Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V3
NOVEMBER 2021
PUNTE: 80
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Afrikaans SAL Grade 12 P3 NSC November Exams 2021 QP
Grade 12 Afrikaans SAL Paper 3 question paper from the NSC November Exams 2021, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exams · 2021 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans SAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exams
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 454.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)160 marks
- Question 2.3Luister en Praat (Listening and Speaking)20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2021
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Opstel (40)
AFDELING B: Lang transaksionele teks (20)
AFDELING C: Kort transaksionele teks (20)
2. Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.
3. Skryf in die taal wat geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
5. BEPLANNING, REDIGERING EN PROEFLEES:
Jy moet jou skryfstukke beplan, redigeer en proeflees.
Gebruik bv. 'n kopkaart, vloeidiagram of sleutelwoorde vir jou
beplanning.
Doen elke keer beplanning VOORDAT jy die finale produk skryf.
Dui die beplanning duidelik aan.
TREK 'n STREEP DEUR DIE BEPLANNING NADAT JY DIE FINALE
PRODUK GESKRYF HET.
6. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 75 minute
AFDELING B: 38 minute
AFDELING C: 37 minute
7. Nommer elke skryfstuk soos wat dit in die vraestel genommer is.
8. Skryf die vraagnommer en die titel neer.
9. Skryf jou eie titel neer as jy oor 'n prent in VRAAG 1.5 skryf.
10. Moenie die titel bytel as jy die getal woorde tel nie.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2021
NSS
AFDELING A: OPSTEL
Skryf 'n opstel van 200–250 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.
VRAAG 1
1.1 DIT HET MY GELUKKIG GEMAAK
Daar het iets gebeur wat jou gelukkig gemaak het.
Skryf 'n opstel en vertel wat gebeur het.
Dink aan die volgende:
Wat het gebeur?
Waar en wanneer het dit gebeur?
Hoe het dit gebeur?
Hoekom het dit jou gelukkig gemaak? [40]
1.2 DIE DAG TOE EK EN MY MAAT GESTRY HET
Jy en jou maat stem oor baie dinge saam. Toe gebeur daar eendag iets wat
gemaak het dat julle met mekaar gestry (argue) het.
Skryf 'n opstel en vertel wat gebeur het.
Dink aan die volgende:
Waaroor het julle gestry?
Waar en wanneer het dit gebeur?
Wat het daarna gebeur?
Hoe voel jy oor dit wat gebeur het? [40]
1.3 EK HET DIEWE SE PLAN LAAT MISLUK
Terwyl jy op pad huis toe was, het jy gehoor hoe diewe beplan om 'n vrou se
handsak te gryp. Jy het gesorg dat hierdie diewe nie hul plan kon uitvoer nie.
Skryf 'n opstel en vertel wat gebeur het.
Dink aan die volgende:
Wanneer en waar het jy hierdie gesprek gehoor?
Wat het die diewe gesê of beplan?
Wat het jy gedoen?
Hoe voel jy oor dit wat gebeur het? [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2021
NSS
1.4 SPORT IS GOED VIR 'n MENS
Sport is goed vir 'n mens se liggaam (body) en gees (spirit).
Skryf 'n opstel en vertel hoekom jy dink dat sport goed vir 'n mens is.
Dink aan die volgende:
Hoekom is sport goed vir 'n mens se liggaam?
Hoekom is sport goed vir 'n mens se gees?
Hoe kan die sport wat jy beoefen jou help?
Hoe kan jy ander mense motiveer om aan sport deel te neem? [40]
1.5 Kies EEN van die volgende prente en skryf 'n opstel daaroor.
Skryf die VRAAGNOMMER van die opstel neer en gee jou opstel 'n TITEL.
Jou opstel moet met die prent verband hou.
1.5.1
[40]
[Uit: getty images.com]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2021
NSS
1.5.2
[Uit: photolia.com] [40]
1.5.3
[Uit: google images.com] [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2021
NSS
1.5.4
[Verwerk uit wikihow.com] [40]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 7 DBE/November 2021
NSS
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Skryf 80–100 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.
VRAAG 2
2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Jou maat het baie hard geleer en 'n beurs (bursary) ontvang om te gaan
studeer.
Skryf 'n vriendskaplike brief aan jou maat waarin jy hom/haar gelukwens en
motiveer om aan te hou om hard te werk.
Dink aan die volgende:
Waarom skryf jy die brief aan jou maat?
Wat gaan jou maat met die beurs doen?
Hoe sal jy jou maat kan motiveer om aan te hou om hard te werk? [20]
2.2 FORMELE BRIEF
Die paaie in jou omgewing is in 'n swak toestand.
Skryf 'n formele brief aan die munisipale bestuurder waarin jy oor die swak
toestand van die paaie kla. Sê hoe jy dink die munisipaliteit dit kan verbeter.
Gebruik die volgende adres:
Die Munisipale Bestuurder
Posbus 5713
Upington
5000
Dink aan die volgende:
Waar in jou omgewing is die paaie so swak?
Wat maak die paaie so swak?
Wat stel jy voor kan/moet die munisipaliteit doen om die situasie te
verbeter? [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 8 DBE/November 2021
NSS
2.3 DIALOOG
Jy het besluit jy wil 'n tatoeëermerk (tattoo) hê en jy wil hoor wat jou ma
daarvan dink.
Skryf die gesprek tussen jou en jou ma neer.
Begin die gesprek só:
Ek: Ma, ek het besluit ek wil 'n tatoeëermerk hê.
Ma: Wat? 'n Tatoeëermerk?
Ek: ...
Ma: ...
LET WEL: Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop. [20]
2.4 RESENSIE
'n Jong sanger het 'n nuwe CD gemaak.
Skryf 'n resensie vir die plaaslike koerant oor die nuwe CD.
Dink aan die volgende:
Wie is die sanger en wat is die naam van die CD?
Wat dink jy van die musiek op die CD?
Sal jy vir mense sê om die CD te koop en waarom? [20]
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 9 DBE/November 2021
NSS
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
Skryf 60–80 woorde oor EEN van die volgende onderwerpe.
Skryf die vraagnommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.
VRAAG 3
3.1 PLAKKAAT
Die plaaslike dansklub gaan 'n danskompetisie in julle gemeenskapsaal hou.
Die leier van die dansklub het vir jou gevra om 'n plakkaat te maak om die
danskompetisie te adverteer.
Maak 'n plakkaat om hierdie danskompetisie te adverteer.
Dink aan die volgende:
Die inligting wat op die plakkaat moet verskyn.
Die korrekte formaat vir 'n plakkaat.
LET WEL: Punte word vir inhoud toegeken, NIE vir versierings NIE. [20]
3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
Jy het geregistreer vir jou inenting teen Covid-19. Jy moes kliniek toe gaan vir
jou inenting (vaccination).
Skryf in jou dagboek hieroor. Jy moet TWEE inskrywings maak:
Die dag vóór die inenting
Die dag ná die inenting
Dink aan die volgende:
Hoe het jy die dag vóór die inenting gevoel?
Hoe het jy ná die inenting gevoel? [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 10 DBE/November 2021
NSS
3.3 RIGTINGAANWYSINGS
Jou oom het per bus stad toe gekom om 'n sokkerwedstryd by te woon. Hy het
by die bushalte afgeklim. Hy stap van die bushalte af tot by die hotel waar hy
bly.
Verduidelik aan jou oom hoe om van die bushalte af tot by die hotel te kom.
Volg die pyltjies op die roetekaart hieronder. Gebruik straatname, bakens en
rigtingaanwysers. Skryf die aanwysings puntsgewys neer.
Begin só:
1. Stap in Noordstraat af tot by ... .
2. ...
3. ...
[20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP
More from Grade 12 Afrikaans SAL

Annual teaching plan
Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023 24

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum