Skip to content
Practical assessment task

Civil Technology PAT GR 12 2016 Afr

Grade 12 Civil Technology practical assessment task from the 2016 (Afrikaans), 26 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Civil TechnologyGrade 12201626 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SIVIELE TEGNOLOGIE RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE 2016 Hierdie riglyne bestaan uit 24 bladsye en 2 bylaes. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 2 DBE/PAT 2016 NSS INHOUDSOPGAWE AFDELING 1 3 1. INLEIDING 3 AFDELING 2 3 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 3 2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie 3 2.2 Bestuur van die PAT 3 2.3 Administrasie van die PAT 4 2.4 Assessering en moderering van die PAT 5 2.5 Assessering 5 2.6 Moderering 5 AFDELING 3 6 3. LEERDEROPDRAG 6 3.1 Instruksies aan die leerder 6 3.2 Taak 7 3.3 Instrumente en rubrieke vir assessering en moderering 10 3.4 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak (Wat is die gevolge?) 20 3.5 Vereistes vir aanbieding 20 3.6 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT 20 3.7 Verklaring van egtheid 22 AFDELING 4 23 4. BRONNELYS 23 AFDELING 5 24 5. GEVOLGTREKKING 24 BYLAE A: Saamgestelde puntestaat BYLAE B: Maatpapier/Afmetingspapier Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 3 DBE/PAT 2016 NSS AFDELING 1 1. INLEIDING Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is: • LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie • KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste • WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie • DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme • TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. AFDELING 2 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER (Hierdie riglyne moet deeglik aan die leerders verduidelik word.) 2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie Praktiese assesseringstake is ontwerp om die leerder se vermoë om 'n verskeidenheid vaardighede te integreer om 'n probleem op te los, te toon. Die PAT gebruik ook die tegnologiese proses om die leerder te lei in die stappe wat gevolg moet word om by die oplossing van 'n spesifieke probleem uit te kom. Die PAT is gebaseer op ondersoeke, simulasies en die toepassing van vaardighede, kennis en beginsels wat deur die leerders verwerf is wat die tegnologiese proses in die bouomgewing sal dek. 2.2 Bestuur van die PAT Die PAT moet in kwartaal 1 begin word, aangesien dit 'n lang en uitgerekte proses is wat NIE tot op die laaste oomblik gelaat kan word NIE. (a) Al die komponente van die PAT (ontwerpportefeulje, werkstekeninge en model) moet vir assessering teen die einde van kwartaal 3, voor die voorbereidende eksamen begin, voltooi en aangebied word om sodoende genoeg tyd vir die eksterne moderering te laat. (b) Gedurende hierdie fase sal die onderwyser enige finale en uitstaande assessering doen. Alle leerderportefeuljes, werkstekeninge en modelle moet veilig bewaar word totdat die modereringsproses voltooi is (beide provinsiale en nasionale moderering). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 4 DBE/PAT 2016 NSS (c) Die interne moderator/departementshoof moet PAT-moderering reg deur die jaar doen. (d) Dit is belangrik dat daar van die begin af aan alle kriteria voldoen word, omdat dit die basis vir assessering sal vorm. (e) Onderwysers mag nie leerders penaliseer vir punte wat nie in die aanvanklike kriteria ingesluit was nie. (f) Wanneer leerders tydens moderering (sigmoderering) gekies word, kan daar van hulle verwag word om hulle vaardighede en kennis ten toon te stel. Die kommunikasie van die ontwerp is 'n deurlopende proses en die leerder sal voortdurend veranderinge aan hierdie deel van die portefeulje aanbring soos wat die PAT vorder. Alle onderwysers moet 'n pasaanduider ontwerp wat die voltooiingsdatums van die verskillende stadia van die PAT aandui. Die onderwyser moet hierdie proses bestuur om krisisbestuur en onnodige stres nader aan die sperdatum vir die voltooiing van die PAT te voorkom. Hierdie pasaanduider moet ook aan die leerders gegee word. Die inleweringsdatums vir die verskillende dele van die PAT, soos aangedui op die pasaanduider, moet skriftelik aan leerders verskaf word. 2.3 Administrasie van die PAT Die PAT moet op situasies in die werklike lewe gebaseer word en onder gekontroleerde omstandighede voltooi word. Onderwysers moet datums vasstel vir die voltooiing van die verskillende gedeeltes van die PAT. Op hierdie manier kan leerders hul vordering assesseer. Waar formele assesseringstake plaasvind, is dit die verantwoordelikheid van die onderwyser om hierdie assesseringstake te administreer. Nadat onderwysers die riglyne bestudeer het, moet hulle die verskillende stappe van die PAT en die kriteria, soos aangedui in die rubrieke en punteskedules, aan leerders verduidelik. Dit sal verseker dat leerders en onderwysers 'n gemeenskaplike begrip van die assesseringsinstrumente het asook wat van leerders verwag word. Onderwysers word versoek om afskrifte van AFDELING 3 TOT AFDELING 5 van hierdie dokument te maak en saam met die assesseringskriteria van die PAT nie later as die eerste week van Februarie nie aan die leerders te gee. Die produk/model mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet ten alle tye op 'n veilige plek gebêre word wanneer leerders nie daaraan werk nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 5 DBE/PAT 2016 NSS 2.4 Assessering en moderering van die PAT Die PAT vir Graad 12 word ekstern opgestel en gemodereer, maar intern deur die onderwyser geassesseer en deur die interne moderator/departementshoof gemodereer. 2.5 Assessering Deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om die leerder te lei en te ondersteun om te verseker dat hy/sy op die regte spoor is. Beide formele en informele assessering behoort op die verskillende take waaruit die PAT bestaan, uitgevoer te word. Informele assessering kan deur die leerder self, deur 'n portuurgroep, of deur die onderwyser gedoen word. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser gedoen word en die resultate sal aangeteken word. Die onderwyser moet die assesseringsvereistes van al die komponente van die PAT in ag neem en die assesseringsprogram van die PAT dienooreenkomstig beplan. 2.6 Moderering Gedurende die moderering van die PAT moet die ontwerpportefeulje, werkstekeninge en die model aan die moderator beskikbaar gestel word. Indien nodig, moet die moderator die leerder kan vra om die funksie en werksbeginsels te verduidelik en hom/haar ook versoek om die vaardighede wat hy/sy deur die vermoënstake opgedoen het vir modereringsdoeleindes te demonstreer. Die volgorde van gebeure van die tegnologiese proses kan ook van die leerder versoek word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 6 DBE/PAT 2016 NSS AFDELING 3 3. LEERDEROPDRAG Leerder se naam: ________________________________________________________ Tyd Toegelaat: 1ste tot 3de kwartaal 3.1 Instruksies aan die leerder • Hierdie praktiese assesseringstaak tel 25% van jou finale promosiepunt. • Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees. • Alle bronne wat gebruik word, moet erken word. • Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek. • Berekeninge moet duidelik wees en eenhede insluit. • Berekeninge moet tot TWEE syfers afgerond word. • Tekeninge kan met die hand geteken word (gebruik tekeninstrumente) of met ROT ('CAD') geteken wees. GEEN fotokopieë of geskandeerde lêers van tekeninge word toegelaat nie. • Foto's en geskandeerde foto's kan gebruik word en kan in kleur of grysskaal ('greyscale') wees. • SI-eenhede moet gebruik te word. • Jy word aangemoedig om herwonne materiaal te gebruik om die model te maak. • Veranderings tydens die simulering van die produk moet aangeteken word en in die ontwerpportefeulje geplaas word. • Jou leerderopdrag en assesseringsinstrumente moet agter in die ontwerpportefeulje geplaas word. • Die nasienmemorandum vir die werkstekeninge moet aan jou werkstekeninge geheg word. • Jy kan elektroniese toerusting gebruik, waar beskikbaar, bv. selfone, kameras, digitale kameras, ens. om jou vordering te dokumenteer. • Die produk/model mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 7 DBE/PAT 2016 NSS Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit 'n praktiese taak wat oor drie kwartale voltooi moet word. Die PAT bestaan uit 'n ontwerpportefeulje, werkstekeninge en 'n produk/model. Rekenaarondersteunde tekeninge moet onder die toesig van die onderwyser gedoen word. LET WEL: Hierdie jaar bestaan die PAT uit EEN scenario wat vir alle leerders VERPLIGTEND is. 3.2 Taak Scenario: 'n Gesin van vyf wil 'n nuwe huis in 'n landelike gebied bou waar daar geen riool- verbindings en geen bestaande fasiliteite/geriewe is om 'n riooltenk te diens nie. Die huis sal uit twee slaapkamers en 'n oopplan-kombuis met 'n leef- en eetkamer en motorhuis bestaan. Die grootte van die erf is 23 000 mm x 19 000 mm en die oppervlak van die woning, die motorhuis ingesluit, is 150 m2 . Jy is 'n tekenaar en word versoek om 'n rioolstelsel vir die woning te ontwerp wat bestaan uit 'n septiese tenk met 'n tweepypstelsel wat TWEE stapelriole gebruik. Spesifikasies vir die huis: • Twee badkamers (een badkamer moet 'n en suite tot die hoofslaapkamer wees). Die en suite-badkamer moet 'n spoelkloset, handewasbak en 'n stort hê en die ander badkamer moet 'n spoelkloset, handewasbak, stort en bad hê. • Oopplan-kombuis/leefkamer/eetkamer • Twee slaapkamers • Enkelmotorhuis Spesifikasies vir die septiese tenk: • Die septiese tenk moet groot genoeg wees om SES mense ten alle tye te onderhou. • Die vuilwater moet na 'n aparte stapelriool gekanaliseer word. • Die drekwater moet na die septiese tenk met sy eie stapelriool gelei word. • Die septiese tenk moet met stene gebou word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 8 DBE/PAT 2016 NSS Instruksies: Die leerder moet sy/haar oordeel gebruik waar besonderhede uitgelaat is. 3.2.1 Ontwikkel en stel 'n ontwerpportefeulje saam deur die tegnologiese proses te volg. Die volgende moet deel van die ontwerpportefeulje wees: • Voorblad • Inhoudsopgawe • Verklaring van egtheid • Probleemstelling/Situasie • Ontwerpopdrag • Navorsing: o Verskillende uitlegte, groottes en konstruksiebesonderhede vir stapelriole met grondtoestande in ag geneem o Verskillende uitlegte, groottes en konstruksiebesonderhede vir septiese tenks • DRIE moontlike oplossings van terreinplanne met die voorgestelde woning en uitleg van die rioolstelsel • Die ontwerp en ontwikkeling van die gekose opsie van die terreinplan met die uitleg van die rioolstelsel op die terreinplan getoon: o Toon duidelik die uitleg van die septiese tenk met die tweepyprioolstelsel en stapelriole wat jy gaan gebruik o Snitaansigte van die septiese tenk en stapelriole o Die afmetings en kapasiteit van die septiese tenk (toon duidelik die formule en berekening van die volume vir die septiese tenk) o Die afmetings van die stapelriole o Verduidelik die werkbeginsels van die septiese tenk o Verduidelik waarom die drekwater na 'n aparte stapelriool gelei moet word o Konstruksiebesonderhede van die septiese tenk en stapelriole o 'n Skedule om stadiums en tydsraamwerke vir die beplanning en maak van die skaal model van die septiese tenk met stapelriole te toon • 'n Lys van handgereedskap, kraggereedskap en toerusting benodig om die septiese tenk te bou • 'n Lys van materiaal om die septiese tenk te bou • Die afmetingspapier (BYLAE B) vir die berekening van die volgende materiaal vir die septiese tenk wat op 'n betonbasis met stene gebou word: o Die volume beton benodig vir die vloerblad en die gewapendebetonbedekking oor die septiese tenk (Gebruik die afmetingspapier (BYLAE B) vir die berekening van die materiaal.) o Die getal stene benodig om die septiese tenk (eensteenmuur) met die halfsteenskeidingsmuur te bou • Evaluering van die produk • Bibliografie/Bronnelys • Bewyse van navorsing, bv. briewe ontvang, kostekwotasie, Internetnavorsing, ens. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 9 DBE/PAT 2016 NSS 3.2.2 Ontwikkel en teken die volgende met gebruik van die nasien- memorandum vir die tekeninge as 'n riglyn: • 'n Terreinplan volgens skaal 1 : 200 wat die voorgestelde gebou toon en toon duidelik die simbole/afkortings van die sanitêre toebehore, soos benodig, 'n gedetailleerde riooluitleg tot en met die septiese tenk en stapelriole, posisie van die septiese tenk en stapelriole met alle ander relevante inligting (Alle ander relevante inligting verwys na alle inligting wat op 'n terreinplan vereis word soos bepaal in die SANS Gebruikskode vir Boutekene.) • 'n Gedetailleerde langsdeurneeaansigtekening deur die septiese tenk en stapelriole (Toon alle besonderhede, byskrifte en afmetings.) LET WEL: Gebruik die korrekte kleurkodering soos voorgeskryf deur die Nasionale Bouregulasies/SANS 10 400 vir boutekene, soos op die nasien- memoranda aangedui. Gebruik die kriteria in die nasienmemorandum as 'n riglyn vir jou tekeninge. Alle tekeninge moet verkieslik op A3-tekenpapier geteken word en afmetings, byskrifte, notas en skale moet verskaf word. Tekeninge moet ook voldoen aan die minimum vereistes soos voorgeskryf in die SANS 10 400 (Nasionale Bouregulasies) en SANS/SABS 0143, Gebruikskode vir Boutekene. 3.2.3 Bou 'n skaalmodel van die oplossing vir jou kliënt. Toon die volgende in die model: • Deel van die hoofrioollyn vir die tweepypstelsel • Septiese tenk (met steen gebou) • Alle toegangspunte vanaf die rioolstelsel na die septiese tenk en stapelriool • Stapelriool vir drekwater vanaf septiese tenk • 'n Aparte stapelriool vir vuilwater Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/PAT 2016 NSS 3.3 Instrumente en rubrieke vir assessering en moderering Die assesseringsinstrumente hieronder sal gebruik word om die verskillende dele van jou PAT te assesseer. Gebruik hierdie instrumente om jou te help met die voltooiing van jou PAT. 0 (nul) sal toegeken word as daar geen bewyse vir enige kriteria beskikbaar is nie. 3.3.1 Rubriek vir die assessering van die ontwerpportefeulje KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Ses van die volgende Vyf van die volgende netjies Vier van die volgende Templaat gebruik. Minder Geen poging netjies gedoen: gedoen: netjies gedoen: as vier van die volgende aangewend nie • Naam van skool • Naam van die skool • Naam van die skool netjies gedoen: • Naam van leerder • Naam van leerder • Naam van leerder • Naam van die skool • Naam van onderwyser • Naam van onderwyser • Naam van onderwyser • Naam van leerder Voorblad • Graad • Graad • Graad • Naam van onderwyser • Jaar • Jaar • Jaar • Graad • Geskikte titel • Geskikte titel • Geskikte titel • Jaar • Geskikte illustrasie • Geskikte illustrasie • Geskikte illustrasie • Geskikte titel • Geskikte illustrasie Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Al die volgende is korrek en Drie van die volgende is Twee van die volgende is Een van die volgende is Geen poging netjies gedoen: korrek en netjies gedoen: korrek en netjies gedoen: korrek en netjies gedoen: aangewend nie Voorlegging • Afdelings • Afdelings • Afdelings • Afdelings Inhoudsopgawe • Onderafdelings • Onderafdelings • Onderafdelings • Onderafdelings • Bladsynommers • Bladsynommers • Bladsynommers • Bladsynommers • Bladsynommers stem • Bladsynommers stem • Bladsynommers stem • Bladsynommers stem met die inhoud ooreen met die inhoud ooreen met die inhoud ooreen met die inhoud ooreen Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Vier van die volgende Drie van die volgende Twee van die volgende Een van die volgende Geen poging bronne korrek en netjies bronne korrek en netjies bronne korrek en netjies bronne korrek en netjies aangewend nie aangedui: aangedui: aangedui: aangedui: • 'n Minimum van vier • 'n Minimum van vier • 'n Minimum van twee • 'n Minimum van twee Bibliografie boeke boeke boeke boeke • Tydskrifte • Tydskrifte • Tydskrifte • Tydskrifte • Pamflette • Pamflette • Pamflette • Pamflette • Persoonlike onderhoud • Persoonlike onderhoud • Persoonlike onderhoud • Persoonlike onderhoud • Webtuistes • Webtuistes • Webtuistes • Webtuistes Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/PAT 2016 NSS KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Die ontwerpopdrag is Die ontwerpopdrag is Die ontwerpopdrag is VAAG Die ontwerpopdrag is Geen poging UITERS GOED geformuleer GOED geformuleer en geformuleer. Die situasie en onvolledig en/of BAIE aangewend nie Ontwerp- en definieer die situasie en definieer die situasie en behoefte is nie duidelik VAAG geformuleer. opdrag Ontwikkeling van behoefte uiters goed. behoefte goed. gedefinieer nie. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 'n ontwerpopdrag Meer as VOLDOENDE VOLDOENDE spesifikasies 'n ONVOLLEDIGE lys BAIE MIN of GEEN Geen poging gedetailleerde spesifikasies en beperkings is genoem spesifikasies en beperkings spesifikasies en beperkings aangewend nie Spesifikasies en beperkings is genoem om aan die vereistes van is genoem om aan die is genoem nie. en beperkings om aan die vereistes van die ontwerp te voldoen. vereistes van die ontwerp te die ontwerp te voldoen. voldoen. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Inligting is geneem uit Inligting is geneem uit VIER Inligting is geneem uit DRIE Inligting is geneem uit Geen poging MEER as VIER bronne en verskillende bronne en is verskillende bronne en is TWEE verskillende bronne aangewend nie Ondersoek is uiters relevant, logies en relevant, logies en netjies irrelevant en onnet en is uiters irrelevant en Ondersoek en ontleding uiters netjies aangedui. aangedui. aangedui. onnet aangedui. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Inligting is MEER as Inligting is VOLDOENDE en Inligting is TE MIN om die BAIE MIN INLIGTING wat Geen poging voldoende en kan uiters kan goed gebruik word om behoefte/probleem wat in irrelevant is en geen doel aangewend nie van inligting goed gebruik word om met die behoefte/probleem wat die ontwerpopdrag dien in die oplossing van die Analisering 'n innoverende ontwerp vir in die ontwerpopdrag geïdentifiseer is, op te los. behoefte/probleem wat in van inligting die behoefte/probleem geïdentifiseer is, op te los. die ontwerpopdrag wat in die ontwerpopdrag geïdentifiseer is nie. geïdentifiseer is, na vore kom. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 12 DBE/PAT 2016 NSS KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Ontwikkel/Genereer DRIE Ontwikkel/Genereer DRIE Ontwikkel/Genereer DRIE TWEE of minder ontwerp- Geen poging of MEER uitstekende goeie, alternatiewe alternatiewe ontwerpidees idees is ontwikkel/ aangewend nie alternatiewe, oorspronklike ontwerpidees om die om die probleem of gegenereer. Genereer/ en innoverende probleem of behoefte te behoefte aan te spreek. Daar is min verskil tussen Ontwikkel ontwerpidees om die ondersoek/op te los. Ontwerpidees toon 'n die verskillende ontwerp- moontlike probleem of behoefte te gebrek aan oorspronklikheid idees om die probleem of Ontwikkeling van ontwerpidees oplossings ondersoek/op te los. en innovering om die behoefte te ondersoek/op probleem of behoefte te los. te ondersoek/op te los. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Uiters goeie en duidelik Goed beredeneerde Nie alle notas en afmetings Baie min of geen notas en Geen poging Beskrywende beskrywende notas en beskrywende notas en oor die idees is relevant en afmetings is oor die idees aangewend nie notas en afmetings oor die idees afmetings oor die idees beskrywend genoeg nie. gegee nie. afmetings is gegee. is gegee. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Regverdig die voorkeur- Goed beredeneerde keuse Beperkte beredenering vir Geen of baie beperkte Geen poging opsie met duidelike van die finale ontwerp met die finale keuse van die motivering vir die finale aangewend nie Motivering van verwysing na die goeie verwysing na die ontwerp met min verwysing keuse van die ontwerp met voorkeurkeuse ontwerpopdrag, ontwerpopdrag, na die ontwerpopdrag min of geen verwysing na spesifikasies en beperkings. spesifikasies en beperkings. spesifikasies en beperkings. die ontwerpopdrag, spesifikasies en beperkings. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 13 DBE/PAT 2016 NSS KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Finale oplossing UITERS Finale oplossing GOED Finale oplossing Finale oplossing BAIE Geen poging GOED gekommunikeer. gekommunikeer. BEVREDIGEND SWAK gekommunikeer. aangewend nie Ontwikkeling 'n Baie interessante 'n Baie interessante gekommunikeer. 'n Oplossing is ontwikkel van voorkeur- oplossing wat die voorkoms oplossing wat die voorkoms 'n Interessante oplossing wat nie met die eindproduk oplossing van die eindproduk uiters van die eindproduk goed wat die voorkoms van die ooreenkom nie of wat baie goed aandui. aandui. eindproduk bevredigend moeilik is om te interpreteer. aandui. Kommunikasie van idees Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Gedetailleerde Meer as genoeg sketse, Genoeg sketse, Onvoldoende sketse, Geen of baie min sketse, Geen poging sketse, beskrywende notas en beskrywende notas en beskrywende notas en beskrywende notas en aangewend nie beskrywende afmetings is ontwikkel om afmetings is ontwikkel om afmetings is ontwikkel om afmetings is ontwikkel om notas en die werkstekening te teken. die werkstekening te teken. die werkstekening te teken. die werkstekening te teken. afmetings Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Hoofstappe in die Hoofstappe in die Hoofstappe in die Hoofstappe in die Geen poging vervaardiging is duidelik vervaardiging is duidelik vervaardiging is duidelik vervaardiging is nie duidelik aangewend nie uiteengesit met duidelike uiteengesit met duidelike uiteengesit met duidelike uiteengesit met geen Werksprosedures tydraamwerke wat tydraamwerke wat tydraamwerke wat duidelike tydraamwerke nie, en tydraamwerke uitstekende inligting verskaf voldoende inligting verskaf onvoldoende inligting wat baie min inligting om die oplossing te maak om die oplossing te maak. verskaf om die oplossing verskaf om die oplossing te maak te maak. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 14 DBE/PAT 2016 NSS KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% MEER as VOLDOENDE VOLDOENDE hand- en MINDER as VOLDOENDE UITERS MIN hand- en Geen poging Gereedskap en Lys van hand- en kraggereedskap is kraggereedskap is korrek hand- en kraggereedskap is kraggereedskap is op aangewend korrek aangedui op 'n aangedui op 'n ordelike en bevredigend aangedui op 'n onnet wyse sonder nie toerusting om die hand- en ordelike en uiters netjiese netjiese wyse onder 'n ordelike en netjiese wyse verskillende opskrifte krag- septiese tenk te wyse onder verskillende verskillende opskrifte. onder verskillende aangedui. gereedskap opskrifte. opskrifte. bou Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 MEER as VOLDOENDE VOLDOENDE materiaal is MINDER as VOLDOENDE UITERS MIN materiaal is Geen poging Materiaall materiaal is korrek korrek aangedui op 'n materiaal is bevredigend op 'n onnet wyse aangedui aangewend Materiaallys aangedui op 'n ordelike en ordelike en netjiese wyse aangedui op 'n ordelike en sonder verskillende nie ys uiters netjiese wyse onder onder verskillende netjiese wyse onder opskrifte. verskillende opskrifte. opskrifte. verskillende opskrifte. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 AL die afmetings wat 'n PAAR afmetings wat BAIE van die afmetings wat GEEN van die afmetings Geen poging gebruik is om die gebruik is om die gebruik is om die wat gebruik is om die aangewend Afmetings berekeninge te doen stem berekeninge te doen, stem berekeninge te doen, stem berekeninge te doen, stem nie gebruik ooreen met inligting wat nie ooreen met inligting wat nie ooreen met inligting wat ooreen met inligting wat Berekening van hoeveelhede verskaf is. verskaf is nie. verskaf is nie. verskaf is nie. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Uitstekende begrip van die Goeie begrip van die 'n Redelike begrip van die Geen begrip van die Geen poging Gebruik van gebruik van die afmetings- gebruik van die afmetings- gebruik van die afmetings- gebruik van die afmetings- aangewend maatpapier/ papiermetode om die getal papiermetode om die getal papiermetode om die getal papiermetode om die getal nie afmetings- stene vir die mure, die stene vir die mure, die stene vir die mure, die stene vir die mure, die papier balkvulling en die beton te balkvulling en die beton te balkvulling en die beton te balkvulling en die beton te bereken, is getoon. bereken, is getoon. bereken, is getoon. bereken, is getoon nie. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Korrektheid Al die antwoorde is korrek Die meerderheid antwoorde 'n Paar van die antwoorde Geen van die antwoorde is Geen poging van en word met eenhede is korrek en met eenhede is korrek en met eenhede korrek nie en geen aangewend antwoorde getoon. Berekeninge is aangetoon. Berekeninge is getoon. Berekeninge is eenhede is aangetoon nie. nie en netheid uiters netjies gedoen. netjies gedoen redelik netjies gedoen Berekeninge getoon, is van papier onnet. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 15 DBE/PAT 2016 NSS KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Evalueer die produk of Evalueer die produk of Evalueer die produk of Toon MIN of GEEN bewys Geen poging model UITERS VOLLEDIG model VOLLEDIG en model OPPERVLAKKIG van evaluering van die aangewend nie Evaluering van model of produk en omvattend teen AL die omvattend teen DRIE van teen TWEE van die produk of model teen die volgende: die volgende: volgende: volgende nie: • Die ontwerpopdrag, • Die ontwerpopdrag, • Die ontwerpopdrag, • Die ontwerpopdrag, spesifikasies en spesifikasies en spesifikasies en spesifikasies en Evaluering van beperkings beperkings beperkings beperkings die produk of • Die gebruiker- en koste- • Die gebruiker- en koste- • Die gebruiker- en koste- • Die gebruiker- en koste- model doeltreffendheid doeltreffendheid doeltreffendheid doeltreffendheid • Die prosedures, • Die prosedures, • Die prosedures, • Die prosedures, tegnieke en prosesse tegnieke en prosesse tegnieke en prosesse tegnieke en prosesse om moontlike om moontlike om moontlike om moontlike verbeteringe aan te dui verbeteringe aan te dui verbeteringe aan te dui verbeteringe aan te dui • Die geskiktheid van die • Die geskiktheid van die • Die geskiktheid van die • Die geskiktheid van die materiaal gebruik materiaal gebruik materiaal gebruik materiaal gebruik Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Ontwerpportefeulje VOOR Ontwerpportefeulje EEN tot Ontwerpportefeulje VIER Ontwerpportefeulje SEWE Geen poging Nakoming of OP die sperdatum DRIE dae laat ingelewer. tot SES dae laat ingelewer. of MEER dae laat aangewend nie Nakoming van ingelewer. ingelewer. spertye van spertye Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 16 DBE/PAT 2016 NSS Die assesseringsinstrumente hieronder sal gebruik word om die werkstekeninge van jou PAT te assesseer. Gebruik hierdie instrumente as 'n kontrolelys om jou te help met die voltooiing van die PAT. 3.3.2 Aantekenblad/Kontrolelys vir die ontwerpportefeulje Assesseer al die komponente hieronder aangedui. Leerdernaam: _________________________________ Graad: 12_____ Plaas hierdie aantekenblad/kontrolelys in die ontwerpportefeulje van die leerder. KWARTAAL 1 Assesserings- Ontwerpproses Inlewerings- Vlak Vlak behaal Totale kriteria datum punt per afdeling Ontwikkeling Ontwerpopdrag 4 van ontwerp- opdrag Spesifikasies en beperkinge 4 Ondersoek en Ondersoek deur middel van 4 analisering van verskillende bronne inligting Analisering van inligting 4 Ontwikkeling Ontwikkeling van moontlike 4 van ontwerp- oplossings idees Beskrywende notas en afmetings 4 Motivering vir voorkeur-opsie 4 Kommunikasie Ontwikkeling van voorkeur-idee 4 van idees Gedetailleerde sketse, 4 beskrywende notas en afmetings Werksprosedures en tydraamwerke 4 Lys van Lys van hand- en kraggereedskap 4 gereedskap, toerusting en Lys van materiaal 4 materiaal Berekening van Korrekte afmetings soos op 4 hoeveelhede ontwerp Gebruik van afmetingspapier 4 Korrektheid van antwoorde en 4 netheid Totaal vir KWARTAAL 1 uit 60: Herleide totaal vir KWARTAAL 1 uit 25: KWARTAAL 3 Evaluering van Evalueer die skaalmodel d.m.v. produk vrae teenoor die vasgestelde 4 kriteria Aanbieding Voorblad 4 Inhoudsopgawe 4 Bibliografie 4 Nakoming van Finale voorlegging van ontwerp- 4 sperdatums portefeulje Totaal vir KWARTAAL 3 uit 20: Groottotaal van ontwerpportefeulje uit 80: Herleide totaal uit 25: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 17 DBE/PAT 2016 NSS 3.3.3 Nasienmemorandum vir werkstekeninge Assesseer al die komponente hieronder aangedui. Leerdernaam: _____________________________ Graad: 12_____ PUNTETOEKENNING SKAAL- KWARTAAL 2 Swak/ LEERDER- PUNT TEKENINGE ASSESSERINGSKRITERIA Nie gedoen Goed Gemiddeld nie Grenslyne met afmetings 3 2 0–1 Voertuigtoegangspunt 2 1 0 Boulyne met afmetings 3 2 0–1 Posisie van voorgestelde gebou op terrein 3–4 2 0–1 Erfnommer 2 1 0 Aangrensende erfnommers 3 2 0–1 Noordpunt 3 2 0–1 Oppervlakte van terrein en nuwe gebou 3 2 0–1 is getoon TERREINPLAN Persentasie van terrein gedek 3 2 0–1 Simbole/Afkortings van sanitêre toebehore en 7–10 3–6 0–2 riooluitleg wat die vloeirigting, plasing van hoofrioollyne en takpype, steekoë, inspeksie- oë, rioolput en lugpype aandui Posisie van septiese tenk met stapelriole 4–6 3–4 0–2 Akkuraatheid van skaal 3 2 0–1 Titel en skaal 2 1 0 Netheid en lynkwaliteit 3 2 0–1 SUBTOTAAL 50 Betonblad op bodem van septiese tenk korrek 3 2 0–1 geteken en simbool vir beton getoon Gepleisterde mure vir die twee kamers korrek 4–5 2–3 0–1 geteken met openinge in skeidingsmuur aangedui Inlaat- en uitlaatpype met T-verbindingstukke 4–5 2–3 0–1 korrek geteken. Inlaatpyp hoër as uitlaatpyp. LANGSDEUR- Betonblad bo-op septiese tenk wat mangat- 4–5 2–3 0–1 SNEE-AANSIG deksels of toegangspunte toon, korrek geteken VAN SEPTIESE en simbool vir beton aangedui TENK EN Gasontsnappyp korrek geteken 3 2 0–1 STAPELRIOOL Korrektheid van stapelriool met vulling, ens. 4–6 2–3 0–1 Inspeksie-oog met PVC-pype 3 2 0–1 Korrekte afmetings – drie horisontaal en 5–6 2–4 0–1 drie vertikaal Akkuraatheid van skaal 3 2 0–1 Byskrifte (ten minste ses) 4–6 2–3 0–1 Titel en skaal 2 1 0 Netheid en lynkwaliteit 3 2 0–1 SUBTOTAAL 50 TOTAAL 100 ( / 4 = 25) HERLEI NA 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 18 DBE/PAT 2016 NSS 3.3.4 Rubriek vir die assessering van die finale produk/model LET WEL: 'Nie ingelewer nie' of 'Geen poging aangewend nie' sal 0 (nul) kry. KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Toon 'n UITERS HOË VLAK Toon 'n HOË VLAK van Toon 'n BEVREDIGENDE Toon 'n ONAANVAARBARE Geen poging Basis van vaardigheid en vaardigheid en bevoegdheid VLAK van vaardigheid en VLAK van vaardigheid en aangewend nie (betonblad), bevoegdheid om hierdie dele om hierdie dele van die model bevoegdheid om hierdie dele bevoegdheid om hierdie dele buitemure van van die model korrek te korrek te vervaardig en van die model korrek te van die model korrek te septiese tenk vervaardig en aanmekaar aanmekaar te heg vervaardig en aanmekaar vervaardig en aanmekaar te heg te heg. te heg. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Toon 'n UITERS HOË VLAK Toon 'n HOË VLAK van Toon 'n BEVREDIGENDE vlak Toon 'n ONAANVAARBARE Geen poging Skeidingsmuur van vaardigheid en vaardigheid en bevoegdheid van vaardigheid en vlak van vaardigheid en aangewend nie met opening vir bevoegdheid om hierdie dele om hierdie dele van die model bevoegdheid om hierdie dele bevoegdheid om hierdie dele riool en beton- van die model korrek te korrek te vervaardig en die van die model korrek te van die model korrek te blad bo-op met vervaardig en om die dele van dele van die stutmure en vervaardig en die dele van die vervaardig en die dele van die mangatdeksels Vervaardiging en hegtingsbevoegdheid vir: die stutmure en betonblad met betonblad met mangatdeksels stutmure en betonblad met stutmure en betonblad met of toegangspunt mangatdeksels aanmekaar aanmekaar te heg mangatdeksels aanmekaar mangatdeksels aanmekaar na septiese tenk te heg te heg te heg Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Toon 'n UITERS HOË VLAK Toon 'n HOË VLAK van Toon 'n BEVREDIGENDE vlak Toon 'n ONAANVAARBARE Geen poging Inlaat na septiese van vaardigheid en vaardigheid en bevoegdheid van vaardigheid en vlak van vaardigheid en aangewend nie tenk en uitlaat- bevoegdheid om die dele om die dele van die pypnet bevoegdheid om die dele bevoegdheid om die dele pyp na van die pypnet na en van na en van die septiese tenk van die pypnet na en van van die pypnet na en van stapelriool korrek die septiese tenk korrek te korrek te vervaardig en die septiese tenk korrek te die septiese tenk korrek te geplaas vervaardig en aanmekaar aanmekaar te heg. vervaardig en aanmekaar vervaardig en aanmekaar te heg. te heg. te heg. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Toon 'n UITERS HOË VLAK Toon 'n HOË VLAK van Toon 'n BEVREDIGENDE vlak Toon 'n ONAANVAARBARE Geen poging Uitlaat vanaf van vaardigheid en vaardigheid en bevoegdheid van vaardigheid en vlak van vaardigheid en aangewend nie septiese tenk na bevoegdheid om die dele van om die dele van die pypnet bevoegdheid om die dele van bevoegdheid om die dele van stapelriool en die pypnet vanaf die septiese vanaf die septiese tenk korrek die pypnet vanaf die septiese die pypnet vanaf die septiese konstruksie van tenk korrek te vervaardig en te vervaardig en aanmekaar te tenk korrek te vervaardig en tenk korrek te vervaardig en stapelriool vir aanmekaar te heg en heg en voorstelling van die aanmekaar te heg en aanmekaar te heg en drekwater. voorstelling van die stapelriool. voorstelling van die voorstelling van die stapelriool. stapelriool. stapelriool. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Toon 'n UITERS HOË VLAK Toon 'n HOË VLAK van Toon 'n BEVREDIGENDE vlak Toon 'n ONAANVAARBARE Geen poging Stapelriool vir van vaardigheid en vaardigheid en bevoegdheid van vaardigheid en vlak van vaardigheid en aangewend nie vuilwater met bevoegdheid om die om die stapelriool korrek te bevoegdheid om die bevoegdheid om die deel van die stapelriool korrek te vervaardig en uit te lê. stapelriool korrek te stapelriool korrek te vervaardig hoofrioolpyp. vervaardig en uit te lê. vervaardig en uit te lê. en uit te lê. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 19 DBE/PAT 2016 NSS KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Die skaalmodel is 'n UITERS Die skaal model is 'n GOEIE Die skaal model is 'n Die skaal model is 'n SWAK Geen poging GOEIE voorstelling van die voorstelling van die werklike BEVREDIGENDE voorstelling voorstelling van die werklike aangewend nie Skaalmodel werklike produk en al die dele produk en die meeste van die van die werklike produk en produk en meeste van die dele is in BAIE GOEIE verhouding. dele is in GOEIE verhouding. meeste van die dele is in is in SWAK verhouding. AANVAARBARE verhouding. Vlak x 2 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Voorkoms is UITERS Voorkoms is Voorkoms is AANVAARBAAR Voorkoms is Geen poging indrukwekkend met INDRUKWEKKEND met BAIE met KLEIN maklik ONAANVAARBAAR met BAIE aangewend nie Voorkoms GEEN maklik waarneembare KLEIN maklik waarneembare waarneembare defekte. maklik waarneembare defekte Modellering van produk/model. defekte nie. defekte. in 'n onvoltooide model. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Vakmanskap van 'n UITERS Vakmanskap van 'n HOË Vakmanskap van 'n Vakmanskap van SWAK Geen poging Vakmanskap HOË gehalte is waargeneem. gehalte is waargeneem. BEVREDIGENDE gehalte is gehalte is waargeneem. aangewend nie waargeneem. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Die oppervlakafwerking is van Die oppervlakafwerking is van Die oppervlakafwerking is van Die oppervlakafwerking is van Geen poging 'n UITERS HOË gehalte met 'n HOË gehalte met BAIE MIN 'n BEVREDIGENDE gehalte 'n SWAK gehalte met BAIE aangewend nie. Algehele indruk GEEN ooglopende defekte ooglopende defekte. met MAKLIK waarneembare maklik waarneembare defekte nie. defekte. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Die model/produk is 'n Die model/produk is GOEIE Die model/produk toon MIN Die model/produk toon GEEN Geen poging UITSTEKENDE EN EN INDRUKWEKKENDE bewyse van innovering en of BAIE MIN bewys van aangewend nie Innovering en BESONDERS bewys van innovering en kreatiwiteit. innovering en kreatiwiteit. kreatiwiteit INDRUKWEKKENDE bewys kreatiwiteit. van innovering en kreatiwiteit. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 20 DBE/PAT 2016 NSS 3.4 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak (Wat is die gevolge?) Die afwesigheid van 'n Praktiese Assesseringstaak sal hanteer word in ooreenstemming met die regulasies soos uiteengesit in die Nasionale Beleid oor Protokol vir Assessering Graad R–12, bladsy 6, hoofstuk, 3 paragraaf 7 en 8. Die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, hoofstuk 3, paragraaf 8, subartikel (4) verklaar duidelik dat die afwesigheid van 'n punt vir 'n Praktiese Assesseringstaak daartoe sal lei dat die kandidaat wat vir daardie vak geregistreer is, 'n onvolledige uitslag sal ontvang. 3.5 Vereistes vir aanbieding Die volgende moet deur die kandidaat vir assessering en moderering aangebied word: • 'n Volledige ontwerpportefeulje • Alle skaaltekeninge • 'n Voltooide model • Die kandidaat se naam en klas moet duidelik op al die komponente van die PAT aangedui word Die volgende dokument moet deur die onderwyser vir moderering aangebied word: • 'n Saamgestelde puntestaat (een saamgestelde puntestaat bestaande uit al die kandidate se name en punte vir alle aspekte wat geassesseer is) 3.6 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT Kwartaal 1: Ontwerpportefeulje: • Probleemstelling/Situasie • Ontwerpopdrag • Navorsing • Ontwikkel DRIE idees om die probleem/situasie te ondersoek/op te los • Ontwikkel die gekose idee/keuse • Beplanning – toon stadiums en tydraamwerke vir die maak en beplanning van die skaalmodel van die garage en die rib-en-blokvloer • Lys van gereedskap en toerusting wat nodig is om die septiese tenk en stapelriool te bou • Berekening van die volume beton benodig vir die vloerblad en die gewapendebetonbedekking oor die septiese tenk • Berekening van die hoeveelheid stene nodig om die septiese tenk (eensteenmuur) met die halfsteenskeidingsmuur te bou • Gebruik die afmetingspapier (BYLAE B) vir die berekeninge. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 21 DBE/PAT 2016 NSS Kwartaal 2: Werkstekeninge • Alle tekene soos op die nasienmemorandum aangedui. • LET WEL: Gebruik die kriteria op die nasienmemorandum vir tekeninge as 'n riglyn wanneer jou tekeninge voorberei word. Produk/Model • Vervaardiging en samestelling/samevoeging van dele Ontwerpportefeulje • Veranderinge wat tydens die vervaardiging van die produk voorkom, moet in die ontwerpportefeulje aangeteken word. Kwartaal 3: Ontwerpportefeulje • Voorblad • Inhoudsopgawe • Verklaring van egtheid • Evaluering van die produk • Bibliografie/Bronnelys Produk/Model • Vervaardiging en finale samevoeging van die dele Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 22 DBE/PAT 2016 NSS 3.7 Verklaring van Egtheid NAAM VAN SKOOL: __________________________________________________________ NAAM VAN LEERDER: ________________________________________________________ NAAM VAN ONDERWYSER: ___________________________________________________ SKOOLSTEMPEL Ek verklaar hiermee dat die praktiese assesseringstaak wat ek vir assessering voorlê my eie, oorspronklike werk is en dat dit nog nie voorheen vir moderering voorgelê is nie. HANDTEKENING VAN LEERDER DATUM Sover ek weet, is die verklaring deur die kandidaat hierbo eg en ek aanvaar dat die werk voorgelê sy of haar eie is. HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 23 DBE/PAT 2016 NSS AFDELING 4 4. BIBLIOGRAFIE/BRONNELYS 4.1 Handboeke 4.2 Pamflette/Brosjures 4.3 SUID AFRIKAANSE NASIONALE STANDAARDE – SANS 10400 ('PART P – Drainage') 4.4 Internet 4.5 Besoek aan die nywerheid/bedryf waar septiese tenks geïnstalleer word 4.6 Besoek aan hardewarewinkels 4.7 Basiese elektriese masjiene vir die sny en boor van materiaal 4.8 Basiese handgereedskap 4.9 Growwe aggregate 4.10 Riviersand 4.11 Sement 4.12 Water 4.13 PVC-pype 4.14 Pyptoebehore 4.15 Hardeware Dit staan die kandidaat vry om enige materiaal te gebruik wat hom/haar sal help met die maak van die model en hy/sy mag enige metode gebruik om inligting vir die ontwerpportefeulje te bekom. HOE OM 'N BIBLIOGRAFIE/BRONNELYS SAAM TE STEL Algemene wenke Alle bronne moet alfabeties gerangskik word. Let op waar die punte (.), kommas (,), dubbelpunte (:), ens. geplaas word wanneer bron neergeskryf word. Titels is altyd onderstreep indien handgeskryf en kursief/in lopende skrif wanneer getik. Boek met een skrywer: Van, Voorletters of Naam. Jaar. Titel. Plek: Uitgewer. Voorbeeld: Barker, BJ. 1993. The South African Book of House Plans. Kaapstad: Struik Uitgewers. Tydskrifartikel: Joernalis se Van, Naam of Voorletters. Jaar van publikasie. Opskrif, naam van tydskrif: datum, bladsyverwysings. Voorbeeld: Blockey, ZP. 2014. 'Solving rib and block problems'. Building Miracles: 10 Januarie 2014, bladsy 45–59. Koerantberig: Joernalis se Van, Naam of Voorletters. Jaar van publikasie. Koerantopskrif, naam van die koerant en datum: bladsyverwysings. Voorbeeld: Meranti, A. 2014. 'New building material for houses'. Housing Today: 14 Januarie 2014, bladsy 4. Persoonlike onderhoude: Onderhoudvervoerder se Van, Naam of Voorletters. Posbeskrywing, Naam van instelling. Onderwerp van onderhoud, datum van onderhoud, kontaknommer, stad of dorp. Voorbeeld: Isando, P. Siviele Tegnologie-onderwyser, Foundation Sekondêre Skool. Samestelling van 'n ontwerpportefeulje, 4 Februarie 2015, 061 357 9631. Balkvullinghoogte. Webtuiste: Titel, Webtuiste ˂elektroniese adres˃ [datum afgelaai]. Voorbeeld: Free house plans ˂http://ezinearticles.com˃ [15 Februarie 2015]. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 24 DBE/PAT 2016 NSS AFDELING 5 5. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te Toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou
1 Nr. 2 3 4 5 6 7 8 9 10 TOTAAL GEMIDDELDE PUNT _________________________ __________________________ Siviele Tegnologie Kopiereg voorbehou NAAM VAN LEERDER 12 Voorlegging 8 Ontwikkeling van ontwerpopdrag Handtekening (Onderwyser) Handtekening (Onderwyser) 8 Ondersoek en ontleding van inligting 12 Ontwikkeling van ontwerpidees BYLAE A: SAAMGESTELDE PUNTESTAAT 12 Kommunikasie van idees 8 Lys van gereedskap, toerusting en materiaal 12 Berekening van hoeveelhede 4 Evaluering van produk of model 4 Nakoming van spertye 80 ONTWERPPORTEFEULJE (OP) TOTAAL: 80 100 TOTAAL: 100% 25 TOTAAL: 25 50 Terreinplan 50 Snitaansig van septiese tenk & stapelriool NSS 100 TOTAAL: 100 100 TOTAAL: 100% SKAALTEKENINGE __________________ __________________ 25 TOTAAL: 25 4 Betonvloer en buitemure van septiese tenk. Datum Datum 4 Skeidingsmuur met opening en betonblad bo-op met mangatdeksels 4 Inlaatpyp na septiese tenk en uitlaatpyp na stapelriool 4 Pypnet vanaf septiese tenk en voorstelling van stapelriool vir drekwater 4 Stapelriool vir vuilwater & deel van pypnet Downloaded from hlayiso.com 8 Skaalmodel 4 Voorkoms 4 Vakmanskap 4 Algehele indruk SKAALMODEL 4 Innovering en kreatiwiteit SKOOLSTEMPEL 44 TOTAAL: 44 100 TOTAAL: 100% DBE/PAT 2016 50 TOTAAL: 50 100 GROOTOTAAL: 100 (OP+WT+M)
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie DBE/PAT 2016 NSS BYLAE B: AFMETINGSPAPIER A B C D Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Civil Technology.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Civil Technology

View all