Skip to content

Economics Grade 12 P1 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12202421 pages

Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V1 NASIENRIGLYNE NOVEMBER 2024 PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 2 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 D - geld  1.1.2 C - leidende 1.1.3 B - 3%  1.1.4 C - ruilvoet  1.1.5 A - beskerming  1.1.6 D - BBP per capita  1.1.7 A - goeie staatsbeheer 1.1.8 B – lewensverwagting  (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 F- bedrag vir die hulpbronne betaal wat gebruik word om goedere en dienste te produseer 1.2.2 G- metode gebruik om korttermyn-skommelinge in die tydreeksdata uit te stryk 1.2.3 A- 'n drie-jaar-aaneelopende besteding- en inkomste- vooruitskattings vir die owerheid 1.2.4 B- 'n vorm van krediet wat deur die Internasionale Monetêre Fonds aan lande toegestaan word wat betalingsbalans- tekorte ervaar 1.2.5 I- vrywillige maatreëls geneem om nie met 'n sekere land handel te dryf nie  1.2.6 C- beoog om armoede uit te skakel en ongelykheid teen 2030 te verminder 1.2.7 E- lok infrastruktuur en beleggings na afgeskeepte en onderontwikkelde gebiede 1.2.8 H- die proses van die beweging van mense van plattelandse gebiede na stede en dorpe (8 x 1) (8) 1.3 GEE DIE TERM 1.3.1 Reële vloei  1.3.2 Phillips-kromme  1.3.3 Nasionalisering  1.3.4 Direkte subsidies  1.3.5 Arbeidsintensief  1.3.6 Verbruikersprysindeks  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Copyright reserved Please turn over
Ekonomie/V1 3 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE metodes wat gebruik word om bruto binnelandse produk (BBP) te bereken. • Produksie/BBP (P)/ Bruto toegevoegde waarde • Inkome/BBP(I)  • Besteding/BBP(B)  (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe kan mededinging totale aanbod in die ekonomie stimuleer? • Mededinging kan produksiedoeltreffendheid verbeter, wat daartoe lei dat meer goedere en dienste in die ekonomie geproduseer word. • Besighede kan meer innoverend word, nuwe produksietegnieke met hoër produktiwiteit gebruik en die totale aanbod verhoog  • Meer besighede kan gestig word wat help om die totale uitset in die ekonomie te verhoog  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer EEN rede vir openbaresektor-mislukking in die uittreksel hierbo. Bestuursmislukking/ gebrek aan vaardighede (1) 2.2.2 Noem die vlak van die owerhede wat vir die voorsiening van dienste soos vullisverwydering, verantwoordelik is. Plaaslike owerhede/ Munisipaliteite / Plaaslike owerhede  (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term aanspreeklikheid. Die plig van 'n individue of organisasie om hul besluite, optrede en besteding te verduidelik en verantwoordelikheid vir hul gedrag te aanvaar.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.2.4 Verduidelik die uitwerking van openbaresektor-mislukking op die toekenning van hulpbronne. • Hulpbronne sal nie optimaal toegewys word nie, wat daartoe lei dat sommige waardevolle hulpbronne vermors word.  • Toewysiging van fondse aan mislukte projekte en ondoeltreffende staatsdepartemente lei tot verkwistende gebruik van belastingbetalers se geld.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 4 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.2.5 Waarom is dit noodsaaklik vir die owerheid om belasting op niemerietegoedere te hef? • Om niemerietegoedere duurder te maak om verbruikers te ontmoedig om dit te koop. • Om die eksterne koste wat deur niemerietegoedere vir mense en die omgewing veroorsaak word, te verhaal. • Om inkomste in te samel wat gebruik kan word om die verskaffing van openbare goedere te finansier (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer die waarde van die marginale verbruiksgeneigdheid (MVG) in die grafiek hierbo. 0,5  (1) 2.3.2 Noem enige EEN deelnemer aan 'n tweesektor-ekonomie. • Huishoudings/Verbruikers • Besighede/Produsente/ Firmas  (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term outonome verbruik. Die vlak van verbruiksbesteding wat onafhanklik is van die vlak van inkome.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.3.4 Verduidelik die verhouding tussen marginale spaargeneigdheid (MSG) en die waarde van die vermenigvuldiger (K)? • Daar is 'n inverse of 'n negatiewe verwantskap tussen marginale spaargeneigdheid (MSG) en die vermenigvuldiger.  • Hoe groter die MSG, hoe kleiner is die waarde van die vermenigvuldiger /Hoe kleiner die MPS, hoe groter is die waarde van die vermenigvuldiger  • (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 5 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.3.5 Gebruik die inligting in die grafiek hierbo om die verandering in nasionale inkome (ΔY) te bereken. Toon ALLE berekeninge. Metode 1 Metode 2 ∆Y = ∆J x K ∆Y = Y1 – Y = (30 – 20) x (1/1-0,5) = (30/0,5) – (20/0,5) = 10x 2 = 60– 40 = 20 = 20 Metode 3 Metode 4 K = 1/1-mvg Y=E = 1/1-0,5 Y = 20 + 0.5Y = 2 Y - 0.5Y = 20 Y (1-0,5) = 20 K = ∆Y/∆J 0.5J = 20 2 = ∆Y/30-20 Y = 40 2 = ∆Y/10 ∆Y = 20 Y=E Y = 30 + 0.5Y Y- 0.5J = 30 Y (1-0,5) = 30 0.5J = 30 Y1 = 60 Daarom: ∆Y = Y1 - Y = 60 – 40 = 20 (4) 2.4 Bespreek die eksogene (monetaristiese) verduidelikings van sakesiklus. • Monetariste het geglo dat markte inherent stabiel is. • Enige fluktuasies in ekonomiese aktiwiteit word deur eksterne faktore veroorsaak. • Die groeipad van die ekonomie word deur die aanbod van faktore van produksiefaktore bepaal.  • Die markkragte van vraag en aanbod sal altyd die mark na ewewig terugbring wanneer wanbalanse ontstaan.  • Monetariste stel voor dat die owerheid nie in markbedrwighede sal inmeng nie, want hul ingryping lei tot die afwyking van die potensiële groeipad. • Strukturele veranderinge wat produksie, indiensneming, investering, owerheidsbesteding, belasting, invoere en uitvoere beïnvloed kan tot die uitbreiding van sakesiklusse lei.  • Willekeurige sosio-ekonomiese skokke, soos skielike styging in brandstofpryse kan sake- en verbruikersvertroue beïnvloed.  • Natuurlikerampe, soos droogtes en vloede kan landbou, bosbou en toerisme negatief beïnvloed, wat die vlak van ekonomiese aktiwiteite verminder.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) ('n Maksimum van 4 punte mag toegeken word vir blote lys van feite) ('n Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir die blote lys van voorbeelde van eksogene faktore of 'n maksimum van 4 punte vir die verduideliking van die voorbeelde) (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 6 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.5 Hoe kan die makro-ekonomiese doelwit van prysstabiliteit die Suid- Afrikaanse ekonomie positief beïnvloed? • Prysstabiliteit verseker dat pryse relatief stabiel bly wat verbruiksbesteding aanmoedig en ekonomiese groei stimuleer • Stabiele pryse bevorder werkskepping en verminder werkloosheidsyfer in die ekonomie deur meer buitelandse direkte beleggings. • Spaar kan aangemoedig word wat die beskikbaarheid van leenbare fondse vir private beleggings verseker. • Rentekoerse kan stabiel bly en besteding aan duursame goedere aanmoedig, soos om verbande te neem om huise te koop. • Prysstabiliteit handhaaf die koopkrag van geld, aangesien die werklike inkomste van huishoudings beter bewaar word. • Stabiele pryse help om die vraag na Suid-Afrikaanse uitvoere op wêreldmarkte te handhaaf en sodoende wisselkoersstabiliteit te verseker. • Uiterste skommelinge op sakesiklusse kan vermy word wat meer volhoubare ekonomiese groei bevorder.  • Prysstabiliteit help om inflasieverwagtinge laag te hou wat looneise deur werkers verminder en inywerheidsvrede handhaaf.  • Prysstabiliteit help verbruikers en besighede om te beplan en ingeligte besluite oor besparing, besteding en beleggings te neem. • Die kredietgradering van Suid-Afrika kan verbeter wat kan lei tot verhoogde beleggings in die land. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte vir blote lys van feite/ voorbeelde toe) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 7 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE lande wat deel is van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskappe (SAOG). • Angola • Botswana • Comore • Demokratiese Republiek van die Kongo • Eswatini / Swaziland • Lesotho • Madagaskar • Malawi • Mauritius • Mosambiek • Namibië • Seychelle • Suid-Afrika • Verenigde Republiek van Tanzanië • Zambië • Zimbabwe (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) help om nywerheidsontwikkeling te bevorder? • ’n Toename in die aantal swart mense wat besighede besit kan lei tot die uitbreiding van bestaande bedrywe. • Vaardigheidsontwikkeling kan swart mense aanmoedig om nuwe nywerhede te begin.  • Voorkeurverkryging en ondernemingsontwikkeling kan die vestiging van besighede in swart besit bevorder wat tot uitbreiding van bedrywe kan lei.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer die nywerheidsontwikkelingstrategie wat ten doel het om die mededingendheid van die vervaardigingsektor te verbeter. Geïntegreerde Vervaardigingstrategie (GVS)  (1) 3.2.2 Noem die staatsdepartement wat vir bevordering van nywerheidsontwikkeling veranwoordelik is. Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DHNM)  (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 8 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 3.2.3 Beskryf kortliks die term belastingvrye aansporings. Inisiatiewe deur die owerheid geneem om plaaslike besighede toe te laat om produksie-insette in te voer sonder om doeaneregte te betaal.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.2.4 Verduidelik die belangrikheid van korridors om streeksontwikkeling te bevorder. • Laat mynbou, landbou en vervaardigingsnywerhede toe om toegang van een gebied na 'n ander te hê.  • Bevorder doeltreffende verstedeliking deur die vestiging van nuwe dorpe in minder ontwikkelde streke.  • Korridors maak streke meer aantreklik vir beide plaaslike en buitelandse beleggers, wat ekonomiese groei bevorder. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.2.5 Hoe kan Suid-Afrikaanse besighede voordeel trek uit die Nasionale Navorsing- en Ontwikkelingstrategie (NNOS)? • Bevorder innovasie wat besighede in staat stel om nuwe projeksietegnieke te gebruik wat meer doeltreffend is en hul gemiddelde produksiekoste minimaliseer.  • Nuwe produktegnieke met hoër produktiwiteit mag besighede help om meer uitsette te produseer en groter aanvraag van kliënte te bevredig. • Besighede kan beter gehalte kwaliteit produkte produseer en 'n mededingende voordeel kry, veral op wêreldmarkte.  • Laer produksiekoste en hoër uitset as gevolg van innovasie kan die winsgewendheid van Suid-Afrikaanse besighede verhoog. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Identifiseer die persentasieverandering in Suid-Afrika se arbeidsproduktiwiteit in die vierde kwartaal van 2022. -8% (1) 3.3.2 Noem EEN ander ekonomiese aanwyser wat met produktiwiteit verband hou. Vergoeding per werker (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese aanwyser. Statistiese data wat gebruik word om die prestasie van die ekonomie te meet.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 9 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 3.3.4 Waarom is toegang tot gesondheidsorgdienste belangrik vir die arbeidsmag? • Toegang tot gesondheidsorgdienste help om die geestelike en fisiese vermoë van werkers te verbeter wat die produktiwiteit van die arbeidsmag verhoog.  • Toegang tot bekostigbare gesondheidsorg help om mediese koste te verminder en die werkers se lewenskoste te beperk. • Toegang tot goeie gesondheidsorg kan 'n gebied aantrekliker vir potensiële werkers maak en die geskoolde arbeidsmag behou. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.3.5 Hoe kan 'n afname in arbeidsproduktiwiteit ‘n impak op die ekonomie hê? • 'n Afname in arbeidsproduktiwiteit kan die gemiddelde koste van produksie verhoog wat tot 'n toename in kostedrukinflasie kan lei.  • Produksie-uitset kan verminder wat ekonomiese groei kan vertraag en werkloosheid verhoog.  • Verlaging in produktiwiteit kan lei tot minder uitvoervolumes wat tot betalingsbalanstekort lei. • Werkers kan hul werk verloor wat tot 'n afname in die vraag na goedere en dienste in die ekonomie lei • Aangesien werkers hul werk verloor weens lae produktiwiteit, kan werkloosheid in die ekonomie toeneem. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek die voordele van invoervervanging vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. • Tariewe en kwotas moedig plaaslike indiensneming aan soos meer werkers werk ontvang in bedrywe wat voorheen ingevoerde goedere geproduseer het. • Uitbreiding van binnelandse nywerhede om te voorsien in die vraag na goedere wat voorheen ingevoer is, kan ekonomiese ontwikkeling bevorder. • Verminderde invoer het 'n positiewe uitwerking op die betalingsbalans aangesien dit die lopende rekening/handelstekort verminder. • 'n Wye verskeidenheid goedere word vervaardig wat die nywerheidsbasis uitbrei. • Die verhoging in belastingbasis vir die staat sal tot meer belastinginkomste lei. • Tariewe en kwotas is maklike en doeltreffende invoerbeheermaatreëls wat verseker dat binnelandse produksie nie in gedrang kom nie.. • Die land sal minder kwesbaar wees vir buitelandse optrede en toestande, soos prysstygings, omdat goedere plaaslik geproduseer word. • Die beskikbare buitelandse valuta kan gebruik word om ander goedere en dienste in te voer en sodoende verbruikers se keuse te verhoog. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 10 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Dit bevorder diversifisering van die ekonomie deur 'n wyer reeks goedere en dienste plaaslik te produseer.  • Verminder afhanklikheid van invoere, kan die betalingsbalans verbeter en dit kan tot 'n meer stabiele ekonomiese omgewing bydra.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) ('n Maksimum van 4 punte mag toegeken word vir blote lys van feite/voorbeelde) (4 x 2) (8) 3.5 Ontleed die uitdagings waarvoor Suid-Afrika te staan kom om nywerheidsontwikkeling deur die verskillende beleide te bevorder. • Vaardigheidstekorte en wanverhoudings belemmer die groei van bedrywe wat gespesialiseerde kennis en kundigheid benodig, wat hul mededingendheid op 'n wêreldskaal beïnvloed.  • Onvoldoende en onbetroubare infrastruktuur, insluitend vervoer, energie en watervoorsiening lei tot verhoogde produksiekoste en voorsieningsonderbrekings wat die uitbreiding van bedrywe belemmer.  • Lastige regulasies, burokrasie en onsekerheid ontmoedig belegging en beperk die vestiging van nuwe besighede • Beperkte toegang tot kapitaal deur die Klein, Medium en Mikro - ondernemings (KMMO) vertraag die vermoë van besighede om in nuwe tegnologieë te belê, fasiliteite te opgradeer en doeltreffend mee te ding.  • Fluktuasies in wêreldvraag, handelspanning, en ekonomiese afswaaie van sleutel handelsvennote beïnvloed uitvoergerigte bedrywe en die algehele ekonomiese stabiliteit negatief.  • Energie beperkinge, insluitend beurtkrag en hoë energiekoste, wat nywerheidsbedrywighede ontwrig, wat tot verlaagde produktiwiteit en mededingingheid lei.  • Arbeidsverwante uitdagings, soos nywerheidstakings, loongeskille en arbeidsmark-verstramminge beïnvloed nywerheidstabiliteit negatief.  • Internasionale handelsbeperkinge (-versperringe) kan uitvoervolumes deur Suid-Afrikaanse bedrywe beperk wat die uitbreiding van bedrywe beperk. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) ('n Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote lys van feite/voorbeelde) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 11 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE ekonomiese aanwysers wat met indiensneming verband hou. • Ekonomiese aktiewe bevolking (EAB) / Ekonomiese bedrywige bevolking (EBB) • Indiensnemingskoers • Werkloosheidskoers (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan die owerheid die makro-ekonomiese doelwit van ekonomiese gelykheid in Suid-Afrika bereik? • Die owerheid gebruik ’n progressiewe persoonlike inkomstebelastingstelsel waar hoër inkomsteverdieners hoër belastingkoerse betaal om die inkomstegaping te verminder • Die owerheid kan herverdelingsprogramme, soos maatskaplike welsyn en werkloosheidsvoordele gebruik om inkomste te herverdeel. • Die owerheid kan regstellingsmetodes gebruik, soos BBSEB en regstellende aksie om die inkomste-ongelykhede reg te stel. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer die periode waarin Suid-Afrika die langste afswaai ervaar het. Desember 2013 tot April 2017 (1) 4.2.2 Noem die draaipunt van 'n sakesiklus wat met die hoogste vlak van inflasie geassosieer word. Piek (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term amplitude. Die vertikale verskil tussen 'n trog en die volgende piek of 'n piek en die volgende trog van 'n sakesiklus.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2.4 Verduidelik die belangrikheid van die tendenslyn by die vooruitskatting van sakesiklusse. • Tendenslyn toon die algemene rigting waarin die ekonomie op pad is Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 12 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • 'n Stygende tendenslyn dui aan dat die ekonomie geleidelik groei /’n Dalende tendenslyn dui daarop dat die ekonomie geleidelik inkrimp  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2.5 Hoe kan 'n ekonomiese resessie huishoudings in die ekonomie beïnvloed? • Gedurende 'n ekonomiese resessie verloor huishoudings hul werk en ander bronne van inkomste.  • Huishoudings kan gedwing word om alternatiewe maniere te soek om inkomste vir oorlewing te genereer, soos informele besighede. • Huishoudings koop minder goedere en dienste as gevolg van laer inkomstevlakke wat tot laer lewenstandaard lei. • Huishoudings kan dalk goedere en dienste moet invoer weens produktekorte op plaaslike markte.  • Sommige huishoudings kan gedwing word om na ander lande te migreer vir werkgeleenthede en beter lewensstandaard.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 4.3 DATAREPONS 4.3.1 Identifiseer 'n handelsbeperking wat verwys na belasting wat op ingevoerde goedere gehef word. Tariewe (1) 4.3.2 Noem die internasionale organisasie wat die verwydering van handelsbeperking tussen lande bevorder. Wêreldhandelsorganisasie (WHO)  (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term embargo. 'n Verbod op die uitvoer of invoer van 'n produk en/of verbod op handel met 'n bepaalde land.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.4 Verduidelik die belangrikheid daarvan om suigeling-nywerhede teen buitelandse mededinging te beskerm. • Beskerming stel nuutgestigte suigelingsnywerhede in staat om hulself sodanig te vestig dat hulle voordeel kan trek uit skaalvoordele en mededingend kan word.  • Beskerming van suigelingsnywerhede help om werksgeleenthede plaaslik te skep en ekonomiese ontwikkeling in opkomende sektore te stimuleer. • Beskerming van suigelingsnywerhede sal help om produksie in nywerhede te diversifiseer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 13 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Die beskerming van suigelingsnywerhede kan 'n land help om minder afhanklik van buitelandse goedere en dienste te word. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.5 Hoe kan die ekonomie voordeel trek uit spesialisering in die produksie van 'n spesifieke produk? • Spesialisasie kan tot laer produksiekoste lei wat die winsgrens vir die produsent kan verhoog • Verbruikers kan laer pryse vir goedere en dienste betaal wat tot verbeterde lewensstandaard lei.  • Die ekonomie kan 'n absolute of vergelykende voordeel ontwikkel, wat help om vermorsing van hulpbronne te minimaliseer.  • Totale uitset kan toeneem as gevolg van hoër produktiwiteit (massaproduksie), wat ekonomiese groei bevorder.  • Internasionale handel kan toeneem deur die kostevoordele.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek die sosiale aanwysers wat met voeding verband hou. a) Kinderwanvoeding  • Wanvoeding word op twee maniere uitgedruk- gewig per ouderdom (ondergewig) en lengte per ouderdom (dwerggroei).  • Die proporsie ondergewig kinders is die belangrikste aanwyser van wanvoeding.  • In Suid-Afrika is wanvoeding een van die hoofoorsake van kindersterftes en die aantal geaffekteerde kinders neem toe.  • Die hoofoorsake van kinderwanvoeding is huishoudelike voedselonsekuriteit, onvoldoende sorg en ongesonde huishoudelike omgewing en 'n gebrek aan gesondheidsorgdienste.  b) Oorgewig kinders/Obesiteit/Vetsug • 'n Oorgewig kind is een wat meer weeg as dit met 'n indeks vergelyk word met 'n kind van dieselfde ouderdom, geslag en lengte. • Obesiteit van kinders word geassosieer met siektes soos diabetes en sielkundige versteuring.  • Siektes wat deur obesiteit veroorsaak kan ‘n direkte impak op die produktiwiteit van die individu hê en 'n enorme druk op openbare gesondheidsektor plaas.  • Suid-Afrika het 'n gekombineerde voorkoms van oorgewig en obesiteit by kinders wat hoër is as die wêreld-gemiddelde.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) ('n Maksimum van 4 punte mag toegeken word vir blote lys van feite/voorbeelde) (4 x 2) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 14 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 4.5 Hoe kan 'n toename in inspuitings positief tot die Suid-Afrikaanse ekonomie bydrae? • 'n Styging in inspuitings, in die vorm van owerheidsbesteding, investering en uitvoerverdienste, lei tot 'n proporsionele groter toename in nasionale inkome deur die vermenigvuldigerproses.  • Toename in beleggings kan nuwe werksgeleenthede skep, wat help om werkloosheid in die ekonomie te verminder. • Huishoudings se inkomstevlakke kan toeneem wat tot 'n hoër vraag na goedere en dienste lei.  • Meer direkte investering kan produksie van goedere en dienste laat toeneem wat ekonomiese groei sal laat toeneem/stimuleer.  • Die stigting van nuwe besighede kan help om die belastingbasis van die regering uit te brei, wat tot meer belastinginkomste sal lei. • Toename in buitelandse beleggingkan kapitaalinvloei skep wat help om die waarde van plaaslike geldeenheid te verhoog.  • Toename in uitvoerverdienste kan help om die betalingsbalansprobleme in die ekonomie te verminder.  • Toename in uitvoere kan plaaslike produksie van goedere en dienste verhoog en sodoende ekonomiese groei stimuleer. • Toename in owerheidsbesteding aan infrastruktuur help om meer direkte investering regoor die land te lok. • Verhoging in welsynsuitgawes soos maatskaplike toelaes kan help om die lewenstandaard vir die mense te verbeter. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) ('n Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote lys van feite/voorbeelde) (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 15 DBE/November 2024 NSS AFDELING C VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die redes vir internasionale handel. • Ontleed die impak van 'n swakker geldeenheid (rand) op die Suid-Afrikaanse ekonomie. INLEIDING Internasionale handel verwys na die ruil van goedere en dienste tussen twee lande of meer.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding) (Maks. 2) LIGGAAM: HOOFDEEL REDES VIR INTERNASIONALE HANDEL Vraagredes 1. Grootte van die bevolking • As daar 'n toename in bevolkingsgroei is, veroorsaak dit 'n toename in vraag, aangesien meer mense se behoeftes bevredig moet word.  • Plaaslike verskaffers sal dalk nie aan hierdie vraag kan voldoen nie en verbruikers sal gedwing word om van ander lande af in te voer. 2. Inkomstevlakke • Veranderinge in inkomste veroorsaak 'n verandering in die vraag na goedere en dienste. • ’n Toename in die per capita-inkomste van mense lei tot meer besteebare inkomste wat aan plaaslike goedere en dienste bestee kan word, waarvan sommige dan dalk ingevoer sal moet word  • Plaaslike aanbod kan onvoldoende wees om die vraag te bevredig en daardeur 'n vraag na invoere te skep.  3. Veranderinge in welvaart van die bevolking • 'n Toename in die welvaart van die bevolking lei tot 'n groter vraag na goedere.  • Mense het toegang tot lenings en kan meer aan luukse goedere bestee, waarvan baie in ander lande vervaardig word. • In gevalle waar luukse goedere en dienste nie plaaslik vervaardig kan word nie, sal mense dit van ander lande moet invoer.  4. Voorkeure en smake • Voorkeure en smake speel 'n rol in die bepaling van pryse.  • Klante in Australië het 'n voorkeur vir 'n spesifieke produk wat hulle nie produseer nie en moet invoer, en dit sal 'n hoër waarde hê as in ander lande.  • Mense se smaak en voorkeure ontwikkel en word dikwels deur sosiale media en globalisering beïnvloed.  • Veranderinge in voorkeure skep markte vir goedere en dienste wat nie altyd plaaslik vervaardig word nie.  Kopiereg voorbehou
Ekonomie/V1 16 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 5. Die verskil in verbruikerspatrone • Die verskil in verbruikerspatrone word bepaal deur die vlak van ekonomiese ontwikkeling in die land.  • In lande waar die vlakke van besteebare inkomste hoog is, is die vraag na luukse goedere hoog, wat 'n groter mark vir invoere skep.  • 'n Swak ontwikkelde land sal 'n hoë vraag na basiese goedere en dienste hê, maar 'n laer vraag na luukse goedere. Aanbodredes 1. Natuurlike hulpbronne • Natuurlike hulpbronne is nie eweredig oor alle lande van die wêreld versprei nie. • Dit verskil van land tot land en kan slegs ontgin word op plekke waar hierdie hulpbronne bestaan.  • Suid-Afrika het groot afsettings van goud terwyl Nigerië ru-olie het.  • Die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne skep 'n platform vir spesialisasie en 'n geleentheid om waardevolle uitvoerinkomste te verdien.  2. Klimaatstoestande • Elke land het unieke klimaatstoestande wat dit toelaat om spesifieke gewasse te verbou.  • Spesialisasie word in produksie bevorder wat lande bemagtig om teen laer koste per eenheid te produseer.  • Klimaatstoestande maak dit vir sommige lande moontlik om sekere goedere teen laer pryse as ander lande te produseer.  • Brasilië is die grootste produsent van koffie in die wêreld omdat sy klimaatstoestande gunstig is vir produksie.van koffie. 3. Arbeidshulpbronne (menslike hulpbronne)  • Arbeidsbronne verskil in kwaliteit, hoeveelheid en koste tussen lande.  • Sommige lande het hoogs geskoolde, goed-betaalde werkers met hoë produktiwiteitsvlakke soos Switserland. • Sommige lande het groter of kleiner arbeidsmag, waar minimumlone hoër kan wees terwyl ander geen regulasies met betrekking tot vergoeding het nie.  • Sommige lande het gespesialiseerde arbeidsmag in die produksie van sekere goedere en dienste.  • Duitsland het die mees geskoolde arbeidsmag in die vervaardiging van BMW, VW Mercedes Benz-motors, wat hul die kapasiteit gee om na ander lande uit te voer. 4. Tegnologie • Tegnologiese hulpbronne is in sommige lande beskikbaar, wat hulle in staat stel om sekere goedere en dienste teen 'n lae eenheidskoste te produseer.  • Sommige lande het toegang tot gevorderde tegnologiese hulpbronne soos masjinerie en toerusting.  • Japan en Singapoer word as tegnologies gevorderd beskou wat hulle 'n mededingende voordeel op die wêreldmarkte gee.  5. Spesialisasie • Spesialisasie in die produksie van 'sekere goedere en dienste stel sommige lande in staat om dit teen 'n laer koste as ander te produseer (vergelykend voordeel). • Japan spesialiseer in die vervaardiging van elektroniese goedere en verkoop dit teen laer pryse.  • Spesialisering verseker dat meganisasie, arbeidsverdeling en skaalvoordele wat met massaproduksie geassosieer word, bereik word.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 17 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Lande verdien dus internasionale reputasie deur in die vervaardiging van sekere produkte te spesialiseer.  6. Kapitaal • Kapitaal stel ontwikkelde lande in staat om 'n voordeel bo onderontwikkelde lande te geniet.  • Ontwikkelde lande is gewoonlik hoog geïndustrialiseerd en het goed ontwikkelde infrastruktuur wat hoër vlakke van produktiwiteit bevorder.  • Weens 'n gebrek aan kapitaal kan sommige lande nie al die goedere wat hulle benodig self produseer nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks.26) (Ken 'n maksimum van 8 punte vir opskrifte/ sub-hofies/voorbeelde toe) ADDISIONELE DEEL 'n Swakker geldeenheid (rand) kan die Suid-Afrikaanse ekonomie positief soos volg beïnvloed:: • Invoere sal relatief duurder word wat invoere kan ontmoedig en die vraag na plaaslike produkte kan verhoog..  • Die vraag na Suid-Afrikaanse uitvoere soos onedelmetale en mineraal produkte sal toeneem namate dit relatief goedkoper word.  • Toerisme-aktiwiteite sal toeneem namate meer toeriste die land besoek weens die swakker rand  • Betalingsbalanstekorte sal verminder namate minder goedere ingevoer word terwyl meer goedere uitgevoer word.  'n Swakker geldeenheid (rand) kan die Suid-Afrikaanse ekonomie negatief soos volg beïnvloed: • Die Invoer van produksieinsette soos ruolie, landbouchemikalieë en motoronderdele sal duurder raak wat kostedrukinflasie sal aanvuur.  • Hoër koste van die ingevoerde produksie-insette kan binnelandse produksie verlaag wat ekonomiese groei sal vertraag..  • Buitelandse beleggers kan hul beleggings in die ekonomie onttrek omdat 'n swakker rand die opbrengs op hul beleggings verlaag. • Invoerbetalings sal toeneem wat welsyn kan verminder aangesien meer hulpbronne gebruik word om meer uitvoere te produseer om hoër koste van invoere te finansier. • Uitvoerverdienste sal afneem, wat tot 'n afname in handelsbalans tot gevolg het, . (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 10) (Ken 'n maksimum van 2 punte vir blote lys van feite/ voorbeelde toe) SLOT Suid-Afrika behoort as 'n ontwikkelende land internasionale handel aanmoedig om hoër ekonomiese groei te behaal.  (Aanvaar enige ander relevante hoër-orde slot) (Maks. 2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 18 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE • Bespreek in detail die vraagkantbenadering in die bevordering van ekonomiese groei en ontwikkeling in Suid-Afrika. • Ontleed die belangrikheid vir die Suid-Afrikaanse ekonomie om klein besighede te bevorder. INLEIDING Die vraagkantbenadering behels diskresionêre veranderinge in monetêre en fiskale beleide met die doel om die vlak van totale vraag, en daarom uitsette, te verander.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding) (Maks. 2) LIGGAAM: HOOFDEEL DIE SUID-AFRIKAANSE VRAAGKANTBENADERING • Die Suid-Afrikaanse owerheid gebruik beide monetêre en fiskale beleide vir stabiliseringsdoeleindes.  • Dit gebruik monetêre beleide, deur die SARB, hoofsaaklik om pryse te stabiliseer tydens die lang opswaaie van die sakesiklusse  • Die owerheid gebruik fiskale beleid om sosiale ontwikkeling en ekonomiese groei na te kom.  Monetêre beleid • Die SARB, as die sentrale bank, is verantwoordelik vir die formulering van Suid-Afrika se monetêre beleid en is grootliks verantwoordelik vir die implementering van hierdie beleid. • Sy primêre doel, soos omskryf in die Grondwet, is om die waarde van die geldeenheid te beskerm deur pryse te stabiliseer in terme van inflasieteikens. Dit gebruik hoofsaaklik die volgende monetêre beleidsinstrumente: 1. Rentekoersveranderinge • In Suid-Afrika word rentekoerse gebruik om kredietskepping te beïnvloed deur krediet duurder of goedkoper te maak • Om ekonomiese groei te stimuleer, kan die SARB rentekoerse verlaag om lenings goedkoper te maak wat verbruikersbesteding en produksie sal aanmoedig.  • Rentekoerse word gebruik om wisselkoerse te stabiliseer deur kapitaalinvloei of uitvloei aan te moedig ten einde 'n tekort of 'n surplus op die lopende tekening van die betalingsbalans reg te stel.  2. Opemarktransaksies • Om bankkrediet te beperk, kan die SARB sekuriteite op opemark verkoop wat daartoe lei dat geld vanaf die banke na die SARB vloei en nie krediet kan verleen nie. • Om kredietskepping aan te moedig, koop die SARB sekuriteite op opemark wat daartoe lei dat geld in die bankstelsel invloei en gebruik word om krediet te verleen. 3. Morele oorreding • Die SARB konsulteer met banke en oorreed hulle om op 'n wyse wat in terme van heersende ekonomiese omstandighede gewens is, op te tree.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 19 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Die oorreding word dikwels aan transaksies van die SARB in die geldmark gekoppel byvoorbeeld deur papier soos wissels en effekte te koop en te verkoop.  • Indien banke byvoorbeeld te vrygewig is om krediet te verleen, kan die SARB hulle versoek om strenger te wees.  • Om kredietverlening aan te moedig, kan die SARB handelsbanke oorreed om meer toegeeflik te wees wanneer hulle krediet aan hul kliënte toestaan. 4. Kontantreserwesvereiste • Om bankkrediet te beperk, kan die SARB die kontantreserwevereiste verhoog wat kredietverlening deur banke verminder. • Om kredietskepping aan te moedig, verminder die SARB die kontantreserwevereiste sodat banke meer krediet aan die publiek kan verleen. • Toegang tot meer krediet sal verbruikersbesteding en beleggings verhoog wat ekonomiese groei sal stimuleer. Fiskale beleid • Suid-Afrika se fiskale beleid word in die praktyk deur middel van die begrotingsproses toegepas.  • Die hoofdoel van fiskale beleid in Suid-Afrika is om makro-ekonomiese groei en indiensneming te stimuleer en om 'n gewenste herverdeling van inkomste (ekonomiese regverdigheid) te verseker.  • Die doelwitte vir prysstabiliteit en wisselkoersstabiliteit word grotendeels aan monetêre beleid oorgelaat. • Die owerheid stel sy besteding en belasting saam op 'n manier wat sy kanse om sy makro-ekonomiese doelwitte te bereik, verhoog. In Suid-Afrika sluit fiskale beleid die volgende elemente in': 1. Progressiewe persoonlike inkomstebelasting • Hoër inkomsteverdieners word teen hoër koerse as laer inkomsteverdieners belas. • Die belasting word gebruik om maatskaplike (sosiale) ontwikkeling te finansier.  • Belastinginkomste sal die armes bevoordeel deur maatskaplike toelaes soos pensioene.  2. Rykdombelasting • Eiendomme soos huise, kantore en fabrieksgeboue in stedelike gebiede word jaarliks belas (Eiendomsbelasting)  • Oordragkoste (hereregte) word betaal wanneer eiendomme gekoop word.  • Sekuriteite (aandele en effekte) word belas wanneer hulle verhandel word.  • Kapitaalwinsbelasting (KWB) word op winste verdien met die verkoop van kapitaalgoedere gehef, soos eiendomme en aandele. • Boedelbelasting word gehef op die boedel van oorlede persone bo die waarde van 3,5 miljoen.  • Belasting word gebruik om ontwikkelingsbesteding te finansier wat die armes meer bevoordeel as diegene wat nie arm is nie. 3. Kontantvoordele • Die regering voorsien sosiale sekerheidsbetalings soos ouderdomspensioene, ongeskiktheidstoelaes, kinderondersteuningstoelaes, pleegkindtoelae, werkloosheidsversekering en die toelae vir maatskaplike noodverligting (SRD).  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 20 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 4. Voordeel in natura/Natuurlike voordele/In natura-voordele • In natura voordele sluit die voorsiening van gesondheidsorg, onderwys en skoolmaaltye, beskerming, munisipale dienste en infrastruktuur in.  • Waar gebruikersfooi gehef word, word arm mense en mense met lae inkomstes meer as ander bevoordeel omdat hulle of niks betaal nie of minder as hoër inkomstes verdieners betaal.  • Byvoorbeeld, gratis basiese elektrisiteit (FBE) van 50kWh per huishouding per maand en gratis basiese water (FBW) van 6 kl. (6 000 liters) water per maand per huishouding word verskaf.  5. Ander herverdelingsmetode  • Sommige makro-ekonomiese beleide het voordele wat arm en lae-inkomste- verdieners bevoordeel.  • Openbare werke-programme, verskaf indiensneming en strategiese geïntegreerde projekte (SIPs) verskaf werkskeppingsubsidies en 'n aantal ander kontant en finansiële voordele aan KMMO's.  • Voorheen benadeelde persone kry eerste voorkeur om die wanbalans van die verlede reg te stel.  6. Grondrestitusie en grondherverdeling  • Die doel van grondrestitusie is om grond terug te besorg (of om in kontant te vergoed) aan diegene wat hul grond as gevolg van diskriminerende wette van die verlede verloor het.  • Grondherverdeling fokus op grond vir residensiële (stede) en produktiewe (plase) gebruik.  • Die doel is om 30% van die land se landbougrond aan voorheen benadeelde persone te herverdeel.. • Die fondse vir grondrestitusie en grondherverdelingsprogramme word in die hoofbegroting voorsien.  7. Eiendomsubsidies.  • Subsidies help begunstigdes om eienaarskap van vaste residensiële eiendom te bekom.  • Die owerheid se behuisingsubsidieskema bied befondsingsopsies aan alle kwalifiserende persone wat 'n bepaalde reeks maandelikse inkomste verdien. • 'n Behuisingsubsidie is nie 'n kontantuitbetaling nie, maar dit word direk aan die finansiële instelling wat die huisverband verskaf of aan die verkoper betaal. • Die subsidie hang af van 'n persoon se inkomste maar hoe laer die inkomste hoe groter die subsidie.  • Die behuisingsubsidieskema word uit die hoofbegroting gefinansier.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks.26) (Ken 'n maksimum van 8 punte vir opskrifte/ subopskrifte/voorbeelde toe) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 21 DBE/November 2024 NSS ADDISIONELE DEEL • Klein besighede kan help om werkgeleenthede te skep vir diegene wat struktureel werkloos in die ekonomie is en daardeur die werkloosheidskoers verlaag.  • Klein besighede kan met groter besighede meeding wat ekonomiese doeltreffendheid verbeter en innovasie bevorder.  • Uitsette wat deur klein besighede geproduseer dra tot die BBP van die land by en stimuleer sodoende ekonomiese groei. • Klein besighede kan 'n bron van inkomste vir die huishoudings skep wat help om armoede in Suid-Afrika te verlig.  • Die vestiging van klein besighede kan die belastingbasis uitbrei wat belastinginkomste vir die owerheid verhoog.  • Uitsette wat deur klein besighede geproduseer word kan tot 'n toename in uitvoere bydra wat help om die betalingsbalans (BB) probleme te verminder.  • Bevordering van klein besighede kan help om vaardigheidsontwikkeling onder die Suid-Afrikaanse bevolking aan te moedig.  • Die bevolkingspersentasie wat van maatskaplike toelaes afhanklik is, kan afneem en daardeur die welsynsbesteding van die owerheid verminder.  • Belastinginkomste wat van kleinsakeondernemings ingevorder word, kan die finansiële vermoë van die regering verhoog om infrastruktuur te ontwikkel. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 10) (Ken 'n maksimum van 2 punte vir blote lys van feite/ voorbeelde toe) SLOT Die owerheid moet vraagkantbeleide met aanbodkantbeleide aanvul om hoër ekonomiese groei te bereik.  (Aanvaar enige ander relevante hoër-orde slot) (Maks. 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all