Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
EKONOMIE V1
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 367.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Other filesQuestion paperQuestion paper (2)MemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 B produksie
1.1.2 B eksogene
1.1.3 C Nasionalisering
1.1.4 A devaluasie.
1.1.5 C direkte investering
1.1.6 C GEAR
1.1.7 C is ʼn toename in die vlak van ekonomiese welsyn.
1.1.8 A ekonomiese (8 x 2) (16)
1.2 PAS-ITEMS
1.2.1 D om die voorspellings van toekomstige
sakesikluspatrone te baseer op voriges
1.2.2 E totale inkome ontvang deur permanente inwoners
1.2.3 A staat en semi-staat ondernemings
1.2.4 H ʼn fiskale beleidsinstrument
1.2.5 B ʼn proses waar mense beweeg van plattelandse na
stedelike gebiede
1.2.6 C ʼn monetêre beleidsinstrument
1.2.7 F dit is ʼn nywerheidspark wat buite die plaaslike doeane-
gebied val
1.2.8 G skakel ʼn onderneming in staatsbesit oor na ʼn
besigheid met beperkte aanspreeklikheid en ʼn
winsmotief (8 x 1) (8)
1.3 IDENTIFISEER DIE BEGRIP
1.3.1 Geldvloei
1.3.2 Kuznetsiklus
1.3.3 Pareto doeltreffendheid/allokatiewe doeltreffendheid
1.3.4 Beskerming
1.3.5 Streekontwikkeling/Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief (ROI)
1.3.6 Storting (Dumping) (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 3
AFDELING B (Beantwoord TWEE vrae uit hierdie afdeling.)
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem enige TWEE redes vir regeringsinmenging in die
ekonomie.
Voorsien openbare goedere en dienste
Voorsien meriete goedere
Beskerm natuurlike hulpbronne
Herverdeling van inkome en rykdom
Bestuur die ekonomie
Moedig mededinging aan (Enige 2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe sal jy die begrip ‘vermenigvuldiger’ verduidelik?
Wanneer ʼn klein verandering in besteding lei tot ʼn groter
proporsionele toename in nasionale inkome.
(Aanvaar enige toepaslike verduideliking) (1 x 2) (2)
2.2 DATA RESPONS
2.2.1 Benoem die grafiek wat hierbo voorgestel word.
Phillipskurwe (1)
2.2.2 Watter punt op die grafiek toon die oorspronklike natuurlike
werkloosheidskoers aan?
Punt C (1)
2.2.3 Wat is die gevolg van PK1 wat by punt D sny?
Die natuurlike werkloosheidskoers daal van 14% tot 9%. (2)
2.2.4 Noem enige aanbodkant beleidsmaatreël wat aangewend kan
word om PK na PK1 te verskuif.
Verbeterde onderwys
Doeltreffende opleiding
Minder wetlike beperkings op besighede
Minder beperkings op die immigrasie van geskoolde
werkers (Enige 2 x 1 ) (2)
2.2.5 Verduidelik die verhouding tussen werkloosheid en inflasie in
die bostaande grafiek?
Omgekeerde verhouding
As werkloosheid toeneem van A na B na C, daal inflasie van 6%
na 2% na 0%. (Enige 2 x 2) (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
2.3 DATA RESPONS
2.3.1 Watter berekeningsmetode van die BBP is toegepas in die
bostaande tabel?
Bestedingsmetode (2)
2.3.2 Waarom word invoere afgetrek van die BBB syfers?
Geld word nie spandeer aan invoere binne die grense van Suid-
Afrika nie, daarom moet dit nie ingesluit word by BBB nie. (2)
2.3.3 Wat moet gedoen word om die BBP teen markpryse om te
skakel na die BNP teen markpryse?
BBP teen markpryse plus Primêre inkome van die res van die
wêreld minus primêre inkome aan die res van die wêreld. (2)
2.3.4 Bereken die Bruto Binnelandse Besteding in die bostaande
tabel, aangedui as (A).
BBB = R1907,2 + R 604,4 + R8,2 + R707,0 + R24,6
= R3251,4 miljard (4)
[10]
2.4 Bespreek kortliks oneffektiwiteit en ondoeltreffendheid as
eienskappe/kenmerke van openbare sektor mislukking
Oneffektiwiteit
Gebeur wanneer openbare sektor nie effektief is in die toekenning
van hulpbronne nie.
Openbare sektor vermors meer as die privaat sektor in die toekenning
en gebruik van hulpbronne.
Dit mag gebeur in verhouding tot beskerming, sosiale, ekonomiese en
administratiewe dienste waarvoor geld toegestaan word in die
begroting.
Gee direk of indirek nie om vir die omgewing nie en menseregte word
nie eerbiedig nie.
Die openbare sektor neig om minder produktief te wees as die privaat
sektor. (Enige 2 x 2) (4)
Ondoeltreffendheid
Gebeur wanneer beleide van die openbare sektor nie die
voorafgestelde doel bereik nie.
Verwys na die openbare sektor wat onvoldoende is en vir wie dit
onmoontlik is om die verwagte uitwerking op die ekonomie te hê.
Byvoorbeeld doelwitte wat nie bereik word nie, met verwysing na
inflasie, groei en werkverskaffing.
Onbevoegdheid in die gebruik van monetêre en fiskale beleid,
grondgebruik beleid, nywerheidsbeleid, streek ontwikkelingsbeleid en
handelsbeleid.(Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 5
2.5 Hoe kan veranderinge in wisselkoerse gebruik word om
betalingsbalans onewewigtigheid uit te skakel?
Vry swewende wisselkoerse
Dit werk outomaties.
As invoere toeneem, neem die vraag na buitelandse valuta
toe.
Die geldeenheid depresieer as gevolg van die werking van
markkragte.
Depresiasie maak invoere duurder in die depresiërende land en
uitvoere goedkoper in die buiteland.
Invoere neem af en uitvoere neem toe en die geldeenheid
appresieer.
Beheerde swewende wisselkoerse
Sentrale banke gebruik hulle reserwes om depresiasie en appresiasie
toe te pas.
Oor die langtermyn moet geldeenhede hulle ewewigsvlak vind.
Vaste wisselkoerse
Geldeenhede word gedevalueer en gerevalueer.
As reserwes min raak, word die geldeenheid gedevalueer wat
dieselfde uitwerking het as depresiasie.
As reserwes te veel raak en inflasie veroorsaak, revalueer hulle
en dit het dieselfde uitwerking as appresiasie.
Om te devalueer en revalueer is doelbewuste aksies wat deur die
Sentrale bank toegepas word om die vaste wisselkoers aan te
pas. (Enige 4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 3.1.1 Noem TWEE van Suid-Afrika se nywerheidsontwikkeling
beleide.
Raamwerk vir ʼn Nasionale Nywerheidsbeleid (NIPF)
Nywerheidsbeleid Aksieplan (IPAP) (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe sal ʼn toename in arbeid produktiwiteit ekonomiese groei
beïnvloed?
Arbeid produktiwiteit is uitset per werker in ʼn sekere tydsperiode
soos ʼn dag/week.
Dit word gemeet deur die reële BBP te deel deur die aantal
werkers in diens.
Toename in reële BBP sal ekonomiese groei laat toeneem.
(Aanvaar enige toepaslike inligting.) (Enige 1 x 2) (2)
3.2 DATA RESPONS
3.2.1 Noem enige EEN sleutelsektor uit die uittreksel.
Klere
Tekstiele
Motorvoertuig (Enige 1 x 1) (1)
3.2.2 Wat is die rol van die Departement van Handel en Nywerheid
volgens die uittreksel?
Om aansporingskemas te bied, ten einde vervaardigings kapasiteit
ʼn hupstoot te gee en om werkskepping te ondersteun. (1)
3.2.3 Verduidelik die betekenis van die begrip
nywerheidsontwikkeling.
Nywerheidsontwikkeling verwys na beplanning van en bou van
nuwe nywerhede in sekere gebiede, sowel as om bestaande
nywerhede in sekere gebied uit te brei. (2)
3.2.4 Noem TWEE aansporings wat die regering gebruik om
nywerheidsontwikkeling aan te moedig.
Klein- en medium ondernemings ontwikkelingsprogram
(KMOOP/SMBDP)
SEDA Tegnologie Programme (STP)
Vaardigheid ondersteuningsprogram (VOP/SSP)
Program vir Kritiese Infrastruktuur (PKI/CIF)
Tariefvrye aansporings
Buitelandse Investering Toelae (BID/FIG)
Strategiese Investering Plan (SIP)
Business Process Services (BPS (Enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 7
3.2.5 Hoekom sou die regering hierdie finansiële aansporings
aanbied?
Om nuwe besighede te vestig
Betrek plaaslike en oorsese besighede in die regering se
ROI’s.
Bevorder nywerheidsontwikkeling
Bevorder werkverskaffings en -skeppingsprogramme
Vestig volhoubare besighede wat plaaslik en internasionaal
kan meeding. (Enige 2 x 2) (4)
3.3 DATA RESPONS
3.3.1 Wat is die uitwerking van ʼn styging in lewensverwagting?
Verbetering in sosiale en ekonomiese toestande (1)
3.3.2 Wat is die gemiddelde lewensverwagting van mense wat in
die Noord-verdeel bly?
78 jaar (1)
3.3.3 Noem enige TWEE aanwysers wat gebruik word om
lewenstandaard te meet.
Per capita inkome
Onderwys
Lewensverwagting (Enige 2 x 1) (2)
3.3.4 Maak ʼn voorstel hoe om lewensverwagting te verhoog.
Voldoende voedselvoorrade.
Verminder armoede.
Beheer siektes.
Gesondheidsbewusmaking-programme.
(Aanvaar enige toepaslike voorstel) (Enige 1 x 2) (2)
3.3.5 Vergelyk die lewenstandaard tussen die Noord en die Suid
verdeel.
In die Noord-verdeel is die lewenstandaard hoog − 85% van
die wêreld se totale inkome word verdien deur 15% van die
wêreld se bevolking.
In die Suide is die lewenstandaard laag − 85% van die wêreld
se bevolking lewe op 15% van die wêreld se inkome.
(Aanvaar enige toepaslike verduideliking.) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
3.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.
Ekonomiese groei Ekonomiese ontwikkeling
Proses waardeur die produksie Proses wat konsentreer op mense
vermoë van die ekonomie oor se lewenstandaard, selfrespek en
tyd toeneem. vryheid van keuse.
Word gemeet as persentasie Handel met kwessies soos
verandering in reële BBP. onderwys, geletterdheid,
gesondheidsorg, werkverskaffing
en omgewingsvol-
houbaarheid.
Het te doen met goedere en Het te doen met mense en
dienste. menslike ontwikkeling.
Is ʼn noodsaaklike inset vir Groei behoort te lei tot
ekonomiese ontwikkeling. ontwikkeling.
(Enige 2 x 2) (Enige 2 x 2) (8)
3.5 Evalueer Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe in Suid-Afrika.
ROI verwys na nasionale regerings programme wat daarop gemik is
om inherente en onderbenutte ekonomiese ontwikkelings potensiaal
van sekere ruimtelike gebiede in Suid-Afrika te ontsluit.
Stimuleer investering deur privaat sektor besighede.
Skep werkloosheid en groei in uitgesoekte gebiede.
Ontwikkel infrastruktuur projekte in die uitgesoekte gebiede.
Voorsien hoë vlak ondersteuning vir ontwikkeling in die uitgesoekte
gebiede.
Versprei ekonomiese aktiwiteit na swak ontwikkelde gebiede wat die
potensiaal vir ontwikkeling het.
Vestig privaat-openbare-vennootskap. (Enige 4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 9
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1 4.1.1 Noem voorbeelde van nywerheidsontwikkelingsones in Suid-
Afrika.
Coega – staal en motorvoertuig komponente
OR Tambo Internasionale Lughawe – hoë tegnologie
nywerhede
Oos Londen– voertuie
Richardsbaai – metale
Mafikeng NOS – agri-prosessering, saadolie en bio-
brandstowwe
Saldanhabaai – voorgestelde haalbaarheidstudie in 2012
voltooi (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan ʼn leidende sakesiklus aanwyser gebruik word in
vooruitskatting? (2)
Hulle bereik die piek voordat die piek in die totale ekonomiese
aktiwiteit bereik word en hulle bereik dit trog voordat die totale
ekonomiese aktiwiteit die trog bereik.
Hulle gee vooraf waarskuwing oor verandering in totale
ekonomiese aktiwiteite.
(Aanvaar enige toepaslike verduideliking.) (Enige 1 x 2) (2)
4.2 DATA RESPONS
4.2.1 Noem die sub-rekening wat in bostaande tabel aangetoon
word.
Lopende rekening
4.2.2 Wat beteken ʼn negatiewe syfer as ʼn handelsbalans?
Wanneer die waarde van invoere meer is as uitvoere/wanneer daar
ʼn tekort is (1)
4.2.3 Omskryf die begrip betalingsbalans.
Betalingsbalans is ʼn staat van ʼn land se handels- en finansiële
transaksies met die res van die wêreld oor ʼn periode van tyd. (2)
4.2.4 Waarom word netto goud uitvoere aangeteken as ʼn aparte item
en nie as deel van die goedere uitvoer nie?
Suid-Afrika is die wêreld se grootste goudprodusent.
Dit is die netto uitvoere van goud en daarom is die bedrag
positief.
Historiese belangrikheid van goud vir Suid-Afrika maak dit ʼn
hoofverdiener van buitelandse valuta.
Die groot rol wat goud in die verlede gespeel het.
Tendense kan geïdentifiseer word. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
4.2.5 Bereken die handelsbalans vir tweede kwartaal van 2012.
Handelsbalans = (Goedere uitgevoer + Netto goud uitvoere) –
Goedere ingevoer
(R826 miljard + R70 miljard) – R983 miljard = -R87 miljard (4)
4.3 DATA RESPONS
4.3.1 Noem ʼn wet wat in Suid-Afrika toegepas word om gelykheid te
bevorder.
Wet op Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging
Wet op Grond Hervorming
Wet op Gelyke Indiensneming (Enige 1 x 2) (2)
4.3.2 Verduidelik EEN doelwit die NOP.
Werkskepping
Brei infrastruktuur uit
Gebruik hulpbronne behoorlik
Inklusiewe beplanning
Gehalte onderwys
Gehalte gesondheidsorg
Bou verantwoordelike staat
Beveg korrupsie
Verenig die nasie
Verbeter integrasie
Verminder besoedeling
Verbeter gelykheid
Verbeter veiligheid
(Aanvaar enige toepaslike verduideliking) (Enige 1 x 2) (2)
4.3.3 Op watter manier behoort hierdie doelwitte ontplooi te word?
In ʼn manier wat voorspoed en gelykheid aanmoedig (2)
4.3.4 Verduidelik hoekom jy dink Suid-Afrika hierdie doelwitte van
die NOP sal bereik.
Dit het begin om ekonomiese geleenthede uit te brei deur
investering in infrastruktuur, meer innovasie, private
investering en entrepreneurskap
Die NOP het ʼn duidelike visie dat die privaat sektor die mees
belangrikste rolspeler in die ekonomie is.
(Aanvaar enige toepaslike verduideliking) (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 11
4.4 Onderskei tussen geldmark en kapitaalmark.
Geldmark
Is die mark vir korttermynbesparings en lenings (drie jaar en korter).
Dit ontstaan wanneer partye, spesifiek verbruikers en produsente,
vraag-en korttermyn deposito’s maak en leen oor die korttermyn.
Dit ontstaan ook wanneer deposito’s en nie-deposito tussengangers,
besighede en Korporasie vir Openbare Deposito’s betrokke raak in
kommunikasie wat die prys van korttermynfondse beïnvloed.
Die SARB is ʼn sleutel instelling in die geldmark.
Tussen-bank lenings maak ʼn groot deel van die geldmark uit.
Die volgende soorte sekuriteite verwissel hande in die geldmark:
korttermyn maatskappy skuldbriewe, korttermyn staatseffekte, bankiers
aksepte, skatkiswissels en Reserwebank skuldbriewe.
(Enige 2 x 2) (4)
Kapitaalmark
Ontstaan wanneer verbruikers en produsente langtermyn deposito’s
maak en oor die langtermyn leen, soos verbandlenings.
Dit ontstaan ook wanneer deposito’s en nie-deposito tussengangers,
besighede betrokke raak in kommunikasie wat die prys van langtermyn
fondse beïnvloed.
Kapitaalmark transaksies word op soortgelyke maniere hanteer as dié
in die geldmark.
Die Johannesburg Sekuriteitebeurs (JSE) is ʼn sleutel-instansie in die
kapitaalmark.
Maatskappy aandele en ander skuld wat gelys is, word verhandel.
(Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
4.5 Evalueer enige TWEE Suid-Afrikaanse benaderings om sake
doeltreffendheid te verbeter.
Belastings
Vermindering in korporatiewe en persoonlike belasting
Daar is aandag geskenk aan ‘kategorie bekruiping’ by persoonlike
inkomstebelasting.
BTW word al vir ʼn lang tydperk vasgestel op 14%.
Kapitaalvorming
Waardevermindering is hersien en behoort investering aan te
moedig.
Aanvangskapitaal en lenings verskaf aan KMMO’s.
Dien as aansporings om doeltreffendheid aan te moedig.
Menslike hulpbronne
Skoolonderwys is getransformeer.
Setas is ingestel om te help met werkverwante opleiding.
Wet op Arbeidsverhoudinge – ter bevordering van sosiale
regverdigheid en vredevolle arbeidsverhoudinge.
Gratis adviesdienste
Advies oor ontwikkeling van uitvoermarkte, bestuur en bedryf van
KMMOs, landbou produksie, ens. (Enige 4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 13
AFDELING C
Kandidate moet EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling beantwoord.
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
ʼn Goeie beginpunt sal wees om die begrip of
sleutelwoord van die vraag te definieer.
Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
Moenie ʼn inleidende gedeelte van die vraag insluit nie.
Maks. 2
Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud
herhaal nie.
Vermy dit om in die inleiding te vertel wat in die inhoud
bespreek gaan word.
Inhoud:
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte
bespreking/Ondersoek/Bespreek
krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/ Maks. 26
Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek
krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en
verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en Maks. 10
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer
kortliks/Hoe/Stel voor/Gebruik die inligting en redeneer,
debatteer evalueer ...
Slot:
Die slot is ʼn samevatting van die bespreking van die
onderwerp in die inhoud en word beskou as ’n hoër
kognitiewe reaksie.
Die slot kan die vorm aanneem van ʼn eie opinie,
voorbeelde om jou bespreking te ondersteun of ʼn
teenstellende uitkyk daarop wat bespreek is. Maks. 2
Geen gedeelte van beide die inleiding en die inhoud
mag in die slot ingesluit word nie.
TOTAAL: 40
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
Vryhandel het sy voordele, maar lande het vir baie jare struikelblokke
daargestel om vrye internasionale handel te beperk. Daarom gebruik meeste
lande ʼn mengsel van vryhandel en beskerming.
Bespreek die argumente ten gunste van vryhandel.
Hoekom is dit belangrik vir Suid-Afrika om deel te wees van BRICS?
INLEIDING
Vryhandel geskied wanneer handel plaasvind sonder enige beskermende
aktiwiteite of handelsversperrings tussen lande OF
Besighede is vry om goedere in- en uit te voer, asook om in ander lande te
investeer, sonder die toepassing van beperkende tariewe.
(Aanvaar enige toepaslike inleiding) Maks. (1 x 2) (2)
INHOUD
Die argumente ten gunste van vryhandel:
1. Spesialisasie
Vryhandel laat lande toe om te spesialiseer in nywerhede waarin hulle ʼn
vergelykende voordeel het.
Spesialisasie sal lei tot wêreldhandel en verbruik maksimeer.
2. Skaalvoordele
Handel laat toe dat skaalvoordele maksimeer en kostes daal.
Skaalvoordele is ʼn bron van vergelykende voordeel.
3. Keuse
Handel laat verbruikers toe om te kies wat hulle wil koop in die hele
wêreld, hulle is nie beperk tot plaaslike geproduseerde produkte nie.
Verbruikers welsyn neem toe.
Sommige verbruikers verkies om eerder ingevoerde goedere te koop as
plaaslike goedere.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 15
4. Innovering
Vryhandel impliseer mededinging.
ʼn Gebrek aan vryhandel lei dikwels daartoe dat plaaslike markte
gedomineer word deur ʼn paar ondernemings wat mededinging onder
hulleself vermy.
Voorsien ʼn kragtige aansporing vir innovasie.
Dit lei tot beter produksiemetodes wat produsente in staat stel om
kostes te sny en kwaliteit en betroubaarheid van goedere verhoog.
Maks. 22
(Indien slegs genoem Maks. 4 punte) (26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Hoekom is dit belangrik vir Suid-Afrika om deel te wees van BRICS?
Suid-Afrika het in 2011 as ʼn volwaardige lid by die ander BRICS-lande
aangesluit.
SA het by vier van die sewe grootste ekonomieë in die wêreld
aangesluit.
Dit behels die lande wat heel waarskynlik die middelpunt sal wees van die
wêreld ekonomie in die komende dekades.
Suid-Afrika geniet handel- en investering voordele en invloed in die wêreld
forum.
Om ʼn belangriker rol in die wêreld ekonomie te speel.
Suid-Afrika se lidmaatskap tot hierdie liggaam het BRICS geografies en inter
kontinentaal uitgebrei.
Om sy streeksintegrasie program asook die verwante kontinentale
infrastruktuur program te bevorder.
Om sy nasionale belang te bevorder.
(Aanvaar enige toepaslike verduideliking) Maks. 10 (10)
SLOT
Vryhandel en beskerming speel ʼn beduidende rol in die Suid-Afrikaanse
internasionale handelsbeleid. Maks. 2 (2)
(Aanvaar enige toepaslike slot.) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
16 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
Sosiale aanwysers meet die vlak of vordering van ontwikkeling oor ʼn
tydsperiode en word deur die regering aangewend om beleide te vorm,
doelwitte te stel en die sukses van beleide te monitor.
Bespreek Suid-Afrikaanse sosiale prestasies gebaseer op die volgende
aanwysers:
Demografie
Voeding en Gesondheid
Onderwys
Dienste
Stel VYF oorwegings voor, wat in ag geneem moet word wanneer die
ekonomie geassesseer word.
INLEIDING
Sosiale aanwysers is statistieke wat die vlak en vordering van die sosiale
ontwikkeling van menslike welsyn in ʼn land omskryf.
(Aanvaar enige toepaslike definisie) Maks. 2 (2)
INHOUD
1. Demografie:
Bevolkingsgroei
Suid-Afrika se bevolking was 50,5 miljoen in 2011. Daar word geskat
dat dit sal groei tot 55 miljoen teen 2021.
Die groeikoers het gedaal tot slegs 1,19% in 2011.
Lewensverwagting
Druk die aantal jare uit wat ʼn nuutgebore baba sal lewe, indien
heersende patrone van mortaliteit, regdeur die persoon se lewe,
konstant sal bly.
In Suid-Afrika het lewensverwagting gedaal van 62,8 jaar in 1991 tot
47 jaar in 2005. Dit het weer tot 52 jaar in 2011 gestyg.
2. Voeding en gesondheid
Voeding is ʼn belangrike aanwyser vir die welstand van babas en jong
kinders.
Kinder wanvoeding
Word op twee maniere uitgedruk: gewig vir ouderdom (ondergewig)
en lengte vir ouderdom (dwergie).
Die verhouding kinders wat ondergewig is, is die belangrikste
aanwyser van wanvoeding.
Dit is belangrik om gewig te monitor omdat om ondergewig te wees,
verhoog die risiko van dood en beperk die kognitiewe ontwikkeling by
kinders.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 17
Oorgewig kinders
Die voorkoms van oorgewig kinders is ʼn toenemende probleem.
Daar is ʼn verband tussen vetsug in kinderjare en die hoë voorkoms
van diabetes, longkwale, hoë bloeddruk en psigologiese en
ortopediese toestande.
Om oorgewig te wees kan lei tot verskeie gesondheidstoestande,
wat mense se vermoë om te werk en na hulle self om te sien
beïnvloed.
Vetsug is ʼn moordenaar.
Gesondheid
Aanwysers word nasionaal sowel as internasionaal gebruik om die
gesondheid van ʼn bevolking te monitor.
Kindermortaliteit
Gemeet kragtens die aantal babas wat voor die ouderdom van 1
jaar, per duisend lewendige geboortes, in ʼn gegewe jaar sterf.
In Suid-Afrika was dit 34 (per 1 000) in 2010.
Onder-vyf mortaliteit
Gemeet kragtens die moontlikheid dat ʼn nuutgebore baba sal sterf
voordat die ouderdom van 5 jaar bereik word.
Die moontlikheid word uitgedruk as ʼn aantal per duisend. In Suid-
Afrika was dit 50 (per 1 000) in 2010.
Gesondheidsbesteding
Gemeet kragtens die bedrag openbare en private besteding op
gesondheidsorg as ʼn persentasie van die BBP.
In 2009 was SA se besteding 8,4% in vergelyking met 6,6% in
sub-Sahara Afrika en 5,3% in Noord-Afrika.
Toegang tot veilige drinkwater
Gemeet kragtens die persentasie van die bevolking wat redelike
toegang tot veilige drinkwater het.
In 2009 het 91% van Suid-Afrika se bevolking toegang gehad in
vergelyking met 60% in sub-Sahara Afrika en 92% in Noord-
Afrika.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
18 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
Toegang tot sanitasie-fasiliteite
Gemeet in terme van die persentasie van die bevolking met die
minste voldoende sanitasie-fasiliteite, wat kontak met mense, diere
en insekte doeltreffend kan verhoed.
In 2009, het 77% van Suid-Afrika se bevolking toegang gehad tot
verbeterde sanitasie in vergelyking met 31% in sub-Sahara Afrika
en 89% in Noord-Afrika.
ʼn Gesonde bevolking bespaar op mediese en ander kostes, lewer ʼn
inkome en lewer ʼn bydrae tot ʼn sterker ekonomie.
3. Onderwys
Mense se lewenstandaard hou direk verband met hulle vlak van
onderwys.
Openbare bestedingspersentasie
Toon die persentasie van openbare besteding wat direk aan
onderwys toegestaan word.
Dit sluit openbare sektor inset in, maar sluit privaat besteding uit.
Persentasies van hoë ontwikkelde lande is nie werklik vergelykbaar
met dié van middel of lae ontwikkelende lande nie.
Sekondêre inskrywings persentasie
Toon die persentasie van die aangewese ouderdomsgroep wat by
sekondêre onderwys (hoërskool) betrokke is.
Daar word beskou as ʼn voorvereiste vir toegang tot
werksgeleenthede vir die semi-geskoolde.
In hoë ontwikkelde lande, woon leerder van ʼn jong ouderdom
sekondêre onderwys by.
4. Dienste
Elektrisiteit
Die Nasionale Elektrisiteitreguleerder rapporteer dat 83,1% van
huishoudings in Suid-Afrika in 2010 toegang tot elektrisiteit gehad
het.
Hierdie syfer was 50% in 1995.
Watervoorsiening
Ongeveer 80% van huishoudings het toegang to skoon water in 2010
gehad.
Dit is die gemiddelde van stedelike en plattelandse toegang tot ʼn
verbeterde waterbron.
ʼn Verbeterde waterbron verwys na ʼn voldoende hoeveelheid water
van bronne soos huishoudelike konneksies, krane binne die erf,
openbare krane, boorgate, veilige putte, veilige mineraalwaterbronne
en reënwaterberging.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V1 19
Vullisverwydering
Ongeveer 61% van huishoudings in Suid-Afrika het toegang tot
weeklikse vullisverwydering deur plaaslike owerhede.
Sanitasie
Meer as 70% van huishoudings in Suid-Afrika het toegang tot
funksionele basiese sanitasie in 2010.
Dit sluit spoeltoilette, chemiese toilette en puttoilette met ventilasie
pype, in.
Alle ander sanitasie-fasiliteite word as sub-standaard beskou.
(As slegs gelys maks. 8 punte) Maks. 26
ADDISIONELE GEDEELTE:
Stel VYF oorwegings voor, wat in ag geneem moet word wanneer die
ekonomie geassesseer word.
Prestasie
Ons gebruik ekonomiese aanwysers om te bepaal hoe die ekonomie
doen.
In ekonomiese terme verwys prestasie na produksie of uitset.
Vergelyking
Daar is baie aanwysers, bv. vir uitset, pryse, rente, geld, krediet, ens.
Hulle word in syfers uitgedruk.
Alhoewel syfers op sigself ʼn storie vertel, vertel dit ons eintlik min,
byvoorbeeld, as die prysindeks 25 is, sê dit eintlik niks vir ons nie.
Dit is wanneer aanwysers verander, dat dit die aandag trek.
As ons weet wat dit was en wat dit nou is, dan begin dit betekenis kry.
Ons kan dit ook vergelyk met soortgelyke syfers van ander lande, dan dui
dit op ons relatiewe prestasie.
Spesifikasie
Om betekenisvol te wees, moet aanwysers volgens die reëls van
samestellings saamgestel word.
Byvoorbeeld, ons kan nie net die uitset van alle produkte van alle
produsente bymekaartel en dan aflei dat ons die BBP bereken het
nie.
Reëls moet so toegepas word vir sodanige berekening, dat intermediêre
uitset afgetrek word en slegs uitset wat binne die grense van ʼn land
geproduseer is, bygetel word.
Wanneer ons aanwysers gebruik, moet ons weet wat die spesifikasies is
om hulle te saam te stel.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
20 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
Doel
Jy moet weet wat die doel is hoekom aanwysers bereken word.
Byvoorbeeld, die VPI word bereken om die prysstygings van
verbruikersgoedere aan te dui en reflekteer die lewenskoste.
Dit is verkeerd van besighede om die VPI te gebruik om hul prysstygings
op te baseer.
As jy nie die doel weet waarom ʼn spesifieke aanwysers voor ontwerp is
nie, kan jy dit nie in verband bring met die toepaslike prestasie nie.
Voorsorg
Jy behoort drie metodes toe te pas om voorsorg te tref vir die
akkuraatheid van jou aanwysers:
Kontroleer die periode wat van toepassing is: Byvoorbeeld, finansiële
statistiek van die regering mag vir ʼn finansiële jaar (April tot Maart) en
nie vir ʼn kalenderjaar (Januarie tot Desember) wees nie.
Kontroleer of die data hersien moet word: Nasionale rekening data
word eers finaal na vier jaar.
Oor hierdie tydperk, mag sommige lede voortgaan of kwartaalliks of
jaarliks te verander.
Kruis-kontroleer: Dit is moontlike om sommige data kruis te kontroleer
deur twee bronne te gebruik, soos die Kwartaallikse Bulletin en SA
Statistieke.
Doen berekening, byvoorbeeld as jy met die reële BBP werk, kontroleer
jou syfers deur die VPI af te trek van die nominale BBP.
(Indien slegs gelys maks. 5 punte) Maks. 10 (10)
SLOT
Uit bogenoemde bespreking is dit duidelik dat sosiale aanwysers ʼn beduidende
rol in Suid-Afrika speel. Dit is daarom van uiterste belang dat ons hierdie
gebruike in detail bestudeer.
(Aanvaar enige toepaslike slot.) Maks. 2 (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC November 2015 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (English)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper