Skip to content
Practical assessment task

Civil Technology PAT GR 12 2019 Afr

Grade 12 Civil Technology practical assessment task from the 2019 (Afrikaans), 26 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Civil TechnologyGrade 12201926 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SIVIELE TEGNOLOGIE RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2019 Hierdie riglyne bestaan uit 26 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 2 DBE/PAT 2019 NSS INHOUDSOPGAWE AFDELING 1 3 1. INLEIDING 3 AFDELING 2 3 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 3 2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie 3 2.2 Bestuur van die PAT 3 2.3 Administrasie van die PAT 4 2.4 Assessering en moderering van die PAT 4 2.5 Assessering 4 2.6 Moderering 4 AFDELING 3 5 3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 5 3.1 Konstruksietake 5 3.1.1 Instruksies aan leerder 5 3.1.2 Fase 1: Steenwerk 6 3.1.3 Fase 2: Blombak 7 3.1.4 Assesseringsriglyne 8 3.1.5 Saamgestelde puntestaat 10 3.2 Siviele Dienste take 11 3.2.1 Instruksies aan leerder 11 3.2.2 Fase 1: Installeer 'n rioleringstelsel 12 3.2.3 Fase 2: Tregter 14 3.2.4 Assesseringsriglyne 15 3.2.5 Saamgestelde puntestaat 17 3.3 Houtbewerking take 18 3.3.1 Instruksies aan leerder 18 3.3.2 Fase 1: Suid-Afrikaanse dakkap 19 3.3.3 Fase 2: Koffie tafel 21 3.3.4 Assesseringsriglyne 22 3.3.5 Saamgestelde puntestaat 23 AFDELING 4 24 4. ANDER RELEVANTE INLIGTING 24 4.1 Afwesig/Nie-inlewering van taak 24 4.2 Vereistes van aanbieding 24 4.3 Aanbevole tydraamwerk vir die voltooiing van die PAT 24 4.4 Verklaring van egtheid 25 AFDELING 5 26 5. GEVOLGTREKKING 26 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 3 DBE/PAT 2019 NSS AFDELING 1 1. INLEIDING Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is: • LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie • KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste • WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe • DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme • TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. AFDELING 2 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER (Hierdie riglyne moet deeglik aan die leerders verduidelik word.) 2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie Die PAT is ontwerp om die vaardighede wat die leerder bemeester het, te toon. Die PAT word by intervalle geassesseer en vereis dat die leerder aan veelvoudige praktiese sessies deelneem. Gedurende die weeklikse sessies word vaardighede soos simulasies, eksperimente, handvaardighede, gereedskapsvaardigheid, masjinerievaardigheid en werkswinkelpraktyk geoefen en bemeester totdat die leerder die take wat uiteengesit is vir die spesifieke kwartaal kan doen. Die PAT dra 25% tot die leerder se promosiepunt by. 2.2 Bestuur van die PAT Die PAT moet in kwartaal 1 begin word aangesien dit 'n lang en uitgerekte proses is wat NIE tot op die laaste oomblik gelaat kan word NIE. Die model moet oor DRIE kwartale gedoen word wat in kwartaal 1 begin en fase 1 moet saam met die model in kwartaal 1 gedoen word. Fase 1 moet teen die einde van kwartaal 1 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees. Fase 2 moet teen 30 Augustus 2019 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees. (a) Al die komponente van die PAT moet vir assessering teen die einde van Augustus 2019 voltooi wees vir genoeg tyd vir die eksterne moderering. (b) Gedurende hierdie fase sal die onderwyser enige finale uitstaande assessering doen. Al die fases van die PAT moet veilig bewaar word totdat die modereringsproses voltooi is (beide provinsiale en nasionale moderering). (c) Die interne moderator/departementshoof moet PAT-moderering reg deur die jaar doen. (d) Dit is belangrik dat daar van die begin af aan alle kriteria voldoen word, omdat dit die basis vir assessering sal vorm. (e) Onderwysers mag nie leerders op punte penaliseer wat nie by die aanvanklike kriteria ingesluit was nie. (f) Wanneer leerders tydens moderering (sigmoderering) gekies word, kan daar van hulle verwag word om hulle vaardighede en kennis ten toon te stel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 4 DBE/PAT 2019 NSS Alle onderwysers moet 'n pasaanduider ontwerp wat die voltooiingsdatums van die verskillende fases van die PAT aandui. Die onderwyser moet hierdie proses bestuur om krisisbestuur en onnodige spanning nader aan die sperdatum vir die voltooiing van die PAT te voorkom. Die inleweringsdatums vir die verskillende fases van die PAT, soos in die pasaanduider aangedui, moet skriftelik aan leerders verskaf word. 2.3 Administrasie van die PAT Die PAT moet op situasies in die werklike lewe gebaseer word en onder gekontroleerde omstandighede voltooi word. Nadat onderwysers die riglyne bestudeer het, moet hulle die vereistes van die verskillende fases van die PAT en die kriteria, soos in die assesseringsinstrumente en punteskedules aangedui, aan leerders verduidelik. Dit sal verseker dat leerders en onderwysers 'n gemeenskaplike begrip het van die assesseringsinstrumente asook wat van leerders verwag word. Onderwysers word versoek om afskrifte van AFDELING 3 TOT AFDELING 5 (van die relevante spesialiseringsveld) van hierdie dokument te maak en dit saam met die assesseringskriteria van die PAT nie later as die eerste week van Februarie nie aan die leerders gee. Die produk/model mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet ten alle tye op 'n veilige plek gebêre word wanneer leerders nie daaraan werk nie. 2.4 Assessering en moderering van die PAT Die PAT vir Graad 12 word ekstern opgestel en gemodereer, maar intern deur die onderwyser geassesseer en deur die interne moderator/departementshoof gemodereer. 2.5 Assessering Deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om die leerder te lei en ondersteun om te verseker dat hy/sy op die regte spoor is. Beide formele en informele assessering moet tydens die verskillende fases van die PAT uitgevoer te word. Informele assessering kan deur die leerder self, deur 'n portuurgroep, of deur die onderwyser gedoen word. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser gedoen word en die resultate moet aangeteken word. Die onderwyser moet die assesseringsvereistes van al die fases van die PAT in ag neem en moet daarom die assesseringsprogram van die PAT dienooreenkomstig beplan. 2.6 Moderering Alle fases van die PAT moet gedurende die moderering van die PAT aan die interne moderator en eksterne moderator beskikbaar gestel word. Waar vereis, moet die moderator die leerder kan vra om die funksie en werksbeginsels te verduidelik en hom/haar ook versoek om die vaardighede wat hy/sy tydens die praktiese sessies opgedoen het, vir modereringsdoeleindes te demonstreer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 5 DBE/PAT 2019 NSS AFDELING 3 3 RIGLYNE VIR DIE LEERDER 3.1 Take vir Konstruksie Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit TWEE Fases wat in DRIE kwartale voltooi moet word. Die PAT moet oor DRIE kwartale gedoen word. Begin in kwartaal 1 met fase 1 en fase 2. TYDSKEDULE VIR DIE VOLTOOIING VAN DIE PAT: Daar word aanbeveel dat leerders en onderwysers hierdie tydskedule gebruik om die PAT in die toegekende tyd te voltooi. KWARTAAL: WERK WAT GEDOEN MOET WORD: Kwartaal 1 Fase 1 en 2 Kwartaal 2 Fase 2 Kwartaal 3 Fase 2 Leerder se naam: ________________________________________________________ Tyd Toegelaat: 1ste tot 3de kwartaal 3.1.1 Instruksies aan die leerder • Hierdie praktiese assesseringstaak tel 25% van jou finale promosiepunt. • Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees. • Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek. • Jy kan elektroniese toerusting gebruik, waar beskikbaar, bv. selfone, kameras en digitale kameras om jou vordering te dokumenteer. • Die produk/model mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 6 DBE/PAT 2019 NSS 3.1.2 Fase 1: Steenwerk Kwartaal: 1 Tydsduur van fase 1: 2 ure per leerder Punte toekenning: 20 punte Taak: Droogpak van stene vir 'n spoumuur net bokant vloervlak met 'n ste 50 mm-opening, 5 steenlae hoog. Die 1 steenlaag moet 7 stene lank wees. Een ent moet 'n blinde ent ('dead-end') toon en die ander ent tru-messelwerk. Instruksies • Meet en merk die buitelyne van die muur op die vloer uit deur die toepaslike gereedskap te gebruik. • Droogpak die stene om die spoumuur te vorm. l • Plaas die VWL in die muur om te toon hoe die water deur die syfergate sal uitloop. • Plaas DRIE muurbinte in waar benodig • Leerders moet die binne- en buitewand van die muur toon. • Vorm syfergate en verduidelik die doel daarvan. NASIENRIGLYNE VIR FASE 1: DROOGPAK VAN STENE LEERDER SE NAAM: ________________________________________________ GOED/ SWAK/GEEN GEMMIDELD LEERDER NR. ASSESSERINGSKRITERIA UITSTEKEND POGING NIE PUNT 4–5 2–3 0–1 LP 1.1 Meet en merk die buitelyn van die muur op die werkswinkel se vloer met die korrekte gebruik van die toepaslike gereedskap 1.2 Droogpak van stene vir buitenste kors/wand korrek gedoen 1.3 Syfergate korrek in buitenste wand getoon 1.4 Droogpak van bakstene vir die binneste wand korrek gedoen 1.5 Muurbinte korrek geplaas 1.6 VWL korrek en netjies op die regte plek geplaas 1.7 Mure is loodreg (toets met bouerswinkelhaak) 1.8 Mure is reguit en parallel met mekaar met 'n 50 mm- opening. TOTALE PUNT UIT 40: VERWERKTE PUNT UIT 20: Daar word aanbeveel dat video-opnames en foto's van die leerder geneem word terwyl hy/sy die taak verrig en dat dit elektronies by die skool en op 'n laserskyf gebêre word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 7 DBE/PAT 2019 NSS 3.1.3 Fase 2: Blombak Kwartaal: 1, 2 en 3 Tydsduur: 20 uur Taak: Daar word van jou verwag om: • Navorsing te doen en die proses te ondersoek om 'n reghoekige betonblombak wat vir 'm mediumgrootte struik gebruik kan word, te ontwerp en te maak • Sketse te teken om te toon hoe jy by die finale ontwerp van die blombak uitgekom het. Toon die finale afmetings op jou tekeninge. • 'n Materiaallys/Snylys saam te stel van die materiaal wat jy sal benodig om die betonblombak te maak. • 'n Betonblombak met die nodige bekisting volgens die spesifikasies hieronder te maak Gebruik die volgende spesifikasies: • Gebruik skroewe om die verskillende onderdele van die bekisting aanmekaar te heg, sodat die bekisting maklik uitmekaar gehaal kan word. • Maak voorsiening om die binneste bekisting van die binnekant af uitmekaar te kan haal sodat dit maklik verwyder kan word. • Plaas maasbewapening in om in die middel van die onderkant en sye van die bekisting te pas en gebruik 'n toepaslike metode om behoorlike minimum betondekking te verseker. • Gebruik vormolie aan die binnekant van die bekisting om te verseker dat die beton nie vassit nie. • Die leerders het die opsie om bymiddels by die betonmengsel vir estetiese doeleindeste voeg. • Tref voorsorg dat oortollige water deur die bodem van die blombak kan dreineer. • Maak voorsiening vir handvatsels aan twee kante van die blombak of 'n gebruik ander metode sodat die blombak gedra kan word. • Dit is belangrik dat die blombak genoeg binnevolume sal hê sodat 'n medium- grootte struik daarin geplant kan word. • Leerders moet innoverend en kreatief oor die grootte en vorm wees en ook deur patrone in die beton aan die buitekant van die blombak aanbring. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 8 DBE/PAT 2019 NSS 3.1.4 Nasienriglyne vir blombak NASIENRIGLYNE VIR DIE ASSESSERING VAN DIE BETONBLOMBAK LEERDER VAN:________________________ NAAM: _____________________ LEERDER PUNT GOED/ SWAK/GEEN GEMIDDELD ASSESSERINGSKRITERIA UITSTEKEND POGING NIE BEPLANNING 8–10 4–7 0–3 LP Bewyse van navorsing, ondersoek en tekeninge om die ontwerp en afmetings van die betonblombak te toon Materiaallys/snylys van materiaal benodig TOTAAL: 20 UITMERK EN SAAG VAN BEKISTINGONDERDELE 8–10 4–7 0–3 LP Uitmerk en saag van bekisting vir sykante en bodem van die binneste kas. Uitmerk en saag van bekisting vir sykante en bodem van buitenste kas. TOTAAL: 20 INMEKAARSIT VAN BEKISTING 4–5 2–3 0–1 LP Uitmerk en boor van gate vir skroewe om bekisting inmekaar te sit Heg van onderdele vir binneste bekisting Heg van onderdele vir buitenste bekisting Toets vir haaksheid TOTAAL: 20 WAPENING 4–5 2–3 0–1 LP Plaas van wapening Korrekte gebruik van spasieerders TOTAAL: 10 BETON 4–5 2–3 0–1 LP Korrekte mengverhoudings en mengprosedures Plasing, kompaktering en nabehandeling van beton TOTAAL: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 9 DBE/PAT 2019 NSS GOED/ SWAK/GEEN GEMIDDELD ASSESERINGSRIGLYNE LEERDER UITSTEKEND POGING NIE PUNT UITMEKAARHAAL VAN BEKISTING 4–5 2–3 0–1 LP Uitmekaarhaal van bekisting sonder om beton beskadig TOTAAL: 5 AFWERKING VAN PRODUK 4–5 2–3 0–1 LP Afwerking van eksterne oppervlak van die beton TOTAAL: 5 FINALE PRODUK 4–5 2–3 0–1 LP Die blombak het gate vir dreinering, handvatsels, is sonder krake en is 'n geskikte grootte Netheid en voorkoms van finale produk TOTAAL: 10 INNOVASIE EN KREATIWITEIT 4–5 2–3 0–1 LP Die leerder het die oorspronklike ontwerp aangepas en eienskappe bygevoeg om die voorkoms en funksionaliteit van die blombak te verbeter TOTAAL: 5 ALGEMENE ASPEKTE 4–5 2–3 0–1 LP Veilige en korrekte gebruik van gereedskap Goeie werkswinkelpraktyke Nakoming van sperdatums TOTAAL: 15 GROOTTOTAAL: 120 KANDIDAAT SE VERWERKTE TOTAAL UIT 80: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/PAT 2019 NSS 3.1.5 Saamgestelde puntestaat vir Konstruksie-PAT NR. NAAM VAN LEERDER FASE 1 FASE 2 TOTAAL (F1) (F2) VERWERKTE TOTAAL F2 UITMERK EN SAAG VAN GEMODEREERDE PUNT GEMODEREERDE PUNT GEMODEREERDE PUNT GROOTTOTAAL F1 + F2 GEMODEREERDE PUNT UITMEKAARHAAL VAN ALGEMENE ASPEKTE INMEKAARSIT VAN AFWERKING VAN TOTAAL FASE 1 FINALE PRODUK TOTAAL FASE 2 INNOVASIE EN BEPLANNING BEKISTINGONDERDELE BEKISTING WAPENING BEKISTING PRODUK FASE 1 BETON KREATIWITEIT 20 20 20 20 20 25 10 10 5 5 5 5 15 120 120 80 100 100 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 TOTAAL TOTAAL _________________________ __________________ Handtekening van (Onderwyser) Datum SKOOLSTEMPEL _________________________ ___________________ Handtekening van (Moderator) Datum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 11 DBE/PAT 2019 NSS 3.2 Take vir Siviele Dienste Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit TWEE fases wat oor DRIE kwartale voltooi moet word. Die PAT moet in drie kwartale gedoen word wat in kwartaal 1 begin met fase 1 en fase 2. TYDSKEDULE VIR DIE VOLTOOING VAN DIE PAT: Dit word aanbeveel dat leerders en onderwysers van die tydskedule gebruik maak om sodoende die PAT betyds te voltooi. KWARTAAL: WERK WAT GEDOEN MOET WORD: Kwartaal 1 Fase 1 en 2 Kwartaal 2 Fase 2 Kwartaal 3 Fase 2 Leerder se naam: ________________________________________________________ Tyd Toegelaat: 1ste tot 3de kwartaal 3.2.1 Instruksies aan die leerder • Hierdie praktiese assesseringstaak tel 25% van jou finale promosiepunt. • Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees. • Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek. • Jy kan elektroniese toerusting gebruik, waar beskikbaar, bv. selfone, kameras en digitale kameras om jou vordering te dokumenteer. • Die produk/model mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 12 DBE/PAT 2019 NSS 3.2.2 Fase 1 Kwartaal 1: Rioleringstelsel Kwartaal: 1 Tydsduur van fase 1: 2 ure per leerder Puntetoekenning: 20 punte Taak: Installeer 'n ondergrondse rioolstelsel Die lyndiagram hieronder toon die hoek van 'n gebou en die uitleg van 'n rioolstelsel. 1 500 5 000 800 800 SO 3 SO 2 RIOOL HELLING 1: 40 AANSLUITING 1 500 RP 1 500 SO 1 VLP LET WEL: • Die onderwyser moet die pype volgens lengte sny en al die rubberseëls van die verbindings verwyder sodat dit maklik is om te pas en die pype en aansluitings weer gebruik kan word. • Indien die skool nie 'n put vir die dreineringstelsel het nie, gebruik 'n hoek in die werkswinkel vir hierdie doel. Instruksies: • Bereken die vertikale afstand wat die rioolpyp sal daal vanaf steekoog 1 na steekoog 2 sowel as die vertikale afstand wat die riool sal daal vanaf steekoog 2 tot by die rioolaansluiting. Toon bewyse van die berekeninge vir assessering en moderering • Bepaal die senterlyne en spasiëring van die verskillende dele van die riooluitleg en gebruik 'n krytlyn en winkelhaak om die uitleg van die pype en toebehore op die vloer en teen die muur uit te merk. • Plaas die verskillende pyppasstukke en pype op hul korrekte posisies langs die senterlyne, soos in die diagram aangedui. • Heg alle pype en pyppasstukke aanmekaar volgens die uitlegtekening. • Die rioolputkop met rooster, rioolputsperder, vuillugpyp en steekoë moet ondersteun word sodat dit regop staan soos in 'n ware rioolstelsel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 13 DBE/PAT 2019 NSS NASIENRIGLYNE VIR FASE 1: INSTALLEER VAN 'N ONDERGRONDSE RIOLERINGSTELSEL LEERDER SE NAAM:_________________________________________ GOED/ SWAK/GEEN GEMMIDELD NR. ASSESSERINGSKRITERIA LEERDER UITSTEKEND POGING nie PUNT 4–5 2–3 0–1 LP 1.1 Bepaal die senterlyne en spasiëring van die verskillende dele van die riooluitleg en gebruik 'n krytlyn om dit op die vloer uit te merk. 1.2 Bereken die vertikale daling van pype vanaf SO 1 na SO 2 en vanaf SO 2 na die rioolaansluiting. 1.3 Plaas die verskillende pyppasstukke en pype op die korrekte posisies langs die senterlyne, soos in die diagram aangedui. Heg al die pype en verbindings volgens die uitlegtekening. Alle opening en verbindings moet opwaarts front. 1.4 Verbinding van steekoë 1.5 Verbinding van vuillugpyp 1.6 Verbinding van universele rioolkop met rooster 1.7 Verbinding van rioolputsperder 1.8 Pypsamestelling (met verbindings en buigstukke) korrek geplaas en in lyn gebring TOTALE PUNT UIT 40: VERWERKTE TOTAAL UIT 20: Daar word aanbeveel dat video-opnames en foto's van die leerder geneem word terwyl hy/sy die taak verrig en dat dit elektronies by die skool en op 'n laserskyf gebêre word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 14 DBE/PAT 2019 NSS 3.2.3 Fase 2: Tregter Kwartaal: 1, 2 en 3 Tydsduur: 20 ure Taak: Daar word van jou verwag om: • Navorsing te doen en ondersoek in te stel na die proses wat gebruik word om 'n tregter met 'n knik aan die onderkant van die tuit te maak en om so 'n tregter te ontwerp. • Vryhandsketse te teken om te toon hoe jy by die finale ontwerp van die tregter uitgekom het. Toon die finale afmetings op jou tekeninge. • 'n Materiaallys/Snylys saam te stel vir die materiaal wat jy sal benodig om die tregter te maak. • 'n Tregter met 'n knik in die tuit te maak volgens die spesifikasies hieronder. Gebruik die volgende spesifikasies: • Die tregter moet bestaan uit twee koniese afgeknotte keëls, een vir die boonste deel van die tregter, een vir deel een van die tuit en 'n silinder vir die knik van die tuit. • Ontwikkelings van die verskillende dele van die tregter met some/nate moet volgens skaal 1 : 1 geteken word sodat dit gebruik kan word om template te maak. • Maak die template en gebruik dit om die vorms op die plaatmetaal uit te merk. • Heg die dele aanmekaar deur dit te soldeer. • Alle soldeerlasse moet skoon gemaak word. • Wend 'n afwerkingsmiddel op die finale produk aan. • Gebruik plaatmetaal om die tregter te maak. LET WEL: Alle tekeninge en template moet vir moderering beskikbaar wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 15 DBE/PAT 2019 NSS 3.2.4 Nasienriglyne vir die assessering van die tergter NASIENRIGLYNE VIR DIE ASSESSERING VAN DIE TREGTER LEERDER SE VAN: ____________________________ NAAM: _____________________ GEEN POGING/ GOED/ GEMIDDELD LEERDER ASSESSERINGS KRITERIA UITSTEKEND SWAK PUNT BEPLANNING 4–5 2–3 0–1 LP Bewyse van navorsing, ondersoek en tekeninge met afmetings van die tregter. Voorbereiding van materiaallys/snylys vir die materiaal benodig. TOTAAL: 10 TEKEN VAN ONTWIKKELINGS 8–10 4–7 0–3 LP Teken van die ontwikkeling van die boonste deel van die tregter Teken van die ontwikkeling van die tuit van die tregter Teken van die ontwikkeling van die knik van die tuit van die tregter TOTAAL: 30 MAAK VAN TEMPLATE EN UITMERK VAN 4–5 2–3 0–1 LP PLAATMETAAL Maak van template vir alle dele van tregter Uitmerk van vorms op plaatmetaal met gebruik van template TOTAAL: 10 UITSNY VAN VORMS OP PLAATMETAAL 4–5 2–3 0–1 LP Uitsny van boonste deel van tregter (korrekte gebruik van blikskêr en akkuraatheid) Uitsny van tuit met knik (korrekte gebruik van blikskêr en akkuraatheid) TOTAAL: 10 VERVAARDIGING/BUIG/VORMING 4–5 2–3 0–1 LP Korrekte gebruik van plaatbuigmasjien/alternatiewe metode om oorlas en some te buig. Korrekte gebruik van rollermasjien/alternatiewe metode om koniese dele van die tregter te vorm. TOTAAL: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 16 DBE/PAT 2019 NSS GEEN POGING/ GOED/ GEMIDDELD ASSESSERINGSKRITERIA LEERDER UITSTEKEND SWAK NIE PUNT SAMEVOEGING/HEGTING 4–5 2–3 0–1 LP Oorlas/soomoorlas van boonste deel (mond) en tuit van tregter Korrekte soldeertegniek Akkuraatheid van belyning en plasing van verskillende dele van tregter tydens samevoeging. TOTAAL: 15 AFWERKING 4–5 2–3 0–1 LP Skoonmaak van soldeerlasse, skuur en afvee van finale model TOTAAL: 5 FINALE PRODUK 4–5 2–3 0–1 LP Netheid en voorkoms van finale produk Funksionaliteit van finale produk (toets vir lekkasies) TOTAAL: 10 INNOVASIE EN KREATIWITEIT 4–5 2–3 0–1 LP Die leerder het eienskappe bygevoeg om die voorkoms en funksionaliteit van die tregter te verbeter TOTAAL: 5 ALGEMENE ASPEKTE 4–5 2–3 0–1 LP Veilige en korrekte gebruik van gereedskap Goeie werkswinkel praktyke Nakom van sperdatums TOTAAL: 15 GROOTTOTAAL: 120 LEERDER SE VERWERKTE TOTAAL UIT 80 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 17 DBE/PAT 2019 NSS 3.2.5 Saamgestelde puntestaat vir Siviele Dienste NR NAAM VAN LEERDER FASE 1 FASE 2 (MODEL) TOTAAL UITSNY VAN VORMS VERVAARDIGING VERVAARDIGING/B GRROTTOTAAL: 100 GEMODEREERDE TEKEN VAN GEMODEREERDE GEMODEREERDE FINALE PRODUK INNOVASIE EN BEPLANNING TOTAAL : 100 VERWERKTE TOTAAL: 20 HEGTIGING AFWERKING ALGEMENE PUNT ONTWIKKELINGS VAN VOORBEELDE UIG/VORMING KREATIWITEIT PUNT (F1 + f2) PUNTE FASE 1 ASPEKTE TOTAAL: 20 20 20 10 30 10 10 10 15 5 10 5 15 120 120 80 100 100 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 TOTAAL TOTAAL __________________________ ________________ Handtekening van (Onderwyser) Datum SKOOLSTEMPEL __________________________ ________________ Handtekening van (Moderator) Datum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 18 DBE/PAT 2019 NSS 3.3 Take vir Houtbewerking Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit TWEE fases wat oor DRIE kwartale voltooi moet word. Die PAT moet in DRIE kwartale gedoen word wat in kwartaal 1 begin met fase 1 en fase 2. TYDSKEDULE VIR DIE VOLTOOING VAN DIE PAT: Dit word aanbeveel dat leerders en onderwysers van die tydskedule gebruik maak om sodoende die PAT betyds te voltooi. KWARTAAL: WERK WAT GEDOEN MOET WORD: Kwartaal 1 Fase 1 en 2 Kwartaal 2 Fase 2 Kwartaal 3 Fase 2 Leerder se naam: ________________________________________________________ Tyd Toegelaat: 1ste tot 3de kwartaal 3.2.1 Instruksies aan die leerder • Hierdie praktiese assesseringstaak tel 25% van jou finale promosiepunt. • Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees. • Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek. • Jy kan elektroniese toerusting gebruik, waar beskikbaar, bv. selfone, kameras en digitale kameras om jou vordering te dokumenteer. • Die produk/model mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 19 DBE/PAT 2019 NSS 3.3.2 Fase 1: Nokkonstruksie van 'n hoofstyldakkap wat een daklat op elke kapbeen toon Kwartaal: 1 Tydsduur van fase 1: 6 ure Puntetoekenning: 20 punte Taak: Maak die nokkonstruksie van 'n hoofstyldakkap wat een daklat op elke kapbeen toon Instruksies: • Teken, volgens skaal 1 : 1, 'n gedeelte van die konstruksiedetail om die nokgedeelte van 'n hoofstyldakkap wat een daklat op elke kapbeen toon. • Meet en saag die onderdele volgens die korrekte lengtes en vorm volgens jou tekening. • Sit die onderskeie onderdele aanmekaar vas. • Benoem al die onderdele. Gebruik die volgende spesifikasies: • Helling van die dak is 30°. • Die kapbene/daksparre en hoofstyl moet ongeveer 300 mm lank wees. • 114 x 38 mm-hout is vir die dele van die kap gebruik. • Die onderdele word met spykerplate geheg. • 38 x 38 mm-hout is vir die daklatte gebruik. • Gebruik 'n toepaslike metode om die daklatte aan die kapbene te heg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 20 DBE/PAT 2019 NSS NASIENRIGLYNE VIR FASE 1: NOKKONSTRUKSIE LEERDER SE NAAM:_________________________________________ LEERDER PUNT (LP) GOED/ SWAK/ GEEN GEMIDDELD NR. ASSESSERINGSKRITERIA UITSTEKEND POGING 8–10 4–7 0–3 1.1 Tekening van die detail om die nok 1.2 Afmerk en saag van verskillende onderdele volgens korrekte lengtes en vorms 1.3 Heg onderdele met spykerplate om die nok te vorm 1.4 Saag en heg van daklatte 1.5 Byskrifte TOTALE PUNT UIT 50: VERWERKTE TOTAAL UIT 20: Daar word aanbeveel dat video-opnames en foto's van die leerder geneem word terwyl hy/sy die taak verrig en dat dit elektronies by die skool en op 'n laserskyf gebêre word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 21 DBE/PAT 2019 NSS 3.3.3 Fase 2: Koffietafel Kwartaal: 1, 2 en 3 Tydsduur: 20 ure TAAK: Daar word van jou verwag om: • Navorsing te doen en ondersoek in te stel na die proses wat gebruik word om 'n tafel wat vir 'n spesifieke doel in 'n huis gebruik kan word, te ontwerp. • Sketse te teken om die detail te toon van die tafel wat jy gaan maak. • Die finale afmetings op jou tekeninge te toon. • 'n Materiaallys/Snylys saam te stel vir die materiaal wat jy sal benodig om die tafel te maak. Gebruik die volgende spesifikasies: • Die tafel moet ten minste een laai hê. • Die raam moet met geskikte tap-en-gatvoeë gemaak word. • Swaelstertvoeë kan ook as deel van die raam gebruik word om vir 'n laai te voorsien. • Sponning/halfinlaatvoeë kan gebruik word om die voor- en sykante van die laai aan mekaar te heg. Enige ander geskikte konstruksie sal aanvaarbaar wees. • Enige sagte of hardehout kan vir die model gebruik word . • Leerders kan hulle innoverendheid en kreatiwiteit gebruik om die pote, relings en tafelblad van die model te vorm of om enige ander verbetering aan die tafel aan te bring. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 22 DBE/PAT 2019 NSS 3.3.4 Nasienriglyne vir koffietafel NASIENRIGLYNE VIR DIE ASSESSERING VAN DIE TAFEL LEERDER SE VAN: ____________________________ NAAM: _____________________ GOED/ SWAK/GEEN GEMIDDELD ASSESSERINGSKRITERIA LEERDER UITSTEKEND POGING NIE PUNT BEPLANNING 8–10 4–7 0–3 LM Bewyse van navorsing, ondersoek en tekeninge van die tafel Voorbereiding van die saaglys om die nodige materiaal aan te dui. TOTAAL: 20 TAFELRAAM 4–5 2–3 0–1 LM Afmerk en saag van pote en relings. Afmerk en maak van tappe/penne Maak van gate Afmerk en maak van opening van laai Lym en klamp die raam van die tafel (toets haaksheid) TOTAAL: 25 LAAI 4–5 2–3 0–1 LM Afmerk en saag van laaionderdele Maak van sponning en vryflasse van laai Aanmekaarsit van laai (toets haaksheid) Saag en pas van gidse vir laai Pas van laai TOTAAL: 25 TAFELBLAD 4–5 2–3 0–1 LM Afmerk en saag van materiaal vir die blad. Lym van tafelblad Heg tafelblad aan raam (toets haaksheid) TOTAAL: 15 AFWERKING VAN MODEL 4–5 2–3 0–1 LM Skuur van tafel en laai Aanwending van afwerkingsmiddele TOTAAL: 10 FINALE PRODUK Geskik vir doel, netheid en voorkoms van finale produk TOTAAL: 5 INNOVASIE EN KREATIWITEIT 4–5 2–3 0–1 LM Toon kreatiwiteit deur pote, relings en blad te vorm. TOTAAL: 5 ALGEMENE ASPEKTE 4–5 2–3 0–1 LM Veilige en korrekte gebruik van gereedskap Goeie werkswinkel praktyke Nakoming van sperdatums TOTAAL: 15 GROOTTOTAAL: 120 VERWERKTE TOTAAL UIT : 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 23 DBE/PAT 2019 NSS 3.3.5 Saamgestelde puntestaat vir Houtbewerking NR. NAME VAN LEERDERS FASE 1 FASE 2 MODEL TOTAAL ALGEMENE ASPEKTE ( VERWERKTE PUNT GEMODEREERDE GEMODEREERDE GEMODEREERDE GROOTTOTAAL: GEMODEREERDE FINALE PRODUK GROOTTOTAAL INNOVASIE EN PUNT TOTAAL BEPLANNING TAFELRAAM TAFELBLAD AFWERKING PUNT PUNT F1 + F2) PUNT FASE 1 LAAI KREATIWITEIT 20 20 20 20 25 25 15 10 5 5 15 120 120 80 80 100 100 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 TOTAL ____________________ ________________ Handtekening van (Onderwyser) Datum SKOOLSTEMPEL __________________________ ________________ Handtekening van (Moderator) Datum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 24 DBE/PAT 2019 NSS AFDELING 4 4.1 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak (Wat is die gevolge?) Die afwesigheid van 'n praktiese assesseringstaak sal hanteer word in ooreenstemming met die regulasies soos uiteengesit in die Nasionale Beleid oor Protokol vir Assessering Graad R–12, bladsy 6, hoofstuk, 3 paragraaf 7 en 8. Die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, hoofstuk 3, paragraaf 8, subartikel (4) verklaar duidelik dat die afwesigheid van 'n punt vir 'n praktiese assesseringstaak daartoe sal lei dat die kandidaat wat vir daardie vak geregistreer is, 'n onvolledige uitslag sal ontvang. 4.2 Vereistes vir aanbieding Die volgende moet deur die kandidaat vir assessering en moderering aangebied word: • 'n Volledige ontwerpportefeulje • Alle skaaltekeninge • Bewys van die beplanning van die model • 'n Voltooide model • Die kandidaat se naam en klas moet duidelik op al die komponente van die PAT aangedui word • Verklaring van egtheid Die volgende dokument moet deur die onderwyser vir moderering aangebied word: • 'n Saamgestelde puntestaat (een saamgestelde puntestaat bestaande uit al die kandidate se name en punte vir alle fases) 4.3 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT Kwartaal 1: • Fase 1 • Fase 2 (deel 1) Kwartaal 2: • Fase 2 (deel 2) Kwartaal 3: • Fase 2 (deel 3) Die produk/model moet in die werkswinkel vervaardig word onder die onderwyser se toesig. • Verklaring van egtheid LET WEL: Die leerders moet aan die begin van kwartaal 1 begin met die model en dit voltooi teen einde Augustus. Die onderwyser moet die beskikbare bronne bestuur en goed beplan sodat alle leerders besig is met een of ander deel van die take deur die jaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 25 DBE/PAT 2019 NSS 4.4 Verklaring van Egtheid NAAM VAN SKOOL: __________________________________________________________ NAAM VAN LEERDER: ________________________________________________________ NAAM VAN ONDERWYSER: ___________________________________________________ SKOOLSTEMPEL Ek verklaar hiermee dat die praktiese assesseringstaak wat ek vir assessering voorlê my eie, oorspronklike werk is en dat dit nog nie voorheen vir moderering voorgelê is nie. HANDTEKENING VAN LEERDER DATUM (INGEHANDIG) Sover ek weet, is die verklaring deur die kandidaat hierbo eg en ek aanvaar dat die werk voorgelê sy of haar eie is. HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM (INGEHANDIG) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 26 DBE/PAT 2019 NSS AFDELING 5 5. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasie vermoëns te versterk, sowel as verbintenisse tot lewe buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die werklike wêreld aan te spreek. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Civil Technology.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Civil Technology

View all