Skip to content

Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP

Question paperAfrikaans SALGrade 12202111 pages

Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC November Exams 2021, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2021 KWAZULU-NATAL PUNTE: 40 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2021 NSS (KwaZulu-Natal) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en kies die vrae wat jy wil beantwoord. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Kortverhale (40) OF AFDELING B: Drama (40) 3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings: AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het. 4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 7. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 90 minute OF AFDELING B: 90 minute 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2021 NSS (KwaZulu-Natal) INHOUDSOPGAWE Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het. AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord Verhaal A EN Verhaal B. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Verhaal A 20 4 "Soldate in wit klere" EN Verhaal B 20 6 "Die prentjiesmaker" OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag. 2. Perdekrag 40 8 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2021 NSS (KwaZulu-Natal) Beantwoord SLEGS die vraag oor die kortverhale/drama wat jy bestudeer het, dit wil sê VRAAG 1 OF VRAAG 2. VRAAG 1: LUGSPIEËLINGS – Myicelie Pienaar VERHAAL A: "SOLDATE IN WIT KLERE" – Hannah Bell (20) EN VERHAAL B: "DIE PRENTJIESMAKER" – PJ du Plessis (20) VERHAAL A: "SOLDATE IN WIT KLERE" – Hannah Bell Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. ''Toemaar, dalk gee hy jou net medisyne. En ons is vanaand weer tuis. "Maar oom Labu kon sien die man lyk sleg en hy het gou die bakkie uitgetrek om dorp toe te ry. ''Hou jou oë op die pad, Nevil, en kyk of jy êrens los grond sien. Dit kan beteken daar is 'n landmyn begrawe. En hou die bosse aan die kant van die pad ook dop, of jy nie 'n geweerloop sien blink nie.'' 5 Toe hulle van die plaaspad af in die teerpad wat dorp toe loop, indraai, het oom Labu asem opgehou dat hulle dalk êrens in 'n hinderlaag kan inry. Miskien 'n boomstomp oor die pad gegooi, wat hulle sal verplig om uit te klim om onder skoot te kom. Toe hulle by die dokter kom, kon hy dadelik aan Nevil aandag gee. Nadat hy Nevil ondersoek het, sê hy: 10 ''Hierdie man het malaria in 'n erge graad. Hy moet hier in die hospitaal agterbly.'' 1.1 Watter soort werk het oom Labu gedoen? (1) 1.2 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.2) neer. Lees reël 4 tot 7. Hierdie optrede van oom Labu wys dat hy ... was. A kwaad B haastig C versigtig D onverskillig (1) 1.3 Wie sou hulle in 'n hinderlaag wou lei? (1) 1.4 Oom Labu was daardie aand alleen op die plaas. 1.4.1 Noem EEN ding wat oom Labu daardie aand gedoen het om so veilig moontlik te kon wees. (1) 1.4.2 Noem EEN rede waarom oom Labu nie slaappille sou wou drink nie. (1) 1.5 Oom Labu het nie na sy buurman toe gegaan nie, want hulle was kwaad vir mekaar. Gee 'n rede uit die verhaal waarom die stelling ONWAAR is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2021 NSS (KwaZulu-Natal) 1.6 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die verhaal gebeur.  'n Patrolliemotor het voor oom Labu se huis stilgehou.  Die gevangene het vir oom Labu gewys waar hulle geloop het.  Oom Labu het gehoor dat daar soldate in wit klere om sy huis was.  Die kaptein het vir oom Labu vertel wat die vorige nag gebeur het. (4) 1.7 1.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die titel van hierdie verhaal pas die beste (by die begin van/regdeur/by die einde van) die verhaal. (1) 1.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.7.1. (1) 1.8 Oom Labu het in gevaarlike tye geleef. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.8.1 tot 1.8.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.8.1 Die plaaswerk was te veel A Oom Labu het besluit om alleen vir oom Labu. terug te ry plaas toe. 1.8.2 Oom Labu moes B Oom Labu het nie agtergekom dat belangrike dinge op die die vryheidsvegters om sy huis plaas gaan doen. geloop het nie. 1.8.3 Oom Labu was daardie C Oom Labu het gehoor dat drie aand baie onrustig. vryheidsvegters doodgeskiet is. 1.8.4 Oom Labu het soos 'n kind D Nevil Horn is gestuur om oom geslaap. Labu te help. E Oom Labu het lank gebid. (4 x 1) (4) 1.9 Gee TWEE redes waarom ons kan sê dat ons oom Labu in hierdie verhaal die beste leer ken. (2) 1.10 Oom Labu is 'n karakter wat die leser positief kan motiveer. Gee TWEE redes waarom ons so kan sê. (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2021 NSS (KwaZulu-Natal) VERHAAL B: "DIE PRENTJIESMAKER" – PJ du Plessis Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. ''Nee, niks nie, Mevrou,'' begin Mthemba verduidelik, maar die vrou val hom in die rede. ''En dit? Is dit nie 'n prent op daardie esel nie?'' ''Nee, Mevrou. Dis ... '' Hy probeer haar weghou. Hy wil nie hê die mense moet uitvind dat Ubombo sy verstand verloor het nie. 5 Maar die vrou steur haar nie aan hom nie en kies sommer koers na die esel toe, haar man kort op haar hakke. Kopskuddend volg Mthemba. Dit voel of 'n koue hand sy maag omklem toe die twee voor die esel tot stilstand kom. Hy verwag dat hulle gaan lag, of miskien in afsku gaan wegdraai, maar dit gebeur nie. Die vrou trek haar asem skerp in. ''Maar dis wonderlik.'' Haar stem registreer 10 verbasing en opwinding. ''Soveel gevoel, soveel uitdrukking. Dit is duidelik dat die kunstenaar moedeloosheid en wanhoop wou uitbeeld, en hy het dit briljant reggekry.'' Die man vat na sy beursie. ''Ons moet dit hê,'' sê hy. Mthemba staar oopmond na die twee. 1.11 Waar kom die vrou vandaan wat in die uittreksel met Mthemba praat? (1) 1.12 Waarom het Mthemba gedink dat Ubombo sy verstand verloor het? (1) 1.13 1.13.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die man en vrou het (Ubombo se kuns verstaan/met Ubombo se kuns gespot). (1) 1.13.2 Hoekom sê jy so? (1) 1.14 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.14) neer. ''Die vrou trek haar asem skerp in.'' (Reël 10) Hierdie woorde beteken dat die vrou ... was. A bang B verras C kwaad D tevrede (1) 1.15 ''Mthemba staar oopmond na die twee.'' (Reël 14) Wat lei ons uit hierdie reaksie van Mthemba af? (2) 1.16 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Mthemba wou nie die geld vat nie, want hy het nie die vreemde man vertrou nie. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2021 NSS (KwaZulu-Natal) 1.17 Ubombo was 'n ware skilder. Voltooi die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.17.1 tot 1.17.4) en die ontbrekende woorde neer. 1.17.1 Toe Ubombo klein was, het hy prentjies in die ... geteken. (1) 1.17.2 Sy prente was ...; daarom het mense daarvan gehou. (1) 1.17.3 Toe die droogte kom, was die mense bang dat Ubombo ... sou skilder, want dit is boodskappers van die dood. (1) 1.17.4 ... was die enigste van sy eie mense wat gesien het wat hy daardie dag geskilder het. (1) 1.18 Ubombo het geverf wat hy gesien het. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.18.1 tot 1.18.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.18.1 Die nonne het Ubombo se A Ubombo het al sy prente verkoop. talent raakgesien. B Ubombo se laaste prent was net 1.18.2 Ander mense het ook van vreemde vorms en lyne. Ubombo se prente gehou. C Ubombo was nie meer daar toe die 1.18.3 Die groot droogte het ook droogte gebreek is nie. vir Ubombo laat swaarkry. D Die priester het vir Ubombo 'n esel 1.18.4 Ubombo het nie geweet gegee. hoe verf 'n mens honger nie. E Ubombo het nie meer geskilder nie. (4 x 1) (4) 1.19 1.19.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. 'n Boodskap van hierdie verhaal is dat mense (nie hulle beste kan lewer as hulle honger is nie/nie op dieselfde manier na dinge kyk nie). (1) 1.19.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.19.1. (1) 1.20 Die verhaal het 'n verrassende slot. 1.20.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Al is Ubombo aan die einde van die verhaal dood, laat die slot van die verhaal jou (tevrede/teleurgesteld) voel. (1) 1.20.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.20.1. (1) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2021 NSS (KwaZulu-Natal) VRAAG 2 PERDEKRAG – Cecilia du Toit Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS C LUCKY: Nee, maar ek kan mos leer. Dis mos 'n perdeskool dié. Of mag net die ryk rotte die goed ry? WILMA: Jy gaan beslis nie op 'n perd se rug klim met so 'n houding nie. LUCKY: Nes ek gedink het. Net ryk boude vir hierdie hobby horses van jou. Armes soos ek moet maar loop. Of shit stir. 5 WILMA: Dit het niks te doen met arm of ryk nie. Jy's hier om te werk. LUCKY: (Kwaad.) Nee, ek's hier, want ryk rotte gee meer om vir diere as vir arm mense. WILMA: Ag, stop dit nou. Jou storietjie raak nou afgesaag. (Sy hou die leiband na Binki uit.) Kom, vat Lady Jane na die kampie toe. Die De Beers wag. 10 (Binki kom versigtig nader en hou Lady Jane se leiband ver van haar af weg. Lady Jane volg gewillig, maar dit maak Binki steeds bang.) (Aanmoedigend.) Mooi, Binki. Jy doen goed. LUCKY: (Lag uitbundig.) Sy lyk asof sy gaan flou val! Bangbroek-bybie! 2.1 Wat was Wilma se posisie by die perdeskool? (1) 2.2 Lucky moes as straf by die perdeskool werk. 2.2.1 Wie was Lucky se prokureur? (1) 2.2.2 Hoe lank moes Lucky by die perdeskool werk? (1) 2.3 Een van Lucky se werkies was om die stalle uit te hark. Noem nog EEN ander werk wat Wilma vir hom gegee het. (1) 2.4 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.4) neer. Wilma het vir Lucky gesê dat hy nie op 'n perd gaan ry met so 'n houding nie. (Reël 3) Dit wys dat Wilma ... teenoor Lucky opgetree het. A streng B simpatiek C vriendelik D emosioneel (1) 2.5 Die De Beers was ryk mense. Gee 'n rede waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2021 NSS (KwaZulu-Natal) 2.6 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die drama gebeur.  Lucky het die hooivurk gevat en begin werk.  Wilma het vir Lucky gesê om die stalle uit te hark.  Wilma wou hê Lucky moes die perdeskool verlaat.  Lucky het vir Wilma gesê hy is nie daar om die vuil werk te doen nie. (4) 2.7 Lees weer reëls 1 tot 8 wat Lucky oor ryk mense sê. Wat kan jy aflei omtrent Lucky se houding teenoor ryk mense? Noem TWEE dinge. (2) 2.8 Lucky het nie geweet wat alles by die perdeskool gebeur nie. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.8.1 tot 2.8.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.8.1 Lucky was onbeskof. A Lucky het besef dat daar ander kinders is wat ook swaarkry. 2.8.2 Lucky het aspris stadig gewerk. B Wilma moes Lucky waarsku om nie vir Binki te boelie nie. 2.8.3 Lucky het 'n rolstoel onder die boom gesien. C Lucky wou die leiband om Tinkerbelle se kop sit. 2.8.4 Binki het gesê dat sy by Wilma bly omdat Sabrina D Lucky het besef dat hy sy ma se tyd haar nie kon versorg nie. en liefde moes waardeer. E Wilma het gesê dat Lucky nie kos gaan kry voor al die vuil strooi op die hoop is nie. (4 x 1) (4) 2.9 "Sy lyk asof sy gaan flou val! Bangbroek-bybie!" (Reël 14) 2.9.1 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Hierdie optrede van Lucky laat 'n mens (kwaad/opgewonde) voel. (1) 2.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.9.1. (1) 2.10 2.10.1 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. 'n Les wat 'n mens uit hierdie drama kan leer, is dat dit (verkeerd is om te stereotipeer/goed is om van perde te hou). (1) 2.10.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.10.1. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2021 NSS (KwaZulu-Natal) Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS D WILMA: Nee, dis nie waar nie. Hoor jy dan nie? Ek veroordeel jou nie. LUCKY: You could have fooled me. WILMA: Regtig. Wat jy gedoen het, is verskriklik, maar wat ek gedoen het, was nie veel beter nie. En ek was veronderstel om van beter te weet. Ek is mos volwasse, of hoe? 5 LUCKY: Wat? Was jy dan ook wreed teenoor diere? WILMA: Nee, ek was nie wreed nie. Of ten minste nie doelbewus soos – (Sy aarsel.) LUCKY: Soos ek. Toe, sê dit. WILMA: Goed, nie wreed soos jy nie. Maar die skade was net so groot – nee, 10 eintlik baie groter as joune, want ek was 'n grootmens. Maar los dit, dis lank gelede. LUCKY: Vertel. Toe, Antie, vertel. Dit sal my mos help. WILMA: (Sug.) Nou goed. Ek was – toe ek jonger was – 'n bietjie, hm, wild. (Sy wag terwyl Lucky uitbundig lag, maar gaan dan voort.) Ek was een 15 aand by 'n partytjie. 2.11 Wilma het vir Lucky vertel dat sy ook iets verkeerds gedoen het. Voltooi die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.11.1 tot 2.11.4) en die ontbrekende woorde neer. 2.11.1 Terwyl Wilma by die bure se partytjie was, het sy te veel … . (1) 2.11.2 Na die partytjie het sy met haar perd, met die naam … teruggejaag huis toe. (1) 2.11.3 Die perd het in 'n gat getrap en sy … gebreek. (1) 2.11.4 Nadat Wilma vir Lucky van hierdie insident vertel het, was hy ... dat hy so onbeskof met haar was. (1) 2.12 Lucky het erken dat hy wreed teenoor diere was. Wat het hy gedoen wat wreed was? (1) 2.13 Hoekom was Lucky so wreed teenoor daardie diere? (1) 2.14 2.14.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Met die werk wat Wilma by die perdeskool gedoen het, het sy probeer om dit wat sy verkeerd gedoen het, (te vergeet/ reg te maak). (1) 2.14.2 Hoekom sê jy so? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2021 NSS (KwaZulu-Natal) 2.15 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.15) neer. "Ek was – toe ek jonger was – 'n bietjie, hm, wild." (Reël 14) Hiermee wou Wilma vir Lucky sê dat sy as jongmens ... A kwaai was. B goed kon perdry. C onverantwoordelik was. D graag op wilde perde gery het. (1) 2.16 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Lucky kon Wilma nie op haar naam noem nie, want hy was bang vir haar. (1) 2.17 Lucky moes leer om sy houding teenoor baie dinge te verander. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.17.1 tot 2.17.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.17.1 Lucky wou nie saamwerk A Lucky het besef dat 'n mens uit op die plaas nie. jou foute kan leer. 2.17.2 Binki het vir Lucky vertel B Lucky het besef dat alle mense dat sy probeer het om haar seerkry. hondjie uit die brand te red. C Lucky het geleer om stalle skoon 2.17.3 Lucky het Binki se letsels te maak. gesien. D Wilma het gebel sodat Lucky 2.17.4 Wilma het vir Lucky van kon teruggaan stad toe. haar verlede vertel. E Lucky het besef dat diere met liefde en respek behandel moet word. (4 x 1) (4) 2.18 2.18.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die titel van die drama pas die beste (by die begin van/by die einde van/regdeur) die drama. (1) 2.18.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.18.1. (1) 2.19 Gee TWEE maniere waarop 'n mens Lucky in hierdie drama goed leer ken. (2) 2.20 Binki se optrede aan die einde van die drama motiveer die leser om probleme op te los. Gee TWEE redes waarom ons so kan sê. (2) [40] TOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans SAL

View all