Downloaded from hlayiso.com
SIVIELE TEGNOLOGIE
(SIVIELE DIENSTE)
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
GRAAD 12
2020
Hierdie riglyne bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task %20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202025%20Question%20Paper--c8edd459-5237-48e0-8588-69d7ecd7f8e5/v1-be996aaed91bf782e098/card.webp)
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
%20Afr--05a95faf-5891-4d88-9e5e-7d13c1d21648/v1-f5ca67113376f7457b83/card.webp)

%20Afr--eefaae29-fe93-4b75-8223-87bf4f3fc14c/v1-3553acfa446acbaa2a45/card.webp)






View all%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Civil Technology PAT GR 12 2020 (Civil Services) Afr
Grade 12 Civil Technology practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
Civil Technology · Grade 12 · 2020 · Afrikaans. Practical assessment task, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2020
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 396.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 2 DBE/PAT 2020
NSS
INHOUDSOPGAWE
BLADSY
AFDELING 1 3
1. INLEIDING 3
AFDELING 2 3
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 3
2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie 3
2.2 Bestuur van die PAT 3
2.3 Administrasie van die PAT 4
2.4 Assessering en moderering van die PAT 4
2.5 Assessering 4
2.6 Moderering 4
AFDELING 3 5
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 5
SIVIELEDIENSTE-TAKE 5
3.1 Instruksies aan leerder 5
3.2 Fase 1: Installering van hoëdrukgeiser 6
3.3 Nasienriglyne vir installering van hoëdrukgeiser 7
3.4 Fase 2: Lessenaarlamp 8
3.5 Nasienriglyne vir lessenaarlamp 9
3.6 Saamgestelde puntestaat 11
AFDELING 4 12
4. ANDER RELEVANTE INLIGTING 12
4.1 Afwesig/Nie-inlewering van taak 12
4.2 Vereistes van aanbieding 12
4.3 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT 13
4.4 Verklaring van egtheid 13
AFDELING 5 14
5. GEVOLGTREKKING 14
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 3 DBE/PAT 2020
NSS
AFDELING 1
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat,
sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele
Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie
Tegniese Wetenskappe
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir
alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van
die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die
skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite
afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n
gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir
die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens,
geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die
praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan
die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil
van vak tot vak.
AFDELING 2
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
(Hierdie riglyne moet deeglik aan die leerders verduidelik word.)
2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie
Die PAT neem die vaardighede wat die leerder bemeester het, in ag. Die PAT word met van
tyd tot tyd geassesseer en vereis dat die leerder aan veelvoudige praktiese sessies deelneem.
Gedurende die weeklikse sessies word vaardighede soos simulasies, eksperimente,
handvaardighede, gereedskapsvaardigheid, masjinerievaardigheid en werkswinkelpraktyk
geoefen en bemeester totdat die leerder die take wat vir die spesifieke kwartaal uiteengesit is,
kan doen. Die PAT dra 25% tot die leerder se promosiepunt by.
2.2 Bestuur van die PAT
Die PAT moet in kwartaal 1 begin word aangesien dit 'n lang en uitgerekte proses is. MOENIE
dit vir die laaste minuut hou nie. Die model moet oor DRIE kwartale gemaak word wat in
kwartaal 1 begin en fase 1 moet saam met die model in kwartaal 1 gedoen word. Fase 1 moet
teen die einde van kwartaal 1 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees. Fase 2 moet teen
31 Augustus 2019 voltooi, nagesien en intern gemodereer wees.
(a) Al die fases van die PAT moet vir assessering teen die einde van Augustus 2020
voltooi wees om genoeg tyd vir die eksterne moderering te laat.
(b) Gedurende hierdie fase sal die onderwyser enige finale assessering doen wat
uitstaande is. Al die fases van die PAT moet veilig bewaar word totdat die
modereringsproses voltooi is (beide provinsiale en nasionale moderering).
(c) Die interne moderator/departementshoof moet PAT-moderering reg deur die jaar
doen.
(d) Dit is belangrik dat daar van die begin af aan alle kriteria voldoen word, omdat dit die
basis vir assessering sal vorm.
(e) Onderwysers mag nie leerders penaliseer vir punte wat nie by die aanvanklike kriteria
ingesluit was nie.
(f) Wanneer leerders tydens moderering (sigmoderering) gekies word, kan daar van hulle
verwag word om hulle vaardighede en kennis ten toon te stel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 4 DBE/PAT 2020
NSS
Alle onderwysers moet 'n pasaanduider ontwerp wat die voltooiingsdatums van die
verskillende fases van die PAT aandui. Die onderwyser moet hierdie proses bestuur om
krisisbestuur en onnodige spanning nader aan die sperdatum vir die voltooiing van die PAT te
voorkom.
Die inleweringsdatums vir die verskillende fases van die PAT, soos aangedui op die
pasaanduider, moet skriftelik aan leerders verskaf word.
2.3 Administrasie van die PAT
Die PAT moet op situasies in die werklike lewe gebaseer word en onder gekontroleerde
omstandighede gemaak en voltooi word.
Nadat onderwysers die riglyne bestudeer het, moet hulle die vereistes van die verskillende
fases van die PAT en die kriteria, soos in die assesseringsinstrumente en punteskedules
aangedui, aan leerders verduidelik. Dit sal verseker dat leerders en onderwysers 'n
gemeenskaplike begrip het van die assesseringsinstrumente asook wat van leerders verwag
word.
Onderwysers word versoek om afskrifte van AFDELING 3 TOT AFDELING 5 van hierdie
dokument te maak en dit saam met die assesseringskriteria van die PAT nie later as die
eerste week van Februarie nie aan die leerders te gee.
Die produkte/modelle mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet
ten alle tye op 'n veilige plek gebêre word wanneer leerders nie daaraan werk nie.
2.4 Assessering en moderering van die PAT
Die PAT vir Graad 12 word ekstern opgestel en gemodereer, maar intern deur die onderwyser
geassesseer en deur die interne moderator/departementshoof gemodereer.
2.5 Assessering
Deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om die leerder te lei en ondersteun om te
verseker dat hy/sy op die regte spoor is.
Beide formele en informele assessering moet tydens die verskillende fases van die PAT
uitgevoer te word. Informele assessering kan deur die leerder self, deur 'n portuurgroep, of
deur die onderwyser gedoen word. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser
gedoen word en die resultate moet aangeteken word.
Die onderwyser moet die assesseringsvereistes van al die fases van die PAT in ag neem en
moet daarom die assesseringsprogram van die PAT dienooreenkomstig beplan.
2.6 Moderering
Alle fases van die PAT moet gedurende die moderering van die PAT aan die interne moderator
en eksterne moderator beskikbaar gestel word.
Waar vereis, moet die moderator die leerder kan vra om die funksie en werksbeginsels te
verduidelik en hom/haar ook versoek om die vaardighede wat hy/sy tydens die praktiese
sessies opgedoen het, vir modereringsdoeleindes te demonstreer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 5 DBE/PAT 2020
NSS
AFDELING 3
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDERS
SIVIELEDIENSTE-TAKE
Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit TWEE fases wat oor DRIE kwartale
voltooi moet word.
Die PAT moet oor DRIE kwartale gedoen word wat in kwartaal 1 begin met fase 1 en
fase 2.
TYDSKEDULE VIR DIE VOLTOOING VAN DIE PAT:
Daar word aanbeveel dat leerders en onderwysers hierdie tydskedule gebruik om
sodoende die PAT betyds te voltooi.
KWARTAAL WERK WAT GEDOEN MOET WORD
Kwartaal 1 Fase 1 Installasie van 'n hoëdrukgeiser
Kwartaal 1 Fase 2 Navorsing, tekeninge en snylys
Kwartaal 2 Fase 2 Saag van plaatmetaal en pype vir staander
Kwartaal 3 Fase 2 Aanmekaarsit van lamp
Leerder se naam en van: ______________________________________________
Tyd toegelaat: 1ste tot 3de kwartaal
3.1 Instruksies aan die leerder
Hierdie praktiese assesseringstaak tel 25% van jou finale promosiepunt.
Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees.
Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
Jy kan elektroniese toerusting gebruik, waar beskikbaar, bv. selfone, kameras en digitale
kameras, om jou vordering te dokumenteer.
Die produk/model mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en
moet altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 6 DBE/PAT 2020
NSS
3.2 Fase 1 Kwartaal 1: Installasie van 'n hoëdrukgeiser
Kwartaal: 1
Tydsduur van fase 1: 4 ure per leerder
Puntetoekenning: 20 punte
Taak: Die DIAGRAM hieronder toon die horisontale installasie van 'n hoëdrukgeiser.
Bestudeer die DIAGRAM en voltooi die installasie van die geiser.
UITLAAT-
WATERAFVOER
3 3
WARM-
WATER-
UITLAAT KOUE
4 5
WATER-
2 INLAAT
ALLE PYPE IS 1
22 mm KOPER OF
GEGALVANISEERDE 6
PYPE
DRUPBAK 50 mm PVC-DREINEERPYPE
TOEBEHORE:
1. Hoëdrukgeiser
2. Temperatuur-en-drukveiligheidsklep met uitlaatpype
3. Vakuumbrekers
4. Drukbeheerklep
5. Afsluitklep
6. Aftapkraan
Instruksies:
Gebruik 'n vooraf gemonteerde hoëdrukgeiser om die pype en nodige toebehore, soos
in die diagram hierbo getoon, te installeer.
LET WEL:
Alle pype moet deur die onderwyser volgens lengte gesaag word voordat die leerders
met die installasie begin.
Die geiser en toebehore hoef nie in 'n werkende toestand te wees nie. Dit kan 'n ou
herwinde geiser wees en die aantal geisers sal afhang van die aantal leerders wat die
taak moet voltooi.
Die drupbak en die dreineerpype sal vooraf geïnstalleer word, gereed om die geiser
daarop te installeer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 7 DBE/PAT 2020
NSS
3.3 Nasienriglyne vir fase 1
INSTALLERING VAN 'N HOËDRUKGEISER
LEERDER SE NAAM EN VAN: ________________________________________________
GOED/ SWAK/GEEN
GEMIDDELD
LEERDER
NR. ASSESSERINGSKRITERIA
PUNT
UITSTEKEND POGING
VERBINDING VAN TOEBEHORE: 8–10 4–7 0–3 LP
1.1 Korrekte koppeling/aansluiting van dreineerkraan
Korrekte koppeling/aansluiting van
1.2
vakuumbrekers
1.3 Korrekte koppeling/aansluiting van afsluitkraan
Korrekte koppeling/aansluiting van temperatuur-
1.4
en drukveiligheidskleppe
1.5 Koppeling/Aansluiting van drukbeheerklep
1.6 Nie-hewel-kringloop korrek geïnstalleer
VERBINDING VAN PYPE: 14–20 7–13 0–6 LP
1.7 Pype korrek geplaas en aanmekaar gesit
TOTALE PUNT UIT 80:
VERWERKTE PUNT UIT 20:
Daar word aanbeveel dat video-opnames en foto's van die leerder geneem word terwyl hy/sy
die taak verrig en elektronies by die skool en op 'n skyf of geheuestokkie gebêre word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 8 DBE/PAT 2020
NSS
3.4 Fase 2: Lessenaarlamp
Kwartaal: 1, 2 en 3
Tydsduur: 20 ure
Taak:
Daar word van jou verwag om 'n lessenaarlamp met 'n lampskerm te ontwerp en te
maak.
Instruksies:
Doen navorsing oor die verskillende ontwerpe van lessenaarlampe met lampskerms.
Die staander met basis moet van koperpyp of gegalvaniseerde pyp of 'n kombinasie van
die twee materiale gemaak word. Die lampskerm moet uit 'n geskikte keëlvormige
veelhoek wat van plaatmetaal gemaak is, bestaan.
Teken (vryhand of met instrumente) ten minste DRIE ontwerpe van 'n lessenaarlamp
met 'n lampskerm.
Verskaf die finale ontwerp met afmetings van die lessenaarlamp met 'n lampskerm wat jy
gaan maak.
Stel 'n skedule op om die stadiums en tydraamwerk vir die maak van die lessenaarlamp
met 'n lampskerm te toon.
Gebruik die volgende spesifikasies:
Die staander met basis moet stabiel genoeg om die gewig van die lampskerm te kan dra.
Gebruik geskikte toebehore om die pype te las.
Die skerm van die lamp moet bestaan uit die ontwikkeling van enige keëlvormige veelhoek.
Die ontwikkeling van die skerm moet 'n oorslaglas hê wat gesoldeer is.
Die ontwikkeling vir die lampskerm moet volgens skaal 1 : 1 geteken word om as 'n
templaat gebruik te word.
Voorsiening moet vir die bedrading van die lig gemaak word .
LET WEL: Bewyse van navorsing, tekeninge template, vorderingstadiums asook die model
self moet vir moderering beskikbaar wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 9 DBE/PAT 2020
NSS
3.5 Nasienriglyne vir fase 2
ASSESSERING VAN DIE LESSENAARLAMP
LEERDER SE NAAM EN VAN: __________________________________________________
GOED/ SWAK/GEEN
GEMIDDELD
ASSESSERINGSKRITERIA: LEERDER
Pas die kriteria aan sodat die basis en staander eerste gemaak
PUNT
UITSTEKEND POGING
word, gevolg deur die lampskerm
BEPLANNING 4–5 2–3 0–1 LP
Bewyse van navorsing, tekeninge en afmetings van die gekose
ontwerp van die basis/staander
Bewyse van navorsing, tekeninge en afmetings van die gekose
ontwerp van die lampskerm
Skedule om die stadiums en tydraamwerk te toon
TOTAAL: 15
VERVAARDIGING VAN STAANDER 8–10 4–7 0–3 LP
Uitlê/afmeet van pype/toebehore vir staander
Verbinding van pype/toebehore van staander met gepaste metodes.
Geen sigbare merke aan pype en toebehore/Geen oortollige
soldeersel aan die pype en toebehore.
TOTAAL: 30
VERVAARDIGING VAN DIE BASIS 4–5 2–3 0–1 LP
Uitlê/Afmeet van pype/toebehore vir basis
Konnekteer van pype/toebehore vir basis met gepaste metodes
Geen sigbare merke op pype en toebehore/Geen oortollige
soldeersel op die pype en toebehore
TOTAAL: 15
TEKENING VAN ONTWIKKELING 12–15 8–11 0–7 LP
Tekening van ontwikkeling van veelhoek vir lampskerm
TOTAAL: 15
MAAK VAN TEMPLAAT EN UITMEET VAN PLAATMETAAL 4–5 2-3 0–1 LP
Maak van templaat vir ontwikkeling van lampskerm
Uitmeet van vorm op plaat metaal deur templaat te gebruik
TOTAAL: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 10 DBE/PAT 2020
NSS
UITSTEKEND GEMIDDELD GEEN POGING
GOED/ SWAK/
ASSESSERINGSKRITERIA
UITSNY VAN VORMS OP PLAATMETAAL 8–10 4–7 0–3 LP
Uitsny van vorms vir die lampskerm (korrekte gebruik van blikskêr
en akkuraatheid)
TOTAAL: 10
VERVAARDIGING/BUIG/VORMING 8–10 4–7 0–3 LP
Korrekte gebruik van buigmasjien/alternatiewe metodes om
oorslaglas en nate te buig
TOTAAL: 10
HEGTING/VERBINDING 8–10 4–7 0–3 LP
Oorslaglas/naatoorslag van lampskerm
Korrekte solderingstegnieke
Akkuraatheid van inlynstelling en plasing van verskillende dele van
die lessenaarlamp tydens aanmekaarsit/verbinding
TOTAAL: 30
AFWERKING 4–5 2–3 0–1 LP
Skoonmaak van lasse en afwerking/verf van finale model
TOTAAL: 5
FINALE PRODUK 4–5 2–3 0–1 LP
Netheid en voorkoms van finale produk
Funksionaliteit (werkbaarheid) van finale produk
TOTAAL: 10
INNOVERENDHEID EN KREATIWITEIT 4–5 2–3 0–1 LP
Die leerder het ekstra kenmerke bygevoeg om die voorkoms en
werkbaarheid van die lessenaarlamp te verbeter
TOTAAL: 5
ALGEMENE ASPEKTE 4–5 2–3 0–1 LP
Nakoming van spertye
TOTAAL: 5
GROOTTOTAAL UIT 160:
VERWERKTE PUNT UIT 80:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste
Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/PAT 2020
NSS
3.6 Saamgestelde puntestaat vir Siviele Dienste
Nr. NAAM VAN LEERDER FASE 1 FASE 2 (MODEL) TOTAAL
MAAK VAN TEMPLAATEN
UITSNY VAN VORMS OP
GEMODEREERDE PUNT GEMODEREERDE PUNT GEMODEREERDE PUNT GEMODEREERDE PUNT
VERVAARDIGING VAN VERVAARDIGING VAN INNOVERENDHEID EN
ALGEMENE ASPEKTE VERWERKTE TOTAAL
VERVAARDIGING/
FINALE PRODUK
UITMEET VAN PLAAT - GROOT TOTAAL
TOTAAL FASE 2
TEKENING VAN
TOTAAL: 20 BEPLANNING STAANDER BASIS PLAAT METAAL VERBINDING AFWERKING KREATIWITEIT
FASE 1 ONTWIKKELING METAAL BUIG/VORMING (F1 + F2)
20 20 20 15 30 15 15 10 10 10 30 5 10 5 5 160 160 80 80 100 100
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
TOTAAL
________________________ __________________
Handtekening van Onderwyser Datum
SKOOLSTEMPEL
________________________ __________________
Handtekening van Moderator Datum
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 12 DBE/PAT 2020
NSS
AFDELING 4
4.1 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak (Wat is die gevolge?)
Die afwesigheid van 'n praktiese assesseringstaak sal hanteer word in ooreenstemming met
die regulasies soos uiteengesit in die Nasionale Beleid oor Protokol vir Assessering Graad
R–12, bladsy 6, hoofstuk, 3 paragraaf 7 en 8.
Die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, hoofstuk 3, paragraaf 8, subartikel (4)
verklaar duidelik dat die afwesigheid van 'n punt vir 'n praktiese assesseringstaak daartoe sal
lei dat die kandidaat wat vir daardie vak geregistreer is, 'n onvolledige uitslag sal ontvang.
4.2 Vereistes vir aanbieding
Die volgende moet deur die kandidaat vir assessering en moderering aangebied word:
Fase 1: Puntestaat met bewyse
Fase 2: Bewys van die beplanning van die model
Fase 2: 'n Voltooide model met puntestaat
Die kandidaat se naam en klas moet duidelik op al die komponente van die PAT aangedui
word
Voltooide verklaring van egtheid met skoolstempel
Die volgende dokument moet deur die onderwyser vir moderering aangebied word:
'n Saamgestelde puntestaat (een saamgestelde puntestaat bestaande uit al die kandidate
se name en punte vir alle fases)
4.3 Aanbevole tydraamwerke vir die voltooiing van die PAT
Kwartaal 1:
Fase 1
Fase 2 (deel 1) (navorsing, sketse, snylys)
Kwartaal 2:
Fase 2 (deel 2) (sny van plaatmetaal en pype vir die staander)
Kwartaal 3:
Fase 2 (deel 3) (aanmekaarsit van lamp)
Die produk/model moet in die werkswinkel vervaardig word onder die onderwyser se
toesig.
Verklaring van egtheid
LET WEL: Die leerders moet aan die begin van kwartaal 1 begin met die model en dit
voltooi teen einde Augustus. Die onderwyser moet die beskikbare bronne
bestuur en goed beplan sodat alle leerders besig is met een of ander deel van
die take deur die jaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 13 DBE/PAT 2020
NSS
4.4 Verklaring van egtheid
NAAM VAN DIE SKOOL: __________________________________________
NAAME VAN LEERDER:__________________________________________
NAAM VAN ONDERWYSER:_______________________________________
SKOOLSTEMPEL
Ek verklaar hiermee dat die praktiese assesseringstaak wat ek vir assessering voorlê
my eie, oorspronklike werk is en dat dit nog nie voorheen vir moderering voorgelê is
nie.
HANDTEKENING VAN LEERDER DATUM (INGELEWER)
Sover ek weet, is die verklaring deur die kandidaat hierbo eg en ek aanvaar dat die werk
voorgelê sy of haar eie is.
HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM (INGELEWER)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Siviele Dienste 14 DBE/PAT 2020
NSS
AFDELING 5
5. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip
van die bedryf te toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasie vermoëns te versterk,
sowel as verbintenisse tot lewe buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die werklike
wêreld aan te spreek. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle
die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Civil Technology.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20(English%20and%20Afrikaans)%20June%202025%20Question%20Paper--c8edd459-5237-48e0-8588-69d7ecd7f8e5/v1-be996aaed91bf782e098/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Question Paper (Afr)
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
%20Afr--05a95faf-5891-4d88-9e5e-7d13c1d21648/v1-f5ca67113376f7457b83/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Question Paper

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20Afr--eefaae29-fe93-4b75-8223-87bf4f3fc14c/v1-3553acfa446acbaa2a45/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC Question Paper
Related documents

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afrikaans)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Civil Technology
%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 November 2024 NSC MG Question Paper
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20Afr_hlayiso.com_--f6f7ac38-fb55-4d61-bc66-5441e4cbcee0/v1-b3313a875de5f3475dc0/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Question Paper
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Question paper