Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
NOVEMBER 2016
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all




Computer Application Technology P2 Nov 2016 Afr_hlayiso.com_.pdf
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 17
- File size
- 438.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 2 DBE/November 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit:
AFDELING A (25 punte)
AFDELING B (75 punte)
AFDELING C (50 punte)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. MOENIE in die regterkantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.
7. Daar word gewoonlik 'n punt per feit toegeken. Dus sal 'n 2 punt-vraag TWEE
feite vereis, ensovoorts.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 3 DBE/November 2016
NSS
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
die vraagnommer (1.1–1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) oor die
letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
VOORBEELD:
1.1.11 A B C D
1.1 'n Lêer wat op 'n hardeskyf uitgevee ('delete') is, kan uit die … herstel word.
A taakbalk ('taskbar')
B herwinningsdrom ('Recycle Bin')
C 'My Documents'-lêergids
D toep('Apps')-lêergids (1)
1.2 Watter EEN van die volgende lêers sal die waarskynlikste direk in die 'Paint'-
program oopmaak indien dit gedubbelklik word?
A Agenda.tiff
B Data.mpeg
C Grafiek.xlsx
D Prent.mp3 (1)
1.3 Die 'Snipping Tool'-hulpprogram ('accessory') word gebruik om …
A die resolusie van foto's te verlaag.
B lêers saam te pers.
C skermkopieë te maak.
D lêers tussen lêergidse rond te skuif. (1)
1.4 Wat dui die 'regmerkie'-simbool by drukkerikoon 1 aan?
1 2 3 4
A Die drukker se drywers is opgedateer.
B Dit is die verstekdrukker ('default printer').
C Dit is 'n multifunksie('multifunction')-drukker.
D Die drukkersagteware is vir virusse nagegaan. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 4 DBE/November 2016
NSS
1.5 Watter maatskappy vervaardig bedryfstelsels soos Jelly Bean, KitKat en
Lollipop?
A Apple
B Google
C Microsoft
D Avast (1)
1.6 Wat beteken dit as die aanwyser/ikoon hieronder op die skerm verskyn?
A Die luidsprekers is ontkoppel.
B Die mikrofoonkonneksie is gedeaktiveer.
C Die toeganklikheidseienskappe ('accessibility features') vir gestremde
gebruikers is geaktiveer.
D Die klank is gedemp ('mute') of 'geblok'. (1)
1.7 Die beste manier om 'n baie groot lêer met baie gebruikers oor die Internet te
deel, is 'n ...
A USB-flitsskyf ('flash drive').
B e-posaanhegsel ('attachment')
C wolkbergingsfasiliteit.
D faksmasjien. (1)
1.8 Watter EEN van die volgende velde in 'n databasistabel, wat rekords van
hoërskoolleerders stoor, is die mees gepaste veld waarop 'n bestekwaarde
('default value') gestel kan word?
A Huistaal
B Van
C Adres
D Telefoonnommer (1)
1.9 Watter EEN van die volgende is die waarskynlikste rede waarom dit nodig
mag wees om absolute adressering ('absolute addressing') in 'n sigblad te
gebruik?
A Wanneer 'n grafiek in 'n aparte werkblad geskep word
B Wanneer die spesialeplak('paste special')-opsie gebruik word
C Wanneer enige datum- of tydfunksie gebruik word
D Wanneer 'n formule of funksie na ander selle gekopieer word (1)
1.10 Watter EEN van die volgende verwys na 'n metode of tegniek wat gebruik kan
word om foutopsporing ('troubleshooting') van sagteware- en hardeware-
probleme op 'n rekenaar te doen?
A Veilige modus ('safe mode')
B Hibernasie ('hibernation')
C Inprop-en-speel ('plug-and-play')
D Rugsteun ('backup') (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 5 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 2: PASITEMS
Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–S) langs die vraagnommer (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 2.11 T.
KOLOM A KOLOM B
2.1 'n Voorbeeld van 'n gewilde, gratis, aanlyn A nutsprogramme ('utilities')
kantoorpakket
B BPM ('PPM')
2.2 'n Funksie wat as alternatief gebruik kan
word vir die 'RIGHT'- en/of 'LEFT'- C uitvissing ('phishing')
sigbladfunksie
D Google Docs
2.3 Die algemene sagtewareklas waaronder
Trojane en wurms val E kommentaar
2.4 'n Webtuiste wat 'n persoon se lewe, opinies F kuberafknouery
en belangstellings in die vorm van video's ('cyberbullying')
dokumenteer
G ETG ('RAM')
2.5 'n Woordverwerkingseienskap ('word
processing feature') wat elke gebruiker se H SPD ('DPI')
bydraes of veranderinge aan die inhoud van
'n gedeelde ('shared') dokument toon I opsoekgidsprogram
('lookup wizard')
2.6 'n Toestel wat gebruik kan word om data
permanent te stoor J Google Chrome
2.7 'n Moontlike maatskaplike probleem wat met K stroming ('streaming')
sosialenetwerk-webtuistes geassosieer
word L tussentydse databuffering
('spooling')
2.8 Die proses waar gebruikers herlei word na
'n ander webtuiste as die een waarvan hulle M LEN
die adres in die webblaaier ingesleutel het
N veranderingspoor
2.9 Die eenheid waarin die gehalte van ('track changes')
drukwerk gemeet word
O VTA ('SSD')
2.10 'n Databasis-ontwerpeienskap ('design
feature') wat 'n lys opsies skep waaruit die P vlog
gebruiker kan kies wanneer data in 'n veld
ingevoer word Q skimkaping ('pharming')
R kwaadwillige sagteware
('malware')
S MID
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 6 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die antwoord en skryf
'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woord(e) om
die stelling WAAR te maak. (Jy mag nie maar net die woord 'NIE' gebruik om die
stelling te verander nie. GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR
neergeskryf word NIE.)
VOORBEELDE:
VRAAG ANTWOORD
Google is die wêreld se gewildste soekenjin. Waar
'n NKK ('NIC') het gleuwe vir hardeware-
Onwaar – moederbord
komponente soos die SVE ('CPU').
3.1 Die inhoud van HTML-merkers kan kabelloos ('wireless') gelees word en word
gereeld in langafstandfietswedrenne en -padwedlope gebruik waartydens die
merkers deur deelnemers gedra word. (1)
3.2 'n Blog is 'n area in 'n plek soos 'n kafee, hotel of lughawe waar mense met
toestelle wat Wi-Fi-geaktiveerd is, aan die Internet kan koppel. (1)
3.3 'n Hiperskakel kan gebruik word om op webblaaie en webtuistes te navigeer. (1)
3.4 GoPro is 'n vervaardiger van drabare aksiekameras wat gereeld gebruik word
om die aksie in sport af te neem. (1)
3.5 Plagiaat verwys na die wetlike regte van die gebruiker of skepper ten opsigte
van die gebruik en verspreiding van sy/haar eie werk. (1)
[5]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 7 DBE/November 2016
NSS
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 Aan watter tipe of kategorie toepassingsagteware behoort Microsoft Edge
en Mozilla Firefox? (1)
4.2 Gee TWEE redes waarom jy die hardeware van jou rekenaar sou wou of moet
opgradeer, behalwe wanneer hardeware onklaar raak. (2)
4.3 Noem TWEE maniere waarop 'n gebruiker sagteware op 'n rekenaar wat nie
'n optiese aandrywer het nie, kan installeer. (2)
4.4 Gee TWEE moontlike nadele daarvan om na 'n nuwer weergawe van
'n kantoorpakket op te gradeer, behalwe vir enige addisionele koste betrokke. (2)
4.5 Gee TWEE voordele daarvan om 'HDMI'-tegnologie in plaas van
'VGA'-tegnologie te gebruik. (2)
4.6 Noem TWEE waardevolle tipes inligting wat 'POS'(verkooppunt)('point-of-
sale')-stelsels aan winkeleienaars verskaf. (2)
4.7 'n Karakter het herhaaldelik, sonder toevoer vanaf die gebruiker, in 'n
dokument begin verskyn.
Stel TWEE maniere voor waarop hierdie probleem opgelos kan word. (2)
4.8 Gee die sleutelbordkortpad-sleutelkombinasies (byvoorbeeld CTRL+F1) vir elk
van die volgende take:
4.8.1 Selekteer al die teks in 'n dokument. (1)
4.8.2 Beweeg na die 'vorige' kontrole (die een voor die een wat jy tans
besigtig) op 'n vorm. (1)
4.9 Wanneer jy 'n rekenaar opstel, word jy gereeld aangeraai om 'n nuwe rekening
('account') te skep en te gebruik en nie die verstek('default')-'Administrator'-
rekening nie, behalwe wanneer dit spesifiek vereis word.
Gee TWEE redes waarom dit goeie praktyk is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 8 DBE/November 2016
NSS
4.10 'n Vriend het baie vinnig die volgende spesifikasies van 'n rekenaar wat hy
in 'n advertensie gesien het, neergeskryf en dit aan jou gestuur:
• Intel Core i5 1.7 MHz
• 4 GG ('GB') ETG ('RAM')
• 1.56"
• Windows 9 (64 bis)
• 500 GG ('GB') HDD
• USB 3.0
• Bluetooth 4.0
Identifiseer die spesifikasies wat definitief VERKEERD is deur te motiveer wat
met elkeen fout is. Jy mag die korrekte spesifikasies as deel van jou
motivering gee.
LET WEL: Geen punte sal toegeken word indien slegs die verkeerde
spesifikasies sonder 'n gepaste motivering neergeskryf word nie. (2)
4.11 'n Vriend was besig om 'n lêer te probeer oopmaak toe 'n boodskap verskyn
wat voorstel dat hy 'n toep in die winkel soek ('Look for an app in the Store').
Verduidelik wat 'n toepwinkel ('app store') is en hoekom dit in hierdie konteks
gebruik sal word. (2)
4.12 Gee TWEE redes waarom dit nodig is om 'n bedryfstelsel opgedateer te hou. (2)
4.13 Noem TWEE maniere waarop 'n virusinfeksie voorkom kan word, behalwe die
opdatering van geïnstalleerde antivirussagteware. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 9 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 As wat staan die '802.11'-kommunikasietegnologie of -standaard beter bekend? (1)
5.2 Verduidelik wat die algemene funksie van 'n netskans ('firewall') is. (2)
5.3 Noem TWEE Internettegnologieë wat gebruik kan word om 'n maatskappy se
maandelikse telefoonrekening te verlaag. (2)
5.4 Gee TWEE voordele vir 'n gebruiker wanneer 'n toep ('app') op 'n foon in plaas
van 'n webblaaier gebruik word om toegang tot 'n bank se webwerf of
Facebook te kry. (2)
5.5 Verduidelik kortliks wat lêersinchronisering ('file synching'/'file sinchronisation')
is en hoekom dit so nuttig is. (2)
5.6 Noem TWEE maniere waarop webtuistes of Internetdienste jou toelaat om
weer toegang tot jou bestaande rekening te kry indien jy jou wagwoord verloor
het. (2)
5.7 Stel TWEE realistiese maniere voor waarop jy kan verseker dat die datalimiet
('cap') van jou Internet die hele maand hou, sonder dat jy die hoeveelheid tyd
verminder wat jy op die Internet spandeer. (2)
5.8 Die boekmerke/gunstelinge ('bookmarks'/'favourites') en geskiedenis('history')-
eienskappe op webblaaiers kan gebruik word om 'n webtuiste te vind wat
voorheen besoek is.
Gee TWEE redes waarom dit beter mag wees om die boekmerke/gunstelinge
('bookmarks'/'favourites')-eienskap te gebruik om 'n webtuiste te 'onthou' wat
voorheen besoek is, in plaas daarvan om die geskiedenis('history')-funksie te
gebruik. (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 10 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR
6.1 Die volgende item het in 'n vraelys verskyn:
Vul asseblief u geboortedatum in:
Gee TWEE kritiese opmerkings oor die uitleg en formaat van hierdie item
in die vraelys. (2)
6.2 Wat word gewoonlik deur 'n asterisk ('*')-karakter aangedui op die etiket
('label') van 'n vorm waar jy data moet invoer (byvoorbeeld Name * of
Address *)? (1)
6.3 'n Aanlynopname met die volgende 'URL' is geskep:
www.myforms/mydocuments/dp/B003FSUDM4/3Mdp/Y27P3M/survey.html
Verduidelik waarom jy 'n 'URL'-verkortingsdiens soos TinyURL sal gebruik en
noem die hoofvoordeel van die gebruik van so 'n diens. (2)
6.4 Wanneer is 'n aanlynopname miskien NIE die beste opsie NIE indien die
teikengroep (die mense wat die opname moet beantwoord) in gedagte gehou
word? (1)
6.5 Gee TWEE moontlike voordele van die gebruik van navrae ('queries') in plaas
van filters in 'n databasis. (2)
6.6 Noem EEN motivering vir die insluiting van 'n vraag oor 'n respondent se
geslag by 'n vraelys oor sosiale media. (1)
6.7 Een van die kriteria wat gebruik word om die gehalte van inligting op
'n webtuiste na te gaan, is om te kyk na die datum waarop dit gepubliseer
of laas opgedateer is.
Beskryf kortliks EEN situasie waar hierdie kriterium NIE 'n belangrike faktor
sal wees NIE. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 11 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Verduidelik kortliks hoe 'n webblad of diens soos Kickstarter.com werk om
finansieel vir entrepreneurs of nuwe maatskappye voordelig te wees. (2)
7.2 Die geo-etikettering('geo-tagging')-funksie van moderne kameras is nuttig vir
vakansiegangers en toeriste.
Verduidelik wat hierdie stelling beteken deur te verduidelik wat
geo-etikettering ('geo-tagging') is. (2)
7.3 Noem TWEE algemene drukopsies wat in die meeste programme voorsien
word, wat gebruik kan word om groen rekenarisering te bevorder. (2)
7.4 Rekenaars kan op 'n afstand ('remotely') deur misdadigers beheer word.
7.4.1 Wat is die algemene naam vir 'n groep rekenaars wat oorgeneem
is en op 'n afstand deur misdadigers beheer word? (1)
7.4.2 Gee EEN voorbeeld van 'n kriminele of kwaadwillige taak wat
hierdie groepe rekenaars kan uitvoer. (1)
7.5 Gee TWEE moontlike nadele van e-leer ('e-learning') wanneer dit vergelyk
word met die tradisionele klaskamerbenadering, behalwe vir enige
kostefaktore. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 12 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING
8.1 Gee 'n algemene naam vir 'n HTML-element soos '<h1>' of '</b>'. (1)
8.2 Verduidelik hoekom webblaaie verkieslik NIE in 'TXT'-formaat gestoor moet
word NIE. (1)
8.3 Verduidelik waarom die kode vir die volgende HTML horisontale lyn NIE die
lyn se wydte outomaties vir verskillende skermgroottes sal aanpas nie:
<hr width="600"> (1)
8.4 Verduidelik die verskil tussen selspasiëring ('cell spacing') en selafwerking
('cell padding') in tabelle in woordverwerkingsdokumente en HTML-blaaie. (2)
8.5 Verduidelik wat die verskil in die resultaat sal wees indien die AVG-funksie in
'n groeponderskrif ('group footer') in plaas van die verslagonderskrif ('report
footer') in 'n databasisverslag gebruik sou word. (2)
8.6 Wat is die doel of funksie van 'n saamvoegveld ('merge field') in 'n
possaamvoegdokument? (1)
8.7 Verduidelik wat valideringsteks ('validation text') in die konteks van 'n
databasistabel is. (2)
8.8 'n Franse frase ('De meilleures compétences') is in 'n woordverwerkings-
dokument ingesleutel.
8.8.1 Hoe sal jy die 'é'-karakter insleutel of invoeg indien dit NIE op die
sleutelbord verskyn NIE? (1)
8.8.2 Noem TWEE maniere waarop jy kan voorkom dat die Franse frase
as 'n spel- of taalfout aangedui word. (2)
8.9 Die volgende funksie is in 'n sigblad gebruik:
=COUNTIF(A4:A7,"A*")
Verduidelik die funksie of doel van die asterisk ('*') in die funksie deur te
verduidelik wat die funksie sal doen (met ander woorde, wat die 'antwoord' sal
verteenwoordig). (2)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 13 DBE/November 2016
NSS
AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO'S
VRAAG 9
'n Nuwe hospitaal is onlangs in jou buurt gebou. Die hospitaal gaan 'n verskeidenheid
tegnologieë gebruik om dienslewering te verbeter en om meer effektief te funksioneer.
9.1 Dokters sal slimfone of tabletrekenaars gebruik om inligting aan te teken
wanneer hulle pasiënte besoek. Al die inligting sal sentraal op 'n bediener
gestoor word.
9.1.1 Noem TWEE voordele daarvan om hierdie vorderingsverslae
elektronies beskikbaar te hê, in plaas daarvan om handgeskrewe
verslae te gebruik. (2)
9.1.2 Noem TWEE maniere waarop rekords direk vanaf die slimfone of
tabletrekenaars oorgedra en op die bediener gestoor kan word,
selfs wanneer die netwerk nie werk nie. (2)
9.2 Apteekrekords sal vanuit sigbladlêers na 'n sentrale databasis ingevoer
('import') word.
9.2.1 Wat is die algemene doel of gebruik van 'n invoerfunksie? (1)
9.2.2 'n Gidsprogram ('wizard') word gebruik om die gebruiker deur die
invoerproses te help. Verduidelik kortliks wat 'n gidsprogram
('wizard') in hierdie konteks is. (2)
9.2.3 Die invoergidsprogram ('import wizard') vertoon die volgende
opsies:
• Import
• Append
• Link
Verduidelik wat die 'append'-opsie jou toelaat om te doen. (1)
9.3 Die personeel is gevra om die pad ('path') as 'n veld by te voeg in al die
dokumente wat hulle op die bediener stoor.
9.3.1 Wat is 'n pad ('path') in hierdie konteks? (1)
9.3.2 Verduidelik die voordeel daarvan om die pad by te voeg in al die
dokumente wat op die bediener gestoor word. (1)
9.3.3 Hoekom is dit belangrik om die pad as 'n veld by te voeg? (1)
9.4 Die hospitaalpersoneel sal die Internet en e-pos vir kommunikasie gebruik.
9.4.1 Stel TWEE riglyne voor wat die hospitaalpersoneel kan volg sodat
hulle NIE slagoffers van uitvissing ('phishing') word NIE. (2)
9.4.2 Baie personeellede het 'n Gmail-e-posrekening met willekeurige
syfers in die adres, byvoorbeeld JohnSmith999@gmail.com
of XolaM1024@gmail.com.
Hoekom, dink jy, het soveel van die personeel syfers in hulle
e-posadresse? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 14 DBE/November 2016
NSS
9.5 Die hospitaalbestuur wil 'n administrasie-sagtewarepakket aankoop.
9.5.1 Die sagteware-ontwikkelaars het vir die hospitaal 'n proef('trial')-
weergawe van 'n program gestuur.
Wat is die algemene naam wat gebruik word om sagteware te
beskryf wat vir 'n proeftydperk gebruik kan word? (1)
9.5.2 Gee TWEE voordele daarvan om 'n proefweergawe van sagteware
te gebruik voordat die volle weergawe geïnstalleer word. (2)
9.5.3 Die pakket voorsien 'n aantal template soos fakture,
memorandums en agendas vir besighede.
Verduidelik kortliks wat 'n templaat is, asook hoe 'n mens dit sal
gebruik. (2)
9.6 Die hospitaal oorweeg 'n BJET('BYOD')(bring jou eie toestel)-beleid wat
personeel sal toelaat om hulle eie draagbare toestelle, soos slimfone,
skootrekenaars en fablette ('phablets') saam te bring om op te werk en om
toegang tot die hospitaal se netwerk te verkry.
9.6.1 Beskryf kortliks DRIE van die grootste moontlike tegniese
probleme wat die hospitaal kan ondervind met die implementering
van hulle BJET('BYOD')-beleid.
Moenie enige kosteverwante faktore by jou antwoord insluit nie. (3)
9.6.2 'n Instaanbediener ('proxy server') word ook vir toegang tot die
Internet benodig.
Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n instaanbediener,
behalwe om eenvoudig Internettoegang te voorsien. (2)
[24]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 15 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 10
Jy en jou mede-RTT-leerders gaan jou RTT-onderwyser help om klasse aan te bied vir
ouers wat wil leer hoe om sigblaaie of databasisse te gebruik.
10.1 Ouers sal vir die klasse registreer deur 'n e-pos na die RTT-onderwyser te
stuur met die woord 'SIGBLAAIE' of 'DATABASISSE' in die onderwerpreël
('subject line').
10.1.1 Watter funksie van e-possagteware kan gebruik word om die
e-posse outomaties volgens die kursus waarvoor hulle ingeskryf
het, te groepeer of te skei? (1)
10.1.2 Die onderwyser het opgemerk dat hy party e-posse nie ontvang het
nie, al is dit suksesvol deur die ouers gestuur.
Wat kon met hierdie e-posse gebeur het? (1)
10.2 'n YouTube-video wat 'n inleiding tot sigblaaie gee, is afgelaai, maar jy kan
nie onthou wat die video se naam is of waar dit op jou hardeskyf is nie.
Gee TWEE eienskappe/soekfilters wat jy kan gebruik om na die lêer te soek
deur die soekfasiliteit van jou bedryfstelsel te gebruik.
Verduidelik kortliks hoekom jy elkeen van dié eienskappe/filters sal gebruik. (2)
10.3 Rugsteunkopieë van die toetsrekords van die kursus sal gereeld na die wolk
('cloud') gemaak word.
Stel TWEE maniere voor waarop die skool kan verseker dat data wat na die
wolk gerugsteun word, veilig is. (2)
10.4 Die rekenaars wat vir die kursus gebruik word, is met VTA's ('SSDs')
toegerus. Een van die VTA's ('SSDs') word nie deur 'n rekenaar opgespoor
nie.
Bespreek TWEE moontlike maniere waarop die probleem gevind en opgelos
kan word. (2)
10.5 Die RTT-onderwyser sal 'n blog met 'n RSS-voer ('RSS feed') gebruik om
ouers buite klastyd te help.
10.5.1 Noem TWEE riglyne vir die skep en instandhouding van 'n
suksesvolle blog, buiten die toevoeging van 'n RSS-voer
('RSS feed'). (2)
10.5.2 Verduidelik wat 'n RSS-voer ('RSS feed') is en hoekom dit vir 'n
gebruiker tyd spaar. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 16 DBE/November 2016
NSS
10.6 Die onderwyser wil QR-kodes (soos die een wat hier getoon
word) gebruik om inligting met die ouers te deel oor die kursus en
die webtuiste wat vir die kursus gebruik gaan word.
Gee TWEE moontlike nadele van die gebruik van QR-kodes in hierdie
konteks. (2)
10.7 Die volgende vrae is opgestel om die ouers se kennis aan die einde van die
kursus te toets:
10.7.1 'n Sigbladgrafiek is as 'n geskakelde objek ('linked object') in 'n
woordverwerkingsdokument geplak, maar na 'n ruk het die grafiek
nie meer reg vertoon nie.
Stel TWEE maniere voor om hierdie probleem op te los. (2)
10.7.2 Beskou die uittreksel hieronder van 'n sigblad wat toets of die
ID-nommers (kolom A) die korrekte getal karakters (13) bevat:
A B
1 ID Korrek
2 9802045081086 J
3 980112003081 N
4 97122500900801 N
Watter TWEE sigbladfunksies sal in die formules in sel B2:B4
gebruik word om die afvoer te kry wat in hierdie selle vertoon
word? (2)
10.7.3 Beskou die sigblad hieronder, wat elke werknemer se bonus
bereken, gebaseer op die getal items verkoop en die jare wat die
persoon gewerk het.
A B C
1 Getal items Jare
verkoop gewerk Bonus
2 100 5 R1 000.00
3 150 1 R0.00
4 200 4 R0.00
Die volgende geneste-IF('nested IF')-funksie is in sel C2 gebruik
om die bonus te bereken:
=IF(A2<100,0,IF(B2>=5,10*A2,0))
Beskryf watter TWEE kriteria gebruik word om te bepaal of die
werknemer 'n bonus kry sonder om in jou antwoord direk na die
funksie te verwys. (2)
10.7.4 Watter uitwerking sal die byvoeging van die kriterium 'Is Null' op 'n
veld hê wanneer 'n databasisnavraag laat loop word? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 17 DBE/November 2016
NSS
10.8 Een van die ouers telependel ('telecommutes') (met ander woorde, hy werk
van die huis af, in plaas daarvan om by die werkplek teenwoordig te wees).
10.8.1 Gee TWEE algemene voordele van telependel of telewerk
('teleworking') vir die werknemer. (2)
10.8.2 Noem TWEE algemene Internettegnologieë of webnutsmiddels
('web tools') wat dit vir hom kan moontlik maak om steeds aan die
klasse deel te neem, selfs al kan hy dit nie fisies bywoon nie. (2)
10.9 Gee EEN voordeel daarvan dat die RTT-onderwyser 'n dataprojektor in plaas
van 'n grootskerm-TV-stel gebruik om die kursus aan te bied, buiten enige
kostefaktore. (1)
[26]
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
CAT P2 GR12 QP September 2025 ENG_watermark.pdf

Question paper
CAT P1 QP GR12 SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
CAT P1 QP GR12 SEPT 2024_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Computer Applications Technology P1 Nov 2024 Afr.pdf

Question paper
Computer Applications Technology P1 Nov 2024 MG Afr.pdf
Question paper
Computer Applications Technology P2 May-June 2023 Afr_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Memorandum
Computer Application Technology P2 Nov 2016 Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Computer Applications Technology P2 Nov 2022 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Computer Application Technology P2 Nov 2021 MG Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Computer Application Technology P2 Nov 2021 MG Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Computer Application Technology P2 Nov 2019 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Computer Application Technology P2 Nov 2017 Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Computer Applications Technology
Explore more published documents in this catalogue.

Memorandum
CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2025 ENG_watermark.pdf

Memorandum
CAT P2 GR12 MEMO September 2025 - AFR_watermark.pdf

Memorandum
Computer Applications Technology P1 May-June 2025 MG Eng.pdf

Memorandum
CAT P1 MEMO GR12 SEPT 2024_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Computer Applications Technology P2 May-June 2023 MG Afr_hlayiso.com_.pdf
Memorandum