Skip to content

Economics Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202412 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V2 NOVEMBER 2024 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 2 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 3 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. Nov 1.1.1 'n Besigheid wat geen invloed oor die markprys het nie, word 'n prys-... genoem A bepaler B soeker C nemer D steller 1.1.2 Hoë ontwikkelingskoste is dikwels 'n rede vir 'n ... monopolie. A plaaslike B natuurlike C kunsmatige D geografiese 1.1.3 Die sluitingspunt vir 'n firma met volmaakte mededinging is waar die gemiddelde inkomste aan die ... koste gelyk is. A gemiddelde veranderlike B totale veranderlike C gemiddelde D gemiddelde vaste 1.1.4 Wanneer die owerheid wette aanneem om markmislukkings te verminder, word daarna as … verwys. A indirekte beheer B belasting C deregulering D direkte beheer 1.1.5 Die inflasieteikenspeling wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) gebruik word, is ... A 3%–6%. B 1%–3%. C 4%–6%. D 2%–6%. 1.1.6 Die minimum lengte van verblyf vir toerisme-aktiwiteite moet ... dag/dae wees. A drie B sewe C vyf D een Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 4 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.1.7 'n Volgehoue daling in die pryse van goedere en dienste met tyd, word ... genoem. A disinflasie B deflasie C hiperinflasie D inflasie 1.1.8 Die verwydering van bome uit die omgewing sonder om dit te vervang, staan as ... bekend. A gronderosie B verwoestyning C ontbossing D gronddegradering (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Kort termyn A Suid-Afrikaanse inwoners wat na ander lande reis 1.2.2 Patent B skakel huidige (nominale) pryse om 1.2.3 Minimum prys na konstante (reële) pryse 1.2.4 Gemeenskapsgoedere C vrystelling van afvalstowwe in die omgewing 1.2.5 BBP-deflator D omsien na natuurlike hulpbronne 1.2.6 Uitgaande toeriste om te verseker dat dit nie totaal opgebruik word nie 1.2.7 Beskerming E ten minste een produksiefaktor bly 1.2.8 Besoedeling vas F opgelê deur die owerheid om produsente van noodsaaklike goedere toe te laat om winsgewend te wees G gratis deur die owerheid voorsien H al die produksiefakore kan verander I 'n eksklusiewe reg om 'n bepaalde produk te vervaardig (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 5 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.3 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die waarde van insette wat deur die entrepreneur besit word en in die produksieproses gebruik word 1.3.2 Wanneer die gemiddelde produksiekoste afneem soos wat die uitsette geproduseer, toeneem 1.3.3 Die laagste bedrag geld wat werkgewers volgens wet verplig word om hul werknemers te betaal 1.3.4 'n Styging in pryse wat plaasvind wanneer die totale vraag in die ekonomie die totale aanbod oorskry 1.3.5 Verwys na die kultuur, geskiedenis en omgewing wat uniek aan 'n gegewe kultuur of samelewing is 1.3.6 Natuurlike hulpbronne wat vervang of hernieu kan word (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 6 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van markte wat as volmaakte mededinging beskou kan word. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom is kostevoordeel-ontleding (KVO) vir openbare projekte belangrik? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MONOPOLISTIESE MEDEDINGING Baie restaurante in enige stad ding mee gebaseer op die kwaliteit van hulle kos en pryse. Die basiese konsep om gasvryheidsdienste te voorsien, verskil wanneer restaurante hulle strategieë verander. Een restaurant kan R150 vir 'n pizza-en-burger-kombo vra, terwyl 'n volgende R180 vir dieselfde bestelling kan vra. Die prys van die dis kan van ander faktore afhang, soos die kwaliteit van die bestanddele gebruik, die ligging van die restaurant, die gewildheid daarvan en ander dienste wat hulle aanbied. Hierdie produkdifferensiasie is 'n sleutelelement van die restaurantbesigheid. [Bron: www.educba.com] 2.2.1 Identifiseer 'n voorbeeld van nieprys-mededinging in die uittreksel hierbo. (1) 2.2.2 Noem die tipe wins wat op lang termyn deur 'n monopolistiese mededinger verdien word. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term monopolistiese mededinging. (2) 2.2.4 Verduidelik die rol van advertensies in 'n monopolistiese mededingende mark. (2) 2.2.5 Waarom geniet 'n monopolis groter winste as 'n monopolistiese mededinger? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 7 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. POSITIVE EXTERNALITIES POSITIEWE OF EKSTERNALITEITE EDUCATION VAN ONDERWYS PRICE PRYS V11 D SA V D P1 P D V1 AS DV 0 Q Q H H11 HOEVEELHEID V1 QUANTITY 2.3.1 Identifiseer die kromme wat die marginale private voordeel verteenwoordig. (1) 2.3.2 Gee enige EEN voorbeeld van negatiewe eksternaliteite. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term eksternaliteite. (2) 2.3.4 Waarom word hoeveelheid H1 as sosiaal doeltreffend beskou? (2) 2.3.5 Hoe kan die owerheid die verbruik van merietegoedere aanmoedig? (2 x 2) (4) 2.4 Met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, verduidelik die verhouding tussen totale koste (TK), konstante koste (KK) en veranderlike koste (VK). (2 x 4) (8) 2.5 Hoe kan 'n gebrek aan inligting deur verskillende markdeelnemers tot die wanverdeling van hulpbronne lei? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 8 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE tipes verbruikersinflasie. (2 x 1) (2) 3.1.2 Waarom word belasting op toerisme-aktiwiteite deur die owerheid gehef of ingevorder? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. IMPAK VAN INFLASIE OP DIE VERBRUIKER Minder reële spaar- waarde INFLASIE [Aangepas uit www.ilearnthis.com] 3.2.1 Identifiseer 'n positiewe impak van inflasie op die verbruiker in die spotprent hierbo. (1) 3.2.2 Noem die instelling wat rentekoerse gebruik om inflasie in Suid-Afrika te beheer. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term stagflasie. (2) 3.2.4 Verduidelik die impak van inflasie op belastingbetalers. (2) 3.2.5 Hoe kan natuurlike rampe tot inflasie in die ekonomie bydra? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 9 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. STREEKSVERANDERINGE IN TOERISTE-AANKOMSTE 1,9 Miljoene 1,7 KW4, 2019 1,3 KW4, 2022 0,8 0,6 0,5 KW4, 2023 Oorsese aankomste SAOG-aankomste Alhoewel toeriste-aankomste uit ander Afrika-lande die vlakke voor die pandemie oorskry het, is daar 'n moontlikheid van totale herstel vir die Suider- Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) en oorsese streke. [Aangepas uit Statistiek Suid-Afrika] 3.3.1 Identifiseer die getal SAOG-toeriste-aankomste in die de 4 kwartaal van 2023. (1) 3.3.2 Noem enige EEN omgewings-Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term binnelandse toerisme. (2) 3.3.4 Verduidelik die impak van 'n swakker rand op buitelandse toeriste- aankomste. (2) 3.3.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse owerheid verseker dat toeriste die verskillende bestemmings oor die land besoek? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks uitvoerverdienste en owerheidsbesteding as oorsake van vraagtrek-inflasie. (2 x 4) (8) 3.5 Hoe kan toerisme-aktiwiteite Suid-Afrika negatief beïnvloed? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 10 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE tipes ondoeltreffendheid wat deur markmislukkings veroorsaak word. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) opemarktransaksies gebruik om geldvoorraad in die ekonomie te verminder? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die grafieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NYWERHEID/MARK INDIVIDUELE FIRMA MK GK V1 A2 A1 Prys per eenheid E2 E2 P2 P2 V2=GI2=MI2 E1 E1 P1 P1 V1=GI1=MI1 A2 A1 V1 0 Q2 Q1 0 Hoeveelheid (duisende eenhede) Hoeveelheid (eenhede) 4.2.1 Identifiseer die kromme wat die aanbodkromme vir die individuele firma in die grafiek hierbo verteenwoordig. (1) 4.2.2 Noem die aard van produkte wat in 'n volmaakte mark verkoop word. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term marginale inkomste. (2) 4.2.4 Waarom is die individuele firma se vraagkromme horisontaal? (2) 4.2.5 Gebruik die grafieke hierbo om te verduidelik hoe ekonomiese verlies op kort termyn tot normale wins op lang termyn lei. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 11 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 4.3 Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKAANSE TOERISME PRENT A PRENT B [Bron: www.google.com] 4.3.1 Identifiseer die prent wat met ekotoerisme verband hou. (1) 4.3.2 Noem die instelling wat vir die bevordering van toerisme in Suid-Afrika verantwoordelik is. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term paleo-toerisme. (2) 4.3.4 Verduidelik die impak van huishoudings se inkomstevlakke op toerisme. (2) 4.3.5 Waarom sal Suid-Afrikaners ontmoedig word om toeristegebiede in die land te besoek? (2 x 2) (4) 4.4 Met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, verduidelik die effek van maksimum pryse op die mark. (2 x 4) (8) 4.5 Ontleed die maatreëls wat gebruik kan word om kostedruk-inflasie te bekamp. (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 12 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf.  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.  MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/Bespreek in detail met die hulp van Maks. 26 grafieke/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/ Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/ Debatteer 'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Maks. 10 Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/ Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling van feite wat reeds genoem is  Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Ondersoek in detail die oligopolie-markstruktuur. (26)  Hoe het die mededingingsbeleid gehelp om anti-mededingende gedrag in Suid-Afrika te verminder? (10) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in detail hoe die owerheid volhoubare ontwikkeling of omgewingsvolhoubaarheid kan verseker. (26)  Ontleed die internasionale maatreëls geneem om omgewingsprobleme te verminder. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all