Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2023 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12202313 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2023, 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2023

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2023 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NASIENRIGLYN PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille van eenvoud en eenvormigheid. VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde Hakies en pyltjie ( ) Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Taalfoute Enkelstreep onder die taalfout Spelfoute Dubbelstreep onder die spelfout Paragraafindeling [ Begin van ʼn nuwe sin Woord(keuse)-foute x Trek ʼn x bo-oor die verkeerde woord Erkenning van taaljuweeltjies √ Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of uitdrukkings Onduidelik/ ʃ (in die Kronkelstreep Onverstaanbaar kantlyn) Punktuasie O Omkring Neem taalvariëteit in ag. AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = KH = 22 Taal, styl en redigering: T = KL = 10 Struktuur: S= K = 4 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 36 (onder die opstel): Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees. Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte. Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld: 1.1 Skielik staan hy/sy voor my ... Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende opstel aanbied, maar ander aanbiedings is ook aanvaarbaar. In ʼn verhalende/beskrywende opstel sal die kandidaat die verhaal vanuit ʼn agternaperspektief vertel. Die fokus sal wees op die verhaal waarin die persoon voor die verteller staan. Die fokus van die verhaal hoef nie noodwendig op die persoon te wees nie, maar op die verhaalgebeure. Die verskyning van die persoon kan positief of negatief wees. ʼn Verskeidenheid interpretasies is moontlik en die uiteindelike verloop van die gebeure kan ernstig, spannend of humoristies wees. Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar. [50] 1.2 Verdere studie – waardevol of nutteloos? As argumenterende of beredeneerde opstel kan die kandidaat redes aanvoer waarom die verdere studie waardevol of nutteloos is om hom haar toe te rus vir die res van sy/haar lewe. Die kandidaat kan die opstel as ʼn beskrywende opstel aanbied deur situasies te beskryf waarin verdere studie vir mense waardevol of nutteloos was. As verhalende opstel kan die kandidaat ʼn verhaal vertel waarin verdere studie vir iemand waardevol of nutteloos was. In ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of verdere studie waardevol of nutteloos sal wees. Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) 1.3 ʼn Vreemde verhaal. Die kandidaat kan die opstel as ʼn verhalende/beskrywende/ bespiegelende/ argumenterende of beredeneerde opstel aanbied. As verhalende/ beskrywende opstel kan die kandidaat ʼn verhaal vertel wat ʼn vreemde uitkoms het of waarin die gebeure wat plaasvind, vreemd is. In ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of die gebeure in die verhaal werklik vreemd is al dan nie. In ‘n argumenterende opstel kan die kandidaat argumente voorhou waarom die verhaal vreemd is al dan nie. In die beredeneerde opstel kan die kandidaat beredeneer of dit ʼn vreemde verhaal is al dan nie. Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar. [50] 1.4 “Ek voel my omsingel vandag. Fyngedruk soos ʼn mot. Ek glo nie meer in dinge-sal-regkom nie.” As verhalende/beskrywende opstel kan die kandidaat die verhaal vertel of die gebeure beskryf wat aanleiding daartoe gegee het dat hy/sy nie glo dinge sal regkom nie. Die kandidaat kan ʼn spanningsverhaal, liefdesverhaal, komiese verhaal of enige ander toepaslike verhaallyn aanbied. In ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of die dinge sal regkom al dan nie. In ʼn argumenterende opstel kan redes voorgehou word waarom die dinge nie sal regkom nie terwyl ʼn beredeneerde opstel redeneer dat dit wel moontlik is. Die kandidaat kan ook die teendeel hiervan ontgin m.a.w. dat dinge wel sal regkom. Die “dinge” kan na enige aspek van die lewe verwys. Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar. [50] 1.5 Die wiel draai. Interpretasies van hierdie onderwerp sal hoofsaaklik konnotatief van aard wees waarin die kandidaat na die idioom “die wiel draai” verwys. Die kandidaat sal hierdie opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende opstel aanbied. Die fokus van die verhaal is op ʼn situasie waarin ʼn sentrale gebeurtenis beskryf word wat ʼn aanduiding is dat die wiel gedraai het. In ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of die wiel in ʼn spesifieke situasie werklik gedraai het al dan nie. In ʼn argumenterende opstel kan die kandidaat argumente voorhou waarom die wiel gedraai het. In ʼn beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer dat die wiel gedraai het of nie. Letterlike interpretasies is ook aanvaarbaar waar daar na ʼn rit verwys word. Dit kan ook verwys na die ontstaan van die wiel wat die ontwikkeling van die mensdom verander het. Dit kan ook na ʼn meule verwys. Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar. [50] 1.6 Boeliegedrag Die kandidate kan ʼn verhalende opstel skryf waarin die verhaal van ʼn boelie- insident vertel word. In ʼn beskrywende opstel kan die boelie-insident of die impak van boeliegedrag beskryf word. In ʼn argumenterende opstel kan argumente aangevoer word waarom boeliegedrag nie aangemeld of aangespreek word nie. In ʼn beredeneerde opstel kan redeneer word of die optrede werklik boeliegedrag was al dan nie. Aangesien dit slegs ʼn prikkel is, hoef die fokus nie noodwendig op boeliegedrag te wees nie. Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 1.7 Slot en sleutel Die kandidaat kan die opstel as ʼn verhalende/beskrywende/ bespiegelende/argumenterende of beredeneerde opstel aanbied. As verhalende opstel kan die kandidaat ʼn verhaal vertel waarin daar ʼn gebeurtenis/gebeure plaasgevind het wat tot die oop- of toesluit van ʼn slot gelei het. In ʼn beskrywende opstel kan die oorsaak of gevolg van die oop- of toesluit van die slot beskryf word. ʼn Argumenterende opstel kan argumente voorhou waarom die oop- of toesluit van die slot voordelig of nadelig was. ʼn Beredeneerde opstel kan voor- en nadele van die oop- of toesluit van die slot opweeg. Hierdie prikkel kan ook konnotatief geïnterpreteer word waar die slot die deurgang of oorgang van een fase na die volgende is. Die slot sal die insident wees wat hierdie deurgang of oorgang moontlik maak al dan nie. Enige aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar. [50] 1.8 Tegnologie Die kandidaat kan ʼn verhalende opstel skryf oor byvoorbeeld van die verkryging van ʼn tegnologiese apparaat en die impak wat dit op sy/haar lewe gemaak het. Die verhaal kan ook handel oor hoe hard ʼn persoon moes werk om dit te kry. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat die apparaat beskryf. In ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel wat die impak of gebrek aan tegnologiese apparaat op die persoon se lewe of die mensdom het. Daar kan ook bespiegel word of dit tot iemand se geluk bydra en of dit die mens van sy geluk ontneem. In ʼn argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat tegnologiese apparaat/tegnologie goed of sleg is vir die mensdom. In ʼn beredeneerde opstel kan die kandidaat beide kante van die bogenoemde saak beredeneer. Daar kan ook geargumenteer word dat mense wat tegnologies vaardig is, gelukkiger of meer suksesvol is as leke op hierdie gebied. Enige ander aanvaarbare interpretasie is toelaatbaar. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) SOORT OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte: • Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis). • ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig. • Dit is opreg en met entoesiasme geskryf. • Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend. • Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees. • Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd. • ʼn Treffende inleiding boei die leser. • ʼn Verrassende slot rond die inhoud af. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte: • Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis. • Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings). • Tekste kan varieer van meer realisties tot ʼn verdieping in die aanbieding. • Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word. • Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf. • Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik. • Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en nie die denotasie van woorde nie. • Stylfigure kan gebruik word. BEREDENEERDE OPSTEL Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7 Hou die volgende in gedagte: • BEIDE kante van die argument moet beredeneer word. • Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder. • Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings. • ʼn Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee ʼn sterk aanduiding van die skrywer se mening. • Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig. • Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ʼn droom of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte: • Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf. • Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg. • Dis persoonlik van aard. • Daar is ʼn definitiewe struktuur, maar ʼn gevolgtrekking is nie nodig nie. • Dit hoef nie ʼn gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het ʼn spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte: • Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word. • ʼn Eie mening word op ʼn baie oorspronklike en treffende manier gegee. • ʼn Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee. • Verdediging of aanval van ʼn saak word enduit volgehou. • ʼn Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word. • Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word. • Daar moet ʼn duidelike en oortuigende slot wees. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10 Taal, styl en redigering: T=G=6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). VRAAG 2 2.1 E-POS Die informele e-pos word in ʼn waarderende trant aan die hoofseun/hoofdogter geskryf. Die fokus van die e-pos is tweeledig. In die e-pos word daar gefokus op die motivering wat die matrieks ontvang het asook die dankbaarheid vir die wenke wat gegee is. Hou die volgende in gedagte: • Die skryfstyl is informeel, maar korrekte taal word vereis. • Die formaat moet voorsiening maak vir twee e-posadresse asook die onderwerp soos in die vraestel aangetoon. • Die formaat moet ook voorsiening maak vir ʼn datum waarop die e-pos geskryf word. • Die informele e-pos is gewoonlik onderhoudende kommunikasie tussen twee partye wat mekaar betreklik goed ken. • Die e-pos moet ʼn aanhef hê, bv. Goeiemôre / Dag Sarel • Die onderwerp behoort in die eerste paragraaf vermeld te word: Die klem behoort te val op die motivering en die waarde van die wenke wat gegee is. • In die liggaam van die e-pos word daar op bogenoemde twee aspekte uitgebrei. • Die slot is net so belangrik as die inleiding. Daar is ʼn paar standaardmaniere om die e-pos mee af te sluit: Groete. / Vriendelike groete. / Alles van die beste. / Beste wense. • Bogenoemde kan as ʼn paragraaf in ʼn aparte reël geskryf word. Dit kan ook deel van die slot wees • Die e-pos word deur die naam en van van die skrywer afgesluit. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9 2.2 FORMELE BRIEF: KLAGTE Hierdie formele brief word aan die uitvoerende hoof van ESKOM gerig waarin die briefskrywer kla oor die impak wat beurtkrag op sy/haar studies het. Hou die volgende in gedagte: • Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld. • Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel. • Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte taal is nodig. • Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin op die impak van beurtkrag op die matrikulant se voorbereiding vir die rekordeksamen gefokus word. • Die formele register moet gebruik word, soos benodig in formele korrespondensie. Die aanspreekvorm “u” word dus gebruik. • Die afsluiting is formeel en korrek. • Die uwe/ Vriendelike groete / Groete AMarais A. Marais [25] 2.3 HULDEBLYK Bring hulde aan die familielid wat in ʼn fratsongeluk oorlede is. Indien dit lyk asof die kandidaat nie seker is wat ʼn fratsongeluk is nie, neem dit waarde van die skryfstuk weg. Hou die volgende in gedagte • Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van afsterwe, die plek waar die persoon oorlede is en die oorsaak van die dood behoort gegee te word. • Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en gemeenskapsbetrokkenheid kan ingesluit word. • Die fokus behoort te wees op dit wat die familielid vir die spreker en die gemeenskap beteken het. • Gebeurtenisse/staaltjies en herinneringe kan bydra tot die sukses van die huldeblyk. • Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart. • Eufemismes kan gebruik word. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) 2.4 KOERANTBERIG Die berig fokus op die tiener wat vermis geraak het en weer na twee dae gevind is. Hou die volgende in gedagte: • Die koerantberig moet van ʼn opskrif voorsien word. • Die naam van die skrywer volg en voeg waarde toe. • Die koerantberig moet volgens die omgekeerde piramidemetode geskryf word. • Die belangrikste inligting word in die eerste paragraaf gegee. Beantwoord die vrae: Wie? Wat? Waar? Wanneer? Waarom? Hoe? Tot watter mate? • Die res van die inligting word daarna in dalende orde van belangrikheid gegee. • Aanhalings van familie / vriende / kenners voeg waarde toe. • Feite moet akkuraat, bondig en objektief aangebied word. [25] 2.5 FORMELE VERSLAG Die fokus is op dit wat die ooggetuie tydens die rooftog waargeneem het. • Die inleidingsparagraaf bevat die volle naam en van, ID-nommer, woonadres en kontakbesonderhede van die ooggetuie. • In die daaropvolgende paragrawe word gefokus op die presiese detail van die rooftog. • Die naam van die winkel, dag, datum en tyd van gebeure moet vermeld word. • Die beskrywing van die rowers nl. aantal, kleredrag, wat hulle gesê het, vuurwapens, goedere gesteel ens. volg. • Noukeurige, uitgebreide detail is ʼn vereiste. • Die verslag sluit af met die datum en handtekening van die ooggetuie. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V3 11 2.6 FORMELE TOESPRAAK Die inhoud van die toespraak fokus op drie aspekte: die bekendstelling van die spreker, inligting aangaande die studierigting en ʼn aanduiding waarom die spreker die beurs moet ontvang. Hou die volgende in gedagte: • Die toespraak word tydens ʼn formele geleentheid gelewer. • Die direksie moet aangespreek word: Goeiedag Dames en Here • Die teikengehoor moet in gedagte gehou word. • Die inleiding-sin moet sterk en prikkelend wees. • Die drie aspekte kan reeds in die eerste paragraaf genoem word. • Die drie aspekte word in die daaropvolgende paragrawe uitgebrei. • In die slotparagraaf word die argumente treffend en bondig saamgevat. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2023) ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] LET WEL: • Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A). • Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel. • Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings. • Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoe en lae vlak beïnvloed nie. Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN 28−30 22−24 16−18 10−12 4−6 BEPLANNING - Respons is uitsonderlik/treffend - Respons baie goed; getuig van - Respons bevredigend - Wisselvallige samehang in - Respons heeltemal en bo verwagting vaardigheid - Idees redelik samehangend en respons irrelevant Hoë vlak (Respons en - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, interessant oortuigend - Idees onduidelik, nie - Idees deurmekaar en nie idees) stem leser tot nadenke en lewer bewys van volwassenheid - Redelike organisasie en redelik oorspronklik nie op onderwerp gefokus nie Organisering van - Uitsonderlike organisasie en - Organisasie baie goed en samehangend, insluitend - Min bewys van organisasie - Vaag en herhalend idees vir samehang insluitend inleiding, samehangend, insluitend inleiding, inleiding, liggaam en en samehang - Geen organisasie nie en beplanning; liggaam en samevatting/slot. liggaam en samevatting/slot samevatting/slot is onsamehangend Bewustheid van 25−27 19−21 13−15 7−9 0−3 doel, gehoor en - Respons uitmuntend, maar - Respons goed; getuig van - Respons bevredigend, maar - Respons is grootliks - Geen poging aangewend konteks uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid verval soms in onduidelikheid irrelevant om in ooreenstemming Lae vlak van ʼn opstel ontbreek - Idees relevant, interessant - Idees redelik samehangend en - Idees begin los staan en met onderwerp te wees - Idees intelligent en volwasse - Organisasie goed en samehangend, oortuigend kan verwarrend wees nie 30 PUNTE - Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en - ʼn Mate van organisasie en - Skaars ʼn bewys van - Heeltemal irrelevant en insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, organisasie en samehang ontoepaslik samevatting/slot) liggaam en samevatting/slot - Deurmekaar en geen fokus nie TAAL, STYL EN 14−15 11−12 8−9 5−6 0−3 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat - Toon, register, styl en woordeskat - - Toon, register, styl en - Taal onverstaanbaar woordeskat hoogs gepas vir baie gepas vir doel, gehoor en - gepas vir doel, gehoor en konteks woordeskat minder gepas - Toon, register, styl en Toon, register, styl doel, gehoor en konteks. konteks. - Gepaste taalgebruik om vir doel, gehoor en konteks woordeskat nie gepas vir Hoë vlak en woordeskat is - Taalgebruik getuig van vertroue, - Taalgebruik effektief en ʼn betekenis oor te dra nie doel, gehoor en konteks geskik vir indrukwekkend deurlopende gepaste toon word - Toon is gepas - Taalgebruik baie basies - Woordeskat so beperk dat doel/effek en - Toon retories treffend en effektief gebruik − gepas, konstant; - Retoriese middele gebruik om - Toon en woordkeuse skaars dit onmoontlik is om sin te konteks; - Grammatika en spelling feitlik - Grammatika en spelling grootliks betekenis te versterk toepaslik maak Woordkeuse; foutvry foutvry - Baie beperkte woordeskat Taalgebruik en - Knap gedaan - Baie goed gedoen konvensies, 13 10 7 4 punktuasie, - Taalgebruik uitstekend en toon is - Taalgebruik toepaslik en oor die - Voldoende taalgebruik, maar - Taalgebruik onvoldoende Lae vlak grammatika, retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word opgemerk - Weinig indien enige spelling. - Grammatika en spelling feitlik - Toon gepas en effektief - Toon oor die algemeen gepas en sinsverskeidenheid foutvry - Enkele foute in grammatika en beperkte gebruik van retoriese - Woordeskat baie beperk 15 PUNTE - Baie goed tot knap gedaan spelling. middele - Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1 - Uitstekende ontwikkeling van - Logiese ontwikkeling van details. - Relevante detail ontwikkel. - Sommige punte geldig. - Noodsaaklike punte Kenmerke van onderwerp - Samehangend - Sinne en paragrawe goed. - Sinne en paragrawe foutief. ontbreek. teks; - Uitsonderlike detail - Sinne en paragrawe logies en toon gekonstrueer. - Opstel maak nog effens sin. - Sinne en paragrawe Paragraafontwikke - Sinne en paragrawe uitsonderlik variasie. - Opstel maak sin. foutief. ling en gekonstrueer - Opstel maak nie sin nie. sinskonstruksie 5 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) AFRIKAANS HUISTAAL V3 13 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13−15 10−12 7−9 4−6 0−3 BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons toon - Respons toon geen FORMAAT verwagting demonstreer goeie toon voldoende kennis van geringe kennis van kennis van kenmerke - Idees intelligent en volwasse kennis van kenmerke kenmerke van die soort kenmerke van die soort van die soort teks nie. Respons op en idees; - Grondige kennis van van die soort teks teks teks. - Betekenis onduidelik Organisering van kenmerke van die soort teks - Behou fokus − geen - Nie heeltemal gefokus nie - Aanduiding van fokus, met groot afwyking. - Skryfstuk behou fokus. afwyking nie − enkele afwykings maar met afwykings - Geen samehang in idees vir beplanning; - Samehang in inhoud en - Samehang in inhoud en - Redelike samehang in - Inhoud en idees nie altyd idees en inhoud nie. Doel, gehoor, idees idees; baie goed inhoud en idees. samehangend nie - Baie min detail kenmerke/konvensies - Idees behoorlik uitgebrei uitgebrei met detail wat - Sommige detail - Min detail ondersteun die ondersteun die en konteks met detail wat die die onderwerp ondersteun die onderwerp. onderwerp. onderwerp. onderwerp ondersteun ondersteun - Formaat oorwegend - Nodige reëls van formaat - Nodige reëls van 15 PUNTE - Gepaste en akkurate - Gepaste formaat met gepas, maar met enkele vaagweg toegepas. formaat nie toegepas formaat onbeduidende foute foute. - Kritiese foute begaan. nie. TAAL, STYL EN 9−10 7− 8 5− 6 3− 4 0− 2 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat hoogs geskik vir woordeskat, baie geskik woordeskat, geskik vir woordeskat minder geskik woordeskat stem nie Toon, register, styl, doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en ooreen met doel, doel/effek, gehoor en - Grammatika akkuraat en konteks - Enkele grammatikafoute. konteks gehoor en konteks nie konteks;. goed gekonstrueer - Grammatika oor die - Voldoende woordeskat - Grammatika onakkuraat - Besaai met foute en - Feitlik foutloos algemeen korrek en - Foute belemmer nie met etlike foute verward Taalgebruik en goed gekonstrueer; betekenis nie - Basiese woordeskat - Woordeskat nie geskik konvensies; - Baie goeie woordeskat - Betekenis belemmer vir doel nie Woordkeuse; - Oorwegend foutloos - Betekenis ernstig Punktuasie en belemmer spelling 10 PUNTE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all