Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2022
EKONOMIE V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers %20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)



%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)

View all




_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 Memo (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape June
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 295.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape June 2022
Questions in this paper
- Question 1.1The circular flow model, national account aggregates and the multiplier16 marks
- Question 1.2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier8 marks
- Question 1.3The circular flow model, national account aggregates and the multiplier6 marks
- Question 2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
- Question 3The role of the public sector40 marks
- Question 4The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2022)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C ‒ Spesialiseer ✓✓
1.1.2 D ‒ die doeltreffendheid van markte te verbeter ✓✓
1.1.3 A ‒ sentrale ✓✓
1.1.4 B ‒ dubbeltelling ✓✓
1.1.5 C ‒ bruto kapitaalvorming ✓✓
1.1.6 A ‒ tendenslyn ✓✓
1.1.7 B ‒ die gemiddelde belastingkoers is dieselfde vir alle
belastingbetalers ✓✓
1.1.8 D ‒ depresiasie ✓✓ (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 G ‒ ook bekend as die nasionale produk teen konstante pryse ✓
1.2.2 I ‒ die minimum bedrag geld wat die Suid-Afrikaanse
Reserwebank van banke vereis om in stand te hou om
geldskeppingsaktiwiteite te manipuleer ✓
1.2.3 A ‒ ʼn aansporing wat aan vervaardigers gegee word om die koste
van produksie te verminder ✓
1.2.4 F ‒ ʼn voorbeeld van oordragbetalings ✓
1.2.5 B ‒ waar hulpbronne nie hertoegewys kan word om een individu
beter daaraan toe te maak, sonder om ten minste een individu
slegter daaraan toe te maak nie ✓
1.2.6 C ‒ toon die manier waarop goedere en dienste in die ekonomie
geproduseer en verbruik word ✓
1.2.7 H ‒ waarde van uitvoere minus invoere ✓
1.2.8 E ‒ ʼn vorm van krediet wat die IMF kan gebruik vir ʼn konsekwente
onewewigheid ✓ (8 x 1) (8)
1.3 GEE DIE TERM
1.3.1 Tersiêre ✓
1.3.2 Outonoom ✓
1.3.3 Kuznets ✓
1.3.4 Phillips ✓
1.3.5 Saamgestelde aanwyser ✓
1.3.6 Internasionale handel ✓ (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V1 3
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem TWEE soorte sekuriteite wat in die geldmark gevind
word
• bankier se aanvaarding ✓
• skatkiswissels ✓
• Reserwebank skuldbriewe ✓
• korttermyn staatseffekte ✓
• korttermyn maatskappy-skuldbriewe ✓ (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 Hoekom gee die regering oordragbetalings aan
gemeenskappe?
Oordragbetalings word deur die regering aan gemeenskappe
gegee om:
• herverdeel van inkomste / (verlig of verminder armoede) ✓✓
• die wanbalanse van die verlede reg te stel / gelykheid te
bevorder ✓✓
• die gaping tussen ryk en arm te verklein ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Identifiseer ʼn voorbeeld van ʼn inspuiting hierbo.
Staatsbesteding ✓ (1)
2.2.2 Noem ʼn faktor wat die grootte van die vermenigvuldiger
beïnvloed.
Mvg/msg ✓ (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term vermenigvuldiger.
• Toon hoe ʼn toename in besteding ʼn meer as proporsionele
toename in nasionale inkomste produseer.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.2.4 Verduidelik die gebruik van die vermenigvuldiger deur die
regering.
• Die regering gebruik die vermenigvuldiger om die totale
uitwerking van beleggings, uitvoerinkomste en
staatsbesteding op die ekonomie te bepaal
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2022)
2.2.5 Wat is die negatiewe effek van lae besparings op ekonomiese
groei?
• Geen rente word verdien wanneer ander by die banke leen
nie
• Lae spaarkoers kan tot laer ekonomiese groeikoers lei
• Minder besparing kan die verspreiding van inkomste in die land
verminder
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer die sosio-ekonomiese uitdaging wat toegeneem
het toe die ekonomie ʼn insinking ondervind het.
Werkloosheid/werkverliese (1)
2.3.2 Noem die onderste draaipunt van ʼn sakesiklus.
Trog (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese resessie.
ʼn Negatiewe ekonomiese groeikoers vir ten minste twee
opeenvolgende kwartale / ʼn afname in ekonomiese uitset wat vir 6
maande of langer duur.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.3.4 Verduidelik die verband tussen BBP en sakesiklusse.
• die sakesiklus model wys hoe ʼn land se reële BBP oortyd
fluktueer en deur fases gaan namate totale uitset toeneem en
afneem
• oor die langtermyn toon die sakesiklus ʼn bestendige toename in
die potensiële uitset in ʼn vinnig groeiende ekonomie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
2.3.5 Hoekom is inflasie geneig om tydens ʼn resessie te daal?
Inflasie daal tydens resessie omdat:
• besighede het onverkoopte goedere en sal probeer om hul
goedere te verdiskonteer om van hul oortollige voorraad ontslae
te raak
• verlaagde pryse van goedere lei tot laer koste – wat inflasie
afdruk.
• namate werkloosheid toeneem, word dit moeiliker vir werkers om
vir hoër lone te beding
• lae vertroue in ʼn ekonomie verminder gewoonlik
inflasieverwagting
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V1 5
2.4 Onderskei tussen die bestedingsmetode en die inkomstemetode om die
Bruto Binnelandse Produk (BBP) te bepaal.
BESTEDINGSMETODE
• BBP teen markpryse word bepaal deur die besteding van die vier
hoofsektore van die ekonomie by te voeg ‒ huishoudings, regering,
besighede en die buitelandse sektor
• Deur hierdie metode te gebruik om die BBP te bepaal, lewer dit BBP teen
markpryse
• Ook as BBP(B) bekend
• BBB = C+I+G terwyl besteding aan BBP = C+I+G+X‒M
INKOMSTE-METODE
• BBP teen faktorpryse deur al die inkomste wat verdien word deur die
eienaars van die produksiefaktore (bruto binnelandse inkomste) by te
tel.
• Hierdie metode lewer BBP teen faktorkoste
• Ook as BBP bekend (I) (8)
2.5 Hoe kan monetêre beleid tot ekonomiese groei bydra?
Die monetêre beleid dra by tot ekonomiese groei deur:
• Verhoog die geldvoorraad om krediet aan huishoudings en maatskappye te
bevorder, wat verbruik en produksie positief beïnvloed
• Implementering van ope-marktransaksies deur sekuriteite en effekte terug
te koop, sal die geld wat beskikbaar is vir lenings verhoog word
• Die afwaartse aanpassing van rentekoerse sodat verbruikers meer geld kan
leen, wat die vraag na goedere en dienste sal stimuleer en produksie positief
sal beïnvloed
• Verminderde kontant reserwevereistes wat banke sal toelaat om meer geld
uit te leen wat produksie sal stimuleer (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE
3.1 3.1.1 Noem TWEE vloeie in ʼn oop sirkulêre vloei (kringloop) ekonomie.
• Werklike vloei
• Geldvloei (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoekom is dit nie moontlik om individue van die gebruik van
openbare goedere uit te sluit nie?
• Dit is onmoontlik om te verhoed dat individue die voordele
geniet
• Dit is nie moontlik nie, want sodra publieke goedere verskaf is,
kan dit deur almal gebruik word
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Identifiseer die deelnemer wat die produksiefaktore besit.
Huishoudings/verbruikers (1)
3.2.2 Noem EEN openbare goedere wat deur die staat verskaf word.
• Onderwys
• Gesondheid
• Welsynsdienste
• Behuising
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 1) (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term faktormark.
Dit is ʼn mark waar produksiefaktore gekoop en verkoop word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
3.2.4 Wat is die effek op nasionale inkomste as inspuitings minder as
onttrekkings is?
Nasionale inkomste sal afneem/daling/daal. (2)
3.2.5 Verduidelik die impak van ʼn afname in belasting op die vlak van
produksie.
• besteebare inkomste sal styg en besteding aan goedere en dienste
sal toeneem
• vlak van produksie sal toeneem soos die vermenigvuldiger sal
toeneem
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V1 7
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Identifiseer ʼn makro-ekonomiese doelwit van die openbare sektor
in die spotprent.
• Ekonomiese groei
• Volle indiensneming (Enige 1 x 1) (1)
3.3.2 Watter fiskale beleidsinstrument is die hoofbron van staats-
inkomste?
Belasting (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese groei.
Toename in die produksievermoë van die ekonomie/'n toename in die
produksie van goedere en dienste in ʼn land.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.4 Verduidelik hoe die mislukking van die openbare sektor tot sosiale
onstabiliteit kan lei
Openbare sektor mislukking kan lei tot sosiale onstabiliteit
wanneer:
• Daar swak dienslewering van goedere en dienste is.
• Daar is ʼn toename in armoede as gevolg van ʼn gebrek aan
vaardighede as gevolg van swak onderwys.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
3.3.5 Waarom sal Suid-Afrika waarskynlik misluk in die bereiking van sy
ekonomiese doelwitte?
• Amptenare in bestuur kort dikwels kennis, implementeer
regeringsbeleide verkeerd, het verskuilde agendas bv.
selfverryking
• Staatswerknemers kort motivering in die uitvoering van hul pligte
• Gebrek aan doeltreffendheid as gevolg van onbevoegdheid en
korrupsie
• Burokrasie kan vertragings in die implementering van projekte
veroorsaak
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks die rol van ondernemings in die ekonomiese-kringloop.
• Firmas koop die produksiefaktore by huishoudings in die faktormark
• Hulle gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer
• Besighede verkoop hierdie goedere en dienste aan huishoudings, die
regering en die buitelandse sektor
• Hulle tree op as kopers in die faktormark en verkopers in die goederemark,
met wins as hul doelwit
• Besighede ontvang ʼn inkomste van die ander drie deelnemers
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2022)
3.5 Evalueer die impak van die vermindering van die terugkoopkoers
(repokoers) op die ekonomie.
POSITIEWE
• Aanmoediging van lenings deur ekonomiese deelnemers aangesien die
prima rentekoers wat deur die kommersiële banke gehef word, ook kan
daal
• Vermindering van die finansiële las op besigheid en verbruikers met prima
gekoppelde lenings namate terugbetalings afneem
• Toenemende totale vraag na goedere en dienste met laer rentekoers wat
besparing ontmoedig (Enige 2 x 2)
NEGATIEWE
• Die vermindering van die land se aantreklikheid as ʼn
beleggingsbestemming aangesien laer rentekoers gelei het tot laer
opbrengs op sommige beleggingsportefeuljes
• Dit lei tot ʼn depresiasie van die geldeenheid teenoor die belangrikste
geldeenhede wat invoere duur maak
• Veroorsaak inflasie as toename in totale vraag nie gepaard gaan met
toename in totale aanbod nie (Enige 2 x 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 + 4) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V1 9
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 4.1.1 Noem TWEE tipes markte wat deel van die finansiële stelsel vorm.
• Kapitaalmark
• Geldmark (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoekom is dit belangrik om bewegende gemiddeldes te gebruik
om sakesiklusse te voorspel?
Dit verwyder fluktuasies in ekonomiese data wat dit makliker maak om
sakesiklusse te voorspel.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Gee ʼn voorbeeld van belasting op produkte.
• BTW
• Sondebelasting / aksynsbelasting
• Brandstofheffing
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 1) (1)
4.2.2 Noem die alternatiewe term wat vir bruto toegevoegde waarde in
nasionale rekeninge gebruik word.
Bruto Binnelandse Produk/BBP (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term sekondêre sektor.
Dit verwys na ʼn sektor waar goedere en dienste geproduseer
word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
4.2.4 Hoe word basiese pryse na markpryse omgeskakel?
Belasting op produkte word bygevoeg en subsidies op produkte word
afgetrek van die BBP teen basiese pryse om bruto binnelandse produk
teen markpryse te kry / BTW teen basiese pryse PLUS belasting op
produkte MINUS subsidies op produkte = BBP teen markpryse. (2)
4.2.5 Bereken die waarde van A. Toon ALLE berekeninge.
324 365 + 556 768 + 1 789 431
= 2 760 564
(Ken slegs 2 punte toe vir slegs antwoord.) (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2022)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Identifiseer die industrie in die sekondêre sektor wat die meeste
tot ekonomiese groei bygedra het in die diagram hierbo.
Vervaardiging (1 x 1) (1)
4.3.2 Gee EEN voorbeeld van ʼn industrie in die primêre sektor.
Mynbou / landbou / bosbou / visvang (Enige 1 x 1) (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term Bruto Binnelandse Produk.
Verwys na die totale waarde van finale goedere en dienste
geproduseer binne die grense / grense van die land gedurende ʼn
spesifieke tydperk van tyd. (2 x 1) (2)
4.3.4 Hoe beïnvloed die vergoeding van werknemers arbeids-
produktiwiteit?
• Gebrek aan beloning verlaag werknemers se produktiwiteit
• Beloonde werknemers kan tot verhoogde produktiwiteit lei
(Enige 1 x 2) (2)
4.3.5 Waarom is die vermenigvuldigingseffek op vervaardiging
belangrik in die ekonomie?
• Vervaardiging het soveel wesenlike bande met soveel ander
sektore regdeur die ekonomie, sy uitset stimuleer meer
ekonomiese aktiwiteit regoor die samelewing as enige ander
sektor
• Skep werk- en beleggingsgeleenthede in al die ander sektore wat
sy produkte gebruik, soos vervoer, konstruksie en kleinhandel.
• Dit stimuleer groei en dienste soos finansies en vervoer.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V1 11
4.4 Teken ʼn korrek benoemde diagram van ʼn sakesiklus, wat tendenslyn,
lengte, die amplitude en die trog duidelik aandui.
4
4
4
4
.
4
.
4
.
4
(8)
4.5 Met verwysing na die Phillips-kurwe, ontleed die verband tussen inflasie
en werkloosheid.
• Die Phillips-kurwe wys dat inflasie sal toeneem as daar minder
werkloosheid is
• Baie hoë inflasie kan tot stagflasie lei
• Die vraag na goedere en dienste kan sonder verhoogde indiensneming
gestimuleer word
• Kapitaalintensiewe produksieprosesse sal nie noodwendig tot verdere
werkskepping bydra nie
• Die werker kan van verlengde kredietfasiliteite gebruik maak om dieselfde
lewenstandaard te geniet wanneer hulle prysstygings ervaar
• Vaardigheidsontwikkeling en verbeterde onderwys wat indiensneming
verhoog, sal ʼn groter vraag na goedere en dienste skep
• Inflasieteikens (3%–6%) sal stagflasie voorkom
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2022)
AFDELING C
Beantwoord EEN van die TWEE vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
• Bespreek volledig die redes vir internasionale handel. (26 punte)
• Hoe kan ʼn swakker rand Suid-Afrika se handel met ander lande beïnvloed?
(10 punte)
INLEIDING
Internasionale handel behels die uitruil van goedere of dienste oor verskillende lande
in die wêreld.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks.) (2)
INHOUD: HOOFDEEL
Die grootte van die bevolking
• As daar ʼn toename in bevolkingsgroei is, veroorsaak dit ʼn toename in vraag,
aangesien meer mense se behoeftes bevredig moet word.
• Plaaslike verskaffers sal dalk nie in hierdie vraag kan voorsien nie.
Inkomstevlakke
• Veranderinge in inkomste veroorsaak ʼn verandering in die vraag na goedere en
dienste
• ʼn Toename in die per capita-inkomste van mense lei tot meer besteebare inkomste
wat aan plaaslike goedere en dienste bestee kan word, waarvan sommige dan
ingevoer sal moet word
ʼn Toename in die rykdom
• ʼn Toename in die rykdom van die bevolking lei tot ʼn groter vraag na goedere.
• Mense het toegang tot lenings en kan meer bestee aan luukse goedere, waarvan
baie in ander lande vervaardig word.
Voorkeure en smake
• Voorkeure en smake kan ʼn rol speel in die bepaling van pryse bv. klante in Suid-
Afrika het ʼn voorkeur vir ʼn spesifieke produk wat nie plaaslik geproduseer word nie
en moet invoer, en dit sal maak dat daardie produk ʼn hoër waarde het as in ander
lande.
Die verskil in verbruikspatrone
• Die verskil in verbruikspatrone word deur die vlak van ekonomiese ontwikkeling in
ʼn land bepaal
• Byvoorbeeld, ʼn arm land kan ʼn hoë vraag na basiese goedere en dienste hê, maar
ʼn laer vraag na luukse goedere
Natuurlike hulpbronne
• Natuurlike hulpbronne is nie eweredig oor alle lande van die wêreld versprei nie
• Hulle verskil van land tot land en kan slegs uitgebuit word op plekke waar hierdie
hulpbronne bestaan
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V1 13
Klimaatstoestande
• Klimaatstoestande maak dit vir sommige lande moontlik om sekere goedere
teen ʼn laer prys as ander lande te produseer
• Brasilië is byvoorbeeld een van die grootste koffieprodusente ter wêreld
Arbeidshulpbronne
• Arbeidshulpbronne verskil in kwaliteit, hoeveelheid en koste tussen lande.
• Sommige lande het hoogs geskoolde, goed betaalde werkers met hoë
produktiwiteitsvlakke, bv. Switserland
Tegnologiese hulpbronne
• Tegnologiese hulpbronne is in sommige lande beskikbaar wat hulle in staat stel
om sekere goedere en dienste teen 'n lae eenheidskoste te produseer, bv.,
Japan.
Spesialisasie
• Spesialisasie in die produksie van sekere goedere en dienste stel sommige
lande in staat om dit teen 'n laer koste as ander te produseer
• Japan produseer byvoorbeeld elektroniese goedere en verkoop dit teen ʼn laer
prys
(Aanvaar ander korrekte relevante antwoorde.) Maks. (26)
ADDISIONELE DEEL
Positiewe impak deur:
• die verhoging van die hoeveelheid uitvoere aangesien Suid-Afrikaanse
produkte bekostigbaar kan word in lande met sterker geldeenhede
• om baie internasionale toeriste uit ryk lande te lok aangesien hul geldeenhede
hulle meer waarde vir hul geld in Suid-Afrika kan gee
• die verbetering van die betalingsbalans as die land meer geld uit sy uitvoere
verdien as wat hy vir sy invoer betaal
• ontmoediging van invoer van goedere wat ook deur Suid-Afrikaanse firmas
geproduseer word, wat dus die verbruik van plaaslike produkte verhoog
Negatiewe impak deur:
• om ingevoerde insette duur te maak en sodoende koste-druk inflasie tot gevolg
te hê aangesien produsente dalk hul pryse sal moet verhoog
• die skep van ʼn tekort op die betalingsbalans indien die bedrag geld wat op
invoere betaal is meer is as die een wat uit uitvoere ontvang word
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.)
(Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir die blote lys van feite.) (2)
SLOT
• Dit is belangrik vir lande om duidelik te bepaal watter produkte hulle absolute
voordeel en/of vergelykende voordeel gee aangesien dit hulle kan help om
suksesvol met ander lande handel te dryf
(Aanvaar enige ander korrekte hoërorde gevolgtrekking.) (Maks. 2) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE
• Bespreek volledig die hoofdoelwitte van die openbare sektor in die
ekonomie. (26 punte)
• Hoe effektief is die Suid-Afrikaanse regering om volle indiensneming te
bewerkstellig? (10 punte)
INLEIDING
Die hoofdoelwitte van die staat is om die burgers van die land te dien en die
sistematiese ontwikkeling vir almal te bewerkstellig.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) Maks. (2)
HOOFDEEL
Ekonomiese groei
• Ekonomiese groei verwys na ʼn toename in die produksie van goedere en dienste
in die ekonomie ✓✓
• Die staat moet verseker dat daar volhoubare groei is aangesien dit tot ʼn
verbetering in die lewenstandaard lei ✓✓
• Vir ekonomiese ontwikkeling om plaas te vind, moet ekonomiese groeikoers hoër
as die bevolkingskoers wees ✓✓
Wisselkoersstabiliteit
• Depresiasie en appresiasie skep onsekerheid vir produsente en beleggers en
moet dus beperk word. ✓✓
• Die staat probeer om die land se geldeenheid teen oormatige skommelinge te
beskerm ✓✓
• Monetêre en fiskale beleid word gebruik om te verseker dat die wisselkoers vir
langer tydperke relatief stabiel bly ✓✓
Volle indiensneming
• Dit beteken dat alle persone wat graag wil werk en wat werk soek, werk moet kan
kry of selfstandig moet wees ✓✓
• Hoë vlakke van indiensneming is een van die deurslaggewende ekonomiese
doelwitte vir alle regerings ✓✓
Ekonomiese billikheid/regverdigheid
• In Suid-Afrika gebruik die regering ʼn progressiewe belastingstelsel om gratis
dienste aan al sy verdienstelike mense te verskaf. ✓✓
• Gratis maatskaplike dienste soos basiese onderwys, primêre gesondheidsorg,
basiese ekonomiese dienste en die betaling van kontanttoelaes aan die armes
en ander kwesbare mense ✓✓
• ʼn Herverdeling van inkomste en rykdom is belangrik in mark ekonomieë ✓✓
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V1 15
Prysstabiliteit
• In Suid-Afrika beteken die relatiewe prysstabiliteit die handhawing van ʼn
inflasiekoers van tussen 3% en 6% ✓✓
• ʼn Markekonomie presteer beter wanneer pryse stabiel is ✓✓
• Enige land streef daarna dat sy pryse nie skommel nie ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Merk subopskrifte en voorbeelde tot ʼn maksimum van 8 punte.) Maks. (26)
ADDISIONELE DEEL
• Simulering van ekonomiese groei en prestasie van hierdie ondernemings deur
innoverende metodes wat deur private kundiges bekend gestel word.
• Die verskaffing van bykomende fondse aan die regering deur belasting wat
fondse geredelik beskikbaar kan stel vir die verskaffing van dienste
• Bevordering van gemeenskaps-ekonomiese deelnamekoers terwyl
dienslewering versnel word
• Die verligting van die regering van die finansiële las wat SBO soos die SAL
plaas en sodoende die staat met meer fondse laat om op dienslewering te
belê.
(ʼn Maksimum van 2 punte vir blote lys van feite.) (10)
SLOT
Die staat gebruik die nasionale begroting om al sy doelwitte te probeer bereik
deur belasting as ʼn groot bron van inkomste te gebruik. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) Maks. (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NW Prelim 2022 Memo

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper