Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V3
NOVEMBER 2021
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 80
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 17 bladsye en 3 rubrieke.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Afrikaans SAL Grade 12 Paper 3 NSC November Exams 2021 Memo
Grade 12 Afrikaans SAL Paper 3 memorandum from the NSC November Exams 2021, 20 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exams · 2021 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans SAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exams
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 435.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)40 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)160 marks
- Question 2.3Luister en Praat (Listening and Speaking)20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke in die assesseringsriglyne.
AFDELING A VRAAG 1.1–1.5 OPSTEL
AFDELING B VRAAG 2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
VRAAG 2.2 FORMELE BRIEF
VRAAG 2.3 DIALOOG
VRAAG 2.4 RESENSIE
AFDELING C VRAAG 3.1 PLAKKAAT
VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
VRAAG 3.3 RIGTINGAANWYSINGS
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning,
redigering en formaat by die rubrieke ingesluit is.
3. As 'n onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordeboek na die senior
nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud
aangeslaan word.
4. Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan, moet dit
eweneens met die senior nasiener bespreek word.
5. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel of dele van opdragte uit die vraestel of
enige ander dokument in die kandidaat se besit (bv. agterkant van die
eksamenrooster/antwoordboek) saamgeflans of net so oorgeskryf word, ontvang die
kandidaat geen punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans.
Indien dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele
volgens die laagste omskrywing.
6. Die nasiener moet die voorgestelde nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die nasien van 'n
skryfstuk. Moenie net strepe onder die foute trek nie.
7. 'n Kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of meer as die
maksimum getal woorde gebruik nie.
7. By VRAAG 1.5:
- Die titel en die kern van die prent behoort by mekaar aan te sluit.
- Indien die titel nie by die kern van die prent pas nie, maar die inhoud spreek
steeds die kern van die prent aan, word die titel geïgnoreer.
- Die onderwerpe kan verhalend of beskrywend wees. Die prente dien slegs
as prikkels.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens behoort deur die onderskeie provinsies gebruik te word.
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde (...) Hakies/Pyltjie
Spelfout = Twee kort strepies onder 'n woord
Woordkeuse / Haal met 'n streep deur
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weggelaatteken
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Taalfoute ______ Enkelstreep onder die taalfout
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Paragraaf is een, lang, lomp sin [ Begin van nuwe sin
Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V; kleinletter r
Punktuasie o Omkring
Erkenning van taaljuweeltjies Regmerkie bo goeie taalgebruik,
idees of uitdrukkings.
Woorde uit ander tale/nie- X Trek 'n X oor die verkeerde woord.
funksionele/vreemde woorde
Standaardafrikaans bly die norm.
Gebruiksafrikaans moet vermy word.
Aanvaar terme waarvoor Afrikaans nog
nie ekwivalente het nie.
Aanvaar ook gemotiveerde Afrikaanse
streekswoorde/-uitdrukkings.
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf
KATEGORIEË volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (24 punte), TAAL, STYL
en REDIGERING (12 punte) en STRUKTUUR (4 punte).
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL,
STYL en REDIGERING (8 punte).
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte)
en TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte).
3 Evalueer hoe uitsonderlik, gemiddeld of onvoldoende die kandidaat binne
daardie kategorieë tussen die gegewe punte is, bv. uit 'n gegewe punt van 12-14
uit 40, moet die nasiener kan assesseer watter punt die skryfstuk verdien. Indien
die punt vir Inhoud & Beplanning (Afdeling A) in die UITSONDERLIK of KNAP
kategorie val, moet die nasiener bepaal of die punt in die hoë of lae
subkategorie val. Skryf net EEN punt neer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
4. Hou die omskrywing (UITSONDERLIK/GEMIDDELD/ONVOLDOENDE) by die
kategorieë in gedagte. Dis 'n hulpmiddel.
5. Skryf die punt soos volg neer:
AFDELING A Omskrywing Punt AFDELING B en C Omskrywing Punt
I/B K- 17 I/B/F K 9
T/S/R E 4 T/S/R K 5
S K 3 TOTAAL: 14
TOTAAL: 24
Let wel:
Indien die punt vir Inhoud & Beplanning (Afdeling A) in die UITSONDERLIK of KNAP
kategorie val, word die punt in die hoë subkategorie met 'n + aangedui en in die lae
subkategorie met 'n -.
AFDELING A: OPSTELTIPES
VERHALENDE OPSTEL (Generies)
Dis 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se), gewoonlik uit die verlede.
Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Die doel van hierdie opstel is om te vermaak.
Hierdie opstel handel oor iets wat gebeur het en oorvertel word ('n storie of
gebeurtenis). Die verhaal word uit eie ervaring geskryf of kan fiktief wees.
Daar behoort 'n treffende inleiding te wees wat die leser dadelik boei en die
karakters en agtergrond bekendstel.
Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
Die vertel-/storielyn ontwikkel logies en die gebeure skep 'n spanningslyn.
Die inhoud is boeiend, interessant, samehangend en oortuigend.
Die slot vorm die afloop/oplossing/samevatting. 'n Verrassende slot sal die
waarde van die skryfstuk verhoog.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Beeldspraak, idiome en spreekwoorde behoort sinvol gebruik te word.
Skryf in die eerste of derde persoon.
Gebruik meestal verlede tyd.
Beskryf opeenvolgende gebeure.
Gebruik woorde wat gebeure in tyd aandui, bv. vroeg in die môre, later, ens.
Dialoog kan gebruik word.
Gebruik bywoorde, byvoeglike naamwoorde, beelde, ens., wat die leser boei.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
BESKRYWENDE OPSTEL (Generies)
Die kandidaat beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp/persoon
wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Die doel van hierdie opstel is om plekke, gebeure en karakters presies en
akkuraat (lewendig) te beskryf.
Daar behoort 'n treffende inleiding te wees wat die leser dadelik boei.
Paragrawe moet logies volg.
'n Verrassende slot sal die waarde van die skryfstuk verhoog.
Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat is nodig vir 'n goeie
beskrywende opstel.
Insig, begrip, eie belewing en sinvolheid geniet aandag. (Dit is meer as net die
opnoem van waarnemings.)
Tekste kan varieer van realisties na 'n verdieping in die aanbieding.
Eie gevoelens oor die beskrywing kan gegee word.
Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Beeldspraak, bv. vergelykings, metafore, personifikasie en stylmiddele soos
herhaling, kontras en klanknabootsing kan gebruik word.
Idiome en spreekwoorde behoort sinvol gebruik te word.
Gebruik teenwoordige of verlede tyd.
Skep 'n prent in woorde.
Gebruik bywoorde, byvoeglike naamwoorde, beelde, ens., wat die leser boei.
Die formaat van die opstel
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
word. Hierdie paragraaf behoort treffend, relevant, kort en saaklik te
wees. Die eerste sin moet dadelik die aandag boei.
Liggaam: Dit het verskeie paragrawe waarvan een sin per paragraaf gewoonlik
die hoofgedagte bevat.
Die ander sinne in die paragraaf is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en/of mening van die kandidaat.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die gebeure in die opstel saamvat. Die
slotsin moet 'n leser lank bybly.
WENKE AAN NASIENERS:
Die riglyne wat by die vrae gegee is, hoef nie gevolg te word nie.
Die vraag is of die kandidaat wel oor die onderwerp geskryf het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
1.1 DIT HET MY GELUKKIG GEMAAK
Die kandidaat moet 'n opstel (200–250 woorde) skryf waarin hy/sy vertel
van iets wat gebeur het wat hom/haar gelukkig gemaak het.
Die opstel kan in die verlede tyd of teenwoordige tyd geskryf word.
Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
- wat gebeur het;
- waar en wanneer dit gebeur het;
- hoe dit gebeur het; en
- hoekom dit die kandidaat gelukkig maak. [40]
1.2 DIE DAG TOE EK EN MY MAAT GESTRY HET
Die kandidaat moet 'n opstel (200–250 woorde) skryf waarin hy/sy vertel
van hoe hy/sy en 'n maat stry gekry het.
Die opstel kan in die teenwoordige tyd of verlede tyd geskryf word.
Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
o waaroor die kandidaat en die maat gestry het;
o waar en wanneer die stryery plaasgevind het;
o wat daarna gebeur het; en
o hoe die kandidaat hieroor voel. [40]
1.3 EK HET DIEWE SE PLAN LAAT MISLUK
Die kandidaat moet 'n opstel (200–250 woorde) skryf waarin hy/sy vertel
van die dag toe hy/sy op pad huis toe gehoor het hoe diewe beplan het
om 'n vrou se handsak te gryp en hoe hy/sy gesorg het dat hul plan misluk
het.
Die opstel kan in die teenwoordige tyd of verlede tyd geskryf word.
Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
o waar en wanneer die kandidaat die gesprek gehoor het;
o wat die diewe gesê/beplan het;
o wat die kandidaat gedoen het; en
o hoe die kandidaat voel oor wat gebeur het. [40]
1.4 SPORT IS GOED VIR 'N MENS
Die kandidaat moet 'n opstel (200–250 woorde) skryf waarin hy/sy vertel
waarom sport goed is vir 'n mens.
Die opstel kan in die teenwoordige tyd of verlede tyd geskryf word.
Die belangrikste elemente kan die volgende wees:
o hoekom sport goed vir 'n mens se liggaam is;
o hoekom sport goed vir 'n mens se gees is;
o hoe sport die kandidaat help; en
o hoe ander mense gemotiveer kan word om aan sport deel te neem. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 7 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
1.5 1.5.1–1.5.4 PRENTE
Die opstel (200–250 woorde) kan verhalend of beskrywend wees.
Kandidate se eie gepaste interpretasie van prente word aanvaar.
Die kandidaat moet die opstel 'n titel gee.
Die kandidaat se opstel moet direk by die prent aansluit.
Die prent kan beskryf word of iets uit die kern van die prent, kan 'n storie
begin.
Let daarop dat 'n prent ook figuurlik geïnterpreteer kan word. [40]
ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG
Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat 'n persoonlike
inkleding van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word.
Waar VRAAG 1.5.1–1.5.4 beantwoord word, moet die opstel met die prent
verband hou.
Die opstel wat geskryf word, kan dus enige een van die twee tipes opstelle
wees soos hierbo uiteengesit.
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 8 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 VRIENDSKAPLIKE BRIEF
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n vriendskaplike brief aan sy/haar maat wat 'n beurs
ontvang het, skryf om die maat geluk te wens en te motiveer om aan te hou
hard werk.
KENMERKE VAN HIERDIE SKRYFSTUK
Getal woorde: 80–100 woorde.
Dit moet in briefformaat geskryf wees.
Hierdie vriendskaplike brief is persoonlik en openhartig.
Die doel hiervan is om die maat geluk te wens met die beurs wat hy/sy
ontvang het en te motiveer om aan te hou hard werk.
Die vriendskaplike brief spreek die ontvanger(s) direk aan.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
In die brief behoort die kandidaat:
o Te sê waarom hy/sy die brief skryf – om die maat geluk te wens
o Uit te vra oor die beurs
o Sy/haar maat te motiveer om aan te hou hard werk
Elk van bg. idees moet genoegsaam met gepaste detail uitgebrei word.
FORMAAT
Die kort inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, nl. om die
maat geluk te wens.
Die liggaam van die brief brei uit oor die rede vir die brief: die kandidaat
wens die maat geluk en motiveer hom/haar om aan te hou hard werk.
Die slotparagraaf moet die brief saamvat en kan die maat die beste
toewens vir die toekoms.
Die formaat van die brief moet korrek wees: adres, datum, aanhef,
paragrawe en afsluiting.
Geen leestekens word in die adres gebruik nie.
Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
Omdat sekere handboeke wel die reël ooplaat, moet ons hier 'n toegewing
maak en kandidate nie penaliseer nie.
Die datum word voluit geskryf, bv. 12 Junie 2021.
Adres:
Posbus 88 Huis 342 Kerkstraat 1 Sesde Laan/laan 10
Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Kode Kode Kode Kode
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 9 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
Aanhef: ''Beste'' of ''Liewe'' of enige aanvaarbare aanspreekvorm word
gebruik en dit word teen die linkerkantlyn geskryf.
'n Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
Groete/Liefdegroete/Mooi wense, ens. is die laaste paragraaf van die brief
en daarom is daar 'n punt aan die einde.
Daar word nie 'n reël in die afsluiting van die brief oopgelaat nie.
Die omskrywing ''Jou maat" of "Jou vriend/vriendin" is opsioneel.
STYL, TOON EN REGISTER
Dit word in 'n meer informele styl as 'n opstel geskryf.
Die styl moet pas by die opdrag: die briefskrywer wens die maat geluk met
die beurs wat hy/sy ontvang het en motiveer hom/haar om aan te hou hard
werk.
Die toon en register moet pas by die vriendskaplike verhouding tussen die
kandidaat en die maat (ontvanger van die brief).
TAAL
Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe:
o Omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o Vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat;
o Akkuraat die kandidaat se grammatika is;
o Goed die kandidaat spel;
o Funksioneel leestekens aangewend word om atmosfeer en emosie
te beskryf.
Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
2.2 FORMELE BRIEF
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n formele brief aan die munisipale bestuurder skryf.
Hy/sy moet vertel hoe swak die toestand van die paaie is/redes daarvoor gee
en die munisipale bestuurder versoek om die probleem op te los. Die
kandidaat kan ook voorstel wat die munisipaliteit kan doen om met hierdie
probleem te help.
KENMERKE VAN HIERDIE SKRYFSTUK
Getal woorde: 80–100 woorde.
Die skryfstuk moet duidelik as 'n formele brief herkenbaar wees.
Die doel van hierdie formele brief is om te kla oor die swak toestand van
die paaie in die omgewing waar die kandidaat woon.
Die formele brief se taalgebruik en styl moet formeel en saaklik wees.
Die brief spreek die teikenpersoon formeel aan, bv. Meneer/Mevrou/
Mejuffrou/Geagte Dame/Geagte Heer.
Die toon en register moet pas by die formele verhouding tussen die
kandidaat en die munisipale bestuurder (ontvanger).
Die klagte en die aanbevelings moet duidelik wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 10 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
INHOUD, IDEES EN DETAIL
In die brief behoort die kandidaat te skryf:
- Waar die swak paaie is
- Wat die paaie so swak maak
- Wat die munisipaliteit kan/moet doen om die situasie te verbeter
Elke idee behoort genoegsaam met gepaste detail uitgebrei te word.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van afsender, datum,
adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe en afsluiting.
Die adres van die afsender kom regs boaan in blokvorm.
Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
Omdat sekere handboeke wel die reël ooplaat, moet ons hier 'n
toegewing maak en leerders nie penaliseer nie.
Die datum word voluit geskryf: 12 November 2021.
Die adres van die ontvanger van die brief is links in blokvorm.
Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
Laat 'n reël oop tussen die twee adresse.
Laat 'n reël oop tussen die adres van die ontvanger en die aanhef.
Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters
geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief
saamvat.
Geen leestekens word na ''Die uwe'' gebruik nie.
Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken.
Korrespondente kan ook hul noemname en vanne gee.
Die korrespondent se voorletters en van kan onder die handtekening
uitgeskryf word, indien dit onleesbaar is.
STYL, TOON EN REGISTER
Die brief moet kort en bondig wees.
Die styl is formeel, maar hoflik.
Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie.
Die kandidaat word nie gepenaliseer indien jy/jou in plaas van u gebruik
word nie.
TAAL
Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe:
- Omvattend die kandidaat se woordeskat is
- Vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat
- Akkuraat die kandidaat se grammatika is
- Goed die kandidaat spel
Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 11 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.3 DIALOOG
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n dialoog tussen hom/haar en sy/haar ma skryf.
Dit moet handel oor die ma se reaksie op die kandidaat se besluit om 'n
tatoeëermerk te kry.
KENMERKE VIR HIERDIE SKRYFSTUK
Getal woorde: 80–100 woorde.
Aanspreekvorm moet informeel wees; dus geskik vir 'n dialoog tussen die
kandidaat en sy/haar ma.
Die teks moet duidelik as dialoog herkenbaar wees.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
Die kandidaat moet:
die gesprek tussen hom/haar en sy/haar ma neerskryf.
vir sy/haar ma vertel van syhaar besluit om 'n tatoeëermerk te kry.
die ma se reaksie duidelik uitspel.
FORMAAT
Die sprekers se name staan teen die linkerkantste kantlyn.
Daar is 'n dubbelpunt na die naam.
Daar word geen aanhalingstekens gebruik nie.
'n Reël word na elke spreker (spreekbeurt) oopgelaat.
Ekstra inligting word tussen hakies geskryf.
STYL, TOON EN REGISTER
Die toon en register moet pas by die situasie waar 'n kind/jongmens en 'n
ma met mekaar praat, nl. informeel, dog hoflik/met respek.
Die kandidaat se styl is verduidelikend, dog oorredend, terwyl die ma
(aanvanklik) verbaas/geskok is.
Hanteer hier tipiese “praattaal”, bv. onvolledige sinne.
TAAL
Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe:
o Omvattend die kandidaat se woordeskat is
o Vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat
o Akkuraat die kandidaat se grammatika is
o Goed die kandidaat spel
o Funksioneel leestekens aangewend word om atmosfeer en emosie aan
te dui
Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 12 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
2.4 RESENSIE
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n resensie vir die plaaslike koerant skryf oor 'n nuwe CD wat
'n jong sanger vrygestel het.
KENMERKE/AARD VAN HIERDIE SKRYFSTUK
Getal woorde: 80–100 woorde.
Die formaat is duidelik as 'n resensie herkenbaar.
Die aanslag is informeel, maar tog saaklik.
Die doel van die resensie is om die CD te evalueer en dit aan te beveel/af te
keur.
Die teks word in die derde persoon geskryf omdat dit objektief moet wees.
Dit word in die teenwoordige/verlede tyd geskryf.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
Die inhoud, idees en detail moet die fokus ondersteun.
Dit moet voldoende feite oor die CD bevat om die lesers te oorreed om ook
die CD te koop/af te raai om dit te koop.
Alle inhoud moet ter sake wees.
Die kandidaat behoort oor die volgende te skryf:
o Wie die sanger is en wat die naam van die CD is
o Wat die kandidaat van die musiek op die CD dink
o Of die kandidaat vir die lesers sal sê om die CD te koop of nie en hoekom
FORMAAT
Daar is 'n titel wat aandui wat die resensent se standpunt is.
Die resensent se naam verskyn onder die titel.
Die inhoud word in paragrawe/kolomvorm aangebied.
o Eerste paragraaf: Wie, wat waar en deurskemering van standpunt.
o Volgende paragrawe: meer besonderhede oor die liedjies op die CD, ens.
o Slotparagraaf: resensent se laaste indrukke/aanbevelings.
STYL, TOON EN REGISTER
Toon: moet informatief en saaklik wees, wissel informeel – formeel.
Styl: moet geloofwaardig wees/soos verslaglewering.
Register: soos in 'n koerantberig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 13 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
TAAL
Gebruik die teenwoordige of verlede tyd.
Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe:
o omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat. Woordkeuse behoort te getuig van kritiese taalbewustheid
by die waardering en evaluering van die CD;
o effektief die woordeskat is. Dit moet die samestelling van die CD raak
beskryf deur woorde te gebruik soos uitstekend/briljant/flou/stel
teleur/oortref verwagtinge/hoë gehalte i.p.v. goed/lekker/mooi;
o akkuraat die kandidaat se grammatika is; en
o hoe goed die kandidaat spel;
Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING B: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 14 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
3.1 PLAKKAAT
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet 'n plakkaat maak om die danskompetisie wat in die
gemeenskapsaal gehou gaan word, te adverteer.
KENMERKE VIR HIERDIE SKRYFSTUK
Getal woorde: 60–80 woorde.
Dit moet die duidelike kenmerke van 'n plakkaat toon.
Die inligting moet duidelik wees.
Die plakkaat moet eenvoudig wees en die lesers (leerders) se aandag
trek.
Die inhoud moet maklik verstaanbaar wees.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
Die plakkaat behoort die nodige inligting omtrent die danskompetisie te
verskaf, nl.:
waar die danskompetisie gaan plaasvind
wanneer die danskompetisie gaan plaasvind
wat alles by hierdie danskompetisie gaan gebeur
wie die mense kan kontak (as hulle meer wil weet)
FORMAAT
Uitleg van die plakkaat (visuele ontwerpelemente, bv. lettergroottes,
lettertipes en plasing van die woorde) is belangrik.
Die belangrike inligting op die plakkaat moet duidelik uitstaan.
Dit moet al die inligting oor die danskompetisie gee.
Die plakkaat berus op die sogenaamde ABBA-beginsel. Dit moet mense
se aandag trek. Die mense se belangstelling in die danskompetisie
moet gewek word. Dit moet die mense se behoefte aanspreek. As die
plakkaat in sy doel slaag, sal die mense tot aksie oorgaan.
STYL, TOON EN REGISTER
Die kandidaat behoort 'n informele, oorredende styl te gebruik wat by die
plakkaat pas.
Die plakkaat spreek die lesers as "jy" aan.
'n Manipulerende toon word gehandhaaf.
Byvoeglike naamwoorde word gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 15 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
TAAL
Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe:
o Omvattend die kandidaat se woordeskat is
o Vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen gegewe sy/haar
woordeskat. Figuurlike taal en stylmiddele kan gebruik word om impak
te maak
o Akkuraat die kandidaat se grammatika is
o Goed die kandidaat spel
o Hoe funksioneel leestekens aangewend word om atmosfeer en
emosie aan te dui
Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet TWEE dagboekinskrywings maak en vertel:
o van sy/haar gevoelens/gedagtes die dag vóór die inenting
o van sy/haar gevoelens/gedagtes ná die inenting.
KENMERKE VAN HIERDIE SKRYFSTUK
Getal woorde: 60–80 woorde.
Die dagboekinskrywings moet die kandidaat se gedagtes, emosies en
denke voor en na die inenting verwoord.
Die dagboekinskrywings kan in die verlede/teenwoordige tyd geskryf word.
Noem familie en vriende op die naam.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
Die inhoud is persoonlik van aard.
Let wel: Dit gaan nie in hierdie dagboekinskrywings bloot oor 'n
beskrywing van wat tydens die inenting gebeur het nie.
Die kandidaat vertel hoe hy/sy voel en waaraan hy/sy dink die aand voor
en na die inenting.
Elke idee moet met gepaste detail uitgebrei word.
FORMAAT
Die dag of datum of albei word boaan geskryf.
Die inhoud kan soos 'n opstel in paragrawe geskryf word.
Daar hoef nie met "Liewe Dagboek" begin te word nie.
STYL, TOON EN REGISTER
Die styl moet by die persoonlike aard van die dagboekinskrywing pas.
'n Dagboekinskrywing word in die eerste persoon geskryf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 16 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
TAAL
Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe:
o Omvattend die kandidaat se woordeskat is;
o Vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen, gegewe sy/haar
woordeskat;
o Akkuraat die kandidaat se grammatika is;
o goed die kandidaat spel; en
o hoe funksioneel leestekens aangewend word om atmosfeer en emosie
aan te dui.
Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
3.3 RIGTINGAANWYSINGS
FOKUS (OPDRAG)
Die kandidaat moet vir sy/haar oom verduidelik hoe om van die bushalte af tot
by die hotel te loop.
KENMERKE VIR HIERDIE SKRYFSTUK
Getal woorde: 60–80 woorde.
Nie alle aanwysings hoef met 'n werkwoord te begin nie.
Verwys na straatname, bakens en rigtingaanwysers wanneer die
roeteaanwysings neergeskryf word.
INHOUD, IDEES EN DETAIL
Die kandidaat volg die pyltjies en verduidelik stap-vir-stap hoe om van die
bushalte af tot by die hotel te kom.
Die kandidaat moet straatname, bakens en rigtingaanwysers (links/
regs/linkerkant/regterkant) gebruik.
FORMAAT
Die rigtingaanwysings moet puntsgewys en stap-vir-stap neergeskryf word.
STYL, TOON EN REGISTER
Die styl moet kort en bondig wees om by die rigtingaanwysings te pas.
Die toon behoort soos instruksies te klink.
TAAL
Die nasiener moet hom/haar laat lei deur hoe:
o Omvattend die kandidaat se woordeskat is
o Vaardig die kandidaat sy/haar woordkeuse uitoefen, gegewe sy/haar
woordeskat
o Akkuraat die kandidaat se grammatika is
o Hoe goed die kandidaat spe.
Die kandidaat moet slordige taal, slengwoorde en sms-taal vermy. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3 17 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 18 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
LET WEL
Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 2; Afdeling A).
Die punte (0-40) vir die nasien van die opstel is in vyf kategorieë verdeel.
Die kriteria vir INHOUD is verder by Uitsonderlik en Knap in 'n hoë en lae subkategorie verdeel. In elke sub-kategorie word die verspreiding van punte aangedui.
Die verdeling van punte in 'n hoë en lae subkategorie beïnvloed nie die punt wat vir TAAL & STYL en STRUKTUUR toegeken word nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) TWEEDE ADDISIONELE TAAL [40 PUNTE]
KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O)
INHOUD & BEPLANNING 22–24 18 12–16 7–11 0–6
- Respons is uitsonderlik, - Respons is baie goed; - Respons is - Samehang in respons is - Respons is nie meer
Respons op opdrag treffend en bo verwagting. getuig van vaardigheid. bevredigend. wisselvallig. relevant nie.
Hoë subkategorie
Idees in teks - Idees is intelligent, - Idees heeltemal relevant, - Idees is redelik same- - Idees is onsamehangend - Idees is deurmekaar en
Organisering van idees volwasse en interessant en gee hangend en en onduidelik; nie meer nie op onderwerp gefokus
Bewus van: stem leser tot nadenke. aanduiding van oortuigend. oorspronklik nie. nie. Dis vaag en
doel, - Uitsonderlike organisasie volwassenheid. - Redelike organisasie - Min bewys van herhalend.
gehoor (inleiding, liggaam en - Organisasie (inleiding, (inleiding, liggaam en organisasie (inleiding, - Geen organisasie;
konteks van opdrag samevatting/slot) en liggaam samevatting/slot) en liggaam en skryfstuk is
samehang. en samevatting/slot) is samehang. samevatting/slot) en onsamehangend.
24 PUNTE baie samehang.
goed en samehangend.
19–21 17
- Respons is uitmuntend, - Respons is goed; getuig
Lae subkategorie
maar uitsonderlik treffende van vaardigheid.
eienskappe ontbreek. - Idees is relevant,
- Idees is intelligent en interessant.
volwasse. - Organisasie (inleiding,
- Baie knap organisasie liggaam en
(inleiding, liggaam en samevatting/slot) is goed
samevatting/slot) en en samehangend.
samehang.
TAAL, STYL & REDIGERING 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
- Taalgebruik is uitmuntend. - Taalgebruik is baie gepas - Taalgebruik is - Taalgebruik is basies. - Taalgebruik is
Toon, register, styl en woordeskat is - Toon, styl en register is en doeltreffend. voldoende; hier en daar - Toon, styl en register is onverstaanbaar.
geskik vir doel en konteks retories effektief. - Toon, styl en register is wisselvallig. elementêr. - Toon, styl en register is
Woordkeuse - Woordeskat is uitsonderlik. gepas en effektief. - Toon, styl en register - Woordeskat is baie onvoldoende.
Taalgebruik en konvensies - Grammatika, spelling en - Woordeskat is knap. is oor die algemeen basies. - Woordeskat uiters
Punktuasie punktuasie is feitlik foutvry. - Min grammatika-, spel- gepas. - Heelwat grammatika-, beperk; maak selfs begrip
Grammatika - Uitsonderlik gedoen. en punktuasiefoute. - Woordeskat is spel- en punktuasiefoute. onmoontlik.
Spelling - Knap gedaan. gemiddeld. - Min of geen - Grammatika-, spel- en
- Grammatika, spelling sinsverskeidenheid. punktuasiefoute
12 PUNTE en punktuasie is belemmer betekenis.
gemiddeld.
- Beperkte gebruik van
retoriese middele.
STRUKTUUR 4 3 2 1 0
- Uitsonderlike ontwikkeling - Logiese, samehangende - Gemiddelde - Basiese ontwikkeling van - Onvoldoende ontwikkeling
Kenmerke van teks van onderwerp. ontwikkeling van ontwikkeling van onderwerp. van onderwerp.
Paragraafontwikkeling en - Uitsonderlike detail. onderwerp. onderwerp. - Sommige relevante detail. - Nodige detail ontbreek.
sinskonstruksie - Uitsonderlike vaardigheid in - Genoegsame detail. - Relevante detail. - Sins- en paragraafbou is - Sins- en paragraafbou is
sins- en paragraafbou. - Sins- en paragraafbou is - Gemiddelde sins- en foutief. foutief.
4 PUNTE logies en getuig van paragraafbou. - Opstel maak tog sin t.s.v. - Opstel maak nie sin nie.
variasie. baie foute.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 19 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK LANG TRANSAKSIONELE TEKS (AFDELING B) TWEEDE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O)
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING & - Grondige kennis van - Goeie kennis van - Toon voldoende - Toon elementêre - Toon weinig, indien
FORMAAT kenmerke van teks. kenmerke van teks. kennis van kenmerke kennis van enige kennis van
- Respons is uitsonderlik, - Respons is baie goed. van teks. kenmerke van teks. kenmerke van teks.
Kenmerke van teks treffende en bo - Inhoud en idees - Respons is - Respons is basies. - Respons toon weinig,
Respons op opdrag verwagting. samehangend. voldoende. - Inhoud en idees nie indien enige verband
Idees in teks - Idees is intelligent en - Behou fokus. - Inhoud en idees meer altyd met opdrag.
Organisering van idees volwasse. - Idees is baie goed redelik samehangend nie. - Geen samehang in
Konvensies en konteks - Inhoud en idees is uitgebrei met detail samehangend. - Aanduiding van idees en inhoud nie.
samehangend. wat die onderwerp - Nie meer heeltemal fokus; met - Fokus onvoldoende
12 PUNTE - Behou fokus. ondersteun. gefokus nie; enkele afwykings. en onvanpas.
- Idees is behoorlik - Gepaste formaat; afwykings. - Min detail - Baie min indien enige
uitgebrei met detail wat onbeduidende foute. - Sommige detail ondersteun die detail ondersteun die
die onderwerp ondersteun die onderwerp. onderwerp.
ondersteun. onderwerp. - Noodsaaklike reëls - Noodsaaklike reëls
- Gepaste en akkurate - Formaat oorwegend van die formaat is van die formaat is nie
formaat. gepas, maar met vaagweg toegepas. toegepas nie.
foute. Kritiese foute is egter
begaan.
7–8 5–6 4 3 0–2
TAAL, STYL & - Toon, styl, register en - Toon, styl, register - Toon, styl, register en - Toon, styl, register - Toon, styl, register
REDIGERING woordeskat is hoogs en woordeskat is woordeskat is geskik en woordeskat is en woordeskat is nie
geskik vir doel, gehoor en baie geskik vir doel, vir doel, gehoor en minder geskik vir meer geskik vir doel,
Toon, styl, register en konteks. gehoor en konteks. konteks. doel, gehoor en gehoor en konteks nie.
woordeskat is geskik - Baie goeie woordeskat. - Knap woordeskat. - Woordeskat is konteks. - Woordeskat is
vir doel/effek en konteks - Toon goeie - Toon oor die voldoende. - Basiese onvoldoende.
Woordkeuse taalkonstruksie. algemeen goeie - Toon gemiddelde woordeskat. - Toon feitlik geen
Taalgebruik en - Grammatika is akkuraat. taalkonstruksie. taalkonstruksie. - Toon basiese taalkonstruksie nie.
konvensies - Baie min spel- en - Grammatika is oor die - Enkele taalkonstruksie. - Grammatikafoute
Punktuasie punktuasiefoute. algemeen korrek. grammatikafoute. - Grammatika is nie belemmer betekenis.
Grammatika - Min spel- en - Spel- en meer - Besaai met spel- en
Spelling punktuasiefoute. punktuasiefoute akkuraat nie. punktuasiefoute;
belemmer nie - Etlike spel- en belemmer betekenis.
8 PUNTE betekenis punktuasiefoute wat
nie. betekenis belemmer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V3
Downloaded from hlayiso.com 20 DBE/November 2021
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK KORT TRANSAKSIONELE TEKS (AFDELING C) TWEEDE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
KRITERIA UITSONDERLIK (U) KNAP (K) GEMIDDELD (G) ELEMENTÊR (E) ONVOLDOENDE (O)
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING & - Grondige kennis van - Goeie kennis van - Toon voldoende - Toon elementêre - Toon weinig, indien
FORMAAT kenmerke van teks. kenmerke van teks. kennis van kenmerke kennis van enige kennis van
- Respons is uitsonderlik, - Respons is baie goed. van teks. kenmerke van teks. kenmerke van teks.
Kenmerke van teks treffende en bo - Inhoud en idees - Respons is - Respons is basies. - Respons toon weinig,
Respons op opdrag verwagting. samehangend. voldoende. - Inhoud en idees nie indien enige verband
Idees in teks - Idees is intelligent en - Behou fokus. - Inhoud en idees meer altyd met opdrag.
Organisering van idees volwasse. - Idees is baie goed redelik samehangend nie. - Geen samehang in
Konvensies en konteks - Inhoud en idees is uitgebrei met detail samehangend. - Aanduiding van idees en inhoud nie.
samehangend. wat die onderwerp - Nie meer heeltemal fokus; met - Fokus onvoldoende
12 PUNTE - Behou fokus. ondersteun. gefokus nie; enkele afwykings. en onvanpas.
- Idees is behoorlik - Gepaste formaat; afwykings. - Min detail - Baie min indien enige
uitgebrei met detail wat onbeduidende foute. - Sommige detail ondersteun die detail ondersteun die
die onderwerp ondersteun die onderwerp. onderwerp.
ondersteun. onderwerp. - Noodsaaklike reëls - Noodsaaklike reëls
- Gepaste en akkurate - Formaat oorwegend van die formaat is van die formaat is nie
formaat. gepas, maar met vaagweg toegepas. toegepas nie.
foute. Kritiese foute is egter
begaan.
7–8 5–6 4 3 0–2
TAAL, STYL & - Toon, styl, register en - Toon, styl, register - Toon, styl, register en - Toon, styl, register - Toon, styl, register
REDIGERING woordeskat is hoogs en woordeskat is woordeskat is geskik en woordeskat is en woordeskat is nie
geskik vir doel, gehoor en baie geskik vir doel, vir doel, gehoor en minder geskik vir meer geskik vir doel,
Toon, styl, register en konteks. gehoor en konteks. konteks. doel, gehoor en gehoor en konteks nie.
woordeskat is geskik - Baie goeie woordeskat. - Knap woordeskat. - Woordeskat is konteks. - Woordeskat is
vir doel/effek en konteks - Toon goeie - Toon oor die voldoende. - Basiese onvoldoende.
Woordkeuse taalkonstruksie. algemeen goeie - Toon gemiddelde woordeskat. - Toon feitlik geen
Taalgebruik en - Grammatika is akkuraat. taalkonstruksie. taalkonstruksie. - Toon basiese taalkonstruksie nie.
konvensies - Baie min spel- en - Grammatika is oor die - Enkele taalkonstruksie. - Grammatikafoute
Punktuasie punktuasiefoute. algemeen korrek. grammatikafoute. - Grammatika is nie belemmer betekenis.
Grammatika - Min spel- en - Spel- en meer - Besaai met spel- en
Spelling punktuasiefoute. punktuasiefoute akkuraat nie. punktuasiefoute;
belemmer nie - Etlike spel- en belemmer betekenis.
8 PUNTE betekenis punktuasiefoute wat
nie. betekenis belemmer.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC November Exams 2021 Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC November Exams 2021 Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC November Exams 2021 Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 NSC November Exams 2021 Memo

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP
More from Grade 12 Afrikaans SAL

Annual teaching plan
Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023 24

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper