Downloaded from hlayiso.com
SIVIELE TEGNOLOGIE
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2018
Hierdie riglyne bestaan uit 29 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task %20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202025%20Question%20Paper--c8edd459-5237-48e0-8588-69d7ecd7f8e5/v1-be996aaed91bf782e098/card.webp)
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
%20Afr--05a95faf-5891-4d88-9e5e-7d13c1d21648/v1-f5ca67113376f7457b83/card.webp)

%20Afr--eefaae29-fe93-4b75-8223-87bf4f3fc14c/v1-3553acfa446acbaa2a45/card.webp)






View all%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Civil Technology PAT GR 12 2018 Afr
Grade 12 Civil Technology practical assessment task from the 2018 (Afrikaans), 29 pages. Read online or get the free PDF download.
Civil Technology · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Practical assessment task, 29 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2018
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 29
- File size
- 785.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 29
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 2 DBE/PAT 2018
NSS
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
AFDELING 1 3
1. INLEIDING 3
AFDELING 2 3
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 3
2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie 3
2.2 Bestuur van die PAT 3
2.3 Administrasie van die PAT 4
2.4 Assessering en moderering van die PAT 4
2.5 Assessering 4
2.6 Moderering 4
AFDELING 3 5
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 5
3.1 Konstruksietake 5
3.1.1 Instruksies aan leerder 5
3.1.2 Fase 1: Steenwerk 6
3.1.3 Fase 2: Blombak 8
3.1.4 Assesseringsriglyne 9
3.1.5 Saamgestelde puntestaat 11
3.2 Siviele-dienste-take 12
3.2.1 Instruksies aan leerder 12
3.2.2 Fase 1: Installeer 'n ondergrondse rioleringstelsel 13
3.2.3 Fase 2 :Tregter 15
3.2.4 Assesseringsriglyne 17
3.2.5 Saamgestelde puntestaat 19
3.3 Houtbewerkingtake 20
3.3.1 Instruksies aan leerder 20
3.3.2 Fase 1: Suid-Afrikaanse dakkap 21
3.3.3 Fase 2: Koffietafel 23
3.3.4 Assesseringsriglyne 25
3.3.5 Saamgestelde puntestaat 26
AFDELING 4 27
4.1 Afwesig/Nie-inlewering van taak 27
4.2 Vereistes van aanbieding 28
4.3 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT 28
4.4 Verklaring van egtheid 28
AFDELING 5 29
5. GEVOLGTREKKING 29
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 3 DBE/PAT 2018
NSS
AFDELING 1
1. INLEIDING
Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat,
sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
• LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
• KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste
• WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie
• DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
• TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en
Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir
alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van
die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die
skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite
afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n
gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir
die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens,
geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die
praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan
die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil
van vak tot vak.
AFDELING 2
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
(Hierdie riglyne moet deeglik aan die leerders verduidelik word.)
2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie
Praktiese assesseringstake is ontwerp om die vaardighede wat die leerder bemeester het, te
demonstreer. Die PAT word in intervalle geassesseer en vereis van die leerder om aan
gereelde praktiese sessies deel te neem. Gedurende die weeklikse sessies word vaardighede
soos simulasie, eksperimentering, handvaardighede, vaardighede met gereedskap en
algemene werkswinkelpraktyk geoefen en bemeester totdat die leerder in staat is om die take
te doen wat vir die spesifieke kwartaal uiteengesit is. Die PAT dra 25 % by tot die leerder se
promosiepunt.
2.2 Bestuur van die PAT
Die PAT moet in kwartaal 1 begin word, aangesien dit 'n lang en uitgerekte proses is wat NIE
tot op die laaste oomblik gelaat kan word NIE. Die model moet oor DRIE kwartale gedoen
word. Die maak van die model begin in kwartaal 1 en word saam met fase 1 in kwartaal 1
gedoen. Fase 1 moet in kwartaal 1 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees. Fase 2 moet
teen 30 Augustus 2018 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees.
(a) Al die fases van die PAT moet vir assessering teen die einde van Augustus 2018 voltooi
wees om genoeg tyd vir die eksterne moderering te laat.
(b) Gedurende hierdie fase sal die onderwyser enige finale uitstaande assessering doen. Al
die fases van die PAT moet veilig bewaar word totdat die modereringsproses voltooi is
(beide provinsiale en nasionale moderering).
(c) Die interne moderator/departementshoof moet PAT-moderering reg deur die jaar
doen.
(d) Dit is belangrik dat daar van die begin af aan alle kriteria voldoen word, omdat dit die
basis vir assessering sal vorm.
(e) Onderwysers mag nie leerders penaliseer vir punte wat nie by die aanvanklike kriteria
ingesluit was nie.
(f) Wanneer leerders tydens moderering (sigmoderering) gekies word, kan daar van hulle
verwag word om hulle vaardighede en kennis ten toon te stel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 4 DBE/PAT 2018
NSS
Alle onderwysers moet 'n pasaanduider ontwerp wat die voltooiingsdatums van die
verskillende stadia van die PAT aandui. Die onderwyser moet hierdie proses bestuur om
krisisbestuur en onnodige stres nader aan die sperdatum vir die voltooiing van die PAT te
voorkom.
Die inleweringsdatums vir die verskillende dele van die PAT, soos aangedui op die
pasaanduider, moet skriftelik aan leerders verskaf word.
2.3 Administrasie van die PAT
Die PAT moet op situasies in die werklike lewe gebaseer word en onder gekontroleerde
omstandighede voltooi word.
Nadat onderwysers die riglyne bestudeer het, moet hulle die verskillende stappe van die PAT
en die kriteria, soos aangedui in die rubrieke en punteskedules, aan leerders verduidelik. Dit
sal verseker dat leerders en onderwysers 'n gemeenskaplike begrip van die
assesseringsinstrumente het asook wat van leerders verwag word.
Onderwysers word versoek om afskrifte van AFDELING 3 TOT AFDELING 5 (vir die
relevante spesialiseringsveld) van hierdie dokument te maak en saam met die
assesseringskriteria van die PAT nie later as die eerste week van Februarie nie aan die
leerders te gee.
Die produk/model mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet ten
alle tye op 'n veilige plek gebêre word wanneer leerders nie daaraan werk nie.
2.4 Assessering en moderering van die PAT
Die PAT vir Graad 12 word ekstern opgestel en gemodereer, maar intern deur die onderwyser
geassesseer en deur die interne moderator/departementshoof gemodereer.
2.5 Assessering
Deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om die leerder te lei en te ondersteun om te
verseker dat hy/sy op die regte spoor is.
Beide formele en informele assessering behoort op die verskillende take waaruit die PAT
bestaan, uitgevoer te word. Informele assessering kan deur die leerder self, deur 'n
portuurgroep, of deur die onderwyser gedoen word. Formele assessering moet altyd deur die
onderwyser gedoen word en die resultate sal aangeteken word.
Die onderwyser moet die assesseringsvereistes van al die fases van die PAT in ag neem en
die assesseringsprogram van die PAT dienooreenkomstig beplan.
2.6 Moderering
Gedurende die moderering van die PAT moet alle fases van die PAT aan die interne en
eksterne moderators beskikbaar gestel word.
Indien nodig, moet die moderator die leerder kan vra om die funksie en werksbeginsels te
verduidelik en hom/haar ook versoek om die vaardighede wat hy/sy deur die vermoënstake
opgedoen het vir modereringsdoeleindes te demonstreer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 5 DBE/PAT 2018
NSS
AFDELING 3
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER
3.1 Konstruksietake
Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit TWEE fases wat oor drie kwartale voltooi
moet word.
Die PAT moet oor DRIE kwartale gedoen word wat in kwartaal 1 met fase 1 en fase 2 begin.
TYDSKEDULE VIR DIE VOLTOOIING VAN DIE PAT:
Daar word aanbeveel dat leerders en onderwysers hierdie tydskedule gebruik om die PAT in
die aangewese tyd te voltooi.
TYDSKEDULE VIR DIE VOLTOOIING VAN DIE PAT:
KWARTAAL: WERK WAT GEDOEN
MOET WORD:
Kwartaal 1 Fase 1 en 2
Kwartaal 2 Fase 2
Kwartaal 3 Fase 2
3.1.1 Instruksies aan die leerder
Leerder se naam: ________________________________________________________
Tyd Toegelaat: 1ste tot 3de kwartaal
• Hierdie praktiese assesseringstaak tel 25% van jou finale promosiepunt.
• Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees.
• Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
• Jy kan elektroniese toerusting gebruik, waar beskikbaar, bv. selfone, kameras, digitale
kameras, ens. om jou vordering te dokumenteer.
• Die produk/model mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet
altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 6 DBE/PAT 2018
NSS
3.1.2 Fase 1: Steenwerk
Kwartaal: 1
Tydsduur van fase 1: 2 ure per leerder
Punte toekenning: 20 punte
Opdrag: Droogpak van stene vir 'n spoumuur
Die prent hieronder toon 'n hoek van 'n spoumuur.
Instruksies:
• Droogpak die stene van die spoumuur net hoër as die vloervlak met 'n 50 mm-opening,
5 steenlae hoog en 3 steenlengtes lank.
• Plaas muurbinte waar nodig.
• Vorm syfergate.
• Plaas die VWL in die muur om aan te dui hoe die water deur die dreineringsgate sal loop.
Gereedskap en materiaal benodig:
• Waterpas
• Maatband
• Bouerswinkelhaak
• Krytlyn/Reihout
• Ongeveer 60 stene per leerder
• 3 muurbinte (kan gebuig word met binddraad) per leerder
• VWL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 7 DBE/PAT 2018
NSS
NASIENRIGLYNE VIR FASE 1: DROOGPAK VAN STENE
LEERDER SE NAAM:________________________________
NR. ASSESSERINGSKRITERIA
LEERDER PUNT
GOED/ SWAK/GEEN
GEMMIDELD
MAKSIMUM PUNT
UITSTEKEND POGING
3–4 2 0–1 LP
1.1 Meet en merk die buitelyne af op die 4
werkswinkel se vloer deur die
toepaslike gereedskap korrek te
gebruik
1.2 Droogpak van stene vir buitenste 4
kors/wand korrek gedoen
1.3 Droogpak van bakstene vir die 4
binneste wand korrek gedoen
1.4 Muurbinte korrek geplaas 4
1.5 VWL geplaas op die regte plek vir 4
syfergate
TOTALE PUNT UIT 20:
Daar word aanbeveel dat video-opnames en foto's van die leerder geneem word terwyl hy/sy
die taak verrig en dat dit elektronies by die skool en op 'n laserskyf gebêre word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 8 DBE/PAT 2018
NSS
3.1.3 Fase 1: Blombak
Kwartaal: 1, 2 en 3
Tydsduur: 20 uur
Opdrag: Blombak
Die skets hieronder toon 'n prentaansig, nie volgens skaal nie, van die bekisting vir 'n blombak.
Wapeningsmaasdraad
Bekistingbordsye
Bekistingbordbasis
Instruksies:
Daar word van jou verwag om 'n betonblombak met die nodige bekisting, volgens die
spesifikasies hieronder, te maak.
Gebruik die volgende spesifikasies:
• Minimum buiteafmetings van die blombak is 500 vierkante mm, 300 mm hoog en die
sykante is 50 mm dik (minimum afmetings).
• Gebruik vormolie aan die binnekant van die bekisting as loslaatmiddel.
• Gebruik skroewe om die verskillende onderdele van die bekisting aanmekaar te heg, sodat
die bekisting maklik uitmekaar gehaal kan word.
• Tref voorsorg dat die binneste bekisting vir maklike verwydering uitmekaar gehaal kan
word.
• Leerders het opsies om bymiddels by die betonmengsel te voeg vir estetiese doeleindes.
• Tref voorsorg dat oortollige water deur die bodem van die blombak kan dreineer.
• Wend 'n afwerkmiddel aan die oppervlakte van die beton.
• Leerders moet innoverend en kreatief wees om patrone in die beton aan die buitekant van
die blombak aan te bring.
Riglyne vir die voltooiing van die model:
• Maak die binneste en buitenste bekisting vir die blombak soos getoon.
• Buig die wapeningsmaasdraad om in die middel van die bodem en die sye van die
bekisting te pas.
• Plaas spasieerders op die wapening om te voorkom dat dit die sye van die bekisting raak.
• Meng beton met die nodige sterkte. Gebruik gepaste materiaal vir die doel.
• Giet die bodem van die blombak eerste, 50 mm dik, voordat die binneste bekisting, wat die
binneste sye van die blombak sal vorm, ingesit word.
• Vul die res van die bekisting met beton, kompakteer dit en laat dit nabehandel vir sewe dae.
• Al die beton moet op een slag gegiet word om 'n droë las tussen die bodem en sye te
voorkom.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 9 DBE/PAT 2018
NSS
3.1.4 Nasienriglyne vir die assessering van die blombak
NASIENRIGLYNE VIR DIE ASSESSERING VAN DIE BETONBLOMBAK
LEERDER VAN:________________________ NAAM: _____________________
ASSESSERINGSKRITERIA
LEERDER PUNT
GOED/ SWAK / GEEN
GEMIDDELD
UITSTEKEND DEELNAME
LP
UITMERK EN SAAG VAN BEKISTINGONDERDELE 8–10 4–7 0–3 LP
Uitmerk en saag van bekisting vir sykante en bodem van die
binneste kas
Uitmerk en saag van bekisting vir sykante en bodem van buitenste
kas
TOTAAL: 20
SAMEVOEGING VAN BEKISTING 4–5 2–3 0–1 LP
Uitmerk en boor van gate vir skroewe om bekisting saam te stel
Heg van onderdele vir binneste bekisting
Heg van onderdele vir buitenste bekisting
Toets vir haaksheid
TOTAAL: 20
WAPENING 4–5 2–3 0–1 LP
Plaas van bewapening maasdraad
Korrekte gebruik van spasieerders
TOTAAL: 10
BETON 4–5 2–3 0–1 LP
Korrekte mengverhoudings en mengprosedures
Plaas, kompaktering en nabehandeling van beton
TOTAAL: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 10 DBE/PAT 2018
NSS
ASSESERINGSRIGLYNE
GOED/
UITSTEKEN SWAK/
GEEN
D POGING
GEMIDDEL LEERDER
D PUNT
BEKISTING 4–5 2–3 0–1 LP
Uitmekaarhaal van bekisting sonder om beton beskadig
TOTAAL: 5
AFWERKING VAN PRODUK 4–5 2–3 0–1 LP
Afwerking van eksterne oppervlak van die beton
TOTAAL: 5
FINALE PRODUK 4–5 2–3 0–1 LP
Die blombak het gate vir dreinering, is sonder krake en is 'n gepaste
grootte
Netheid en voorkoms van finale produk
TOTAAL: 10
INNOVASIE EN KREATIWITEIT 4–5 2–3 0–1 LP
Die leerder het die oorspronklike ontwerp aangepas en het
eienskappe bygevoeg om die voorkoms en funksionaliteit van die
blombak verbeter
TOTAAL: 5
ALGEMENE ASPEKTE 4–5 2–3 0–1 LP
Veilige en korrekte gebruik van gereedskap
Goeie werkswinkel praktyke
Nakoming van sperdatums
TOTAAL: 15
GROOTTOTAAL: 100
VERWERKTE TOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie
Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/PAT 2018
NSS
3.1.5 SAAMGESTELDE PUNTESTAAT VIR KONSTRUKSIE-PAT
NR NAAM VAN LEERDER FASE 1 FASE 2 TOTAAL
(F1) (F2)
VERWERKTE TOTAAL F2
UITMERK EN SAAG VAN
GEMODEREERDE PUNT GEMODEREERDE PUNT GROOT TOTAAL F1 + F2 GEMODEREERDE PUNT
UITMEKAARHAAL VAN
ALGEMENE ASPEKTE
SAMESTELLING VAN
AFWERKING VAN
TOTAAL FASE 1 FINALE PRODUK TOTAAL FASE 2
INNOVASIE EN
FASE 1 BEKISTING ONDERDELE BEKISTING WAPENING
BETON BEKISTING PRODUK KREATIWITEIT
20 20 20 20 25 10 10 5 5 5 5 15 100 100 80 100 100
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
TOTAAL TOTAAL
_________________________ __________________
Handtekening van (Onderwyser) Datum
SKOOLSTEMPEL
_________________________ ___________________
Handtekening van (Moderator) Datum
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 12 DBE/PAT 2018
NSS
3.2 Sivieledienste-take
Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit TWEE fases wat oor drie kwartale voltooi
moet word.
Die PAT moet oor drie kwartale gedoen word wat in kwartaal 1 met fase 1 en fase 2 begin.
TYDSKEDULE VIR DIE VOLTOOING VAN DIE PAT:
Daar word aanbeveel dat leerders en onderwysers die tydskedule gebruik om sodoende die
PAT betyds te voltooi.
KWARTAAL: WERK WAT GEDOEN
MOET WORD:
Kwartaal 1 Fase 1 en 2
Kwartaal 2 Fase 2
Kwartaal 3 Fase 2
3.2.1 Instruksies aan die leerders
Leerder se naam: ________________________________________________________
Tyd Toegelaat: 1ste tot 3de kwartaal
• Hierdie praktiese assesseringstaak tel 25% van jou finale promosiepunt.
• Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees.
• Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
• Jy kan elektroniese toerusting gebruik, waar beskikbaar, bv. selfone, kameras, digitale
kameras, ens. om jou vordering te dokumenteer.
• Die produk/model mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet
altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 13 DBE/PAT 2018
NSS
3.2.2 Fase 1 kwartaal 1: Rioleringstelesel
Kwartaal: 1
Tydsduur van fase 1: 2 ure per leerder
Punte toekenning: 20 punte
Opdrag: Installering van 'n ondergrondse rioleringstelsel
Die diagram hieronder toon die uitleg van 'n rioleringstelsel.
LET WEL:
• Die onderwyser moet die pype volgens lengte sny en al die rubberseëls van verbindings
verwyder sodat dit maklik is om te pas en die pype en aansluitings weer gebruik kan word.
• Indien die skool nie 'n uitgrawing vir die dreineringstelsel het nie, gebruik 'n hoek in die
werkswinkel en droogpak die ontbrekende mure soos in die uitleg aangedui.
Instruksies:
• Bepaal die senterlyne en spasiëring van die verskillende dele van die riooluitleg teen die
hoekmure van die werkwinkel.
• Gebruik krytlyn en 'n winkelhaak om die uitleg van die pype en onderdele op die vloer uit
te merk.
• Plaas die verskillende pyppasstukke en pype op hul korrekte posisies, langs die senterlyne,
soos aangedui in die diagram.
• Heg alle pype en pyppasstukke volgens die uitlegtekening.
• Leerder hoef nie pype te lê volgens die gradiënt/helling aangedui nie. Pype kan plat op die
vloer gelê word.
• Maak die werksarea skoon en stoor alle gereedskap en toerusting.
1 200 2 900 STEENMUUR/
UITGRAWING
VP
G
100
220
900 SO 2
SO 1
VERBINDING C
VERBINDING A VERBINDING B
GRADIëNT = 1:40
STEENMUUR/ 6 000
UITGRAWING
VERBINDING D
IO
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 14 DBE/PAT 2018
NSS
NASIENRIGLYNE VIR FASE 1:
INSTALLERING VAN 'N ONDERGRONDSE RIOLERINGSTELSEL
LEERDER SE NAAM:_________________________________________
NR. ASSESSERINGSKRITERIA
GOED/ SWAK/GEEN
GEMMIDELD
LEERDER
UITSTEKEND POGING PUNT
4–5 2–3 0–1 LP
1.1 Bepaal die senterlyne en spasiëring van die verskillende
dele van die riooluitleg en gebruik 'n krytlyn en winkelhaak
om die uitleg van die pype en onderdele op die vloer uit te
merk.
1.2 Plaas die verskillende pyppasstukke en pype op hul
korrekte posisie langs die senterlyne, soos aangedui in
die diagram.
Heg al die pype en verbindings volgens die uitlegtekening. Alle opening en verbindings moet
boontoe (opwaarts) front.
1.3 Verbinding van steekoë
1.4 Verbinding van ventilasiepyp
1.5 Verbinding van universele rioolkop met rooster en
verbinding van rioolputsperder
1.6 Verbinding van inspeksieoog
1.7 Pypsamestelling (met verbindings en buigstukke) korrek
geplaas en in lyn gebring.
1.8 Maak die werksarea skoon en stoor alle gereedskap en
toerusting.
TOTALE PUNT UIT 40:
VERWERKTE TOTAAL UIT 20:
Daar word aanbeveel dat video-opnames en foto's van die leerder geneem word terwyl hy/sy die taak
verrig en elektronies by die skool en op 'n laserskyf gebêre word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 15 DBE/PAT 2018
NSS
3.2.3 Fase 2: Tregter
Kwartaal: 1, 2 en 3
Tydsduur: 20 ure
Opdrag: Tregter
Die afbeelding en die verskillende ortografiese aansigte van 'n tregter word hieronder getoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 16 DBE/PAT 2018
NSS
42
VERBINDING, 30
VEILIGE RAND
SAGSOLDEER
R 20
Q
80 P
6 220
O
GEVOUDE SOOM/
80 OORSLAGSLAS/
SAGSOLDEER
ᴓ 20
R 20
R 70
24
Instruksies:
Daar word van jou verwag om 'n tregter volgens die spesifikasies wat in die ortografiese
aansigte en hieronder genoem is.
Gebruik die volgende spesifikasies:
• Die tregter mag nie kleiner wees as die gegewe afmetings nie en moet 'n silindriese
koniese keël wees.
• Ontwikkelings van die verskillende dele van die tregter met some/nate moet volgens
skaal 1:1 geteken word om as template gebruik te word.
• Gebruik die template en trek die vorms af op die plaatmetaal.
• Sny die verskillende dele uit die plaatmetaal.
• Vorm die verskillende dele.
• Heg die dele aanmekaar deur dit te soldeer.
• Alle soldeerlasse moet skoongemaak word.
• Wend 'n afwerkingsmiddel op finale produk aan.
• Leerders moet innoverend en kreatief wees deur die grootte en hoek van die verskillende
dele van die tregter te bepaal, ander plaatmetaal as gegalvaniseerde plaatmetaal te
gebruik, uitdrukke op die tregter te maak om 'n patroon te skep en om 'n toestel by te voeg
om te verhoed dat vuilgoed deur die tregter syfer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 17 DBE/PAT 2018
NSS
3.2.4 Nasienriglyne vir die assessering van die tregter
NASIENRIGLYNE VIR DIE TREGTER
LEERDER SE VAN: ____________________________ NAAM: _____________________
ASSESSERINGSKRITERIA:
GEMIDDELD
GOED/ GEEN LEERDER
POGING/
UITSTEKEND
SWAK PUNT
MAAK VAN VOORBEELDE EN UITMERK VAN 4–5 2–3 0–1 LP
PLAATMETAAL
Teken van template
Maak van templaat vir boonste deel (mond) van tregter
Maak van templaat vir tuit van tregter
Maak van templaat van handvatsel van tregter
Uitmerk van vorms op plaatmetaal deur gebruik te maak
van template.
TOTAAL: 25
UITSNY VAN VORMS OP PLAATMETAAL 4–5 2–3 0–1 LP
Uitsny van boonste deel (mond) van tregter (korrekte
gebruik van blikskêr en akkuraatheid)
Uitsny van tuit (korrekte gebruik van blikskêr en
akkuraatheid)
Uitsny van handvatsel (korrekte gebruik van blikskêr en
akkuraatheid)
TOTAAL: 15
VERVAARDIGING/BUIG/VORMING 4–5 2–3 0–1 LP
Korrekte gebruik van plaatbuigmasjien om oorlas te buig,
handvatsel en some.
Korrekte gebruik van rollermasjien/alternatiewe metode om
koniese dele van die tregter te vorm.
TOTAAL: 10
SAMEVOEGING 4–5 2–3 0–1 LP
Oorlas/soomoorlas van boonste deel (mond) en tuit van
tregter.
Korrekte soldeer tegniek
Akkuraatheid van oplyning en plasing van verskillende dele
van tregter tydens samevoeging.
TOTAAL: 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 18 DBE/PAT 2018
NSS
ASSESSERINGS KRITERIA:
GEMIDDELD
GOED/
GEEN LEERDER
UITSTEKEND
POGING/
SWAK PUNT
AFWERKING 4–5 2–3 0–1 LP
Skoonmaak van soldeerlasse, skuur en afvee van finale
model.
TOTAAL: 5
FINALE PRODUK 4–5 2–3 0–1 LP
Netheid en voorkoms van finale produk
Funksionaliteit van finale produk (toets vir lekkasies)
TOTAAL: 10
INNOVASIE EN KREATIWITEIT 4–5 2–3 0–1 LP
Die leerder het die oorspronklike ontwerp aangepas en
kenmerke bygevoeg om die voorkoms en funksionaliteit van
die tregter te verbeter.
TOTAAL: 5
ALGEMENE ASPEKTE 4–5 2–3 0–1 LP
Veilige en korrekte gebruik van gereedskap
Goeie werkswinkel praktyke
Nakom van sperdatums
TOTAAL: 15
TOTAAL VIR AL DIE AFDELINGS 100
LEERDER SE VERWERKTE TOTAAL UIT 80 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie
Downloaded from hlayiso.com 19 DBE/PAT 2018
NSS
3.2.5 Saamgestelde puntestaat vir siviele dienste
NR. NAAM VAN LEERDER FASE 1 FASE 2 (MODEL) TOTAAL
F1 F2
VERVAARDIGING/BUIG
VERWERKTE TOTAAL:
VERVAARDIGING VAN
ALGEMENE ASPEKTE
GRROT TOTAAL: 100
UITSNY VAN VORMS
GEMODEREERDE GEMODEREERDE GEMODEREERDE
FINALE PRODUK
INNOVASIE EN
TOTAAL: 20 VOORBEELDE /VORMING HEGTIGING AFWERKING TOTAAL : 100 (F1 + f2)
FASE 1 PUNT KREATIWITEIT PUNT PUNTE
20 20 20 25 15 10 15 5 10 5 15 100 100 80 100 100
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
TOTAAL TOTAAL
__________________________ ________________
Handtekening van (Onderwyser) Datum
SKOOL STEMPEL
__________________________ ________________
Handtekening van (Moderator) Datum
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 20 DBE/PAT 2018
NSS
3.3 Houtbewerkingtaak
Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit TWEE fases wat oor drie kwartale voltooi
moet word.
Die PAT moet oor drie kwartale gedoen word wat in kwartaal 1 met fase 1 en fase 2 begin.
TYDSKEDULE VIR DIE VOLTOOING VAN DIE PAT:
Daar word aanbeveel dat leerders en onderwysers die tydskedule gebruik om sodoende die
PAT betyds te voltooi.
TYDSKEDULE VIR DIE VOLTOOING VAN DIE PAT:
KWARTAAL: WERK WAT GEDOEN
MOET WORD:
Kwartaal 1 Fase 1 en 2
Kwartaal 2 Fase 2
Kwartaal 3 Fase 2
3.3.1 Instruksies aan die leerders
Leerder se naam: ________________________________________________________
Tyd Toegelaat: 1ste tot 3de kwartaal
3.3 Instruksies aan die leerder
• Hierdie praktiese assesseringstaak tel 25% van jou finale promosiepunt.
• Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees.
• Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
• Jy kan elektroniese toerusting gebruik, waar beskikbaar, bv. selfone, kameras, digitale
kameras, ens. om jou vordering te dokumenteer.
• Die produk/model mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en
moet altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 21 DBE/PAT 2018
NSS
3.3.1 Fase 1: Konstruksie van 'n Suid-Afrikaanse dakkap (Howe) vir 'n klein span.
Kwartaal: 1
Tydsduur van fase 1: 6 ure per leerder
Puntetoekenning: 20 punte
Opdrag: Die maak van 'n Suid-Afrikaanse dakkap (Howe) vir 'n gebou met 'n klein span
'n Lyndiagram van 'n dakkap (Howe) word hieronder aangetoon.
Instruksies:
• Teken die Suid-Afrikaanse (Howe) dakkap volgens skaal 1:10.
• Vervaardig die dakkap.
• Meet en sny die onderdele in die korrekte lengte en vorms volgens jou tekening.
• Heg die onderdele volgens die tekening aanmekaar met gebruik van spykerplate.
• Benoem al die onderdele.
Gebruik die volgende spesifikasies:
• Gebruik die lyndiagram hierbo as 'n riglyn vir jou tekening.
• Gebruik A4 tekenpapier om die dakkap te teken volgens skaal 1:10.
• Gebruik 'n SKAAL 1:10 om die model te bou.
• Die span van die dakkap is 4 000 mm.
• Die dakkap se oorhang is 400 mm.
• Die helling (hoek/gradiënt) van die dak is 30°.
• Die onderdele word met spykerplate geheg.
• 114 x 38 mm hout is gebruik om die dakkap te vervaardig.
• Gebruik 4 mm dik dennehout/sintetiese hout (supawood)/bekistingbord vir die konstruksie
van die dakkap.
• Die model moet regop kan staan wanneer dit voltooi is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 22 DBE/PAT 2018
NSS
NASIENRIGLYNE VIR FASE 1:
KONSTRUKSIE VAN 'N SUID-AFRIKAANSE DAKKAP
LEERDER SE NAAM:_________________________________________
NR. ASSESSERINGSKRITERIA
SWAK/
LEERDERPUNT
GOED/
GEMIDDELD
UITSTEKEND GEEN POGING
4–5 2–3 0–1
1.1 Tekening van dakkap Punt x 2
1.2 Afmerk en saag van verskillende onderdele in
korrekte lengtes en vorms
1.3 Onderdele van dakkap in die korrekte posisie
geplaas en met spykerplate aanmekaar gesit.
1.4 Afwerking
1.5 Byskrifte
TOTALE PUNT UIT 30:
VERWERKTE TOTAAL UIT 20:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 23 DBE/PAT 2018
NSS
3.3.3 Fase 2: Koffietafel
Kwartaal: 1, 2 en 3
Tydsduur: 20 ure
Opdrag: Maak OF koffietafel A OF koffietafel B volgens die spesifikasies
Die sketse hieronder toon die onvoltooide aansigte van twee voorbeelde van koffietafels,
koffietafel A en B.
KOFFIETAFEL A
480
SYAANSIG
A
A
B 500
OF
B
600
BOAANSIG
Die twee figure hierbo toon die syaansigte
van twee voorbeelde van tafelbladlatte,
KOFFIETAFEL B afgekant en ʼn klein afstand uit mekaar
gespasieer OF afgekant en teen mekaar
geplaas soos gebruik vir die tafelblad.
480
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 24 DBE/PAT 2018
NSS
Instruksies:
Vervaardig koffietafel A of B, volgens die volgende spesifikasies soos uiteengesit hieronder.
Spesifikasies:
• Die gegewe afmetings is die minimum afmetings.
• Pote 460 x 50 x 50 mm
• Lang relings 70 x 20 mm
• Kort relings 70 x 20 mm
• Onderrelings 50 x 20 mm
• Skoprelings (klampe) 50 x 20 mm
• Tafelbladlatte 80 x 20 mm
• 'n Skof-tap-en-gat-voeg moet gebruik word tussen die boreling en pote.
• Dubbel tap-en-gat-voeg moet gebruik word tussen die onderrelings en pote.
• Enige sagtehout of hardehout kan gebruik word vir die model.
• Leerders mag hul innovering en kreatiwiteit gebruik om die pote, relings en tafelblad van
die model te vorm of om enige ander verbetering aan die tafel aan te bring.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 25 DBE/PAT 2018
NSS
NASIENRIGLYNE VIR DIE ASSESSERING VAN DIE KOFFIETAFEL
LEERDER SE VAN: ____________________________ NAAM: _____________________
GOED/ SWAK/GEEN
GEMIDDELD
ASSESSERINGSKRITERIA
LEERDER-
UITSTEKEND POGING PUNT
UITMERK EN SAAG VAN VERSKILLENDE DELE VAN MODEL: 4–5 2–3 0–1 LP
Uitmerk en saag van pote
Uitmerk en saag van relings
Uitmerk en saag van tafelbladlatte vir soliede blad
TOTAAL: 15
VERVAARDIGING/HEGTIGING 4–5 2–3 0–1 LP
Maak van tappe/penne (Punt x 2 = 10)
Maak van gate (Punt x 2 = 10)
Lym en klamp die raam van die tafel (toets haaksheid)
(Punt x 2 = 10)
Lym en klamp van tafelblad (toets haaksheid) (Punt x 2 = 10)
Heg tafelblad aan raamwerk
TOTAAL: 45
AFWERKING VAN MODEL 4–5 2–3 0–1 LP
Skuur van tafelraam voor en na lym proses
Skuur van tafelblad voor en na lym proses
Aanwending van afwerkingsmiddele
TOTAAL: 15
FINALE PRODUK 4–5 2–3 0–1 LP
Netheid en voorkoms van finale produk
TOTAAL:5
INNOVASIE EN KREATIWITEIT 4–5 2–3 0–1 LP
Leerder het die oorspronklike ontwerp aangepas om die voorkoms
en funksionaliteit van die koffietafel te verbeter
TOTAAL: 5
ALGEMENE ASPEKTE 4–5 2–3 0–1 LP
Veilige en korrekte gebruik van gereedskap
Goeie werkswinkel praktyke
Nakoming van sperdatums
TOTAAL: 15
GROOT TOTAAL: 100
VERWERKTE TOTAAL UIT: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie
Downloaded from hlayiso.com 26 DBE/PAT 2018
NSS
3.3.5 Saamgestelde puntestaat vir houtbewerking
NR. NAME VAN LEERDERS: FASE 1 (F1) FASE 2 MODEL (F2) TOTAAL
GROOT TOTAAL: ( F1
UITMERK EN SAAG
GEMODEREERDE VERVAARDIGING/ AFWERKING VAN GEMODEREERDE GEMODEREERDE
FINALE PRODUK
INNOVASIE EN
TOTAAL : 100
ALGEMENE VERWERKTE
PUNT TOTAAL SAMEVOEGING FINALE MODEL KREATIWITEIT PUNT + F2) PUNT
FASE 1 ASPEKTE TOTAAL:
20 20 20 15 45 15 5 5 15 100 100 80 100 100
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
TOTAAL
____________________ ________________
Handtekening van (Onderwyser) Datum
SKOOL STEMPEL
__________________________ ________________
Handtekening van (Moderator) Datum
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 27 DBE/PAT 2018
NSS
AFDELING 4
4.1 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak (Wat is die gevolge?)
Die afwesigheid van 'n praktiese assesseringstaak sal hanteer word in
ooreenstemming met die regulasies soos uiteengesit in die Nasionale Beleid
oor Protokol vir Assessering Graad R–12, bladsy 6, hoofstuk, 3 paragraaf 7
en 8.
Die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, hoofstuk 3, paragraaf 8,
subartikel (4) verklaar duidelik dat die afwesigheid van 'n punt vir 'n Praktiese
Assesseringstaak daartoe sal lei dat die kandidaat wat vir daardie vak
geregistreer is, 'n onvolledige uitslag sal ontvang.
4.2 Vereistes vir aanbieding
Die volgende moet deur die kandidaat vir assessering en moderering
aangebied word:
• Fase 1 puntestaat met bewyse
• 'n Voltooide model
• Die kandidaat se naam en klas moet duidelik op al die komponente van
die PAT aangedui word
Die volgende dokument moet deur die onderwyser vir moderering aangebied
word:
• 'n Saamgestelde puntestaat (een saamgestelde puntestaat bestaande
uit al die kandidate se name en punte vir alle fases)
4.3 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT
Kwartaal een:
• Fase EEN
• Fase TWEE (deel een)
Kwartaal twee:
• Fase TWEE (deel twee)
Kwartaal drie:
• Fase TWEE (deel drie)
Die produk/model moet in die werkswinkel vervaardig word onder
die onderwyser se toesig.
• Verklaring van egtheid
NOTA: Die leerders moet aan die begin van die eerste kwartaal begin met die
model en dit voltooi teen einde Augustus. Die onderwyser moet die
beskikbare bronne bestuur en goed beplan sodat alle leerders besig is met
een of ander deel van die take deur die jaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 28 DBE/PAT 2018
NSS
4.4 Verklaring van Egtheid
NAAM VAN SKOOL: __________________________________________________________
NAAM VAN LEERDER: ________________________________________________________
SKOOLSTEMPEL
Ek verklaar hiermee dat die praktiese assesseringstaak wat ek vir assessering voorlê my
eie, oorspronklike werk is en dat dit nog nie voorheen vir moderering voorgelê is nie.
HANDTEKENING VAN LEERDER DATUM (INLEWER)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie 29 DBE/PAT 2018
NSS
AFDELING 5
5. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees
om hulle begrip van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en
redenasie vermoëns te versterk, sowel as verbintenisse tot lewe buite die
klaskamer te vestig en uitdagings in die werklike wêreld aan te spreek. Die
PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die
geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Civil Technology.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202025%20Question%20Paper--c8edd459-5237-48e0-8588-69d7ecd7f8e5/v1-be996aaed91bf782e098/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Question Paper (Afr)
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
%20Afr--05a95faf-5891-4d88-9e5e-7d13c1d21648/v1-f5ca67113376f7457b83/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20Afr--eefaae29-fe93-4b75-8223-87bf4f3fc14c/v1-3553acfa446acbaa2a45/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC Question Paper
Related documents

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Civil Technology
%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Question paper