Skip to content

Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Memo (Afr)

MemorandumEconomicsGrade 12202217 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2022 EKONOMIE V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2022) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A – volmaakte  1.1.2 C – gemiddelde  1.1.3 D – volmaakte mark  1.1.4 C – minder produseer en ʼn hoër prys vra  1.1.5 A – leierskap  1.1.6 B – versonke  1.1.7 D – prys  1.1.8 B – elektrisiteit  (8 x 2) (16) 1.2 PAS-ITEMS 1.2.1 E – Group produsente wat soortgelyk aan ʼn kollektiewe monopolie funksioneer  1.2.2 A – Bly konstant, ongeag die vlak van produksie  1.2.3 F – Moedig mense aan om nuwe produkte uit dieselfde reeks te koop  1.2.4 H – Verlaging in ekonomiese welsyn word veroorsaak deur ʼn afname in verbruikers- en produsentesurplus  1.2.5 B – Rentekoers waarteen die netto huidige waarde van ʼn projek nul is  1.2.6 G – Kopers word verskillend vir dieselfde produk gehef  1.2.7 C – Kleinste individuele en onafhanklike produserende eenheid  1.2.8 D – Bykomende voordele wat ʼn verbruiker kry uit die verbruik van nog een eenheid goed of diens  (8 x 1) (8) 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Lang termyn  1.3.2 Vervaardigersubsidie  1.3.3 Produksiemoontlikhede-kromme  1.3.4 Wins  1.3.5 Mikro-ekonomie  1.3.6 Vraag  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V2 3 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van nywerhede wat onder toestande van volmaakte mededinging funksioneer. • Aandele / sekuriteitsbeurs  • Landboubedrywe  (Aanvaar enige ander korrekte relevante voorbeeld.) (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom stel die regering soms maksimum pryse vir sekere produkte vas? Regerings stel dikwels maksimum pryse vas met die doel om verbruikers teen uitbuiting te beskerm.  (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer die hoeveelheid waarteen totale inkomste gemaksimeer word. Hoeveelheid 4  (1) 2.2.2 Watter inkomstekurwe verteenwoordig ʼn vraagkurwe in ʼn onvolmaakte mededingende firma? GI / Gemiddelde inkomste  (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die konsep marginale inkomste. Die ekstra inkomste wat die verkoper verdien wanneer hy nog een eenheid produk produseer en verkoop.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.2.4 Verduidelik kortliks die belangrikheid van skaalbesparings. • Wanneer meer eenhede van ʼn produk of diens op ʼn groter skaal geproduseer kan word, maar met min insetkoste word daar gesê dat skaalvoordele behaal word.  • Soos ʼn maatskappy groei en produksie-eenhede toeneem, sal ʼn maatskappy ʼn beter kans hê om koste te verlaag.  • As ʼn firma reeds skaalbesparings geniet, word dit moeilik vir ʼn ander firma met hoër bedryfskoste om daarmee mee te ding.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2022) 2.2.5 Waarom is die marginale inkomste-kurwe onder die gemiddelde inkomste-kurwe? Om die hoeveelheid verkoop te verhoog moet die firma die prys verlaag, dus vir elke ekstra eenheid verkoop verminder die inkomste wat verdien word  As gevolg van die omgekeerde verhouding tussen prys en hoeveelheid gevra  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Wat is die aantal verkopers in ʼn volmaak mededingende mark? Groot getal  (1) 2.3.2 Wat is ʼn markstruktuur wat deur twee firmas oorheers word? Duopolie  (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die konsep produksie. • Produksie is die skepping van goedere en dienste  • Transformasie van grondstof na voltooide goedere  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Enige 1 x 2) (2) 2.3.4 Hoe kan nie-prysmededinging as ʼn hindernis optree vir toetrede tot ʼn oligopolie? • Nie-prysmededinging verhoog die produksiekoste en maak dit dus duurder vir nuwe firmas om die bedryf te betree.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.3.5 Waarom laat samelewings oligopoliefirmas toe om hul markmag te gebruik om ekonomiese wins te maak? • Oligopoliefirmas gebruik van hul ekonomiese winste om nuwe produkte te ontwikkel  • Verbruikers hou van die keuse wat voortspruit uit produkverspreiding en differensiasie  • Gevolglik sal hulle eerder hoër pryse betaal as om identiese produkte te verbruik  • (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V2 5 2.4 Verduidelik, met behulp van ʼn grafiek, die ekonomiese verlies van ʼn onderneming in ʼn volmaak mededingende mark. Prys, koste, inkomste MK  GK  K f verlies  P MI/GI/V  e Q Hoeveelheid Puntetoekenning Inkomstekrommes korrek geposisioneer en gemerk =1 Kostekrommes korrek geposisioneer en benoem =1 Ekonomiese verliesarea korrek geposisioneer en gemerk = 1 As korrek geposisioneer en benoem =1 Maksimum =4 • Verlies word geminimaliseer by punt ‘e’ waar MC = MR  • Die verliesminimerende uitset is Q, terwyl prys P is en gemiddelde koste C is  • Gemiddelde koste is bo/meer as die gemiddelde inkomste  en die firma maak ʼn verlies teen area CPef  (Maks. 4) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2022) 2.5 Evalueer die ekonomiese voordele en nadele van ʼn verhoging in die nasionale minimum loon. Voordele • Hoër lone verhoog inkomste en sal waarskynlik hoër verbruikersbesteding veroorsaak.  • ʼn Verhoging sal mense wat die minimum loonverdieners is, ʼn geleentheid gee om hul lewenstandaard te verbeter/tred te hou met prysinflasie.  • Verhoogde lone en besteding verhoog die vraag en skep meer werksgeleenthede.  • Laer werkloosheid en hoër lone verhoog belastinginkomste.  • Wanneer werkers hoër lone verdien, maak hulle minder staat op staatsveiligheidsnetprogramme.  (Maks. 4) Nadele • ʼn Verhoging in die minimum loon sal die loonrekening/maatskappykoste/ produksiekoste verhoog, aangesien hulle hul werknemers meer sal moet betaal.  • Firmas sal dus hul verkoopprys verhoog om winsgewendheid/oorlewing te verseker.  • Die verhoging van die minimum loon kan egter tot werkloosheid lei en dit kan armoedevlakke verhoog.  • In arbeidsintensiewe bedrywe, bv. landbou/mynbou waar arbeid ʼn beduidende kostefaktor is, sal ʼn verhoging in nasionale minimum loon beslis hul koste verhoog en winsgewendheid/mededingendheid verminder  (Maks. 4) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 + 4) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V2 7 VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE 3.1 3.1.1 Noem die TWEE segmente van die geknikte vraagkromme. • elastiese  • onelasties  (2 x 1) (2) 3.1.2 Waarom is samespanning nie relevant in ʼn volmaakte mark nie? Daar is baie klein besighede wat onafhanklik optree.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Wat is die formule vir kostevoordeel-verhouding? Totale voordeel ÷ totale koste  (1) 3.2.2 Volgens die inligting hierbo gegee, watter projek moet gekies word? Projek 2  (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die konsep kostevoordeel-ontleding. • Koste-voordeel-ontleding is ʼn tegniek vir die opsomming en evaluering van die totale sosiale koste en totale sosiale voordele verbonde aan ʼn ekonomiese projek  • ʼn Ontleding wat deur die regering gedoen word wat die koste en voordele van ʼn projek opweeg om te bepaal of dit uitgevoer moet word.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.2.4 Vir watter doel stel die regering maksimum prys vas? • Die regering stel ʼn maksimum prys onder die markprys om goedere meer bekostigbaar te maak  • Om die armes groter toegang tot sekere goedere en dienste te gee  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2022) 3.2.5 Hoekom gaan die regering soms voort met die projek al is die private koste meer as die private voordele? • ʼn Diens is noodsaaklik vir die bestaan van die gemeenskap se bestaan.  • Wanneer ʼn behoefte aan infrastruktuur nodig is, maar dalk nie enige voordele in terme van wins inhou nie, bv. die bou van ʼn gemeenskapsentrum of ʼn brug.  • Befondsing van hierdie projekte word hoofsaaklik deur belasting inkomste gefinansier en verarm nie enige individu as sodanig nie.  • Hierdie infrastruktuur dra by tot die welsyn van die gemeenskap in die algemeen en is nie uitsluitbaar vir enigiemand wat dit gebruik nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Enige 2 x 2) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Watter markstruktuur word deur die grafiek hierbo voorgestel? Volmaakte mark  (1) 3.3.2 Verskaf ʼn korrekte etiket, (volledig), vir 3.3.2 in bogenoemde grafiek. Ewewigspunt  (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term industrie. Nywerheid is ʼn groep ondernemings wat dieselfde soort produkte vervaardig.  (2) 3.3.4 Verduidelik die implikasie van ʼn prysnemer. • ʼn Prysnemer bepaal nie sy eie prys nie, maar neem die prys wat deur die mark bepaal word en kan slegs die prys verander as die mark dit verander.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.3.5 Gebruik die grafiek hierbo en lei ʼn vraagkromme van ʼn individuele produsent af. BEDRYF INDIVIDUELE VERSKAFER  Prys Prys V A  5 VV  5 A V 0 15 Hoeveelheid 0 15 Hoeveelheid (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V2 9 3.4 Onderskei, sonder die gebruik van grafieke, tussen produktiewe en allokatiewe ondoeltreffendheid. Produktiewe ondoeltreffendheid • Die besigheid produseer nie teen die laagste moontlike koste nie. ✓✓ • Hulpbronne word nie gepas gebruik om die maksimum aantal goedere te produseer nie. ✓✓ • Daar is ruimte om koste te verminder sonder om minder goedere te produseer of sonder om goedere van laer gehalte te produseer. ✓✓ (Maks. 4) Allokatiewe ondoeltreffendheid • Wanneer hulpbronne nie in die regte verhoudings toegewys word nie en die produkmengsel nie aan die verbruikers se smaak voldoen nie. ✓✓ • Sommige goedere kan oorvoorsien word, terwyl ander goedere ondervoorsien kan wees. ✓✓ (Maks. 4) (Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8) 3.5 Ondersoek die gevolge van ʼn toename in die vraag na ʼn firma se produkte in ʼn volmaak mededingende mark. - ʼn Toename in vraag na die produk sal tot ʼn tekort aan die produk lei ✓ wat die prys sal laat styg. ✓ - Firmas sal hul produksie op korttermyn verhoog deur meer arbeiders in diens te neem terwyl hulle ekonomies wins maak. ✓✓ - Ander firmas word dan gelok om die mark op die langer termyn te betree. ✓✓ - Omdat daar geen hindernisse vir toetrede tot die mark is nie, kan hulle teen dieselfde gemiddelde koste produseer ✓✓ - Dit sal dan ʼn toename in aanbod veroorsaak ✓✓ - Die prys begin daal en gaan voort om dit te doen totdat firmas net ʼn normale wins maak. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2022) VRAAG4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 4.1 4.1.1 Noem TWEE markstrukture wat homogeen produkte verkoop. • Perfekte kompetisie  • Oligopolie  (2 x 1) (2) 4.1.2 Wat sal gebeur as ondernemings in ʼn oligopolistiese mark oor pryse meeding? • Dit kan lei tot ʼn prysoorlog wat wins sal verlaag wat daartoe kan lei dat sekere firmas die mark op die langtermyn verlaat.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 4.2 DATA RESPONS 4.2.1 Gee EEN voorbeeld van ʼn eksplisiete koste. • Lone  • Huur  • Materiaal  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 1) (1) 4.2.2 Verskaf ʼn korrekte ekonomiese term vir geen wins. Normale wins  (1) 4.2.3 Verduidelik kortliks die begrip implisiete koste. • Die geleentheidskoste vir die eienaars van die onderneming vir die gebruik van die produksiefaktore wat hulle besit om uitset te produseer. • Implisiete koste is daardie geleentheidskoste wat nie in geldelike betalings weerspieël word nie.  • Dit sluit die koste van hulpbronne in eie besit of in eie diens in, vir ʼn ekonoom is die gebruik van hierdie hulpbronne nie gratis nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) 4.2.4 Hoe word totale inkomste bepaal? Totale inkomste is die volle bedrag van totale verkope van goedere en dienste.  Dit word bereken deur die totale hoeveelheid goedere en dienste verkoop te vermenigvuldig met die prys van die goedere en dienste.  (2) 4.2.5 Gebruik die inligting hierbo om ekonomiese wins te bereken. Toon ALLE berekeninge. Ekonomiese wins = totale inkomste – (eksplisiete + implisiete koste)  = 1 000 – (100 + 75)  = 825  (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V2 11 4.3 DATA RESPONS 4.3.1 Identifiseer uit die uittreksel hierbo EEN doelwit van die mededingingsbeleid. Om die vorming van samesmeltings en verkrygings te reguleer  (1) 4.3.2 Gee EEN gesag/instelling van die Mededingingsbeleid wat nie in die uittreksel genoem word nie. Mededingingsappèlhof  (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die konsep kompetisie soos dit in ekonomie gebruik word. • Mededinging is wedywering tussen verkopers waar elke verkoper probeer om verkope, wins en markaandeel te verhoog deur die bemarkingsmengsel van prys, produk, verspreiding en promosie te verander.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.4 Hoe red mededingingsbeleid besighede in Suid-Afrika? • Deur die vorming van groot besighede wat te veel markkrag het, te voorkom  • Om dit makliker te maak vir nuwe mededingende besighede om te begin  • Redding van potensiële en reeds bestaande besighede.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.5 Waarom word die petrolmark in Suid-Afrika as ʼn voorbeeld van ʼn oligopolie beskou? • Daar is slegs ʼn paar firmas in die Suid-Afrikaanse petrolmark en die mark/markaandeel word deur slegs ʼn paar oorheers.  • Daar is aansienlike hindernisse om brandstofstasie/petrolmaatskappy te begin, bv. aansienlike bedrae kapitaal  • Alhoewel daar baie inligting vir die verskillende petrolmaatskappye beskikbaar is, bly dit onvolledig.  • Petrol, as ʼn produk, kan as homogeen beskou word.  • Die kwaliteit van diens, verskillende tipes brandstof en verskillende byvoegings bv. lojaliteitskemas, supermarkte, toegang tot kitsbanke maak dit meer geneig om heterogeen te wees  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2022) 4.4 Gebruik die grafiek hieronder om te verduidelik hoe die aanbodkurwe van ʼn firma in ʼn volkome mededingende mark afgelei word. • By P0 sal die besigheid nie sy veranderlike koste dek nie, dan sal dit beter wees om dit toe te maak  • Soos die markprys tot P1 styg sal die horisontale vraagkurwe van die besigheid opwaarts skuif, by e1 is die prys P1 gelyk aan die GVK  • By hierdie punt kan die firma sy veranderlike koste dek,  • Gee die helling van die MK-Kurwe, elke hoër aanvraag-kurwe sny die MK- kurwe by ʼn punt wat regs van die vorige snypunt, , e1, e2 en e3, lê  • Punte e1 , e2 en e3 stip die firma se aanbodkurwes teen verskillende pryse  • In die perfekte mark word die aanbodkurwe verteenwoordig deur die deel van die MK-kurwe wat bokant die GK-kurwe is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante verduideliking.) (8) 4.5 Hoe beïnvloed samespanning die ekonomie negatief? Samespanning sal die ekonomie negatief beïnvloed deur: • die vermindering van mededingendheid in die langtermyn deur die vermindering van die BBP en indiensneming  • prysvasstelling, markdeling en uitsetbeheer deur kartelle en prysleierskap toe te laat  • skaarste te skep om pryse te verhoog en ook ondoeltreffende verskaffers te beskerm  • gemeenskap, verbruikers, besighede en selfs regerings te dwing om hoër pryse vir goedere en dienste te betaal  • ekonomiese markte te verdraai en innovasie te vertraag omdat daar min aansporing is om geld aan navorsing en ontwikkeling te bestee  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V2 13 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE • Vergelyk en kontrasteer in detail, sonder grafieke, monopolistiese mededinging en monopoliemarkstrukture. (26 punte) • Hoekom sal die regering monopolieë ondersteun of lisensieer? (10 punte) INLEIDING Enige mark wat nie al die kenmerke van volmaakte markte het nie, word ʼn onvolmaakte mark genoem. Dit is ook die geval met monopolie en monopolistiese markte.  (Aanvaar enige ander relevante lae orde inleiding.) (2) HOOFGEDEELTE KENMERKE MONOPOLIE MONOPOLISTIES Aantal firmas in ʼn ʼn Enkele verskaffer of firma  ʼn Groot aantal firmas of bedryf  bv. Eskom  Daar is geen verskaffers  bv. KFC, mededinging nie, een Nandos en Tagos.  Daar besigheid in die mark beheer is ʼn element van die verskaffing van die goedere mededinging  en dienste  Aard van die ʼn Unieke produk word Gedifferensieerde produkte produk  vervaardig.  Daar is geen  Produkte is soortgelyk nabye plaasvervangers maar nie identies nie.  nie.  Die produk kan nie Hulle is soortgelyk deurdat maklik vervang word nie.  hulle dieselfde behoefte Verbruikers het geen keuse in van die verbruiker prys en kwaliteit van die produk bevredig.  Daar kan niet.  verskille in verpakking wees, maar die produk is dieselfde.  Vryheid om die mark Daar is hindernisse vir Maklike toetrede tot die te betree en te toegang  Toegang tot die mark. Daar is volledige verlaat  mark is heeltemal vryheid van toetrede tot en geblokkeer  Die hindernisse uitgang in die mark  word veroorsaak deur patente en ander vorme van intellektuele eiendomsregte  Helling van die Afwaartse skuins Afwaartse skuins vraagkurwe  vraagkurwe vir die firma  vraagkurwe vir die en dieselfde kurwe vir die bedryf,  en elasties  bedryf  dit is ook onelasties. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2022) Beheer oor prys  Die firma is ʼn prysmaker die Firmas het min beheer pryse  Die monopolis is in oor die prys  Elke staat om die mark te beïnvloed onderneming verkoop deur die hoeveelhede wat dit teen sy eie prys  aan die mark verskaf, te aangesien ʼn enkel prys verander  nie vir die gedifferensieerde produk bepaal kan word nie  Relatiewe mark Totale mark behoort aan een Relatiewe klein deel van aandeel  firma  die totale mark  Inligting  Daar is perfekte kennis, Inligting is onvolledig  inligting is volledig  (Maks. 13) (Maks. 13) (Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir blote lys en voorbeelde.) (Kandidate mag nie ʼn tabel gebruik om hul antwoorde aan te bied nie.) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (26) ADDISIONELE DEEL Waarom sal die regering monopolieё ondersteun of lisensieer? • Om die intellektuele vaardigheid en reg van die produsent te beskerm.  • Sommige produkte is baie gevaarlik vir baie maatskappye om dit te vervaardig of diens te lewer, daar moet ʼn vlak van aanspreeklikheid wees.  • Om die produsent te motiveer om met die vaardigheid voort te gaan, die maatskappy te laat groei en meer mense in diens te neem  • Uit die ekonomiese winste wat gemaak is, moet die regering meer inkomste in terme van belasting kry.  • Om die maatskappy te kan moniteer veral as dit ʼn noodsaaklike diens soos elektrisiteit verskaf, d.w.s prys, voorsiening van elektrisiteit aan almal, bv. in landelike gebiede, en die konsekwentheid om dit te doen.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte hoёr-orde verduidelikings.) (ʼn Maksimum van 2 punte sal vir ʼn blote lys van feite toegeken word.) (Maks. 10) (10) AFSLUITING Beide markstrukture is geneig om ondoeltreffend te wees omdat onvolmaakte markte nie daarin slaag om hulpbronne doeltreffend toe te wys nie.  (Aanvaar enige ander relevante hoërorde gevolgtrekking.) (Maks. 2) (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V2 15 VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE • Bespreek in detail, sonder grafieke, oorsake van markmislukking. (26 punte) • Evalueer die gebruik van indirekte belasting om markmislukking op te los. (10 punte) INLEIDING Markmislukking vind plaas wanneer markkragte van vraag en aanbod nie verseker dat die korrekte hoeveelheid goedere en dienste geproduseer word om in die vraag teen die regte prys te voorsien nie.  (Aanvaar enige ander relevante laer-orde inleiding.) (2) Eksternaliteite  • Dit staan bekend as oorloopeffekte na derde party wat nie direk by die produksieproses betrokke is nie.  • Aangesien eksternaliteite in produksie en verbruik dikwels bestaan en uitset gewoonlik gebaseer is op privaat koste en voordele, is dit ʼn beduidende oorsaak van markmislukking.  Negatiewe eksternaliteite  • Negatiewe eksternaliteite is koste aan derde partye wat nie by die markprys ingesluit is nie bv. besoedeling.  • Die koste van negatiewe eksternaliteite soos swak gesondheid word nie deur die produsente betaal nie.  • Nadelig word hierdie goed dikwels oorgeproduseer in die ekonomie, wat nie sosiaal wenslik is nie.  Positiewe eksternaliteit  • ʼn Positiewe eksternaliteit vind plaas wanneer daar ʼn voordeel vir ʼn derde party is uit die optrede of besluit van ʼn ander party.  bv. Onderwys  • Hierdie goedere word dikwels ondervervaardig deur die mark en die regering tree in om voorsiening te maak vir die tekort.  Openbare goedere/Vermiste markte  • Kan slegs onder sekere omstandighede vorm en wanneer hierdie toestande afwesig is, sukkel markte om te bestaan.  • Openbare goedere word nie deur markmeganismes voorsien nie omdat produsente nie die goedere vir wanbetaling kan weerhou nie en aangesien daar dikwels geen manier is om te meet hoeveel ʼn persoon verbruik nie, is daar geen basis om ʼn markprys vas te stel nie.  • Markte wat meet hoeveel ʼn persoon verbruik, daar is geen basis vir die vasstelling van ʼn markprys vir weerlig, vloedbeheer, stormwaterdreinering en vuurtorings.  • Kollektiewe goedere: dit is goedere en dienste soos parke, strande en strandfasiliteite, strate, sypaadjies, paaie, brûe, openbare vervoer, rioolstelsels, afvalverwyderings, waterretikulasie en vullisverwyderings.  • Gemeenskapsgoedere: dit is goedere soos verdediging, polisiedienste, gevangenisdienste, straatligte: dit is goedere en dienste soos parke, strande en strandfasiliteite, strate, sypaadjies, paaie, brûe, openbare vervoer, rioolstelsels, afvalverwyderings, waterretikulasie en vullisverwyderings.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2022) Meriete goedere en nie-merietegoedere:  Meriete goedere: ● Sommige goedere is hoogs wenslik vir die algemene welsyn van die mense van die land en word dikwels nie hoog aangeslaan deur die mark nie.  ● As mense markpryse daarvoor moet betaal, sal relatief min verbruik word.  Nie-merietegoedere: • Items soos sigarette, alkohol en nie-voorskriftelike middels is voorbeelde van nie- merietegoedere.  • In ʼn vryemarkekonomie word hierdie goedere oorverbruik.  • Die regering kan hul verbruik verbied of verminder deur middel van belasting soos aksyns  en deur inligting te verskaf oor hul skadelike newe-effekte.  Onvolmaakte kompetisie  • In markekonomieë word mededinging dikwels deur mag benadeel.  • Mag lê dikwels in ʼn groter mate by produsente as by verbruikers.  • Die meeste besighede funksioneer onder toestande van onvolmaakte mededinging wat produsente in staat stel om uitset te beperk, pryse te verhoog en te produseer waar prys marginale koste oorskry.  Gebrek aan inligting  • Verbruikers, werkers en entrepreneurs het nie altyd die nodige inligting tot hul beskikking om rasionele besluite te neem nie.  • Verbruikers: Alhoewel vooruitgang in tegnologie die hoeveelheid inligting waartoe mense toegang het verhoog, het hulle natuurlik nie perfekte inligting nie.  • Werkers: Hulle is dalk onbewus van werksgeleenthede buite hul huidige werk.  • Entrepreneurs: Hulle het dalk ʼn gebrek aan inligting oor die koste, beskikbaarheid en produktiwiteit van sommige produksiefaktore, en werk moontlik op grond van verkeerde inligting.  Onbeweeglikheid van die produksiefaktore  ● Die meeste markte pas nie vinnig aan by veranderinge in vraag en aanbod nie.  ● Arbeid: kan tyd neem om na nuwe beroepe te beweeg en geografies om aan die veranderinge in verbruikersvraag te voldoen.  ● Fisiese kapitaal: Fabrieksgeboue en infrastruktuur soos telefoonlyne, brûe, spoorverbindings en lughawens is nie na willekeur verskuifbaar nie.  ● Hierdie kapitaal hou vir baie jare, maar kan nie geskuif word om by verandering in vraag te pas nie.  ● Tegnologiese toepassings verander produksiemetodes: Tegnologie wat in die produksie gebruik word, kan verander soos die gebruik van robotte eerder as arbeid in myne.  ● Dit neem tyd vir die meeste bedrywe om aan te pas – met groter tegnologiese veranderinge  ● Werkers moet buigsaam, ongeskoold wees en in staat wees om van diens te verander, sowel as van werkpatrone.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V2 17 Onvolmaakte verspreiding van inkomste en rykdom  ● Die belangrikste tekortkoming van markstelsels is dat dit neutraal is in die kwessie van inkomsteverdeling. ● As die aanvanklike verdeling ongelyk is, sal die finale verdeling ook wees.  ● Om hierdie rede word daar dikwels aangevoer dat die mark misluk.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 26) (26) ADDISIONELE GEDEELTE Indirekte belasting is die oplegging van ʼn belasting op goedere en dienste eerder as op inkomste of winste (m.a.w. direkte belasting).  Indirekte belasting word met markmislukking geassosieer om ‘die eksternaliteite’ van verbruik of produksie te internaliseer.  Positiewe • Hulle word gebruik om inkomste vir die regering in te samel om publieke en meriete goedere te verskaf en om inkomste te herverdeel.  • Regerings gebruik indirekte belasting om verkope van goedere te verminder wat skadelik is en verbruikseksternaliteite het soos tabak en alkohol, dit is goedere wat nie-meriete is.  • Inkomste wat ingesamel word, kan gebruik word om inkomste deur die welsynstaat te herverdeel, of om infrastruktuur te verskaf.  Negatiewe • Indirekte belasting kan ook lei tot onbedoelde gevolge wat meer ondoeltreffende uitkomste lewer, byvoorbeeld ʼn belasting op sigarette kan veroorsaak dat verbruikers oorskakel na onwettige rook en meer skadelike plaasvervangers  • Verbruikers kan ook probeer om ʼn belasting te vermy, wat lei tot ʼn styging in swart markte wat ekstra polisiëring vereis (bv. sigaretsmokkelary).  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (10) SLOT Die regering probeer om die belange van die gemeenskap te beskerm en die doeltreffendheid in markte te verbeter, maar daar is nog meer om te doen.  (Aanvaar enige relevante hoë-orde gevolgtrekking.) (2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all