikkerig vir Baas, want niemand is bereid om na sy huis toe te gaan nie. • Hoewel Baas baie goeie bedoelings gehad het, is dit sy “goeie bedoelings” wat sy “ondergang” geword het. • Hy wil nie deur die plaaslike inwoners as Christen bestempel word nie en maak daarom beswaar as ouma Essie na hom as een verwys. • Hy raak na sy siekte baie kwaad, want hoewel hy niks meer het om te gee nie, kom soek almal medisyne by hom. • Baas maak dit baie duidelik dat hy nie verantwoordelik is vir almal se skete en kwale nie omdat hy ook ʼn lewe het en net na homself wil omsien. • Baas gee nie met ʼn oop hart nie en is baie bewus dat die geld wat hy vir Grace gee vir nog pille wat die laaste van sy fondse is. • Baas bly deurentyd hardkoppig en weier om te gaan toe die stam-polisieman opdaag om hom na die khuta te ontbied. • Hy is kortaf en ongeskik wanneer hy nie in Grace se uiteensetting van haar familie belangstel nie. • Hy het nie respek vir ander se menings nie, want hy jaag Grace weg as sy met hom wil redeneer. • Hy betoon ook nie dankbaarheid teenoor ander nie, en jaag meneer Johnnie weg wanneer hy met die werk in die kamp kom help. • Baas wil nie hoor dat hy Manaka toe “gestuur” is nie, want hy meen hy is daar “op sy eie” en hy sal sy eie probleme oplos. • Baas verkies om nie te reageer nie wanneer hy niks het om te sê nadat die khuta hom beskuldig nie. • Dit is vir Baas duidelik dat hy nie vir die plaaslike inwoners saak maak nie en staan daarom tydens die vergadering met die khuta op en stap weg. • Baas wil niemand help nie en vererg hom wanneer die khuta van hom verwag om sy voertuig in hulle belang te gebruik. • Baas wil nie verhoudings met mense aanknoop nie, want hy wil nie sendelinge op sy erf hê nie. / Hy sê vir Nanna hy kom goed klaar sonder geselskap. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) • Alhoewel Baas die ou vrou se begrafnis bywoon, staan hy eenkant. • Baas worstel met sy eie innerlike konflik, want hy wil niemand versorg nie, want dit sal beteken dat hy vir ander mense op Manaka omgee. Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15 VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 9.1 9.1.1 Derdepersoonsverteller √ 1 Die verteller skets vir die leser die ruimte/geografiese agtergrond. √ 1 9.1.2 Die beskrywing van die karakter se ervaring is objektief./ Die verteller is altyd teenwoordig./ Die verteller weet wat die karakter dink/doen. √ 1 9.2 Hy moes vir die staatsmuseum skoenlappers in Afrika gaan vang. √ 1 Kanada 1 9.3 Dit was in die tyd wat die roman afspeel die gepaste aanspreekvorm vir ʼn persoon in gesag. / Seuns en kleinseuns dra volgens tradisie hul oupa se 1 noemnaam. √ 9.4 Die worsboom bied aan die gemeenskap ʼn byeenkomplek./ Daar is 1 Sondae onder die boom kerk gehou./ √ Die worsboom raak die sentrale plek waar leer kon plaasvind./ Die kinders het onder die boom gesit vir skool. 1 9.5 9.5.1 Ja. Hy het ʼn sendingstasie opgerig. 1 Hy het die rivier gekarteer. OF Nee. 1 Daar is geen werklike uitbreiding nie. √ Malaria is steeds ʼn werklikheid. √ 9.5.2 Baas wil ʼn boot op die Zambezi hê waarmee hy toeriste aan Afrika kan blootstel. √ Nee. 1 Hy het wel die boot gebou, maar die rivier het hom weggespoel. √ OF Ja. Die suggestie bestaan dat met die kry van die boot en Grace wat saamstap, voorspoed wag. 1 9.6 Sy is ʼn Christen. √ 1 Sy wil Baas laat verstaan dat hy met ʼn spesifieke doel na Manaka gestuur is om hul te help./ Sy is die stem van geregtigheid wat Baas wil aanmoedig om sy Christenskap te aanvaar en uit te leef. √ 1 9.7 Ouma Essie kom vra Baas se hulp om die pale aan te ry. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 9.8 9.8.1 Die bosoorlog in Suid-Rhodesië/ Die verloor van die plaas./ Ouma Essie en Grace wat sê hy is ʼn Christen. √√ 2 Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman vir EEN punt elk aan. 9.8.2 Baas kon nie vrede vind nadat sy ouers deur rebelle vermoor is nie. √ 1 9.9 Baas ontken die heeltyd dat hy ʼn Christen is, maar sy optrede getuig van Christenskap. √ 1 Die kandidaat bied albei kante van die ironie aan vir EEN punt. 9.10 Toe Baas na sy ouers se dood terugkeer plaas toe, is hy alleen met net sy hond./ Van kleins af is hy voor die ander uit wanneer hulle gaan jag het./ Hy raak gou verveeld met sy werk by die saagmeule en gaan jag eerder alleen met sy hond./ Sy denke is ‘noordwaarts’ gerig en nie ‘suidwaarts’ na die ‘beskawing’ toe nie./ Hy koop ‘n motorboot en sleepwa en reis alleen verder met sy twee honde./ Hy het sy idee van wat toeriste in Afrika behoort te beleef; nie in hotelle nie, maar afgesonder in hutte tussen die plaaslike inwoners. √√√ 3 Die kandidaat bied enige DRIE bewyse uit die roman vir EEN punt elk aan. 9.11 Sy oupa tree mensliewend op en wil sy Christenskap met die inwoners deel, terwyl Baas hier nie mensliewend optree nie en veg teen die feit dat hy ʼn Christen is. √ 1 9.12 Die mens staan in ʼn belangrike en verantwoordbare verhouding tot die natuur/ tot mekaar / die aard van ware geloof. √ 1 Ons moet mense volgens hul dade, en nie volgens woorde / velkleur / agtergrond oordeel. √ 1 [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17 VATMAAR – AHM Scholtz VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan. • Tant Wonnie bly in Vatmaar net na die Anglo-Boereoorlog gedurende ʼn tyd wat gekenmerk word deur armoede/werkloosheid/swaarkry. Tant Wonnie kry gevolglik baie swaar en moet daagliks hard werk bloot om te kan oorleef./Bv. bl.111: En soos dit gaan met mense wat regtig arm is, is die water en die meeste van die bulletjie se vleis met die mense gedeel. • Tant Wonnie leef teen die agtergrond van die Anglo-Boeroorlog; sy is alleenouer na Heinrich se dood in die oorlog./Bv. bl.111: ... wat Tant Wonnie se man geplant het die dag voor hy weg is oorlog toe .../Bl. 179: Ja Mineer, ag, en Heinrich het gesê as hy terugkom van die oorlog af, sal ons met ʼn ring trou. Maar my Heinrich het nooit van die oorlog teruggekom nie. • Vatmaar is ʼn nedersetting waar uitgewekenes wat nêrens elders welkom is nie, woon Tant Wonnie se Duister-Baster afkoms maak haar onaanvaarbaar in die wit gemeenskap./ In die Vatmaar – gemeenskap beleef sy eweneens baie jaloesie en haat./ Bv. bl. 125: Een koue wintersoggend het Tant Wonnie wasgoed vir ʼn swart Bruinvrou gewas – die soort wat wit bruinmense haat./Bl.112: Uit jaloesie is daar slegte dinge oor Tant Wonnie gesê. • Die Vatmaar-gemeenskap word deur vooroordeel gekenmerk – iets wat Tant Wonnie ook ervaar: die haat van swartmense (bv. Settie September) veroorsaak dat sy vals beskuldig word./gehaat word./ná die vals beskuldigings oor die sg. diefstal word sy (onskuldig) gebrandmerk deur Vatmaar se mense sodat sy van hulle vervreemd raak. Bv. bl.125: ... dié soort wat wit bruinmense haat./Bl. 127: Sy’s ʼn dief! Sy’s ʼn dief! Tant Wonnie het haar kop gelig en na hulle gekyk want hulle het haar nie bang gemaak nie./ Bl.125: Mev. September stamp haar weer in die modder en hou aan skree: Djy’s ʼn dief, jou wit baster!/Bl. 126:Settie, het hulle gesê om haar te troos, om te dink ons het haar altyd gevetrou./Bl. 229: Djy wiet, ek sê gehelle sy is dangerous en sy het baie sterk toormedisyne. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) • Tant Wonnie, net soos die mense in Vatmaar, is arm/het min besittings/leef onder die broodlyn/moet baie hard werk om te kan oorleef. Tant Qonnie het op genade in ʼn buitekamer gebly./op die grond geslaap./Die gevolg van hierdie armoede was dat Tant Wonnie op verskillende plekke en vir verskillende mense gewerk het in die hoop dat hulle haar iets sou gee om van te leef./Bv. bl.111: En soos dit gaan met mense wat regtig arm is, is die water en die meeste van die bulletjie se vleis met die mense gedeel./Bl. 112: Sonder om te dink wat môre sal bring, het hulle wakker gelê op hulle grondbed, sonder begeertes en sonder hoop, so gelukkig en tevrede .../Bl. 112: Tant Wonnie was die wasvrou en veral mense met ʼn donker velkleur het daarvan gehou dat sy vir hulle werk. Dit was die meeste van die tyd in ruil vir iets om te eet en Tant Wonnie het met trots gesê: Ons het nog nooit honger gaan slaap nie. • In Vatmaar beleef Tant Wonnie rassisme, want sy is te donker om in ʼn wit gemeenskap tuis te voel, maar vir die Vatmaar-gemeenskap is sy te lig: Settie September beskuldig haar vals omdat sy haar haat; sy moet geboei voor die perd uitloop toe sy polisiestasie toe geneem word./Bv. bl. 125: Mev. September stamp haar weer in die modder en hou aan skree: Djy’s ʼn dief, jou wit baster! • Tant Wonnie ervaar op Vatmaar ook magsmisbruik: Piet de Bruin probeer om haar te verkrag wat vir haar traumaties is./haar opnuut haar liefde vir Heinrich laat ontdek het./Bv. Bl. 134: Daardie Saterdag het ek byna vir hom ingegee, het Tant Wonnie nou sit en dink. Maar danksy my geliefde Heinrich, wat vir my nog lewendag was al het hy nie meer geleef nie, kon ek my teensit. • Die magsmisbruik wat daardie tyd kenmerk, bring vir Tant Wonnie baie leed wanneer haar dogtertjie Kaatjie sterf as gevolg van die baba/tronkstaf/gebrek aan mediese versorging./sy verloor haar kind as gevolg van Mevrou Bosman se verkeerde vermoede dat haar man verantwoordelik is vir Kaaitjie se swangerskap omdat dit uitloop op tronkstraf en haar (Kaatjie se) dood. Bl. 268: Toe haar kind die laaste swakke asem, uitblaas, het sy buite teen die ou doringboom gaan staan. Haar oë was oop, maar sy het niks gesien nie ... • Tant Wonnie se lewe op Vatmaar na Heinrich se dood is gekenmerk deur armoede en swaarkry omdat sy nie wettig met hom getroud is nie en dus nie geregtig is op sy oorlogspensioen nie. Dit dompel haar in armoede./ veroorsaak dat sy daagliks baie hard moet werk om te kan oorleef./Bl. 201: Toe ek die telegram kry dat jou pa dood is, is ek na die army se pay- office toe ... Ek het gesê ek is nooit met die ring getroud nie ... Sorry I can’t help you. • Vatmaar se mense het in daardie tyd nie respek teenoor ander se besittings getoon nie, die naam “Vatmaar” dui aan dat jy mag vat wat jy nodig het. Tant Wonnie is baie sleg benadeel deur hierdie gewoonte /milieu; met haar terugkeer na haar huis ná Sannah Vosloo se dood tref sy haar huis in totale chaos aan, want al haar besittings is deur Vatmaar se mense uit haar huis gevat./Bv. bl.136: Al die maande wat hulle weg was, was daar niemand om agter hulle buitekamer te kyk nie. ... Alles wat binne was, was geplunder. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 19 • Die gebrek aan menseregte in die tyd toe Tant Wonnie in Vatmaar gewoon het, het haar sleg benadeel. Toe sy (vals) van diefstal beskuldig en geboei voor die perd uitgejaag word, is sy verneder wat daartoe gelei het dat sy haar onttrek aan God./ sê dat sy nie deel van húlle God wil wees nie./dat sy ʼn nuwe insig in die liefde ontwikkel in die wete dat die liefde goed én sleg kan wees./Bv. bl. 130: Ek wil nie deel wees van hulle se God nie. • Die nydigheid/haat/vooroordeel wat Tant Wonnie se tyd in Vatmaar kenmerk, lei tot positiewe gevolge vir Tant Wonnie wanneer sy in Du Toitspan erkenning kry vir haar verbintenis met Heinrich: sy kry ná die vals beskuldiging haar maandelikse pensioen./Bl. 180: Oh yes, and report to me within seven days if she has been granted a war widow’s pension. • Die regspraak in Du Toitspan is aan Tant Wonnie se kant, want sy ontvang vergoeding vir haar vernedering nadat sy in Vatmaar in hegtenis geneem is om soos ʼn misdadiger in die hof te staan wanneer die magistraat haar onskuldig bevind./die hof gelas dat daar vir haar ʼn rok en skoene gekoop moet word./sy ook finansieel vergoed word vir haar onkoste en ongerief./ Bl. 180: You are free to go, Mrs. Müller ... Tant Wonnie se innerlike wese het verby haar uiterlike omstandighede gestraal en by almal respek afgedwing./Bl. 180: Toe draai die magistraat hom na die aanklaer: See that this woman receives a new pair of shoes and dress. Also transport her back to .../Bl. 180: Oh yes, and report to me within seven days if she has been granted a war widow’s pension./Bl. 181: Veels geluk, het hul geglimlag, Mevrou Müller – en sy hand vir haar uitgehou. • Die reg en geregtigheid/vryspraak/ erkenning van haar onskuld in Du Toitspan herstel Tant Wonnie se menswaardigheid in Vatmaar; die oorlogspensioen wat sy met behulp van die magistraat ontvang, maak haar vry: dit stel haar in staat om nie meer ander mense se wasgoed te doen nie./Susan is vry van die vernedering wanneer sy die Venters se bokke moes melk./Bl. 194: Die Venters se lui seuns kan van nou af hulle se eie melkwerk doen. Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
20 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 11: VATMAAR – KONTESKTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 11.1.1 Die verkoop van die diamante/verdeling van die geld. √ 1 11.1.2 Die diamanttransaksie word suksesvol afgehandel./ Elkeen ontvang tweehonderd pond/baie geld. Hulle kom weg met die diefstal van die diamante. √√ 2 Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan. 11.1.3 Hulle het ʼn huis op Vatmaar wat hulle nie op die delwery gehad het nie. √ 1 11.2.1 Tant Bet word as ʼn gewone mens wat lelike goed doen (vat), maar ook positiewe eienskappe het, aan ons bekendgestel. Tant Bet se behandeling deur haar werkgewers, word oortuigend aangebied./pas by die tyd waarin sy geleef het./Tant Bet se ondervinding op die diamantdelwery word lewensgetrou voorgestel./ Tant Bet ken die tradisies van haar mense bv. die begrafnis van Ta Vuurmaak./die maak van khadi wat gepas/oortuigend is. √√ 2 Die kandidaat bied TWEE redes vir EEN punt elk aan. 11.2.2 Van Oubaas Swartz leer die leser net sy negatiewe eienskappe ken./ Dis onaanvaarbaar/onvanpas om jou werknemers so sleg te behandel soos hy dit doen. √ 1 11.3 Dit beklemtoon die ironie dat Jakob Kierie wat Lena, Janman, Bet en Flippus by die polisie gaan verdag maak het/ probeer in die moeilikheid kry het, toe self tronk toe is./ Dit hef uit dat Jakob Kierie vals is, want hy word aan dieselfde misdryf skuldig bevind./ Dit gee inligting oor ʼn ander tyd en plek./ Dit dui aan dat daar by wit mense tog waardering vir hulle werkers is. √ 1 11.4 Oubaas Swartz het Flippus geslaan terwyl hy probeer weghardloop het om daarvan te ontkom. √ 1 Oubaas Steenkamp het onwelvoeglike voorstelle aan Sus Bet gemaak waaraan sy nie wou toegee nie./ waarna sy weggeloop het. √ 1 11.5 Flippus / Janman √ 1 11.6 Nee. Bet steel sonder dat mense dit agterkom. / haar as skelm aansien. / ervaar. √ 1 Flippus steel twee diamante/geld terwyl die Oubaas onder die indruk is dat hy die eerlikheid self is. √ 1 11.7 Flippus is ʼn Basoeto en Sus Bet ʼn Griekwa-vrou./ Flippus is swart en Sus Bet ligter van kleur. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 21 11.8 Alomteenwoordige verteller √ 1 Die alomteenwoordige verteller weet hier presies wat Tant Wonnie dink terwyl hy/sy ook weet van Settie September se verbasing. / skuldgevoel. / Die alomteenwoordige verteller kan ook verhaal wat deur Mineer Jones vir Settie September gesê is. / Die alomteenwoordige verteller weet dat Stoffel Jones nie geweet het dat Tant Wonnie in die hof was nie. √ 1 11.9 Ja. (Verbasing:) Sy het gedink Tant Wonnie sit in die tronk. / is onder die indruk dat Tant Wonnie gestraf word vir haar sogenaamde diefstal (wat Settie versin het.)/ Die laaste wat sy van Tant Wonnie die nuwe klere / skoene by die 1 tronk kon kry nie. √ (Kon haar nie in die oë kyk nie.) Sy het geweet dat sy Tant Wonnie vals beskuldig het. / onnodig laat 1 verneder het. √ Die kandidaat kan nie NEE as ʼn antwoord aanbied nie. Die dele tussen hakies verdien nie punte nie; slegs die redes verdien punte. 11.10.1 Die tema van onskuldige lyding. √ 1 11.10.2 Kaaitjie word onskuldig verdink van ʼn verhouding met haar werkgewer se man. √ Sy is onregverdig in die tronk gestop. / as gevolg van haglike (onregverdige) tronkomstandighede sterf Kaatjie met die geboorte van haar kind. √ 2 11.11 Sus Bet gee aan ʼn vreemde oom ʼn vyfpondnoot nadat hy werk by Stoffel Jones kom soek. / weggejaag is. √ Sy deel haar kennis van kruie. √ 2 EN Tant Wonnie betaal die Septembers se rygeleentheid./ Tant Wonnie laat almal wat wil, toe om water uit die put te skep./ Tant Wonnie deel haar medisyne/ wilde knoffel-in-kasterolie met ander sonder om betaling te verwag. √√ 2 Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
22 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING B: ROMAN VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DIE DRAMA nagesien. LET WEL: • Dit is ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat verskaf ʼn gepaste inleiding. • Iris verwoord die sentrale tema as die mens se hunkering na die groot blomoomblik in sy/haar lewe./Bv. bl. 104: Ek glo al sedert my skooldae dat ek, soos my botaniese naamgenoot, die een of ander tyd moet blom. • Iris se hunkering na haar blomoomblik sluit aan by die betekenis van haar naam./ Bv. bl.10 ʼn Iris was nie slegs ʼn bolplant nie, maar sy was ook ʼn Griekse mitologiese godin, in diens van meer belangrike gode. • Vir Iris hou die betekenis van haar naam verband met die lelie in haar ma se tuin wat net een keer per jaar blom en dit versterk haar begeerte om haar eie blomoomblik te ervaar./Bv. bl.187: ... een laatmiddag speel ek met Polder in die tuin en uit die hoek van my oog sien ek ʼn beweging, iets wilds tussen die groen ... ʼn Blom het oopgegaan. Nie stadig nie, oombliklik. • Iris vrees dat die wonder van haar blomoomblik by haar sal verbygaan omdat die lelie in haar ma se tuin skielik blom en dan verlep./Bl. 187: As ek my oë sou geknip het, het ek dit gemis, so vinnig het dit gebeur./ Bl. 195: Dink jy ek blom dalk eers na ek dood is? • Iris bly hunker na die groot blomtyd in haar lewe en sy glo dat, soos die kwart -voor-sewe-lelie, sy haar magiese blomoomblik moet ervaar./ Bv. bl.140: Elke mens moet een keer in sy lewe die regte ding op die regte tyd doen en só ʼn moment van volmaakte sintese beleef. • Iris glo dat sy nie haar kans om te blom moet misloop nie en leef haar hele lewe in afwagting van haar blomtyd./Bv. bl.104: En dit is miskien ook een van die redes waarom ek nie altyd nee sê as ek dit behoort te doen nie ... en dat ek dus te alle tye gereed moet wees en nooit ʼn nuwe aanbod van die hand mag wys nie ... • Vir Iris raak dit ʼn lewensfilosofie om te wag vir haar blomoomblik, al is daar opmerkings van ander wat haar laat twyfel./Bv./ bv. 140: Dis tog net die naam van ʼn blom, het Bettie gesê ... /Bl.140: Wat een keer per blom, het Peter gesê. En sy het gedink die modelstorie is dalk haar kans./Bl.148: Dis ʼn simpel naam. Blomname vir mense is simpel. • Johanna probeer om Iris se siening omtrent haar spesifieke blomtyd te verander deur haar daarop te wys dat sy elke dag vir hulle blom./Bv. bl.87: Ag, Iris, het sy gesug. Jy blom elke dag vir ons. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 23 • Iris is van mening dat ander mense ook blomtye het; daarom wonder sy hoe Jonsie ʼn blomtyd sou hanteer./ Bv. bl. 204: Sy was nie die soort mens wat sou sit en wonder wanneer sy eendag gaan blom nie; sy sou tyd, plek en datum bepaal, die gebeurtenis deeglik beplan en almal wat belangstel, inlig. • Iris besluit om Amerika toe te gaan omdat sy voel dat dit haar tyd is om te blom, want sy is bang haar een geleentheid daarvoor gaan verby./Bv. bl. 87: ʼn Iris blom net een keer per jaar. Ek is aan die oud word en dis tyd dat ek blom. • Iris sien nie die potensiaal van ʼn moontlike blomoomblik raak wat Kara en die Fransman in Frankryk wat haar modelwerk wil afneem, sien nie. Iris sien haarself as iemand met ʼn doodgewone boeregesig./ Bv. bl. 93: By die huis, ja, maar hier soek hulle na iets anders. • Iris kry nog ʼn geleentheid om te blom as die fotograaf Joe in New York haar potensiaal as model raaksien./Bv.bl.119: Elke fotograaf droom van so ʼn ontdekking. • Billy bring Iris terug tot by die realiteit oor haar blomtyd wanneer hy sê dat nie alle bolle blom nie./Bv. bl. 105: Dis alles goed en wel dat jy wil blom, maar gestel die man spit jou uit? Hy het gegrinnik vir sy bevredigende beeldspraak. Dit kan gebeur. Nie alle bolle kom tot bloei nie. • Iris ervaar Peter se negatiwiteit oor haar soeke na haar blomoomblik wanneer hy meen dat haar ouers haar nooit Iris moes genoem het nie, want sy sou dan nie soveel verwagtinge gehad het nie./Bv. bl.132: Jou ouers moet jou nooit Iris gedoop het nie ... As jou naam Marie was, het jy nie so vol idees rondgeloop nie. • Iris word tot haar sinne gebring oor haar blomtyd wanneer Peter haar voor ʼn ultimatum stel en sy kies om saam met hom Vermont toe te gaan in plaas daarvan om die modelkontrak te aanvaar./Bv. bl. 133: As jy wil blom onder ateljeeligte met mense wat jou deurmekaar gaan boelie, moet jy dit doen. Ek gaan Vermont toe. • Die Engel bring Iris tot insig dat die blomnaam en die lelie niks met haar toekoms te doen het nie, want ʼn naam is net ʼn naam./Bl. 187: Net sowel, het hy gesê. Ek sien geen verband tussen jou lelie en enigiets wat ons vannag bespreek het nie. • Iris word bewus daarvan dat sy ongesiens kan blom wanneer die Engel haar maan om versigtig te wees, want ʼn mens kan blom sonder dat jy dit besef./Bv. bl.195:Party mense blom ongesiens, het hy gesê. So onverwags dat niemand dit eers opmerk nie. Soos Ma se lelie. • Iris kom later tot die besef dat ʼn mens se hele lewe ʼn blomtydperk kan wees en dat dit nie beperk word tot een magiese oomblik nie. As ʼn voorstedelike huisvrou wag sy geduldig saam met Polder, Johanna en die Engel op die kwart – voor – sewe – lelie om te blom./Bv. bl.220: Wees geduldig, sê ek. Dis amper tyd. Die kandidaat verskaf ʼn gepaste slot. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
24 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 13: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 13.1 Bettie voel dat niemand/Brian se kinders haar waardeer/na waarde ag nie. Brian wil nie met haar trou nie./hou net van haar omdat sy goed kan kook./ Brian se libido is laag. Bettie se hormone keil haar op. / maak haar buierig. Bettie se rug was seer. Bettie se fisiese toestand veroorsaak dat sy opgebeur moet word. √√√ 3 Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan. 13.2 Nee. Johanna gee vir dokter Kara met boererate soos ʼn ma sal. Johanna vleg die dogter se hare. Johanna tree soos ʼn ma by Elsa se troue op deur vir haar ʼn blinkdingetjie te leen. Johanna se brief aan Iris in Amerika bevat vermaninge soos wat ‘n ma sal skryf./ondersteun Iris dat sy elke dag vir hulle blom. Johanna staan vir Elsa met haar kinders by./ Johanna hou ma geselskap as sy in die huis gaan bly nadat Pa plaas toe is. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 13.3 Bettie is ʼn raakvatter. / ongeduldig met ander wat nie aan haar vereistes voldoen nie. / prakties ingestel. / onafhanklik. / uitgesproke. √ 1 Die kandidaat bied ʼn eie, gepaste motivering vir EEN punt aan. 13.4 Iris √ 1 Die verteller laat die leser besef dat Iris oor die modelkontrak/haar verlore blomoomblik twyfel. √ 1 Aangesien die vraag lui “Wie” die verteller is, kan slegs “Iris” as antwoord aanvaar word. 13.5 Joe neem foto’s van Iris om ʼn model te word terwyl Peter van haar om saam met hom Vermont toe te gaan./’n ultimatum aan haar stel om onder ateljeeligte te blom terwyl hy Vermont toe gaan. √ 1 Ja. Iris het aan Peter se ultimatum gehoor gegee. / het die modelkontrak laat vaar. √ 1 NEE word nie as ʼn antwoord aanvaar nie. 13.6 13.6.1 Die Engel pas die kas op waarin die gif gebêre word. √ Die 1 Engel maak Iris wakker om Bettie te help toe sy siek was. √ 1 13.6.2 Die Engel beskerm nie vir Iris toe sy haar enkel breek nie. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 25 13.7 13.7.1 Ma is eksentriek. √ 1 13.7.2 Ja. Sy het by Die Spieël aangesluit. / praat met voorvader geeste. OF Nee. Sy tree nou konvensioneel op deur by haar man te woon. √ 1 13.8 13.8.1 Elsa maak Iris stil toe sy ʼn mening oor Kara en Claude se liefde lug. √ Pa maak Iris stil toe sy aan die gesprek rondom Hannes en Elsa se voorgenome troue wil deelneem. √ Elsa sê dat Iris te jonk is om saam te praat. √ 3 13.8.2 Pa sê dat hulle nie aan Iris se stuiwer ʼn behoefte het nie./die susters genoeg moeilikheid veroorsaak. √ 1 13.9.1 Ja. Haar fantasiekarakters luister na mekaar/reageer op gesprekke wat haar familie nie met haar doen nie./Sy soek die geselskap van fantasiekarakter op, omdat haar familie nie na haar luister nie. OF Nee. Iris het ʼn fantasiewêreld geskep omdat sy as jongste alleen was. √ 1 13.9.2 Die Engel is die oorsaak dat Iris se fantasiewêreld verdwyn./ Die Engel help haar om tot insig oor haar naam/blomtyd te kom./ Die Engel lei haar tot die besef dat sy verantwoordelikheid vir haar eie keuses/ toekoms moet neem./ Die Engel help haar om tot insig oor die lewe te kom (dis nie ʼn storieboek nie)./ Die Engel help haar om Peter / ʼn voorstedelike bestaan bo ʼn modelkontrak te kies. √√√ 3 13.10 Iris kry die speelgoed/klere waarvoor haar susters moeg is./ Iris voel sy leef (sonder ʼn keuse) op oorskietkos./word afgeskeep./ Iris word anders as haar susters behandel./ Iris voel dat sy vir ander/haar ouers/susters/onderwysers moet 1 regstaan. √ 13.11 Die kandidaat bied ʼn eie, gemotiveerde antwoord aan, bv. Nee. Ma is eksentriek/kunstig om met voorwerpe te gesels. √ 1 Aangesien Bettie self ʼn raakvatter is/nie ʼn huishoudster nodig het nie, is sy ongeduldig met ander. √ 1 [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
26 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. • Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan. • Op skool is die lewe vir Johnnie nie noodwendig sleg nie: hy is 'n onskuldige skoolkind toe hy in Elsiesrivier kies om 'n verhouding met Blanchie, een van die inwoners op die Kaapse Vlakte wat saam met hom skoolgaan, te begin./Bv: In 'n terugflits, Map en Blanchie as tienderjarige seun en dogter, nog op skool./ (lag sinies) Johnnie ... Klink mooi, Johnnie ... • Nadat Johnnie, as bruin jongman in die Apartheidsera, matriek geslaag het, sukkel hy om 'n ordentlike werk te kry; wat hom gefrustreerd en desperaat maak. Hy is nie vry om te kies wat hy met sy lewe wil doen nie. Hy kán 'n bode word, maar kies om nié so 'n minderwaardige werk te verrig nie./Bv. MAP: Ek het matriek gemaak, standerd tien. Ek wiet Ma het baie gehoop op my. Maar well, daar was nie geld vir verder leer nie, en toe ek ʼn job soek, 'n goeie werk, well, 'it was alles vir whites only ... • Op die Kaapse Vlakte waar hy woon en leef, is die enigste sinvolle afleiding waarby Johnnie betrokke kan raak, orkeste. Johnnie kies binne sy omstandighede om as saksofoonspeler 'n leiersrol in Oompie Paulsen se orkes te vervul./Bv.: Boeta het gesê ek moet seker maak of ek mister Jacobs se measurements ook moet niem ... • As gevolg van Johnnie se uitsiglose bestaan op die Kaapse Vlakte – sonder geld/werk/hoop op ʼn verbeterde toekoms, sonder geleenthede – het hy nie die keuse om sy eie posisie te verbeter nie./Bv. MAP: Ek het matriek gemaak, standerd tien. Ek wiet ma het baie gehoop op my. Maar well, daar was nie geld vir verder leer nie, en toe ek 'n job soek, 'n goeie werk, well, ‘it was alles vir whites only ... • Op die Kaapse Vlakte, sonder werk en sonder ʼn identiteit, kies Johnnie om ʼn lid van ʼn bende te word omdat hy na identiteit soek./Bv. MAP: Kan jy sien die tattoos, al die merke? ... 'it was 'n terrible gesoek seker, vir ʼn identity ... 'is verskriklike merke dié, maar dis nog altyd deel van my kaart, 'it wys waar ek gewies het .../Bv. Ek wil oek iets gewies het ... jy't tog ge-verstaan .../ MAP: ... toe het ek deurmekaar geraak moet ... moet die elemente ... Maar ek was die leader ... • Die bende se erkenning van sy identiteit/leierskap is goed vir Johnnie se ego. Die bende manipuleer hom sodat hy instem tot vroue se verkragting. Hy kies binne sy bepaalde omstandighede dus (saam met die ander bendelede) geweld en misdaad./Bv. MAP: ... toe het ek deurmekaar geraak moet ... moet die elemente ... Maar ek was die leader ... Ek was altyd die leader .../ MAP: Ek is ‘ie leader, verstaan! Okay, sê ek, moet net ‘ie lat die vrouens skrie nie! ...Toe vat hulle die vrouens ... Sy skrie ... En toe wiet ek hy wurg die vrou ... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 27 • Die veranderde naam wat Johnnie kry, is ʼn aanduiding van die negatiewe omstandighede wat hyself kies. Hy kies om hom te laat tatoeëer, waarna hy soos ʼn padkaart lyk – gevolglik word hy “Map”./Bv. Van al die merke, al die tattoos, call hulle toe vir my Map Jacobs. • Map, die bendeleier, se omstandighede verander, want as leier het hy bepaalde mag. Dit gee aan hom ʼn bepaalde identiteit wat veroorsaak dat hy, as leier, keuses maak wat ingrypend negatief op sy lewe inwerk. Hy is aandadig aan die verkragting van sy ma en suster en die moord op sy suster./Bv. MAP: Ek is ‘ie leader, verstaan! Okay, sê ek, moet net ‘ie lat die vrouens skrie nie! ... Toe vat hulle die vrouens ... Sy skrie ... En toe wiet ek, ‘cause ‘it was onse manier, toe wiet ek hy wurg die vrou ... lat sy stil moet bly .../MAP: ... Ek het geskrie en geskrie! ‘it was te laat ... 'is my suster, is Klein-Meisie ... Toe tel een van hulle oek vi’ Ma, vi’ Grootmeisie Jacobs ... van ‘ie grond af op ... • Map se omstandighede word slegter wanneer hy verantwoordelikheid vir sy dade aanvaar en kies om hom aan die polisie oor te gee na die moord op Ivan Philander. Juis binne sulke slegte/negatiewe omstandighede kies hy om verantwoordelikheid te aanvaar en om hom, daarom, self oor te gee./Bv: MAP: Toe’s ek polisiesstasie toe, na die sergeant op nightduty ... Ek het vir Ivan Philander doodgestiek, nou net. Toe hou ek my hande yt, vi' die boeie ... Ek het myself op- gegie. Ek het getry om ‘it ... soes ʼn man te vat ... • Sy omstandighede verander nogeens: dit versleg nóg meer wanneer hy, die bendeleier, as moordenaar tronk toe gestuur word. Hoewel hy nie ʼn keuse het oor die tronkstraf nie, kies hy om verantwoordelikheid te aanvaar vir sy dade. Gevolglik dien hy sy straf op ʼn positiewe manier uit./Bv: MAP: ... die next oomblik was ek op hom, ek het daai oomblik nie gewiet eers wie wás ‘it nie. Ek swaai hom net van haar af, en ek stiek hom met die mes ... En toe sien ek oek ‘it was Ivan Philander wat ek doodgestiek het .../ Toe’s ek poliesstasie toe, na die sergeant op nightduty .../: Ek het twaalf jaar gekry. • As tronkvoël ervaar Map die verwerping en belediging van die gemeenskap, want hy word skuldig bevind aan moord en gaan tronk toe. Uiteindelik verander Map sodanig / ontwikkel sy karakter so dat hy ten gunste van ʼn beter toekoms/'n veranderde menswees kies: hy erken self, na sy bekering, dat hy ʼn lewe vol gemors agterlaat en ʼn veranderde mens is. Hy kyk met ander oë na sy omstandighede, sy verlede en sy toekoms./Bv.: CAVERNELIS: ... Hy’s ʼn ... ʼn misdadiger .../: RICHIE: ... hy’t ʼn oeg op haar gehad, voordat hy in is, die vark! Bv.: MAP: ... Sê vir hom ek wás rubbish, Ma, maar ek is annerste! • In die afgesonderde omstandighede van die tronk verander Map se keuses ten goede omdat hy besef dat hy vir sy ma se toestand en sy suster se dood verantwoordelik is. Skuldgevoelens maak van hom ʼn gevangene wat kies om voorbeeldig te wees en die regte dinge te doen./Bv.: Sy sê parole is nou due vir my, ek kom yt op die sewende wat nou kom, annermaand .../: Ek is ʼn ge-change-de man ... ek het die Here Jesus gevind hierso, regtig, ek sal nie lieg nie ... • Wanneer hy in die negatiewe omstandighede van die tronk tot bekering kom, kies hy om verantwoordelikheid vir sy dade te aanvaar; kies hy ook om voor God, Apostel George en sy ma sy skuld te bely en om vergifnis te smeek./Bv. MAP: O God, vergewe my! ... APOSTEL GEORGE: Die Here vergewe .../ APOSTEL GEORGE: ... jy’s nou gered, broer Jacobs ... • In die tronk, waar hy alleen is, en steeds lid van bendes is, ervaar Map intense skuld-gevoelens en toon berou oor sy dade en kies om ʼn verandering in sy lewe te maak./ MAP: So hierso acknowledge ek nou, my Here ... In die teenwoordigheid van my ma en Apostel George ... jy moet die guts hê, en alles sê voor God!/: ... ek het ʼn regte vark geword, maar nou, ek het weer ge-change, ek het weer ʼn mens geword ... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
28 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) • Na Johnnie se vrylating ervaar hy dieselfde troostelose omstandighede op die Kaapse Vlakte. Hy kry steeds nie werk nie, want nou het hy ook ʼn reputasie as ʼn tronkvoël. Desnieteenstaande kies hy om nie kwaad te word nie, maar eerder rustig te wag tot ʼn geleentheid opduik./: Almal hier, almal in hierdie strate, in hierdie huise, almal ... (Lag.) En die employers, o, almal die employers ... Hulle almal is so sympathetic ... But ... (sê dit baie hard) but, but, but .../ Lag) Ma! Dan wil ek skree en ek wil sê, Well, nee, except vir my tattoos nie ... maar dan bly ek stil .../ Die band nét so, Oompie Paulsen- hulle ... even húlle, net so, dieselfde ... Map Jacobs, obviously, sal die band nou ʼn naam gee ... • Sy omstandighede word steeds slegter wanneer lede van die gemeenskap hom inlig oor Blanchie se doen en late; hoewel die nuus Map intens ontstel, kies hy om nie kwaad met kwaad te vergeld nie./ Ek mind nie wat Blanchie gedoen het meanwhile nie ... Here Jesus, wie is ekke om te mind! ... ek het ʼn regte vark geword, maar nou, ek het weer gechange, ek het weer ʼn mens geword ... • Hoewel Johnnie se omstandighede slegter blyk te wees as voor sy bendedae/tronkjare, toon hy aan die einde insig as hy kies om teenoor Blanchie sy “vuil” en “sleg” te bely en hulle herenig word nadat hy kies om haar te vergewe in die lig van sy eie oortredings./rekord./Bv. MAP: ... Ek het vir jou ... alles ge-vertel ... Blanchie ... Hulle hou mekaar styf vas. Soen mekaar hartstogtelik./ MAP: Dit ... moet nou so ... gebeur ... Blanchie ... Dit moet nou ... so gebeur .../Bv. MAP: ... Sê vir hom ek wás rubbish, Ma, maar ek is annerste! • Johnnie se omstandighede verander wanneer Map, die leier van bendes, kies om weer Johnnie te word met die moontlikheid/suggestie om ʼn leier in die gemeenskap/as die saksofoonspeler te word./Bv. ... en óns hoor – die saxofoon, soos hy dit gespeel het, voorheen ... Dan, terwyl hy Blanchie vashou, kniel Map – hy val half – voor Antie Grootmeisie neer. ANTIE GROOTMEISIE: ... Johnnie ... Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 29 VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 15.1 Richie verwys na (Cyril se) kerrimstukke./ verwys na die kerrim-spel. √ 1 15.2 15.2.1 sewe jaar √ 1 Hy is tronk toe omdat hy Ivan Philander het met ʼn mes dood gesteek. √ 1 15.2.2 motoriese moment √ 1 Ja. Die spanning neem toe, omrede die mense van township benoud is oor die feit dat Map hierdie Kersfees uit die tronk uit kom./ Die gehoor ervaar saam met die mense – hulle wonder ook wat Map gaan doen wanneer hy uit die tronk kom. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. Die kandidaat kan nie NEE as ʼn antwoord aanbied nie. 15.3 Cavernelis is versigtig/bang vir Cyril./ wil nie saam met Cyril gesien word nie./wil nie praat met Cyril nie./voel hy is beter as Cyril. √ 1 Ja. Cavernelis word al lank getreiter deur Cyril / hou nie van konflik nie./ weet nie hoe om Cyril te hanteer nie. / weet Cyril is deel van die bendes. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan. Die kandidaat kan nie NEE as ʼn antwoord aanbied nie 15.4 15.4.1 Dit is karakteropenbarend / karakteriserend van Cyril. Dit gee die leser meer kennis/agtergrondinligting omtrent die gevoel wat Cyril teenoor Cavernelis het. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 15.4.2 Hy werk so hard om genoeg geld te verdien, omrede hy ontuis voel tussen die mense van die township. / Cavernelis kom van die Boland af wat hom in ʼn ander klas plaas. / Hy verlang terug na die Boland. / Hy wil sy gesin in ʼn beter/veiliger 1 woonbuurt laat woon √ Nee. Cavernelis pleeg selfmoord / maak nie genoeg geld om sy gesin te laat verhuis nie. / het gehoop op die geld wat Blanchie met die modelkontrak sou kry, maar toe dit deur die mat val, was daar nie meer hoop nie. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan. Die kandidaat kan nie NEE as ʼn antwoord aanbied nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
30 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 15.5 Willy la Guma/La Guma √ 1 15.6 15.6.1 Toneelaanwysings/neweteks √ 1 15.6.2 Die neweteks gee leiding aan die regisseur oor waar Map en Blanchie moet staan op die verhoog. / Dis belangrike inligting vir Blanchie, want dit dui aan wanneer sy op die verhoog moet verskyn. / wat sy op die verhoog moet doen. / Dui vir die gehoor die teken dat ʼn nuwe toneel begin. Dat die lig moet verander, is belangrike inligting vir die tegniese span wat met behulp van die lig op Blanchie moet fokus. / om aan te dui dat die karakters op die verhoog wissel. / Gee belangrike inligting vir die akteurs wat Blanchie en Map vertolk, waar hulle moet staan en ook hoe hulle moet reageer/hoe hulle gemoedtoestand moet wees. √√ 2 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan. 15.7 Net soos Blanchie nie oorsee kan gaan nie, so is almal wat bly op die Kaapse Vlakte teen hulle sin daar. Daar is geen moontlikheid van uitkoms nie./ Uitsigloosheid van die inwoners van die Kaapse Vlakte. √ 1 Blanchie kom nie uit haar moeilike omstandighede nie. / Haar pa pleeg selfmoord en dus is daar nou nog weinig kans vir wegkom./ Word nou die bespotting van die gemeenskap. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan. 15.8 Jy sou verwag dat Tommy nie skinder nie (a.g.v. sy woorde “dis nie onse biesagheit nie”), maar tog is hy een van die karakters wat die meeste skinder en sy neus in ander mense se besigheid insteek. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. Die kandidaat bied albei kante van die ironie vir EEN punt aan. 15.9 15.9.1 Blanchie het op haar pa geskree en hom beskuldig dat dit sy skuld is dat sy nie die modelkontrak Parys toe gekry het nie. Sy probeer hom in die hande kry om jammer te sê / om dinge uit te stryk met haar pa. / het hom nog nooit so ontsteld en verslae gesien en sy is die oorsaak daarvan. √ 1 15.9.2 Nee. Cavernelis pleeg selfmoord en Blanchie kan nie vir hom jammer sê nie. / Blanchie sal nou bly wonder of dit haar skuld was dat haar pa selfmoord gepleeg het. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan. Die kandidaat kan nie JA as ʼn antwoord aanbied nie. 15.10 Blanchie het verlief geword op Johnnie voor hy in die bendes was en sy nuwe naam, Map gekry het. / Vir haar sal hy altyd Johnnie die onskuldige skoolseun bly en nie Map die bendeleier nie. / sien altyd die goeie in Map raak, en daarom sal hy altyd vir haar Johnnie bly. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 31 15.11 15.11.1 In TEKS I is daar nog ʼn groot vrees en spanning oor die feit dat Map uit die tronk gaan kom, maar in TEKS J het Map al uitgekom en alles is rustig. √ 1 Die kandidaat bied albei kante van die verskil vir EEN punt aan. 15.11.2 Nee. Map was ʼn ‘changed’ man. / het net in sy ma se huis gebly en nie sommer uitgekom nie./ het vergifnis gaan soek by Blanchie./ √ al het hy nog nie werk gekry nie, het hy nie terug 1 na die bendes gegaan nie. √ 1 Die kandidaat bied soortgelyke antwoorde vir TWEE punte aan. Die kandidaat kan nie JA as ʼn antwoord aanbied nie. 15.12 Ja. Dit is geskryf in Kaaps Afrikaans en dit is ook hoe die mense van daardie area praat. / op so ʼn manier maak dit die drama meer geloofwaardig. √ 1 Ja. Dit is nog relevant vandag omrede die sosiale omstandighede nog nie verander het in gebiede soos die Cape Flats nie. / Mense wat moes trek bly nog steeds in gebiede soos die Cape Flats. / Net sekere bevolkingsgroepe het voordeel getrek uit post-apartheid en die mense van die Cape Flats is nie een van hulle nie. 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. Die kandidaat kan nie NEE as ʼn antwoord aanbied nie. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
32 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) MIS – Reza de Wet VRAAG 16: MIS – Reza de Wet – OPSTELVRAAG Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan. • Meisie • Reeds vroeg in die drama kom ʼn mens agter dat Meisie nie tevrede is met haar omstandighede nie, en smag na vryheid. • Sy plant rose voor die vensters om die misreuk te verdoesel. • Sy probeer heeltyd om ʼn blik te kry van die sirkus – wat vir haar eksoties en ver verwyderd van haar harde realiteit is. • Die feit dat sy selfs weggeglip het in die verlede om die sirkus te siene te kry, is een van die maniere hoe sy probeer om vry te word. • Sy hang ook aan Gertie se lippe wanneer sy vertel van die “armsalige ellendelinge” wat vir as abnormaliteite vertoon word. • Selfs in die klein gebaar, om nie ʼn vingerhoed te dra terwyl sy aan die sakke werk, wys duidelik dat sy nie wil inval by haar ma en die omstandighede nie. • Die feit dat haar ma net Meisie noem en nie op haar regte naam nie, verswelg haar in anonimiteit. • Konstabel se koms maak dat Meisie se strewe na bevryding egter nou ʼn realiteit word. • Konstabel sien haar raak as ʼn persoon en nie net ʼn meisie nie. Deur haar te noem op haar naam, Margareta bevry hy haar van anonimiteit. • Hy stel belang in haar, wil haar “sien” en maak geselsies met haar, in vergelyking met niemand in haar huis haar ooit as ʼn vrou gesien het nie. • Konstabel help haar met die slopemmer – gewoonlik moet sy self sukkel. • Met die verloop van die aand, help Konstabel vir Meisie om te ontwikkel en groei. Wanneer sy hom rondom middernag in die kombuis kry, met net haar aannemingsrok aan en kaalvoet, is sy gereed om uit haar kokon te kom soos ʼn skoenlapper. • Meisie dans uit en verdwyn saam met Konstabel. Bevry van haar slegte omstandighede. • Gertie • Gertie streef om van haar oujongnooiskap en die eng gemeenskap te ontsnap. • Gertie daag by Miem en Meisie op, omrede sy alleen by haar huis is en bang is – sy het nie ʼn man wat haar sal kan beskerm nie. • In haar diepste van wese hoop sy dat sy egter nog moontlik ʼn prooi sal kan wees en dat sy ook moontlik kan verdwyn om middernag. Enige iets is beter as die versmorende bestaan wat sy alleen moet doen. • Met die koms van Konstabel, is dit asof ʼn lig op hierdie behoefte om vry te word val. Van die begin af sien sy hom as ʼn moontlike bevryder of eerder ʼn moontlike man wat met haar sal kan trou. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 33 • Sy probeer aan hom ʼn gunstige beeld skep, aangesien hy nie kan “sien” nie. Bv. haar hare is baie dikker en langer wat dit werklik is. • Wanneer Konstabel begin vertel van sy tannie Hannie, is dit asof Gertie deur al die bande breek. Sy raak ʼn sensuele vrou, nie noodwendig uiterlik nie, maar innerlik. Hier die reis na seksuele bevryding word egter onderbreek met Miems se terugkeer. Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
34 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) VRAAG 17: MIS – Reza de Wet – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 17.1 1936 1 17.2 Die fratse wat by die sirkus vertoon word. √ 1 Die sirkus is vir Miem die bose wat besweer moet word. / hou vir Meisie en Gertie bevryding in. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 17.3 Sy sal nooit dit wat sy gesien het in die tent van die fratse vergeet nie. / Sy sal nooit die verskriklike verwronge mense vergeet wat sy in die fratse vertoning gesien het nie. 1 17.4 Dit skep ʼn stemming van mistroostigheid / beklemtoon Meisie se 1 mistroostige bestaan. √ 1 Dit suggereer die naderende onheil. √ Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan. 17.5 17.5.1 Die afgelope twee jaar het daar elke jaar op 31 Augustus/ laaste aand in Augustus, ʼn jong meisie verdwyn. 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 17.5.2 Ja 1 Miem is bang dat Meisie iets sal oorkom/ weg gaan raak. Gertie – alhoewel sy geen geldige rede het nie, is ook bang sy kom self iets oor. 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan. Die kandidaat kan nie NEE as ʼn antwoord aanbied nie. 17.6 Miem is verlig dat hulle beskerming kry, maar dit help niks nie en Meisie verdwyn nog steeds./ Miem is verlig dat daar beskerming in die dorp is, maar dit keer nie dat die gevaar haar huis binnekom nie./ Miem is verlig dat daar beskerming op die dorp is, maar haar huis en gesin word nie beskerm nie. / Miem is verlig dat daar iemand hulle kom beskerm, maar vertrou dan die polisieman en dit lei tot hulle ondergang. √√ 2 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan. Die kandidaat bied albei kante van die ironie vir EEN punt aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V2 35 17.7 17.7.1 Sneeuwitjie √ 1 Albei is bleek en wag albei op ʼn prinsbevryder. √√ 2 17.7.2 Drie is ʼn magiese getal en sluit aan by “wonder” wat gaan gebeur. / Dit skakel met Meisie se wonderbaarlike verdwyning. Dit versterk die gebruik van ʼn sprokieskarakter √ 1 17.8 Gabriël/Miem se man./Meisie se pa. √ 1 Gabriël het sewe jaar tevore alles verloor in die Groot Depressie. Hy het geestelik geknak en in die solder gaan bly. √ 1 17.9 17.9.1 Tant Hannie √ 1 17.9.2 Gertie is ʼn oujongnooi en smag na seksuele bevryding./ Gertie het ʼn hoop in haar dat Konstabel haar ook so sal begeer. / Konstabel kan mos nie sien nie, dus leef Gertie haar in die rol van Tannie Hannie in, opsoek na seksuele bevryding. √ 1 Ja, Miem is getroud, maar het haar man sewe jaar laas gesien, en smag ook na seksuele bevryding. OF Nee, Miem het vaste oortuigings en sal nie dat ʼn storietjie van Tant Hannie, haar in die versoeking lei nie. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan. 17.10 neweteks/toneelaanwysings √ 1 Dit is karakteropenbarend./karakteriserend/ Dit gee ʼn aanduiding vir die aktrises wat Miem en Gertie, onderskeidelik, vertolk watter emosies en beweging moet gebeur./ Dit wys vir die gehoor hoe sterk hierdie begeerte is (by albei vroue) om vry te kom. √√ 2 17.11. 17.11.1 Ja. Beide vroue stry of staan op teen dit wat hulle vas hou./ Meisie staan teen die haar verswelgende ma op en weier om ʼn vingerhoed te dra. Gertie weer breek uit morele onderdrukking leef haar in, in Konstabel se suggestiewe storie in. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan. Beide GERTIE en MEISIE moet bespreek word om EEN punt te verwerf. Die kandidaat kan nie NEE as ʼn antwoord aanbied nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
36 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) 17.11.2 Nee. Gertie kry net so half en half bevryding, en wanneer Miem hulle onderbreek, gaan trek Gertie haarself reg en klim terug in dit wat van haar verwag word. 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan. Die kandidaat kan nie JA as ʼn antwoord aanbied nie. [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 37 AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTELVRAAG – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD 5–6 4 3 2 0–1 ˗ Diepgaande ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die Interpretasie van interpretasie van onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie. onderwerp onderwerp. onderwerp goed onderwerp. die onderwerp. ˗ Geen verwysing na Diepte van argument, ˗ Reeks treffende geïnterpreteer. ˗ Enkele goeie punte ˗ Byna geen punte die gedig nie. verantwoordbaarheid argumente wat ˗ Respons redelik ter ondersteuning wat die onderwerp ˗ Leerder het nie die en insig in teks behoorlik uit die gedetailleerd. van die onderwerp. ondersteun nie. genre en gedig onder gedig gerugsteun is. ˗ Enkele deeglike ˗ Enkele argument ˗ Onvoldoende die knie nie. 6 PUNTE - Uitstekende begrip argumente gegee, word ondersteun, begrip van genre van die genre en maar nie almal ewe maar bewyse nie en gedig. gedig. goed gemotiveer nie. altyd oortuigend nie. - Begrip van genre en ˗ Basiese begrip van gedig duidelik. genre en gedig. STRUKTUUR EN TAAL 4 3 2 1 0–1 ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Struktuur swak. Struktuur, logiese struktuur. en logiese vloei van struktuur. tekens van swak ˗ Ernstige taalfoute. vloei en aanbieding ˗ Argumente goed argument. ˗ ʼn Goed beplanning. Foutiewe styl. Taalgebruik, toon en gestruktureer en daar ˗ Vloei van argument gestruktureerde ˗ Argumente nie styl gebruik in opstel is duidelike kan gevolg word. logiese vloei en logies gerangskik ontwikkeling. ˗ Taalgebruik, toon en samehang ontbreek nie. 4 PUNTE ˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks in die opstel. ˗ Taalfoute styl is volwasse, dit korrek. ˗ Geringe taalfoute; beduidend. beïndruk en is korrek. toon en styl meestal ˗ Toon en styl nie ˗ Grammatika, spelling gepas. geskik nie. en punktuasie feitlik foutvry. Kopiereg voorbehou
38 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTELVRAAG – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD 12–15 9–11 6–8 4– 0–3 - Uitsonderlike respons: - Toon begrip van die - Redelike - Onbevredigende - Geen begrip van die Interpretasie van 14–15 Uitstekende onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van die onderwerp nie onderwerp respons: 12–13 onderwerp goed onderwerp; nie alle onderwerp: byna - Swak poging om die Diepte van argument, - Diepgaande geïnterpreteer aspekte in detail geen aspekte in vraag te beantwoord verantwoordbaarheid en insig in teks interpretasie van - Respons redelik ondersoek nie detail ondersoek nie - Argumente oortuig onderwerp gedetailleerd - Enkele goeie punte - Min punte wat die nie 15 PUNTE - Reeks treffende - Enkele deeglike ter ondersteuning onderwerp - Leerder het nie die argumente wat behoorlik argumente gegee, van die onderwerp ondersteun genre en teks onder uit die roman / drama maar nie almal ewe - Enkele argumente - Baie min relevante die knie nie gerugsteun is goed gemotiveer nie word ondersteun, argumente - Uitstekende begrip van - Begrip van genre en maar bewyse nie - Weinig begrip van die genre en teks teks duidelik altyd oortuigend nie genre en teks - Basiese begrip van genre en teks STRUKTUUR EN TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 - Samehangende - Duidelike struktuur - Enkele bewyse van - Struktuur toon - Gebrek aan Struktuur, logiese struktuur - Logiese vloei van struktuur tekens van swak beplande struktuur vloei en aanbieding - Uitstekende inleiding en argument - Logika en beplanning belemmer vloei van Taalgebruik, toon en slot - Inleiding, slot en ander samehang is - Argumente nie argumente styl gebruik in opstel - Argumente goed paragrawe duidelik, maar met logies gerangskik - Taalfoute en 10 PUNTE gestruktureer en daar is samehangend foute nie foutiewe styl laat duidelike ontwikkeling georganiseer - Enkele taalfoute; - Taalfoute beduidend hierdie skryfstuk - Taalgebruik, toon en styl - Taalgebruik, toon en toon en styl meestal - Toon en styl nie misluk is volwasse, dit beïndruk styl is grootliks korrek gepas geskik nie - Styl en toon nie en is korrek - Paragrafering - Paragrafering foutief geskik nie meestal korrek - Paragrafering foutief VERSPREIDING VAN 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all