NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2024
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*IAGRSA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentQuestion paper 











View all





Agricultural Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2024 QP
Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 493.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 24
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 ʼn Binding wat monomere van koolhidrate bymekaar hou.
A Peptied
B Glikosidies
C Ester
D Kovalent
1.1.2 Waterstof en helium word in … 1 van ʼn periodieke tabel gevind.
A vertikaal
B groep
C kolom
D periode
1.1.3 … elektrone in die buitenste dop van ʼn atoom neem deel aan die
vorming van chemiese bindings.
A Kern
B Valensie
C Positief gelaaide
D Neutrale
1.1.4 Proteïene is noodsaaklik vir beide diere en mense; hulle vorm deel
van:
(i) Ensieme
(ii) Hormone
(iii) Sellulose komponent
(iv) Alle selle in die liggaam
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (ii), (iii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2024)
1.1.5 Invloed van sanddeeltjies op grondeienskappe.
(i) Minerale gaan nie vinnig verlore nie
(ii) Maak bewerking makliker
(iii) Verhoog makro-poriespasie
(iv) Lei tot ʼn groot oppervlakte vir chemiese reaksies
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (ii), (iii) en (iv)
1.1.6 Die helling wat warmer is en die vroegste opbrengs lewer, is …
Z
X
Y
W
A W
B X
C Y
D Z
1.1.7 ʼn Gas wat tien keer hoër is in grondlug in vergelyking met
atmosferiese lug.
A Waterdamp
B Stikstof
C Suurstof
D Koolstofdioksied
1.1.8 Die volgende is kenmerke van makroporieë, BEHALWE vir:
A Waterbeweging word beperk
B Infiltrasiekapasiteit is hoog
C Goeie deurlugting en vinnige dreinering
D Gevind in growwe tekstuur grond
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.1.9 … is ʼn gas wat deur weerlig vasgemaak word.
A Stikstof
B Suurstof
C Damp
D Koolstofdioksied
1.1.10 Een van die volgende is NIE ʼn vereiste vir optimale groei van
grondorganismes NIE.
A Grondwater
B Ideale temperatuur
C Grond pH van tussen 10 en 12
D Suurstof (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2024)
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Hidrofilies ʼn Eenvoudige vetsuur punt wat nie
B: Hidrofobies met water bind nie
1.2.2 A: Isomeer Verbindings met dieselfde molekulêre
B: Isotoop formule, maar verskillende strukture
1.2.3 A: Gravitasie Water wat nie in die porieë gehou
B: Higroskopies word nie, maar op die oppervlak van
gronddeeltjies
1.2.4 A: Ryk aan yster en
aluminium Rooi grondkleur
B: Goeie opbrengs
1.2.5 A: Organiese O-horison
Ondergrond diagnostiese horisonte
B: Ortiese A-horison
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die
woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 ʼn Negatief gelaaide funksionele groep wat uit ʼn kombinasie van
hidroksiel (OH) karboniel (O) groepe geheg aan ʼn enkele
koolstofatoom, bestaan
1.3.2 Die verminderde hoeveelheid van hierdie gas in die grond beïnvloed
plantfisiologiese prosesse
1.3.3 Organiese komponent van grond wat die eindproduk is van die
ontbinding van blare en ander plantmateriaal deur grondmikro-
organismes
1.3.4 Ophoping van opgeloste of gesuspendeerde grondmateriaal in een
horison as gevolg van perkolasie van ʼn ander
1.3.5 Baie klein anorganiese en organiese deeltjies gevind in grond met ʼn
sferiese deursnee wat wissel tussen 1 en 1 000 nm (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte antwoord langs die
vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Sure is ʼn chemiese spesie wat ʼn waterstofioon aanvaar.
1.4.2 Permanente verwelkpunt is wanneer die grond nie genoeg water aan
die plant verskaf om dit in staat te stel om sy turgiditeit te behou nie,
maar wanneer plante natgemaak word, herstel hulle.
1.4.3 Immobilisasie is die mikrobiese omskakeling van voedingstowwe in
organiese vorm na anorganiese vorm tydens ontbinding.
1.4.4 Organiese materiaal verbeter deurlugting in sanderige grond.
1.4.5 Denitrifiserende bakterieë omskep ammoniak in nitrate. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2024)
AFDELING B
VRAAG 2: BASIESE LANDBOUCHEMIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder toon die rangskikking van verskillende elemente.
2.1.1 Identifiseer die diagram hierbo. (1)
2.1.2 Identifiseer die kriteria wat gebruik word om elemente in die diagram
hierbo te rangskik. (1)
2.1.3 Onderskei tussen ioniese en kovalente binding. (2)
2.1.4 Gebruik die diagram hierbo om die tipe binding wat tussen die
volgende elemente gevorm sal word, te voorspel:
(a) Magnesium en chloor (1)
(b) Koolstof en suurstof (1)
2.1.5 Teken ʼn Lewis Dot-struktuur om die volgende verbindings te
illustreer:
(a) Water (3)
(b) Natriumchloried (3)
2.1.6 Gee TWEE voorbeelde van deeltjies waaruit ʼn atoom bestaan. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.2 Die diagram hieronder toon die pH-waardes van ʼn paar chemikalieë.
Asyn Bleikmiddel
Water
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14
2.2.1 Noem die instrument wat gebruik word om die pH-waardes van
stowwe in die diagram hierbo te bepaal. (1)
2.2.2 Noem die naam wat gegee word aan reaksies tussen stowwe soos
asyn en bleikmiddel wat aan die teenoorgestelde punte van die pH-
skaal gevind word. (1)
2.2.3 Gee TWEE produkte van die reaksie in VRAAG 2.2.2 hierbo. (2)
2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg:
VERBINDING CHEMIESE STRUKTUURFORMULE
FORMULE
(a) CO2 O=C=O
Ammoniak (b)
(c) C2H6 (d)
2.3.1 Identifiseer die verbindings (a) en (c). (2)
2.3.2 Verskaf ʼn chemiese formule van (b). (1)
2.3.3 Teken ʼn struktuurformule van (d). (3)
2.3.4 Beskryf die belangrike rol van verbinding (a) in plante. (1)
2.3.5 Klassifiseer die verbinding in (c) as organies of anorganies. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2024)
2.4 Metaan is die eenvoudigste alkaan en die hoofkomponent van aardgas.
Verbranding van metaan in die teenwoordigheid van suurstof produseer hitte,
koolstofdioksied en water. Die relatiewe oorvloed van metaan maak dit ʼn
nuttige brandstof. Etanol is ʼn vlugtige, vlambare en kleurlose vloeistof. Die
fermentasie van suiker in etanol is een van die vroegste organiese reaksies
wat mense vervolmaak en gebruik het.
2.4.1 Lei die belangrikheid van metaan vir menslike gebruik uit die scenario
af. (1)
2.4.2 Identifiseer ʼn alkohol en ʼn alkaan uit die scenario hierbo. (2)
2.5 Die prente hieronder toon twee voorbeelde van organiese verbindings.
A B
2.5.1 Identifiseer die groep organiese verbindings waaraan verbindings in die
prente hierbo behoort. (1)
2.5.2 Onderskei tussen die twee organiese verbindings hierbo gebaseer op
dubbelbindings in hul koolwaterstofkettings. (2)
2.5.3 Noem TWEE funksies van die verbindings in lewende organismes. (2)
2.5.4 Noem die proses waartydens vervaardigers waterstof by verbindings
soos in PRENT B voeg. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
VRAAG 3: GRONDKUNDE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die prente hieronder toon ʼn metode wat gebruik word om die tekstuurklas
van grond in die veld te bepaal.
A B C D E
3.1.1 Identifiseer die metode wat in die prente gebruik word om die
grond se tekstuurklas te bepaal. (1)
3.1.2 Lei die tekstuurklas van grond in PRENTE A en E af, gebaseer op
hul vorms. (2)
3.1.3 Noem TWEE ander metodes wat gebruik kan word om
grondtekstuur te bepaal anders as die een in die prente hierbo
getoon. (2)
3.1.4 Dui DRIE redes aan waarom boere die tekstuurklasse van grond
op hul plase moet ken. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2024)
3.2 Die diagramme hieronder toon verskillende tipes grondstruktuur.
A B
C
D
3.2.1 Identifiseer die grondstrukture in die PRENTE B en C hierbo. (2)
3.2.2 Beskryf DRIE wanpraktyke wat tot grondstruktuurvernietiging lei. (3)
3.2.3 Identifiseer die grondstruktuur wat aanbeveel word vir
gewasverbouing (Gee slegs die letter). (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
3.3 ʼn Eksperiment is uitgevoer op drie grondtipes van verskillende tekstuurklasse,
geplaas in buise. Hulle is aan die onderkant met ʼn stuk lap vasgebind en in ʼn
waterbak geplaas sodat water deur die lap kan inkom. Ontleed die diagram
en beantwoord die vrae wat volg:
A B C
Watervlak
na 2 uur
Water
3.3.1 Formuleer ʼn hipotese vir die eksperiment wat uitgevoer is. (2)
3.3.2 Identifiseer die proses wat in die diagram hierbo geïllustreer word. (1)
3.3.3 Neem aan dat die buise leem-, klei- of sandtekstuurgrond bevat.
Identifiseer die grondtekstuur in PROEFBUIS B. (1)
3.3.4 Motiveer die antwoord in VRAAG 3.3.3. (2)
3.3.5 Noem die natuurlike krag wat vir die beweging van water in die
eksperiment verantwoordelik is. (1)
3.3.6 Noem die natuurlike krag wat waterbeweging in
VRAAG 3.3.2 teenstaan. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2024)
3.4 Grondkleur word deur verskeie faktore bepaal. Die kleur van grond verskaf
leidrade oor die mineraalsamestelling en chemiese reaksies wat in die grond
plaasvind. Grond kan van verskillende kleure wees, naamlik: donker, geel, lig
en rooi.
3.4.1 Dui die faktore aan wat die kleure hieronder beïnvloed:
(a) Geel (2)
(b) Lig (2)
3.4.2 Onderskei tussen homogene en nie-homogene grondkleur. (2)
3.5 Grond met ʼn fyn tekstuur het gewoonlik ʼn massadigtheid wat goed is vir die
groei van plante. Voor plantseisoen bewerk boere gewoonlik die grond om
kluite op te breek. Plantwortels kan maklik vog in so ʼn grond absorbeer in
vergelyking met die een met ʼn hoë massadigtheid. Die massadigtheid van
grond is omgekeerd verwant aan grondporositeit.
ʼn Boer wil weet wat die massadigtheid van ʼn 750 g grondmonster is wat ʼn
volume van 500 cm³ beslaan.
3.5.1 Bereken die massadigtheid vir hierdie boer. (3)
3.5.2 Lewer kommentaar oor die geskiktheid van grond met sulke
massadigtheid vir bewerking. (2)
3.5.3 Definieer die begrip porositeit. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15
VRAAG 4: GRONDKUNDE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1
O horison
A horison
E horison
B horison
C horison
R horison
4.1.1 Identifiseer die struktuur in die diagram hierbo. (1)
4.1.2 Pas die horisonte in die grondprofiel hierbo by die beskrywings
hieronder:
(a) Wit gekleur en swak organiese materiaalinhoud (1)
(b) Kom in die ondergrond voor en bestaan uit ʼn konsentrasie van
klei en/ of yster, aluminium en mangaanoksied (1)
(c) Kom gewoonlik nader aan die oppervlak voor en bestaan uit
humus- en mineraaldeeltjies (1)
(d) Kom in die substrata voor en bestaan uit sagte materiale en
verweerde rots (1)
(e) Kom op die oppervlak voor en bestaan uit vars en of gedeeltelik
ontbinde organiese materiaal (1)
4.1.3 Stel die kombinasie van die grondmeesterhorisonte van die
verskillende grondtipes hieronder skematies voor:
(a) Geërodeerde grond (1)
(b) Waterbelaaide/versuipte grond (1)
(c) Jong grond (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
16 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2024)
4.2 Grond word volgens die volgende eienskappe geklassifiseer: morfologiese,
fisiese, chemiese en minerologiese eienskappe. Die O-horison en alle A-
horisonte in Suid-Afrikaanse grond is diagnosties. In Suid-Afrika word grond
op twee vlakke geklassifiseer, dit is die grondvorm en grondreeks.
4.2.1 Identifiseer die stelsel wat gebruik word om grond in Suid-Afrika te
klassifiseer. (1)
4.2.2 Beskryf TWEE gebruike van grondklassifikasiedata op plase. (2)
4.2.3 Beskryf die eerste TWEE stappe wat tydens grondklassifikasie
geneem word. (2)
4.3
Ca Mg Ca K Al
+ + + + +
Grondoplossing
H+
+ + + + +
Mg K Ca K Na
4.3.1 Klassifiseer die kolloïed wat hierbo uitgebeeld word, gebaseer op sy
vorm. (1)
4.3.2 Identifiseer die proses wat in die diagram hierbo uitgebeeld word. (1)
4.3.3 Lei die pH-klas van die grond in die illustrasie hierbo af. (1)
4.3.4 Motiveer jou antwoord in VRAAG 4.3.3. (1)
4.4 Grondherwinning is die regstellende proses wat boere gebruik wanneer die
grond agteruit gegaan het. Hoe langer die agteruitgangsproses voortduur, hoe
moeiliker sal dit wees om te herstel (terug te keer). Landboukalk word in die
herwinning van sekere grond gebruik.
4.4.1 Identifiseer die tipe grond wat deur landboukalktoediening herwin
word. (1)
4.4.2 Gebruik ʼn skematiese diagram om te wys wat tydens bekalking by
kolloïdale uitruilplekke gebeur. (3)
4.4.3 Beskryf TWEE negatiewe effekte van die gebruik van die grond in
VRAAG 4.4.1 sonder om dit te herwin. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) LANDBOUWETENSKAPPE V1 17
4.5
4.5.1 Identifiseer die voedingstofsiklus wat in die diagram hierbo uitgebeeld
word. (1)
4.5.2 Skryf die LETTER vir die volgende prosesse wat in die diagram hierbo
plaasvind.
(a) Skakel koolstofdioksied en water om in koolhidrate deur energie
van die son te gebruik. (1)
(b) Chemiese reaksie tussen stowwe, wat gewoonlik suurstof wat
gepaard gaan met die opwekking van hitte insluit. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
18 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2024)
4.6 Die tabel hieronder toon die invloed van grondtekstuur op die verlies van
grondorganiese materiaal oor ʼn tydperk van 5 weke.
WEEK GRONDORGANIESE MATERIAAL (gram)
SAND LEEM
1 10 10
2 6 8
3 4 7
4 3 6
5 2 5
4.6.1 Teken ʼn lyngrafiek om grondorganiese materiaal verliese in sand- en
leemgrond oor 5 weke te vergelyk. (6)
4.6.2 Lei die tendens wat in die grafiek uitgebeeld word af. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 11 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 11 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 11 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 11 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP
Related documents

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 11 P1 2020 QP (Afr)
More from Grade 11 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 Memo

Question paper