Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR
SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
EKONOMIE V1
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers %202015%20Preparatory%20Examination%20Paper_hlayiso.com_--14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679/v1-7a5a15ad65c47c648255/card.webp)





View all
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)



_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)
Grade 12 Economics question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 413.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Other filesQuestion paperQuestion paper (2)MemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae as volg:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE uit die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord enige EEN uit die twee vrae.
2. Skryf die vraagnommer boaan elke vraag.
3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Lees die vrae sorgvuldig en begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Laat 2−3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
6. Beantwoord vrae in volsinne en verseker dat die uitleg en inhoud van
jou antwoorde ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die vrae.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Slegs die vereiste aantal vrae sal nagesien word in die volgorde
waarin dit in die ANTWOORDEBOEK voorkom.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE − 20 MINUTE
1.1 Verskeie moontlike opsies word as antwoorde tot die volgende vrae
gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A, B of
C) langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.1.1−1.1.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 Belastings en subsidies op ... word in berekening gebring
wanneer die BBP teen basiese pryse bereken word.
A uitvoere
B produksie
C kommoditeite
1.1.2 Faktore wat hul oorsprong van buite die plaaslike
ekonomiese stelsel het, word na verwys as ... faktore.
A inheemse
B eksogene
C endogene
1.1.3 Dit is NIE een van die probleme van openbare sektor
voorsiening NIE:
A Prysbeleid
B Privatisering
C Nasionalisering
1.1.4 Doelbewuste optrede deur die Suid-Afrikaanse
Reserwebank om die waarde van die rand te laat daal, staan
bekend as ...
A devaluasie.
B depresiasie.
C appresiasie.
1.1.5 Die oprigting van ʼn onderneming deur een land in ʼn ander
land, word buitelandse ... genoem.
A onderneming
B handel
C direkte investering
1.1.6 Die regeringsinisiatief wat ingestel is om werkskepping te
verhoog, ekonomiese groei te bevorder en inkome te
herverdeel:
A Asgisa
B HOP
C GEAR
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
1.1.7 Ekonomiese ontwikkeling ...
A lei tot ʼn toename in armoede.
B is dieselfde as ekonomiese groei.
C is ʼn toename in die vlak van ekonomiese welsyn.
1.1.8 Die aanwyser wat gebruik word om die prestasie van die
ekonomie te meet, word die ... aanwyser genoem.
A sosiale
B sloerende
C ekonomiese (8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn begrip in KOLOM A pas.
Skryf slegs die korrekte letter (A−I) langs die ooreenstemmende
vraagnommer (1.2.1−1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Ekstrapolasie A staat en semi-staat
ondernemings
1.2.2 BNI B ʼn proses waar mense beweeg
van plattelandse na stedelike
gebiede
1.2.3 Parastatale C ʼn monetêre beleidsinstrument
1.2.4 Belasting D om die voorspellings van
toekomstige sakesikluspatrone
te baseer op voriges
1.2.5 Verstedeliking E totale inkome ontvang deur
permanente inwoners
1.2.6 Rentekoerse F dit is ʼn nywerheidspark wat
buite die plaaslike doeane-
gebied val
1.2.7 Spesiale G skakel ʼn onderneming in
Ekonomiese Sone staatsbesit oor na ʼn besigheid
met beperkte aanspreeklikheid
en ʼn winsmotief
1.2.8 Herstrukturering H ʼn fiskale beleidsinstrument
I nuut opgerigte nywerheid
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 5
1.3 Gee die ekonomiese term/begrip vir elk van die volgende omskrywings.
Skryf slegs die term/begrip langs die ooreenstemmende vraagnommer
in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die vloei van inkome en besteding in ʼn kringloop
1.3.2 Hierdie siklusse word glo veroorsaak deur veranderinge in
aktiwiteite in die bou- en konstruksie nywerheid
1.3.3 Optimale toekenning van hulpbronne
1.3.4 Die toepassing van ʼn handelsbeleid waar die staat die invoer
van sekere goedere ontmoedig
1.3.5 Daarop gemik om ekonomiese lewensbestaan van sekere
gebiede te verhoog
1.3.6 Verkoop van goedere in ʼn buitelandse mark teen prys wat laer is
as die produksiekoste in die land van oorsprong (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE redes vir regeringsinmenging in die ekonomie.
(2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe sal jy die begrip vermenigvuldiger verduidelik? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
Inflasie %
10 PK1 PK
6 A
2 B
D C
E
0 2 4 6 8 10 12 14
Werkloosheid %
2.2.1 Benoem die grafiek wat hierbo voorgestel word. (1)
2.2.2 Watter punt op die grafiek toon die oorspronklike natuurlike
werkloosheidskoers aan? (1)
2.2.3 Wat is die gevolg van PK1 wat by punt D sny? (2)
2.2.4 Noem enige aanbodkant beleidsmaatreël wat aangewend kan word
om PK na PK1 te verskuif. (2)
2.2.5 Verduidelik die verhouding tussen werkloosheid en inflasie in die
bostaande grafiek. (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 7
2.3 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
NASIONALE REKENINGE SYFERS
R (miljard)
Finale verbruiksbesteding deur huishouding 1 907,2
Bruto vaste kapitaalvorming 604,4
Veranderinge in voorrade 8,2
Finale verbruiksbesteding deur algemene
owerheid 707,0
Oorblywende items 24,6
Bruto binnelandse besteding (A) 2.3.4
Uitvoere van goedere en dienste 891,6
Invoere van goedere en dienste 987,8
Bruto Binnelandse Produk @ markpryse 3 155,2
Primêre inkome van die res van die wêreld 48,5
Primêre inkome aan die res van die wêreld 118,5
Bruto Nasionale Inkome @ markpryse 3 085,2
Verbruik van vaste kapitaal 404,9
Netto Nasionale inkome @ markpryse 2 680,3
[Bron: Bereken uit Suid-Afrikaanse Reserwebank, 2013]
2.3.1 Watter berekeninsmetode van die BBP is in die bostaande
tabel toegepas? (2)
2.3.2 Waarom word invoere van die BBB syfers afgetrek? (2)
2.3.3 Wat moet gedoen word om die BBP teen markpryse om te
skakel na die BNP teen markpryse? (2)
2.3.4 Bereken die Bruto Binnelandse Besteding in die bostaande
tabel, aangedui as (A). (4)
2.4 Bespreek kortliks oneffektiwiteit en ondoeltreffendheid as eienskappe/
kenmerke van openbare sektor mislukking. (4 x 2) (8)
2.5 Hoe kan veranderinge in wisselkoerse gebruik word om
betalingsbalans-onewewigtigheid uit te skakel? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE van Suid-Afrika se nywerheidsontwikkeling
beleide. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe sal ʼn toename in arbeidproduktiwiteit ekonomiese groei
beïnvloed? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat
volg.
INDUSTRIËLE ONTWIKKELING
Die klere-, tekstiel- en motorvoertuigsektore is geïdentifiseer as sleutel
strategiese sektore waarvoor die Departement van Handel en
Nywerheid sal voortgaan om aansporingskemas te bied, ten einde
vervaardigingskapasiteit ʼn hupstoot te gee en om werkskepping te
ondersteun.
Nywerheidsbeleid-inmenging om ontwikkelingsdoelwitte te ondersteun,
sal ondersoek word. Die uitdaging is om die vlak van
nywerheidsbeleid-inmenging aansienlik in ʼn klomp sektore te verhoog,
en gesamentlik die nodige vermoë in die Departement te bou om
hierdie opgradering te kan bestuur.
In verband met aansporings vir nywerhede en ondernemings, word
verdere werk beplan om die nywerheidsfinansieringsregime in lyn te
bring met die nywerheidsbeleidsdoelwitte. Produksie-aansporings in
die klere-bedryf en tekstiel- en motorvoertuigsektore, sal toenemend
gebaseer word op toelaes, wat dus die afhanklikheid van
belastingaansporings sal verminder.
[Bron: Jaarboek van Suid-Afrika]
3.2.1 Noem enige EEN sleutelsektor uit die uittreksel. (1)
3.2.2 Wat is die rol van die Departement van Handel en Nywerheid
volgens die uittreksel? (1)
3.2.3 Verduidelik die betekenis van die begrip
nywerheidsontwikkeling. (2)
3.2.4 Noem TWEE aansporings wat die regering gebruik om
nywerheidsontwikkeling aan te moedig. (2 x 1) (2)
3.2.5 Hoekom sou die regering hierdie finansiële aansporings
aanbied? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 9
3.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat
volg.
[Bron: Menslike Ontwikkelingsverslag 2013]
LEWENSVERWAGTING
Mense wat in modern ontwikkelende lande bly, sal oor die
algemeen ʼn langer lewensverwagting, gemeet in jare, hê as
diegene wat in arm, onderontwikkelde lande woon. Byvoorbeeld,
die ‘Development Economics Web Guide’ het lewensverwagtinge in
die Verenigde Koninkryk, Ghana en Zambië saamgestel. VK
inwoners het ʼn gemiddelde lewensverwagting van ongeveer 78 jaar,
wat baie hoër is as Ghana se 56 en Zambië se 41. Faktore wat
lewensverwagting beïnvloed, sluit in armoede, genoegsame
voedselvoorraad en siektes. ʼn Toename in lewensverwagting dui
op verbeterde sosiale en ekonomiese toestande.
[Bron: Menslike Ontwikkelingsverslag, 2012]
3.3.1 Wat is die uitwerking van ʼn styging in lewensverwagting? (1)
3.3.2 Wat is die gemiddelde lewensverwagting van mense wat in
die Noordverdeel bly? (1)
3.3.3 Noem enige TWEE aanwysers wat gebruik word om
lewenstandaard te meet. (2 x 1) (2)
3.3.4 Maak ʼn voorstel hoe om lewensverwagting te verhoog. (2)
3.3.5 Vergelyk die lewenstandaard tussen die Noord- en die
Suidverdeel. (4)
3.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.
(2 x 4) (8)
3.5 Evalueer Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe in Suid-Afrika. (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE voorbeelde van nywerheidsontwikkeling-sones
in Suid-Afrika. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan ʼn leidende sakesiklusaanwyser in vooruitskatting
gebruik word? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
LOPENDE REKENING
2012 R (miljard) 2013 R (miljard)
Jaar Kw 1 Kw 2 Kw 3 4th Kw 4
Goedere
744 802 826 885 901
uitvoere
Netto
71 67 70 63 56
gouduitvoere
Goedere
-854 -941 -983 -1 039 -1 002
invoere
Handelsbalans -39 -72 4.2.5 -91 -45
Netto dienste,
inkome en
lopende -125 -116 -120 -125 -134
oordrag
betalings
Saldo op
lopende -164 -187 -207 -216 -179
rekening
Persentasie
-5,2 -5,7 -6,2 -6,4 -5,8
van BBP
[Bron: SARB Junie 2013 Kwartaallikse Bulletin]
4.2.1 Benoem die sub-rekening wat in bostaande tabel aangetoon
word. (1)
4.2.2 Wat beteken ʼn negatiewe syfer as ʼn handelsbalans? (1)
4.2.3 Omskryf die begrip betalingsbalans. (2)
4.2.4 Waarom word netto gouduitvoere aangeteken as ʼn aparte
item en nie as deel van die goedere-uitvoer nie? (2)
4.2.5 Bereken die handelsbalans vir die tweede kwartaal van
2012. (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 11
4.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat
volg.
NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN
Die Beplanningskommissie het die Nasionale Ontwikkelingsplan
(NOP) in 2011 aangekondig. Die NOP fokus op die uitdaging om
armoede en inkome-ongelykheid in Suid-Afrika te verlig. Die NOP
het ʼn duidelike visie dat die privaatsektor die mees belangrikste
rolspeler in die ekonomie is. Die regering moet die toestande skep
waarbinne die privaatsektor kan blom en werksgeleenthede skep −
11 miljoen teen 2030 teen ʼn jaarlikse ekonomiese groeikoers van
5,4%.
[Bron: Jaarboek van Suid-Afrika]
4.3.1 Noem ʼn Wet wat in Suid-Afrika toegepas word om gelykheid
te bevorder. (1 x 2) (2)
4.3.2 Verduidelik EEN doelwit van die NOP. (1 x 2) (2)
4.3.3 Op watter manier behoort hierdie doelwitte ontplooi te word? (2)
4.3.4 Verduidelik hoekom jy dink Suid-Afrika hierdie doelwitte van
die NOP sal bereik. (2 x 2) (4)
4.4 Onderskei tussen geldmark en kapitaalmark. (2 x 4) (8)
4.5 Evalueer enige TWEE Suid-Afrikaanse benaderings om
sakedoeltreffendheid te verbeter. (2 x 4) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling.
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
ʼn Goeie beginpunt sal wees om die begrip of
sleutelwoord van die vraag te definieer.
Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
Moenie ʼn inleidende gedeelte van die vraag insluit nie.
Maks. 2
Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud
herhaal nie.
Vermy dit om in die inleiding te vertel wat in die inhoud
bespreek gaan word.
Inhoud:
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte
bespreking/Ondersoek/Bespreek
krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/ Maks. 26
Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek
krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en
verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en Maks. 10
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer
kortliks/Hoe/Stel voor/Gebruik die inligting en redeneer,
debatteer evalueer ...
Slot:
Die slot is ʼn samevatting van die bespreking van die
onderwerp in die inhoud en word beskou as ’n hoër
kognitiewe reaksie.
Die slot kan die vorm aanneem van ʼn eie opinie,
voorbeelde om jou bespreking te ondersteun of ʼn
teenstellende uitkyk daarop wat bespreek is. Maks. 2
Geen gedeelte van beide die inleiding en die inhoud
mag in die slot ingesluit word nie.
TOTAAL: 40
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 13
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Vryhandel het sy voordele, maar lande het vir baie jare struikelblokke
daargestel om vrye internasionale handel te beperk. Daarom gebruik
meeste lande ʼn mengsel van vryhandel en beskerming.
Bespreek die argumente ten gunste van vryhandel. (26)
Hoekom is dit belangrik vir Suid-Afrika om deel van BRICS te wees? (10)
[40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Sosiale aanwysers meet die vlak of vordering van ontwikkeling oor ʼn
tydsperiode en word deur die regering aangewend om beleide te vorm,
doelwitte te stel en die sukses van beleide te monitor.
Bespreek Suid-Afrikaanse sosiale prestasies gebaseer op die volgende
aanwysers:
o Demografie
o Voeding en gesondheid
o Onderwys
o Dienste (26)
Stel VYF oorwegings voor wat in ag geneem moet word wanneer die
ekonomie geassesseer word. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Study this subject
Recommended for this subject
%202015%20Preparatory%20Examination%20Paper_hlayiso.com_--14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679/v1-7a5a15ad65c47c648255/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC June 2015 Question Paper (English)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Eng)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--3df8bb66-2d0a-4b1b-89bf-509b303bfa3e/v1-45abc04fbe038cfc315d/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 Gauteng June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (English)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper