Downloaded from hlayiso.com
ONTWERP
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
2017
Hierdie riglyne bestaan uit 21 bladsye en 2 bylaes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 




--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--1824f556-8e5a-4311-a91a-40026085eb29/v1-fe44b365f35bbfe4ef99/card.webp)





View all





Design PAT GR 12 2017 Afr
Grade 12 Design practical assessment task from the 2017 (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download.
Design · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Practical assessment task, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Design
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2017
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 3.5 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 25
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 2 DBE/PAT 2017
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 3
2.1 Administrasie van die PAT'e 3
2.2 Assessering van PAT'e 12
2.3 Moderering van PAT'e 14
2.4 Verklaring van egtheid 16
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 16
3.1 Instruksies vir die leerder 16
3.2 Take 16
3.3 Assessering/Modereringsrubrieke/-instrumente 20
3.4 Vereistes vir voorlegging/aanbieding 20
3.5 Tydraamwerke 20
3.6 Afwesigheid/Take nie ingelewer nie 20
3.7 Verklaring van egtheid 20
4. BRONNELYS 21
5. GEVOLGTREKKING 21
BYLAE A: Verklaring van egtheid
BYLAE B: Rubriek vir die Terugskouende Uitstalling
AKRONIEME
KABV Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring
VOO Verdere Onderwys en Opleiding
NKV Nasionale Kurrikulumverklaring
NSS Nasionale Senior Sertifikaat
PAT Praktiese assesseringstaak
AP Assesseringprogram
SGA Skoolgebaseerde assessering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 3 DBE/PAT 2017
NSS
1. INLEIDING
Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie
vakke is:
• LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landbou-
tegnologie
• KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek,
Visuele Kunste
• WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtings-
tegnologie
• DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
• TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie,
Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en
ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese
komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde
van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar
geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite
afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid
om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit
maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n
geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is
dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese
assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat
leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en
uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Die PAT'e vir Ontwerp sal in 'n
versameling samehangende werke uitgestal word wat in die konteks van 'n
uitstallingsomgewing beskou word. Hierdie Retrospektiewe Uitstalling
weerspieël dus die finale PAT-assessering van elke leerder in die land.
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
2.1 Administrasie van die PAT'e
• Ontwerp-onderwysers sal hul eie praktiese assesseringstake opstel.
Die kreatiewe aard van Ontwerp moedig onderwysers aan om temas
relevant tot hul spesifieke konteks te ontwikkel. Hierdie temas sal dan
spesifieke opdragte bepaal wat die leerders vir elke PAT moet voltooi.
• Onderwysers moet DRIE afsonderlike praktiese assesseringstake
ontwerp wat gedurende die akademiese jaar (kwartaal 1 tot 3) gedoen
sal word. In kwartaal 3 dien die proefeksamen- prakties as taak.
• Elke taak moet beide Onderwerp 1 (proses) en Onderwerp 2 (die maak
van die produk) insluit.
• Punte vir elke PAT behoort soos volg toegeken te word:
Onderwerp 1: Die proses (50 punte)
Onderwerp 2: Die produk (50 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 4 DBE/PAT 2017
NSS
• Die kies van temas vir die PAT'e:
Onderwysers moet temas kies om hul opdragte te lei (bv. indien
die tema ' 'n Beter Lewe' is, kan 'n opdrag fokus op die vind van 'n
verskeidenheid oplossings om lewenstandaard te verbeter).
Leerders kan hulle eie temas ontwikkel en/of hulle uit die
goedgekeurde handboeke kies.
Onderwysers kan op 'n breë tema vir die jaar se praktiese werk
besluit en dit dan onderverdeel in spesifieke opdragte, een per
kwartaal. Dit sal 'n meer samehangende werkstuk in die
retrospektiewe uitstalling tot gevolg hê.
• Die onderwyser moet seker maak dat ten minste 60% van elke PAT in
die klas onder sy/haar toesig gedoen word aangesien die onderwyser
die werk as die leerder se eie moet verifieer. As die onderwyser nie die
werk kan verifieer nie, behoort dit NIE nagesien te word NIE.
• Die PAT'e behoort in ooreenstemming met die konteks van die skool
opgestel te word. Onderwysers moet spesifieke instruksies in die
opdrag gee wat die vereistes van die PAT duidelik uiteensit.
Alle PAT'e moet gelyktydig saam met die kwartaal se voorgeskrewe
'Ontwerp in 'n Besigheidskonteks'-navorsingsmodules plaasvind
(kwartaal 1 en 2).
Opsomming van die jaar se praktiese take:
KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4
PAT 1 PAT 2 PRAKTIESE RETROSPEKTIEWE UITSTALLING:
PROEFEKSAMEN • PAT'e 1 en 2
• Proefeksamen – prakties
• EEN beste graad 11-werk
• TWEE Besigheidskonteks-
navorsingsmodules*
EN
VRAESTEL 2 (FINALE PRAKTIESE
EKSAMEN)
*KWARTAAL 1: Ontwerp in 'n besigheidskonteks as deel van Onderwerp 1
Die klem in die eerste kwartaal val op 'n basiese begrip van die bemarking van
ontwerpprodukte gemik op 'n spesifieke teikenmark, deur verpakking en reklame as
bemarkingsinstrumente te gebruik.
*KWARTAAL 2: Ontwerp in 'n besigheidskonteks as deel van Onderwerp 1
Die klem in die tweede kwartaal val op loopbaangeleenthede binne die
ontwerpdissipline: Verskeidenheid, omvang, opleiding benodig en opleiding beskikbaar
en hoe om vir 'n werk/pos aansoek te doen.
Doen navorsing oor of bestudeer enige EEN bekroonde Suid-Afrikaanse
ontwerper/ontwerpagentskap/ontwerpdirekteur. Dit sal voordelig wees as dit met die
loopbaandissipline wat nagevors is, verband hou.
Beide die navorsingstake hierbo moet in die vorm van 'n omvattende en formeel
gestruktureerde opdrag of aktiwiteit wees wat bewys toon van deeglike en
samehangende beplannings- en verwysingsvaardighede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 5 DBE/PAT 2017
NSS
RETROSPEKTIEWE UITSTALLING
Hierdie uitstalling toon wesenlike bewys van die leerder se ontwerpvaardighede en
kennis wat vir 'n ruk lank ontwikkel het. Dit toon die leerder se praktiese
ontwerpsontwikkeling in die voorlê/aanbied van 'n versameling samehangende werke
soos in 'n retrospektiewe uitstalling gesien.
Die uitstalling is soortgelyk aan 'n ontwerper se voorlegging van sy/haar werk aan
toekomstige kliënte. Hierdie uitstalling moet dus goed beplan word ten opsigte van
konsep en voorlegging/aanbieding. Die Retrospektiewe Uitstalling vertoon verdere
ontwikkeling van die PAT'e in 'n versameling samehangende werke wat in die konteks
van die uitstallingomgewing beskou word.
'n Voorbeeld van 'n retrospektiewe-uitstalling-assesseringsrubriek is op bladsy 14
verskaf.
Die tabel hieronder is 'n kontrolelys vir die inhoud van PAT 1 en PAT 2:
ONDERWERP 1:
PUNTE
ONTWERPPROSES BESKRYWING
(50)
(bronboek)
Uitdrukking van voorneme Hou 'n dinkskrum of maak 'n breinkaart van
en rasionaal/konsep idees om die tema en die doel van die
opdrag te verken. Ontwikkel 'n konsep. 'n 10
Rasionaal moet verskaf word om die
ontwerpoplossing gevind, te bevestig.
Bewyse van navorsing, Doen navorsing oor die opdrag en vind
eksperimentering en relevante bronmateriaal (visuele
besinning/nabetragting verwysings). Toon bewyse van navorsing
deur 'n paar miniatuursketse van idees te
maak. Ontwerp 'n paar verskillende
10
oplossings wat die opdrag verken. Bewyse
van eksperimentering, bv. 'n stemmingsbord
moet sigbaar wees. Verkenning van
verskillende materiale en tegnieke moet
aangemoedig te word.
Bewyse van gedetailleerde Beplanningstekeninge moet 'n verskeiden-
beplanning, teken- heid oplossings vir die opdrag (verskillende
vaardighede en tegnieke en materiale) verken. Bewyse van
10
voorlegging/aanbieding tekenvaardigheidsontwikkeling moet duidelik
wees. Hierdie proses moet kreatief
aangebied word.
Bewyse van finale Toon bewyse van die finale ontwerp-
tekening/collage/maket wat oplossing in die vorm van gedetailleerde,
10
met die finale konsep geannoteerde tekeninge/collages/
verband hou makette/prototipes, ens.
Navorsing: Ontwerp in PAT 1: Basiese begrip van die bemarking
'n besigheidskonteks van ontwerpprodukte op 'n spesifieke
teikenmark gemik deur die gebruik van
verpakking en advertensies as
10
bemarkingsinstrumente.
PAT 2: Loopbaangeleenthede in die
ontwerpdissipline: Verskeidenheid, omvang,
opleiding benodig en opleiding beskikbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 6 DBE/PAT 2017
NSS
ONDERWERP 2: BESKRYWING PUNTE
ONTWERPPRODUK (50)
Kreatiwiteit/Oorspronklik- Is die werk uniek, oorspronklik en relevant
heid/Interpretasie tot die opdrag? 10
(Vertolking)
Bewyse van ontwerp- Algehele indruk. Hoe is die elemente en
betrokkenheid beginsels gebruik om 'n unieke 10
ontwerpoplossing te skep?
Tegniek/Vakmanskap/ Is die finale produk tegnies bevoeg? Is die
10
Metode vakmanskap voldoende en professioneel?
Tydsbestuur Bewyse van en benutting van beskikbare tyd
om die produk te voltooi. Toon die
10
ontwerpproduk regmatige betrokkenheid in
die maak van die ontwerpproduk?
Professionele aanbieding en Vervul die produk sy funksie? Word die
funksionaliteit produk professioneel en netjies aangebied?
10
Hou die produkoplossing verband met die
opdrag?
Sperdatum(s) moet deur die onderwyser vasgestel te word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 7 DBE/PAT 2017
NSS
'n Paar idees en benaderings as riglyn vir die ontwikkeling van die PAT'e
Suksesvolle ontwerpe word geskep wanneer
leerders met idees speel en op verbeeldingryke,
unieke en persoonlike wyses verskillende
benaderings ten opsigte van doelgerigte take
skep/ontwikkel.
Die Ontwerp-onderwyser moet die kreatiewe proses van die begin tot die einde te lei.
Hoe om 'n tema te kies:
Onderwysers word aangeraai om temas relevant tot die konteks van die leerders en
van die tyd waarin ons leef, te kies. Die tema moet versigtig oorweeg word om te
verseker dat die leerders op geen manier benadeel word nie. Die tema sal dan die
vereistes van die opdrag bepaal.
Hoe om 'n opdrag te skryf:
'n Opdrag moet die volgende in hooftrekke te beskryf:
• Identifiseer 'n probleem/behoefte/geleentheid wat die leerder 'n geleentheid sal
gee om 'n esteties aangename en funksionele ontwerpoplossing te skep
• Bepaal die formaat, medium/materiaal, tegniese spesifikasies
• Versoek of spesifiseer moontlike teikenmark(te)
• Spesifiseer sperdatum(s) duidelik
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 8 DBE/PAT 2017
NSS
ONDERWERP 1: Bronboekriglyne vir die onderwyser
Dinkskrum, selektering en evaluering van idees:
• Help die leerder om sy/haar eie kreatiewe stem gedurende die ontwerpproses te
vind.
• Leerders moet begin deur alle moontlike idees, aktiwiteite, kwessies, ens. wat met
die tema/opdrag verband hou, aan te teken of te illustreer, d.i. in 'n breinkaart,
fotojoernaal, collage, ens.
• Dit is belangrik om te beklemtoon dat die doel van feitlik enige ontwerp is om
waarde by die lewe en die wêreld waarin ons leef, te voeg.
• Probeer om tydens die insameling van idees die leerders se denkprosesse te lei
na dit wat persoonlik, ongewoon, vernuwend en uitdagend is en hulle met passie
vul. Probeer om hulle na individuele en vernuwende benaderings te lei.
• Wanneer idees met die leerder geëvalueer word, elimineer idees wat 'kitsch'
(bv. idees wat duidelik geleen is, soos die 'blomlamp'), onopreg/geveins (bv. 'n
plakkaat vir wêreldvrede) of blatant mooi en sonder inhoud of funksie is (bv. 'n
boekomslag met blinkertjies).
• Moedig leerders aan om hoë gehalte beeldmateriaal te bekom. Ontmoedig die
gebruik van bestaande foto's en ontwerpe. Dit is beter om 'n onderwerp
eerstehands te verken (gebruik eie foto's of direkte waarnemingstekeninge) omdat
baie van die foto's op die Internet generies en van 'n swak gehalte is.
• Help hulle om as werkende, aktiewe, onafhanklike leerders en as kritiese,
peinsende denkers wat alles ondersoek, te ontwikkel.
• Maak seker van die uitgebreide gebruik van tekenwerk om waarneming en
innovering uit te druk om op 'n vaardige wyse idees te kan kommunikeer.
WENK
Dit is soms 'n goeie idee om die opdrag net na die volgende aktiwiteit, wat leerders sal
help om idees te genereer, uit te deel.
Onderwerp 1 sou dan uit 'n reeks 'boustene' bestaan wat opeenvolgend gegee word
om eksperimentering en die ontwikkeling van die proses te verseker. Met deeglike
beplanning sal die onderwyser weet waarheen hierdie 'boustene' die leerders sal lei.
Leerders weet moontlik nie waarheen dit lei nie en gevolglik is daar voortdurend
verassingselemente. Dit bekamp ook die neiging dat leerders op 'n eerste idee
vashaak, sonder om werklik te eksperimenteer en ander moontlikhede te ondersoek.
Verder sal die proses of werkboek byna voltooi wees voordat die finale produk gemaak
word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 9 DBE/PAT 2017
NSS
Hoe om idees te genereer/ontwikkel:
Teken breinkaarte
'n Breinkaart is 'n goeie instrument om idees wat met die sentrale tema verband hou,
voort te bring. Die eindresultaat van 'n breinkaart moet 'n webagtige struktuur van
woorde en idees of selfs beelde wees.
'n Paar vinnige riglyne
• Begin deur die tema in die
middel van die bladsy te
plaas (skryf die woord en/of
teken 'n beeld daarvan)
• Teken ten minste vier dik
lyne wat soos takke lyk wat
vanaf die sentrale
kernwoord/beeld, ens. na
buite versprei. Verskillende
kleure kan gebruik word om
elke tak te verteenwoordig.
• Teken addisionele takke wat vanaf die hooftakke uitstrek. Die woorde op hierdie
takke is sub-onderwerpe van die woorde wat jy op die hooftakke geskryf het.
• Hou aan om die breinkaart uitwaarts met addisionele sub-onderwerpe/kernwoorde
en takke uit te brei.
Nuttige webblad: http://blog.iqmatrix.com/how-to-mind-map
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 10 DBE/PAT 2017
NSS
Voorbeeld van 'n ondersoekende reis:
Tema: Beweging
• Beweeg teenoor stilstaan/stagneer
• Beweeg van A na B
• Loop, hardloop, kruip, ry
• Stadig teenoor vinnig
• Simbole wat beweging uitbeeld
• Beweging in kultuur/tradisie
• Beweging in tyd
• Beweging as optiese illusie
• Werklike teenoor optiese
• Proses as beweging
• Teksture in beweging
• Lyn in beweging
• Fatsoene en vorms
• Kleur
• Metafore
Hieronder is 'n voorbeeld van 'n paar aktiwiteite op die tema van beweging
gebaseer wat leerders sal help om idees te genereer en 'boustene' te ontwikkel
voordat die opdrag uitgedeel word
• Eksperimenteer met beweeglike voorwerpe/ontwerpe.
• Hierdie eksperimente kan in die bronboek geplaas word en kan dalk aanleiding gee
tot idees vir die finale werk.
• Gee leerders 10 minute om 10 beelde wat beweging uitbeeld in tydskrifte te kry.
Deel fotostate of bykomende voorbeelde uit. Hulle moet al die beelde gebruik en in
ongeveer 20 minute 'n collage maak. Hierdie aktiwiteit moet gedoen word voordat
die opdrag uitgedeel word, aangesien hulle dan meer vrylik sal werk. Nadat hulle
die opdrag ontvang het, kan hulle na hierdie collages teruggaan en kyk of hulle iets
daarvan kan gebruik. Dit is 'n manier om interessante jukstaplasings te skep.
• Speel woordspeletjies deur 'n tesourus te gebruik om hulle op 'n reis van sinonieme
te neem wat nuwe inspirasiemoontlikhede sal ontsluit, bv. aksie, vorder, evolusie,
vloei, progressie, oorgang, ens.
• Vra leerders om tekeninge van verskillende vorms van beweging te maak, gebaseer
op party van die voorbeelde hierbo. Dit kan kwessies soos die koolstofvoetspoor
('carbon footprint') ondersoek of dit kan net interessante surrealistiese
jukstaplasings wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 11 DBE/PAT 2017
NSS
Eksperimentering:
• Lei leerders om met media en prosesse te eksperimenteer, om proefvoorbeelde,
prototipes, stemmingsborde of kleurkaarte te produseer.
• Verkenning behoort doelgerig en relevant tot die ontwerpoplossing te wees.
Tekenvaardighede
Die ontwikkeling van tekenvaardighede
moet duidelik waarneembaar wees.
'n Verskeidenheid oplossings vir die opdrag
moet ondersoek word deur tekeninge
(miniatuursketse, idee/konseptueel,
tegniese/konstruksie en waarneming) te
gebruik. Gedurende die jaar moet hierdie
ondersoekende proses die gebruik van
verskillende tekenmateriale weerspieël
(bv. uitveërs, penne, ink, bleikmiddel, tou,
draad, ens.) en 'n wye verskeidenheid
tekentegnieke (bv. stippeling, oorkruising,
'doodle', krap, tonale tekening) en style
(naturalisties, ekspressief, gebare) moet
verken te word. Hierdie proses behoort
kreatief aangebied en aangeteken te word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 12 DBE/PAT 2017
NSS
2.2 Assessering van die PAT'e
Assesseringskriteria vir PAT 1 (kwartaal 1) en PAT 2 (kwartaal 2)
ONDERWERP 1: BRONBOEK/WERKBOEK
KRITERIA
Uitdrukking van voorneme en rasionaal/konsep 10
Bewys van navorsing, eksperimentering en besinning/nabetragting 10
Bewys van gedetailleerde beplanning, tekenvaardighede en aanbieding 10
Bewys van finale tekening/collage/maket wat met die finale konsep
10
verband hou
Navorsing: Ontwerp in 'n besigheidskonteks 10
TOTAAL 50
ONDERWERP 2: DIE PRODUK/PRAKTIES
KRITERIA
Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie (Vertolking) ten opsigte van die
10
konsep en oplossings relevant tot die opdrag
Bewys van ontwerpbetrokkenheid: Die gepaste gebruik van
10
ontwerpelemente en -beginsels
Tegniek/Vakmanskap/Metode 10
Voltooiing van werk/tydsbestuur/bewyse van volle benutting van
10
beskikbare tyd
Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing 10
TOTAAL 50
GEKOMBINEERDE TOTAAL VIR ONDERWERP 1 EN ONDERWERP 2 100
ASSESSERINGSKRITERIA VIR PROEFEKSAMEN-PRAKTIES: (Voltooi gedurende
kwartaal 3)
ONDERWERP 1: BRONBOEK/WERKBOEK
KRITERIA
Uitdrukking van voorneme en rasionaal/konsep 10
Bewys van navorsing, eksperimentering en besinning/nabetragting 10
Bewys van gedetailleerde beplanning en voorlegging/aanbieding wat met
30
die finale konsep verband hou
TOTAAL 50
ONDERWERP 2: DIE PRODUK/PRAKTIES
KRITERIA
Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie (Vertolking) ten opsigte van die
10
konsep en oplossings relevant tot die opdrag
Bewys van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van
10
ontwerpelemente en -beginsels
Tegniek/Vakmanskap/Metode 10
Die ontwerpoplossing moet bewys toon van ten minste 12 uur se werk
10
onder gekontroleerde omstandighede
Professionele voorlegging/aanbieding en funksionaliteit van die
10
ontwerpoplossing
TOTAAL 50
GEKOMBINEERDE TOTAAL VIR ONDERWERP 1 EN ONDERWERP 2 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 13 DBE/PAT 2017
NSS
Hierdie taksonomie moet saam met die assesseringskriteria vir PAT 1
(Kwartaal 1) en PAT 2 (Kwartaal 2) hierbo gebruik word.
KOGNITIEWE VLAKBESKRYWINGS VIR PRAKTIESE PROJEKTE
'n Voorbeeld:
WILLIAMS SE TAKSONOMIE: WILLIAMS SETAKSONOMIE:
KOGNITIEF (DENKE) AFFEKTIEF (GEVOEL)
Vlotheid Buigsaamheid Oorspronklik- Uitbreiding Die neem van Kompleksiteit Nuuskierig- Verbeelding
(die skep/ (die skep/ heid (die uitbreiding, risiko's (die vermoë heid (die vermoë
ontwikkeling ontwikkeling (die skep/ vergroting, (eksperimen- om struktuur (die vermoë om denk-
van idees, van alterna- ontwikkeling verryking of teer, probeer uit chaos te om te wonder, beeldige
antwoorde, tiewe, van nuwe, versiering van nuwe skep, om na te dink oor, prentjies te
reaksies, variasies, unieke en idees om dit vir uitdagings) logiese orde te te dink of te bou, moont-
moontlikhede aanpassings, innoverende ander makliker bring in 'n raai) likhede en
vir 'n gegewe verskillende reaksies/ te maak om te gegewe nuwe dinge te
situasie/ idees/oplos- oplossings) verstaan of situasie en/of visualiseer of
probleem) sings/opsies) om dit die na verder as
interessanter ontbrekende praktiese
te maak) dele te sien) grense te reik)
Die leerder het Die leerder kon Die leerder het Die leerder het Die leerder het Die leerder kon Die leerder het Die leerder kon
baie idees en aanpas en kreatiewe die idee(s) baie nuwe idees die ontbre- na verskeie moontlike
baie moontlike alternatiewe oplossings verder geneem deur kende dele opsies gekyk oplossings
oplossings vir oplossings of geskep/ontwik- en genoeg waaghalsige invul om 'n en het baie visualiseer,
die probleem/ opsies kel detail bygelas eksperimen- volledige daaroor selfs al was dit
opdrag oorweeg vir ander tering probeer oplossing te nagedink nie prakties
geskep/ mense om dit kry implementeer-
ontwikkel te verstaan baar nie
Beskrywers vir die assesseringskriteria vir ONDERWERP 1 en 2
Uitstaande 90–100 Uitsonderlike vermoë; rykheid; vol insig; vloeiend; hoë vaardigheid; waarneming en kennis
kragtig uitgedruk; gesteun deur 'n oorspronklike of ongewone proses en ontwerpoplossing.
Uitstaande en oorspronklike aanbieding van die proses en die produk.
Uitstekend 80–89 Treffende impak; die meeste van die bogenoemde; gedetailleerd; goed georganiseer en
samehangend; afgewerk; vaardigheid duidelik; gesteun deur 'n oorspronklike/ongewone/
relevante ontwerpproses en -oplossing; voorlegging/aanbieding oorspronklik en deurdink.
Paar geringe foute sigbaar.
Baie goed 70–79 Goed georganiseerd, soos hierbo, maar sonder die impak; goeie bevoegdheidsvlak en keuse
van inhoud; gesteun deur 'n relevante ontwerpproses en -oplossing; duidelike sorg en moeite
gedoen met oorspronklike voorlegging/aanbieding. Paar duidelike teenstrydighede/foute
sigbaar.
Goed 60–69 Interessante voorlegging/aanbieding; doel duidelik; oortuigend; eenvoudige direkte gebruik
van gekose medium; toon begrip maar neig soms na die alledaagse en stereotipiese
oplossing; bevredigende ontwerpproses en -oplossing; redelike moeite gedoen met
voorlegging/aanbieding. Steurende/Duidelike teenstrydighede.
Gemiddeld 50–59 Bevredigend; voel meganies; afgelei of gekopieer; min insig; verbeeldingsloos;
ontwerpproses en -oplossing nie altyd duidelik geïdentifiseer nie; aanvaarbare
voorlegging/aanbieding. Baie steurende teenstrydighede.
Ondergemiddeld 40–49 Genoeg werk om te slaag; nie logies gekonstrueer nie; paar flitse van insig; beperkte keuse
van inligting; swak tegniese vaardighede kan 'n bydraende faktor wees; geen werklike
ontwerpproses en -oplossing nie; lomp of nalatige aanbieding. Het ondersteuning/
motivering nodig om te slaag.
Swak 30–39 Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese vaardighede; geringe poging om
inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te bied; min of geen ontwerpproses en -oplossing nie;
algemene gebrek aan betrokkenheid. Het ondersteuning/motivering nodig om te slaag.
Baie swak 20–29 Baie min inligting of irrelevante werk/ontwerpproses en -oplossing. Geen poging is
Druip aangewend om werk op 'n aanvaarbare wyse aan te bied nie. Algemene gebrek aan
toegewydheid en tegniese vaardigheid.
Onaanvaarbaar 0–19 Onsamehangend; irrelevant, baie min of geen werk nie; gebrek aan selfs beperkte
Druip vaardighede toegepas. Geen toegewydheid en tegniese vaardigheid nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 14 DBE/PAT 2017
NSS
2.3 Aftiklys vir die PAT'e
Hierdie modereringsinstrument is slegs vir die doel van moderering. Die
PAT'e moet beide intern en ekstern gemodereer te word. Skole sal deur die
provinsies in kennis gestel word oor die datum, tyd en plek vir die eksterne
moderering van die PAT'e en eksamenwerk.
'n Moontlike modereringsinstrument vir ONTWERP-PAT'e
Vak: ONTWERP Datum: ____________
1. DIE PAT-OPDRAG √ OF x
Duidelike instruksies oor wat verwag word, van toepassing op die spesifieke graad
Visuele inspirasie
Die opdrag voorsien vir die ontwikkeling/skep van geleentheid vir die volgende:
• Vloei (die ontwikkeling van idees, antwoorde, reaksies, moontlikhede vir 'n
gegewe situasie/probleem)
• Buigsaamheid (die ontwikkeling van alternatiewe, variasies, aanpassings,
verskillende idees/oplossings/opsies)
• Oorspronklikheid (die ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone
antwoorde/oplossings)
• Uitbreiding (die uitbreiding, vergroting, verryking of verfraaiing van idees om dit
makliker te maak vir ander om te verstaan of om dit interessanter te maak)
• Risiko's neem (eksperimentering, probeer nuwe uitdagings)
• Kompleksiteit (die vermoë om struktuur uit chaos te skep, om logiese orde in 'n
gegewe situasie te bring en/of om die ontbrekende dele te sien)
• Nuuskierigheid (die vermoë om te wonder, na te dink, te oorweeg of te raai)
• Verbeelding (die vermoë om denkbeeldige prentjieste vorm, moontlikhede en
nuwe dinge te visualiseer of om verby praktiese beperkinge te reik)
Duidelike assesseringskriteria
Sperdatum(s) en tydsbestuur
2. ASSESSERING VAN PAT'e
Van toepassing op die spesifieke graad, kom ooreen met die standaard van die
provinsie, d.i. realistiese puntetoekenning
Gebruik van assesseringskriteria
50 punte vir bronboek en assessering van die volgende ingesluit:
• Voorneme en rasionaal van die opdrag (byvoorbeeld in die vorm van 'n breinkaart,
visuele aanbieding, ens.)
• Bewyse van navorsing, eksperimentering en besinning/nabetragting (byvoorbeeld
miniatuursketse, stemmingsborde, ens.)
• Bewyse van gedetailleerde beplanning, tekenvaardighede en aanbieding wat met
die ontwerpopdrag verband hou
• Bewyse van finale tekening/collage/maket wat met die finale konsep verband hou
• Die Ontwerp in 'n Besigheidskonteks-navorsingsmodules
50 punte vir produk(te) assessering van die volgende ingesluit:
• Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie (Vertolking) ten opsigte van die konsep
en oplossings relevant tot die opdrag
• Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: Die gepaste gebruik van ontwerpelemente en
-beginsels
• Tegniek/Vakmanskap/Metode
• Voltooiing van werk/tydsbestuur/bewyse van volle benutting van beskikbare tyd
• Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 15 DBE/PAT 2017
NSS
'n Moontlike modereringsinstrument vir die RETROSPEKTIEWE UITSTALLING
Vak: ONTWERP Datum: ____________
1. DIE RETROSPEKTIEWE UITSTALLING √ OF x
Duidelike instruksies oor wat verwag word, van toepassing op die spesifieke graad
Visuele inspirasie
Die opdrag voorsien vir die ontwikkeling/skep van geleentheid vir die volgende:
• Vloei (die ontwikkeling van idees, antwoorde, reaksies, moontlikhede vir 'n
gegewe situasie/probleem)
• Buigsaamheid (die ontwikkeling van alternatiewe, variasies, aanpassings,
verskillende idees/oplossings/opsies)
• Oorspronklikheid (die ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone
antwoorde/oplossings)
• Uitbreiding (die uitbreiding, vergroting, verryking of verfraaiing van idees om dit
makliker te maak vir ander om te verstaan of om dit interessanter te maak)
• Risiko's neem (eksperimentering, probeer nuwe uitdagings)
• Kompleksiteit (die vermoë om struktuur uit chaos te skep, om logiese orde in 'n
gegewe situasie te bring en/of om die ontbrekende dele te sien)
• Nuuskierigheid (die vermoë om te wonder, na te dink, te oorweeg of te raai)
• Verbeelding (die vermoë om denkbeeldige prentjieste vorm, moontlikhede en
nuwe dinge te visualiseer of om verby praktiese beperkinge te reik)
Duidelike assesseringskriteria
Sperdatum(s) en tydsbestuur
2. ASSESSERING VAN UITSTALLING
Van toepassing op die spesifieke graad, kom ooreen met die standaard van die
provinsie, d.i. realistiese puntetoekenning
Gebruik van assesseringskriteria
80 punte vir uitstalling en assessering van die volgende ingesluit:
• Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie (Vertolking ten opsigte van die konsep
en oplossings relevant tot die opdrag
• Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: Bewyse van gedetailleerde beplanning en
die gepaste gebruik van ontwerpelemente en -beginsels en materiale vir die
aanbied van die uitstalling as 'n samehangende versameling werke.
Tegniek/Vakmanskap/Metode/Bekwaamheid gebruik vir die aanbied van die
uitstalling.
• Voltooiing van AL die PAT'e/tydsbestuur/bewyse van progressiewe
ontwerpsontwikkeling in die aanbied van 'n wesenlike, samehangende
versameling werke.
• Professionele aanbieding en funksionaliteit van die uitstalling vir die
kyker/aanskouer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 16 DBE/PAT 2017
NSS
2.4 Verklaring van egtheid
Verwys na BYLAE A.
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER
3.1 Instruksies vir die leerder
• Die voltooiing van al die PAT'e is verpligtend. Die nienakoming
hiervan sal jou finale Ontwerp-uitslag benadeel.
• PLAGIAAT moet te alle koste vermy te word. Direkte kopiëring van 'n
beeld of ontwerp wat nie jou eie is nie, sal streng gepenaliseer word. Dit
sal 'n skoolgebaseerde assesseringsonreëlmatigheid tot gevolg hê. Die
proses van transformasie en manipulasie van die bronmateriaal is
uiters belangrik. Jy word aangemoedig om unieke en oorspronklike
oplossings met betrekking tot jou ontwerpopdrag te verskaf.
• Hou by die sperdatum(s) soos uiteengesit in die opdrag.
• Maak seker dat jou opdrag vir elke PAT in jou bronboek geplak word.
• Maak seker dat al jou werk professioneel aangebied word.
3.2 Take
TAAK 1 (Kwartaal 1): TAAK 3 (Kwartaal 2): TAAK 5 (Kwartaal 3):
Praktiese Praktiese Proefeksamen
Assesseringstaak (100) Assesseringstaak (100) Praktiese Taak (100)
Onderwerp 1: Werk-/Bron- Onderwerp 1: Werk-/Bron- Onderwerp 1: Werk-/
boek/Besigheidsmodule 1 boek/Besigheidsmodule 2 Bronboek
(50) (50) (50)
Onderwerp 2: Voltooide Onderwerp 2: Voltooide Onderwerp 2: Voltooide
praktiese werk/produk praktiese werk/produk praktiese werk/produk
(50) (50) (50)
Hierdie praktiese stel leerders in staat om hul tegniese en probleem-
oplossingsvaardighede te toon en bewys te lewer van innoverende denke en
insig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 17 DBE/PAT 2017
NSS
Hierdie praktiese take jou in staat stel om jou tegniese en probleem-
oplossingsvaardighede te toon en bewys te lewer van innoverende denke en insig.
Hieronder volg 'n riglyn van sommige benaderings wat jy kan probeer.
Wat doen ontwerpers?
Onthou Skep Verbeel
Ondersoek Waarneem Verwring
Eksperimenteer Ontdek Speel
Herhaal Omskep Voel
Simboliseer Analiseer Beplan
Jy moet dieselfde doen!
• Dit is belangrik om jou eie besondere sterk punte te ontwikkel. Party van julle sal
versigtig beplan, terwyl ander meer intuïtief sal werk.
• Jy moet 'n berekende risiko-nemer wees. Probeer nuwe idees en prosesse sonder
'n vrees vir mislukking.
• Kreatiewe aktiwiteit kan op 'n aantal verskillende vlakke plaasvind, van die
vervaardiging van 'n collage of produk wat deur 'n bestaande idee of ontwerp
geïnspireer is tot die ontwikkeling van 'n heeltemal vars en individuele proses en
uitkoms. 'n Idee is slegs so goed soos die uitvoering daarvan. Werk wat tegnies
minderwaardig is, sal 'n goeie idee ruïneer.
• 'n Ontwerp is in die eerste plek 'n uitdrukking van die medium. In alle groot
ontwerpe is die onderwerp en die wyse waarop dit gemaak word, onafskeidbaar.
Jy moet tegniek bemeester om die inhoud te beskerm.
• Oorweeg die doelgerigte gebruik van die elemente en beginsels in jou
ontwerpproses.
• Bespreek al jou werk voortdurend met jou onderwyser. Dit sal jou help om jou sterk
punte en tekortkominge te identifiseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 18 DBE/PAT 2017
NSS
Wenke vir ONDERWERP 1 (Bronboek):
Die bronboek kan die volgende insluit:
• Sketse en voorbereidingstekeninge
• Beelde, artikels, uittreksels, voorbeelde, foto's, ens. wat jy versamel het
• Voorwerpe (stukkies papier, verpakkingsmateriaal, kaartjies, ens.) wat jy
interessant en stimulerend vind, van persoonlike belang is of nuttig kan wees vir 'n
praktiese projek op een of ander stadium
• 'Doodles' (wanneer jy ingedagte krabbel), woorde, sketse, notas wat met jou
ervarings en konteks verband hou
• Doen navorsing oor 'n wye verskeidenheid ontwerpers en voorbeelde wat jou
praktiese werk sal inlig en versterk
• Ondersoek verskillende tegnieke en materiale
• Breinkaarte om idees te ontwikkel
• Dokumentasie van enige proseswerk
Voorbeelde van benaderings tot ONDERWERP 1 (Bronboek)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 19 DBE/PAT 2017
NSS
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 20 DBE/PAT 2017
NSS
3.3 Assesserings-/Modereringsrubrieke/-instrumente
Verwys na bladsy 4 en 5 van die Riglyne vir die Onderwyser.
3.4 Vereistes vir voorlegging/aanbieding
ONDERWERP 1 (Bronboek)
• Skryf jou naam en van duidelik op die voorblad van jou bronboek.
• Merk elke PAT duidelik.
• Plak jou opdrag vir elke PAT in.
• Jou bronboek behoort aktiwiteite in chronologiese volgorde te wys.
• Plak alle werk stewig in jou bronboek vas.
• Bied jou werk netjies en kreatief in jou bronboek aan.
• Maak seker dat hierdie dokument/bronboek maklik oopmaak.
ONDERWERP 2 (Produk)
• Merk jou produk vir elke PAT duidelik.
• Jou produk moet professioneel aangebied/voorgelê word.
3.5 Tydraamwerke
Alle PAT'e moet volgens die gespesifiseerde spertyd(tye) van die opdrag voltooi
word. Versuim om die PAT'e en die PRAKTIESE PROEFEKSAMEN te voltooi,
kan tot 'n onvolledige SGA-punt lei. Dit sal jou finale matriekuitslag ernstig
benadeel.
3.6 Afwesigheid/Take nie ingelewer nie
Die afwesigheid van ENIGE PAT sonder dat 'n mediese sertifikaat voorgelê is,
sal 'n onvolledige punt tot gevolg hê. Ten minste 60% van ALLE take MOET
onder toesig van jou onderwyser in die klas gedoen word. Jou onderwyser moet
die werk as jou eie verifieer. As jou werk tuis gedoen is, kan jou onderwyser nie
die egtheid van jou werk bevestig nie en die werk sal NIE nagesien word NIE.
3.7 Verklaring van egtheid
Verwys na BYLAE A.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 21 DBE/PAT 2017
NSS
4. BRONNELYS
Die onderwyser moet die volgende bronmateriaal in die klaskamer hê:
• LOOM onderhewig aan beskikbaarheid
• Enige van die handboeke wat deur die nasionale Departement van
Basiese Onderwys goedgekeur is
• Enige ontwerptydskrifte, bv. House and Leisure, World of Interiors, Visi,
Elle Decor, ens.
Handige webblaaie:
• www.behance.com
• www.pinterest.com
• www.yatzer.com
• www.dezeen.com
• www.itsnicethat.com
• www.underconsideration.com/fpo
• www.ineedaguide.blogspot.com
• www.lostateminor.com
• www.coutequecoute.blogspot.com
• www.antwerp-fashion.be
• www.logopond.com
• www.thedieline.com
5. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees
om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede,
waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die
klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die
PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die
geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp DBE/PAT 2017
NSS
BYLAE A
VERKLARING VAN EGTHEID
Hiermee word verklaar dat ten minste 60% van hierdie PAT onder toesig van die Ontwerp-
onderwyser gedoen is. Hierdie verklaring sertifiseer dat alle werk wat ingelewer is,
oorspronklik en die werk van die leerder is.
Leerder
Skool
Distrik
PAT 1/2/Proefeksamen: (Kies en omkring slegs EEN.)
Handtekening Datum
Leerder
Onderwyser
Prinsipaal
Skoolstempel
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 23 DBE/PAT 2017
NSS
BYLAE B
RUBRIEK VIR DIE TERUGSKOUENDE UITSTALLING
90%–100% Uitstaande Uitstaande tegniek/ Uitstaande voltooiing Uitstaande, oorspronklike en
kreatiwiteit/oorspronklikheid/ werkmanskap/meto van AL die PAT'e; professionele aanbieding
1. Uitstaande vermoë wat rykheid, interpretasie met betrekking tot de/ vermoë ten toon tydsbestuur; bewyse van van die Terugskouende
insig en vloeiende uitstalling toon. die konsep en oplossings wat gestel in elke PAT, progressiewe ontwerp- Uitstalling. Die uitstalling
Hoë vaardigheid, waarneming en met al die PAT'e verband hou. asook in die ontwikkeling in die vertoon materiaal wat by die
kennis word kragtig uitgedruk deur Bewyse van ontwerp- aanbieding van die aanbieding van 'n oorkoepelende tema van die
uitstaande, oorspronklike betrokkenheid in elke PAT. uitstalling. deeglike, uitstalling aansluit. Elke PAT
ontwerpoplossings in 'n Bewyse van gedetailleerde samehangende liggaam in die uitstalling word met
samehangende werksliggaam uit te beplanning en die gepaste werk. Die uitstalling lees uitstaande visuele
druk. gebruik van ontwerpelemente, soos 'n uitstaande, funksionaliteit en smaak aan
-beginsels en -materiaal in die samehangende liggaam die toeskouer uitgestal.
aanbieding van elke PAT. werk.
80% – 89% Uitstekende kreatiwiteit/ Uitstekende tegniek/ Uitstekende voltooiing Professionele aanbieding en
oorspronklikheid/interpretasie vakmanskap/metod van AL die PAT'e/ funksionaliteit en die
2. Uitstekend, Treffende liggaam met betrekking tot die konsep e/ vermoë gebruik tydsbestuur/bewyse van uitstalling vir die toeskouer.
werk wat die meeste aspekte hierbo en oplossings is relevant vir die om die uitstalling progressiewe ontwerp- Die uitstalling lees soos 'n
vertoon met minimale foute. Goed PAT'e. Bewyse van aan te bied. ontwikkeling in die samehangende liggaam
georganiseerde, gedetailleerde en ontwerpbetrokkenheid in elke aanbieding van 'n werk en min ongerymdhede.
samehangende liggaam werk wat PAT. Bewyse van samehangende liggaam Uitstekende en oorspronklike
met duidelike vaardigheid afgerond gedetailleerde beplanning en werk. aanbieding van die
is. Die uitstalling word deur gepaste gebruik van ontwerp- terugskouende uitstalling.
oorspronklike/ ongewone/relevante elemente, -beginsels en
ontwerp-oplossings ondersteun. materiale in die aanbieding van
elke PAT.
70%–79% Baie goeie kreatiwiteit/ Baie goeie tegniek/ Baie goeie voltooiing Goeie aanbieding en
oorspronklikheid/ interpretasie vakmanskap/metod van ALLE PAT'e/ funksionaliteit van die
3. Baie Goed Goed georganiseerd, met betrekking tot die konsep e/ bevoegdheid tydsbestuur/bewyse van uitstalling aan die toeskouer.
soos hierbo, maar nie so treffend nie. en oplossing hou verband met gebruik in die progressiewe ontwerp- Die uitstalling lees soos 'n
'n Paar ooglopende foute. Goeie vlak die PAT'e. Minder intense aanbieding van die ontwikkeling in die goeie liggaam werk. Goeie
van bevoegdheid en seleksie van ontwerpbetrokkenheid in elke uitstalling, alhoewel aanbieding van 'n goeie, aanbieding van die
inhoud wat deur 'n relevante PAT. Bewyse van met sommige foute. samehangende liggaam terugskouende uitstalling.
ontwerp-proses en oplossings gedetailleerde beplanning en werk wat 'n paar klein
ondersteun word. Goed gepaste gebruik van ontwerp- foute insluit.
georganiseerde en samehangende elemente en -beginsels en
liggaam werk; Vaardigheid is materiaal in die aanbieding van
duidelik; ondersteun deur elke PAT.
oorspronklike/ongewone/relevante
ontwerpoplossings; die aanbieding is
oorspronklik en met sorg oorweeg.
60% – 69% Goeie kreatiwiteit/ Bevredigende Goeie voltooiing van Bevredigende ontwerp-
oorspronklikheid/ interpretasie tegniek/ ALLE PAT'e/ proses en -oplossing wat
4. Goed. Interessante aanbieding met betrekking tot die konsep vakmanskap/metod tydsbestuur/bewyse van aantoon dat redelike moeite
wat 'n duidelike, oortuigende doelwit en oplossings wat met die e/ bevoegdheid progressiewe ontwerp- gedoen is met die
met eenvoudige ontwerpoplossings PAT'e verband hou. Gebrek gebruik in die ontwikkeling in die aanbieding en funksionaliteit
toon. Steurnisse/Opmerklike foute. aan ontwerp-betrokkenheid in aanbieding va die aanbieding van 'n van die uitstalling aan die
Bevredigende vlak van bevoegdheid elke PAT. Bewyse van uitstalling, alhoewel samehangende liggaam toeskouer. Die uitstalling
en seleksie van inhoud wat deur gedetailleerde beplanning en met foute. werk wat 'n paar foute lees soos 'n bevredigende
relevante ontwerpprosesse en - gepaste gebruik van ontwerp- insluit. liggaam werk.
oplossings ondersteun word. Daar is elemente, -beginsels en
duidelik moeite gedoen met 'n materiaal in die aanbieding van
bevredigende aanbieding. elke PAT.
Bevredigend georganiseerde en
samehangende liggaam werk.
Vaardigheid is duidelik; ondersteun
deur oorspronklike/
ongewone/relevante
ontwerpolossings; aanbieding is
oorspronklik en deurdag.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 24 DBE/PAT 2017
NSS
50%–59% Gemiddelde Aanvaarbare tegniek/ Gemiddelde voltooiing Aanvaarbare ontwerp-
kreatiwiteite/oorspronkli vakmanskap/metode/ van ALLE PAT'e/ prosesse en -oplossing
5. Gemiddeld Aanvaarbare aanbieding kheid/interpretasie met bevoegdheid gebruik in tydsbestuur/bewyse van wat wys dat redelike
wat meganies, afgelei of gekopieer betrekking tot die die aanbieding van die progressiewe ontwerp- moeite gedoen is met
voel, met min insig en min verbeelding. konsep en oplossings uitstalling, met sommige ontwikkeling in die die aanbieding en
Die ontwerpproses is oplossings is nie wat met die PAT'e foute ingesluit. aanbieding van 'n funksionaliteit van die
altyd duidelik geïdentifiseer nie. verband hou. Gebrek bevredigende liggaam uitstalling aan die
Aanvaarbare vlak van bevoegdheid en aan ontwerp- werk, met foute toeskouer. Die
seleksie van inhoud. Aanvaarbare betrokkenheid in elke ingesluit. uitstalling lees soos 'n
organisasie en samehangende liggaam PAT. Bewyse van bevredigende,
werk; vaardigheid is duidelik; beplanning en gepaste samehangende liggaam
ondersteun deur oorspronklike/ gebruik van ontwerp- werk.
ongewone/relevante elemente, -beginsels en
ontwerpoplossings; aanbieding is materiale in die
oorspronklik en deurdag. aanbieding van elke
Baie steurende foute. PAT.
40% – 49% Ontwerp-betrokkenheid Minimale tegniek/ Ondergemiddelde Minimale ontwerp-
ontbreek in elke PAT. vakmanskap/metode/ voltooiing van ALLE proses en -oplossing
6. Ondergemiddeld. Slordige, Bewyse van minimale bevoegdheid gebruik in PAT'e/tydsbestuur/ wat wys dat min moeite
argelose aanbieding. Die leerder het beplanning en gebruik die aanbieding van 'n bewyse van ontwerp- met die aanbieding en
genoeg werk gedoen om te slaag, van ontwerpelemente, - uitstalling wat foute ontwikkeling in die funksionaliteit van die
maar met 'n uitstalling wat nie logies beginsels en materiale insluit. aanbieding van 'n uitstalling aan die
saamgestel is nie. Die uitstalling en in die aanbieding van gemiddelde liggaam toeskouer gedoen is.
flitse van insig, beperkte seleksie van elke PAT. werk met baie foute. Die uitstalling lees soos
inligting, swak tegniese vaardighede 'n bevredigende
met beperkte ontwerpprosesse en - liggaam werk, maar min
oplossings. Min moeite is met die moeite is daarmee
aanbieding gedoen. Het gedoen.
ondersteuning/motivering nodig om te
kan slaag.
30%–39% Min ontwerp- Swak Swak voltooiing van AL Beperkte ontwerp-
betrokkenheid in elke tegniek/vakmanskap/ die PAT'e/tydsbestuur/ prosesse en -oplossings
7. Swak. Visueel oninteressante PAT. Bewys van swak metode/bevoegdheid in bewyse van wat toon dat min moeite
aanbieding met 'n gebrek aan beplanning en gebruik die aanbieding van die progressiewe ontwerps- met die aanbieding en
kreatiwiteit en met beperkte/swak van ontwerpelemente, uitstalling met groot ontwikkeling in die funksionaliteit van die
tegniese vaardigheid. Daar is min beginsels en materiale foute ingesluit. aanbieding van 'n swak uitstalling aan die
moeite gedoen om die inligting op 'n in die aanbieding van liggaam werk met baie toeskouer gedoen is.
aanvaarbare manier aan te bied, met elke PAT. foute. Die uitstalling vertoon 'n
min of geen ontwerpprosesse en - swak liggaam werk
oplossings. Dit toon 'n algehele gebrek waarmee baie min
aan toewyding en vaardigheid. Lae moeite gedoen is.
vlak van bevoegdheid en seleksie van
inhoud; ondersteun deur 'n swak
ontwerpproses en oplossing; min
moeite is met die uitstalling gedoen.
Swak organisasie en vaardigheid is
duidelik en word ondersteun deur swak
ontwerpoplossings, aanbieding is nie
deurdag nie. Benodig
ondersteuning/motivering om te slaag.
20% – 29% Gebrek aan ontwerp- Swak tegniek/ Onvolledige PAT'e en Baie min moeite is
betrokkenheid in elke vakmanskap/metode/ swak tydsbestuur wat gedoen met die
8. Baie swak, DRUIP. Baie min PAT. Bewyse van swak bevoegdheid gebruik in min bewyse van aanbieding en
inligting of irrelevante werk-/ontwerp- beplanning en gebruik die aanbieding van 'n progressiewe ontwerp- funksionaliteit van die
proses en -oplossing. Geen moeite is van ontwerpelemente uitstalling wat groot ontwikkeling in die uitstalling aan die
gedoen om werk op 'n aanvaarbare en -beginsels en foute insluit. aanbieding van 'n swak toeskouer. Die
manier aan te bied nie. Lae vlak van materiale in die liggaam werk toon. Te uitstalling toon 'n swak
bevoegdheid en seleksie van inhoud. aanbieding van elke veel foute is ingesluit. liggaam werk waarmee
Min moeite is met baie min aanbieding PAT. minimale moeite
gedoen. Swak organisasie en gedoen is.
vaardigheid blyk duidelik.; ondersteun
deur swak ontwerpoplossings;
aanbieding is nie deurdag nie. Algehele
gebrek aan toewyding en tegniese
vaardigheid.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp 25 DBE/PAT 2017
NSS
0% – 19% Gebrek aan ontwerp- Swak tegniek/ Onvolledige PAT'e en Baie min/geen moeite
betrokkenheid in elke vakmanskap/metode/ swak tydsbestuur wat gedoen met die
9. Onaanvaarbaar, DRUIP. PAT. Bewyse van swak vaardigheid in die min of geen bewys van aanbieding en
Onsamehangend, irrelevant, baie min beplanning en gebruik aanbieding van die progressiewe ontwerp- funksionaliteit van die
of geen werk; min vaardigheid van ontwerpelemente, - uitstalling. Baie groot ontwikkeling in die uitstalling vir die
toegepas. Geen toewyding of tegniese beginsels en materiale foute ingesluit. aanbieding van 'n baie toeskouer nie. Die
vaardigheid. Lae vlak van bevoegdheid in die aanbieding van swak liggaam werk toon uitstalling vertoon 'n
en seleksie van inhoud; geen moeite is elke PAT. nie. swak liggaam werk
gedoen met die aanbieding nie/geen waarmee min of geen
aanbieding nie. Baie swak organisasie moeite gedoen is nie.
en vaardigheid; ondersteun deur swak
ontwerpoplossings, aanbieding is nie
deurdag nie.
TOTAAL: 80 punte 20 punte 20 punte 20 punte 20 punte
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Design.
- Grade 12 Design notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Design questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Design past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Design and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Des ATP 2023 24

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo
--5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496/v1-d115bc5f6aec2e1521e3/card.webp)
Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
Related documents
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--1824f556-8e5a-4311-a91a-40026085eb29/v1-fe44b365f35bbfe4ef99/card.webp)
Question paper
Design Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afrikaans)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afrikaans)

Question paper
Design Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Question Paper (Afr)

Memorandum
Design Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2017 Memo

Question paper
Design Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper

Question paper
Design Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper
More from Grade 12 Design

Question paper
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Design Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Design Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Design Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper