Skip to content

Economics Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202412 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V1 NOVEMBER 2024 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 2 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 3 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. Nov 1.1.1 Korttermynbesparings en -lenings word op die …-mark verhandel. A kapitaal B buitelandsevaluta C faktor D geld 1.1.2 Advertensiespasie vir vakatures is 'n voorbeeld van 'n … aanwyser. A sloerende B samevallende C leidende D saamgestelde 1.1.3 Die tekortereël verklaar dat tekorte op die begroting nie … van die bruto binnelandse produk (BBP) moet oorskry nie. A 60% B 3% C 30% D 6% 1.1.4 Die verhouding van 'n land se uitvoerprysindeks tot sy invoerprys- indeks staan as die … bekend. A handelsbalans B wisselkoers C ruilvoet D rentekoers 1.1.5 'n Handelsbeleid wat sekere invoere beperk om onregverdige buitelandse mededinging vir plaaslike nywerhede te voorkom, word … genoem. A beskerming B uitvoerbevordering C invoervervanging D vryhandel 1.1.6 Die vlak van 'n land se lewenstandaard word deur … gemeet. A reële BBP B nominale BBP C nasionale inkome D BBP per capita Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 4 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.1.7 'n Internasionale maatstafkriterium vir streeksontwikkeling wat demokratiese besluitneming en deursigtigheid vereis, word … genoem. A goeie staatsbeheer B integrasie C vennootskap D vryemarkoriëntering 1.1.8 Die waarskynlike aantal jare wat 'n persoon ná geboorte sal lewe, staan as … bekend. A kindermortaliteit B lewensverwagting C onder-vyf-mortaliteit D bevolkingsgroei (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Faktorkoste A 'n drie-jaar- aaneenlopende besteding- en inkomstevooruitskatting vir die 1.2.2 Bewegende owerheid gemiddelde B 'n vorm van krediet wat deur die 1.2.3 Mediumtermyn- Internasionale Monetêre Fonds aan bestedingsraamwerk lande toegestaan word wat 1.2.4 Spesiale betalingsbalanstekorte ervaar Trekkingsregte C beoog om armoede uit te skakel en 1.2.5 Boikotte ongelykheid teen 2030 te verminder 1.2.6 Nasionale D metode om die onbekende te voorspel Ontwikkelingsplan deur feite wat bekend is, te gebruik 1.2.7 Ruimtelike- E lok infrastruktuur en beleggings na ontwikkelingsinisiatiewe afgeskeepte en onderontwikkelde gebiede 1.2.8 Verstedeliking F bedrag vir die hulpbronne betaal wat gebruik word om goedere en dienste te produseer G metode gebruik om korttermyn- skommelinge in tydreeksdata uit te stryk H die proses van die beweging van mense van plattelandse gebiede na stede en dorpe I vrywillige maatreëls geneem om nie met 'n sekere land handel te dryf nie (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 5 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die vloei van goedere, dienste en produksiefaktore tussen die deelnemers aan die ekonomie 1.3.2 'n Kromme wat die inverse verhouding tussen werkloosheid en die inflasiekoers illustreer 1.3.3 Die oordrag van funksies en eienaarskap van entiteite vanaf die private sektor na die openbare sektor 1.3.4 Finansiële ondersteuning in die vorm van kontantbetalings voorsien deur die owerheid aan binnelandse produsente 1.3.5 Bedrywe wat meer arbeid as kapitaal in die produksieproses gebruik 1.3.6 Die ekonomiese aanwyser wat gebruik word om lewenskoste te meet (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 6 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE metodes wat gebruik word om bruto binnelandse produk (BBP) te bereken. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe kan mededinging totale aanbod in die ekonomie stimuleer? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. OPENBARESEKTOR-MISLUKKING In Suid-Afrika ly baie openbare entiteite as gevolg van bestuursmislukking. Organisasies is ondoeltreffend met dienslewering omdat hulle 'n gebrek aan 'n vaardige arbeidsmag het om take suksesvol te voltooi. Dit lei tot dienste van 'n swak gehalte, soos hospitale wat 'n tekort aan medisyne ondervind. Daar is gevalle waar fondse onbestee gelaat word, selfs al is daar 'n desperate behoefte daaraan in gemeenskappe. Dit beteken dat geld aan die einde van die fiskale jaar aan die Nasionale Tesourie teruggegee word. [Aangepas uit www.wikipedia.org] 2.2.1 Identifiseer EEN rede vir openbaresektor-mislukking in die uittreksel hierbo. (1) 2.2.2 Noem die vlak van die owerheid wat vir die voorsiening van dienste, soos vullisverwydering, verantwoordelik is. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term aanspreeklikheid. (2) 2.2.4 Verduidelik die uitwerking van openbaresektor-mislukking op die toekenning van hulpbronne. (2) 2.2.5 Waarom is dit noodsaaklik vir die owerheid om belasting op niemerietegoedere te hef? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 7 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VERMENIGVULDIGEREFFEK IN 'N TWEESEKTOR-EKONOMIE E=Y Besteding (E) E1 = 30 + 0,5Y (Miljard rand) e1 0.6Y1111111111 E1= 20 + 0,5Y 30 e 20 Y Y1 Inkome (Y) 0.6 Y1 2.3.1 Identifiseer die waarde11van die marginale verbruiksgeneigdheid 11 (MVG) in die grafiek hierbo. (1) 11 2.3.2 Noem enige EEN deelnemer11 aan 'n tweesektor-ekonomie. (1) 11 2.3.3 Beskryf kortliks die term outonome verbruik. (2) 2.3.4 Verduidelik die verhouding tussen marginale spaargeneigdheid (MSG) en die waarde van die vermenigvuldiger (K). (2) 2.3.5 Gebruik die inligting in die grafiek hierbo om die verandering in nasionale inkome (ΔY) te bereken. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.4 Bespreek die eksogene (monetaristiese) verduidelikings van 'n sakesiklus. (4 x 2) (8) 2.5 Hoe kan die makro-ekonomiese doelwit van prysstabiliteit die Suid-Afrikaanse ekonomie positief beïnvloed? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 8 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE lande wat deel is van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG). (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) help om nywerheidsontwikkeling te bevorder? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE NYWERHEIDSONTWIKKELING-STRATEGIEË Ter erkenning van die belangrikheid van vervaardiging in die ekonomie is twee strategieë ontwikkel, naamlik die Nasionale Navorsing- en Ontwikkelingstrategie (NNOS) en die Geïntegreerde Vervaardigingstrategie (GVS). Suid-Afrika het 'n teiken van 1,5% van bruto-binnelandse-produk(BBP)- besteding op navorsing en ontwikkeling gestel. Hierdie investerings het egter van 0,75% in 2018/19 tot 0,60% in 2021/22 verminder. [Aangepaste uit OECD, September 2023] 3.2.1 Identifiseer die nywerheidsontwikkelingstrategie wat ten doel het om die mededingendheid van die vervaardigingsektor te verbeter. (1) 3.2.2 Noem die staatsdepartement wat vir die bevordering van nywerheidsontwikkeling verantwoordelik is. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term belastingvrye aansporings. (2) 3.2.4 Verduidelik die belangrikheid van korridors om streeksontwikkeling te bevorder. (2) 3.2.5 Hoe kan Suid-Afrikaanse besighede voordeel trek uit die Nasionale Navorsing- en Ontwikkelingstrategie (NNOS)? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 9 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE ARBEIDSPRODUKTIWITEITSGROEI Persentasieverandering per kwartaal KW1 2022 KW2 KW3 KW4 KW1 KW2 2022 2022 2022 2023 2023 [Bron: www.ceicdata.com] 3.3.1 Identifiseer die persentasieverandering in Suid-Afrika se arbeidsproduktiwiteit in die vierde kwartaal van 2022. (1) 3.3.2 Noem EEN ander ekonomiese aanwyser wat met produktiwiteit verband hou. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese aanwyser. (2) 3.3.4 Waarom is toegang tot gesondheidsorgdienste belangrik vir die arbeidsmag? (2) 3.3.5 Hoe kan 'n afname in arbeidsproduktiwiteit 'n impak op die ekonomie hê? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek die voordele van invoervervanging vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. (4 x 2) (8) 3.5 Ontleed die uitdagings waarvoor Suid-Afrika te staan kom om nywerheidsontwikkeling deur die verskillende beleide te bevorder. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 10 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE ekonomiese aanwysers wat met indiensneming verband hou. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan die owerheid die makro-ekonomiese doelwit van ekonomiese gelykheid in Suid-Afrika bereik? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SAKESIKLUSSE VAN SUID-AFRIKA VANAF 1999 Opswaai Duur in Afswaai Duur in maande maande Sept. 1999 tot Nov. 2007 99 Des. 2007 tot Aug. 2009 21 Sept. 2009 tot Nov. 2013 51 Des. 2013 tot Apr. 2017 41 Mei 2017 tot Jun. 2019 26 Jul. 2019 tot Apr. 2020 10 [Aangepas uit SARB Kwartaallikse Bulletin, Desember 2023] 4.2.1 Identifiseer die periode waarin Suid-Afrika die langste afswaai ervaar het. (1) 4.2.2 Noem die draaipunt van 'n sakesiklus wat met die hoogste vlak van inflasie geassosieer word. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term amplitude. (2) 4.2.4 Verduidelik die belangrikheid van die tendenslyn by die vooruitskatting van sakesiklusse. (2) 4.2.5 Hoe kan 'n ekonomiese resessie huishoudings in die ekonomie beïnvloed? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 11 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. INTERNASIONALE HANDELSBEPERKINGE [Aangepas uit www.guyparsons.com] 4.3.1 Identifiseer 'n handelsbeperking wat verwys na belasting wat op ingevoerde goedere gehef word. (1) 4.3.2 Noem die internasionale organisasie wat die verwydering van handelsbeperkings tussen lande bevorder. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term embargo. (2) 4.3.4 Verduidelik die belangrikheid daarvan om suigeling-nywerhede teen buitelandse mededinging te beskerm. (2) 4.3.5 Hoe kan die ekonomie voordeel trek uit spesialisering in die produksie van 'n spesifieke produk? (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek die sosiale aanwysers wat met voeding verband hou. (4 x 2) (8) 4.5 Hoe kan 'n toename in inspuitings positief tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bydra? (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 12 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf.  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.  MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Maks. 26 Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/ Verduidelik/Assesseer/Debatteer 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/ Maks. 10 Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling van feite wat reeds genoem is  Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in detail die redes vir internasionale handel. (26)  Ontleed die impak van 'n swakker geldeenheid (rand) op die Suid-Afrikaanse ekonomie. (10) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in detail die vraagkantbenadering in die bevordering van ekonomiese groei en ontwikkeling in Suid-Afrika (26)  Ontleed die belangrikheid vir die Suid-Afrikaanse ekonomie om klein besighede te bevorder. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all