Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2
NOVEMBER 2021
WES-KAAP
PUNTE: 40
TYD: 1½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP
Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC November Exams 2021, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Sal · Grade 12 · NSC November Exams · 2021 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans SAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exams
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 365.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2021
NSS (Wes-Kaap)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
kies die vrae wat jy wil beantwoord.
2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: Kortverhale (40)
OF
AFDELING B: Drama (40)
3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings:
AFDELING A: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het.
4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na elke antwoord.
7. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 90 minute
OF
AFDELING B: 90 minute
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2021
NSS (Wes-Kaap)
INHOUDSOPGAWE
Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het.
AFDELING A: KORTVERHALE
Beantwoord Verhaal A EN Verhaal B.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Verhaal A 20 4
"Twee gesigte"
EN
Verhaal B 20 6
"Die krismisbokkie"
OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag.
2. Perdekrag 40 8
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2021
NSS (Wes-Kaap)
Beantwoord SLEGS die vraag oor die kortverhale/drama wat jy bestudeer het, dit
wil sê VRAAG 1 OF VRAAG 2.
VRAAG 1: FEESMAAL – EA SWANEPOEL
VERHAAL A: "TWEE GESIGTE" – Elise Muller (20)
EN
VERHAAL B: " DIE KRISMISBOKKIE" – Audrey Blignault (20)
VERHAAL A: "TWEE GESIGTE" – Elise Muller
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS A
''Sy is groot. Sy werk al. Jy kan mos sommer sien dat sy groot is, kan jy nie?''
Rinatjie kon nie, maar sy het dit nie gesê nie. Sy was te oorstelp om te bepaal
wanneer 'n mens groot is en wanneer nie.
Waar is Katrien nou? Sy gewaar haar eindelik 'n entjie verder tussen 'n groepie wat
in 'n simpatieke kring om haar staan. Katrien sit op die grond met haar bene opgetrek 5
en haar ken op haar knieë. Sy kyk stuurs voor haar uit.
Die mallemeule hou stil. Die musiek sterf weg en Rosa spring dadelik op. ''Kom!''
Maar Rinatjie kap teen. ''Wag eers, Rosa! Wag eers!''
Rosa is nie te keer nie. Sy gryp Rinatjie se hand en trek haar saam tot waar die
mense reeds 'n tou vorm. As hulle nie gou maak nie, moet hulle op die bankies sit. 10
Daar's die man weer om hulle op te help. Sy beur vorentoe, vleg by enkele grootmense
verby en sleep Rinatjie agterna.
1.1 1.1.1 Hoe oud was Katrien? (1)
1.1.2 ''Sy werk al.'' (Reël 1)
Watter werk het Katrien gedoen? (1)
1.2 Skryf die volgende gebeure onder mekaar oor in die korrekte VOLGORDE
soos wat dit in die verhaal gebeur.
Katrien moes van die mallemeule afspring.
Rinatjie het op die perdjie gery.
Katrien het vir Rinatjie van die mallemeule vertel.
Rinatjie se pa het vir haar geld gegee om op die mallemeule te ry. (4)
1.3 Rinatjie het genoeg geld gehad om tien maal op die mallemeule te kon ry.
Gee 'n rede uit die verhaal waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
1.4 ''Sy kyk stuurs voor haar uit.'' (Reël 6)
Waaroor was Katrien ongelukkig? (1)
1.5 Wie was die man wat hulle op die mallemeule gehelp het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2021
NSS (Wes-Kaap)
1.6 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.6) neer.
Rosa se hele houding teenoor Katrien het gewys dat sy ... Katrien was.
A jaloers op
B kwaad vir
C vriendelik met
D onsimpatiek teenoor (1)
1.7 Rinatjie het haar ander vyftigsent vir Katrien gegee.
Wat kan ons uit Rinatjie se optrede aflei? Noem TWEE dinge. (2)
1.8 1.8.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
'n Les wat Rinatjie die dag by die mallemeule geleer het, is dat
dinge wat lekker lyk, (altyd lekker is/soms hartseer bring). (1)
1.8.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.8.1. (1)
1.9 Ons kan sê dat die dag by die mallemeule op verskillende maniere 'n
hoogtepunt in Rinatjie se lewe was.
Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.9.1 tot 1.9.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.9.1 Die mallemeule het op die A Rosa het gesê sy sou vir Rinatjie
dorp aangekom. se volgende rit betaal.
1.9.2 Die man het Rinatjie op B Rinatjie se ouers het vir haar twee
een van die perdjies getel. vyftigsente gegee.
1.9.3 Rinatjie het gesien wat C Rinatjie het nie saam met Katrien
met Katrien gebeur het. op die perdjies gery nie.
1.9.4 Rinatjie het haar geld vir D Rinatjie was geskok.
Katrien gegee.
E Rinatjie het die rit geniet.
(4 x 1) (4)
1.10 Gee TWEE redes waarom 'n mens versigtig moet wees vir iemand soos die
man wat die kinders by die mallemeule gehelp het. (2)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2021
NSS (Wes-Kaap)
VERHAAL B: "DIE KRISMISBOKKIE" – Audrey Blignault
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS B
"... En dan moet hy seker maar in die voerkamer kom slaap. Tant Sofie het gesê jy
moet vir hom melk gee, Kleinboet. Jy moet maar kyk hoe jy dit vir hom kan inkry."
"Hy sal die melk van my vinger af drink, Pappie. Pappie sal sien. Ek weet hoe ek
hom moet voer."
Kleinboet tel die kissie met die bokkie liefderyk op. 5
"En hy moet 'n naam kry, Pappie. Wat kan sy naam wees, Pa?"
"Kom ons sê vir hom Rietman," doen Pappie aan die hand. "Hy kom mos daar uit
die riete uit. Nou sê ons vir hom Rietman. Wat dink julle?"
Só het Rietman 'n paar weke voor die Kersfees daardie jaar sy intrek by ons
geneem. En met sy koms het daar in Kleinboet se lewe iets wonderliks gebeur: 10
1.11 Wie het vir Rietman tussen die riete gekry? (1)
1.12 Hoekom het Pappie gedink dat Kleinboet se ma nie die bokkie sou wou hê
nie? (1)
1.13 1.13.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Kleinboet het vir Rietman (spesiale kos gekoop/kos van die plaas
af gevoer). (1)
1.13.2 Hoekom sê jy so? (1)
1.14 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.14) neer.
"... daardie jaar sy intrek by ons geneem." (Reël 9 en 10) Hierdie woorde
beteken dat Rietman ...
A in die huis geslaap het.
B sy kos in die huis geëet het.
C in 'n hok in die tuin gebly het.
D deel van die hele gesin geword het. (1)
1.15 Almal was lief vir Rietman.
Voltooi die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.15.1 tot 1.15.4) en
die ontbrekende woorde neer.
1.15.1 Pa het die bokkie wat hy huis toe gebring het, in 'n ... gesit. (1)
1.15.2 Rietman is op die plaas met die naam ... gevind. (1)
1.15.3 ... dae voor Kersfees was Rietman skielik weg. (1)
1.15.4 Kleinboet was baie hartseer. Hy het gedink sy bokkie het
weggeloop omdat hy nie meer saam met hulle op die ... wou bly
nie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2021
NSS (Wes-Kaap)
1.16 Kleinboet was baie lief vir sy bokkie.
Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.16.1 tot 1.16.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.16.1 Tannie Sofie het gedink A Kleinboet was seker dit was
dat Kleinboet van die Rietman.
bababokkie sou hou.
B Kleinboet het nie aan die
1.16.2 Toe Rietman wegraak, het Kersfeesaktiwiteite deelgeneem
almal dit geweet. nie.
1.16.3 Die dorpskinders het met C Kleinboet se pa het idees vir die
die wilde duikertjie by die bokkie se naam gegee.
huis aangekom.
D Die hele omgewing se mense het
1.16.4 Kleinboet se gedagtes na Kleinboet se bokkie gesoek.
was die hele tyd by die
bokkie. E Pappie het die bokkie vir
Kleinboet huis toe gevat.
(4 x 1) (4)
1.17 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
WAAR te maak.
Die wilde duikertjie het Kleinboet nie herken nie, want hy was te moeg. (1)
1.18 1.18.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die titel pas die beste (by die begin van/by die einde van/regdeur)
die verhaal. (1)
1.18.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.18.1. (1)
1.19 Drie kinders het die wilde duikertjie op Oukersdag se middag vir Kleinboet
gebring.
1.19.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Wat daardie aand met die duikertjie gebeur het, laat 'n mens
(bly/hartseer) voel. (1)
1.19.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.19.1. (1)
1.20 Gee TWEE redes waarom ons kan sê dat ons Kleinboet die beste in hierdie
verhaal leer ken. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2021
NSS (Wes-Kaap)
VRAAG 2
PERDEKRAG – Cecilia du Toit
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS C
LUCKY: Nee, maar ek kan mos leer. Dis mos 'n perdeskool dié. Of mag net die ryk
rotte die goed ry?
WILMA: Jy gaan beslis nie op 'n perd se rug klim met so 'n houding nie.
LUCKY: Nes ek gedink het. Net ryk boude vir hierdie hobby horses van jou. Armes
soos ek moet maar loop. Of shit stir. 5
WILMA: Dit het niks te doen met arm of ryk nie. Jy's hier om te werk.
LUCKY: (Kwaad.) Nee, ek's hier, want ryk rotte gee meer om vir diere as vir arm
mense.
WILMA: Ag, stop dit nou. Jou storietjie raak nou afgesaag. (Sy hou die leiband na
Binki uit.) Kom, vat Lady Jane na die kampie toe. Die De Beers wag. 10
(Binki kom versigtig nader en hou Lady Jane se leiband ver van haar af
weg. Lady Jane volg gewillig, maar dit maak Binki steeds bang.)
(Aanmoedigend.) Mooi, Binki. Jy doen goed.
LUCKY: (Lag uitbundig.) Sy lyk asof sy gaan flou val! Bangbroek-bybie!
2.1 Wat was Wilma se posisie by die perdeskool? (1)
2.2 Lucky moes as straf by die perdeskool werk.
2.2.1 Wie was Lucky se prokureur? (1)
2.2.2 Hoe lank moes Lucky by die perdeskool werk? (1)
2.3 Een van Lucky se werkies was om die stalle uit te hark. Noem nog EEN ander
werk wat Wilma vir hom gegee het. (1)
2.4 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (2.4) neer.
Wilma het vir Lucky gesê dat hy nie op 'n perd gaan ry met so 'n houding nie.
(Reël 3) Dit wys dat Wilma ... teenoor Lucky opgetree het.
A streng
B simpatiek
C vriendelik
D emosioneel (1)
2.5 Die De Beers was ryk mense.
Gee 'n rede waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2021
NSS (Wes-Kaap)
2.6 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos
wat dit in die drama gebeur.
Lucky het die hooivurk gevat en begin werk.
Wilma het vir Lucky gesê om die stalle uit te hark.
Wilma wou hê Lucky moes die perdeskool verlaat.
Lucky het vir Wilma gesê hy is nie daar om die vuil werk te doen nie. (4)
2.7 Lees weer reëls 1 tot 8 wat Lucky oor ryk mense sê.
Wat kan jy aflei omtrent Lucky se houding teenoor ryk mense?
Noem TWEE dinge. (2)
2.8 Lucky het nie geweet wat alles by die perdeskool gebeur nie.
Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.8.1 tot 2.8.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.8.1 Lucky was onbeskof. A Lucky het besef dat daar ander
kinders is wat ook swaarkry.
2.8.2 Lucky het aspris stadig
gewerk. B Wilma moes Lucky waarsku om nie
vir Binki te boelie nie.
2.8.3 Lucky het 'n rolstoel
onder die boom gesien. C Lucky wou die leiband om
Tinkerbelle se kop sit.
2.8.4 Binki het gesê dat sy by
Wilma bly omdat Sabrina D Lucky het besef dat hy sy ma se tyd
haar nie kon versorg nie. en liefde moes waardeer.
E Wilma het gesê dat Lucky nie kos
gaan kry voor al die vuil strooi op
die hoop is nie.
(4 x 1) (4)
2.9 "Sy lyk asof sy gaan flou val! Bangbroek-bybie!" (Reël 14)
2.9.1 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.
Hierdie optrede van Lucky laat 'n mens (kwaad/opgewonde) voel. (1)
2.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.9.1. (1)
2.10 2.10.1 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies.
'n Les wat 'n mens uit hierdie drama kan leer, is dat dit (verkeerd is
om te stereotipeer/goed is om van perde te hou). (1)
2.10.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.10.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2021
NSS (Wes-Kaap)
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS D
WILMA: Nee, dis nie waar nie. Hoor jy dan nie? Ek veroordeel jou nie.
LUCKY: You could have fooled me.
WILMA: Regtig. Wat jy gedoen het, is verskriklik, maar wat ek gedoen het, was
nie veel beter nie. En ek was veronderstel om van beter te weet. Ek is
mos volwasse, of hoe? 5
LUCKY: Wat? Was jy dan ook wreed teenoor diere?
WILMA: Nee, ek was nie wreed nie. Of ten minste nie doelbewus soos –
(Sy aarsel.)
LUCKY: Soos ek. Toe, sê dit.
WILMA: Goed, nie wreed soos jy nie. Maar die skade was net so groot – nee, 10
eintlik baie groter as joune, want ek was 'n grootmens. Maar los dit, dis
lank gelede.
LUCKY: Vertel. Toe, Antie, vertel. Dit sal my mos help.
WILMA: (Sug.) Nou goed. Ek was – toe ek jonger was – 'n bietjie, hm, wild.
(Sy wag terwyl Lucky uitbundig lag, maar gaan dan voort.) Ek was een 15
aand by 'n partytjie.
2.11 Wilma het vir Lucky vertel dat sy ook iets verkeerds gedoen het.
Voltooi die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.11.1 tot 2.11.4) en
die ontbrekende woorde neer.
2.11.1 Terwyl Wilma by die bure se partytjie was, het sy te veel … . (1)
2.11.2 Na die partytjie het sy met haar perd, met die naam … teruggejaag
huis toe. (1)
2.11.3 Die perd het in 'n gat getrap en sy … gebreek. (1)
2.11.4 Nadat Wilma vir Lucky van hierdie insident vertel het, was hy ... dat
hy so onbeskof met haar was. (1)
2.12 Lucky het erken dat hy wreed teenoor diere was. Wat het hy gedoen wat
wreed was? (1)
2.13 Hoekom was Lucky so wreed teenoor daardie diere? (1)
2.14 2.14.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Met die werk wat Wilma by die perdeskool gedoen het, het
sy probeer om dit wat sy verkeerd gedoen het, (te vergeet/
reg te maak). (1)
2.14.2 Hoekom sê jy so? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2021
NSS (Wes-Kaap)
2.15 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die
vraagnommer (2.15) neer.
"Ek was – toe ek jonger was – 'n bietjie, hm, wild." (Reël 14)
Hiermee wou Wilma vir Lucky sê dat sy as jongmens ...
A kwaai was.
B goed kon perdry.
C onverantwoordelik was.
D graag op wilde perde gery het. (1)
2.16 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling
WAAR te maak.
Lucky kon Wilma nie op haar naam noem nie, want hy was bang vir haar. (1)
2.17 Lucky moes leer om sy houding teenoor baie dinge te verander.
Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net
die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.17.1 tot 2.17.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.17.1 Lucky wou nie saamwerk A Lucky het besef dat 'n mens uit
op die plaas nie. jou foute kan leer.
2.17.2 Binki het vir Lucky vertel B Lucky het besef dat alle mense
dat sy probeer het om haar seerkry.
hondjie uit die brand te red.
C Lucky het geleer om stalle skoon
2.17.3 Lucky het Binki se letsels te maak.
gesien.
D Wilma het gebel sodat Lucky
2.17.4 Wilma het vir Lucky van kon teruggaan stad toe.
haar verlede vertel.
E Lucky het besef dat diere met
liefde en respek behandel moet
word.
(4 x 1) (4)
2.18 2.18.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die titel van die drama pas die beste (by die begin van/by die einde
van/regdeur) die drama. (1)
2.18.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.18.1. (1)
2.19 Gee TWEE maniere waarop 'n mens Lucky in hierdie drama goed leer ken. (2)
2.20 Binki se optrede aan die einde van die drama motiveer die leser om probleme
op te los. Gee TWEE redes waarom ons so kan sê. (2)
[40]
TOTAAL: 40
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP

Question paper
Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP
More from Grade 12 Afrikaans SAL

Annual teaching plan
Gr 12 Afrikaans SAL ATP 2023 24

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum
Afrikaans SAL Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo

Memorandum