Skip to content

Afrikaans SAL Grade 12 P2 NSC November Exams 2021 QP

Question paperAfrikaans SALGrade 12202111 pages

Grade 12 Afrikaans SAL Paper 2 question paper from the NSC November Exams 2021, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2021 NOORD-KAAP PUNTE: 40 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2021 NSS (Noord-Kaap) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en kies die vrae wat jy wil beantwoord. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Kortverhale (40) OF AFDELING B: Drama (40) 3. Beantwoord die vrae in EEN van die afdelings: AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het. OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord die vrae oor die drama (Perdekrag) wat jy bestudeer het. 4. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 7. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 90 minute OF AFDELING B: 90 minute 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2021 NSS (Noord-Kaap) INHOUDSOPGAWE Kies SLEGS die afdeling wat jy bestudeer het. AFDELING A: KORTVERHALE Beantwoord Verhaal A EN Verhaal B. VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER 1. Verhaal A 20 4 "Die ramp" EN Verhaal B 20 6 "Rooikoos Willemse is soek" OF AFDELING B: DRAMA Beantwoord slegs EEN vraag. 2. Perdekrag 40 8 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2021 NSS (Noord-Kaap) Beantwoord SLEGS die vraag oor die kortverhale/drama wat jy bestudeer het, dit wil sê VRAAG 1 OF VRAAG 2. VRAAG 1: KINDERS VAN DIE AARDE – Charles Fryer VERHAAL A: "DIE RAMP" – TT Cloete (20) EN VERHAAL B: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries (20) VERHAAL A: "DIE RAMP" – TT Cloete Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. Nou het die ongeluk ons werklik goed gery. Daar staan ons. Dit reën nog steeds, darem sagter, maar 'n sterk wind waai lae wolke oor ons. Veraf hoor ons die see dreun. Dit is twee-uur. Die kinders huil, die groteres sag, die kleineres hard, behalwe die kleinste wat buite weste van koors lê en yl. 5 Daar is byna geen verkeer hierdie tyd van die nag nie, en die motors wat wel verbykom, hou nie vir my smekende gebare stil nie. In die newelagtige reën kan hulle my dalk ook nie behoorlik sien nie. Later is ek papnat en koud. Toe ek weer 'n motor hoor aankom van Humansdorp se kant af, dink ek daaraan 10 om die oudste seuntjie saam met my te laat staan en smeek om hulp. Mense hou dalk stil as hulle die kind sien. Die plan deug. Dis 'n klein, geel Mini-stasiewaentjie wat stilhou. 1.1 Waar was die verteller met vakansie? (1) 1.2 1.2.1 Waarom kon die verteller se vrou nie saam met hom en die kinders terugry huis toe nie? (1) 1.2.2 Hoe sou die vrou by die huis kom? (1) 1.3 Mense wou nie stilhou om die verteller te help nie. Wat lei jy hieruit af oor die mense? Noem TWEE dinge. (2) 1.4 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.4) neer. Die weldoener het by die verteller en sy seun stilgehou. Hierdie optrede wys dat die weldoener ... was. A simpatiek B nuuskierig C aggressief D emosioneel (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2021 NSS (Noord-Kaap) 1.5 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die verhaal gebeur.  Die verteller se motor het naby Jeffreysbaai gebreek.  Die verteller se motor is teruggesleep Port Elizabeth toe.  Die weldoener het 'n insleepmotor op Humansdorp gaan haal.  Die verteller en sy kinders het die terugreis Port Elizabeth toe begin. (4) 1.6 Daar het baie dinge met die verteller en sy kinders gebeur. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.6.1 tot 1.6.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.6.1 Die kinders was bang om A Die weldoener het verongeluk sonder hulle ma te ry. omdat hy nie kon sien nie. 1.6.2 Die verteller se aspirine was B Die verteller het moeilik bestuur. klaar. C Die kleinste kind se koors het 1.6.3 Op pad huis toe het dit hard erger geword. gereën en die wind het sterk gewaai. D Die weldoener het vir die verteller gewys dat hy ook drie kinders in 1.6.4 Die verteller het die sy motor gehad het. weldoener se bril laat val en dit het gebreek. E Die verteller moes probeer om almal rustig te hou. (4 x 1) (4) 1.7 Die verteller het die bestuurder van die geel motortjie se naam geken. Gee 'n rede uit die verhaal waarom die stelling ONWAAR is. (1) 1.8 Waar het die weldoener verongeluk? (1) 1.9 1.9.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die les in hierdie verhaal is dat jy ander mense (moet help as jy kan sonder om iets terug te verwag/vir hulle hulp moet betaal). (1) 1.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.9.1. (1) 1.10 Hierdie verhaal vertel ons van 'n persoon (die weldoener) wat roekeloos (reckless) bestuur het. Gee TWEE redes waarom ons so kan sê. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2021 NSS (Noord-Kaap) VERHAAL B: "ROOIKOOS WILLEMSE IS SOEK" – Abraham H de Vries Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS B Dus. Die Barrydalers wil nie hulle naam slegmaak nie. Hulle daar uit. En Rooikoos bulder agter hulle aan: "Ek sal daar wees vemirrag, ditsemsedatsemse," en al die soort dreigemente. Rooikoos was die agtermiddag daar. Dit was sy fout. Want ek het al vir jou gesê Barrydale het daardie jaar 'n spannetjie gehad wat WP sou laat les opsê het. En ek het 5 jou al gesê Rooikoos had 'n stem soos 'n beeskalf se bulbulk. Wat dié agtermiddag met die Barrydalers aan die gang was, weet g'n mens tot vandag se dag toe nie, maar op loop kon hulle nie kom nie. Dan skop die losskakel doer agter oor die doodlyn as hy hom in die hoek wil neersit vir die een vleueltjie – 'n donkerkopkêreltjie met sulke bakbene, ek onthou hom nog. Hy's later getroud met 10 Meisie van nig Meraai, en hulle kinders het almal ook sulke bakbene, jy moet maar oplet. 1.11 Waar op die dorp het Rooikoos gebly? (1) 1.12 Rooikoos was nie soos ander mense nie. Voltooi die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (1.12.1 tot 1.12.4) en die ontbrekende woorde neer. 1.12.1 Rooikoos het nie gereeld geskeer nie; daarom was sy ... baie lank en slordig. (1) 1.12.2 Sy swak puntjie was dat hy te veel ... het. (1) 1.12.3 Daardie Saterdagmiddag toe die rugby begin, was Rooikoos by (1) die ... 1.12.4 Daarom het ... se span nie gewen, soos almal gedink het nie. (1) 1.13 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.13) neer. "... Barrydale het daardie jaar 'n spannetjie gehad wat WP sou laat les opsê het." (Reël 5) Dit beteken dat Barrydale se rugbyspan daardie jaar ... A hulle wedstryd teen WP sou verloor het. B baie nuwe dinge geleer het. C baie goed gespeel het. D 'n jong spannetjie was. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2021 NSS (Noord-Kaap) 1.14 Rooikoos Willemse het daardie Saterdag moeilikheid veroorsaak. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.14.1 tot 1.14.4) neer. KOLOM A KOLOM B 1.14.1 Rooikoos het lelik met A Barrydale se span het nie die die Barrydalers gepraat. wedstryd gewen nie. 1.14.2 Die hoteleienaar het B Rooikoos het die oggend halfelf al mooi met Rooikoos en begin drink. die Barrydalers gepraat. C Die Barrydalers het Rooikoos se 1.14.3 Rooikoos het op hare gekleur en sy baard afgeskeer. Barrydale se losskakel geskree. D Die Barrydalers het besluit om Rooikoos uit te los en het die kantien 1.14.4 Die Barrydalers wou vir verlaat. Rooikoos straf. E Rooikoos en die Barrydalers wou mekaar slaan. (4 x 1) (4) 1.15 1.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Rooikoos was (verbaas/bly) toe die kelner die volgende oggend vir hom koffie gebring het. (1) 1.15.2 Hoekom sê jy so? (1) 1.16 Wie het die foon van die hotel op Rooikoos se dorp geantwoord? (1) 1.17 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Rooikoos was hartseer omdat iemand sy klere gevat het. (1) 1.18 Die Barrydalers het betaal dat Rooikoos daardie nag in die hotel kon slaap. 1.18.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Hierdie optrede van die Barrydalers laat jou (kwaad/bly) voel. (1) 1.18.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.18.1. (1) 1.19 1.19.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die titel van die verhaal pas die beste by (die begin van/die einde van/regdeur) die verhaal. (1) 1.19.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.19.1. (1) 1.20 Gee TWEE redes waarom 'n mens kan sê dat jy Rooikoos in hierdie verhaal goed leer ken. (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2021 NSS (Noord-Kaap) VRAAG 2 PERDEKRAG – Cecilia du Toit Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS C LUCKY: Nee, maar ek kan mos leer. Dis mos 'n perdeskool dié. Of mag net die ryk rotte die goed ry? WILMA: Jy gaan beslis nie op 'n perd se rug klim met so 'n houding nie. LUCKY: Nes ek gedink het. Net ryk boude vir hierdie hobby horses van jou. Armes soos ek moet maar loop. Of shit stir. 5 WILMA: Dit het niks te doen met arm of ryk nie. Jy's hier om te werk. LUCKY: (Kwaad.) Nee, ek's hier, want ryk rotte gee meer om vir diere as vir arm mense. WILMA: Ag, stop dit nou. Jou storietjie raak nou afgesaag. (Sy hou die leiband na Binki uit.) Kom, vat Lady Jane na die kampie toe. Die De Beers wag. 10 (Binki kom versigtig nader en hou Lady Jane se leiband ver van haar af weg. Lady Jane volg gewillig, maar dit maak Binki steeds bang.) (Aanmoedigend.) Mooi, Binki. Jy doen goed. LUCKY: (Lag uitbundig.) Sy lyk asof sy gaan flou val! Bangbroek-bybie! 2.1 Wat was Wilma se posisie by die perdeskool? (1) 2.2 Lucky moes as straf by die perdeskool werk. 2.2.1 Wie was Lucky se prokureur? (1) 2.2.2 Hoe lank moes Lucky by die perdeskool werk? (1) 2.3 Een van Lucky se werkies was om die stalle uit te hark. Noem nog EEN ander werk wat Wilma vir hom gegee het. (1) 2.4 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.4) neer. Wilma het vir Lucky gesê dat hy nie op 'n perd gaan ry met so 'n houding nie. (Reël 3) Dit wys dat Wilma ... teenoor Lucky opgetree het. A streng B simpatiek C vriendelik D emosioneel (1) 2.5 Die De Beers was ryk mense. Gee 'n rede waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2021 NSS (Noord-Kaap) 2.6 Skryf die volgende vier insidente onder mekaar oor in die VOLGORDE soos wat dit in die drama gebeur.  Lucky het die hooivurk gevat en begin werk.  Wilma het vir Lucky gesê om die stalle uit te hark.  Wilma wou hê Lucky moes die perdeskool verlaat.  Lucky het vir Wilma gesê hy is nie daar om die vuil werk te doen nie. (4) 2.7 Lees weer reëls 1 tot 8 wat Lucky oor ryk mense sê. Wat kan jy aflei omtrent Lucky se houding teenoor ryk mense? Noem TWEE dinge. (2) 2.8 Lucky het nie geweet wat alles by die perdeskool gebeur nie. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.8.1 tot 2.8.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.8.1 Lucky was onbeskof. A Lucky het besef dat daar ander kinders is wat ook swaarkry. 2.8.2 Lucky het aspris stadig gewerk. B Wilma moes Lucky waarsku om nie vir Binki te boelie nie. 2.8.3 Lucky het 'n rolstoel onder die boom gesien. C Lucky wou die leiband om Tinkerbelle se kop sit. 2.8.4 Binki het gesê dat sy by Wilma bly omdat Sabrina D Lucky het besef dat hy sy ma se tyd haar nie kon versorg nie. en liefde moes waardeer. E Wilma het gesê dat Lucky nie kos gaan kry voor al die vuil strooi op die hoop is nie. (4 x 1) (4) 2.9 "Sy lyk asof sy gaan flou val! Bangbroek-bybie!" (Reël 14) 2.9.1 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. Hierdie optrede van Lucky laat 'n mens (kwaad/opgewonde) voel. (1) 2.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.9.1. (1) 2.10 2.10.1 Kies die KORREKTE woord uit dié tussen hakies. 'n Les wat 'n mens uit hierdie drama kan leer, is dat dit (verkeerd is om te stereotipeer/goed is om van perde te hou). (1) 2.10.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.10.1. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2021 NSS (Noord-Kaap) Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. TEKS D WILMA: Nee, dis nie waar nie. Hoor jy dan nie? Ek veroordeel jou nie. LUCKY: You could have fooled me. WILMA: Regtig. Wat jy gedoen het, is verskriklik, maar wat ek gedoen het, was nie veel beter nie. En ek was veronderstel om van beter te weet. Ek is mos volwasse, of hoe? 5 LUCKY: Wat? Was jy dan ook wreed teenoor diere? WILMA: Nee, ek was nie wreed nie. Of ten minste nie doelbewus soos – (Sy aarsel.) LUCKY: Soos ek. Toe, sê dit. WILMA: Goed, nie wreed soos jy nie. Maar die skade was net so groot – nee, 10 eintlik baie groter as joune, want ek was 'n grootmens. Maar los dit, dis lank gelede. LUCKY: Vertel. Toe, Antie, vertel. Dit sal my mos help. WILMA: (Sug.) Nou goed. Ek was – toe ek jonger was – 'n bietjie, hm, wild. (Sy wag terwyl Lucky uitbundig lag, maar gaan dan voort.) Ek was een 15 aand by 'n partytjie. 2.11 Wilma het vir Lucky vertel dat sy ook iets verkeerds gedoen het. Voltooi die volgende sinne. Skryf net die vraagnommers (2.11.1 tot 2.11.4) en die ontbrekende woorde neer. 2.11.1 Terwyl Wilma by die bure se partytjie was, het sy te veel … . (1) 2.11.2 Na die partytjie het sy met haar perd, met die naam … teruggejaag huis toe. (1) 2.11.3 Die perd het in 'n gat getrap en sy … gebreek. (1) 2.11.4 Nadat Wilma vir Lucky van hierdie insident vertel het, was hy ... dat hy so onbeskof met haar was. (1) 2.12 Lucky het erken dat hy wreed teenoor diere was. Wat het hy gedoen wat wreed was? (1) 2.13 Hoekom was Lucky so wreed teenoor daardie diere? (1) 2.14 2.14.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Met die werk wat Wilma by die perdeskool gedoen het, het sy probeer om dit wat sy verkeerd gedoen het, (te vergeet/ reg te maak). (1) 2.14.2 Hoekom sê jy so? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2021 NSS (Noord-Kaap) 2.15 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.15) neer. "Ek was – toe ek jonger was – 'n bietjie, hm, wild." (Reël 14) Hiermee wou Wilma vir Lucky sê dat sy as jongmens ... A kwaai was. B goed kon perdry. C onverantwoordelik was. D graag op wilde perde gery het. (1) 2.16 Skryf die volgende sin oor en verander die onderstreepte deel om die stelling WAAR te maak. Lucky kon Wilma nie op haar naam noem nie, want hy was bang vir haar. (1) 2.17 Lucky moes leer om sy houding teenoor baie dinge te verander. Kies die gevolg uit KOLOM B wat by die gebeure in KOLOM A pas. Skryf net die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.17.1 tot 2.17.4) neer. KOLOM A KOLOM B 2.17.1 Lucky wou nie saamwerk A Lucky het besef dat 'n mens uit op die plaas nie. jou foute kan leer. 2.17.2 Binki het vir Lucky vertel B Lucky het besef dat alle mense dat sy probeer het om haar seerkry. hondjie uit die brand te red. C Lucky het geleer om stalle skoon 2.17.3 Lucky het Binki se letsels te maak. gesien. D Wilma het gebel sodat Lucky 2.17.4 Wilma het vir Lucky van kon teruggaan stad toe. haar verlede vertel. E Lucky het besef dat diere met liefde en respek behandel moet word. (4 x 1) (4) 2.18 2.18.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die titel van die drama pas die beste (by die begin van/by die einde van/regdeur) die drama. (1) 2.18.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.18.1. (1) 2.19 Gee TWEE maniere waarop 'n mens Lucky in hierdie drama goed leer ken. (2) 2.20 Binki se optrede aan die einde van die drama motiveer die leser om probleme op te los. Gee TWEE redes waarom ons so kan sê. (2) [40] TOTAAL: 40 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans SAL

View all