Skip to content

Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202313 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2023 EKONOMIE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste aantal oorskry, sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) EKONOMIE V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) 30 PUNTE – 20 MINUTE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D. 1.1.1 Nasionale inkomste sal toeneem wanneer … A I + G + X = S + T + M. B I + G + X > S + T + M. C I + G + X < S + T + M. D I + G + X – S + T + M. 1.1.2 Een van die grootste uitdagings wanneer die nasionale inkomstesyfers bereken word, is ... A dubbeltelling. B die residuele item. C vergoeding van werknemers. D netto inkomste. 1.1.3 Die wisselkoersstelsel waardeur markkragte absolute beheer het, word die … wisselkoersstelsel genoem. A vaste B vryswewende C beheerde D absolute 1.1.4 Gesamentlike aanbod in die ekonomie kan deur … gestimuleer word A die verhoging van koste B ondoeltreffendheid van insette te verbeter C dieselfde koste te handhaaf D die doeltreffendheid van markte te verbeter 1.1.5 Die instelling wat jaarliks skriftelike verslae aan die parlement verskaf oor die standaard van finansiële bestuur van elke staatsdepartement: A Tesourie beheer B Ministeriële verantwoordelikhede C Ouditeur-generaal D Parlementêre ondervraging Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2023) 1.1.6 Openbare goedere waar vry-ryers uitgesluit word deur fooie, heffings of tolgeld, is … -goedere. A kollektiewe B privaat C gemeenskap D verbruiksgoedere 1.1.7 Wanneer ʼn geldeenheid … is, kan rentekoerse verlaag word wat tot ʼn uitvloei van buitelandse valuta sal lei. A oorwaardeer B gedepresieer C onderwaardeer D waardeer 1.1.8 Die tipiese skommelinge van ʼn sakesiklus sal ʼn ... wees. A opswaai – afswaai – trog – piek B piek – afswaai – opswaai – trog C piek – opswaai – trog – afswaai D afswaai – trog – opswaai – piek (8 x 2) (16) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) EKONOMIE V1 5 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Progressiewe A aankoop van bates soos aandele of belastingstelsel effekte, waar die belegger slegs in die verwagte finansiële opbrengs op die belegging belangstel 1.2.2 Nasionale rekening B gemeet van piek tot piek of trog tot trog gemiddelde 1.2.3 Amplitude C toon die regering se geprojekteerde inkomste en uitgawes vir drie jaar 1.2.4 Portefeulje- D gehef volgens die bedrag verdien beleggings 1.2.5 Mediumtermyn- E internasionale riglyne vir die bestedings- ontwikkeling en verslagdoening van raamwerk statistieke wat oor lande vergelykbaar is 1.2.6 Spesiale F bestudeer die gedrag en prestasie van trekkingsregte ʼn ekonomie as geheel 1.2.7 Stelsel van G verskil in die waarde van totale uitset Nasionale tussen ʼn piek en ʼn trog rekeninge 1.2.8 Makro-ekonomie H ʼn internasionale reserwebate wat deur die IMF geskep is om die amptelike reserwes van sy lidlande aan te vul. I ʼn opsomming van ʼn land se ekonomiese aktiwiteit van produksie, inkomste en uitgawes (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2023) 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 ʼn Klein aanvanklike toename in besteding produseer ʼn proporsioneel groter toename in totale nasionale inkomste 1.3.2 ʼn Aanduiding van die algemene rigting van die ekonomie 1.3.3 Die optrede deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank om af en toe die balans te verander wat banke moet handhaaf. 1.3.4 ʼn Doelbewuste afwaartse aanpassing aan die waarde van ʼn land se geldeenheid, relatief tot ʼn ander geldeenheid 1.3.5 ʼn Model wat die verband tussen belastingkoerse en belastinginkomste toon 1.3.6 ’n Regeringsbeleid wat staatsuitgawes en belasting gebruik om ekonomiese aktiwiteit te beïnvloed (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) EKONOMIE V1 7 AFDELING B VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE draaipunte van ʼn sakesiklus. (2) 2.1.2 Hoe kan ʼn groter marginale spaargeneigdheid (msg) die grootte van die vermenigvuldiger beïnvloed? (2) 2.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NASIONALE INKOMSTE REKENINGE VAN SUID-AFRIKA R miljoene 2020 2021 Vergoeding van werknemers 2 678 050 2 861 309 Netto bedryfsurplus 1 493 978 1 795 000 Vaste kapitaalverbruik 752 613 797 230 Bruto toegevoegde waarde teen faktorkoste 4 924 641 5 453 539 Ander belasting op produksie 118 022 131 563 Ander subsidies op produksie 13 088 12 494 A 5 029 575 5 572 608 Belasting op produkte 541 457 633 854 Subsidies op produkte 14 116 13 965 Bruto binnelandse produk teen markpryse 5 556 916 B [Aangepas uit SARB KB, Desember 2021] 2.2.1 Watter metode van berekening word in die tabel hierbo gebruik om die bruto binnelandse produk te bepaal? (1) 2.2.2 Noem die ontbrekende item gemerk (A). (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term subsidies op produksie. (2) 2.2.4 Hoe sal jy BBP na BNP omskakel? (2) 2.2.5 Bereken die waarde van BBP teen markpryse vir 2021 (B). Toon alle berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2023) 2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die president van Suid-Afrika het aangekondig dat die departement van energie Eskom sal oorneem. Daar was ʼn poging om Eskom en die hele bedryf in dit in die laat 90’s te privatiseer, maar dit is laat vaar aangesien geen private maatskappy wou meeding met onvolhoubare en onwinsgewende elektrisiteitspryse gerugsteun deur belasting en skuld nie. [Aangepas en vertaal uit Nuus 24.net] 2.3.1 Noem die parastataal waarna in bogenoemde inligting verwys word. (1) 2.3.2 Wie is indirek verantwoordelik vir die redding van staatsondernemings in Suid-Afrika? (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term privatisering. (2) 2.3.4 Verduidelik ondoeltreffendheid as ʼn kenmerk van openbare sektor- mislukking. (2) 2.3.5 Hoe kan staatsondernemings tot die uitbreiding van die ekonomie bydra? (4) 2.4 Bespreek kortliks leidende en saamvallende aanwysers as kenmerke wat in vooruitskattings gebruik word. (8) 2.5 Hoe kan Suid-Afrika invoer verminder om die betalingsbalanstekort (BOP) reg te stel? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) EKONOMIE V1 9 VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE probleme van openbare sektor voorsiening. (2) 3.1.2 Wat is die betekenis van ʼn surplus op die lopende rekening van die betalingsbalans? (2) 3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord vrae wat volg. Jare 2018 2019 Kwartale K1–4 K1 K2 K3 K4 Lopende rekening- R bn R bn R bn R bn R bn items Uitgevoerde goedere 1176 1193 1233 1258 1260 Netto gouduitvoer 72 56 50 70 93 Dienste ontvangste 210 208 213 215 215 Inkomste ontvangste 97 123 106 117 121 Huidige oordragte -35 -36 -35 -36 -36 Ingevoerde goedere 1223 1207 1314 1284 1250 Betalings van dienste 218 221 229 226 230 Inkomstebetalings 251 266 230 303 241 [Aangepas uit SARB KB, Desember 2019] 3.2.1 Gee die ekonomiese konsep wat in die tabel hierbo geïllustreer word. (1) 3.2.2 Watter lopende rekening-item word gebruik om skenkings aan te teken? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term handelsbalans. (2) 3.2.4 Waarom is netto gouduitvoersyfers positief in Suid-Afrika? (2) 3.2.5 Bereken die saldo op die lopende rekening vir die tweede kwartaal van 2019. Toon ALLE berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2023) 3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NUWE EKONOMIESE PARADIGMA [Bron: Geniet Ekonomie, Bl. 56] 3.3.1 Gee ʼn naam vir die grafiek hierbo gegee. (1) 3.3.2 Wat is die oorspronklike natuurlike werkloosheidsyfer in die grafiek hierbo? (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term nuwe ekonomiese paradigma. (2) 3.3.4 Verduidelik hoe die regering sy fiskale beleid kan gebruik om die herstel van ʼn ekonomie te bespoedig. (2) 3.3.5 Met behulp van ʼn grafiek, illustreer die effek van vraag- en aanbodkantbeleide om sakesiklusse uit te stryk. (4) 3.4 Verduidelik die effek van ʼn toename in massaproduksie op internasionale handel. (8) 3.5 Hoe kan ʼn resessie die verskillende ekonomiese deelnemers negatief beïnvloed? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) EKONOMIE V1 11 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE instrumente van die monetêre beleid. (2) 4.1.2 Hoe kan ondoeltreffendheid lei tot mislukking in die openbare sektor? (2) 4.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SAKESIKLUSSE Ekonomieë kan versteur word deur baie faktore wat kan lei tot afswaaie en dit kan ook deur periodes van groei en voorspoed gaan. Lande moet maniere vind om sakesiklusse te hanteer om stabiele ekonomieë te bereik. [Bron: www. https://www.ekonlib.org/biblioteek/Enc/Sakesiklusse.html] 4.2.1 Noem die tydperk van die sakesiklus waartydens die vlak van ekonomiese aktiwiteite toeneem. (1) 4.2.2 Noem EEN tipe sakesiklus. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term sakesiklus. (2) 4.2.4 Hoe kan natuurrampe fluktuasies in sakesiklusse beïnvloed? (2) 4.2.5 Hoe het die Keynesiaanse (endogene) denkrigting sakesiklusse beïnvloed? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2023) 4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA: HANDELSVOORWAARDES 2022 Maand Indeks van Indeks van Handels- invoerpryse uitvoerpryse voorwaardes Januarie 108,2 102,9 95,1 Februarie 107,9 105,4 97,6 Maart 107,7 109,7 A [Aangepas uit https://www.statssa.gov.za/publikasies/P01427/P01427Maart2022.pdf] 4.3.1 Identifiseer die instansie wat verantwoordelik is vir die publisering van die data hierbo. (1) 4.3.2 Wat is die tendens in die indeks van invoerpryse? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term handelsvoorwaardes. (2) 4.3.4 Wat kan ʼn verbetering in die land se handelsvoorwaardes (ruilvoet) bring? (2) 4.3.5 Bereken die handelsvoorwaardes vir Maart 2022 (A). Toon ALLE berekeninge. (4) 4.4 Bespreek kortliks absolute en komparatiewe voordeel as redes vir internasionale handel. (8) 4.5 Hoekom is prysstabiliteit belangrik om uiterste skommelinge in sakesiklusse te voorkom? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2023) EKONOMIE V1 13 AFDELING C Beantwoord enige EEN vraag van die TWEE vrae in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laer-orde antwoord. Maks. 2 • ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer. • Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE. • Moenie enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE. • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande Maks. 26 bespreking/Ondersoek /Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/ Evalueer/ Onderskei/Verduidelik /Teken ʼn grafiek en verduidelik/ Gebruik die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/ Maks. 10 Assesseer/Debatteer ʼn Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word. Bykomende gedeelte: Bespreek krities/ Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/ Lei af/Vergelyk/Onderskei/ Interpreteer/Hoe?/Stel voor ʼn Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: • ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling Maks. 2 van enige feite wat reeds genoem is • Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is • Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk • ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die markte binne die vier-sektormodel. (26 punte) • Hoe kan die sakesektor meer positief tot die ekonomie bydra? (10 punte) [40] VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die hoofdoelwitte van die openbare sektor in die ekonomie. (26 punte) • Hoe effektief is die Suid-Afrikaanse regering om volle indiensneming te bewerkstellig? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all