Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2022
EKONOMIE V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)

%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
View all

_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)



Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 277.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Eastern Cape June 2022
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 Die produksiefaktore is heeltemal mobiel in ʼn … mark.
A volmaakte
B semi-volmaakte
C onvolmaakte
D oppervlakkige
1.1.2 Eenheidskoste staan ook as … koste bekend.
A marginale-
B totale
C gemiddelde
D veranderlike
1.1.3 Vryheid van toegang is ʼn kenmerk van ʼn …
A monopolie.
B oligopolie.
C duopolie.
D volmaakte mark.
1.1.4 In vergelyking met ʼn volmaakte mededinging, sal ʼn monopolie …
A meer produseer en ʼn laer prys vra.
B minder produseer en ʼn laer prys vra.
C minder produseer en ʼn hoër prys vra.
D meer produseer en ʼn hoër prys vra.
1.1.5 Wanneer een dominante firma die pryse verander en ander
besighede volg, word dit as prys- … beskou.
A leierskap
B nemer
C differensiasie
D diskriminasie
1.1.6 ʼn Firma kan nie ... koste verhaal indien dit die bedryf verlaat nie.
A veranderlike
B versonke
C vasgestelde
D totaal
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2022)
1.1.7 In enige mark is die gemiddelde inkomste dieselfde as die ...
A marginale inkomste.
B aanbod.
C wins.
D prys.
1.1.8 ʼn Voorbeeld van ʼn veranderlike koste-item is ...
A versekering.
B elektrisiteit.
C huur.
D waardevermindering. (8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Kartel A Bly konstant, ongeag die vlak van
produksie
1.2.2 Vaste koste B Rentekoers waarteen die netto huidige
waarde van ʼn projek nul is
1.2.3 Handelsmerk C Kleinste individuele en onafhanklike
produserende eenheid
1.2.4 Dooiegewig verlies D Bykomende voordele wat ʼn verbruiker kry
uit die verbruik van nog een eenheid goed
of diens
1.2.5 Interne E Groep produsente wat soortgelyk aan ʼn
opbrengskoers kollektiewe monopolieë funksioneer
1.2.6 Prysdiskriminasie F Moedig mense aan om nuwe produkte uit
dieselfde reeks te koop
1.2.7 Firma G Kopers word verskillend vir dieselfde
produk gehef
1.2.8 Marginale nut/ H Verlaging in ekonomiese welsyn
Grensnut veroorsaak deur ʼn afname in verbruikers-
en produsentsurplus
I Verbruikers wat goedere verkoop
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V2 5
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Die tydperk waarin alle produksiefaktore veranderlik is
1.3.2 ʼn Nie-verhaalbare kontantbetaling aan die produsent van ʼn
kommoditeit, met die oog daarop om die prys aan die verbruiker te
verlaag
1.3.3 ʼn Kurwe wat kombinasies van goedere of dienste aandui wat
geproduseer kan word wanneer die gemeenskap se hulpbronne ten
volle en doeltreffend aangewend word
1.3.4 Die positiewe verskil tussen inkomste en koste
1.3.5 ʼn Studie wat gemoeid is met kwessies rakende die ekonomiese gedrag
van individuele agente
1.3.6 Die hoeveelhede van ʼn goed of diens wat potensiële kopers bereid
en in staat is om te koop (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2022)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van nywerhede wat onder toestande van
volmaakte mededinging funksioneer. (2)
2.1.2 Waarom stel die regering soms maksimum pryse vir sekere produkte vas? (2)
2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INKOMSTEKROMMES VAN ONVOLMAAKTE MEDEDINGENDE FIRMA
Inkomste
GI
TI
Hoeveelheid
MI
2.2.1 Identifiseer die hoeveelheid waarteen totale inkomste gemaksimeer word. (1)
2.2.2 Watter inkomstekurwe verteenwoordig ʼn vraagkurwe in ʼn onvolmaakte
mededingende firma? (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die konsep marginale inkomste. (2)
2.2.4 Verduidelik kortliks die belangrikheid van skaalbesparings. (2)
2.2.5 Waarom is die marginale inkomste-kurwe onder die gemiddelde inkomste-
kurwe? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V2 7
2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OLIGOPOLIE EN VOLMAAKTE MEDEDINGING
Daar word gewoonlik aangevoer dat baie aankope wat individue op
kleinhandelvlak doen, geproduseer word in markte wat nie volmaak
mededingend, nóg monopolisties mededingend is nie, hulle is eerder, oligopolieë.
Oligopolie ontstaan wanneer ʼn klein aantal groot firmas alles of die meeste van
die verkope in ʼn bedryf het.
[Aangepas uit lumenlearning.com]
2.3.1 Wat is die aantal verkopers in ʼn volmaak mededingende mark? (1)
2.3.2 Wat is ʼn markstruktuur wat deur twee firmas oorheers word? (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die konsep produksie. (2)
2.3.4 Hoe kan nie-prysmededinging as ʼn hindernis vir toetrede tot ʼn oligopolie
optree? (2)
2.3.5 Waarom laat samelewings oligopoliefirmas toe om hul markmag te
gebruik om ekonomiese wins te maak? (4)
2.4 Verduidelik, met behulp van ʼn grafiek, die ekonomiese verlies van ʼn onderneming
in ʼn volmaak mededingende mark. (8)
2.5 Evalueer die ekonomiese voordele en nadele van ʼn verhoging in die nasionale
minimum loon. (2 x 4) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem die TWEE segmente van die geknikte vraagkromme. (2)
3.1.2 Waarom is samespanning nie relevant in ʼn volmaakte mark nie? (2)
3.2 Bestudeer die voorbeelde hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VOORBEELDE VAN KOSTEVOORDEEL-ONTLEDING
ʼn Besluit moet geneem word oor watter projek om te kies. Kostevoordeel-
analise het die volgende getoon:
PROJEK 1 PROJEK 2
Totale koste = R8 000 Totale koste = R11 000
Verdien totale voordeel = R12 000 Verdien totale voordeel = R20 000
Kostevoordeel-verhouding = 1 : 5 Kostevoordeel-verhouding = 1 : 81
3.2.1 Wat is die formule vir kostevoordeel-verhouding? (1)
3.2.2 Volgens die inligting hierbo gegee, watter projek moet gekies word? (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die konsep kostevoordeel-analise. (2)
3.2.4 Vir watter doel stel die regering ʼn maksimum prys vas? (2)
3.2.5 Hoekom gaan die regering soms voort met die projek al is die private
koste meer as die private voordele? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V2 9
3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MARK / INDUSTRIE
Prys
A
V
5 3.3.2
A V
0
15 Hoeveelheid
3.3.1 Watter markstruktuur word deur die grafiek hierbo voorgestel? (1)
3.3.2 Verskaf die korrekte etiket, volledig, vir 3.3.2 in die grafiek hierbo. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term industrie. (2)
3.3.4 Verduidelik die implikasie van ʼn prysnemer. (2)
3.3.5 Gebruik die grafiek hierbo en lei ʼn vraagkurwe van ʼn individuele
produsent af. (4)
3.4 Onderskei, sonder die gebruik van grafieke, tussen produktiewe en allokatiewe
ondoeltreffendheid. (8)
3.5 Ondersoek die gevolge van ʼn toename in die vraag na ʼn firma se produkte in ʼn
volmaak mededingende mark. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE markstrukture wat homogeen produkte verkoop. (2)
4.1.2 Wat sal gebeur as ondernemings in ʼn oligopolistiese mark oor pryse
meeding? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
EKONOOM SE FIRMA REKENMEESTERSFIRMA
Totale inkomste – R1 000 Totale inkomste – R1 000
Implisiete koste (R75) Eksplisiete koste (R100)
Eksplisiete koste (R100)
Ekonomiese wins Rekeningkundige wins
R??? (4.2.5) R900
4.2.1 Gee EEN voorbeeld van ʼn eksplisiete koste. (1)
4.2.2 Verskaf ʼn korrekte ekonomiese term vir geen wins. (1)
4.2.3 Verduidelik kortliks die begrip implisiete koste. (2)
4.2.4 Hoe word totale inkomste bepaal? (2)
4.2.5 Gebruik die inligting hierbo om ekonomiese wins te bereken. Toon
ALLE berekeninge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) EKONOMIE V2 11
4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MEDEDINGINGSTRIBUNAAL KEUR BURGER KING VERKRYGING
GOED
Die Mededingingstribunaal het die groen lig gegee vir die verkryging van
Burger King Suid-Afrika (BKSA) deur ʼn private-ekwiteitfonds.
Die transaksie is aanvanklik goedkeuring met die Mededingingskommissie
geweier met verwysing na ʼn gebrek aan SEB-geloofsbriewe.
[Aangepas en vertaal uit Staff Writer, 21 September 2021.]
4.3.1 Identifiseer uit die uittreksel hierbo EEN doelwit van die
Mededingingsbeleid. (1)
4.3.2 Gee EEN gesag/instelling van die Mededingingsbeleid wat nie in die
uittreksel genoem word nie. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die konsep kompetisie soos dit in ekonomie gebruik
word. (2)
4.3.4 Hoe red die mededingingsbeleid besighede in Suid-Afrika? (2)
4.3.5 Waarom word die petrolmark in Suid-Afrika as ʼn voorbeeld van ʼn
oligopolie beskou? (4)
4.4 Gebruik die grafiek hieronder om te verduidelik hoe die aanbodkurwe van ʼn
firma in ʼn volkome mededingende mark afgelei word.
KMK
Prys. Koste, Inkomste
e3 KGK
P3
e2 GVK
P2
e1
P1
P0
H0 H1 H2 H3 Hoeveelheid
(8)
4.5 Hoe beïnvloed samespanning die ekonomie negatief? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V2 (EC/JUNIE 2022)
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord.
• ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband
hou, te definieer of te omskryf.
Maks. 2
• Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding by die liggaam insluit nie.
• Vermy dit om in die inleiding te sȇ wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Inhoud
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte Maks. 26
bespreking/Ondersoek/Bespreek
krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/
Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die gegewe/Assesseer/Debatteer
ʼn Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken
word.
Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Debatteer/Lei af/Vergelyk/Interpreteer/Hoe?/Stel voor Maks. 10
ʼn Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoër-ordeslot behoort die volgende in te sluit:
• ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is sonder enige feite wat
reeds genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waardeoordeel oor die bespreekte feite Maks. 2
• Addisionele ondersteunende inligting om bespreking te
versterk/ontleding
• ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien vereis
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Vergelyk en kontrasteer in detail, sonder grafieke, monopolistiese mededinging
en monopoliemarkstrukture. (26 punte)
• Hoekom sal die regering monopolieë ondersteun of lisensieer? (10 punte) [40]
VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
• Bespreek in detail, sonder grafieke, oorsake van markmislukking. (26 punte)
• Evalueer die gebruik van indirekte belasting om markmislukking op te los.
(10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper