Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2023
EKONOMIE V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all



_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)

Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Memo (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 624.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Eastern Cape June Exam 2023
Questions in this paper
- Question 1.1The circular flow model, national account aggregates and the multiplier16 marks
- Question 1.2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier8 marks
- Question 1.3The role of the public sector6 marks
- Question 2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
- Question 3The foreign exchange market and the balance of payments accounts40 marks
- Question 4The foreign exchange market and the balance of payments accounts40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2023)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 B I+G+X>S+T+M
1.1.2 A Dubbeltelling
1.1.3 B Vry-swewende
1.1.4 D Verbetering van die doeltreffendheid van markte
1.1.5 C Ouditeur-generaal
1.1.6 A kollektief
1.1.7 C onderwaardeer
1.1.8 D afswaai – trog – opswaai – piek (8 x 2) (16)
1.2 PAS-ITEMS
1.2.1 D gehef volgens die bedrag verdien
1.2.2 I ʼn Opsomming van ʼn land se ekonomiese aktiwiteit van
produksie, inkomste en uitgawes
1.2.3 G verskil in die waarde van totale uitset tussen ʼn piek en ʼn
trog
1.2.4 A aankoop van bates soos aandele of effekte, waar die
belegger slegs in die verwagte finansiële opbrengs op die
belegging belangstel
1.2.5 C Toon die regering se geprojekteerde inkomste en uitgawes
vir drie jaar
1.2.6 H ʼn Internasionale reserwebate wat deur die IMF geskep is
om die amptelike reserwes van sy lidlande aan te vul.
1.2.7 E Internasionale riglyne vir die ontwikkeling en rapportering
van statistieke wat oor lande vergelykbaar is
1.2.8 F Bestudeer die gedrag en prestasie van ʼn ekonomie as ʼn
geheel (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) EKONOMIE V1 3
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 Vermenigvuldiger
1.3.2 Tendenslyn
1.3.3 Kontantreserwevereiste
1.3.4 Devaluasie
1.3.5 Laffer-kurwe (kromme)
1.3.6 Fiskale beleid (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2023)
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem TWEE draaipunte van ʼn sakesiklus.
• Piek
• Trog (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe kan ʼn groter marginale spaar geneigdheid (msg) die
grootte van die vermenigvuldiger beïnvloed?
Dit verminder die grootte van die vermenigvuldiger namate
minder spandeer word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord).
(Enige 1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Watter metode van berekening word in die tabel hierbo
gebruik om die bruto binnelandse produk te bepaal?
Inkomste-metode / BBP (1)
2.2.2 Noem die ontbrekende item gemerk (A).
Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse/BWT teen basiese
pryse. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term subsidies op produksie.
Subsidies op produksie verwys na subsidies wat nie aan
spesifieke goedere en dienste verbind word nie, bv. subsidies op
indiensneming.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.2.4 Hoe sal jy die BBP na BNP omskakel?
Plus primêre inkomste vanaf die res van die wêreld en minus
primêre inkomste van die res van die wêreld / BBP + primêre
inkomste vanaf die res van die wêreld – primêre inkomste na die
res van die wêreld. (2)
2.2.5 Bereken die waarde van BBP teen markpryse vir 2021 (B).
Toon alle berekeninge.
5 572 608 + 633 854 – 13 965 = 6 192 497 (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) EKONOMIE V1 5
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Noem die parastataal waarna in bogenoemde inligting verwys
word.
Eskom (1)
2.3.2 Wie is indirek verantwoordelik vir die redding van staats-
ondernemings in Suid-Afrika?
Die belastingbetaler (1)
2.3.3 Verduidelik kortliks die term privatisering.
Wanneer die regering hulle funksies, aktiwiteite en eienaarskap
van die regering na die privaatsektor oordra.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2)
2.3.4 Verduidelik ondoeltreffendheid as ʼn kenmerk van openbare
sektor-mislukking.
• Ondoeltreffendheid lei tot vermorsing van staatfondse en
hulpbronne.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1) (2)
2.3.5 Hoe kan staatsondernemings tot die uitbreiding van die
ekonomie bydra?
• Skep meer werkgeleenthede en stel bevoegde bestuur aan.
• Bied vaardigingsontwikkeling programme aan om produktiwiteit
van bestaande werkers te verbeter.
• Behou of diens die masjinerie en toerusting op ʼn gereelde basis
om kwaliteit dienslewering te verseker.
• Die hantering van korrupsie om vermorsing van publieke fondse
te verminder.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2023)
2.4 Bespreek kortliks leidende en saamvallende aanwysers as kenmerke
wat in vooruitskattings gebruik word.
Leidende ekonomiese aanwysers:
• Hierdie is aanwysers wat verander voordat die ekonomie
verander/samevallend met die verwysingsdraaipunt.
• Hulle gee verbruikers, besighede en beleidmakers ʼn aanduiding
waarheen die ekonomie op pad is.
• Hulle bereik ʼn piek voordat die ekonomie ʼn piek bereik.
• Die mees belangrike tipe aanwyser om ekonome te help om te skat wat
in die ekonomie gaan gebeur in die toekoms.
• Wanneer hierdie aanwysers voorspoed wys sal die vlak van ekonomiese
aktiwiteite ook styg in ʼn paar maande se tyd.
• bv. aantal nuwe motors verkoop, reële uitvoer van goedere, ens.
(Maks. 2 x 2)
Saamvallende ekonomiese aanwysers :
• Hulle beweeg terselfdertyd as die ekonomie. As die draaipunt van ʼn
spesifieke tydreeks verander met die verwysings draaipunt.
• Dit dui die huidige toestand van die ekonomie aan bv. kleinhandel
verkope.
• As die sakesiklus ʼn piek bereik en dan begin daal, die waarde van
kleinhandelverkope sal ʼn piek bereik en dan begin daal op dieselfde
tyd.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Mak. 2 x 2)
(4 + 4) (8)
2.5 Hoe kan Suid-Afrika invoer verminder om die betalingsbalans-tekort
(BOP) reg te stel?
Suid-Afrika kan invoere verminder om die betalingsbalans-tekort (BOP) reg
te stel deur:
• Verhoging van rentekoerse om plaaslike besteding te ontmoedig
insluitend ingevoegde goedere en dienste.
• Verhoging van indirekte belasting soos persoonlike inkomstebelasting
om huishoudelike besteebare inkomste te verminder en dus die
ontmoediging van hul besteding op invoere.
• Invoertariewe en heffings in te stel om ingevoerde goedere en dienste
duurder te maak en binnelandse uitgawes daarop te verminder.
• Verminder die beskikbaarheid van buitelandse valuta om plaaslike
vervaardigde besteding op invoere te ontmoedig.
• Implementeer streng doeaneprosedures om die proses van die aankoop
van invoere te vertraag
• Moedig binnelandse produksie van invoere aan, sodat verbruikers dit op
plaaslike markte sal koop
• Vermeerder totale aanbod van goedere en dienste om tekorte aan
plaaslike goedere te vermy
• Devaluering van die rand om invoere relatief duurder te maak.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)
(Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van feite /
voorbeelde.) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) EKONOMIE V1 7
VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE
3.1 3.1.1 Noem enige TWEE probleme van openbare sektor voorsiening.
• Aanspreeklikheid
• Doeltreffendheid
• Assessering van behoeftes
• Prysbeleid
• Parastatale
• Privatisering/Nasionalisering (Enige 2 x 1) (2)
3.1.2 Wat is die betekenis van ʼn surplus op die lopende rekening
van die betalingsbalans?
• Die waarde van die rand sal styg as gevolg van netto invloei van
buitelandse valuta
• Openbare skuld wat gebruik om die betalingsbalans-tekort (BOP)
te dek sal verminder/minder lenings.
• Buitelandse reserwes kan vermeerder daarby verbeter dit die
finansiële posisie van die land.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Gee die ekonomiese konsep wat in die tabel hierbo geïllustreer
word.
Betalingsbalans/BOP (1)
3.2.2 Watter lopende rekening-item word gebruik om skenkings aan
te teken?
Lopende oordragte (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term handelsbalans.
Dit is die verskil tussen die waarde van handel-uitvoere plus net
goud uitvoere en die handel-invoere.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.4 Waarom is netto gouduitvoersyfers positief in Suid-Afrika?
Dis omdat Suid-Afrika die wêreld se grootste uitvoerder van goud is
en daarom is ʼn netto uitvoerder. (2)
3.2.5 Bereken die saldo op die lopende rekening vir die tweede
kwartaal van 2019. Toon ALLE berekenings.
Lopende rekeningsaldo = (invloeie) – (uitvloeie) + (lopende
oordragte )
= (1 233 + 50 + 213 + 106) – (1 314 + 229 + 230) + (-35)
= 1 602 – 1773 – 35
= - 206 (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2023)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Gee ʼn naam vir die grafiek.
Phillips-kurwe/kromme (1)
3.3.2 Wat is die oorspronklike natuurlike werkloosheidsyfer in die
grafiek hierbo?
14% (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term nuwe ekonomiese paradigma.
Die nuwe ekonomiese paradigma verwys na die regeringsbeleide
wat ontwerp is om hoë vlakke van ekonomiese groei te bevorder
sonder om aanbod beperkings en prysinflasie te beïnvloed.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.4 Verduidelik hoe die regering sy fiskale beleid kan gebruik om
die herstel van ʼn ekonomie te bespoedig.
Die regering kan die herstel van die ekonomie bespoedig deur:
• Vermindering van belasting wat verbruikers en maatskappye
meer geld sal gee om te bestee op goedere en dienste en
maatskappye om hulle produksiekapasiteit uit te brei.
• Vermeerder regeringsbesteding wat gemiddelde besteding en
vraag, en dit sal ekonomiese aktiwiteite en werkskepping
stimuleer.
• Vermeerder regeringsbesteding en gelyktydig verminder
belasting.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 1) (2)
3.3.5 Met behulp van ʼn grafiek, illustreer die effek van vraag- en
aanbodkant beleide om sakesiklusse uit te stryk.
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) EKONOMIE V1 9
3.4 Verduidelik die effek van ʼn toename in massaproduksie op
internasionale handel.
Effek van ʼn toename in massaproduksie op internasionale handel:
• ʼn Styging in produksie as gevolg van massaproduksie kan tot ʼn styging
in die aanbod van goedere en dienste in buitelandse markte lei
• ʼn Styging in uitvoere sal lei tot ʼn invloei van buitelandse valuta wat die
aanbodkurwe na regs laat beweeg.
• Dit sal tot die appresiasie van die waarde van die rand lei.
• Verskaf meer werksgeleenthede wat sal lei tot ʼn styging in die vraag na
buitelandse goedere wat bydrae tot internasionale handel en wat lei
tot ʼn groter toegang tot verskeidenheid van goedere en dienste.
• Meeste vervaardigde produkte benodig grootskaalse produksie om
bekostigbaar en winsgewend te wees.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (8)
3.5 Hoe kan ʼn resessie die verskillende ekonomiese deelnemers negatief
beïnvloed?
• Die belastingbasis van die regering kan krimp omdat sommige
besighede hul bedrywighede kan staak en werkers hulle werk
verloor.
• Maatskaplike besteding deur die regering kan toeneem namate
armoede en werkloosheidsvlakke tydens die resessie toeneem
• Staatskuld kan toeneem namate die regering probeer om fondse in te
samel vir sommige van sy kritieke uitgawes.
• Huishoudings kan hul werk verloor en nie nuwe werk kry nie aangesien
produksie van goedere en dienste afneem
• Besighede kan ʼn lae vraag na goedere en dienste ervaar aangesien
verbruikers sommige van hul uitgawes uitstel
• Besighede se vertroue kan afneem en sodoende hulle ontmoedig om in
die ekonomie te belê
• Besighede kan minder inkomste genereer, wat minder winste tot gevolg
hê
• Die buitelandse sektor sal minder Suid-Afrikaanse uitvoere hê namate
binnelandse produksie toeneem.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMISE STREWES
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE instrumente van die monetêre beleid.
• Rentekoerse
• Kontantreserwes vereistes
• Ope-mark transaksies
• Morele oorreding
• Wisselkoersbeleid (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan ondoeltreffendheid tot lei?
Dit kan lei tot mislukking in die openbare sektor wanneer:
• Teikens wat gemis word in verband met inflasie, groei en
indiensneming.
• Daar is onbevoegdheid in die gebruik van monetêre en fiskale
beleide en die harmonisering daarvan
• Daar is ʼn versuim om bestaande beleide met geskikte effektiewe
beleide aan te vul.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Noem die tydperk van die sakesiklus waartydens die vlak van
ekonomiese aktiwiteite toeneem.
Opswaai/uitbreiding (1)
4.2.2 Noem EEN tipe sakesiklus.
• Kitchin-siklus
• Kondratief-siklus
• Jugler-siklus
• Kuznets-siklus (Enige 1 x 1) (1)
4.2.3 Bespreek kortliks die term sakesiklus.
Opeenvolgende periodes van stygende en dalende ekonomiese
aktiwiteite.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2)
4.2.4 Hoe kan natuurrampe fluktuasies in sakesiklusse beïnvloed?
Swak weer kan fluktuasies beïnvloed deur:
• Verminder die produktiwiteit van die landbousektor wat ʼn
afswaai veroorsaak in die ekonomie. ✓✓
• Kontraksies in sakesiklusse word veroorsaak as gevolg van ʼn
afname in die aanbod van landbouprodukte ✓✓
• Vermindering van grondstowwe wat gebruik word om ander
goedere te produseer wat dus ʼn vertraagde groei in die vlak van
ekonomiese aktiwiteite veroorsaak. ✓✓
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) EKONOMIE V1 11
4.2.5 Hoe het die Keynesiaanse (endogene) denkrigting
sakesiklusse beïnvloed?
• Die Keynesiaanse (endogene) siening is dat markte inherent
onstabiel is en daarom is regerings inmenging noodsaaklik om
die ekonomie te stabiliseer.
• Hulle argumenteer dat die totale waarde van besteding bring
verandering in vraag
• Regering kan inmeng deur die fiskale beleid wat belasting en
regerings besteding insluit.
• Gedurende ʼn resessie, kan die regering hulle besteding
vermeerder en belasting verminder (stimuleer)
• Dit sal die vlak van ekonomiese aktiwiteit vermeerder bv.
produksie, indiensneming, inkomste en vraag
• Gedurende ʼn piek kan die regering belasting vermeerder en
regeringsbesteding verminder
• Dit sal lei tot ʼn verminderde inkomste, vermindering in die
vraag na die produksiefaktore en besteding
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Identifiseer die instansie wat verantwoordelik is vir die
publisering van die data hierbo
Statistiek Suid-Afrika/Stats SA (1)
4.3.2 Wat is die tendens in die indeks van invoerpryse?
• ʼn Daling/afname (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term handelsvoorwaardes.
Die verhouding tussen die indeks van uitvoerpryse en die indeks
van invoerpryse / Die verhouding tussen uitvoerpryse en
invoerpryse / Dit druk ʼn land se uitvoerpryse in terme van sy
invoerpryse uit.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (2)
4.3.4 Wat kan ʼn verbetering in die land se handelsvoorwaardes
(ruilvoet) bring?
ʼn Styging in uitvoerpryse / ʼn Daling in invoerpryse. (2)
4.3.5 Bereken die handelsvoorwaardes vir Maart 2022 (A). Toon
ALLE berekenings.
Ruilvoet = indeks van uitvoerpryse/indeks van invoerpryse x 100
= 109,7 /107,7 x 100
= 101,8 (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2023)
4.4 Bespreek kortliks absolute en komparatiewe voordeel as redes vir
internasionale handel.
Absolute voordeel:
• Absolute voordeel beteken dat die land daardie goed of diens beter as
enigiemand anders/teen die laagste koste kan produseer.
• ʼn Land met ʼn absolute voordeel maak ekonomiese winste deur te
spesialiseer in wat hy die beste doen
• ʼn Basis vir handel bestaan aangesien dit sin maak dat hierdie land in die
produksie van hierdie goed spesialiseer en dit dan verruil vir goedere
waarin ander lande ʼn absolute voordeel het.
• Elke land spesialiseer daarin om te produseer wat hulle die beste doen
en voer daardie produkte in wat hulle goedkoper van die buiteland kan
koop as van plaaslike produsente.
• Al het die land absolute voordeel in die produksie van alles, hoef dit nie
noodwendig alles te produseer en selfversorgend te wees nie, as gevolg
van die beginsel van vergelykende voordeel.
Komparatiewe voordeel:
• Die beginsel van komparatiewe voordeel bepaal dat twee lande onder
sekere omstandighede kan baat by handel as een van hulle meer
doeltreffend as die ander is om alles te produseer.
• Komparatiewe voordeel stel geleentheidskoste bekend as `n faktor vir
ontleding in die keuse tussen verskillende opsies vir produksie
diversifikasie Komparatiewe voordeel stel dat daar voordeel vir alle
partye in handel sal wees as lande spesialiseer in die vervaardiging van
goedere waarin hulle ʼn komparatiewe voordeel het (laagste
geleentheidskoste).
• ʼn Land het ʼn komparatiewe voordeel in die produksie van ʼn goed of
diens wat teen ʼn laer geleentheidskoste vervaardiging word as sy
handelsvennote
• Lande verhoog hulle ekonomiese welvaart deur die goedere uit te voer
wat hulle relatief meer doeltreffend is om te produseer en die goedere in
te voer wat ander lande relatief meer doeltreffend is om te produseer (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) EKONOMIE V1 13
4.5 Hoekom is prysstabiliteit belangrik om uiterse skommelinge in
sakesiklusse te voorkom?
Prysstabiliteit is belangrik om uiterste skommelinge in sakesiklusse
te voorkom:
• Dra by tot hoë vlakke van ekonomiese aktiwiteite en indiensneming
• Verbeter die deursigtigheid van die prysmeganismes sodat mense
veranderinge in die relatiewe pryse kan herken sonder om verwar te
word deur veranderinge in die algehele prys
• Laat mense toe om goed ingeligte verbruiksbesluite te neem
• Buitelandse beleggings aan te moedig om groei te bevorder
• Help om hulpbronne meer doeltreffend toe te wys
• Vermy onproduktiewe aktiwiteite wat soms gebruik word om ʼn mens
teen die impak van hoë inflasie te beskerm.
• Vermy die risiko van deflasie wat dit moeiliker maak om beleide te
implementeer om daarteen te waak.
• Implementeer inflasieteikens deur die verdraaiing van inflasie of
deflasie te verminder wat op verdraaiing impak op die ekonomiese
gedrag van belasting en sosiale sekerheid vererger
• Verhoed ʼn arbitrêre herverdeling van rykdom en inkomste as gevolg
van onverwagte skommelinge
• Hou rentekoers onveranderd om te verseker dat daar deurlopende
groei in die ekonomie is sonder enige groot fluktuasies
• Pas die kontant reserwes vereistes aan wat banke sal verplig om
krediet/geld in omloop te beperk
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2023)
AFDELING C
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
• Bespreek in detail die markte binne die vier-sektor model. (26 punte)
• Hoe kan die sakesektor meer positief tot die ekonomie bydra? (10 punte)
INLEIDING
• Markte koördineer ekonomiese aktiwiteite en bepaal pryse vir goedere en
dienste
• Die sirkel vloeimodel is ʼn vereenvoudigde voorstelling van die interaksies tussen
die deelnemers van die ekonomie
(Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.) (2)
HOOFGEDEELTE
Goedere/Produkte/Uitsetmarkte
• Dit is markte vir verbruikersgoedere en dienste
• In ekonomie word onderskeid getref tussen goedere en dienste:
• Goedere word gedefinieer as tasbare items soos kos, klere en motors wat
sommige menslike behoeftes bevredig
• Koop en verkoop van goedere wat geproduseer in markte sluit:
- Kapitaalgoedere mark is vir geboue en masjinerie
- Verbruikersgoedere mark is vir die verhandeling van duursame
verbruikersgoedere, semi-duursame verbruikers goedere en nie-duursame
verbruikersgoedere
- Dienste word gedefinieer as nie tasbare items en sluit groothandelaars en
kleinhandelaars vervoer en finansiële markte
• Vloei van private en openbare goedere en dienste is werklike vloeie en dit gaan
gepaard met teenvloeie van uitgawes en belasting op die produkmark
Faktor/Hulpbronne/Insette markte
• Produksiefaktore word op hierdie markte gekoop en verkoop word in die
faktormark
• Die faktor sluit arbeid, eiendomme en finansiële markte in
• Faktor dienste is werklike vloeie en dit gaan gepaard met teen vloeie van
inkomste op die faktor mark
Finansiële markte
• Hulle is nie direk betrokke by die produksie van goedere en dienste nie maar
dien as ʼn skakel tussen huishoudings, sakesektor en ander deelnemers met
surplus fondse.
• Banke, versekeringsmaatskappye en pensioenfondse vorm deel van die
finansiële mark
Geld markte
• In die geldmark, word baie korttermyn gespaar en op kort term-myn geleen
(minder as 3 jaar) deur verbruikers en besighede.
• Produkte wat hier verhandel word is bank obligasies(skuldbriewe), skatwissels
en staatseffekte.
• Die SARB is die sleutel-instansie in die geldmark.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) EKONOMIE V1 15
Kapitaalmarkte
• In die kapitaalmark is wat langtermynfondse (3 jaar en langer) gespaar en
geleen word deur verbruikers en ondernemings.
• Die Johannesburg Sekuriteitsbeurs ʼn sleutel-instansie in die kapitaalmark.
• Produkte verkoop in hierdie mark is verbandlenings en aandele.
Buitelandse markte
• Op die buitelandse valutamark koop/verkoop besighede buitelandse valuta om
vir ingevoerde goedere en dienste te betaal
• Hierdie transaksies vind in banke plaas en bestaan uit ʼn elektroniese
geldoorplasing van een rekening na ʼn ander.
• Die belangrikste buitelandse wisselmarkte is in Londen/New York/Tokio
• Die SA rand word vrylik op hierdie markte verhandel en die SARB het geen
beheer daaroor nie
• Invoer en uitvoer is werklike vloeie en dit gaan gepaard met teenvloeie van
uitgawes en inkomste op die buitelandse valutamark
• (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord ) (Maks. 26) (26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Hoe kan die sakesektor meer positief tot die ekonomie bydra?
Die sakesektor kan meer positief bydrae deur:
• Om meer te belê in arbeidsintensiewe projekte met die fokus op hierdie
opleiding en vaardigingsontwikkeling van werkers
• Om hul winste in bruto kapitaalvorming programme te herbelê toerusting,
gereedskap, vervoerbates en elektrisiteit
• Hul sakebedrywighede uit te brei en in die nuutste tegnologie te belê om ʼn
opheffing van die kwaliteit van produksiefaktore wat vir produksie benodig
word, te verseker.
• om hul besigheidsbedrywighede te diversifiseer deur ʼn gedifferensieerde
produk aanbieding binne of buite die reeks wat hulle produseer in te bring
• ondersteun Suid-Afrikaanse besighede in die verkryging van rou materiale en
vermeerder hulle markaandele vir Suid-Afrikaanse produkte wat plaaslik en
oorsee vervaardig word.
• verseker die bestaan van gesonde besigheidsbeginsels vir langtermyn
betrokkenheid by die ekonomie wat tot ʼn positiewe ekonomiese groeikoers
lei
• gebruik van lenings om in kapitaalgoedere soos masjinerie te belê om
massaproduksie teen ʼn laer koste te verseker en sodoende hul
mededingendheid te verbeter.
(Aanvaar enige relevante korrekte antwoord) (Mak. 10) (10)
Slot
Markte is krities belangrike instellings in ons ekonomiese stelsel, omdat hulle die
mark reguleer, om prysstabiliteit en algemene sakevertroue te verseker.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Maks. 2) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
• Bespreek in detail die hoofdoelwitte van die openbare sektor in die
ekonomie. (26 punte)
• Hoe effektief is die Suid-Afrikaanse regering om volle indiensneming te
bewerkstellig? (10 punte)
INLEIDING
Die regering verskaf goedere en dienste wat nie deur die mark voorsien word nie
en speel dus ʼn groot rol in die regulering van ekonomiese aktiwiteite, leiding en
vorming van die ekonomie.
(Aanvaar enige korrekte relevante inleiding.) (2)
HOOFGEDEELTE
Ekonomiese groei
• Verwys na ʼn toename in produksie van goedere en dienste
• Gemeet in terme van reële BBP
• Ekonomiese groei vind plaas wanneer die ekonomiese groeikoers hoër is as
die bevolkingsgroei
• ʼn Land se inwoners vind baat by groei en ontwikkeling omdat dit telkens tot `n
hoër lewenstandaard lei
• Formule gebruik:
Reële BBP huidige jaar – Reële BBP vorige jaar x 100
Reële BBP =
Reël BBP vorige jaar
Volle indiensneming
• Dit is wanneer almal wat wil werk en werk soek, die geleentheid moet hê om
te kan werk
• Hoë indiensnemingvlakke is die belangrikste ekonomiese doelwit van die
staat
• Die werkloosheidskoers het oor die afgelope paar jaar gestyg
• Gestremde mense het benadeelde status in Suid-Afrika.
• Informele sektor-aktiwiteite moet aangemoedig word omdat dit ʼn sektor is
waar indiensneming toeneem
• Vir werkskepping om te styg, moet produksie ook verhoog word.
• Formule:
= getal werklose persone x 100
Werkloosheidskoers
Totaal EAB
Wisselkoers-stabiliteit
• Doeltreffende monetêre en fiskale beleide moet in werking wees om
wisselkoerse relatief stabiel te hou.
• Daling en styging in die waarde van die geldeenheid lei tot onsekerheid vir
vervaardigers en handelaars en moet beperk word.
• Die SARB het die wisselkoers van ʼn beheerde swewing na ʼn vry-swewing
wisselkoers omgeskakel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) EKONOMIE V1 17
Prysstabiliteit
• Stabiele pryse bring beter resultate in terme van werkskepping en ekonomiese
groei mee.
• Die SARB se inflasieteiken is 3–6%
• Rentekoerse, gebaseer op die repokoers, is die hoofinstrumente wat in die
stabilisasiebeleid gebruik word.
• Die stabiele begrotingstekort het ook ʼn stabiliserende uitwerking op die
inflasiekoers
Ekonomiese regverdigheid / Ekonomiese regverdigheid
• Herverdeling van inkomste en welvaart is belangrik.
• Suid-Afrika het ʼn progressiewe inkomste belastingstelsel.
winsbelasting, welvaartbelasting, belasting op kapitaalwins en belasting op
besteding word gebruik om gratis dienste mee te finansier
• Gratis maatskaplike dienste is basiese onderwys; primêre gesondheidsorg en
finansiering van basiese ekonomiese dienste
• Bv. kontantskenkings aan die armes, bv.. kindertoelae en kontantskenkings
aan mense wat kwesbaar is, bv. ongeskiktheidstoelae
• Progressiewe belasting beteken dat die hoër inkomstegroepe ʼn groter
persentasie van hul inkomste as betalings betaal
Betalingsbalans ewewig
• Die surplus of tekort op die handelsbalans moet tot die minimum beperk word
deur invoere te beperk en uitvoere te bevorder
• Dit kan gedoen word deur ʼn buitelandse handelsbeleid wat fokus op
uitvoerbevordering, invoervervanging en beskerming.
• Huishoudelike nywerhede met spesiale fokus op die sekondêre sektor moet
ook ontwikkel word (Maks. 26 punte) (26)
ADDISIONELE GEDEELTE
• Werkloosheid het 30% oorskry en dit sal waarskynlik nog styg.
• Werksgeleenthede word geniet deur mense wat nie bekwaam is nie, en nie
geskik is vir die werk nie
• Die GEAR-strategie het nie werklik die beoogde resultate in terme van
indiensneming verbeter nie
• EPWP skep werk wat nie volhoubaar is nie en wat onproduktief is
• Regeringsinisiatiewe om vaardighede aan sy mense te verskaf is nie gelyk
aan die vraag na arbeid nie.
• Daar word geargumenteer dat ʼn groter persentasie van die land se begroting
gaan na vergoeding en baie min wat vir werkskepping oorbly.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10) (10)
SLOT
Terwyl sekere sukses deur die regering bereik is, word die vervulling van sommige
doelwitte in die gedrang gebring deur faktore soos ʼn gebrek aan aanspreeklikheid,
korrupsie, begroting, nepotisme en onbevoegdheid.
(Aanvaar enige korrekte relevante hoë-orde slot) (Mak. 2) (2)
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper