Skip to content

Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP

Question paperAgricultural SciencesGrade 12201613 pages

Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 FEBRUARIE/MAART 2016 TOTAAL: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon alle berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A. 1.1.1 EEN van die stellings hieronder dui op die prysonelastisiteit van vraag: A Verbruikers sal hoendervleis koop as die prys van skaapvleis styg. B Verbruikers sal steeds mielies koop as die prys van mielies styg. C Verbruikers sal 'n ander tipe pasta koop as die prys van spaghetti styg. D Verbruikers sal 'n goedkoper sjokoladestafie koop as die prys van 'n witsjokoladestafie styg. 1.1.2 Die volgende inligting is SLEGS van toepassing op Internetbemarking waar transaksies aanlyn gedoen word: A Die boer stel 'n agent vir bemarkingstake aan. B Die boer verkoop produkte op die mark. C Verbruikers wil dalk nie hul kredietkaarte gebruik nie. D Groot kleinhandelaars soek blootstelling deur opkomende produsente te ondersteun. 1.1.3 Landboukoöperasies hou die volgende voordele vir kleinskaalse boere in: (i) Produsente het 'n beter kans om 'n goeie prys te beding. (ii) Maklike toegang tot fondse. (iii) Produkpryse fluktueer en produsente word geaffekteer. (iv) Produsente behou hul markte. Kies die korrekte kombinasie: A (i), (ii) en (iii) B (i), (ii) en (iv) C (i), (iii) en (iv) D (ii), (iii) en (iv) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.1.4 Die reguitlyn (Y) stel die … van 'n produk voor. Y X Prys in rand A X Y 0 Hoeveelheid van 'n produk per tydseenheid A markewewig B tekort C vraag D aanbod 1.1.5 EEN van die volgende word NIE met arbeidswetgewing geassosieer NIE: A Wet op Arbeidsverhoudinge B Wet op Basiese Diensvoorwaardes vir Werkloosheid C Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid D Wet op Vaardigheidsontwikkeling 1.1.6 Dit is NIE van toepassing op kapitaal as 'n produksiefaktor NIE: A Die meeste kapitaalgoedere het 'n beperkte lewensduur. B Kapitaalgoedere is duur en moeilik bekombaar. C Vukuzenzele Trust bied 'n toelaag aan kleinskaalse boere. D Sommige kapitaalgoedere kan nie in die land vervaardig word nie. 1.1.7 Voorbeelde van risikostrategieë: (i) Versekering teen risiko's (ii) Diversifikasie (iii) Spesialisasie (iv) Toekomstige kontrakte Kies die korrekte kombinasie: A (i), (ii) en (iv) B (i), (ii) en (iii) C (ii), (iii) en (iv) D (i), (iii) en (iv) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.1.8 EEN van die volgende is NIE 'n ekonomiese kenmerk van grond NIE: A Beperktheid B Varieer in produksiepotensiaal C Waarde verhoog met tyd D Bron van minerale en grondstowwe 1.1.9 Beeste het 30 paar chromosome in die selkern. Die getal chromosome in die vroulike gamete is dus ... A 15. B 45. C 60. D 30. 1.1.10 'n Heterosigotiese Brahmaanbul word gepaar met 'n heterosigotiese koei. Wat sal die verwagte genotipiese verhouding van die F 1 -geslag wees? A 1:3:1 B 3:1 C 1:2:1 D 1:1 (10 x 2) (20) 1.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Totale hoeveelheid van 'n A elektroporasie kommoditeit wat 'n produsent graag wil verkoop B mitose 1.2.2 Fisiese en verstandelike insette C arbeid deur mense D aanbod 1.2.3 Seldeling waartydens gamete vorm E meiose 1.2.4 'n Elektriese stroom wat deur die F geengeweer/pistool ontwikkelende ontvangerplantselle met die G deoksiribonukleïnsuur (DNS) gewenste gene gestuur word H bestuur 1.2.5 Kom voor in die selle van die kern en verskaf genetiese I motivering instruksies vir die funksionering van selle J vraag (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 'n Skriftelike dokument wat toekomstige aktiwiteit met betrekking tot inkomste en uitgawes beskryf gebaseer op projeksies en historiese data 1.3.2 Die prys van 'n produk op 'n vlak waar die hoeveelheid vereis gelyk is aan die hoeveelheid aan die mark verskaf 1.3.3 Geld of toerusting geakkumuleer deur besparing en in die produksieproses aangewend 1.3.4 Die gebruik van biologiese statistiek om genetiese data van 'n individu te ontleed om ware genetika en teelwaarde te beraam 1.3.5 Wanneer die aksie van een geen deur 'n ander geen gemodifiseer of beheer word (5 x 2) (10) 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 Die vraag-ketting beskryf die vloei van produkte van die produksiepunt tot by die verbruikerspunt. 1.4.2 Finansiële risiko sluit produksieverliese, arbeidsverwante en tegnologiese risiko's in. 1.4.3 Bruto binnelandse produk is die totale bruto marge minus die algemene plaasuitgawes. 1.4.4 Gespesialiseerde take op die plaas word deur formele arbeid uitgevoer. 1.4.5 Die chromosome verwys na die totaal van die geeneffekte van 'n teeldier, soos deur die prestasie van sy nageslag gemeet. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS AFDELING B VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 2.1 Die skematies voorstelling hieronder toon verskillende strategieë in die ontwikkeling van 'n mark aan. A B Produsent moet bewus wees van Produsent wat die verbruiker bepaal hoeveel wil hê die verbruiker sal betaal Mark C D Produsent moet Produsent moet inligting oor weet waar die die produk verbruiker wil koop bekend maak 2.1.1 Identifiseer die strategieë om 'n mark te ontwikkel soos deur A tot D voorgestel. (4) 2.1.2 Noem TWEE faktore wat die produsent in ag moet neem tydens die beplanning van die strategie voorgestel deur A. (2) 2.1.3 Noem TWEE maniere waarop die produsent die strategie deur D voorgestel suksesvol kan implementeer. (2) 2.1.4 Dui TWEE aspekte aan wat 'n produsent in ag moet neem indien hy op die strategie, voorgestel deur B, besluit. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 2.2 'n Groep opkomende boere wat groente verbou, het beperkte toegang tot fondse. Hulle besluit om die produksie- en bemarkingskoste van hulle produkte te deel totdat almal ekonomies lewensvatbaar is. 2.2.1 Toon die bemarkingstelsel wat deur hierdie boere gebruik word. (1) 2.2.2 Noem DRIE voordele van die bemarkingstelsel in VRAAG 2.2.1. (3) 2.2.3 Noem TWEE beginsels wat vir hierdie groep opkomende boere leiding kan gee. (2) 2.3 Die tabel hieronder toon die hoeveelhede van Landbouproduk 1 en 2 wat teen verskillende pryse verskaf word. TYD- PRYS PRODUK 1 PRODUK 2 % VERANDERING % VERANDERING PERK (R) HOEVEELHEID HOEVEELHEID IN AANBOD IN PRYS VERSKAF (kg) VERSKAF (kg) PRODUK PRODUK PRYS PRYS 1 2 1 2 Aug. 2011 10 11 500 11 500 Mrt. 2012 15 12 000 12 100 Des. 2013 20 13 000 16 000 13 39 20 20 Des. 2014 30 14 500 18 000 Des. 2015 40 16 000 22 000 2.3.1 Formuleer die hipotese gebaseer op die data van die hoeveelhede wat vanaf Augustus 2011 tot Maart 2012 verskaf is. (2) 2.3.2 Bereken die pryselastisiteit van Produk 1 en Produk 2 vir die tydperk tussen Augustus 2011 en Desember 2013. Gebruik die formule: % verandering in aanbod % verandering in prys (4) 2.3.3 Vertolk die pryselastisiteit van aanbod vir Produk 1 en Produk 2. (2) 2.3.4 Noem TWEE faktore wat die aanbod van hierdie produkte kon beïnvloed het. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 2.4 Lede van die gemeenskap het beoog om 'n sakeonderneming op 400 ha gemeenskaplike grond te begin, maar het 'n gebrek aan kapitaal en vaardighede gehad. Die gebied ervaar ook slegte weerstoestande. 'n Florerende projek in 'n nabygeleë dorpie het hulle gemotiveer om die onderneming te begin. Hulle beplan om met beeste te boer wat hulle aan die plaaslike inwoners vir tradisionele seremonies kan verkoop en skape om aan 'n plaaslike supermark te verkoop. Hulle wil ook groente kweek om aan die plaaslike skool te verskaf. Hulle beplan om die dienste van die landbou- voorligtingsbeampte vir die raad te gebruik. 2.4.1 Gebruik 'n SWOT-analise en identifiseer: (a) TWEE sterk punte (2) (b) EEN swak punt (1) (c) EEN geleentheid (1) (d) TWEE bedreigings (2) 2.4.2 Beveel DRIE stappe aan om die bedreigings wat in VRAAG 2.4.1(d) geïdentifiseer is, reg te stel. (3) [35] VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 3.1 'n Groep werklose jongmense in 'n landelike gemeenskap het 50 ha grond by 'n plaaslike hoofman gekry om 'n inkomste vir hulself te skep. Hulle het mielies verbou wat hulle kon verkoop. In die eerste twee jaar het die grond 'n opbrengs van 5 ton per ha gelewer wat in die volgende twee jaar tot 6 en 7 ton per ha gestyg het as gevolg van kunsmistoediening. In die vyfde jaar het die opbrengs egter gedaal, ten spyte van die toediening van kunsmis. 3.1.1 Identifiseer TWEE ekonomiese kenmerke van die grond in die gevallestudie. (2) 3.1.2 Verduidelik die kenmerk in VRAAG 3.1.1 wat met kunsmis en opbrengs verband hou. (2) 3.1.3 Noem TWEE funksies van grond in die gevallestudie. (2) 3.1.4 Dui TWEE maniere aan waarop die groep jongmense die produksiepotensiaal van die grond kan verhoog. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 3.2 Die tabel hieronder toon 'n kontantvloeibegroting van braaikuikens en eiers op 'n pluimveeplaas. ITEM VERKOPE PER WEEK MAANDELIKSE KOSTE Eiers R8 000 Braaikuikens R12 500 Totaal R39 000 3.2.1 Verduidelik die manier waarop 'n kontantvloeibegroting 'n boer help om 'n pluimvee-boerdery te bedryf. (2) 3.2.2 Bepaal die totale maandelikse inkomste waarvoor die boer kan begroot om hierdie onderneming suksesvol te bedryf. (Toon ALLE berekeninge.) (3) 3.2.3 Dui aan of die boer met die onderneming moet voortgaan of nie. (1) 3.2.4 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.2.3 gebaseer op die berekening. (2) 3.2.5 Verwys na die tabel en identifiseer TWEE vorme van kapitaal op die plaas. (2) 3.3 Die grafiek hieronder toon die vaardighede van 'n plaaswerker en 'n plaasbestuurder. Vaardigheidsvlakke van 'n plaaswerker en 'n plaasbestuurder Bestuurder Vaardigheidspersentasie (%) Werker Beplanning Entrepreneurs- Tegniese vaardighede vaardighede Vaardighede 3.3.1 Verwys na die grafiek en identifiseer TWEE belangrike vaardighede waaroor 'n plaasbestuurder moet beskik. (2) 3.3.2 Noem EEN belangrike vaardigheid wat 'n plaaswerker in staat sal stel om 'n taak te verrig. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 3.3.3 Motiveer die antwoord op VRAAG 3.3.2. (2) 3.3.4 Noem TWEE bestuursvaardighede, buiten die vaardighede in die grafiek, wat baie belangrik vir die plaasbestuurder is. (2) 3.3.5 Noem TWEE bestuursvaardighede wat 'n boer in die boerdery- onderneming moet toepas. (2) 3.4 Identifiseer die tipe verlof wat deur elk van die scenario's hieronder voorgestel word, soos dit deur wetgewing voorgeskryf is. 3.4.1 Werknemers is geregtig op 21 opeenvolgende dae verlof of een dag verlof vir elke 17 dae wat elke jaar gewerk is. (1) 3.4.2 Vroulike plaaswerkers is geregtig op 4 maande verlof om na hul babas om te sien, afhangend van die ooreenkoms wat tussen die werkgewer en die werknemer geteken is. (1) 3.4.3 Die werknemer was afwesig weens griep. (1) 3.5 'n Plaaswerker het op drie openbare vakansiedae gewerk. Die daaglikse toelaag vir gewone werksdae is R111,72 per dag. Die toelaag vir openbare vakansiedae is dubbel die tarief vir gewone werksdae. Die werkgewer het hierdie werknemer R400,00 in totaal vir die drie openbare vakansiedae betaal. 3.5.1 Bereken die bedrag waarop hierdie werker geregtig is vir die werk wat op die drie openbare vakansiedae gedoen is. (2) 3.5.2 Noem of dit regverdige arbeidspraktyk teenoor die plaaswerker was. (1) 3.5.3 Verwys na die arbeidswette wat werk op openbare vakansiedae beheer om die antwoord op VRAAG 3.5.2 te motiveer. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy. 4.1 Die tabel hieronder toon die gemete voorspeense groeitempo (g/dag) van sekere beeskruisings. OUERS VAN KALWERS VELDTOESTANDE UIT KRUISING SWAK GEMIDDELD GOED NR. BULLE KOEIE GEMIDDELDE DAAGLIKSE TOENAME VAN KALWERS (g/dag) 1 H H 425 704 827 2 B B 658 713 770 3 B H 468 773 884 4 H B 738 780 872 5 B F1 716 848 858 6 H F1 734 848 880 7 F1 B 698 747 821 8 F1 H 446 739 855 9 F1 F1 725 848 869 Sleutel: • F 1 – Eerste kruising • H – Hereford • B – Brahmaan 4.1.1 Identifiseer die tipe teelstelsel in die tabel hierbo. (1) 4.1.2 Verwys na die tabel hierbo en kies die ouers wat kalwers geproduseer het met die hoogste gemiddelde daaglikse toename in veld in 'n swak toestand. (1) 4.1.3 Gee TWEE redes om die antwoord op VRAAG 4.1.2 te steun. (2) 4.1.4 Teken 'n staafgrafiek om die prestasies van kruising 1, 2 en 9 onder swak, gemiddelde en goeie veldtoestande voor te stel. (6) 4.2 Die melkproduksie van 'n Jerseykoei word deur twee paar gene beheer. Die genotipe aabb gee 'n melkopbrengs van 200 liter. Elke additiewe dominante geen lewer 'n ekstra 20 liter melk. 4.2.1 Dui die tipe oorerflikheid aan wat die melkproduksie van 'n Jerseykoei beheer. (1) 4.2.2 Bereken die melkproduksie van 'n Jerseykoei met die AAbb-genotipe. (3) 4.2.3 Werk die genotipiese en fenotipiese verhoudings van die F 1 -generasie uit indien die kruising tussen AABB en aabb is. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landbouwetenskappe/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 4.3 Die prent hieronder toon 'n oorerwingspatroon in plaasdiere. Swart en Swart en wit kalf wit kalf Swart en Swart en wit koei Rooi en wit bul Swart en wit kalf wit kalf 4.3.1 Identifiseer die verskynsel hierbo. (1) 4.3.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 4.3.1. (2) 4.3.3 Gee die alternatiewe naam van die verskynsel in VRAAG 4.3.1. (1) 4.4 Drie belangrike aspekte word in ag geneem wanneer individue vir teelprogramme gekies word, naamlik biometrie, oorerflikheid en beraamde teelwaardes. Geselekteerde individue kan met verskillende teelstelsels, soos vreemdkruising, spesiekruising en kruisteling, gepaar word. 4.4.1 Onderskei tussen seleksie en oorerfbaarheid. (4) 4.4.2 Noem TWEE voordele van spesiekruising. (2) 4.4.3 Noem TWEE verwante teelstelsels wat nie in die gevallestudie genoem word nie. (2) 4.4.4 Verduidelik die belangrikheid van die gebruik van beraamde teelwaardes in teling. (2) 4.5 Mutagene verander die genetiese materiaal van 'n organisme en veroorsaak foute in die gene van organismes. Hoe sal die volgende mutageniese agente die DNA-struktuur van die geen affekteer? 4.5.1 Gamma- en X-strale (1) 4.5.2 Metaal soos nikkel en chroom (1) 4.5.3 Alkaloïede (1) 4.5.4 Virusse (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Agricultural Sciences

View all