Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2022
EKONOMIE V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers %20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)

%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)



View all

_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape June
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 433.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape June 2022
Questions in this paper
- Question 1.1The circular flow model, national account aggregates and the multiplier16 marks
- Question 1.2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier8 marks
- Question 1.3The circular flow model, national account aggregates and the multiplier6 marks
- Question 2The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
- Question 3The role of the public sector40 marks
- Question 4The circular flow model, national account aggregates and the multiplier40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND) 30 PUNTE – 20 MINUTE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 Vergelykende kostevoordeel toon dat wêreldproduksie/-uitset kan
toeneem as lande … in wat hulle die beste doen.
A tariewe oplê
B die gebruik van tegnologie beperk
C spesialiseer
D werkers beskerm
1.1.2 Gesamentlike aanbod kan deur ʼn regeringsbeleid van …
gestimuleer word.
A verlaging van produktiwiteit van die produksiefaktore
B verminder produksiefaktore
C beperk die doeltreffendheid van insette
D verbeter die doeltreffendheid van markte
1.1.3 Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagdienste word deur die …
regering verskaf.
A sentrale
B distrik
C plaaslike
D provinsiale
1.1.4 Wanneer die waarde van intermediêre produkte onreëlmatig by
finale produkte gevoeg word … vind plaas.
A rekeningkundige rekord
B dubbeltelling
C nasionale inkomste
D nasionale rekeninge
1.1.5 ʼn Toevoeging tot die land se kapitaalvoorraad of kapitaalgoedere
word … genoem.
A bruto binnelandse produk
B uitvinding
C bruto kapitaalvorming
D innovasie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2022)
1.1.6 ʼn Aanduiding van langtermyngroei in die ekonomie word na as ...
verwys.
A tendenslyn
B amplitude
C ekstrapolasie
D trog
1.1.7 ʼn Belasting is proporsioneel wanneer …
A ʼn algemene belasting word op elke eenheid van die produk
gehef.
B die gemiddelde belastingkoers dieselfde vir alle
belastingbetalers is.
C mense met ʼn hoër inkomste ʼn groter persentasie van hul
inkomste aan belasting as mense met ʼn laer inkomste betaal.
D dit ʼn groter persentasie van die inkomste van lae-inkomste
verdieners as die met ʼn hoër inkomste neem.
1.1.8 ʼn Afname in die waarde van die geldeenheid as gevolg van
markkragte staan as ... bekend.
A revaluasie
B devaluasie
C appresiasie
D depresiasie (8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V1 5
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Reële syfers A ʼn aansporing wat aan vervaardigers
gegee word om die koste van produksie
te verminder
1.2.2 Kontant- B waar hulpbronne nie hertoegewys kan
reserwevereiste word om een individu beter daaraan toe
te maak, sonder om ten minste een
individu slegter daaraan toe te maak nie
1.2.3 Subsidies C toon die manier waarop goedere en
dienste in die ekonomie geproduseer
en verbruik word
1.2.4 Maatskaplike D SARB konsulteer met handelsbanke
toelaes om op ʼn wenslike/gepaste wyse op te
tree volgens heersende ekonomiese
toestande
1.2.5 Pareto- E ʼn vorm van krediet wat die IMF kan
doeltreffendheid gebruik vir ʼn konsekwente
onewewigheid
1.2.6 Reële vloei F ʼn voorbeeld van oordragbetalings
1.2.7 Handelsbalans G ook bekend as die nasionale produk
teen konstante pryse
1.2.8 Spesiale H waarde van uitvoere minus invoere
Ontrekkingsreg
I die minimum bedrag geld wat die Suid-
Afrikaanse Reserwebank van banke
vereis om in stand te hou om
geldskeppingsaktiwiteite te manipuleer
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2022)
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 ’n Sektor wat groothandel, vervoer, eiendom en kommunikasie
insluit
1.3.2 Verbruik wat onafhanklik is van die vlak en veranderinge van
inkomste
1.3.3 Siklusse wat veroorsaak word deur veranderinge in aktiwiteit in die
bou- en konstruksiebedryf
1.3.4 ʼn Kromme wat die verband tussen belastingkoerse en
belastinginkomste verduidelik
1.3.5 ʼn Opsomming van die waarde van verskillende leidende aanwysers
in ʼn enkele waarde
1.3.6 Die uitruil van goedere of dienste oor internasionale grense
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V1 7
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE soorte sekuriteite wat in die geldmark gevind word.
(2 x 1) (2)
2.1.2 Hoekom gee die regering oordragbetalings aan gemeenskappe?
(1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KEYNESIAANSE EKONOMIE
Die konsep van die vermenigvuldigerproses het belangrik in die 1930’s
geword toe John Maynard Keynes dit voorgestel het as ʼn instrument om
regerings met besluitneming te help. Hierdie vraagbestuur-benadering is
ontwerp om groei te help en om die bedrag te meet wat nodig is om hoë
vlakke van nasionale inkomste te bereik.
Ontleders glo dat ’n toename in staatsbesteding het ’n vermenig-
vuldigingseffek op die ekonomie, terwyl die lewenstandaarde vir die
armes verhoog word.
[Aangepas en vertaal uit www.tutor2u.net. Toegang op 10 November 2021 verkry.]
2.2.1 Identifiseer ʼn voorbeeld van ʼn inspuiting hierbo. (1)
2.2.2 Noem ʼn faktor wat die grootte van die vermenigvuldiger beïnvloed. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term vermenigvuldiger. (2)
2.2.4 Verduidelik die gebruik van die vermenigvuldiger deur die
regering. (2)
2.2.5 Wat is die negatiewe effek van ʼn lae spaarkoers op ekonomiese
groei? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2022)
2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Suid-Afrika, die vasteland se mees geïndustrialiseerde ekonomie, was
reeds in ʼn tegniese resessie toe die koronavirus pandemie in Maart 2020
getref het. Daar was werksverliese, kredietkrisis, stygings in voedsel- en
brandstofpryse en verbruikersvertroue in die ekonomie het begin daal.
[Aangepas en vertaal uit https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_
document/202010/south-african-economic-reconstruction-and-recovery-plan.pdf.
Toegang op 20 Oktober 2021 verkry.]
2.3.1 Identifiseer die sosio-ekonomiese uitdaging wat toegeneem het toe
die ekonomie in ʼn insinking gegaan het. (1)
2.3.2 Noem die onderste draaipunt van ʼn sakesiklus. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese resessie. (2)
2.3.4 Verduidelik die verband tussen BBP en sakesiklusse. (2)
2.3.5 Hoekom is inflasie geneig om tydens resessies te daal? (4)
2.4 Onderskei tussen die bestedingsmetode en die inkomstemetode om Bruto
Binnelandse Produk (BBP) te bepaal. (8)
2.5 Hoe kan die monetêre beleid tot ekonomiese groei bydra? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V1 9
VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE vloeie in ʼn oop sirkulêre vloei-ekonomie. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoekom is dit nie moontlik om individue van die gebruik van
openbare goedere uit te sluit nie? (2)
3.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: http://www.amazon.com]
3.2.1 Identifiseer die deelnemer wat die produksiefaktore besit. (1)
3.2.2 Noem EEN openbare goedere wat deur die staat verskaf word. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term faktormark. (2)
3.2.4 Wat is die effek op nasionale inkomste as inspuitings minder as
onttrekkings is? (2)
3.2.5 Verduidelik die impak van ʼn daling in belasting op die vlak van
produksie. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2022)
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Aangepas en vertaal uit google images]
3.3.1 Identifiseer ʼn makro-ekonomiese doelwit van die openbare sektor in
die spotprent. (1)
3.3.2 Watter fiskale beleidsinstrument is die hoofbron van
staatsinkomste? (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese groei. (2)
3.3.4 Verduidelik hoe die openbare sektor mislukking tot sosiale
onstabiliteit kan lei. (2)
3.3.5 Waarom sal Suid-Afrika waarskynlik misluk in die bereiking van sy
ekonomiese doelwitte? (4)
3.4 Bespreek kortliks die rol van ondernemings in die ekonomiese-kringloop. (8)
3.5 Evalueer die impak van die vermindering van die terugkoopkoers
(repokoers) op die ekonomie. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V1 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE tipes markte wat deel van die finansiële stelsel vorm. (2)
4.1.2 Hoekom is dit belangrik om bewegende gemiddeldes te gebruik om
sakesiklusse te voorspel? (2)
4.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NASIONALE REKENING TOTALE
SUID-AFRIKA BRUTO BINNELANDSE PRODUK
R miljoene
Primêre sektor 324 365
Sekondêre sektor 556 708
Tersiêre sektor 1 789 431
Bruto toegevoegde waarde teen basiese A
pryse
Bruto binnelandse produk teen markpryse 2 964 261
[Bron: SARB Quarterly Bulletin]
4.2.1 Gee ʼn voorbeeld van belasting op produkte. (1)
4.2.2 Noem die alternatiewe term wat vir bruto toegevoegde waarde in
nasionale rekeninge gebruik word. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term sekondêre sektor. (2)
4.2.4 Hoe word basiese pryse na markpryse omgeskakel? (2)
4.2.5 Bereken die waarde van A. Toon ALLE berekeninge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/JUNIE 2022)
4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Vertaal en aangepas uit https://southafricanmi.com/south-africas-qdp.html/. Toegang op
21 Augustus 2021 verkry.]
4.3.1 Identifiseer die industrie in die sekondêre sektor wat die meeste tot
ekonomiese groei in die diagram hierbo bygedra het. (1)
4.3.2 Gee EEN voorbeeld van ʼn industrie in die primêre sektor. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term Bruto Binnelandse Produk. (2)
4.3.4 Hoe beïnvloed vergoeding van werknemers arbeidsproduktiwiteit? (2)
4.3.5 Waarom is die vermenigvuldigingseffek op vervaardiging belangrik
in die ekonomie? (4)
4.4 Teken ʼn korrek benoemde diagram van ʼn sakesiklus, wat tendenslyn,
lengte, die amplitude en die trog duidelik aandui. (8)
4.5 Met verwysing na die Phillips-kurwe, ontleed die verband tussen inflasie en
werkloosheid. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V1 13
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord. Maks. 2
• ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband
hou, te definieer of te omskryf.
• Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
• Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
bespreek
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
Maks. 10
ʼn Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken
word.
Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
ʼn Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van Maks. 2
enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
• ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek volledig die redes vir internasionale handel. (26 punte)
• Hoe kan ʼn swakker rand Suid-Afrika se handel met ander lande beïnvloed?
(10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek volledig die hoofdoelwitte van die openbare sektor in die ekonomie.
(26 punte)
• Hoe effektief is die Suid-Afrikaanse regering om volle indiensneming te
bewerkstellig? (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Question paper