You're offline
Skip to content
Question paper

Afrikaans SAL P2 Nov 2021 North West_hlayiso.com_.pdf

Subject: Afrikaans SalGrade 12202111 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2021 NOORDWES PUNTE: 40 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2021 NSS (Noordwes) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en kies die vrae wat jy wil beantwoord. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Kortverhale (40) OF AFDELING B: Drama (40) 3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings: AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het. 4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 7. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 90 minute OF AFDELING B: 90 minute 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2021 NSS (Noordwes) INHOUDSOPGAWE Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het. AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord Verhaal A EN Verhaal B. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Verhaal A 20 4 "Die las" EN Verhaal B 20 6 "Rooikoos Willemse is soek" OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag. 2. Perdekrag 40 8 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2021 NSS (Noordwes) Beantwoord SLEGS die vraag oor die kortverhale/drama wat jy bestudeer het, dit wil sê VRAAG 1 OF VRAAG 2. VRAAG 1: KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer VERHAAL A: "DIE LAS" – Margaret Bakkes (20) EN VERHAAL B: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries (20) VERHAAL A: "DIE LAS" – Margaret Bakkes Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS A Hy kon sommer al sien hoe hy sou lag en hom op sy skouer klop. Dit was sy pa wat hom leer albaster speel het, daarom kon hy ente beter speel as die ander. Toe hy om die hoek kom om in sy eie straat af te stap, het hy die motors gesien. Eers het hy nie besef dat die motors voor hul huis staan nie. Toe herken hy sy oupa se motor en sy oom Frans s'n. Die nuwe bloue het hy nie geken nie. 5 Schalkie het vinniger gestap. Dit was asof hy skielik beklemd gevoel het. Wat het die motors dié tyd van die dag voor hul huis gemaak? Dit was tog nie tyd vir kuier nie. Toe hy die hekkie oopmaak, het hy sy oupa en oom Frans op die stoep sien staan. Hulle het sy voetstappe op die paadjie gehoor en opgekyk. Schalkie het geskrik toe hy hul gesigte sien. So strak en vreemd. 10 1.1 Hoe oud was Schalkie toe sy pa dood is? (1) 1.2 Aan wie het Schalkie eerste gedink toe hy sy oupa en oom Frans op die stoep sien staan? (1) 1.3 Schalkie wou daardie aand met sy nuwe blou-groen ghoen spog. 1.3.1 By wie het Schalkie hierdie ghoen gekry? (1) 1.3.2 By wie wou Schalkie met die ghoen spog? (1) 1.4 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die verhaal gebeur.  Schalkie het ophou rugby speel.  Oupa het slegte nuus vir Schalkie vertel.  Daar het baie motors voor die huis gestaan.  Schalkie wou nie sy ma se kamer verlaat nie. (4) 1.5 Schalkie se ma het hom baie vryheid gegee. Gee 'n rede uit die verhaal waarom die stelling ONWAAR is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2021 NSS (Noordwes) 1.6 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.6) neer. Schalkie se onderwyser het met hom gepraat omdat hy nie sy skoolwerk gedoen het nie. Dit wys dat die onderwyser ... was. A kwaai B onseker C nuuskierig D bekommerd (1) 1.7 Lida het vir Dirk van Graan onvriendelik behandel. Wat lei jy hieruit af oor Lida se optrede? Noem TWEE redes. (2) 1.8 Dirk van Graan het 'n al belangriker rol in Schalkie se lewe gespeel. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.8.1 tot 1.8.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.8.1 Schalkie het nie meer A Dirk van Graan het besluit dat hy rugby gespeel nie. self Schalkie se ma wou ontmoet. 1.8.2 Schalkie wou nie vir sy ma B Schalkie het weer sorgeloos vra of hy saam met Dirk gevoel en kon met iemand oor sy van Graan koshuis toe kon pa en ma praat. gaan nie. C Schalkie en Dirk van Graan het 1.8.3 Schalkie het na Dirk se gereeld gaan bal skop. seëlversameling gaan kyk. D Dirk van Graan het vir Schalkie 1.8.4 Schalkie het se ma gesê dat hy vir hulle wou weggehardloop omdat hy sorg. nie by sy oupa en ouma wou gaan bly nie. E Dirk van Graan wou uitvind wat verkeerd in Schalkie se lewe was. (4 x 1) (4) 1.9 1.9.1 Die les wat Dirk van Graan vir die leser leer, is dat jy ander mense moet (help as jy dink iets is verkeerd/los om hulle eie probleme op te los). (1) 1.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.9.1. (1) 1.10 Lida se idee dat Schalkie sy pa se plek moes inneem, het slegte gevolge vir Schalkie gehad. Gee TWEE redes waarom ons so kan sê. (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2021 NSS (Noordwes) VERHAAL B: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS B Dus. Die Barrydalers wil nie hulle naam slegmaak nie. Hulle daar uit. En Rooikoos bulder agter hulle aan: "Ek sal daar wees vemirrag, ditsemsedatsemse," en al die soort dreigemente. Rooikoos was die agtermiddag daar. Dit was sy fout. Want ek het al vir jou gesê Barrydale het daardie jaar 'n spannetjie gehad wat WP sou laat les opsê het. En ek het 5 jou al gesê Rooikoos had 'n stem soos 'n beeskalf se bulbulk. Wat dié agtermiddag met die Barrydalers aan die gang was, weet g'n mens tot vandag se dag toe nie, maar op loop kon hulle nie kom nie. Dan skop die losskakel doer agter oor die doodlyn as hy hom in die hoek wil neersit vir die een vleueltjie – 'n donkerkopkêreltjie met sulke bakbene, ek onthou hom nog. Hy's later getroud met 10 Meisie van nig Meraai, en hulle kinders het almal ook sulke bakbene, jy moet maar oplet. 1.11 Waar op die dorp het Rooikoos gebly? (1) 1.12 Rooikoos was nie soos ander mense nie. Voltooi die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.12.1 tot 1.12.4) en die ontbrekende woorde neer. 1.12.1 Rooikoos het nie gereeld geskeer nie; daarom was sy ... baie lank en slordig. (1) 1.12.2 Sy swak puntjie was dat hy te veel ... het. (1) 1.12.3 Daardie Saterdagmiddag toe die rugby begin, was Rooikoos by (1) die ... 1.12.4 Daarom het ... se span nie gewen, soos almal gedink het nie. (1) 1.13 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.13) neer. "... Barrydale het daardie jaar 'n spannetjie gehad wat WP sou laat les opsê het." (Reël 5) Dit beteken dat Barrydale se rugbyspan daardie jaar ... A hulle wedstryd teen WP sou verloor het. B baie nuwe dinge geleer het. C baie goed gespeel het. D 'n jong spannetjie was. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2021 NSS (Noordwes) 1.14 Rooikoos Willemse het daardie Saterdag moeilikheid veroorsaak. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.14.1 tot 1.14.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.14.1 Rooikoos het lelik met A Barrydale se span het nie die die Barrydalers gepraat. wedstryd gewen nie. 1.14.2 Die hoteleienaar het B Rooikoos het die oggend halfelf al mooi met Rooikoos en begin drink. die Barrydalers gepraat. C Die Barrydalers het Rooikoos se 1.14.3 Rooikoos het op hare gekleur en sy baard afgeskeer. Barrydale se losskakel geskree. D Die Barrydalers het besluit om Rooikoos uit te los en het die kantien 1.14.4 Die Barrydalers wou vir verlaat. Rooikoos straf. E Rooikoos en die Barrydalers wou mekaar slaan. (4 x 1) (4) 1.15 1.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Rooikoos was (verbaas/bly) toe die kelner die volgende oggend vir hom koffie gebring het. (1) 1.15.2 Hoekom sê jy so? (1) 1.16 Wie het die foon van die hotel op Rooikoos se dorp geantwoord? (1) 1.17 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Rooikoos was hartseer omdat iemand sy klere gevat het. (1) 1.18 Die Barrydalers het betaal dat Rooikoos daardie nag in die hotel kon slaap. 1.18.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie optrede van die Barrydalers laat jou (kwaad/bly) voel. (1) 1.18.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.18.1. (1) 1.19 1.19.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die titel van die verhaal pas die beste by (die begin van/die einde van/regdeur) die verhaal. (1) 1.19.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.19.1. (1) 1.20 Gee TWEE redes waarom 'n mens kan sê dat jy Rooikoos in hierdie verhaal goed leer ken. (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2021 NSS (Noordwes) VRAAG 2 PERDEKRAG – Cecilia du Toit Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS C LUCKY: Nee, maar ek kan mos leer. Dis mos 'n perdeskool dié. Of mag net die ryk rotte die goed ry? WILMA: Jy gaan beslis nie op 'n perd se rug klim met so 'n houding nie. LUCKY: Nes ek gedink het. Net ryk boude vir hierdie hobby horses van jou. Armes soos ek moet maar loop. Of shit stir. 5 WILMA: Dit het niks te doen met arm of ryk nie. Jy's hier om te werk. LUCKY: (Kwaad.) Nee, ek's hier, want ryk rotte gee meer om vir diere as vir arm mense. WILMA: Ag, stop dit nou. Jou storietjie raak nou afgesaag. (Sy hou die leiband na Binki uit.) Kom, vat Lady Jane na die kampie toe. Die De Beers wag. 10 (Binki kom versigtig nader en hou Lady Jane se leiband ver van haar af weg. Lady Jane volg gewillig, maar dit maak Binki steeds bang.) (Aanmoedigend.) Mooi, Binki. Jy doen goed. LUCKY: (Lag uitbundig.) Sy lyk asof sy gaan flou val! Bangbroek-bybie! 2.1 Wat was Wilma se posisie by die perdeskool? (1) 2.2 Lucky moes as straf by die perdeskool werk. 2.2.1 Wie was Lucky se prokureur? (1) 2.2.2 Hoe lank moes Lucky by die perdeskool werk? (1) 2.3 Een van Lucky se werkies was om die stalle uit te hark. Noem nog EEN ander werk wat Wilma vir hom gegee het. (1) 2.4 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.4) neer. Wilma het vir Lucky gesê dat hy nie op 'n perd gaan ry met so 'n houding nie. (Reël 3) Dit wys dat Wilma ... teenoor Lucky opgetree het. A streng B simpatiek C vriendelik D emosioneel (1) 2.5 Die De Beers was ryk mense. Gee 'n rede waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2021 NSS (Noordwes) 2.6 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die drama gebeur.  Lucky het die hooivurk gevat en begin werk.  Wilma het vir Lucky gesê om die stalle uit te hark.  Wilma wou hê Lucky moes die perdeskool verlaat.  Lucky het vir Wilma gesê hy is nie daar om die vuil werk te doen nie. (4) 2.7 Lees weer reëls 1 tot 8 wat Lucky oor ryk mense sê. Wat kan jy aflei omtrent Lucky se houding teenoor ryk mense? Noem TWEE dinge. (2) 2.8 Lucky het nie geweet wat alles by die perdeskool gebeur nie. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.8.1 tot 2.8.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.8.1 Lucky was onbeskof. A Lucky het besef dat daar ander kinders is wat ook swaarkry. 2.8.2 Lucky het aspris stadig gewerk. B Wilma moes Lucky waarsku om nie vir Binki te boelie nie. 2.8.3 Lucky het 'n rolstoel onder die boom gesien. C Lucky wou die leiband om Tinkerbelle se kop sit. 2.8.4 Binki het gesê dat sy by Wilma bly omdat Sabrina D Lucky het besef dat hy sy ma se tyd haar nie kon versorg nie. en liefde moes waardeer. E Wilma het gesê dat Lucky nie kos gaan kry voor al die vuil strooi op die hoop is nie. (4 x 1) (4) 2.9 "Sy lyk asof sy gaan flou val! Bangbroek-bybie!" (Reël 14) 2.9.1 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Hierdie optrede van Lucky laat 'n mens (kwaad/opgewonde) voel. (1) 2.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.9.1. (1) 2.10 2.10.1 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. 'n Les wat 'n mens uit hierdie drama kan leer, is dat dit (verkeerd is om te stereotipeer/goed is om van perde te hou). (1) 2.10.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.10.1. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2021 NSS (Noordwes) Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS D WILMA: Nee, dis nie waar nie. Hoor jy dan nie? Ek veroordeel jou nie. LUCKY: You could have fooled me. WILMA: Regtig. Wat jy gedoen het, is verskriklik, maar wat ek gedoen het, was nie veel beter nie. En ek was veronderstel om van beter te weet. Ek is mos volwasse, of hoe? 5 LUCKY: Wat? Was jy dan ook wreed teenoor diere? WILMA: Nee, ek was nie wreed nie. Of ten minste nie doelbewus soos – (Sy aarsel.) LUCKY: Soos ek. Toe, sê dit. WILMA: Goed, nie wreed soos jy nie. Maar die skade was net so groot – nee, 10 eintlik baie groter as joune, want ek was 'n grootmens. Maar los dit, dis lank gelede. LUCKY: Vertel. Toe, Antie, vertel. Dit sal my mos help. WILMA: (Sug.) Nou goed. Ek was – toe ek jonger was – 'n bietjie, hm, wild. (Sy wag terwyl Lucky uitbundig lag, maar gaan dan voort.) Ek was een 15 aand by 'n partytjie. 2.11 Wilma het vir Lucky vertel dat sy ook iets verkeerds gedoen het. Voltooi die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.11.1 tot 2.11.4) en die ontbrekende woorde neer. 2.11.1 Terwyl Wilma by die bure se partytjie was, het sy te veel … . (1) 2.11.2 Na die partytjie het sy met haar perd, met die naam … teruggejaag huis toe. (1) 2.11.3 Die perd het in 'n gat getrap en sy … gebreek. (1) 2.11.4 Nadat Wilma vir Lucky van hierdie insident vertel het, was hy ... dat hy so onbeskof met haar was. (1) 2.12 Lucky het erken dat hy wreed teenoor diere was. Wat het hy gedoen wat wreed was? (1) 2.13 Hoekom was Lucky so wreed teenoor daardie diere? (1) 2.14 2.14.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Met die werk wat Wilma by die perdeskool gedoen het, het sy probeer om dit wat sy verkeerd gedoen het, (te vergeet/ reg te maak). (1) 2.14.2 Hoekom sê jy so? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2021 NSS (Noordwes) 2.15 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.15) neer. "Ek was – toe ek jonger was – 'n bietjie, hm, wild." (Reël 14) Hiermee wou Wilma vir Lucky sê dat sy as jongmens ... A kwaai was. B goed kon perdry. C onverantwoordelik was. D graag op wilde perde gery het. (1) 2.16 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Lucky kon Wilma nie op haar naam noem nie, want hy was bang vir haar. (1) 2.17 Lucky moes leer om sy houding teenoor baie dinge te verander. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.17.1 tot 2.17.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.17.1 Lucky wou nie saamwerk A Lucky het besef dat 'n mens uit op die plaas nie. jou foute kan leer. 2.17.2 Binki het vir Lucky vertel B Lucky het besef dat alle mense dat sy probeer het om haar seerkry. hondjie uit die brand te red. C Lucky het geleer om stalle skoon 2.17.3 Lucky het Binki se letsels te maak. gesien. D Wilma het gebel sodat Lucky 2.17.4 Wilma het vir Lucky van kon teruggaan stad toe. haar verlede vertel. E Lucky het besef dat diere met liefde en respek behandel moet word. (4 x 1) (4) 2.18 2.18.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die titel van die drama pas die beste (by die begin van/by die einde van/regdeur) die drama. (1) 2.18.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.18.1. (1) 2.19 Gee TWEE maniere waarop 'n mens Lucky in hierdie drama goed leer ken. (2) 2.20 Binki se optrede aan die einde van die drama motiveer die leser om probleme op te los. Gee TWEE redes waarom ons so kan sê. (2) [40] TOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Afrikaans Sal

Explore more published documents in this catalogue.

View all